Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Gewone mense dink net hoe hulle hulle tyd kan deurbring; verstandige mense probeer dit gebruik
SPREEK IN TALE...
...EG OF SELFBEDROG?
Ds AE van den Berg
1 Kor.12:12-31; 14:25
"Die spreek in tale staan nie toevallig laaste op die lys van gawes nie (1 Kor.12). Dit was die minste werd omdat dit slegs ʼn teken vir ongelowiges was. 'Die tale is dus nie ʼn teken vir die gelowiges nie, maar vir die ongelowiges; die profesie egter is nie vir die ongelowiges nie, maar vir die gelowiges' (1 Kor.14:22). "
Die Charismatiese beweging lê sterk klem op die spreek in tale; die geestelike vermoë om in ʼn verrukking van sinne in ʼn nie-verstaanbare taal te kan praat. Dis vir hulle ʼn klinkklare bewys van die doop met die Heilige Gees, wat dit nie is nie. Dit het niks met die Heilige Gees te doen nie, maar is in werklikheid selfbedrog. Brabbeltaal is ʼn kenmerk van alle heidense misterie-godsdienste waardeur Satan ʼn vatkans kry (Efes.4:27).
Vir Charismate is die spreek in tale ʼn verruklike ervaring wat, so leer hulle, beleef moet word om te kan waardeer. Gevolglik plaas hulle ervaring bo die Skrif; een van die gevaarlikste dwalings wat begaan kan word! Gereformeerdes daarenteen plaas altyd die Skrif eerste. Alle ervarings word daaraan onderwerp. Indien ʼn ervaring nie met die Skrif ooreenstem nie, word dit daar gelaat.
HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD (11)
Lees reeks by Herinneringe aan dr HF Verwoerd
SO ONTHOU EK HOM
James Howell
"'Kyk,' het hy vir my gesê, 'ek het dit nie soseer teen Rupert se planne nie, maar as ek die Rembrandtgroep daar toelaat, watter morele reg het ek om ander soos Anglo American daar uit te hou? Veral die mynbougroepe het nie sulke edele motiewe nie en sal die tuislande se bates stroop. Dit kan baie maklik in neokolonialisme ontaard.' "
Dr. James Howell was dr. en mev. Verwoerd se tandarts vanaf 1953.
Hy het eers twee jaar onderwys gegee en daarna sy B.Ch.D.-graad aan die Universiteit van Pretoria verwerf (1952). Van 1964 tot 1973 het hy op die SA Geneeskundige en Tandheelkundige Raad gedien. Van 1984 tot 1991 was hy Voorsitter van die Raad van UR. In 1991 is 'n eredoktorsgraad en die Raadsmedalje deur sy alma mater aan hom toegeken. Hy het gedien op die direksies van Saambou, Perskor en Dagbreek Trust.
Dr Howell aan die woord:
IN DESEMBER 1964 het ek en my gesin 'n genoeglike vakansie op Bettysbaai deurgebring as gaste van doktor en mevrou Verwoerd in hulle strandhuis Blaas-'n-bietjie.
AS 'N ENGEL VERVEER (13)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by As 'n engel verveer
DAWID SE PLAN MISLUK
“Uria is hier soos wat u gevra het, my heer" sê Beganan en buig eerbiedig.
"Dankie, stuur hom in" sê Dawid opgewonde. .
Sy plan moet net werk!
"Ek is bly dat jy gekom het" groet Dawid vriendelik.
"Ek is tot u diens, my heer" sê Uria en buig eerbiedig.
"Jy wonder seker waarom ek jou paleis toe laat kom het?" vra Dawid.
Die Hetiet is middeljarig, blas en onaansienlik. Wat sou Batseba in hom gesien het? wonder Dawid.
"Ja, ek wonder, my heer" antwoord die Hetiet.
"Ek wil eersterangse inligting hê oor hoe dit op die slagveld gaan. My raadgewers sê vir my dat jy 'n dapper man is en lanklaas by jou huis was. As jy my klaar ingelig het, kan jy vir 'n paar dae huistoe gaan" sê Dawid.
NIE MEER SABOTASIE, MAAR OORLOG!
Die Johannesburgse stasiebom
Bram Fisher (Slot)
Lees reeks by BRAM FISCHER...
"In afsienbare tyd sal Suid-Afrika weer die kruheid en wreedaardige dade van die Kommunisme en sy terroristiese barbaarsheid beleef wat weer sal begin met gevegte onder sogenaamde 'comrades', waarvan die gevolge elkeen in die land ernstig sal raak."
Die onmenslike gebeure rondom die stasiebom kan beskou word as 'n intermezzo in die hoofdrama waarin die Kommunisme met Bram Fischer en sy 'comrades' die botoon gevoer het.
Tydens die Rivonia-verhoor waarin Mandela en sy mede-terroriste verhoor is, is 'n opdrag uit die binnekring van die ANC/SAKP-alliansie na buite gestuur met die strekking dat tot tyd en wyl die verhoor afgehandel sou wees, geen sabotasiedade gepleeg moes word nie, klaarblyklik omdat gemeen is dat sodanige dade die beskuldigdes se saak sou benadeel. Hierdie opdrag is nagekom, want terwyl die verhoor aan die gang was, was daar relatiewe stilte op die veiligheidsterrein. Hierdie stilte sou egter nie lank duur nadat die verhoor op 12 Julie 1964 ten einde geloop het nie.
Op Vrydag 24 Julie 1964 het daar 'n karnavalatmosfeer in Johannesburg geheers — 'n atmosfeer wat net deur 'n rugbytoets geskep kon word. Die Springbokke sou die volgende dag op Springs teen die Franse Hane speel en die Goudstad het gewemel van mense van oral in die land. In daardie jare is daar op groot skaal van spoorwegvervoer gebruik gemaak en veral die Johannesburgse stasie was besonder bedrywig.
AS 'N ENGEL VERVEER (12)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by As 'n engel verveer
BATSEBA
"Ek het 'n harde dag agter die rug en gaan 'n bietjie op die dak asem skep" sê Dawid vir Malag.
"Ek sal sorg dat my heer nie gesteur word nie" sê die paleissekretaris simpatiek.
Nadat Kotemas tydens die bewind van Isboset van verraad aangekla en sonder verhoor terreggestel is, het sy seun Malag na Hebron gevlug en hom by die huis van Dawid aangesluit. Dawid kon vir geen beter administratiewe amptenaar gevra het nie. Malag het geen gelyke gehad nie.
Wanneer Dawid op die paleisdak staan, gaan die son net onder. Hy tuur oor die Kedronvallei voor hom. Die olyfpers is stil en die heuwel in skaduwee gehul. Die vreedsaamheid van die toneel is salf vir sy onrustige gemoed. Hy is geestelik redelik uitgeput.
Dan trek iets sy aandag. Nie ver vandaar is 'n jong vrou besig om in haar agterplaas te bad, onbewus daarvan dat iemand haar kan sien.
Haar nakende lyf vervul Dawid met wellus.
“Ek wonder wie is sy?” dink hy by homself. “Ek moet net weet!"
BRAM FISCHER... (4)
...KOMMUNIS, ATEÏS, OPPORTUNIS, BOMPLANTER EN VOLKSVERRAAIER
Lees reeks by BRAM FISCHER...
Fischer se finale verhoor
In Clingman se werk word Fischer geprojekteer as 'n beteuterde, gefrustreerde, platsakmannetjie wat deur sy kamerade wat knus in Londen weggekruip het, versaak is en wat, versteek agter 'n mombakkies, en met hoofsaaklik die bystand van 'n groepie bang vrouens (teen die einde het hy dit selfs oorweeg om sy dogter, Ilse, deeglik bewus van die gevare wat dit vir haar sou inhou, te betrek as lid van die Sentrale Komitee van die party), probeer het om die Kommunistiese Party weer in Suid-Afrika op dreef te kry. 'n Patetiese prentjie, om die minste daarvan te sê.
Volgens Pike se boek, daarenteen, is Fischer deur die polisie, wat tot op die datum van sy herarrestasie bykans 'n volle jaar regdeur die land na hom gesoek het, steeds beskou as die gevaarlike Kommunis wat die vermoë gehad het om die regering met wapengeweld te laat oorneem.
KINDERS IN DIE BYBEL (13)
ABSALOM
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
ABSALOM se vader het nie baie tyd tot sy beskikking gehad om aandag aan sy opvoeding te bestee nie.
Sy vader Dawid was ’n baie besige man. Net so besig soos party van die besigheidsmense vandag wat gedurig van die huis weg is met vergaderings en byeenkomste. Dawid het baie hooi op sy vurk gehad want hy moes baie oorloë voer. Partykeer was hyself die aanvoerder en soms sy kommandant-generaal Joab. Want hy moes sy ryk versterk en verstewig teen die aanvalle van buite. Veral die Filistyne, Israel se aartsvyande, moes op hulle plek gesit word.
In daardie tyd het elke man ook nie maar net een vrou gehad nie. Dawid self het ’n hele klomp gehad.
GELOOFS- GENESING
Ds AE van den Berg
" Charismate leer dat pyn en lyding uit die bose is en dat God gelowiges gesond wil hê. Dis nie wat die Skrif leer nie! Gelowiges is ook aan die gevolge van sonde onderworpe. Geloofsgenesing was geensins bedoel om gelowiges gesond te hou nie, maar om ongelowiges van die goddelike waarheid van die Evangelie te oortuig. Daar is geen Bybelse grond om te glo dat God elke gelowige gesond wil maak nie. Ons kan slegs tot Hom bid. Charismate beskuldig siekes wat nie gesond word nie dikwels van sonde wat nog nie bely is nie."
1. Absurd
Charismate heg groot waarde aan sg. geloofsgenesing. In Amerika is daar selfs charismatiese bewegings wat mense ontmoedig om van die mediese wetenskap gebruik te maak. Hulle beskou dit as ʼn voortsetting van heksery en duiwelskuns. Wie dus ʼn dokter te besoek, stel homself aan demoniese invloede bloot.
Alhoewel baie Charismate nie hierdie siening huldig nie, is baie van hulle skepties oor die mediese wetenskap en vertrou eerder geloofsgenesers.
Talle Charismate is al oorlede omdat hulle nie mediese sorg verkry het nie, selfs geloofsgenesers soos William Branham, Kathryn Kuhlman en Hobart Freeman. So ook Ruth Stapleton, ‘n suster van oud-president Jimmy Carter.
Charismate sê dat God alle siekes wil genees. Dit staan nêrens in die Bybel nie. Hulle verbind siekte verkeerdelik met sonde.
GOD SE BELOFTES
Hannes Ollewagen
Jes. 62:1-12
Vers 6&7: “…O Julle wat die HERE herinner aan sy beloftes – moenie rus nie en laat Hom nie met rus nie, totdat Hy Jerusalem bevestig en maak tot ‘n lof op aarde!”
Om moedeloos te raak, is menslik. Dit is egter bitter belangrik om te waak daarteen dat moedeloosheid nie lei tot ongeloof nie, want laasgenoemde is sonde! In Hebreërs lees ons dat dit onmoontlik is om God te behaag sonder geloof.
Geloof is veronderstel om die anker van elke gereformeerde Boere-Afrikaner mens se lewe te wees. Dit laat ons hoop op ‘n toekoms terwyl die hede rondom ons stikdonker is. Dit laat ons vashou aan God se beloftes in tye van nood en beproewing. Dit is egter nie genoeg om net daaraan vas te hou en daarvan bewus te wees nie. Ons lees in hierdie gedeelte dat ons ook aktief moet wees en God moet herinner aan sy beloftes.
BRAM FISCHER... (3)
...KOMMUNIS, ATEÏS, OPPORTUNIS, BOMPLANTER EN VOLKSVERRAAIER
Lees reeks by BRAM FISCHER...
Fischer se verdere lotgevalle
Fischer se besluit om tydens sy verhoor te verdwyn en ondergronds te gaan, was nog 'n bewys van die ongelooflike mate van fanatisme wat die Kommunistiese ideologie by sommige Kommuniste gewek het. Fischer se kamerade was op daardie tydstip of in die tronk, sommige in die buiteland waarheen hulle gevlug en in veiligheid weggekruip het. Bowendien het die veiligheidspolisie en die ander instrumente wat deur die staat ontwikkel is om ondermyners op te spoor so formidabel geword dat dit bykans onmoontlik geraak het vir Kommuniste in Suid-Afrika om die regering omver te werp. Niemand met Fischer se verstand en insig sou dan ook in hierdie omstandighede gereken het dat hy daarin sou slaag om die SAKP spoedig weer lewensvatbaar te maak nie. Tog het Fischer gemeen hy kon dit doen — en dit kan net toegeskryf word aan die onverklaarbare houvas wat Kommunisme op party van sy aanhangers gehad het.
Fischer het met die samewerking van sy ondersteuners sy verdwyning deeglik beplan. Sy heel eerste mikpunt was om sy voorkoms so te laat verander dat mense hom nie sou herken nie.
AS 'N ENGEL VERVEER (11)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by As 'n engel verveer
DAWID WORD KONING
Ná die dood van Saul het die stam van Juda vir Dawid koning gemaak en hom in Hebron laat woon. Ten spyte van talle pogings om die res van Israel onder hom saam te snoer, het Saul se ondersteuners Isboset, een van sy seuns, koning oor die res van Israel gemaak. Burgeroorlog was onafwendbaar en sou sewe jaar duur en duisende lewens eis.
Isboset se koningskap was vir sy onderdane 'n groot verleentheid. Sy skaamtelose, lafhartige optrede het mense dwars in die krop gesteek. Daarby het hy niks van landsbestuur geweet of na goeie raad geluister nie. Isboset het sy eie kop gevolg waarna baie van Saul se eertydse ondersteuners Dawid in die geheim begin ondersteun het.
Namate die huis van Israel verval het, het die huis van Dawid weer van krag tot krag gegaan.
INTEGRITEIT WORD INGEBORE
Almal is al amper tot vervelens toe ingelig oor Zuma, die ANC-president en sy kabinet se spandering aan persoonlike bevoordeling waaronder Nkandla, sy persoonlike woning in Natal waaraan miljoene rand onregmatig bestee is.
Natuurlik het dit alles met integriteit te make, 'n begrip wat net in sekere volke se gene sigbaar is. Dit is ook 'n begrip wat in die hande van invloedryke persone met groot verantwoordelikheid tot uitvoer gebring moet word om skandes en skades te voorkom.
Hiervan is daar 'n pragtige voorbeeld in die tyd toe dr HF Verwoerd Eerste Minister van Suid-Afrika was, en 'n onbevlekte aanduiding van waarom hy die land in so 'n kort tydjie tot een van die mees vooruitstrewende lande ter wêreld kon ontwikkel.
Dr Verwoerd was streng wat staatsfinansies betref het. Hy sou sy eie en kabinetslede se gerief op die agtergrond plaas wanneer dit by spandering van belastingbetalersfondse gekom het. So 'n voorbeeld is die keer toe die Groote Schuur-woning waarin hy gewoon het, se dak gelek het.
HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD (10)
Lees reeks by Herinneringe aan dr HF Verwoerd
MEER AS WERKGEWER
Willie Dyason
"Dr Verwoerd oor apartheid: 'Sê nou ek boer met mielies en jy boer met beeste. As jou beeste in die nag kom en my mielies opvreet, is daar mos moeilikheid, groot moeilikheid. Die mielies is weg en die beeste word vet. Nou is ons kwaaivriende. Maar as ons nou ooreenkom om 'n heining tussenin te sit kan ek mos voortgaan met my mielieplantery en jy met jou beeste, want hulle kan nie meer in die nag oorkom nie. Dan gee ek jou van my mielies vir voer, en jy gee vir my melk en ek koop by jou vleis. Dan is ons goeie bure en almal is tevrede. So is apartheid: leef en laat leef. ' "
Mnr. W.A. Dyason het in Durban grootgeword en ná matriek by die verversingsafdeling van die Suid-Afrikaanse Spoorweë en Hawens begin werk. Ná slegs sewe maande is hy bevorder tot senior kelner op die Durbanse lughawe. Op 11 April 1960 is hy as kelner op die persoonlike personeel van die Eerste Minister, dr. H.F. Verwoerd, na die Departement van die Eerste Minister gesekondeer. Op aanbeveling van dr. Verwoerd is hy in 1964 as hoof van die huishouding by die premierswoning Groote Schuur aangestel, 'n pos wat hy ook onder Eerste Minister John Vorster beklee het. Daarna het hy die staatsdiens vir die private sektor verruil. Van 1971 tot 1996 het hy die lughawerestaurant op Kimberley oorgeneem en bestuur.
Willie vertel:
EK WAS NET 19 jaar oud en bra onervare toe ek by dr. en mev. Verwoerd in diens getree het. So byna-byna het ek hierdie onvergeetlike ondervinding misgeloop.
WAARHEID EN LEUEN
Ds AE van den Berg
“.... as die woord van die profeet uitkom, sal die profeet bekend word wat die Here waarlik gestuur het” - Jer.28:9
Jare gelede was die kerk en die plaaslike teater op ʼn klein plattelandse dorpie teenoor mekaar in dieselfde straatjie. Toe die tyd vir die gebruiklike Pinksterbidure aanbreek, het die leraar ʼn reeks opwekkingspreke voorberei ten einde sy gemeente meer betrokke te kry. Die dienste is oral geadverteer; plakkate, strooibiljette, afkondigings ens. Die eerste aand was daar baie mense in die kerk, die volgende aand minder en daarna telkens minder totdat net drie mense vir die laaste aand se diens opgedaag het. Wat het skeefgeloop?
Daardie selfde week het ʼn vermaaklikheidkunstenaar ʼn paar opvoerings in die teater gehad, net een plakkaat opgesit om sy vertoning te adverteer en elke aand meer mense getrek totdat die teater met die laaste vertoning stampvol was. Toe dominee hom buite raakloop, vra hy die man hoe hy dit met slegs een plakkaat reggekry het.
BRIEWE AAN CHARLES (9)
Gerhard Viviers
Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard
Onpartydige skeidsregters
"Die skrik was groot toe die Springbokke sommer na tien minute se spel 6-0 agtergeloop het. Die beroemde Britse Leeu, en een van die beste skrumskakels wat ooit vir hulle gespeel het, Gareth Edwards, het blitsig steelkant om beweeg."
Beste Charles,
Onthou jy, jy en ek moes in die beginjare van ons sportuitsaaiery hier in ons land van die trein gebruik maak. Jy het altyd verkies om die kontant gelykstaande aan ’n retoerkaartjie te neem en per motor te reis. Veral na Port Elizabeth en van daar na die Kaap. Die krieket was gewoonlik oor die Kersgety in Port Elizabeth en oor die Nuwejaar in Kaapstad, waar daar ook altyd 'n tweede Nuwejaarsdag gevier is. Nuweland se krieketstadion was in hierdie dae altyd volgepak. Dit is so jammer dat jy nie Afrikaans verstaan het nie, want dit was altyd ’n groot ondervinding om te luister na al die sêgoed wat die bruinmense kwytgeraak het. Hulle gunstelingsitplekke was op die gras onder die eikebome links voor ons kommentaarhokkies. Baie kere het hulle ook tong in die kies na ons twee gekap.
AS 'N ENGEL VERVEER (10)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by As 'n engel verveer
GILBOA
"Die hemel behoede ons!" skreeu Dalot toe hy die vyandelike leër aan die voet van Gilboa gewaar.
"Salog, Mahaliël, Tanag, kom kyk hier!" roep Dalot sy makkers.
"Dis verby met ons! Die Filistyne is net te veel!” sê Mahaliël ontsteld.
Bo van die berg af lyk die Filistynse leër soos 'n reuse miernes wat oopgekrap is. Daar is 'n paar honderdduisend van hulle. Saul kan sy oë nie glo nie. Hy het nog nooit soveel van die vyand bymekaar gesien nie. Die Filistyne is minstens drie of viermaal meer as Israel!
"Dit lyk nie goed nie, my heer" sê Tewan, die hoofoorlograadgewer.
"Nee, beslis nie!” sê Saul bekommerd.
"Staan ons enige kans teen so 'n oormag?" vra Tewan.
Daar is twyfel in sy stem.
"Nee, ons het geen kans nie! Net God kan ons nou red!" antwoord Saul mismoedig.
"Dan moet u met God praat, my heer. Die Here luister altyd na ‘n koning!” por Tewan sy koning aan.
BRIEWE AAN CHARLES (8)
Gerhard Viviers
Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard
“Sit aan die d... ding!”
Beste Charles,
Die lang kriekettoer van Peter van der Merwe se span na Engeland was jou vierde toer na die land van jou geboorte. Charles, as ek reg onthou was jou eerste toer saam met Dana Niehaus. Die ou is vandag ook nie meer daar nie, maar hy het baie gedoen om die vreemde spel vir Afrikaanssprekendes interessant te maak. Dit het die taak vir die Afrikaanse radiokommentators na hom makliker gemaak. Die tweede kollega wat jou op 'n toer vergesel het, was Steve de Villiers. Ná hom Morkel van Tonder. Toe moes ek in 1965 by jou aansluit op die toer na Engeland wat vanaf Junie tot vroeg in September geduur het.
Morkel het my vertel dat jy ’n hardekwas ou korrelkop is. Ek was skrikkerig om persoonlik met jou kennis te maak. Verder het ek onthou hoedat jy my eendag lelik onkant betrap het toe ek nog deeltydse sportkommentaar in Kimberley gelewer het.
AS 'N ENGEL VERVEER (9)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by As 'n engel verveer
ABIGAIL
"Ek is jammer om my heer so vroeg wakker te maak" maak Mésalag verskoning.
"Ek hoop nie jy bring slegte tyding nie?" sê Dawid en kyk sy wapendraer vraend aan.
"Dis ongelukkig so, my heer. Die ou profeet is nie meer met ons is nie" sê Mésalag bedroef.
"Wat? Is Samuel dood?" vra Dawid geskok.
"Die ou profeet is laasnag in sy slaap oorlede" sê Mesalan en vee trane af.
"Dis nou vir jou 'n ding!" sê Dawid ontsteld.
"Wat gaan nou van die profeteskool word? Wie kan by Samuel oorneem?" vra Dawid.
Dis voorwaar slegte nuus!
"Daar sal nie weer iemand soos hy wees nie. Die ou profeet was nie net 'n leermeester nie, maar ook 'n raadgewer soos Israel nog nooit gehad het nie" sê Mésalag.
"Ek gaan hom baie mis" sê Dawid diep bedroef.
KINDERS IN DIE BYBEL (12)
DAWID
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
AS Dawid in een van vandag se hoërskole was, sou hy seker hoofseun wees. Want hy het as kind al die kwaliteite gehad wat ’n hoofseun nodig het.
Dawid was ’n mooi seun. Die Bybel sê aan ons dat hy rooierig in sy gesig was. Hy het ’n mooi blakende gesonde gelaatskleur gehad. Verder het hy mooi oë gehad en sy algemene voorkoms het sommer ’n mooi en aangename indruk gemaak. Hierdie mooi voorkoms sê nie alleen aan ons dat hy mooi en atleties gebou was nie maar ook dat hy ’n aangename en aantreklike geaardheid gehad het.
’n Dogter en ook ’n seun kan mooi wees, maar ’n onaangename, lelike geaardheid soos baasspelerigheid, hoogmoed en verwaandheid maak van so ’n kind ’n lelike kind hoe mooi sy uiterlike ook mag wees. Aan die anderkant maak ’n mooi, nederige, hulpvaardige geaardheid selfs van ’n dogter of seun wat nie met te veel uiterlike skoonheid bedeel is nie tog ’n mooi kind. Dit is dan ook die kwaliteite wat Paulus later in sy brief aan die Galasiërs noem wat by die Christen aanwesig moet wees (Gal. 5 : 22).
BRAM FISCHER... (2)
...KOMMUNIS, ATEÏS, OPPORTUNIS, BOMPLANTER EN VOLKSVERRAAIER
Lees reeks by BRAM FISCHER...
"Piet Beyleveld — een van die baie min Afrikaners benewens Fischer wat 'n Kommunis geword het — was 'n baie senior en gesiene lid van die SAKP. Hy het so ver gevorder in die Kommunistiese hiërargie dat hy op 26 Junie 1955 tydens die "Congress of the People" deur die aanwesiges gekies is en daarna opgetree het as voorsitter van die byeenkoms wat op Kliptown die veelbesproke "Freedom Charter" aanvaar het. Dit was dus haas ondenkbaar — veral vir sy ou vriend Fischer — dat hy sy lojaliteite oorboord sou gooi en teen sy oudkamerade sou getuig. Tog het dit gebeur — sommiges meen as gevolg van sy aanhouding ingevolge die 90 dae- klousule; die polisie weer het beweer dat hy dit vrywillig gedoen het nadat hy besef het dat hy vasgetrek is."
"Dit kan net wees dat John Vorster, deur die toekenning van die paspoort, dit opsetlik vir Fischer moontlik gemaak het om ook die hasepad te kies... 'n Mens sluk swaar aan die bewering dat die veiligheidspolisie 'n paspoort vir Fischer aanbeveel het net om hom in Londen te laat dophou."
Verdere blootlegging van ondermynende bedrywighede
Tydens die Rivonia-verhoor en die polisieondersoek wat dit voorafgegaan het, is 'n menigte aanknopingspunte gevind wat gelei het tot die verdere blootlegging van ondermynende bedrywighede in Suid-Afrika.