Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
"Kyk, wat ek as 'n goeie ding gesien het, wat voortreflik is, is dat iemand eet en drink en die goeie geniet vir al sy arbeid waarmee hy hom vermoei onder die son gedurende die getal van sy lewensdae wat God hom gee; want dit is sy deel." - Pred. 5:17
DE KLERK SE WAARBORG VAN EIENDOMSREG IN DIE DREIN!
Pieter van der Spuy
Die konstitusionele hof het in April 2013 by monde van hoofregter Mogoeng in ’n meerderheidsuitspraak beslis dat die ontneming van bestaande mineraalregte deur die MPRDA glo nie neerkom op onteiening nie, alhoewel die houer van die mineraalreg sy reg verloor en die staat alleen mag besluit wie die mynregte sal kry. Nogtans is die ontneemde nie geregtig op enige vergoeding nie, want volgens Mogoeng is dit nie onteiening nie!
Die Mineral and Petroleum Resources Development Act (MPRDA) het in 2004 in werking getree. Die effek daarvan was dat die bestaande houers van mineraalregte van hulle regte ontneem is.
Volgens die Grondwet hoef vergoeding nie vir ‘n ontneming van eiendom betaal te word nie as dit nie juridies as ‘n onteiening (wat nie in die Grondwet omskryf word nie) kwalifiseer nie.
EINDE VAN PRIVATE EIENDOMSREG
Die Afrikaner
Gevaarligte oor privaatbesit in Suid-Afrika
Geen vergoeding vir onteiening
Wetgewing wat gevaartekens uitstuur omtrent privaat eiendomsreg in Suid-Afrika dien tans op die ANC-regime se parlementêre agenda en wek plaaslik en oorsee groot kommer.
Buitelandse diplomate asook oorsese sakeorganisasies het na ’n aanvanklike swye hul kommer uitgespreek oor die wysigings aan die Wet oor die Regulering van die Privaatsekuriteitsbedryf, die wysigings aan die Wet op Mineraal- en Petroleumbronontwikkeling en die nuwe Wet op Intellektuele Eiendom.
Verskeie lande is trouens al in kennis gestel dat die Wetsontwerp op die Bevordering en Beskerming van Beleggings bestaande ooreenkomste gaan vervang en Suid-Afrika het begin om van die ooreenkomste te kanselleer.
'N NUWE TREK: TERUG NA GOD
BESTEL DIREK BY OUTEUR VIR SLEGS R60:
Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte
J L du Toit & dr L du Toit
('n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 'n Nuwe Trek (Exclusive Books) Prys: ZAR180
Gustav Preller (1938b) verduidelik dat die Gelofte by die Slag van Bloedrivier na ons afgekom het in die vorm van drie oorkondes. Hierdie drie oorkondes is in die twintigste eeu saamgevoeg tot die gangbare weergawe algemeen in gebruik by herdenkingsfeeste:
Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD
Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is by http://tinyurl.com/lx9vrs8
... en loot.co.za dit verkoop teen R169 http://tinyurl.com/l26h6jl
... kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.
NIKS IS NUUT NIE... (2)
Dries Bergman
Lees reeks by Niks is nuut nie
DIE SWART GEVAAR
Toe blankes hulle in die binneland vestig, het 'n nuwe gevaar sy kop uitgesteek - die Xhosas. Hierdie oorlogsugtige nasie was wreed en het alles wat hy wou hê, met mag en geweld geneem. Toe hulle die blanke baanbrekers se veestapels begin roof het, het dit noodwendig ‘n teenreaksie ontlok - weereens ‘n geval van rasseverhoudings wat deur diefstal belemmer is.
'n Britse besoeker aan hierdie gebied het die swart gevaar van destyds as volg beskryf:
"'n Inwoner van die Sneeuberge leef nie alleenlik in voortdurend vrees vir eiendomsverlies nie, maar ook vir lewensverlies. Al beweeg hy slegs 500 meter van sy huis af, moet hy altyd sy geweer saamvat.. Hy kan nie ongewapend ploeg, plant of oes nie. Hy kan nie eens waag om sonder 'n geweer in die hand groente in sy eie tuin te oes nie. Om in so 'n gedurige vrees en onsekerheid te leef, moet 'n persoon of sedert sy geboorte daaraan gewoond wees of andersins geen beter manier van lewe ken nie" (Vry vertaal uit John Barrow, 1806, p.203).
In 1779 het die roofsugtige Xhosas deur die Visrivier getrek en die Suurveld, waar ‘n hele aantal blanke gesinne gewoon het, binnegeval. Die meeste blankes moes vir hulle lewe vlug waarna ‘n burgerkommando onder aanvoering van die dapper kommandant Adriaan van Jaarsveld hulle te hulp gesnel het.
NIKS IS NUUT NIE... (1)
Dries Bergman
Lees reeks by Niks is nuut nie
DIE EERSTE RASSEBOTSINGS
"Hierdie patroon herhaal hom nog steeds. Duisende Boere het al hul lewens tydens rooftogte verloor. Die meeste daarvan het na die ontbanning van die ANC in Februarie 1990 plaasgevind."
Die eerste rassebotsing in Suid-Afrika het pas na die volksplanting in 1652 plaasgevind toe swartes blankes van hul besittings begin beroof het. Dit was die begin van ‘n patroon wat toekomstige goeie rasseverhoudinge sou kelder. Waar die koloniste vandaan gekom het, was diefstal feitlik onbekend. Aan die suidpunt van Afrika moes hulle tot hulle skade ontdek dat die plaaslike bevolking 'n ingeburgerde roof-kultuur gehad het en dat hulle hul eiendom nooit veilig was nie. Roof sou voortaan die motief vir die meeste rassebotsings wees.
U IS DIE MAN!
Hannes Ollewagen
2 Sam. 12:1-31
Vers 5: “En Dawid het baie kwaad geword vir die man en aan Natan gesê: So waar as die Here leef, die man wat dit gedoen het, moet sterwe!”
Vers 7: “Toe sê Natan vir Dawid: U is die man! So sê die Here, die God van Israel: Ék het jou as koning gesalf oor Israel, en Ék het jou gered uit die hand van Saul;”
Ons leer twee uiters belangrike lesse uit hierdie gedeelte – dat ons stadig moet wees om ons medemens te oordeel tewyl ons self nie sonder sonde is nie en ook dat God ongeregtigheid nie ongesiens laat verbygaan nie, dit maak nie saak wie jy is nie!
AFRIKA SE WIT REUS (19)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989..
Die Rol van die Kerke
"Nooit word die kwade deur mense met minder bekommernis en meer deeglikheid gedoen nie as wanneer dit uit godsdienstige oortuiging gebeur." - B. Pascal (1623—1662), Franse teoloog en filosoof
"Deur veral linkse predikante te beroep, slaag hulle daarin om die Christelike boodskap te verwater en "nuut" uit te lê. Die beklemtoning word verskuif van die vertikale (op-God-gerigte) vlak na die horisontale (medemenslik-humanistiese) vlak."
Vandat die lluminaat, Mordechai Marx Levy, alias Karl Marx, in opdrag en met finansiële hulp van die huis Rothschild met sy boeke "Das Kapital" en "Kommunistisches Manifest" van die sosialisme 'n ideologie gemaak het, het veral die Christelike godsdiens onder die aanvalle geraak van diaboliese magte wat probeer om dit te vernietig.
Getrou aan die aanwysings van Weishaupt het die aanhangers van Karl Marx, en ná hom, van Lenin, die plan toegepas om die wêreldgodsdienste so brutaal te beveg dat hulle volkome uit die harsings van die mense sou verdwyn. Dit was makliker gesê as gedoen. Die gelowiges, veral die Christene, het bewys dat hulle 'n groter hindernis was op pad na 'n ateïstiese wêreldrewolusie as wat Marx en Lenin ooit kon droom.
WAT SÊ DIE BYBEL VAN GEWELD
Ds AE van den Berg
Gen.4:1-17
Vrede is die eerste slagoffer van geweld:
Geseënd is elkeen wat sy lewe aan vredemaak toewy want dis ʼn uitdaging!
" In Gen.9 lê God ʼn beginsel rakende die morele vergryp van geweld neer: 'Hy wat die bloed van ʼn mens vergiet, sy bloed sal deur die mens vergiet word; want God het die mens na sy beeld gemaak' (Gen.9:6) ... In ʼn geweldsituasie is daar geen wenners nie, maar slegs verloorders. Abel het iewers in die veld dood gelê. Kain het presies geweet waar want hy het die daad gepleeg. 'Toe sê die Here vir Kain: Waar is jou broer Abel? En hy antwoord: Ek weet nie. Is ek my broer se wagter?' (Gen.4:9). Dis ʼn vraag wat ons onsself moet afvra – is ek my broer se wagter?"
Suid-Afrika is een van die gewelddadigste lande ter wêreld met meer as 40 moorde (2013) per dag. Die plaaslike misdaadvlak word in sommige internasionale kringe selfs as die ergste benewens ʼn oorlogsgebied beskou! Ons is ongelukkig deel van ʼn vasteland wat vir sy geweld en onbevoegde regerings wat teen eens beskaafde gemeenskappe ʼn skrikbewind voer, berug is.
Suid-Afrika is die skouspel van ʼn eksperiment wat baie lelik skeefgeloop het toe ʼn verkose heidenregering met die ondersteuning van etlike ontspoorde kerke die Christelike grondwet met ʼn wêreldse grondwet vervang het.
AFRIKA SE WIT REUS (18)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989..
Die Rol van die "Bevrydingsbewegings" (vervolg)
" Die wêreld moet verontwaardig raak - nie oor die Swart geweldenaars in die Swart gebiede nie! Nee, die woede moes die regering van Suid-Afrika tref. Onder die gesamentlike bestorming van binne en van buite, so hoop die samesweerders, sal die sisteem op die ou end verkrummel sodat 'uit die as van Pretoria 'n nuwe Jerusalem', 'n sosialistiese Suid-Afrika mag verrys, soos dr. Boesak in sy toespraak op die 'Kerkdag' van Frankfurt vroom van die Hemel afgesmeek het."
In die tydskrif "The African Communist" Nr. 87, 4de kwartaal 1981, skryf Sol Dubula waarom die ANC en nie die SAKP nie die leiersrol van die bevrydingsalliansie in die eerste fase van die rewolusie oorgeneem het: "Indien die regte leiding van die demokratiese rewolusie dit vereis dat die nasionale beweging (die ANC) as vernaamste massa-organisasie versterk moet word, dan is dit presies die weg wat gevolg moet word volgens die beleid van die (Kommunistiese) Party in sy rol as leier en voorhoede."
Hiermee erken die Kommunistiese Party openlik dat die leiding binne die ANC in hulle hande is. Die ANC is geen werklike bevrydingsbeweging vir wie die welsyn van die Swartes na aan die hart lê nie: dit word duidelik wanneer 'n mens die wapens van hulle "bevrydingstryd" en hulle verklarings noukeurig ondersoek.
Die uitrusting van die ANC bestaan o.a. uit landmyne, kleefmyne, springstofbomme, handgranate en AK-47-gewere. By hierdie soort van oorlogvoering, waar daar myne en motorbomme gebruik word, kan die slagoffers nie uitgesoek word nie. Onskuldige burgerlike persone, en wel veral Swart voetgangers, is grotendeels die slagoffers.
DIE ONVERSKILLIGE STAD
’n Satire
Lees reeks by Trek laer, my volk!
Ds AE van den Berg
Daar was eenmaal 'n voorspoedige stad met baie hoë mure en min inwoners. Hulle hartstog vir die lewe het uit hul eiesoortigheid geblyk. Nie ver daarvandaan was daar egter 'n dorp met baie inwoners wat in vrees, vullis en ellende geleef en die slegte gewoonte gehad het om iets vir niks te verwag. Hulle wou oes sonder om te saai.
Die dorpenaars het egter die vermoë gehad om medelye af te dwing. Gevolglik het die stedelinge hulle jammer gekry en probeer help om hul lewensgehalte te verbeter. Dit was alles tevergeefs. Die dorpenaars het dit wat tot hul voordeel gestrek het, verwerp en booshede omhels.
Omdat die stedelinge hulle nie van ellende kon sien omkom nie, het hulle baie van hulle in diens geneem. Hulle is egter nie toegelaat om in die stad te woon nie, omdat hulle min en meestal geen agting vir die stad se waardes getoon het.
HERINNERINGE AAN DR HF VERWOERD (2)
Lees reeks by Herinneringe aan dr HF Verwoerd
SO ONTHOU EK MY BROER
In 1936 behaal Lucie, dr Verwoerd se enigste suster en later mev HJL Cloete, 'n M.A.-graad in Sosiologie aan die Universiteit van Stellenbosch. Sy word later 'n maatskaplike werkster in Kaapstad, toe Johannesburg en na haar man se dood weer in Bloemfontein.
Lucie vertel:
My broer Hendrik, of Henk soos hy kleintyd genoem is, was twaalf, Len veertien en ek vyf toe ons aan die einde van 1913 uit die Kaap na Bulawayo verhuis het. Pa het 'n paar maande vroeër vooruit gegaan. Na ten minste drie dae en nagte op die trein was ons kinders se vreugde groot toe ons Pa op die perron sien staan om ons te verwelkom. Van pure uitbundigheid het Hendrik van die trein afgespring nog voor dit tot stilstand gekom het, en Pa tegemoet gehardloop. Net daar kry hy toe 'n paar stywe klappe en verander die vreugde in trane, want Pa was ook maar pure senuwees na die lang wag.
IS CHRISTELIKE SKOLE WERKLIK NODIG ?
Hendrik Pretorius
Soveel keer hoor 'n mens iemand sê: “Maar ons skool open darem nog met Skriflesing en gebed.” Ongelukkig spreek die opmerking van soveel onkunde. Daar is 'n studie in die VSA gedoen waartydens bevind is dat soveel as 70% van kinders uit Christelike huise, by die tyd dat hul universiteit bereik, nie meer glo dat die Bybel die absolute waarheid is nie.
In ons eie land sien ons dit in die toenemende goddeloosheid asook die vele gemeentes wat aan die kwyn is. Vir te veel Christene van vandag is Sondag 'n dag waarop ons kerktoe gaan as daar tyd is, en ons nie iets anders in ons vol program het nie. Die res van die week, en Saterdag, is so gelaai dat Sondag 'n dag geword het waarin alles wat agterweë gebly het opgevang moet word. Huisgodsdiens en 'n lewe waarin die koninkryk van God eerste kom is maar net 'n onbereikbare doel daar iewers ver weg.
PASSIEWE CHRISTENSKAP?
Hannes Ollewagen
Judas 1:3-16
Een van die mooiste eienskappe wat ‘n mens kan besit, is om positief te wees. Dit is egter uiters belangrik om die verskil tussen positiwiteit en naïwiteit te onderskei. Om positief te wees, beteken om uitkoms te sien en hoop en geloof te behou in selfs die moeilikste omstandighede. Om naïef te wees daarteenoor, sal moontlik die rede wees waarom jy in ongemaklike situasies beland, want jy ontken die dreigende werklikheid daarvan. Hoewel jy gevaar sien naderkom, wil jy wegkruip sodat jy nie negatief hoef te voel nie en vermy jy doodeenvoudig die dreigende gevaar – wat nie gaan verdwyn bloot omdat jy jou oë daarvoor sluit nie.
Hierdie naïwiteit het veroorsaak dat soveel mense agter die verskoning wegkruip: “Alles is in God se Hande en dinge sal reg uitwerk.”
VEREISTES VIR CHRISTELIKE VOLKSLEIERSKAP
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Trek laer, my volk!
God is in volle beheer van die wêreld en almal wat dit bewoon: “Die aarde behoort aan die Here en die volheid daarvan, die wêreld en die wat daarin woon” (Ps.24:1). Gevolglik is niks vir Hom verborge nie: “Die HERE is in sy heilige paleis....sy oë sien, sy ooglede toets die mensekinders” (Ps.11:4).
Hy seën ‘n volk met goeie leiers en straf hulle met slegtes. Die Bybel bevat talle verhale van die Bondsvolk wat swaar onder slegte konings en voorspoedig onder goeies geleef het. Alhoewel hulle soms bitter swaar gekry het, het God hulle altyd in tye van nood verlos omdat sy genade altyd helderder as sy oordeel skitter.
Omdat alle mag in die hemel en op die aarde aan Hom behoort, is alle aardse gesag afgeleide gesag en is ‘n volksleier nie ‘n baas nie, maar ‘n dienaar van God: “Laat elke mens hom onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is, want daar is geen mag behalwe van God nie, en die wat daar is, is deur God ingestel” (Rom.13:1).
Ongelowiges kan nooit goeie volksleiers wees nie omdat dit wat vir die Evangelie skadelik is, ook vir ‘n volk skadelik is.
JOU HART SKRYF JOU VOLK SE TOEKOMS
Ds AE van den Berg
“...wil U dan hoor in die hemel en die sonde van u knegte en van u volk vergewe – want U leer hulle die goeie weg waarin hulle moet wandel...” 1 Kon.8:36
Baie mense bid, maar niks gebeur nie omdat hulle verkeerd bid. Egte gebed begin by dit wat in die hart aangaan en soos Dawid eerlik voor God te wees. “Deurgrond my, o God, en ken my hart; toets my en ken my gedagtes; en kyk of daar by my ʼn weg is van smart, en lei my op die ewige weg!” (Ps.139:23,24).
In die gelese gedeelte hoor ons Salomo met die inwyding van die tempel bid. En hy begin reg – by die kwellinge van sy hart. Hy verwys na onaangename dinge wat Israel hulself op die hals gehaal het omdat hulle van God afgedwaal en Hy hulle getug het. Salomo het geweet dat Israel se onreine harte ʼn groot rol in God se oordeel oor Israel gespeel het. Dit leer ons ʼn baie groot waarheid; jy kan nie vir die geestelike genesing van jou volk bid sonder dat jou eie hart genees is nie! Ons besef nie hoe die verdorwenheid van ons eie harte die toekoms van die Boerevolk raak nie!
God se oordeel oor volke en enkelinge is persoonlik van aard – Hy ondersoek harte: “Ek, die Here, deursoek die hart, toets die niere, om aan elkeen te gee na sy weë...” (Jer.17:10).
AFRIKA SE WIT REUS (17)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989..
Die Rol van die "Bevrydingsbewegings"
Cato Manor en Sharpville
"Soos in Kuba en Suid-Viëtnam was dit beplan dat sabotasie- en guerrilla-operasies die weg sou baan tot magsoorname deurdat die Blankes daardeur in angs en paniek gestort sou word en wantroue teenoor die regering sou ontstaan en die Swartes daarvan oortuig sou word dat sterk magte vir hulle bevryding werk."
"Ons, lede van die Kommunistiese Party, is die mees ontwikkelde rewolusionêres van die moderne geskiedenis ... Die vyand moet eers volkome verpletter en uitgeroei word van die aardbodem, voordat die Kommunistiese Wêreld verwerklik kan word." - Nelson Mandela, gevange eertydse leier van die African National Congress
Hoe meer die probleme in Suid-Afrika deur die media oordrewe uitgebasuin word, hoe luider word die stemme van diegene wat die regering in Pretoria versoek om saam met die "bevrydingsbewegings" aan die onderhandelingstafel te gaan sit. Alhoewel daar 'n hele aantal wettige opposisiegroepe in Suid-Afrika bestaan wat vir die regte van die Swartes langs vreedsame weg intree, is dit tog juis die militante "African National Congress" (ANC) wat as "die enigste regmatige verteenwoordiger van die Swart bevolking van Suid-Afrika" daargestel word.
Jare lank reeds word die ANC tot 'n "bevrydingsbeweging" opgegradeer wie se onselfsugtige doel dit kamma is om vrede en geregtigheid vir almal en 'n nuwe demokratiese sisteem in Suid-Afrika in te voer.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
BOET, JY GAAN SEERKRY!
Boy Louw was seker een van Suid-Afrika se roemrykste rugbyvoorspelers van alle tye. Hy was 'n harde, eerlike en onverskrokke speler. Sy forse gestalte en sy vreeslose benadering tot die spel het by menige teenstanders ontsag uitgelok... behalwe by 'n paar onnoseles wat gou hulle foute ontdek het!
Op 'n goeie dag speel Boy Louw in 'n plaaslike wedstryd. In die lynstaan het 'n belowende jong slot, ene Malherbe, Boy aanhoudend om die nek beetgekry en sy bene geskop, of hy nou die bal gehad het of nie. Boy het hom gewaarsku, dog sonder sukses.
Toe Boy se humer begin ontvlam, "vee" hy die spelers voor hom weg, gaan staan regoor Malherbe en beduie vir sy vleuel by 'n lynstaan hy moet die bal vir die jong skoorsoeker gooi. Toe hy die bal vang, was ou Boy op hom. Hy gryp hom agter die kraag, bring hom hardhandig aarde toe en vryf sy neus met geweld heen en weer in die grond.
En toe gryp hy hom aan sy kraag en sy broek en smyt hom soos 'n vrot vel heeltemal van die veld af, tot groot vermaak van die toeskouers natuurlik!
WERK, WERKLOOSHEID EN ARMOEDE
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Trek laer, my volk!
1. Geen ontwikkelende land nie
Regeringslui reken dat Suid-Afrika 'n ontwikkelende land is. Daar is ongelukkig geen noemenswaardige ontwikkeling te bespeur nie. Al wat duidelik waarneembaar is, is 'n ontstellende agteruitgang op elke lewensgebied. Die vernietiging van ons paaie, skole, ekonomie, lewenstandaarde, sedes, wet en orde is elke dag in die nuus.
Dit was nie nodig dat Suid-Afrika in die dryfsand van onbevoegdheid en wanadministrasie moes versink nie. Die ANC-regering het genoeg bevoegdes geêrf om die land doeltreffend te kon administreer as hulle wou. Rassehaat en onbeskaamde diskriminasie het dit egter gekelder. Toe die Bybelse meriete-benadering vir 'n skaamtelose velkleur-benadering moes plek maak, was die spreekwoordelike hond in die pot.
2. ‘n Sosio-ekonomiese moeras
As ‘n mens vandag na al die foute van die ANC-regime kyk, is dit moeilik is om te sê watter een die grootste is. Werkloosheid staan redelik bo aan die lys. Ons arbeidsterrein is besig om in 'n sosio-ekonomiese moeras te verander, want oral waar onbevoegdes aan die stuur van sake geplaas word, ly die ekonomie skade.
SLAWEVANGERS
Ds AE van den Berg
1. Vergoeding geëis
Op die 35ste herdenking van die Afrika-bevrydingsdag het die destydse PAC vise-president, Motsoko Pheko, daarop aangedring dat Afrika vergoeding vir slawerny, kolonialisme en apartheid moet begin eis. Hy het beweer dat dit wat die Weste aan Afrika skuld, baie meer is as wat Afrika aan hulle skuld.
In die VSA gaan daar toenemend stemme ten gunste van vergoeding aan Afrika op vir sg. onregte wat hulle in die verlede aangedoen is. Hierdie selfverklaarde veronregtes is sonder uitsondering almal swart terwyl blankes die skobbejakke is. Blankes word as die selfsugtige, ryk bevolkingsgroep voorgehou wat swartes doelbewus onderdruk en van voorregte ontneem het. Dis 'n growwe belediging vir blanke gewetens!
VERLORE, MAAR NIE VERGETE
Hannes Ollewagen
Lukas 15:11 – 32
Hoe dikwels sien ons nie in ons hedendaagse samelewing hierdie droewige verhaal in mense se lewens afspeel nie? Mense wat ‘n gesonde en gelukkige gesin en lewe lei en dan deur die misleiding van die wêreld in hul harte onvergenoegd raak en na ‘n “beter lewe” soek - een wat uiteindelik op ellende en hartseer uitloop?
Omdat die mens wysgemaak word dat hy sy eie lotsbepaler is en alles rondom hom draai en hy gelukkig moét wees, kies hy die pad van “vryheid” – daardie oorweldigende vryheid om homself te vernietig in ‘n lewe waarin hy nooit vrede het nie.