Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die Bybel skryf nie pynstillers vir lyding voor nie. Dit skryf slegs God voor; nie as ‘n pynstiller nie, maar as Iemand wat ons bystaan, ons hand neem en ons deur ons aardse beproewinge help.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
NUWE GENERASIE
Ons het verlede week 'n kragonderbreking gehad en my PC, TV en speletjies was alles af. Toe moes ek 'n paar uur lank met my gesin gesels. Hulle is regtig gawe mense.
AFRIKA SE WIT REUS (5)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989...
Die Skatkamer van die Wêreld
"Dit is ons mikpunt om die heerskappy oor die twee groot skatkamers te verkry, waarvan die Weste afhanklik is: die energiebronne van die Persiese Golf, en die mineraalskatte van Sentraal- en Suidelike Afrika". - Leonid Bresjnev, Sekretaris Generaal van die USSR (1971)
"Die vroeëre koloniale gebiede en feitlik alle lande van die Derde Wêreld is vandag de facto in besit van die internasionale superkapitaliste, wat aan hulle miljarde van waardelose papierdollars leen, terwyl die volk dit met die rykdom van hulle bodemskatte moet terugbetaal."
"Dr. Antony Sutton skryf in sy boek The War on Gold: "Die grondliggende oorsaak vir die aanval op Suid-Afrika het min te doen met hulle rassemaatreëls of dié oor binnelandse sake. Dit is bloot propaganda vir die stryd oor goud. Vir elkeen moet dit duidelik wees dat 'n Kissinger, wat onverskillig is oor vervolging van polities andersdenkendes in die Sowjetunie, skaars geraak sal word deur ontbrekende stemreg vir Swart Suid-Afrikaners 'n Sterk Blanke onafhanklike regering in Suid-Afrika wat beskik oor die grootste goudreserwes in die wêreld en naas die Sowjetunie die grootste reserwes van strategiese bodemrykdomme besit, het daardeur noodwendig 'n hoofhinderpaal vir die beplande wêrelddiktatuur geword. Met 'n korrupte Swart Kommunistiese regering daarteenoor sou dit 'n totaal ander saak wees. So 'n regering sou uit die sogenaamde bevrydingsbewegings aan die bewind kom en wel met behulp van Westerse regerings wat hulle in die kamp van die "een-wêreld-mense" bevind en so spoedig (veral vir verryking van die leiers) groot lenings aanneem en daarvoor die bodemskatte van Suid-Afrika aan die geld- magte van Wallstraat verpand."
"Geeneen van die vernaamste industrie-nasies buite die Oosblok besit enige eie chroomreserwes nie. Inderdaad is daar net twee lande, Suid-Afrika en Zimbabwe, waarin byna die hele chroomvoorraad te vinde is. In suidelike Afrika kry 'n mens dan ook 96% van die wêreldvoorkomste van chroomerts. Die belangrikheid van Suid- Afrikaanse minerale tree ook na vore met betrekking tot die metale van die platinagroep, waarvan 95% van die voorkomste in die nie-Kommunistiese wêreld op die subkontinent van suidelike Afrika te vinde is."
Soos die Tweede Vryheidsoorlog met die eeuwisseling, is die stryd oor Suid-Afrika vandag 'n stryd oor goud en ander bodemskatte van die Suid-Afrikaanse subkontinent.
EMILY HOBHOUSE... (8)
...heldin uit die Vreemde
Rykie van Heerden
Lees reeks by Emily Hobhouse
"Maar dit word gaandeweg duidelik dat die Britse regering haar nie weer naby ’n konsentrasiekamp wil hê nie. Die vroumens is dinamiet! ... Intussen, weet Emily, sterf die kinders: volgens Britse verslae het 576 kinders in Junie gesterf, 1,124 in Julie, 1,545 in Augustus."
Op die afgesonderde bo-dek vir die eersteklas-passasiers hou sir Alfred Milner hom eenkant. Sy Eksellensie het uitdruklik aan Ozzy Walrond opdrag gegee dat hy nie gepla wil word deur enige opdringerige dames nie. Maar vir Emily kom groet hy tog, en reguit woorde wissel hierdie twee met mekaar, terwyl hulle oor die bootreling leun.
Emily moet van Milner hoor dat hy sestig aanklagte teen haar ontvang het. Sy stook onrus in die kampe, sy praat politiek met die vrouens, sy verbroeder met die vyand, ry die oorlogspoging in die wiele.
Emily staan verslae. Sy het aangeneem dat Milner haar vertrou, nou moet sy hoor dat sy soos ’n verdagte spioen dopgehou is.
WÁT, NADAT JY STERF? (1)
Lees reeks by WÁT, NADAT JY STERF?
Weet jy wat ná jou dood gebeur? Is die dood vir jou die einde van jou lewe; of die begin van 'n nuwe?
In hierdie reeks getuig dr Maurice Rawlings, M.D., 'n Amerikaanse kardioloog wie se werk dit is om mense uit die dood te probeer terugbring, van ervaringe waartydens hy resussitasie (dit is die proses van 'terugbring' wanneer die hart ophou klop het) op pasiënte toegepas het.
As kardioloog wat heeltyd met pasiënte werk wat ernstig siek is, het ek in die koronêre versorgingseenhede van verskeie hospitale al geleentheid gehad om mense wat klinies dood was, weer by te bring. Ek het ook gevind as 'n mens die pasiënt onmiddellik ná sy ervaring daaroor uitvra, word amper net soveel slegte as goeie ervarings verhaal.
Nadat ek tot die Nasionale Doserende Fakulteit van die Amerikaanse Hartvereniging bevorder is, het ek baie geleenthede gehad om met dokters, verpleegsters en ambulanspersoneel in talle lande, onder meer Nederland, Finland, Rusland asook Sentraal en Suid-Amerika te praat.
Hernieude belangstelling in die verskynsel van die dood kom wêreldwyd in die professie voor.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
LAASTE GEMOEDSRUS
'n Oud-Springbokrugbyspeler wat baie rondgetoer het en wie sy naam omverstaanbare redes verswyg word, het ná 'n lang siekbed besef die einde is naby. Maar daar was iets wat hom baie jare gepla het: sy derde seun het vir hom nie eintlik soos sy ander seuns gelyk nie.In sy sterwensuur laat hy sy vrou ontbied. Die oomblik is ernstig toe sy vrou, bleek in die gesig, langs sy bed staan.
"My vrou," sê hy, "daar is iets wat my baie jare lank ernstig pla. My tydjie is kort en ek moet 'n antwoord daarop kry sodat ek met 'n rustige gemoed kan sterf. Jy moet asseblief eerlik met my wees."
"Maar natuurlik my man," kom haar bewerige antwoord. "Wat is dit wat jou pla?"
"My vrou, ons derde seun... is hy mý seun?"
Onbevange en reguit kom die antwoord: "Ja, hy is natuurlik jou seun!"
"Dan het ek gemoedsrus," prewel hy.
Verlig stap die vrou by die deur uit terwyl sy mompel: "Dankie tog hy het nie oor die eerste twee seuns uitgevra nie!"
AFRIKA SE WIT REUS (4)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989...
Mites en Waarheid (...vervolg)
15. “Die Swartes word opsetlik dom gehou".
In hierdie jaar gaan daar in Suid-Afrika meer as 6 miljoen Swart kinders skooltoe - 'n nuwe rekordgetal. In die vorige jaar is daar byna 1800 nuwe klaskamers vir sekondere skole opgerig wat ongeveer 130 nuwe skole uitmaak. (As daar nie so baie skole in die afgelope paar jaar deur die opgesweepte gepeupel gedurende die onluste verwoes en afgebrand is nie, sou die opvoedingsmoontlikhede vir Swartes nog beter gewees het).
Die uitgawes vir die opvoeding van Swartes het binne die laaste 8 jaar agtvoudig gestyg nl. van 143 miljoen Rand tot 1,15 miljard (d.i.meer as duisend miljoen Rand). Dit alles is deel van 'n tienjaarplan om alles op opvoedkundige gebied vir die Swartes in elke opsig gelyk te stel met die ander bevolkingsgroepe, alhoewel laasgenoemde al veel ouer en beter gevestig is.
HOU VAS... TOT EK KOM
1 Januarie 2014
Ds AE van den Berg
“Hou maar net vas wat julle het, totdat Ek kom”- Openb.2:25
"Die resep was duidelik: Beheer die politiek met godsdiens ...die kerk het nie die wêreld geheilig nie; die wêreld het die kerk besoedel... Sommige mense weet baie goed wat die waarheid is, maar is nie lief daarvoor nie; die leuen is baie aanlokliker! Sulke mense het God nie werklik lief nie, want om vir God lief te wees, moet jy die waarheid liefhê. ...In tye van misleiding is die verkondiging van die waarheid ‘n rewolusionêre daad!"
Vyf eeue voor die geboorte van Christus het die Perse die Babiloniërs verslaan en die nuwe wêreldheersers geword. Die Babiloniese priesters het na Pèrgamus gevlug en hul afgodery daar voortgesit. Soos wat Jerusalem God se setel op die aarde was, het Pergamus Satan s’n geword namate die priesters ongekende mag oor hul mense verkry het.
“Ek ken jou werke en die plek waar jy woon, waar die troon van die Satan is. En jy hou vas aan my Naam en het die geloof in My nie verloën nie; selfs in die dae waarin Antipas my getroue getuie was, wat gedood is by julle waar die Satan woon” (Openb.2:13).
Toe die Romeinse ryk begin kwyn en burgers onregeerbaar begin word het, het die keiser Pergamus (’n provinsie van Rome) besoek om by die priesters te leer hoe om mense te beheer. Dit wat in godsdiens werk, moes ook in die politiek werk! Die resep was duidelik: Beheer die politiek met godsdiens.
AFRIKA SE WIT REUS (3)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989...
Mites en Waarheid (...vervolg)
"Die Kanadese arts Dr. Kenneth Walker skryf oor Soweto: '... in Soweto het ek baie huise gesien wat 100 000 dollar gekos het met 'n BMW voor die garagedeur. Alle huise daar is enkelverdieping. Baie is onlangs geverf. Baie het blombakke in die vensters en grasperke voor die deur. Net 2% is krotgeboue. As ek die keuse sou hê om of in Soweto te woon of in die vervalle woonstelgeboue van New-York, Chicago of Detroit, waar daar so baie misdaad voorkom, dan sou ek geen minuut aarsel nie voor ek Soweto kies.
'Die Kanadese sal seker geskok wees as ek sê dat ek liewers in Soweto beseer wil word of siek wil wees as in baie Kanadese stede. In Soweto is daar agt klinieke wat deur die regering onderhou word en baie private dokters. Daar vind 'n mens ook die Baragwanath-hospitaal, 'n uitstekende universiteitshospitaal... waarin in 1982 nie minder as 898 hartoperasies gedoen is. Die Baragwanath is die grootste en veelsydigste hospitaal op die hele Afrikakontinent. Langsaan is die St. John-oogkliniek geleë. Dit is wêreldberoemd weens behandeling van gloukoom, losgaande retinas, traumatiese oogbeserings en seldsame tropiese siektes.
'Die reusagtige Baragwanath-hospitaal in Soweto, gebou deur Blankes se belastinggeld, is 'n bewys van die welvaart van en gesindheid jeens Swartes in Suid-Afrika. Die hospitaal met 3000 beddens is een van die grootste en modernste hospitale in die wêreld. Sy 23 operasieteaters is voorsien van die modernste toerusting wat daar in die wêreld beskikbaar is. Die onderhoudskoste van hierdie hospitaal, waarin Swart pasiente vir 'n nominale bydrae van R2 (daar is geen staatsversorging van siekes in Suid-Afrika nie) vir 'n onbeperkte tyd behandel en geopereer word en herstelbehandeling ontvang, is hoër as die jaarlikse staatshuishouding van die kleiner ledelande van die Verenigde Volke. Die hospitaal het 8000 mense in diens, waarvan 450 voltyds aangestelde dokters is en dit behandel jaarliks meer as 112 000 binnepasiente en 1 620 000 buitepasiente. Dit is interessant dat 90% van hierdie hospitaal se bloedskenkers Blanke Suid-Afrikaners is'. (Dit sal insiggewend wees om 2013 se statistiek van hierdie hospitaal te vergelyk met 1978, nou onder die huidige wanbewind van die ANC en ná verarming van die Blankes in die land – maar daar is geen statistiek beskikbaar nie..."
10. "Die Suid-Afrikaanse tuislande is verlate onvrugbare gebiede waarin die Swartes 'n karige bestaan moet voer".
Hieroor kan 'n mens nie swyg nie dat die Swartes eeue gelede hierdie gebiede self vir hulle uitgesoek het tydens hulle trek na die suide. Boonop kan 'n mens sê dat dit alles behalwe skraal, onvrugbare gebiede is.
In Bophuthatswana, die onafhanklike tuisland van die Tswanavolk, lê die rykste platinumneerslae van die hele subkontinent. In die groot myne word as neweproduk ook baie goud gevind.
GODVRESEND OF GODLOëNAAR?
Hannes Ollewagen
KEER JOU OOK VAN HIERDIE MENSE AF!
2 Tim. 3:1-9
In vers 2 tot 4 van die gelese gedeelte word ons op ‘n mooi manier ook deur Paulus gewaarsku op sekere gevaartekens in ons eie lewens om daarteen te waak om te word soos hierdie afvallige mense. Hierdie karaktertrekke is dinge waarteen elke kind van God veronderstel is om te waak en te veg gedurende sy/haar lewe.
Ongelukkig skep dwaalleringe die indruk wanneer jy tot bekering kom, jou ewige saligheid vir ewig verseël is en dat jou pad na die hemel uitgeteer is! Wanneer ons egter God se Woord lees, weet ons dat dit ‘n blye dag in die hemel is vir elke siel wat tot bekering kom, maar dat bekering slegs die begin van jou pad as gelowige dienskneg van God is!
WAARSKU MENSE BETYDS!
Ds AE van den Berg
“En jy, o mensekind, Ek het jou as wag oor die huis van Israel aangestel; en as jy ‘n woord uit my mond hoor, moet jy hulle van my kant waarsku” Eseg.33:7
Wie gee God die reg om mense hel toe te stuur? Hyself! God oordeel alleen as Hy seën of straf uitdeel. “En die saligheid is in niemand anders nie, want daar is ook geen ander naam onder die hemel wat onder mense gegee is, waardeur ons gered moet word nie” (Hand.4:12). Elkeen word geoordeel volgens wat hy met Jesus doen. Wie die regte ding doen, gaan hemel toe en wie die verkeerde ding doen, gaan hel toe.
Gevolglik is Pilatus se vraag aan die skare wat hy met Jesus moes doen, ‘n universele vraag wat elkeen homself moet afvra: Wat doen ek met Jesus? Die antwoord daarop bepaal ons ewige eindbestemming. Ons erf nie die hemel deur goeie werke nie. Waar jy die ewigheid gaan deurbring, hang alles af van wat jy met Jesus in jou lewe doen.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Kommentaar in 'n Londense koerant tydens die Olimpiese Spele die vorige jaar:
Ek kan nie begryp waarom al die ophef oor die Olimpiese 100m finaal nie. Dis net soos enige ander Saterdagaand in Londen: Jy hoor 'n skoot afgaan, dan begin agt swart ouens hardloop...
AFRIKA SE WIT REUS (2)
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989...
Mites en Waarheid
Julle kan wel sommige mense die hele tyd om die bos lei en julle kan wel alle mense vir 'n kort tyd om die bos lei, maar julle kan nie al die mense vir altyd om die bos lei nie." - Abraham Lincoln
Daar gaan skaars 'n dag verby waarop die massamedia van die Weste nie met slagkrete in reuseletters teen Suid-Afrika lostrek nie. Mense in Europa hoef maar net hulle plaaslike koerant oop te maak of na die nuus te kyk op enige televisieuitsending. Suid-Afrika staan heel bo op die verfoeiingslys van die establishment - daardie kragte wat "die wêreldopinie" skep en volgens hulle wense manipuleer.
Hulle metodes strek van algehele onwaarhede oor halfwaarhede, vervalsings en foto's van spesiaal nagebootste situasies tot by "objektiewe" berigte, waarin nietemin die beslissende faktor weggelaat word.
Suid-Afrika is 'n klassieke voorbeeld van suksesvolle sielkundige oorlogvoering deur mense wat die land kwaadgesind is en dit is inderdaad vir die gewone burger in die buiteland moeilik om te onderskei tussen leuen en waarheid.
Vir die meeste mense is alles wat hulle in koerante lees of wat die beeldradio vir hulle opdis, net louter waarheid.
AFRIKA SE WIT REUS (1)
Klaus D. Vaque
Lees reeks by Afrika se Wit Reus
DIT IS DIE JAAR 1989...
Hier volg werklike statistiek, vyf jaar vóór swart oorname. Vergelyk dit gerus nou in 2013 met die land se huidige stand ná amper 20 jaar se agteruitgang onder ANC-bewind.
Dat die meeste Afrika-staatshoofde Suid-Afrika, of dan "die wit reus van Afrika" in 1989 met afguns aanskou het, kon 'n mens hulle dit nie kwalik neem nie, waar Suid-Afrika teenoor hulle heeltemal onopsetlik 'n superioriteit aan die dag gelê het, en waaroor hulle slegs maar kon droom. Enkele statistieke kan dit illustreer:
Suid-Afrika produseer meer elektriese energie as Italië, net soveel ru-staal as Frankryk, meer koring as Kanada, meer wol as die VSA, meer wyn as Griekeland en meer vis as Groot-Brittanje.
Die RSA huisves binne sy grense net 6% van die totale bevolking van Afrika en beslaan net 4% van Afrika se hele oppervlakte en tog lewer dit (in 1979) meer as 50% van die gesamentlike elektriese krag, het 74% van alle ge-elektrifiseerde spoorlyne, produseer meer as 24% van die gesamentlike brutonasionale produk en besit 25% van die hele Afrika se telefone.
Van al die laerskoolonderwysers van Afrika werk daar 70% in die RSA asook 4 uit elke 5 dokters.
GODDELIKE WAARSKUWINGS (5)
Lees reeks by Goddelike waarskuwings
SUID-AFRIKA EN DUITSLAND
In Julie 1921 sien Siener van Rensburg hoe die Boere optrek na Lichtenburg en daarna na Prieska. Boy Mussmann en dr SH Rossouw het beide aantekeninge oor hierdie visioene van Siener gemaak.
In Lichtenburg kom ons bymekaar en daar kom 'n man met 'n bruin pak klere en hy spreek ons toe. Daarna draai ons terug en trek weer hier af, net soos in 1914, maar dié keer op óns tyd.
In Mei 1925 sien Siener ook hoe Europa in hierdie tyd in oorlog verkeer: In Europa staan twee groot potte en daar is vuur onder... In Europa trek waens met rooi osse; agter hulle is groot blauw osse. Die wêreld word zwart na die Unie toe. Die buitelandse oorlog sal Suid-Afrika wel in 'n mate raak. Duitsland sal 'n groot rol speel in hierdie oorlog; Siener het 'n visoen gehad waarin Duitsland aan die kop van 'n groot tafel sit saam met talle lande waaronder ook Suid-Afrika; Engeland was egter glad nie aan die tafel nie. Siener het voorspel dat Engeland heeltemal onder die water sal verdwyn as straf van God vir al die ellende wat hy deur baie jare aan talle wêreldlande veroorsaak het.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
DIERETUIN-RUGBY
In die jare veertig speel Floors Perry, fris Noord-Transvaler vir Tukkies in die intervarsity teen die Potchefstroomse Universiteit. In 'n losskrum-onderonsie kry hy vir Wynand Malan van die Pukke in 'n stewige kopklem beet. Al manier, so het die praktyk bewys, om uit so 'n kopklem te ontsnap, is om jou teenstander se arm te byt. En dit is toe presies wat Malan doen – met mening ook! Floors los vir Malan soos 'n warm patat en hy hardloop na die skeidsregter, wys die bloederige bytmerk op sy bo-arm en roep ontsteld uit:
"Mr Ref, are we playing against the Zoo?!"
KERSFEES 2013
Ds AE van den Berg
“In die begin was die Woord en die Woord was by God en die Woord was God. Hy was in die begin by God. Hy het na sy eiendom gekom…” - Joh.1:1,2.11
’n Mens praat dikwels met iemand oor die foon wat jy nooit ontmoet het nie en beeld jou ’n prentjie in van hoe die persoon moet lyk. En wanneer jy hom ontmoet is jy dikwels teleurgesteld omdat hy nie met jou voorstelling van hom kom ooreenstem nie. Met God is dit presies dieselfde - mense het ’n sekere idee/verwagting van Hom wat dikwels nie met die werklikheid ooreenstem nie. Die probleem lê egter nie by God nie, maar die voorstelling van Hom.
Het u al gewonder hoe God lyk? By geleentheid wou Moses ook sien hoe God lyk waarna God op skrikwekkende wyse by Moses verby gegaan het terwyl hy sy gesig bedek het. Filippus het ook gewonder hoe God lyk en vir Jesus gevra:”…Here, toon ons die Vader en dit is vir ons genoeg” (Joh.14:8). Jesus antwoord hom: “Hy wat My gesien het, het die Vader gesien”.
Mense het geen probleem om Jesus as ’n goeie mens te sien nie, veral in die Kerstyd - ’n kindjie in ’n krip, leermeester of profeet nie, maar nie Immanuel (God onder ons) nie.
WONDERBAAR!
Ds AE van den Berg
“Want ’n Kind is vir ons gebore, ’n Seun is aan ons gegee; en die heerskappy is op sy skouer en Hy word genoem: Wonderbaar, Raadsman, Sterke God, Ewige vader, Vredevors" - Jes.9:5
In die Bybelse tyd het voorname betekenis gehad; vandag nie meer nie. Byname vertel ’n mens in werklikheid meer van ’n persoon. So het ek aan die Weskus ’n omie geken wat net hier en daar ’n tand in die mond gehad het. Almal het hom as vendusie-klavier geken!
In die Bybel lees ons ook van mense wat benewens hul eie name ook byname gehad het. Volgens die Bybel het ons Here Jesus 256 byname gehad! Die rede daarvoor is dat een naam te kort geskied het om Hom te beskryf. Van al die name wat Hy gehad het, wil ek by een stilstaan – Wonderbaar; voorwaar ’n gepaste naam wat 800 jaar voor sy geboorte deur ’n profesie aan Hom gegee is.
Wonderbaar beteken voortreflik , d.w.s. anders as die normale; so gepas by Jesus. Alles van Hom was wonderbaar. Let maar net op sy geboorte. Dit was wonderbaar omdat daar nog nooit so ’n geboorte op aarde was nie.
HOE GROOT IS MY GELOOF?
Hannes Ollewagen
Matt. 14:22-36
Wanneer ons hierdie gedeelte lees en in eerlikheid ook ons eie geloof moet beoordeel, waar sal ons dit op die weegskaal plaas? Is my geloof so sterk soos dié van Petrus? Dalk is my geloof volgens my ‘n bietjie sterker as wat syne was en reken ek dat ek nie bang sou geraak het en begin twyfel het soos hy nie? Dalk is ek eerlik genoeg om te erken dat ek só kleingelowig is dat ek nie eers my voete op die water sou gewaag het nie.
Wanneer ons ‘n ware verhouding met God Drie-enig het en in liefde sy Woord bestudeer om Hom beter te leer ken, sal ons weet dat een van die eienskappe waarvan Hy niks hou nie, ongeloof of selfs net kleingelowigheid is. Waarom sal ons dan aanhoudend aanhou twyfel in plaas daarvan om te glo? God openbaar Homself en sy Grootheid en Almag aan ons in die natuur rondom ons wat ons elke dag met ons eie oë kan aanskou;
GODDELIKE WAARSKUWINGS (4)
Lees reeks by Goddelike waarskuwings
Hierdie reeks handel oor visioene van verskeie persone, hoofsaaklik oor Suid-Afrika.
Die Slag van Pretoria - visoene en drome hieroor
FR se droom in 1966
Swaar gewapende VN-soldate kom van oos, wes, noord en suid in Kerk- en Paul Krugerstrate afgemarsjeer. Die standbeeld van oom Paul word getref en net 'n stuk van sy een been bly oor. Soldate val links en regs van my. Ek hurk en skuil agter een van die standbeelde aan oom Paul se voet en kyk na die verwoesting van die middestad.
Dan roep iemand my oor 'n radiosender en sê die aanval by Wonderboomkop moet afgeslaan word. Die volgende oomblik bevind ek my nie meer op Kerkplein nie maar iewers hoog bo-op die Wonderboomrant noord van Sinoville.
Op die vlakte anderkant Piramied, in die swart woongebied van Mabopane, sien ek duisende en duisende verwoeste plakkershutte wat nog smeul. In Sinoville self en die omgewing is daar ook skade maar nie so erg nie, tog sien geen mense nie. Die woongebied is verlate en slegs op die paaie sien ek ons mense in militêre voertuie ry.
EMILY HOBHOUSE... (7)
...heldin uit die Vreemde
Rykie van Heerden
Lees reeks by Emily Hobhouse
Die eerste week in Februarie 1901 is ’n ongesonde week vir ’n middeljarige vrou om alleen in die Vrystaat te gaan treinry, veral van Bloemfontein af in die rigting van die Grootrivier.
Die Britse leër is in rep en roer. De Wet wil weer Kolonie toe en dié keer, sweer genl. Knox, dié slag gaan hulle hom vang. Op Bloemfonteinstasie is dit ’n geharwar. Die befaamde Boeregeneraal het deurgebreek by die forte op Thaba Nchu en Sannaspos. Genl. Knox het sy kolonne omgeruk, terug Bloemfontein toe. Van daar word manne, perde en berge voorrade inderhaas op die trein gelaai na die Bethulie-spoorbrug oor die Oranje, want daar iewers, glo hy, sal De Wet vandeesweek die rivier probeer oorsteek. Daar’s gerugte van Boerekommando’s hier, daar, oral — op Springfontein ... by Norvalspont. Hulle breek spoorlyne op, hulle keer treine voor. Anderkant Norvalspont het genl. Froneman die spoor voor en agter die Hoopstadtrein die lug in geblaas.
En in die geharwar klim ook op Bloemfonteinstasie op die trein: mej. Emily Hobhouse, hoedjie op, kantkragie om die nek van haar bloese, met haar koffer en haar trommeltjie padkos wat Caroline Fichardt vir haar ingepak het.