NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Uiteindelik is dit belangriker om deur die HERE gebruik te word as om gesond of begaafd of aantreklik te wees. Uiteindelik is dit belangriker om baie, baie afhanklik van die HERE te wees, soos net 'n siek en 'n bang mens kan wees.

ERNS MET JOU BELOFTES?

Ds Andrè van den Berg

“En Jefta het aan die Here ʼn gelofte gedoen en gesê: As U werklik die kinders van Ammon in my hand gee, dan sal ek wat uitkom, wat uit die deure  van my huis uitkom my tegemoet, as ek in vrede terugkom van die kinders van Ammon, aan die Here behoort, en ek sal dit as ʼn brandoffer bring”.

Die era van die Rigters was ʼn baie deurmekaar periode in Israel se geskiedenis.  Vir 300 jaar het die een rigter die ander opgevolg om God se volk te lei.  Name soos Ehud, Otniel, Gideon en Simson en selfs die van ʼn vrou, Debora, is aan ons bekend.  Maar waarom was dit so ʼn deurmekaar tydperk?  Omdat daar min stabiliteit in die Ou Nabye Ooste was en Israel gevolglik gereeld in oorlog verkeer het.

In Rigt.11 het Israel haar in ʼn ander soort oorlogvoering bevind nl. terrorisme.

  Die Ammoriete het gereeld oor die grens gekom om die trans-Jordaniese deel van Israel se grondgebied te bekom.  Die selfde grondgebied waaroor daar tans weer  baklei word – Gazastrook.

Die terreur aanvalle het Israel hoofbrekens besorg omdat die Ammoriete baie ondersteuners gehad het.  En omdat Israel altyd soldate op die grense moes plaas, het hierdie uitgawe die ekonomie geskaad.  Alhoewel oorlogvoering onafwendbaar was, was Israel baie versigtig vir openlike konfrontasie omdat hulle nie wis wie die Ammoriete almal kon saamsleep nie.

Omdat dinge nie vir altyd so kon aangaan nie, het Israel op ʼn dag besluit om oorlog te maak en ʼn gewapende mag op die been gekry.  As leier het die keuse  op Jefta geval.   Van hom sê die Bybel dat hy ʼn dapper held was, iemand wat by talle geleenthede reeds sy staal moes gewys het.   Destyds was die manne baie meer dapper as vandag want daar was nie pantservoertuie of militêre skuilings om in te skuil nie.  ʼn Soldaat was eintlik sekerder van die dood as van die lewe!

ʼn Tweede ding wat van Jefta gesê word, klink minder goed - hy was die seun van ʼn prostituut.  Prostitute was ʼn algemene gesig voor die stadspoorte van die Ooste waar hulle op kliënte gewag het.   By geleentheid het Gilead, die vader van Jefta, voor so ʼn versoeking geswig en ʼn prostituut swanger geraak.  Hy het  vaderskap aanvaar die seun Jefta genoem – een wat oopmaak – en grootgemaak.

Toe Gilead later ʼn huwelik aangaan, het die seuns wat daaruit gebore is van Jefta se agtergrond verneem en hom verstoot waarna hy na die landstreek Tob is waar hy in die krygskuns onderrig is en ʼn vernuftige soldaat geword het.  Hy het ʼn bestaan as bendeleier gevoer wat die Ammoriete se terrorisme met sy eie weergawe daarvan teengegaan het.   Jefta en sy manne het in plekke ingegaan waar min dit sou waag.  Ons kan van hom sê dat hy die eers recce-leier van die Bybel was!  Vers 3 noem sy manskappe ligsinnig wat eintlik ʼn swak vertaling is.  Dit moet eerder waaghalsig wees.

Op ʼn dag het daar ʼn militêre gesantskap, hoed in die hand, by Jefta aangekom.  Hy moes Israel teen die Ammoriete lei.   Nadat hy hulle goed gekapittel het, het hy die versoek aanvaar omdat hy geweet het dat die Here hom nodig gehad het.  En so het hierdie man met die lelike verlede ʼn rigter van Israel geword.

Jefta was nie valslik optimisties oor die stryd wat vir hom voorgelê het nie.  Die Ammoriete was gedugte vegters met baie simpatiseerders net soos die Palestyne vandag.   Daarom het Jefta in gebed ʼn unieke belofte aan God gemaak: “En Jefta het aan die Here ʼn gelofte gedoen en gesê: As U werklik die kinders van Ammon in my hand gee, dan sal ek wat uitkom, wat uit die deure  van my huis uitkom my tegemoet, as ek in vrede terugkom van die kinders van Ammon, aan die Here behoort, en ek sal dit as ʼn brandoffer bring”.

God het Jefta se gebed verhoor en Israel die oorwinning gegee, iets waarvoor Jefta meer eer en roem as enige rigter voor hom verwerf het.  Israel kon weer rustig lewe omdat die Here vir hulle goed was.

Die verhaal van Jefta eindig egter nie hier nie.  Hy het aan God ʼn belofte gemaak.  Jy maak nie aan God beloftes en verbreek dit daarna nie.  God is nie ons speelmaat nie!   Jefta het aan God ʼn menslike brandoffer belowe – die eerste persoon wat met sy terugkeer uit sy huis hom tegemoet sou gaan.  ʼn Brandoffer is op ʼn stapel hout neergelê, keel afgesny en dan as geheel verbrand.

Miskien het Jefta gehoop dat dit een van sy slawe of ʼn diensmeisie sou wees wat hom tegemoet sou hardloop.  Toe is dit sy enigste dogter!  Wat moes Jefta doen?  Sy belofte aan God verbreek?   Nee, hoe hard dit ook al mag wees, het Jefta sy belofte gestand gedoen en haar geoffer.   Jefta het God eerste gestel.

Wat maak ons met ons beloftes aan God?  Dink aan u eie beloftes aan God tydens u eie voorstelling.   Kom u dit nog na?  Miskien is een van die hoof redes waarom dit so sleg met die Christendom gaan, dat ons die beloftes wat ons aan God doen so maklik verbreek!

Hoeveel jongmense het nie die afgelope jare voor hierdie kansel gestaan en vrome beloftes afgelê nie – om getrou aan die leer van die kerk te wees; eredienste getrou by te woon, die gemeenskap van die gelowiges uit te bou, aktief aan die werksaamhede van die gemeente deel te neem ens.  In talle gevalle was dit die laaste sien van die blikkantien.  Hulle het vir God gelieg!

Wat het van ons doopbeloftes as ouers geword dat ons die kinders wat God ons gegee het in sy vrese sal grootmaak?   Kyk na ons verbondsonderrig hoe taan die getalle soos wat ouers hul kinders eerder Sondae tuis laat bly of op daardie dag aan wêreldse aktiwiteite laat deelneem.

Die grootste tragedie is nie die verval in kerklike betrokkenheid nie.  Dis maar net ʼn simptoom van die werklike oorsaak – beloftes aan God wat nie nagekom word nie.

Wat ʼn ingrypende verandering sal daar nie in die kerk kom indien mense erns met hul beloftes maak nie!    Dan sit ons die kerke soggens en saans vol.  Die verbondsonderrig sal ʼn 100% bywoning hê.  Susterskringe sal nie met vyf lede tydens ʼn afgekondigde vergadering sit nie.   Die jeug sal spontaan onderling  byeenkom.  Kerkraadslede sal hul werk deeglik doen.  Sal dit nie wonderlik wees nie!  En waar begin dit?  By ons beloftes aan God!

Wat is die oplossing vir die lamheid in ons kerke?   ʼn Ander leraar, Kerkraad, ʼn ander dit of  ʼn ander dat?   Nie een daarvan nie.   Ons verandering sal begin wanneer ons die hand diep in eie boesem steek en vra: Kom ek nog my beloftes aan die Here na?   Kom jy dit na?  Jou antwoord is bepalend vir die toekoms van ook joú gemeente!

Amen!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    NASIONALE VROUEMONUMENT GEDENKBOEK                 

     Verlede - Hede - Toekoms

    Die Gedenkboek oor die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein, die enigste Vrouemonument ter wêreld, is redaksioneel saamgestel deur skrywer-uitgewer Marthinus van Bart, bekend vir sy waarheidsgetroue gedenkboeke oor belangrike Suid-Afrikaanse kultuursake. Tien vakkundiges – elkeen 'n spesialis in sy / haar vakgebied – het aan die boek meegewerk.

    Lees verder...  
  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3008 gaste aanlyn