Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Een van die grootste vergoedings van vergifnis is jou warm hart en jou pyn wat daardeur weggeneem word.
HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD (15)
Lees reeks by Herinneringe aan dr HF Verwoerd
OP 'N PERSOONLIKE NOOT
Mimi Coertse
Mimi Coertse is Suid-Afrika se beroemdste sangeres. Sy het in 1954 aan die Akademie vir Kuns en Wetenskap in Wenen, Oostenryk, studeer en daarna haar sangloopbaan begin as die jongste vaste lid van die Weense Staatsopera. In 1966 ontvang sy die eretitel Kammersangerin van die Oostenrykse president en in 1996 die hoogste toekenning wat 'n kunstenaar in Oostenryk kan kry, die Goue Erekruis vir Verdienste. Nadat sy twintig jaar aan die Weense Staatsopera verbonde was en slegs met tussenposes in Suid-Afrika kon vertoef, keer sy in 1973 permanent terug.
Sy is hier bekroon met 'n Erepenning van die SA Akademie vir Wetenskap en Kuns (1961), die Dekorasie vir Voortreflike Diens (1 985), die Prestige- prys van die FAK (1996) en 'n eredoktorsgraad van UP (1998). Sy het ook van 1985 tot 1993 op die Adviesraad van die SAUK gedien. Met die instelling van die Mimi Coertse-beursskema in 1958 het sy talle belowende jong sangers gehelp om in die buiteland verderte studeer.
Mimi aan die woord:
CHRISTELIKE EENHEID...
...en die Belhar-belydenis
Ds Andrè van den Berg
"Geen mens hoef sy eenselwigheid of staatkundige vryheid op die vreemde altaar van ʼn reënboognasie te offer om ʼn gelowige te wees nie. Jy hoef nie op te hou om ʼn Blanke, Kleurling, Indiër of Swarte te wees om ʼn gelowige te wees nie. Ja, jy hoef nie die heining af te breek ten einde vir jou bure lief te wees nie."
“Daar is nie meer Jood of Griek nie, daar is nie meer slaaf of vryman nie, daar is nie meer man en vrou nie; want julle is almal een in Christus Jesus” - Gal.3:28
Omdat talle kerke van Gereformeerde belydenis nie aan die suigkrag van vrysinnigheid kon ontsnap nie, verskil hulle vandag van die AP Kerk wat die oorspronklike Gereformeerde leer verkondig. Een van hierdie verskille is die leer oor die Christelike eenheid. Die Bybel leer ʼn Christelike eenheid sowel as ʼn Christelike verskeidenheid. Die een is nie belangriker as die ander nie.
Vrysinnige Gereformeerde teoloë verskil hiervan. Hulle beskou die Christelike eenheid belangriker en streef daarna om dit sigbaar te maak. Almal moet onder een dak ingebondel word; presies wat die Belhar-belydenis eis: strukturele kerkeenheid.
MALEMA NOU WETMAKER VAN SA
Mediaverklaring
HERSTIGTE NASIONALE PARTY
Besef Afrikaners wat besig is om met die Afrikanervolk te gebeur in die sogenaamde “democracy” in Suid-Afrika?
Die foto hierbo is geneem toe dié drie lede van Julius Malema se EFF in die ANC-parlement ingehuldig is as parlementslede, m.a.w wetmakers van Suid-Afrika. Die twee rewolusionêre leiers, Malema en Shivambo, is saam met ’n werklose vrou uit ’n plakkerskamp by Marikana as parlementslede ingehuldig.
Behalwe vir die EFF se minagtende optrede in die parlement, is dié mense nou die wetmakers van ons land. Hulle gaan beslis oor die dag tot dag bestaan van die Afrikanervolk en die toekoms van die Afrikanerkind.
Die HNP stel dit baie duidelik dat dit onaanvaarbaar is. Daarom het die HNP nie aan dié geklike bestel op 7 Mei deelgeneem nie.
Die Afrikanervolk moet onder die hiel van die kommunistiese ANC en EFF uitkom. Ons moet ons volk se vryheid herstel waar ons mense met die nodige intellek oor ons mense kan regeer. Daarvoor beywer die HNP as ’n vryheidsbeweging vir die Afrikanervolk hom en tot hierdie vryheidstryd word elke Afrikaner opgeroep.
ONS PAD MET GOD
Hy wys ons Hy het geklop op 'n dag;
vir jare hou Hy aan, dag en nag;
Ons Meester so geduldig bly Hy wag en staan
om by ons hart se deur in te kan gaan.
Ons het Hom beskuldig en blameer
dat Hy nie wou help en dit keer
wat alles verkeerd in ons lewe gebeur;
geglo Hy het dit alles goedgekeur.
Dis ook waar, maar Hy het geweet
ons was vir baie nog nie gereed;
baie trane moes loop en ons moes verdrukking ly
dat die Pottebakker ons lewensklei gereed kon kry.
Want as ons klei sag is kan Hy
dit met sy Hande brei en ons anders kry;
is ons soos klip, graniet en rots
móét sy hamer en beitel mos met ons bots!
VREEMDE KERSE, VREEMDE KOERSE
Ds Andrè van den Berg
Protestante het vir baie eeue lank geen gemene sake met die Roomse Kerk (RK) gehad nie. Nie vandag meer nie! Berigte van Protestantse kerke wat toenemend van Roomse tradisies en simbole gebruik maak om kwansuis nuwe inhoud aan hul geloofslewe te gee, is verontrustend!
Die Hervorming (16de eeu) het die RK in haar fondamente geskud waarna sy gesweer het dat alle afvalliges (Protestante) eendag na haar toe sal terugkruip. Dis besig om voor ons oë te gebeur! Roomse simbole en rituele steek oral in Protestantse kerke kop uit.
Kerke wat aanvanklik teen die Roomse gevaar gewaarsku het, swyg vandag in alle tale. Sommige maak selfs van Roomse seremonies en rituele gebruik om hul eredienste mee op te kikker en noem dit liturgiese vernuwing – kwansuis ‘n verruiming van die Gereformeerde liturgie om die geloof te verdiep.
Die viering van Roomse heilige dae, liturgiese danse, kruissimbole en die aansteek van kerse by spesiale geleenthede soos ’n huwelik, voorstelling van nuwe lidmate en die doop vind al hoe meer byval in Protestantse kerke, om nie eens van die kindernagmaal in die NG Kerk te praat wat onverbloemd Rooms is nie.
BRIEWE AAN CHARLES (13)
Gerhard Viviers
Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard
"Wat bekend staan as Nic Swanepoel ...”
Beste Charles,
Ek weet dat jy min mense van die Afrikaanse Diens van die SAUK werklik goed geken het. Die meeste was vir jou net name. Tog wil ek jou vertel van een van die grootste karakters wat ek by die eens trotse en welvarende instansie waarvoor jy ook gewerk het, ontmoet en leer ken het. Ons twee het buiten ons belangstelling in sport ook baie gepraat oor Shakespeare en Robert Burns vir wie se werke hy 'n groot voorliefde het. Nic Swanepoel is ’n man vir die woord en het die stem om dit oor te dra. Vir diéboerseun is Burns se digkuns, soos hyself sê, “afgryslik" mooi. Dit is mos ’n treffende beskrywing van die werke van die man wat onder andere gesorg het vir die woorde van Auld iang syne, of hoe?
Nic nader nou ook al die sestig.
KINDERS IN DIE BYBEL (16)
JESUS
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
DAAR in Nasaret het Hy opgegroei saam met sy broers en susters. Sy broers se name was Jakobus, Joses, Judas en Simon (Markus 6:3). Hy het ook susters gehad maar hulle name ken ons nie.
Toe Jesus ses jaar oud was, is Hy volgens die gewoonte van daardie tyd seker ook na die skool gestuur. Hierdie skool was eintlik ’n soort van 'n "kerkskool” omdat dit baie nou verbonde was aan die sinagoge.
In die meeste van die Joodse skole van daardie tyd was die koster van die sinagoge die onderwyser. Hy het plat op die vloer gesit en die kinders het in ’n kring rondom hom gesit. Sodra ’n kind in die skool gekom het, moes hy eers die letters van die Hebreeuse alfabet leer om sodoende te kon leer lees. Wanneer hulle dit geken het, het hulle begin om die Ou Testament te bestudeer.
HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD (14)
Lees reeks by Herinneringe aan dr HF Verwoerd
Buite die veiligheidsterrein in die jare sestig
Ná Republiekwording en Suid-Afrika se uittrede uit die Statebond in 1961 het die Nasionale Party fenomenale groei beleef en was daar 'n ongekende versnelling van die proses van samesnoering van Afrikaans- en Engelssprekende mense in Suid-Afrika onder Verwoerd as eerste minister, ondanks die aanslae op veiligheidsgebied.
Op 18 Oktober 1961 het Verwoerd dan ook aangekondig dat twee Engelssprekende lede van die parlement, A.E. Trollip en Frank Waring, in sy kabinet opgeneem word. Dit was die begin van die proses van vereniging van die twee hooftaalgroepe (Afrikaans en Engels) in die land — 'n proses wat met verloop van tyd al hoe vinniger verloop het.
DIE TWEE WEË
Hannes Ollewagen
Psalm 1:1-6
Vers 1: "WELGELUKSALIG is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie;”
Dit is interessant om die (inverse) progressie te sien in hierdie gedeelte wat vir ons mooi illustreer hoe stelselmatig Satan ons dan ook verlei en uitlok om die sonde in ons lewens in te voer. Eers wandel jy in die raad van die goddelose, m.a.w. jy luister na die menings van mense wat nie vir God ken nie. Dit gee aanleiding daartoe dat jy dit begin oordink (i.p.v. die wet van God, soos ons sien in vers 2) en dit verwek twyfel in jou lewe oor wat reg en wat verkeerd is, terwyl God se Woord die enigste ware maatstaf van reg en verkeerd in enige Godsvresende mens se lewe behoort te wees.
KINDERS IN DIE BYBEL (15)
DANIËL
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
HY was nog baie jonk toe hy na Babel weggevoer is, seker nie baie ouer as so ongeveer tien tot twaalf jaar nie. Wat daar alles in sy hart omgegaan het toe hulle die lang tog van Jerusalem na Babel aangepak het, weet ons nie. Ons weet nie eers wie sy ouers was nie.
Maar toe Daniël in Babel aankom, het hy dadelik probleme met sy godsdiens ondervind.
Want die Minister van Jeugsake in Babilon het van sy koning opdrag ontvang om te sorg dat die jong Joodse seuns heeltemal verbabiloniseerd moet word. Hulle moes soos die Babiloniërs begin dink en doen. Daarom moes hulle die God wat hulle aanbid het, vergeet en die afgode van Babel begin aanbid. Hulle moes die Babiloniese manier van lewe begin aanvaar en vergeet dat hulle Jode was.
Daniël moes ook skoolgaan.
WEES NIE SKAAM VIR JOU GELOOF
Ds AE van den Berg
“....maar ek skaam my nie, want ek weet in wie ek geglo het....” 2Tim.1:12
Ons leef in baie onsekere tye. Daar is min dinge waarvan ons werklik seker kan wees, veral die toekoms. Wat gaan van ons land en volk word? Gaan daar vir my en my kinders/kleinkinders ʼn beter toekomsbedeling aanbreek? Die radio, TV en koerante is vol onheilsberigte - moord, verkragting, stakings, skakings, roof, geweld ens. alles onder die dekmantel van reg en geregtigheid vir almal!
Die Boerevolk bevind hom in die stroomversnelling van onsekerheid. En as ons lewensboot nie ankerplek vind nie, is dit Ikabod met ons. Die enigste ware anker in sulke tye is die vaste geloof in Jesus Christus. Ongelowiges sê: “Ons weet nie!” - gelowiges sê: “Ons weet verseker!”
BRIEWE AAN CHARLES (12)
Gerhard Viviers
Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard
My beste Springbokspan
Beste Charles,
Jy het nooit aan ons tydverdryfspeletjies deelgeneem nie. Dit was so anders as die aande wat ons die ene konsentrasie saam met jou om die brugtafel gesit het. Daar is in my kamer bymekaar gekom vir die speletjies. Altyd so ’n stuk of vyf van ons wat ’n wye verskeidenheid onderwerpe en mense bespreek het of Springbokspanne gekies het.
'n Baie gewilde onderwerp was om te praat oor mense wat jou keelvol maak en waarom. Die deelnemers het elkeen ’n spreekbeurt gekry en jy sal jou verbaas watter name hier genoem is. Ongelukkig sal dit laster wees om dit te herhaal, al kan daar bewys word dat negentig persent plus van wat daar beweer is, die waarheid was.
Dit was lekker om die swakste Springbokspan van alle tye te kies. Die eenstemmigheid wat bereik is, was nogal ’n openbaring. Oor dié saak wil ek nie uitpraat nie want die meeste spelers leef nog. Ek wil liewer graag my beste Springbokspan kies.
HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD (13)
Lees reeks by Herinneringe aan dr HF Verwoerd
SAAM OP DIE LANG PAD
Fred Barnard
"Met my diensaanvaarding as privaat-sekretaris in 1952, is daar baie duidelik deur die Minister aan my uitgespel dat sy private uitgawes alles op sy private rekening geplaas moes word en nie op die staat se rekening nie. Wanneer fondse benodig word, sou die Minister dit uit sy eie sak voorsien." – 'n les vir regerings van vandag...
Mnr. J.F. Barnard was vir dertien jaar, van 1952 tot 1965, privaat sekretaris van dr. Verwoerd. Hierdie tydperk het hy ter boek gestaaf en kan gelees word by 13 Jaar in die skadu van dr HF Verwoerd . Daarna was hy nege jaar lank ondersekretaris (Industriële Afdeling) van die Departement Beplanning. Hy het later as nywerheidskonsultant en eiendomsontwikkelaar opgetree. Sedert 1976 het hy sakeondernemings in Nelspruit bedryf en woon tans in Pretoria.
Ek het dramatiese tye saam met dr. Verwoerd beleef; naamlik die eerste aanslag op sy lewe en die Statebondskonferensie van 1961, maar wanneer ek vandag - na vyf en dertig jaar - terugdink aan daardie dertien onvergeetlike jare wat dit my voorreg was om hom as privaat sekretaris te dien, is dit veral die klein dingetjies wat vir my bo alles uittroon.
BRIEWE AAN CHARLES (11)
Gerhard Viviers
Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard
Die 1971-toer deur Australië
Beste Charles,
Ek wil nog vertel van die toer na Australië. Met ons aankoms in Perth vroegmôre, nadat baie ure met die tydsverskil êrens verlore geraak het, was ons almal baie moeg. Die oormaat wyn wat ons op die lang vlug geniet het, het sekerlik bygedra tot ons moegheid en ek was nie baie lus vir probleme nie.
In die ontvangsaal op die lughawe het 'n klomp manne met lang hare gestaan. Ek het weer beelde van ons aankoms in Engeland die vorige seisoen gesien. Oom Flappie Lochner, die bestuurder van die span, en Hannes Marais het nog mooi gepraat toe staan ek al voor die manne en wou net skoorsoek toe hulle bladsteek met die woorde: “Welcome to Australia." Dit was rugbymanne en hier het ek besef dat hare nie die man maak nie. Agter my het ek die lag van twee Springbokke saam met wie ek in Engeland was, gehoor: die giggel van Hannes Marais en die skaterlag van Frik du Preez.
AS 'N ENGEL VERVEER (15) (SLOT)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by As 'n engel verveer
DAWID SE LAASTE DAE
"Ek is bekommerd oor ons heer se gesondheid. Hy gaan merkbaar agteruit" sê Ammisaddai, die dokter wat na Dawid omsien.
"Ek is net so bekommerd. Hy is nie meer wat hy was nie. 'n Mens kan sien dat die ouderdom hom inhaal" stem Helon met die ou geneesheer saam.
"Toe hy vyf jaar gelede Jerusalem ná die beëindiging van die opstand binnegery het, was hy nog regop en vier. Kyk hom nou!" sê Ammisaddai en sug hoorbaar.
"Sal ek dit ooit vergeet!" beaam Helon.
"Hy kla gedurig dat sy voete koud bly. My geneesmiddels help nie meer nie" sê Ammisaddai mismoedig.
"Ek bid dat die Here hom nie van ons wegneem nie. Israel het hom nog so nodig" sê Helon bewoë.
"Ja, ek kan Israel nie sonder hom indink nie. Dawid is Israel en Israel is Dawid" sê Ammisaddai gedemp.
"Miskien moet ek 'n verpleegster kry om hom te versorg en ons op hoogte van sake hou" stel Helon voor.
KINDERS IN DIE BYBEL (14)
JOAS
Ds. Tjaart Kruger
Lees reeks by Kinders in die Bybel
JOAS het eintlik as ’n weeskind opgegroei. Sy vader Ahasia, koning van Juda, was ’n goddelose mens maar Joas was nog baie jonk toe hy gesterf het en daarom kon hy nie sy verderwende invloed ondervind nie. Toe sy vader sterf, het sy ouma, Atalia, besluit om die regeermag oor te neem. Om dit te kon doen, moes sy eers al haar kleinkinders doodmaak. Sy was ’n wrede ouma. Lees maar die geskiedenis in II Kronieke 22-24.
Maar die Here beskik dit so dat Joas gespaar bly omdat sy tante Josabat, hom geneem en weggesteek het. Dit klink nogal baie na die geskiedenis van Moses. Hierdie tante van hom was die vrou van die priester Jojada.
Hoewel Joas nie ’n moeder gehad het wat hom kon grootmaak nie, moes hy in die huis van sy oom en tante ’n goeie opvoeding kry.
KOM NA HOM TOE
Hannes Ollewagen
Matt. 11:25-30
Vers 30: “…want my juk is sag en my las is lig.”
In ‘n wêreld waarin dit soms moeilik voel om reg te doen, klink bogenoemde versie nie heeltemal van toepassing in die tydsbestek waarin ons leef nie. Wanneer ons heeltyd mense probeer behaag, sal dit nie vir ons na die waarheid voel nie. Wanneer ek egter aan God gehoorsaam is omdat ek Hom liefhet en te behaag, ongeag mense se reaksie en opinie, verander die situasie handomkeer.
In vers 25 praat Jesus eintlik namens elkeen van ons wat die Evangelie ontvang het. Ons moet saam met Christus vir God dank dat Hy die Evangelie aan ons, eenvoudige mense, gegee het. Hy het dit gedoen nie omdat daar enige verdienste van ons kant af is nie, maar bloot omdat dit sy welbehae was. Hoe maklik kon ek nie ingesluit gewees het by die groep mense vir wie hierdie dinge verborge is nie?
HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD (12)
Lees reeks by Herinneringe aan dr HF Verwoerd
'N TERUGBLIK OP DR. VERWOERD
" 'Dr. Verwoerd het eerlikwaar gevrees dat die witman swartes sou uitbuit in gebiede soos Transkei... Dr. Verwoerd het absoluut nee gesê vir deelname...' (In die vorige aflewering is dr Verwoerd se redes hiervoor so verwoord: 'Ek het dit nie soseer teen Rupert se planne nie, maar as ek die Rembrandtgroep daar toelaat, watter morele reg het ek om ander soos Anglo American daar uit te hou? Veral die mynbougroepe het nie sulke edele motiewe nie en sal die tuislande se bates stroop. Dit kan baie maklik in neokolonialisme ontaard.' (Dr Verwoerd het geweet dat die geldmagbase niemand sou ontsien om hulself verder te verryk nie.)"
Prof. W.A. Kleynhans het bekendheid verwerf as politieke wetenskaplike. Hy was van 1950 tot 1986 by die Universiteit van Suid-Afrika dosent in staatsleer en publieke administrasie met besondere aandag aan politieke dinamika (politieke partye, algemene- en tussenverkiesings, verkiesingsuitslae en politieke gedrag). Tussen 1940 en 1955 was hy ook 'n aktiewe ingeskrewe lid van die Nasionale Party (NP) en bestuurslid van die Transvaalse Nasionale Party se jeugbeweging, die Nasionale Jeugbond (NJB) waar hy met baie van die NP se leiersfigure in aanraking gekom het.
Prof Kleynhans vertel:
AS 'N ENGEL VERVEER (14)
Ds AE van den Berg
Lees reeks by As 'n engel verveer
BURGEROORLOG
Dawid was vir Batseba baie lief, so ook die vrug van haar skoot. Hierop was sy ander seuns baie jaloers en het geen geleentheid laat verbygaan om die klein Salomo af te knou nie. Dan het hy na sy pa gehardloop wat hom op sy skoot getel en liefderyk vertroos het.
Soos Salomo groter geword het, het die band tussen hom en sy vader al hegter geword. Hy het van jongs af in regspleging en landsake belanggestel en geniet om met buitelanders te gesels. Hulle kon oor die jong seun se sprankelende persoonlikheid en buitengewone intellek nie uitgepraat raak nie. Salomo het geen gelyke gehad nie.
Van die onderdane het later begin bespiegel dat Salomo sy vader as koning van Israel sou opvolg. Ander het dit weer as wensdenkery afgemaak en geglo dat dié eer Absalom, die oudste seun, sou toekom.
BRIEWE AAN CHARLES (10)
Gerhard Viviers
Lees reeks by Beste Charles... Van Gerhard
Dis nie krieket nie!
"Die kleedkamerbesoeke was vir my 'n wonderlike ondervinding. Peter en ek het groot vriende geword en dit was ook hy wat aan my die bynaam 'Spiekeries' gegee het. Ek is op heel sonderlinge wyse deur hom so gedoop. Wanneer ek begroet is met hulle bekende 'How are you?' het ek altyd geantwoord: 'Spiekeries, thank you. ' Op die derde dag van die toer het ons mekaar in die gang raakgeloop. Na die groetery vra hy so ewe vir my: 'What’s this SPEAK ENGLISH?' Ek beduie ek sê 'SPIEKERIES'. 'Now what the hell does that mean?' wou hy weet. "
Beste Charles,
Jy was ook maar soms ’n baie moedswillige ou duiwel, Charles. Ek het so lekker na jou geluister toe jy in die 63/64-seisoen die skittervertoning van Trevor Goddard se span in Australie beskryf het. Ek het die indruk gekry dat jy soms die ding ’n bietjie oordryf. Maar op die 2de Oktober 1964 het ek met my eie oe op die Wanderers in Johannesburg gesien hoekom jy so in vervoering oor die span geraak het.
Eers oor jou moedswilligheid. Die Afrikaanse Diens van Radio Suid-Afrika het nie ’n kommentator in Australië gehad nie.