NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Daar is 'n egte manier om jou rykdom te meet: moet dit nie meet aan wat jy besit nie maar meet dit aan dié dinge wat jy nooit vir geld sal verruil nie.

2e GROOT TREK (6)

...EN DIE TERUGTREK VAN DIE GROOT TREK

AHM Victor

Lees reeks by ...en die terugtrek van die Groot Trek

"VERNUWING" EN DIE KERK

"Nee, die politiek is nie die Kerk se werk nie maar wanneer die duiwel in die politiek die septer begin swaai, het die Kerk 'n plig. Wat nodig was, is dat die Kerk aan die hand van die Bybel self die waarheid deur sy preke moes bring, die kennis moes versamel om hierdie listige rol van die magte van die duisternis aan die lidmate oor te dra. 'n Christenmens sou dan toegerus wees om sy oordeel oor 'n regering uit te spreek."

Nog voor die oorname van Uniewinkels deur die volksvreemde geldmagte in 1976 het die Afrikaner se aandeel in die handel reeds weer gedaal tot die peil van 1939.  Word die volk by implikasie wysgemaak dat hy in sy "nuwe-nasie"-wording 'n erfreg sal kan bekom in die vreemdes se geldbelange wat Suid-Afrika se ekonomie in groter mate as in 1939 in die holte van sy hand hou? Intussen aanskou ons hoe "Afrikaner"-beroepspolitici met verhoging op verhoging in vettigheid en weelde lewe op 'n Progbeleid. Die ergste was die saamjuigery van die Afrikaanse Handelsinstituut met alles waarvoor die Association of Chambers of Commerce voorheen gestaan het, terwyl die redakteur van Volkshandel skel op die "dromers" van 1939. Ja, Vader Kestell, 'n A.J. van der Merwe  en andere, hulle was dan die "dromers".

Andermaal word langs hierdie weg te kenne gegee dat ons voorsate geen ideale met die Groot Trek gehad het, waardig en suiwer genoeg vir hulle nasate om in ere te hou nie.

Die ironie van die dag is dat sommige van die plaaslike Afrikaanse sake, veral dié wat direk voortgespruit het uit voorgemelde sosio-ekonomiese strewe, ons soort mense se heelhartige ondersteuning geniet, omdat ons net die anders kan nie, maar hulle nogtans in kultuur-, kerk- en geheime liggame teen ons "verkramptes" saamsweer.  Saamsweer omdat ons uit hoofde van ons Afrikanerherkoms en loutering, en getrou aan die ideale van ons voorgeslagte, wat kulmineer het in die oorwinning van die Afrikaner by die stembus van 1949, nie ons weg oopgesien het om sela te sê op die moderne Nasionale Party se voetvallery jeens die Magte van die Duisternis nie.

Waar staan die Kerk?

Hier is vroeër aangedui hoe die Kerk van die Afrikaner hom tydens die Groot Trek aan die kant van die Kaapse liberale regering geskaar het en met gevoude hande toegesien het hoe die Trekkers sonder predikant trek.

Nadat die Trekkers reeds nagenoeg 'n dekade lank herderloos in die binneland gevestig was, het die Kerk skielik weer begaan begin raak oor die mense se siele. Dit, nadat die Trekkers met groot opofferinge wel hier en daar daarin geslaag het om oorsese predikante te werf.

Dit is inderdaad so dat die NG Kerk in byna elke krisisuur van die Afrikanervolk in sy afwesigheid geskitter het. 'n Mens kry die indruk dat die Kerk in sy Dogterskerk (sending-skakering) tot veel meer risiko's bereid was as ten opsigte van die Blanke lidmaat. Wat nogtans 'n verbasende feits is, is dat hierdie volk wat deur sy Kerk van tyd tot tyd uiters stief behandel is, desnieteenstaande as Godvresende volk bly voortbestaan het.

Maar waar het die kerk in die krisisuur van 1979 en wat hierop sou volg in die tagtigerjare gestaan? Die totale aanslag op die Afrikaneren op alles waarom sy volkswordinggewentel het, 'n totale aanslag op die Christendom wat hoofsaaklik sentreer om die gestalte van die Afrikanerin hierdie Suideland, 'n totale aanslag op ons sedes en ons tradisies, ons Christelik-nasionale lewensingesteldheid; op die volk uit wie se hand die barbaar geëet het, wat hom beveilig het teen homself, wat hom gekersten het en geleidelik die poorte van beskawing binnegelei het? Hierdie keer kom die totale aanslag openlik van die duiwel self, en sy agentskappe: die ateïstiese politieke Sionisme, ook die Kommunisme (beide stigtings van die Illuminatie met sy geldmagte soos die Rothschilds, Rockefellers, ens), die VVO met al sy skakerings, die internasionale bankinstellings wat hulle voordoen as statutêre instellings, en die Vrymesselaars, uit die Broederbondorganisasie van die Afrikaner.

Die Kerk aanskou stilswyend hoe ons beroepspolitici onder druk van dié magte alle soorte assosiasies aanknoop met onder andere heidense volke soos Israel en obskure staatjies uit Afrika, en nie nalaat om hulle duiwelse leuenpropaganda oor Radio en TV op weerlose mense uit te stort nie. Die Kerk sit en toekyk hoe die détente "gee my ses maande"-beleid van 'n vorige Eerste Minister oor die volgende vier jaar uitgeloop het op blote uitvoering van obskure Afrikastate se voorskrifte wat kulmineer in 'n onheilige geknoei in Rhodesië, Suidwes-Afrika en toe 'n finale aanslag op die Blankedom in Suid-Afrika, met min détente en baie bloed wat vloei; met die Witman gekondisioneer met "vrede-vrede"  - draai die ander wang-mentaliteit – kanend aan die verloorkant. Dit glo alles ter wille van "ekonomiese en politieke stabiliteit".

Nee, die Kerk staan nie stilswyend en toekyk nie, hy speel in die sirkus mee. Is verreweg die meerderheid predikante van die Kerk nie Broederbonders nie? Is dit nie die NG Kerk wat in Oktober 1974 saamaanbidding op Kerkrade afgedwing het nie (in 1961 aan die hand van die Bybel dit nie geregverdig nie maar toe skielik aan die hand van dieselfde Woord geregverdig het?)  Is dit nie so dat die Kerk nog steeds sonder bewende hand die sakramente by die Nagmaal uitdeel, o.a. aan beroepsolitici wat binne die raamwerk van die korrupte staatsvorm van verhoog tot verhoog mislei en inderdaad ook valse getuienis spreek nie? Is dit nie so dat in die hand van baie prediante van die NG Kerk die Nuwe Testament verbuig word tot Marxisme, wat op 'n godsdiens van humanisme neerkom? Was dit nie ook die godsdiens van die Reads, Van der Kemps, Huddlestons en De Blanks nie?

Dieselfde kerk wat nou so preek oor die onchristelikheid van die sogenaamde swaarkry van die Swarte, het in alle tale geswyg toe die Witman sy eie armblanke tyd beleef het. Soos baie andere moes ek vir drie jaar van my hoërskoolloopbaan naweek vir naweek sestig myl per fiets aflê oor sand- en grondpaaie, selfs op treinspoorskouers waar die pad te sleg was; in elke denkbare omstandigheid van wind, reën, hitte en koue. In daardie tye was daar ook vermoënde mense om ons. Tog het niemand, veral nie die Kerk, ons omstandighede as onchristelik, onderdrukkend bestempel nie, of 'n poging aangewend om ons lot te verlig nie.  Deur te spook, te spartel en baie hard te werk, moes elkeen maar toesien hoe hy weer bo kom. Was dit omdat ons vel wit was dat niemand sentimenteel oor ons lot kon voel nie?

Is dit nie die NG Kerk van Universteitsoord in Pretoria wat met sy saamaanbidding die Swartes op Engels by die dienste verwelkom het nie? Is dit nie die NG Kerk wat aan die hand van een van sy gelykmakingsdagblaaie aanvegbare grepe uit preke verskaf nie? En reageer jy op die berig word jy versoek om liewer die "agent" by sy kantoor te spreek want dit is nie in belang van die  kerk om 'n debat in die openbare pers te hê nie! Die vrome predikant se propaganda en al die gepaardgaande agente se ondersteunende artikels moet ongehinderd deurwerk na die man in die straat.

Nee, die politiek is nie die Kerk se werk nie maar wanneer die duiwel in die politiek die septer begin swaai, het die Kerk 'n plig. Wat nodig was, is dat die Kerk aan die hand van die Bybel self die waarheid deur sy preke moes bring, die kennis moes versamel om hierdie listige rol van die magte van die duisternis aan die lidmate oor te dra. 'n Christenmens sou dan toegerus wees om sy oordeel oor 'n regering uit te spreek.

Die Kerk se taak was om die Bybel vir eens en vir altyd reg te lees en dit nie kort-kort só te lees dat dit by "veranderde tye, vernuwing, sinvolle ontplooiing"-propaganda aangepas moes word nie. Die norme wat deur die Woord uitgemeet word, is onveranderlik. Om saam te beweeg met "wegbeweeg van diskriminasie" was 'n loflied in die idioom van die politieke pionne.

Vervolg...

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld Onskuldige bloed: Britse oorlogsmisdade 1899-1902, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1801 gaste aanlyn