Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy die geheim wil weet om jonk en gelukkig te bly, moet jy betyds leer om kreatief te wees in jou denke en werke. Genereer jou eie stimulasie en doen nuwe en interessante dinge sonder om vir ander te wag om jou lewe op te kikker.
DIE STERK MAN
E. van Nantes
Mat_12:29 “Of hoe kan iemand in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof, as hy nie eers die sterk man geboei het nie? En dan sal hy sy huis beroof.
Mar_3:27 Niemand kan in die huis van ‘n sterk man ingaan en sy goed roof as hy nie eers die sterk man boei nie; en dan sal hy sy huis berowe.”
Beide hierdie verse beskryf die volgende as vereistes vir ‘n rooftog :
1. ‘n Eienaar die sterk man
2. ‘n Eiendom die goed in die huis
3. ‘n Onteiening die roof van die goed in die huis
4. ‘n Onteienaar iemand wat die goed wil roof
5. ‘n Voorvereiste die boei van die sterk man
Met bogenoemde in gedagte, kan ek nie anders as om aan ons huidige situasie te dink nie. Inwoners van hierdie land is blootgestel aan so ‘n wye verskeidenheid van berowing dat daar nie altyd Afrikaanse terminologie bestaan om elkeen hiervan te beskryf nie.
Dink maar aan “car hi-jack, smash-n-grab, identity theft”, ensovoorts. Voor 1994 sou geeneen van ons enige van hierdie terme kon definieer nie, bloot omdat dit op daardie stadium nie bestaan het nie.
Alhoewel dit sekerlik so is dat ieder en elk onder bogenoemde (kan) deurloop, is daar tog sekere tipes rowe wat vir ‘n spesifieke bevolkingsgroep in hierdie land gereserveer is.
Die eerste, en grootse rooftog van hierdie groep, het met die oorgawe van mag plaasgevind en tot gevolg gehad dat ‘n volk die eiendomsreg op sy land verloor het. Hierdie verlies aan eiendomsreg het dan ook beteken dat staatsinstansies soos die destydse SAUK, EVKOM, TELKOM, Krygkor, Spoornet, Provinsiale Hospitale, Poskantore, ensovoorts in vreemde hande geval het.
Asof dit nie genoeg was nie, is van “Affirmative Action” gebruik gemaak om Blanke manlike werknemers òf uit hul bestaande poste te dwing ten einde plek te maak vir ‘n meer verteenwoordigende sogenaamde rëenboognasie, òf om hierdie groep geheel en al uit die werksmag uit te skuif. Die gevolg hiervan was dat die Blanke man ‘n tweederangse burger in sy eie land geword het en nie kon meeding in die arbeidsmag nie – hy is dus nie alleen van sy inkomste beroof nie, maar ook van sy posisie as hoof van sy huishouding waar sy eggenote eerder ‘n kans op indiensneming gestaan het en sodoende die broodwinner geword het (hierdie situasie verander eersdaags waar Blanke vroue ook nie verder deel sal uitmaak van die “voorheen benadeelde” groep nie).
Derdens, het “BEE” tot gevolg gehad dat 51% van voorheen Blank beheerde ondernemings aan Nie-blanke eienaars oorhandig moes word. Ondernemings wat nie gehoor gee hieraan nie, word beboet en vereistes sal eersdaags eenvoudig op sodanige eienaars, afgedwing word.
Vierdens, is hierdie groep van sy unieke onderwysstelsel, wat briljante akademici opgelewer het, beroof deurdat sillabusse afgewater is en moedertaal onderrig by bykans alle universiteite vervang is met Engels. Die effek hiervan op die Blanke jeug is reeds sigbaar en voorspel niks goed vir ons toekoms nie.
Vyfdens, word daar vir etlike jare reeds aktief jag gemaak op Blank beheerde plaasgrond. Hierdie jaar, lyk dit nou, sal die jag van plase meer susesvol wees aangesien die druk op die Boere om toe te gee aan hierdie grondverdelingseise net meer gaan word. Grondonteiening sal bes moontlik eersdaags ‘n realiteit in hierdie land wees. Ek sal nie verbaas wees, met die behuisingstekort in gedagte, indien die volgende nuwe term wat ons sal moet aanleer “house grab”, is nie.
Interessant genoeg, is daar ook ‘n vers wat beskryf hoe ‘n rooftog voorkom kan word.
Luk 11:21 “Wanneer ‘n sterk man wat goed gewapend is, sy huis bewaak, is sy besittings in veiligheid.”
MAAR, hierdie reg is ook gesteel.
Sesdens, is eienaars met wettige vuurwapen lisensies gedwing om, natuurlik teen ‘n koste, weer aansoek te doen vir hul lisensies. Die gevolg was dat vele lisensiehouers eerder van hul wapens onslae geraak het, as om die hele proses te deurloop. Die lisensiehouer wie wel verbete vasklou aan sy wapen, word as straf daarmee belas om elke vyf jaar, teen ‘n koste natuurlik, weer aansoek te doen vir hierdie selfde lisensie. Die paraatheid van vele huishoudings is ernstig hierdeur geknou en is hulle effektief van hul sekuriteit beroof.
En laastens, is weggedoen met die kommandostelsel wat sekuriteit in die landelike gebiede verseker het. Die gevolg hiervan is aan ons almal bekend. Plaasaanvalle is aan die orde van die dag, verleis aan voedselproduksie en die ergste, die verlies aan volksgenote.
Ja, u kan met alle reg redeneer dat geeneen van bogenoemde punte op diefstal kan neerkom nie, aangesien dit vervat is in wetgewing. Maar my vraag aan u is dit, bestaan enige sodanige wetgewing in enige ander demokratiese land? Ek kan ook verder vra of u kennis dra van enige ander demokratiese land waar van ‘n minderheidsgroep geneem word om aan ‘n meerderheidsgroep te gee? Of, kan ek vra, hoe bindend is hierdie tipe wetgewing dan nou werklik, gemeet aan demokratiese wêreld-standaarde?
Die twee kante van hierdie muntstuk is òf, dat hierdie wetgewing inderdaad die sterk man gebind het en dat hy daarom noodwendig beroof sal word, òf dat die man sterk sal bly en homself sal bewapen teen die aanslag. In hierdie tyd waarin ons onsself bevind, op hierdie laat uur, kan ek nie anders as om die volgende aan u voor te hou nie :
Efes_6:13 “Daarom, neem die volle wapenrusting van God op, sodat julle weerstand kan bied in die dag van onheil en, nadat julle alles volbring het, staande kan bly.”
Geen lisensie word hiervoor benodig nie. Bid vir mekaar, ons het dit NOU nodig.