Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons word almal ouer, en dit verminder nie net jou fisieke moontlikhede nie maar ook jou vermoë om nuwe dinge in te sien. Maar as ons die ouderdom soos 'n vriend benader, werk hy veel sagter met ons as wanneer ons hom soos 'n vyand beveg.
KINDERS IN DIE BYBEL (22)
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
'N KONING BY DIE KINDERS
DIT was die Maandag voor die kruisiging. Die vorige dag, die Sondag het Jesus op ’n esel Jerusalem binnegery en toe het die skare geroep: "Hosanna! Geseënd is Hy wat kom in die Naam van die Here.”
Hulle was baie opgewonde want in hulle harte het daar nog altyd die verwagting geleef dat daar ’n Koning sou kom wat die Romeine uit die land sou verdryf en van hulle ’n vrye volk sou maak. En nou het hulle gemeen dat Hy as Koning gekom het om hulle van die gehate Romeine te verlos. Maar hulle het vergeet dat ’n Koning nie op ’n esel ry nie, maar op ’n perd.
Die eintlike betekenis van die woord "Hosanna” is "help tog.” Die woorde wat die skare hier gebruik is gedeeltelik ontleen aan Ps. 118 :25 en 26. In Psalm 118 is hierdie woorde ’n vreugdegeroep. Wanneer hulle dus hierdie woorde teenoor Jesus gebruik, beteken dit eintlik: "Hoera! vir Jesus.”
Onder hierdie skare wat so geskree het en so bly was, was daar ook heelparty kinders. Hulle het gesien en gehoor hoe die grootmense aangaan en hoe hulle skree.
KINDERVERHALE (2)
CE Latsky
Lees reeks by Kinderverhale van CE Latsky
'n Ander Soort Wapen
AS 'n mens 'n versameling kon maak van al die treffende voorvalle uit die lewe van sendelinge deur die hele wêreld, sou dit sekerlik boekdele en boekdele beslaan. Elkeen van daardie sendelinge sou ook kon getuig van tye wanneer die Here op 'n baie besondere wyse vir hulle van gevaar bewaar het, of met 'n ingewing net die regte woorde in hulle mond gesit het, wat die situasie gered het. So lees ons van 'n Arminiaanse sendeling wat onder die wrede Koerde gewerk het.
Ongewapend loop hy eendag deur 'n verlate vallei. Skielik hoor hy: "Halt!" en van agter 'n rots kom daar 'n rower te voorskyn.
"Staan stil of jy is 'n dooie man! Wat soek jy hier?"
Onverwags klink dit: "Ek is hier om vir jou te soek!"
"Vir my? Wat op aarde wil jy dan met my maak?"
"Ek het vir jou 'n boodskap."
"'n Boodskap! Van wie?"
KINDERVERHALE (1)
CE Latsky
Lees reeks by Kinderverhale van CE Latsky
In die Goud Geval
ONS het 'n spreekwoord wat lui as iemand dit gelukkig tref: "Hy het in die botter geval." Nou wil ek vir julle 'n ware verhaal vertel van iemand wat nie in die botter nie, maar in die goud geval het.
In die begin van die vorige eeu is in dele van Kanada en Alaska goud ontdek en baie mense uit alle dele van die wêreld het na daardie streke gestroom om 'n fortuin te probeer maak.
Party het dit gelukkig getref, dog die meeste het slegter daarvan afgekom. Party van die wat wel daarin geslaag het om goud te kry, het hulle lewe verloor; miskien deur ontberings soos honger, dors en koors; andere weer is vermoor.
In die jaar 1911 was daar op een van die treine wat deur die goudgebied geloop het, 'n arm prospekteerder wat tot nog toe geen sukses gehad het in sy soektog na goud nie. Hierdie man was so brandarm dat hy stilletjies, sonder 'n kaartjie, op die trein geklim het, in die hoop dat hy nie uitgevind sou word alvorens hy die plek bereik het waar hy wou wees nie.
VLAE VAN SUIDER-AFRIKA (3)
C Pama
Lees reeks by Vlae van Suid-Afrika
Die Afrikaanse tradisie
Voordat die Bataafse driekleur in 1806 finaal van die Kaapse Kasteel gestryk is, was daar reeds ’n tydperk, naamlik die Eerste Britse Besetting van 1795 tot 1803, waarin daar ’n ander vlag oor die suidpunt van Afrika gewaai het. Dit was egter as tydelik beskou en selfs in 1806 was dit nog nie heeltemal seker of die Britte die Kaap nie tog uiteindelik aan die Nederlanders sou teruggee nie. Maar soos ons weet, het dit nie gebeur nie en van dié jaar af voer die Engelse dus hier die bewind en waai hul vlag oor die Kaapkolonie.
Nouliks dertig jaar later begin die Groot Trek en daarmee word die geskiedenis van die vlae in Suid-Afrika in twee dele verdeel. In die Boererepublieke word die ou Hollands-Afrikaanse tradisie gehandhaaf; in die Engels-bestuurde gebiede word die Unionjack in verskillende vorme gebruik. Omdat die Afrikaanse tradisie die logiese voortsetting is van wat ons reeds genoem het, sal dit eers behandel word.
Ons het al gesien dat sowel in Nederland as aan die Kaap die oorspronklike oranje-wit-en-blou aan die einde van die Hollandse bewind feitlik heeltemal deur die rooi-wit-en-blou vlag verdring is. Die Engelse bewind het sy eie simbole op Afrikaanse bodem oorgeplant, maar vir die ou gevestigde bevolking het hierdie nuwe simbole nog geen gevoelswaarde gehad nie.
WEERSTAAN DIE VERSOEKER
Hannes Ollewagen
Matthéüs 4:1-11
Ons weet dat Christus mens geword het en aarde toe gekom het om verskeie redes. Die belangrikste hiervan is natuurlik om sy uitverkore kinders, wat waarlik in Hom glo, se sondes om Hom te kom neem en die volmaakte losprys daarvoor te betaal, aangesien ons nie in staat is om ons eie verlossing te bewerkstellig nie. Verder het Hy dan ook tydens sy lewe hier op aarde vir ons die voorbeeld gestel van hoe ons voor Hom moet leef en nie bloot vir ons ‘n klomp verordeninge gegee om te onderhou nie.
In vers 2 sien ons dat Christus na afloop van sy veertig dae vastydperk naderhand honger geword het. Dit bevestig weereens vir ons dat Hy ook ‘n mens hier op aarde was met menslike behoeftes, hoewel Hy volmaak en sonder sonde was.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Sipho is die hoofverdagte in 'n saak van gewapende roof. Tydens 'n uitkenningsparade staan hy saam met nege ander verdagtes in 'n ry.
'n Polisieman gee opdrag dat elkeen van die verdagtes om die beurt moet sê:
"Gee my al die geld of ek skiet!" waarop Sipho reageer met:
"Dis nie wat ek gesê het nie!"
GELOOF 'N GAWE VAN GOD
ABRAHAM
Ds Andrè van den Berg
“Deur die geloof het Abraham, toe hy geroep is, gehoorsaam weggetrek... en hy het weggetrek sonder om te weet waar hy sou kom” - Heb.11:8
Die verhaal van Abraham is een van die aangrypendste verhale van die Skrif. Wat dit so merkwaardig maak, is Abraham se byna ongelooflike geloof in God toe hy aangesê is om sy enigste seun te gaan offer. Die Bybel onthul nie sy gevoelens tot en met Gen.22:8 nie: “En Abraham antwoord: God sal vir Homself die lam vir ʼn brandoffer voorsien, my seun” .
Ons kan maar net raai wat in Abraham se gemoed aangegaan het. Ons weet dat Isak lewend daarvan sou afkom, maar Abraham het dit op daardie stadium nie geweet nie. Hy het hom vir die ergste reggemaak. Toe hulle drie dae later by die berg Moria aankom en Isak hom na die offerdier vra, het Abraham net geantwoord dat God sou voorsien. Dit spreek van geloof – die vaste vertroue dat God sou voorsien. En Hy het! “... Moenie jou hand na die seun uitsteek nie... want nou weet Ek dat jy God vrees, en jou seun, jou enigste van My nie teruggehou het nie” (Gen.22:12). Abraham het die gewigtige toets van die geloof geslaag. Geloof is om jou nette in die onbekende te laat sak sonder om te weet wat die vangs gaan oplewer.
BRIEWE AAN CHARLES (21)
Gerhard Viviers
Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard
Vreemde vriende
Beste Charles,
Jy en ek was nie baie keer saam in Oos-Londen nie. Ons het so een of twee keer daar saam krieket uitgesaai. Jy kon lekker gesels oor jou jare as onderwyser op “Grahamstown” daar naby. Dis mos waar jy kom nesskop het in Suid-Afrika ná jou aankoms hier uit jou geboorteland. Charles, ek weet ons het eenkeer daarvandaan af ook uitgesaai. 'n Mooi ou dorpie met vriendelike mense en ek kon dink dat jy baie gelukkig daar was.
Daar is twee dinge wat met my in Oos-Londen gebeur het wat ek nooit sal vergeet nie. In my polisiedae in Kimberley moes ek ’n baie groot area dek. Dit was van my aangenaamste jare. Die “seksie”, soos dit genoem is, wat ek moes bedien, het ook tot diep in die Kalahari gestrek, tot ver buite my geboortewêreld. Daardie jaar het ek maar 'n baie klein daaglikse toelae, wat “S and T” genoem is, gekry. As ek reg onthou, was dit twaalf sjielings en ’n sikspens in daardie dae se geld. Ongeveer R1.25. Dit was genoeg vir kos, maar om te kon betaal vir 'n slaapplek was buite die kwessie.
KINDERS IN DIE BYBEL (21)
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
TALENTVOLLE KINDERS
Die gelykenis van die talente in Mattheüs 25 vertel aan ons van drie diensknegte wat elkeen ’n aantal talente van hulle baas ontvang het. Die eerste een het vyf gekry, die tweede een twee en die derde een. Met hierdie geld moes hulle woel en werk en dit ver meerder.
Met hierdie gelykenis wil Jesus aan ons toon dat elke mens een of ander talent van die Here ontvang het. Dit hoef nie noodwendig geld te wees nie. Dit kan ook verstand wees of dit kan ook wees dat iemand baie prakties met sy hande is. Maar ons het hierdie talente ontvang en ons moet dit gebruik in diens van die Here.
Hierdie gelykenis is nie net op grootmense van toepassing nie. Dit het op elkeen betrekking, of hy nou groot of klein, oud of jonk is. Dit het ook op kinders betrekking. Dit het ook betrekking op al die kinders wat nog op skool is.
Want elke kind wat in die skool is, het van die Here sekere talente ontvang.
VLAE VAN SUIDER-AFRIKA (2)
C Pama
Lees reeks by Vlae van Suid-Afrika
Oorsprong van ons vlag (wat weer sal waai...)
Die vlag van die Republiek is saam met die staatswapen ’n simbool van die eenheid van ons land. Deur sy treffende kleure en unieke samestelling sal ons hom orals in die land en in die wêreld onmiddellik herken. En elke keer as ons hom sien, voel ons dadelik: “Hierdie kleure is ons s’n; dit is die vlag van Suid-Afrika.” Of soos die digter dit ook vroeër gesê het:
Ons eie vlag hy waai so skoon,
As ons hom sien, dan gloei die hart.
Vandag het elke land sy eie vlag. Toe daar in die afgelope jare baie nuwe state in Afrika ontstaan het, was die eerste daad wat die nuwe heersers gedoen het die hys van ’n nuwe vlag om so die begin van die staat aan die volk bekend te stel. Meestal het die vlag nie juis op daardie dag ontstaan nie, maar was hy reeds ’n partysimbool of ’n saamhorigheidsteken waaronder die inheemse bevolking teen die koloniale magte gestry het. Hy het dus al iets vir die mense beteken en dit het hulle trots laat voel om hom nou as landsvlag te sien wapper. Baie vlae het deur so ’n vryheidstryd ontstaan, ook orals in Suider-Afrika.
VLAE VAN SUIDER-AFRIKA (1)
C Pama
Lees reeks by Vlae van Suid-Afrika
Die Nasionale vlag
"Die amptelike hysing van die Nasionale vlag deur ons hele land het op 31 Mei 1928 plaasgevind. Geen geskikter dag as Uniedag (later Republiekdag tot die Kommuniste die land oorgeneem en dit weer anders gedoop het) kon vir die vlaghysing gekies gewees het nie. Dit was die dag waarop elke Suid-Afrikaner hom opnuut bewus gevoel het van sy volk se hoogste ideale en strewe na die volle verwesenliking van eie nasieskap en nasionale eenheid."
Toe die Unie van Suid-Afrika in 1910 tot stand gekom het, het die Britse admiraliteit twee vlae vir gebruik in Suid-Afrikaanse waters vasgestel. Op albei was die skild van die Uniewapen. Regeringskepe moes die wapen egter op ’n “blue ensign” plaas en koopvaardyskepe op ’n “red ensign”. ’n “Ensign” in hierdie verband is ’n effe vlag met ’n Union Jack in die bohoek. Op land moes van regeringskantore en dergelike net die gewone Union Jack wapper. Al die besluite was in ooreenstemming met wat in ander dele van die destydse Britse Ryk gebruiklik was.
Die bevolking het egter nie die amptelike sienswyse gedeel nie, maar het die “red ensign” met die Uniewapen as die nasionale vlag beskou, veral nadat dit in 1912 verander is en die skild van die Uniewapen op ’n wit ronde skyf geplaas is, sodat dit duideliker geword het.
KINDERS IN DIE BYBEL (20)
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
PAULUS
PAULUS se naam was ook Saulus. Saulus is ’n Joodse naam en beteken "die begeerde”. Paulus is die Latynse vorm van die naam Saulus en hierdie naam beteken letterlik die kleine”. Of Paulus werklik klein van gestalte was, weet ons nie.
Hy is in Tarsus gebore, min of meer in die jaar 2 ná Christus. Heelwaarskynlik het hy later in sy lewe ook vir Jesus gesien en gehoor. Sy vader was 'n Benjaminiet afkomstig uit die stam van Benjamin. Heelwaarskynlik het Paulus se ouers een of ander tyd van Palestina na Tarsus getrek.
In die dae van Paulus was Tarsus ’n baie belangrike handelstad. Dit was ’n hawestad waar allerhande skepe aangedoen het. Seker ook maar soos ons hawestede van vandag waar ’n mens allerhande soorte mense en karakters sien.
Behalwe die feit dat Tarsus ’n hawestad was, het die grootpad uit die Ooste ook deur die stad gegaan. Karavane uit die Ooste het in die stad aangedoen met die gevolg dat Tarsus ’n redelike besige stad in daardie tyd was.
BRIEWE AAN CHARLES (20)
Gerhard Viviers
Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard
Gister se dinge
Beste Charles,
Charles, ek weet nie of jy dit ook ondervind het nie. Hoe ouer ek word, hoe meer dwaal my gedagtes na die verre verlede. Dit is seker hoekom my vertellings aan jou nie in chronologiese volgorde is nie. Ek het reeds in November 1995 met jou begin gesels. Dis nou al November 1996 en ek praat nog steeds. Gelukkig nie elke dag nie, want anders sou die skrywe van my al baie dikker as die ou Hollandse Bybel gewees het.
In die Lyric Theatre in die destydse Mafeking waarvan ek jou vertel het, het my liefde vir die avontuur in die natuur begin. Voordat ek Johnny Weissmuller as Edgar Rice Burroughs se Tarzan of the Apes leer ken het, het ek die film Trader Horn in die ou saaltjie gesien. Dit was ook voordat ek daar "Assistant Operator” was en die eienaar se dogter, Joan, se handjie houvas het.
KOMMUNISTE BANG VIR STAATSKOLE...
Kriewelkop
Na aanleiding van die artikel oor die Rooi Gevaar in ons staatsonderwys wonder mens nie juis waarom die klomp kommunistiese ministers hulle kinders nie in staatskole laat skoolgaan nie – die hele kaboedel is in duur privaatskole...
ONS KOMMUNISTIESE ONDERWYS
SO SIEN EK DIT
Dr PE van der Dussen
Opmerking: Bylae A onderaan hierdie artikel sit die onmiddellike Kommunistiese bedreiging van ouer-verbonde private onderwys uiteen. Dit sal sinvol wees om as agtergrond vooraf die Bylae en veral die onderstreepte gedeeltes daarin te lees. Kyk ook die artikel van Frans Cronjé van die South African Institute of Race Relations, oor Die rooi gevaar is terug (of was hy ooit weg?) in Rapport van 1 Junie 2014.
PRIVATE ONDERWYS EN OPLEIDING:
VRYE GEHALTEONDERWYS ‘N NOODSAAK
DIE REWOLUSIONÊRE AANSLAG
Skaars is die verkiesing verby of die Kommunistiese Rewolusie kom na vore. Ditsem Nuus berig op 30 Mei: Geharde Kommuniste sit breed en prominent in die nuwe kabinet van die ANC-regering. Die SA Kommunistiese Party se senior leierskap bestaan uit Blade Nzimande, sekretaris-generaal; Jeremy Cronin, adjunk-sekretaris-generaal; Senzeni Zokwana, nasionale voorsitter; Thulas Nxesi, adjunk-nasionale voorsitter en Buti Manamela, jeugleier. Met die aanstelling van Zokwana as Minister van Landbou en Manamela as Adjunk-minister is al hierdie senior SAKP-lede nou in prominente regeringsposisies. Lede van die SAKP se sentrale komitee wat ook ministers of adjunk-ministers is, is Rob Davies, Jeff Radebe en Godfrey Oliphant. Davies is Minister van Handel en Nywerheid met Patel uit Cosatu as Minister van Ekonomiese Sake.ENCA berig onlangs: Striking miners are taking their fight for a better wage beyond the platinum belt in North West province. They say their families are suffering with no end in sight to country's longest-running strike. And they want to bring their ordeal closer to the homes of many other South Africans. Dit is niks minder as ‘n oorlogsverklaring deur die werkers in die land nie – of liewers deur die leiers wat in weelde lewe en rewolusie stook teneinde vote democracy in selfvernietigende feet democraziness te omskep en die land onregeerbaar te maak. Dit onderstreep Zuma se verklaring dat “economic transformation” een van sy regime se fokuspunte is.
BRIEWE AAN CHARLES (19)
Gerhard Viviers
Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard
My groot “gatslag”
Beste Charles,
Jy het haar altyd aangespreek as “my dear”. Ek dink jy het probleme gehad om haar naam, Maryna, lekker uit te spreek. Ek wil hê jy moet ’n brief lees wat sy op my sewentigste verjaardag aan my geskryf het. 'n Bekende vrouetydskrif het dit gepubliseer. Uit die brief kan jy aflei van die groot “gatslag” wat my getref het. Dit is nie nodig dat ek soos ’n wafferse smartvraat verder oor die ding praat nie. Lees maar self. Jy sal ’n paar name in die brief teëkom wat jy nie ken nie. Jy onthou seker die program 50/50. Dit is ’n program oor die omgewing wat op TV vertoon word en waarvan ek vryskutaanbieder was. Dit is 'n program wat my altyd baie na aan die hart gelê het en die aanbieding daarvan is sekerlik die een ding wat ek naas rugby-uitsaai die meeste mis. Maar eers terug by die brief.
GOD BLY GETROU
Hannes Ollewagen
Psalm 106:1-48
In vers 3 van hierdie Psalm sien ons dat dit goed is voor Hom om die reg te bewaar en altyd geregtigheid te doen. Maar hoeveel mense is nie daarop uit om net “geregtigheid” te doen en “reg” te doen wanneer hulle deur ander mense gesien en dus geprys kan word nie? Dit laat my dink aan die opdrag dat ‘n mens nie jou liefdadigheid voor die mense moet bewys om deur hulle gesien te word nie of dat jou linkerhand nie moet weet wat jou regterhand doen nie.
Tog is daar so baie mense wat in hul wese dwaal wanneer hulle organisasies wat hul oënskynlik beywer vir liefdadigheidswerk maar in wese bedorwe is, ondersteun. Ja, maar dit gaan vir ‘n goeie doel, sal die verskoning wees! ‘n Goeie doel met ‘n verkeerde en geveinsde gesindheid is nie vir God aanvaarbaar nie.
WEES GETUIES
Ds Andrè van den Berg
“Maar julle sal krag ontvang wanneer die Heilige Gees oor julle kom, en julle sal my getuies wees in Jerusalem sowel as in die hele Judea en Samaria en tot aan die uiterstes van die aarde” - Hand.1:8
Met Pinkster herdenk die kerk die uitstorting van die Heilige Gees wat meer as 2000 jaar gelede in die tempel in Jerusalem plaasgevind het. Maar waarom word die woord uitstorting en nie bekendstelling of 'n ander sinoniem gebruik nie? Die Gees is tog ʼn Persoon, hoe kan Hy uitgestort word? Was Hy dan nie voor Pinksterdag daar nie? Ja, Hy was. Hy het nie op daardie dag vir die eerste keer sy Heilige opwagting gemaak nie, maar was reeds so vroeg as in die skepping werksaam: “.... en die Gees van God het gesweef op die waters” (Gen.1:2). In die tyd van die aartsvaders sê Job: “Die Gees van God het my geskape, en die asem van die Almagtige maak my lewend” (Job.33:4).
Die Heilige Gees was ook by Israel op pad na Kanaän teenwoordig:
BRIEWE AAN CHARLES (18)
Gerhard Viviers
Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard
Verkeerde diagnose
Beste Charles,
Australië is vir my 'n baie mooi land. Net soos dit seker vir jou ook was. In baie opsigte nogal baie soos Suid-Afrika. Sydney is vir my ’n besondere stad. Daar het ek in 1971 twee keer op die Sydney Cricket Ground rugby uitgesaai. Charles, ek het ongelukkig nooit daar soos jy krieketkommentaar gelewer nie.
Maar soos ek belowe het, wil ek jou eers vertel van my ondervinding in die beroemde stad in 1977. Jan Snyman en ek was op pad terug van Nieu- Seeland af en moes 'n SAL-vlug daar haal. Ek was baie opgewonde toe ek hoor dat daar ’n staking van lugvaartpersoneel is en dat geen vliegtuig bedien mag word of enige vlug mag vertrek nie. Dit was nie opgewondenheid oor die staking as sodanig nie, want jy weet ek verpes dit. Dit was blydskap dat ek ’n paar dae in Sydney kon vertoef sonder enige verpligtinge of bekommernis.
KINDERS IN DIE BYBEL (19)
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
DIE BLINDE KIND
IN Johannes 9 lees ons van ’n man wat blind was van sy geboorte af. Hy kon dus reeds as klein kindjie nie sien nie en het in ’n donker wêreld van sy eie geleef. Hoe die wêreld rondom was, het hy nie geweet nie. Hy kon maar net raai. Oral waar hy gegaan het, moes hy maar net voel.
In die dae van Christus was daar nie baie medelye en meegevoel met ’n blinde nie. Hy is beskou as iemand wat benede die ander mense gestaan het. Want hy was vir niks nuttig nie. So byvoorbeeld kon hy nie eens die wapens opneem en sy land help verdedig nie. Daar was natuurlik nie die fasiliteite wat ons vandag het vir blindes waardeur hy homself kon bekwaam en vir homself sorg nie.