Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
"Ek wil juig en bly wees in u goedertierenheid, omdat U my ellende aangesien, my siel in die benoudhede geken het en my nie oorgelewer het in die hand van die vyand nie; U het my voete op vrye grond laat staan." Soos Dawid dit in Ps 31 uitjubel, so seker sal die Afrikanervolk se benoudheid ook verbygaan en sal hy weer sy voete op vrye grond laat staan!
MODERNE PROFETE – FEITE OF FABELS?
Ds AE van den Berg
Onlangs vertel iemand my van ’n vriendin wat aan ’n Charismatiese kerk behoort en op ’n naweek-kamp geleer is hoe om te profeteer. Haar vraag was: Is dit moontlik? Is daar vandag nog profete? Charismate glo omdat dit die laaste dae is God deur mense met die gawe van profesie, aan die kerk nuwe openbaringe gee. Hierdie mense beskou hulself as moderne profete wat ’n profetiese woord direk van God ontvang het oor wat die toekoms inhou.
Dis ’n ernstige dwaling! Christus waarsku in Mt.24:24 teen die profete van die laaste dae en sê dat daar baie van hulle sal wees en baie mense gaan mislei. Selfaangestelde profete is egter nie ’n nuwe verskynsel nie, maar so oud soos die Christelike kerk self:
WAAR SAL MY HULP VANDAAN KOM?
Hannes Ollewagen
Psalm 121 (Verwys ook na Jes. 59:1&2)
In tye van benoudheid, hartseer angs of moedeloosheid, is Psalm 121 seker een van die mooiste gedeeltes in die Woord van God. Wanneer ek so hartseer en moedeloos word dat ek besef dat geen mens my meer tot hulp kan wees nie, en ek so laag ten gronde gebring is dat die enigste rigting waarna ek kan kyk opwaart is, kan ek ook my oë opslaan en bely dat God alleen my hulp sal wees.
Ons volk was lanklaas in ons geskiedenis so onderdruk en so ten gronde gerig dat ons magteloos op soek is na leiding en verlossing van ons omstandighede, omstandighede wat daagliks al hoe erger en meer moedeloosheid veroorsaak. Hoe lank voordat ons sal erken dat daar vir ons geen heil by mense is nie? Daar is vir ons geen heil by “vryheidsorganisasies”, politieke partye of volksrade wat met ongelowiges wil onderhandel nie. Daar is geen mens op wie ons kan vertrou en wat ons van ons omstandighede sal verlos nie!!
2e GROOT TREK (3)
...EN DIE TERUGTREK VAN DIE GROOT TREK
AHM Victor
Lees reeks by ...en die terugtrek van die Groot Trek
'n Oorsig van die politieke verloop in SA sedert 26 Mei 1948, die rol van die Internasionale Geldmag daarin, hoe dit die Afrikaner op maatskaplike, ekonomiese, kerklike, opvoedkundige en kulturele terreine beïnvloed het, en die pad vorentoe...
Die direkte aanslag deur politieke leiers-self:
Na gelang die breinspoeling deur voorgaande instansies die volk vanuit sy kern op sleeptou begin neem het, het die politieke leiers ook geleidelik al hoe meer kordaat na vore getree en uiteindelik luidkeels vanaf die politieke verhoog 'n verwoestende aanslag op die Afrikanergestalte geloods. Alles wat behoudend, Christelik-nasionaal, konserwatief en heilig vir ons Afrikanervolk was, is as "verkramp", "verwerplik", "middeleeus", 'n "laer mentaliteit" afgemaak. Ja, selfs 'n Engelse publikasie, The South African Observer, wat konserwatisme onder die Engelssprekendes propageer, is aangeval en sy redakteur uitgemaak as iets bedenkliks.
— Die Afrikaner-handhawers van taal en sedes is by die naam genoem en uitgemaak as onrusstokers en aanstootgeërs.
— Die Engelssprekendes is omverskoning gevra omdat hierdie mense hulle taal "in hul keelgate wil afdruk"!
— Elkeen wat trou aan sy volk voorop en party-affiliasie as sekondêr beskou het, is as verraaiers, onrusstokers, verdagmakers, ens., afgemaak. "Vernuwing" was die wekroep!
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (20)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
Desemberstorie
Dit is in ons tyd so dat ’n mens Desembermaand met gemengde gevoelens tegemoet gaan.
Aan die een kant is dit die maand van die grootdae: Geloftefees, Kersfees, Oujaarsdag . . . en behalwe die uitgaan uit die oujaar, ook die inloop in die nuwe. ’n Maand van dankbaarheid en vreugde. Maar dit het ook iets anders geword. Ons feesdae het ander-soort-dae geword: Geloftedag het blote vakansiedag geword, Kersfees ’n piekniekdag, oujaarsdag die aanloopjolyt vir die pure plesier van die eerste dag van Januarie.
Dit sou dalk nog kon gaan - al die soorte van anderswees. Nie al die inwoners van ons land is Geloftedagmense nie, almal is ook nie Christene nie, en 31 Desember is ook nie vir almal die einde van die jaar nie. Maar wat onhebbelik geword het, is dat Desember die maand van die boef en die stroper en die dief en die inbreker geword het. Dit is die maand waarin jy nie meer weet of jou suurverdiende goedjies in die nuwe jaar dalk nuwe base sal hê nie.
AS DINGE VIR JOU VERKEERD LOOP
Ds AE van den Berg
“Ag dit louter vreugde my broeders, wanneer julle in allerhande versoekings val…..sodat julle volmaak en sonder gebrek kan wees…” Jak.1:2+4
Aan die ooskus van Amerika is daar ’n plek, Cape Cod, waar beroepsvissers ’n geurige tipe van salm vang. Fynproewers bestempel hierdie salm as die beste ter wêreld. Dis dan ook een van die gunsteling geregte op die spyskaart van die Withuis. Nogtans was daar een probleem – die kokke kon die salm nooit dieselfde laat smaak as by die kus nie. Dit was baie lekkerder by die kus.
Iemand kry toe ’n blink dog baie duur plan - i.p.v. die salm bevrore Washington toe te vervoer, is die visse lewendig in vragmotors met seewater tenks agterop van Cape Cod na die hoofstad vervoer. Maar wat ’n teleurstelling – die smaak het nie verbeter nie! Waar kon die probleem lê?
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
NET REG VIR DIE NUWE SA!
Die kinders ontdek 'n tikmasjien in die huis en die pa moet verduidelik. Hy sit 'n vel papier in en tik. Die kinders staan verstom.
'Waar prop jy hom in?' wil hulle weet.
'Nee, jy prop hom nêrens in nie,' antwoord die pa.
'Nou waar is sy batterye?' vra die kinders.
'Nee, hy gebruik nie batterye nie.'
'Liewe genade Pa, nou hoekom het hulle dit nie al laaaankal uitgevind nie?!'
AANBIDDING VAN MARIA
Ds AE van den Berg
" Pous Pius XII het op 1 November 1950 die grootste onsin wat ooit aan Maria toegedig is, kwytgeraak. Hy het tydens ‘n ex cathedra uitspraak gesê dat haar liggaam drie dae na haar dood opgewek is waarna sy as die koningin van die hemel opgevaar het en ‘n troon aan die regterhand van Jesus ingeneem het! Hiermee trek die RK ‘n lasterlike parallel met Jesus se opstanding en hemelvaart. "
Die Christendom het nooit enige probleme met Maria gehad totdat die Roomse Kerk (RK) haar as hemelse koningin gekroon het nie. Die Nuwe Testament sê weinig oor Maria. Haar laaste aangetekende woorde word aan die begin van Christus se amptelike bediening geuiter toe sy tydens ‘n bruilof te Kana vir die diensknegte sê: “Net wat Hy vir julle sê, moet julle doen” (Joh.2:5).
Dit staan nêrens in die Bybel dat sy tot dieselfde vlak as Christus verhef en aanbid moet word nie. Maria was slegs geseënd omdat sy die Christuskind gebaar het en niks verder nie. Daarom het die vroeë Christelike kerk geen Maria-verering geken nie. Dit sou beslis as afgodery verwerp gewees het.
WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (6)
Dr Willie Lubbe
Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?
VRYHEID - en Oranje
AS ONS MAAR NOU ’N PRESIDENT STEYN KON HÊ!
“Ek beloof julle ek sal my hand op geen papier sit waardeur ons onafhanklikheid sal vernietig word nie!” President M.T. Steyn
" En vanuit die Vrye Nederlandse Republiek van 1648 loop die Oranjelyn reguit deur na ons eie geskiedenis want uit hierdie Republiek is ons volksplanting onderneem. Witman, waar’s jou vryheid? Ons het koers gehou op die Oranje-vryheidslyn. Maar toe het die krink en die trutrek gekom, terug na die geknelde land van onvryheid en volksvreemde regering. 3 September 1984: Prysgawe ... Verloëning . .. Boeie. Waarheen nou?"
31 Mei 1961
Die rooiste dagbreek in die geskiedenis van die Boerevolk. Dag van vervulling. Vryheidsdag!
Suid-Afrika is ’n vrye Republiek in die statery van nasies. Bruisende geesdrif. Uitbundige vreugde. Die skare wat ’n stuifreëntjie trotseer, sing spontaan “Prys die Heer”. Dan die juigkrete: “Lank lewe die Republiek! Lank lewe die Republiek!”
Skrynend ironies ... 3 September 1984. Ons sou toe dit nooit geglo het nie ...
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (19)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
’n Vriend in nood
In ’n huis in Molenstraat op Die Bult in Potchefstroom het vroeër-dae ’n oubaas gebly met die naam van oom Jan Kowa. En hy was iemand met wie die skoolkinders graag gesels het, en dit is een van hulle wat my van hom vertel het.
Deur die depressiejare het dit met oom Jan Kowa, soos omtrent met almal, swaar gegaan. Die enigste werkie wat hy kon kry, was om in diens van die munisipaliteit pad- en straatmaker te word — met die pik en die graaf natuurlik.
Maar oom Jan Kowa het nie te lank met die pik gekap nie, toe kry hy bevordering. Hy word toe, wat hy genoem het, “ ’n hoofman over tien”. En hy lê die pik neer en kry ’n voormansgraaf om hier en daar ’n streep mee te trek, sodat die ander kon sien waarlangs hulle moes kap.
HERVORMINGS- DAG: 31 OKTOBER
Ds AE van den Berg
Hierdie dag word in die Protestantse Kerke as die begin van die Kerkhervorming beskou, en jaarliks word dit op die Sondag die naaste daaraan herdenk. Die datum is dié dag waarop Martin Luther 95 stellinge aan die deur van die slotkerk in Wittenberg aangebring het.
“Voorwaar, voorwaar Ek sê vir jou, as iemand nie weer gebore word nie, kan hy die koninkryk van God nie sien nie” ;
“Want die geregtigheid van God word daarin geopenbaar uit geloof tot geloof, soos geskrywe is: Maar die regverdige sal uit die geloof lewe” - Joh.3:3 en Rom.1:17.
Die Roomse Kerk (RK) glo dat sy die oorspronklike kerk is en dat almal wat nie aan haar behoort nie, hel toe gaan. Vandaar die geykte uitspraak: Daar is geen saligheid buite Rome nie. Dis ’n leuen! Daar is geen saligheid binne die RK nie! Die leer van die RK verskil drasties van die kerk van die Nuwe Testament (NT) dat sy haar oorsprong nie in die leerstellings van Christus of sy apostels kan hê nie! Nêrens in die NT word van ’n pousdom, Maria-aanbidding, die aanroep van heiliges, die bieg of vagevuur geleer nie. As dit nie Bybels is nie, waar kom die RK aan haar dwaalleer? Dis ’n interessante verhaal wat ek met u wil deel.
DIE BOEREMAG- VONNISSE
Andries Breytenbach
Leier van die HNP en Voorsitter van die Boere-Afrikanervolksraad
Aan F.W. de Klerk, voormalige Staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika
Meneer De Klerk,
'n Aantal Christen Boere-Afrikaners is pas langtermyn gevangenisstraf en die res mindere strawwe opgelê vir "hoogverraad", omdat hulle ons volk op onkonstitusionele wyse wou ontset van 'n volksvreemde regering en Grondwet.
Elkeen van daardie vonnisse kom jou persoonlik toe, want JY is die werklike verraaier wat ons volk met lis en bedrog aan 'n vyandige mag onderwerp het toe jy jou Presidensiële eed om "die Grondwet en alle ander reg van die Republiek (te) gehoorsaam, eerbiedig, handhaaf en onderhou" verbreek het toe jy, in stryd met die land se Grondwet, 'n "Nasionale Oorgangsraad" geskep het wat besluite van die Kabinet as hoogste Uitvoerende Gesag kon veto, en daarna 'n kieswet deurgevoer het wat die politieke mag oor ons vaderland onherroeplik in die hande van die swart meerderheid geplaas het.
Dat jy geen hek geskep het waardeur die Boere-Afrikanervolk op 'n konstitusionele wyse uit dié bedeling kan ontsnap nie, toon jou bose opset teen ons volk.
WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (5)
Dr Willie Lubbe
Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?
VRYHEID - en nasionalisme
"Afsonderlike nasionale vryheid en selfbeskikking vir elke volk in Suid-Afrika het glo die toekoms in ’n verkeerde rigting gestuur, maar die vraag of die nuwe formule van integrasie die toekoms in ’n regte rigting sou stuur, is nooit gevra of beantwoord nie. Dit is oorgelaat aan ’n verwarde en onsekere, oningeligte Blanke kieserskorps om te beslis of dit ’n formule vir vreedsame naasbestaan in die plurale samelewing, die bloudruk vir bestendigheid, ordentlike verandering en ontwikkeling is en of dit ’n resep vir rewolusie, ’n konsep vir chaos sou wees."
Mensegemeenskappe verander voortdurend en om baie redes. Maar al is ’n gemeenskap voortdurend genoodsaak om allerlei invloede te verwerk en allerlei aanpassings te maak, hoef sy identiteit nog nie in gedrang te kom nie.
MENS IS HOOFOORSAAK
Die belangrikste rede vir verandering in sy gemeenskap is die mens self. Sy nuwe denkbeelde, sy keuses, sy beslissings, ja sy hele lewens- en wêreldbeskouing en sy handelinge bring keerpunte in die geskiedenis; bring bakengebeurtenisse soos ’n Franse Rewolusie, soos ’n Groot Trek, ’n Eerste Vryheidsoorlog en so meer.
VERLOSSING UIT GENADE
Hannes Ollewagen
Efesiërs 2:1-10
Vers 8&9: “Want uit genade is julle gered, deur die geloof, en dit nie uit julleself nie: dit is die gawe van God; nie uit die werke nie, sodat niemand mag roem nie.”
Watter wonderlike gawe het ons as kinders van God om die GAWE van geloof van ons Vader te kon ontvang, en dit sonder enige verdienste! Dit alles net oor Hy ons eerste liefgehad het en ons hierdie gawe wóu skenk!
Wat maak ek en u met hierdie gawe wat ons van Hom ontvang? Waardeer ons dit opreg en probeer ons dit koester en laat groei om meer soos ons Meester, Jesus Christus, te word of is ons slegs bewus van die gawe wat ons ontvang het, en dit is waar dit eindig?
2e GROOT TREK (2)
...EN DIE TERUGTREK VAN DIE GROOT TREK
AHM Victor
Lees reeks by ...en die terugtrek van die Groot Trek
"...ons voorste kultuur-, kerk- en sakeleiers op daardie tydstip reeds op hoë vlak affiliasie gehad het met die United States-SA Leader Exhange Program (USSALEP), 'n Sionisties-geïnspireerde liberalistiese breinspoel-organisasie, wat uiteindelik ook groot politieke, maatskaplike en godsdienstige veranderings in Suid-Afrika sou teweeg bring... ...en siedaar: die aanslag teen die Christelik-nasionale geestelike van die ware Afrikaner is vervolmaak. Die soort mens wat nooit deur die wêreldoorheersers wat uit 'n Sionistiese sameswering sou voorkom, regeer sou kon word nie, moes uitgedoof word in 'n proses van evolusie wat verhaas moes word deur die voorgaande breinspoelende masjinerie."
'n Oorsig van die politieke verloop in SA sedert 26 Mei 1948, die rol van die Internasionale Geldmag daarin, hoe dit die Afrikaner op maatskaplike, ekonomiese, kerklike, opvoedkundige en kulturele terreine beïnvloed het, en die pad vorentoe...
Skaars onverwags aan bewind, sou die maghebbers meteens weer gekonfronteer word met die geploeter wat binne die raamwerk van die sg demokratiese Anglo-Joodse staatsvorm verwag kan word. Die NP was met 'n skrale meerderheid aan bewind.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
OUDERDOM HET OOK VOORDELE...
* Goed wat jy nou aankoop gaan nie opgebruik word nie.
* Jy kan aandete eet teen vieruur die middag.
* Jy dink nie meer spoedbeperkinge is uitdagings nie.
* Jy bodder nie om jou maag in te trek nie, maak nie saak wie loop in die kamer in nie.
* Jou ledemate is meer akkurate weervoorspellers as die weerburo.
* Jou geheime is veilig by jou vriende omdat hulle dit nie kan onthou nie.
* Jy maak elke dag nuwe vriende want jy onthou nie die oues nie...
OM CHRISTEN TE WEES
Ds AE vd Berg
“Toe sê Jesus vir sy dissipels: As iemand agter My aan wil kom, moet hy homself verloën en sy kruis opneem en My volg” - Mt.16:24
Wat is ’n Christen? Mense het verskeie antwoorde op dié vraag. Sommige glo dat om lidmaat van ’n kerk te wees, van jou ’n Christen maak. Ander weer dat die doop en aanneming van jou ’n Christen maak. Die meeste mense glo egter om godsdienstig te wees en sedelik rein te leef, van jou ’n Christen maak.
Ongelukkig is nie een van hierdie antwoorde reg nie! Jesus waarsku dat nie almal wat sê hulle Christene is, dit is nie: ”Nie elkeen wat vir My sê Here, Here! sal ingaan in die koninkryk van die hemele nie…” (Mt.7:21). Wat beteken dit om ’n Christen te wees?
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
WAAROM DIE KP NIE MEER BESTAAN NIE...
Waar maar raar: In 1982 sit prof Daan Swiegers en sy medekeurders van die SA-Rugbyraad op Loftus Versfeld, ernstig besig om die Springbokproewe dop te hou.
'n Briefie word deur 'n lid van die publiek aan hom oorhandig met die volgende inhoud:
"Professor Swiegers, doen ons asseblief 'n guns: kies vir Errol Tobias in die plek van Naas Botha, dan verseker jy die KP van 10 setels" ...
WITMAN, WAAR IS JOU VRYHEID? (4)
Lees reeks by Witman, waar is jou vryheid?
VRYHEID - en staatsbeskouing
"Die staatsowerheid se roeping is tweërlei van aard: Altwee tafels van die Wet moet bewaar word deur eerstens te verseker dat die erediens onbelemmerd kan voortgaan en ongeloof bestry word; en tweedens, deur die reg, rus en vrede in stand te hou... elkeen sal van sy dade verantwoording moet doen, hoe hoog sy pos ook mag wees."
"Volgens die volkstaatgedagte, veral soos dit deur Paul Kruger vertolk is, is burgerskap die voorreg van volksgenote en kan vreemdelinge nie daarop aanspraak maak nie. Die getal vreemdelinge is dus nie van belang nie, want die staat behoort aan die volk en die volk besluit oor watter van sy lewensverbande vir vreemdelinge oop is en watter nie."
“Dit, na my mening, en in besonder onder die Hollands-sprekende mense van die vroeëre Republieke, is steeds hulle hoop gewees, en is vandag nog hulle hoop, en ten slotte is dit die mees verhewe hoop wat ’n volk kan koester, naamlik onafhanklikheid. ” (Genl. J.B.M. Hertzog)
BELANGRIKHEID VAN RAS EN VOLK
Die belangrike plek wat ras en volk in die Afrikaner se staatsopvattinge beklee, mag nie uit die oog verloor word nie.
2e GROOT TREK (1)
...EN DIE TERUGTREK VAN DIE GROOT TREK
AHM Victor
Lees reeks by ...en die terugtrek van die Groot Trek
"Mag hierdie werk dien tot bemoediging vir 'n volk wat op die vooraand staan van 'n ander louteringstog – 'n nuwe Groot Trek".
'n Oorsig van die politieke verloop in SA sedert 26 Mei 1948, die rol van die Internasionale Geldmag daarin, hoe dit die Afrikaner op maatskaplike, ekonomiese, kerklike, opvoedkundige en kulturele terreine beïnvloed het, en die pad vorentoe...
Moord, roof en plundering aan die 'Oosgrens'; die onvermoë of onwilligheid van 'n Blanke liberale Britse bewind om wet en orde te handhaaf; Swarte Ommegang; die Reads en Van der Kemps se gepamperlang van 'natuurkinders' in die naam van Christelikheid; die gewapende Pandoere, Slagtersnek, ens. Dit was die faktore wat die lewensruimte van ons voorsate sodanig ingekort het dat hulle in 1836 georganiseerd Kaapland verlaat het. Hierdie Godvresende voorsate van ons het hulle met hierdie daad die onmin van die Britse regering op die hals gehaal. Wat egter skokkend was, is dat die Kerk van hierdie stoere geslag, in die koor saamgeskel het op die "hardekoppe en dwarstrekkers". Ja, die volk het sonder sy predikante getrek.
GEEN 'F' VIR MUSEWE
Kriewelkop
"Ek pleit by alle swart middelklas Suid-Afrikaners om die leuens te beveg; die leuen dat om blankes se eiendom te vat welvaart sal meebring; die leuen dat swartes daarop geregtig is om te vat wat nie aan hulle behoort nie. Dit is alles leuens en werk nooit in die praktyk ten goede nie; inderwaarheid vernietig dit alle vooruitgang soos ons hier in Zimbabwe gesien het. Daar is niks wat harde werk en geduld kan vervang nie! Die arm swart massas in Suid-Afrika gaan hulself tekort doen as hulle Malema se valse beloftes glo en uitvoer. Hier in Zimbabwe het daar niks van al die beloftes gekom nie en het die swart massas reguit teruggekeer na hulle armoede nadat die swart politici oorgeneem en hulself alleen verryk het."
Dit is die woorde van Vince Musewe, 'n baie swart ekonoom in Harare wat by swart Suid-Afrikaners pleit om Malema en sy uitgangspunt te beveg.
Musewe het opsigtelik nie 'n F op skool gekry nie. Sy insig spreek helder uit sy mening dat 'n land se grootste vyand die klomp swart politici is wat die massas opsweep om goedere te versamel waarvoor hulle nie gewerk het nie om hulself dan daarmee te verryk. Musewe praat openlik oor Malema se gevaarlike poging om die swart massas tot gewelddadige opstand op te lei met die belofte dat hulle alles van die witman mag inpalm.