Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hou op om te wonder wat mense van jou dink wanneer jy dit of dat doen; doen ALLES vir die HERE en jy sal vind dat jy die regte dinge vir die regte mense op die regte tyd gedoen het.
BOEDDHISME...
...Lig of duisternis?
Ds AE van den Berg
Suid-Afrika beleef tans ’n ontstellende invloei van Chinese in die land, mense wat oorweldigend Boeddhisties is. Net buitekant Bronkhorstspruit is die grootste Boeddhistiese tempel in die Suidelike Halfrond gebou. Alhoewel Boeddhisme Oosters van oorsprong is, vind dit onder Westerlinge toenemend aanhang. Die akteur Richard Gere is byvoorbeeld ’n Boeddhis.
Die meeste Suid-Afrikaners weet maar min van Boeddhisme en besef nie watter vernietigende suigkrag hierdie stuk heidendom het nie. Dis noodsaaklik dat ons ’n basiese kennis van Boeddhisme sal hê sodat ons enersyds kan waarsku en andersyds ’n getuienis teenoor hierdie mense kan lewer wat glo dat hulle die lig het, maar in werklikheid in die stikdonkerte van Satan ploeter.
BIDDAE, VEROOT- MOEDIGING, GELOFTEDAG (3)
SO SIEN EK DIT
Dr PE van der Dussen
Lees reeks by Biddae, Verootmoediging, Geloftedag
Menseregte met sondes-teen-die-mensheid het die Tien Gebooie vervang – en die Afrikanervolk het dit ten prooi geval terwille van die beveiliging van sy voorspoed. Hy het op sy louere begin rus. ...Dit het tot die heersende toestand in ons land en ons volksbestaan gelei. En dan vra ons soos die Israeliete in Jesaja en Maleagi en die ander profete se tyd: Waarom is daar soveel onrus – ons doen dan so ons bes! Die Afrikanervolk het die land wat deur God onder sy gesag geplaas is, op grond van menseregtelikheid afgestaan. Daarby het hy, op grond van die menseregtelike begrip dat alle mense eenders is, besluit dat alle tale en volke en nasies onder een kombers hulle godsdiens moet beoefen in plaas daarvan dat elkeen op sy eie voor die Troon van God moet staan – ook menseregtelikheid. Dit is alles oortreding van die Tweede indien nie van die Eerste Gebod nie. ... diegene wat die Gelofte gedenk moet hulle as getroue oorblyfsel verootmoedig omdat hulle volk sy tweedelige roeping nie vasgehou het nie. Dat die Afrikanervolk só die Eer van die Almagtige God vir mensuitgedinkte waanwysheid verruil het.
Die Groot Hervorming in die kerk van die Here Jesus Christus het op 31 Oktober 1517 te Wittenberg in Duitsland begin en sy afronding ‘n eeu later in die Sinode van Dordrecht 1618-1619 in Nederland bereik. Daarmee is Europa se weg van geestelike voorbereiding voltooi om die ware Evangelie tot aan die einde van die wêreld uit te dra.
In hierdie geestelike omgewing het die HERE God dit goedgedink om ‘n nuwe volk, die Afrikanervolk, in die lewe te roep met die nodige eienskappe om hierdie uitgestrekte ruwe en byna onherbergsame land te onderwerp en te bewerk ooreenkomstig die Skeppingsopdrag in Genesis 1-2.
GOD SE EIENDOM
Hannes Ollewagen
1 Kor. 3:9-23
Vers 23: “...maar julle behoort aan Christus, en Christus aan God.”
Christus het eenmaal vir ons die volledige prys betaal deur Homself as offer te bied om ons as diensknegte van sonde vir ewig vry te maak. Hy het die volle prys betaal en dus behoort elkeen wat waarlik in Christus Jesus glo, vir ewig aan Hom.
Elke mens het ‘n keuse of hy ‘n dienskneg van die sonde (waarin hy ontvang en gebore is) wil bly tot in ewigheid en of hy die Evangelie van Verlossing wil aanneem en vir ewig onder die juk van slawerny van sonde wil uitbeweeg!! ‘n Keuse om eerder ‘n dienskneg van Christus te wees. Ongelukkig beteken dit nie dat wanneer ons kies om Christus se diensknegte te wees ons ook vry sal wees van teëspoed, hartseer en ongeluk nie! Inteendeel, wanneer ons kies om in die voorste linie vir Christus te veg in sy Koninkrykswerk, moet ons nie verbaas wees as die bose met alle mag sy aanvalle op ons sal laat afvuur nie.
BIDDAE, VEROOT- MOEDIGING, GELOFTEDAG (2)
SO SIEN EK DIT
Dr PE van der Dussen
Lees reeks by Biddae, Verootmoediging, Geloftedag
"Gedurende die jare-sewentig is daar gedurig biddae afgekondig, dikwels op versoek en selfs in opdrag van die destydse regering. Telkens wanneer iets vir hom fout geloop het is so 'n geleentheid afgekondig, as’t ware om die regering uit die moeilikheid te bid. So iets maak van die godsbegrip deus ex machina, 'n masjien wat jy aan- en afskakel."
Op 20 Junie 2013 het die Gereformeerde Kerke te Potchefstroom en omgewing wat van tyd tot tyd as klassisvergadering byeenkom, as gesamentlike afgevaardigdes (deputate) van al die Gereformeerde Kerke in Suidelike Afrika wat in 2012 vergader het, die volgende oproep uitgereik:
ONS VOLK EN SY DRIE-ENIGE AFGOD...
... GELD, MAG EN SEKS
Jeanette Koekemoer
Timothy Keller se publikasie 'Counterfeit Gods: The Empty Promises of Money, Sex and Power, and the Only Hope that Matters' ontbloot die dwaling waar ons die goeie dinge in ons lewe neem en dit die heel belangrikste dinge in ons lewe maak. As individue stap die meeste van ons op hierdie dwaalpad; saam ís ons die volk wat hierdie pad stap; en is die uiteinde daarvan presies dít wat ons as volk in 1994 gekry het – die straf op ons afgodediens. En ons kan maar voortgaan om die Swartes en die Kommuniste te skel – die meeste daarvan verdien hulle – maar dit gaan geen snars verander aan ons situasie voordat ons die werklike oorsake van ons knegskap herken, en dit met oortuiging beveg nie.
O GOD, BESKERM SUID-AFRIKA!
Al die nasies het één God:
Hy regel ieder volk syn lot;
Hy het vir ieder volk syn taal,
Syn land, syn reg, syn tyd bepaal.
Wie dit verag, sal syn straf dra:
O God, beskerm Suid-Afrika!
Arnoldus Pannevis
BIDDAE, VEROOT- MOEDIGING, GELOFTEDAG (1)
SO SIEN EK DIT
Dr PE van der Dussen
Lees reeks by Biddae, Verootmoediging, Geloftedag
" ...kleitrappery van die derde opeenvolgende polisiekommissaris en die bekendmaking van die groot aantal polisiemanne, sommige selfs met hoë range. Wat 'n misdaadgeskiedenis het. Die toppunt tot dusver was die Godslastering van Mantashe toe hy die ANC-SAKP-COSATU met die Drie-enige God gelykgestel het."
Biddae en dae van verootmoediging is maar dikwels ter sprake wanneer daar algemene nood opduik. Soos Totius gesê het: As rampe ons tref, gaan ons nie na die wysgere om ons te help nie. Ja, dan besef ons skielik dat die menslike denke en plannetjies en strategieë maar nie juis iets kan uitrig nie.
Die Woord leer ons dan ook dat daar net een weg is en dit is om ons voor God te verootmoedig en Hom om genade te smeek.
STUUR GOD MENSE WERKLIK HEL TOE?
Ds AE van den Berg
“En Ek het die sleutels van die doderyk en van die dood” (Openb.1:18).
Lees ook Openb.1:9-2
Die Evangelie het twee kante: Wie glo sal gered word en hemel toe gaan. Wie nie glo nie, sal veroordeel word en hel toe gaan! Baie mense glo nie aan ‘n hel nie. Hulle sê dat ‘n God van liefde geen mens na so ‘n plek sal stuur nie. Ek wonder net hoe so ‘n persoon weet dat God ‘n God van liefde is? Dit kan net op grond van die Bybel wees. Die natuur leer ons dit nie. Net die Bybel. Dis ons enigste bron van kennis dat God ook liefde is. Leer dieselfde Woord ons dan nie ook dat daar ‘n hel is nie? Hoe glo mense een ding in die Bybel, maar ‘n ander ding nie? Waar is die konsekwentheid?
2e GROOT TREK (4)
...EN DIE TERUGTREK VAN DIE GROOT TREK
AHM Victor
Lees reeks by ...en die terugtrek van die Groot Trek
DOELSTELLING VAN DIE ILLUMINATIE
"... deurdat hulle almal tot stutorganisasies van die Nasionale Party deur hierdie leiers verbuig is, verklaar nie net hoe dit dan gebeur het dat die Afrikaner sy eersgeboortereg ewe gelate weggeteken het met die aanvaarding van die Grondwet van 31 Mei 1961 nie, maar dit verklaar ook waarom die Afrikaner sedertdien by stembus na stembus mandate aan die Regering gegee het, wat neerkom op verkragting van die ideale van sy volk soos dit tot uitdrukking gekom het in die Christelik-nasionale lewensbeskouing van sy voorgeslagte."
Voorgaande kan slegs as die buitelyne van die verloop van sake op alle terreine van die volkslewe bestempel word en verdien om nader toegelig to word aan die hand van die hoofvereistes wat diegene agter die Nuwe Wêreldstaat-regeringstelsel stel, nl:
- Beëindiging van individuele ordelike nasionale regerings.
- Beëindiging van 'n erfreg.
- Beëindiging van private grondbesit.
- Beëindiging van patriotisme.
- Beëindiging van die gesinslewe as die kern waarom kultuur en beskaafdheid wentel.
- Beëindiging van die Christelike geloof en die vervanging daarvan met die ideologie van die Magte van die Duisternis in 'n totalitêre internasionale staat.
GENL JBM HERTZOG (1)
P Meiring
Lees reeks by SA Premiers
As derde gekose Premier van Suid-Afrika was Generaal JBM Hertzog die man wat ná Louis Botha as eerste Premier, en ná hom Jan Smuts as tweede Premier, uiteindelik die eerste grondslag gelê het van ons Nasionale bewussyn, die man wat Afrikaans gered en die Afrikaner volkome vry gemaak het. Vir so ’n man moet daar nie net monumente van klip en koper nie, maar monumente van warme, blywende verering in die harte van alle Suid-Afrikaners wees – anders as sy twee voorgangers: ’n Engel uit die hemel was genl. Louis Botha, ons eerste Premier, sekerlik nie, nog minder Smuts. Botha was swak en toegeeflik, nie in die ware sin ’n politieke patriot nie, geneig om te swig voor die vleiery en verafgoding van die Britte - hy wat glad sykouse en ’n sambalbroek aangetrek en ’n veerhoed opgesit het om aan ’n koninklike optog in Londen deel te neem! Omdat daar feitlik geen korrespondensie of ander stukke van genl. Botha hom oorleef het nie, is dit moeilik om te bepaal hoe hy gemeen het om op die politieke terrein die ellende en ekonomiese agterstand van sy mense te help inhaal. Jan Smuts was intellektueel te snobisties en het te afsydig gestaan teenoor die gewone mens en dié se oordeel. Stroef, en verbitter het hy gemeen dat sy eie prestige genoegsaam sou wees vir sy eie ideale. Min het hy geweet dat selfs Jan Smuts in hierdie nuwe wêreld vir die meeste nie aanvaarbaar sou wees nie.
WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (10) - SLOT
Dr Willie Lubbe
Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?
VRYHEID - en selfwerksaamheid
"Mag hierdie bydrae daartoe help lei dat die blanke volk van Suid-Afrika wakker word, die skrif aan die muur eien vir wat werklik daar geskryf staan, sodat daar nie later gesê word: daar was geen waarskuwings nie! En mag God verhoed dat ons volk as gevolg uit gebrek aan kennis en gehoorsaamheid in die volkeresee verdwyn."
Indiwidu en volk
’n Indiwidu is in die wydste sin van die woord slegs vry as hy deur eie arbeid self vir sy lewensbestaan sorg. So ’n selfwerksame persoon het immers nie ’n “baas” of werkgewer wat hom met bevele of voorskrifte (wat gehoorsaam moet word) inperk nie; hy kan sy arbeid uit eie inisiatief en volgens eie besluite reël.
BAIE WERKERS . .. NOOIT VRY NIE
’n Praktiese voorbeeld: ’n Boer wat sy hele plaas alleen behartig, merk op dat boere wat van swart werkers gebruik maak, die hardste werkers is wat hy ken. Hulle moet vroegoggend vyfuur al opstaan om te sorg dat die arbeiders op hulle poste kom, betyds geëet kry, elkeen vir sy taak georganiseer word. Heeldag moet die boer rondbeweeg tussen hulle om te sorg dat elkeen “produktief ’ besig bly (hulle moet mos werk om die lone wat hulle kry te regverdig), betyds te keer waar verbrou word, vrede te herstel waar gestry word, weer te verduidelik waar opdragte misverstaan is . . . tot by “tsjailatyd.”
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
VERSKRIKTE VET TANNIE...
Jannie het geen ander keuse gehad as om die aand saam met sy ouers na 'n opera te gaan nie – 'n eerste vir hom.
Die Sondag gaan kuier die gesin by Jannie se ouma. Ouma vra vir Jannie:
"Het jy toe die opera geniet Jannie?"
Jannie sug diep: "Nee ouma, dit was vreeslik simpel, ek wil nooit weer gaan nie."
Ouma vra waarom Jannie so dink.
"Ag Ouma, 'n omie het die hele aand 'n wit stokkie rondgeswaai wat 'n vet tannie verskriklik laat skree het."
WELKE WEG SAL JY KIES?
Hannes Ollewagen
Johannes 6:60-71
In vers 60 merk ons hoedat ‘n groot deel van Jesus se volgelinge die waarheid as “hard” beskou en verkies om dit te verruil vir die maklike weg van die wêreld. Hierdie is manne wat daagliks met Jesus gewandel het en boonop sy wonderwerke en tekens eerstehands kon beskou; tog kon hulle nie aan die geloof vashou en getrou bly nie.
Wanneer ons oor hierdie ongelowige verskynsel besin, raak dit opnuut vir ons duidelik dat geloof waarlik van God af kom (Joh. 6:44) en dat dit geensins ‘n produk van ons eie verdienste is nie. Die feit dat ons as gelowiges wat nog nie vir Jesus van aangesig tot aangesig gesien het nie maar tog glo, maak ons nie beter as diegene wat wél gesien het en steeds nie die geloof kon behou nie. Inteendeel, dit maak ons opnuut bewus dat God, wat die Gewer van geloof is, se genade en goedertierenheid oor ons soveel meer is as wat ons menslike verstand ooit sal kan begryp.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
AG, DIS NOG NIKS...
'n Man met 'n geduikte en stukkende ou Volkswagentjie stop langs 'n mooi rooi Porsche.
"Het jou kar 'n telefoon?" vra hy vir die bestuurder van die Porsche.
"Natuurlik", antwoord die Porsche se bestuurder uit die hoogte.
"Het jy 'n bed in jou kar?"
"Natuurlik nie!" sê die man in die Porsche verbaas.
"Ek het!" sê die Volksie se eienaar en jaag met skreeuende bande weg.
Die eienaar van die Porsche wil nie afsteek nie en laat bou dadelik vir hom 'n bed op die agtersitplek van sy motor in.
WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (9)
Dr Willie Lubbe
Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?
VRYHEID - en kultuur
(Geskryf voor ANC-oorname)
"Daar is een prys wat ons Republiek nie mag betaal nie. Dit is die prysgawe van die Blankedom ... Die behoud van die blanke volk van Suid-Afrika is die uiteindelike doel waarvoor niks ons sal laat stuit nie." -Dr HF Verwoerd; Volksraad 25 Junie 1963.
Die Afrikaner se kultuur het in die sewentiger en tagtiger jare baie sterk gestaan. Party Afrikaners sou dalk selfs sê dat ons toe kulturele volwassenheid en miskien selfs onaantasbaarheid bereik het. En tog is dit gepas om Afrikanerkultuur onder die ontleedmes te plaas, veral nou. Daardeur mag ons dalk leer of ons tog nie op ’n verkeerde pad was nie. Wie weet, dalk sou so ’n betydse kritiese selfbeskouing ons in staat stel om ’n sekerder toekoms vir ons en ons nageslagte te beplan.
WAAROM ONSEKERHEID?
Waarom bestaan daar ’n gevoel van kulturele en politieke bedreiging? Is dit slegs die instel van ’n onbekende en vreemde staatsvorm wat ons ontwrig? Of is daar ook ander redes vir ons onsekerheid?
HOE LYK DIT IN DIE HEL?
Ds AE van den Berg
“En by dit alles is daar tussen ons en julle ‘n groot kloof gevestig, sodat die wat hiervandaan wil oorgaan na julle, nie kan nie,; en die wat daar is, nie na ons kan oorkom nie” Luk.16:26
Baie mense glo nie aan die hel nie. Dit neem nie die bestaan daarvan weg nie, net so min as wat ek die bestaan van Amerika of Rusland sou wou ontken. Dit bestaan ongeag wat mense sê. Dis soos iemand wat kanker het, maar weier om dit te glo. Dit vat nie die siekte weg nie! Dit bestaan. So ook die hel!
Die Bybel sê vir ons sekere dinge oor die hel. Dis ‘n plek van donkerte en skeiding met ‘n ewige vuur. “En die rook van hulle pyniging gaan op tot in alle ewigheid, en hulle het dag en nag geen rus nie...” (Openb.14:11). “En die duiwel wat hulle verlei het, is in die poel van vuur en swawel gewerp waar die dier en die valse profeet is; en hulle sal dag en nag gepynig word tot in alle ewigheid” (Openb.20:10). In Rom.2 sê Paulus dat God se liefde geheel en al in die hel sal ontbreek.
IS DAAR WERKLIK 'N HEL?
Ds AE van den Berg
“En hy roep en sê: Vader Abraham, wees my barmhartig en stuur Lasarus, dat hy die punt van sy vinger in water kan insteek en my tong verkoel; want ek ly smarte in hierdie vlam” - Luk.16:24.
Daar is min woorde wonderliker as redding. Jy bevind jou bv. op ‘n skip wat sink en ‘n reddingsvaartuig daag ter elfder ure op. Jy word in ‘n brandende gebou vasgekeer en ter nouer nood deur brandweerpersoneel gered. Waarvan is jy gered? Van ‘n gewisse dood. Jy moes eintlik gesterf het, maar jy lewe - teen die verwagting in!
Wat is die wonderlikste redding denkbaar? Om van die ewige dood gered te word. Daar is drie tipes van dood. (i) Die geestelike dood. Dis as mense nie in ‘n lewende verhouding met Jesus staan nie en soos geestelike lyke is. (ii) Die tydelike dood. Dit gebeur as jy sterf en ‘n skeiding tussen liggaam en siel ontstaan. (iii) Die ewige dood. Dis as die band finaal met God verbreek word en die ongeredde mens vir ewig en altyd in die hel beland sonder enige omdraaikans.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (21)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
Oubaas en Mankoeran
Daar in Kimberley se wêreld het ’n oubaas gewoon wat ek hier in die storie dan ook maar Oubaas noem, want dit was die aanspreeknaam wat hy baie gehoor het.
Hy en die ounoi het hulle planne reg gehad vir hulle heel oudag, en toe was die ounoi op ’n sekere dag voor die planne nog werklikheid kon word, nie meer daar nie. Toe moes Oubaas dorp toe trek. En dit het in die ou kêrel se lewe groot verandering beteken. Sy ou maat was weg en sy kar en pêre se tyd was ook verby. Daarom moes hy op sy oudag leer motor dryf om oor die pad te kom.
Maar soos dit altyd in die lewe gaan, was daar by die ongeluk darem geluk ook, en dit was dat Oubaas saam met hom ’n weggoiklong gehad het — van so twaalf jaar oud. En die se naam was Mankoeran.
WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (8)
Dr Willie Lubbe
Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?
VRYHEID - en ekonomie
"As besit ’n doel op sigself word, neem die mens se goed besit van hom en word die mens slaaf van sy besittings. Dan buig hy voor die mag van geld. Hy wat sy hart aan sy goed gee, gaan saam met sy goed verlore, vir ewig gebonde aan die verdoemenis, sy geestelike vryheid totaal ontneem!"
Die ekonomie is die wetenskap wat hom toelê op die studie van die organisasie wat in die mens se stoflike behoeftes voorsien. Op nasionale vlak word van so ’n organisasie as volkshuishouding gepraat. In hierdie hoofstuk word besin oor wie in beheer van hierdie “organisasie” (volks-huishouding) is en in watter mate daar voorsien word in die stoflike behoefte van die inwoners van Suid-Afrika.
Om ekonomies volkome vry te wees beteken:
• wie in beheer van die volkshuishouding (organisasie) is, vervul moet wees met ’n brandende vaderlandsliefde;
• die stoflike nie bo die geestelike verhef word nie. Nooit mag geld ’n doel op sigself word nie; dit moet steeds die middel tot die bereiking van die lewensbestemming bly.
WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (7)
Dr Willie Lubbe
Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?
VRYHEID – en soewereiniteit deur partisie
" Dit spreek dus vanself dat geen volk soewerein kan wees as dieselfde staat deur vele volke gedeel word nie. Afgesien van die feit dat soewereiniteit nie deelbaar is nie, sal die volk met die meeste verteenwoordigers die ander oorheers. Die minderheidsvolk kan dus nooit aanspraak maak op onafhanklikheid, vryheid of soewereiniteit nie, want hy is nie vry om besluite oor homself in ’n eie gebied te neem nie."
In 1577 skryf die Franse skrywer Bodinus dat soewereiniteit die bevoegdheid is om die hoogste gesag in ’n staat uit te oefen. Die soewerein het geen hoër gesag bo hom gehad behalwe die onsterflike God en die natuurreg nie. Die voorbehoud van die natuurreg het tydelik vervaag vanwee die ondefinieerbaarheid daarvan, maar het weer sterk op die voorgrond gekom in die vorm van “The Rule of Law” waardeur gepoog is om sekere onvervreembare vryhede van die individu te omskryf en te verskans.
SOEWEREIN
Die soewereiniteitsleer skryf voor dat die soewerein noodsaaklikerwys drie eienskappe moet besit: ondeelbaarheid, oorspronklikheid en onbeperktheid.