NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Pyn en siekte is meestal nie 'n straf van God nie maar 'n geleentheid wat Hy aan ons gee vir verskeie redes. Soms is dit net om weer na liggaam en gees te herstel tot daar waar ons weer tyd maak om Hom te loof en tyd te maak vir ander dinge wat gedoen moet word.

WAT SOEK JY HIER?

Ds Andrè van den Berg

“En hy het daar in ʼn spelonk gegaan en die nag daar oorgebly.  En kyk, die woord van die Here het tot hom gekom en vir hom gesê: Wat maak jy hier, Elia?” 1 Kon.19:9                                  

In die OT was Elia een van die kragtigste instrumente in God se hand, ja, so kragtig dat God hom die dood gespaar en lewend in die hemel opgeneem het.  Ons weet eintlik niks van Elia alvorens hy met ʼn oordeelsboodskap van God voor die goddelose koning Agab kom staan het nie: “... So waar as die Here, die God van Israel leef, voor wie se aangesig ek staan, daar sal geen dou of reën in hierdie jare wees nie, behalwe op my woord!” (1 Kon.17:1).  Na hierdie onverskrokke aankondiging neem God hierdie onbekende profeet soos klei in sy hand en maak van hom ʼn meesterstuk in sy diens.

Ná Elia se roemryke oorwinning oor die Baalprofete by Karmel tuimel hy van ʼn geestelike hoogte tot in die diepte wanneer hy op ʼn plek beland wat hy nooit sou kon droom hy ooit sou sien nie – onder ʼn besembos - soos ʼn verskrikte dier in afwagting op die dood!   En hiervoor was Elia alleen te blameer.  Toe hy van donkerte sy gids maak het wanhoop sy leier geword!

Toe alles vir Elia verlore gelyk en niks meer sin maak nie, sou hy kwalik kon glo dat God se plan met hom skaars begin het!  Die selfde ding het eeue tevore met die Josef gebeur.  Wie sou kon dink dat die verkoopte slaaf die onderkoning van Egipte sou word - van ʼn tronksel na opperbevel!

God tel die mismoedige Elia met ʼn boodskap van hoop en bemoediging in genade op, maar konfronteer hom ter selfde tyd: “Wat maak jy hier, Elia?”. Wanhoop is ʼn lelike ding!   Dis soms so bedwelmend, dat dit mense op plekke laat beland waar hulle nie wil wees nie.   Kyk maar net wat met Elia gebeur het!  Hy was op ʼn plek waar hy nie veronderstel was om te wees nie – ʼn geloofsheld onder ʼn besembos.  Bid jou aan!

Dit gebeur ook met mense soos ons.  Ons word bv. erg ontmoedig, deur familielede benadeel, deur vriende in die rug gesteek of verloor ʼn stryd.  Was jy al in so ʼn situasie?   Ek glo dat ons almal al in so ʼn situasie was of tans in verkeer.   In sulke tye vra God jou dieselfde vraag: “Wat maak jy hier?”

Let op die twee hoofmomente in Elia se lewensdrama - hoe hy in hierdie situasie beland het en hoe God hom hieruit gered het.   Watter omstandighede het Elia lamgelê?   Eerstens het hy die verkeerde dinge gesien, tweedens die verkeerde dinge gesoek en derdens die verkeerde dinge gesê.   Vers 3 lui: “Toe hy dit sien, het hy hom klaargemaak en ter wille van sy lewe weggegaan...” Dis gevaarlik wanneer jy na dinge en nie na die Here kyk nie.

Kyk wat het met Israel gebeur toe die Egiptenare hulle in die woestyn agterna gesit het.  Hulle was bang en Moses verkwalik dat hy hulle uitgelei het.   Die Israeliete het net gevaar gesien; Moses het God gesien: “Maar Moses het aan die volk gesê: Wees nie bevrees nie, staan vas en aanskou die verlossing van die Here wat Hy vandag vir julle sal bewerk; want soos julle die Egiptenare vandag sien, sal julle hulle nie weer sien in der ewigheid nie” (Ex.14:13).   Eeue later kyk Israel weer na dinge: “Maar toe die manne van Israel die man sien, vlug hulle van hom weg, want hulle was baie bang” (1 Sam.17:24).  Dawid kyk anders na Goliat.   Hy kyk in die geloof en vel die reus neer.

Wat sien jy vanoggend in jou lewe?   Wat behoort jy te sien?  “...die oog gevestig op Jesus, die Leidsman en Voleinder van die geloof...” (Heb.12:2).   Elia het vir ʼn wyle die verkeerde dinge gesien – Isebel wat hom wou doodmaak!  Elia het skoon vergeet wat God kan doen, en dit komende van ʼn man wat pas gesien het hoedat God vuur uit die hemel laat kom het!

Die tweede fout wat Elia gemaak het, was om die verkeerde uitweg te kies; hy het vir sy lewe gevlug en later gewens om te sterf.    Hy was eerstens oor sy eie veiligheid begaan en tweedens wou hy self sy ellende uitsorteer.  Dit het vir Elia primêr oor sy eie wil en eie weg gegaan.   Dit gebeur as jy toelaat dat jou probleme jou lewe oorheers!   Jy plaas jou wil/oplossing voor God s’n.   God wil juis hê dat ons Hom eerste moet plaas: “Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg:” (Mt.16:24).

Die derde fout wat Elia gemaak het, was om verkeerde dinge te sê.  As jy te lank in die donker staar, beland die donkerte later in jou.  En dis presies wat met Elia gebeur het.  Hoor hoe praat hy in vers 4: “ ... Dit is genoeg, neem nou my siel weg, Here, want ek is nie beter as my vaders nie”. Geen mens sê vir die Here hoe lank hy wil leef nie.   Al is die nood hoe groot, bly dit God se besluit.

Let op God se reaksie.  Hy weet van Elia se nood; sy verkeerde lewensuitkyk, sy soeke na die verkeerde uitweg en die verkeerde dinge wat hy gesê het. “... en kyk, daar raak ʼn engel hom aan en sê vir hom: Staan op, eet!” (:5).  Geen verwyt nie; slegs tere aanraking.  “Want Hy, Hy weet watter maaksel ons is, gedagtig dat ons stof is” (Ps.103:14). “Want ons het nie ʼn hoëpriester wat net met ons swakhede medelye kan hê nie, maar een wat in alle opsigte versoek is...” (Hebr.4:15).   In plaas van oordeel, verleen God aan Elia genade.

God voorsien graag in gelowiges se fisiese behoeftes.  “Of verag jy die rykdom van sy goedertierenheid en verdraagsaamheid en lankmoedigheid, omdat jy nie besef dat goedertierenheid van God jou tot bekering wil lei nie? (Rom.2:4).  Hy gee vir Elia in sy nood voedsel en water.

Hierdie man wat onder ʼn besembos wou sterf, sou nooit in sy wildste drome kon dink dat hy nooit die dood sou smaak nie, maar lewend na die hemel sou vaar!   Ja, hoe verskil ons planne dikwels nie radikaal van God se plan met ons lewe nie!  “Want Ek weet watter gedagtes Ek aangaande julle koester, spreek die Here, gedagtes van vrede en nie van onheil nie, om julle ʼn hoopvolle toekoms te gee” (Jer.29:11).

God konfronteer Elia: “En hy het daar in ʼn spelonk gegaan en die nag daar oorgebly.  En kyk, die woord van die Here het tot hom gekom en vir hom gesê: Wat maak jy hier, Elia?”(:9).   Hy was nie bestem om in ʼn grot weg te kruip nie, maar om ʼn kragtige getuie vir God Hom te wees.  God wil nie hê dat sy kinders troostelose lewens lei nie, maar eerder om vrede en vreugde te ervaar: “Wees oor niks besorg nie, maar laat julle begeertes in alles deur gebed en smeking met danksegging bekend word by God” (Fil.4:6).

God maak egter ook ʼn regstelling aan Elia se foutiewe aanname.  Toe God hom ʼn tweede keer vra wat hy daar maak, antwoord hy: “... Ek het baie geywer vir die Here, die God van die leërskare, want die kinders van Israel het u verbond verlaat, u altare afgebreek en u profete met die swaard gedood sodat ek alleen oorgebly het; en hulle soek my lewe om dit weg te neem” (:14).  Elia aanvaar dat hy die enigste oorblywende gelowige in Israel is; ʼn foutiewe aanname.  In vers 18 gee God sy mismoedige dienskneg die bemoedigende versekering dat daar 7000 in Israel was wat die knie nie voor Baäl buig nie.

Elia het na sy ellendige omstandighede gekyk en geglo dat dit klaar met kees was.  Hy was gereed om te sterf.  God herinner hom dat Hy nog groot planne met hom het.  Elia het nie net ʼn verlede en hede gehad nie, maar ook ʼn toekoms met God as sy Reisgenoot.

Laat ons maar versigtig met aannames wees.   Sulke aannames hou dikwels nie rekening met God se optrede nie.  Toe dit vir Elia voel asof alles met hom klaar was, was God nog lank nie met hom klaar nie.

Bevind jy jou dalk in ʼn situasie waarin jy nie wil wees nie?  Praat met God daaroor.   Moenie dat ongunstige omstandighede jou getuienis lamlê nie.  Gelowiges moet nooit toelaat dat ellendes hul geestelik van koers druk nie.  ʼn Kind van God is daarbo verhewe en styg bo hul omstandighede uit om te doen wat reg is en God te behaag.  Gevolglik is wanhoop teoreties onmoontlik vir ʼn gelowige want hy aanbid ʼn Helper wat almagtig is.

Laat ons maar versigtig wees vir wanhoop.  Dis sonde en die toppunt van selfbeheptheid.   Wanhoop is eintlik ʼn samevoeging van selfbeheptheid en selfkastyding.   Jy kry selfs mense wat hul rug op hulp draai, net om hulle in die sieklike genot van selfbejammering te verlustig.  Dis die sg. smartvrate.

ʼn Mens is geneig om sy probleme, maar nie sy seëninge te tel nie.  Moenie toelaat dat slegte omstandighede slegte dinge in jou lewe laat groei nie.    Pasop vir selfbejammering.   Moenie na ʼn 100 redes kyk om te stop nie, maar eerder na die 1000 om aan te hou.

Mag God ons geestelik optimisties maak want geestelike optimisme is die ruitveërs van die siel.   Hou jou oë op die sterre al staan jy ook met jou voete in die modder.  ʼn Stormsee raak later ook stil al is dit ook hoe groot. Taai dinge hou nie vir altyd nie, maar taai mense wel!

Ons is maar almal wurms.   Mag dit God behaag dat ons, wanneer dit donker om ons word, soos glimwurms skyn.   Laat mense kennis neem van iemand wat na God se hart geleef het.    Met Christus in jou lewe, het jy al die moontlikheid!

Die Here kom ook vanoggend en vra vir jou: “Wat soek jy hier?” En as Hy hard met jou praat, is dit tyd om na Hom te luister!

Amen.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2042 gaste aanlyn