NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jesus het alles vir ons kom doen op aarde; selfs sy uitroep: "My God, my God, waarom het U My verlaat?" het beteken dat ons as Christene nooit weer daardie vraag hoef te vra nie!

EINDE VAN PRIVATE EIENDOMSREG

Die Afrikaner

Gevaarligte oor privaatbesit in Suid-Afrika

Geen vergoeding vir onteiening

Wetgewing wat gevaartekens uitstuur omtrent privaat eiendomsreg in Suid-Afrika dien tans op die ANC-regime se parlementêre agenda en wek plaaslik en oorsee groot kommer.

Buitelandse diplomate asook oorsese sakeorganisasies het na ’n aanvanklike swye hul kommer uitgespreek oor die wysigings aan die Wet oor die Regulering van die Privaatsekuriteitsbedryf, die wysigings aan die Wet op Mineraal- en Petroleumbronontwikkeling en die nuwe Wet op Intellektuele Eiendom.

Verskeie lande is trouens al in kennis gestel dat die Wetsontwerp op die Bevordering en Beskerming van Beleggings bestaande ooreenkomste gaan vervang en Suid-Afrika het begin om van die ooreenkomste te kanselleer.

Die ernstige implikasies van die Beleggingswetsontwerp blyk uit ’n uitspraak van die Instituut vir Rasseverhoudinge (IRV) wat sê dat dié wetgewing, in kombinasie met dieWetsontwerp op die Herstel van Grondregte, “die einde van private eiendomsreg in Suid-Afrika sal beteken – nie net in die landbou nie, maar dwarsdeur die ekonomie”.

Die IRV voeg by: “Ons is van mening dat die regering en die African National Congress (ANC) die weg voorberei om op private eiendom beslag te lê en dit onder arm gemeenskappe te versprei indien en wanneer hulle dit nodig ag. Daardie tyd sal kom wanneer die politieke druk op die ANC so groot is dat hy bang is dat hy ’n toekomstige verkiesing gaan verloor.”

Dr Anthea Jeffery, die hoof van spesiale navorsing by die IRV, sê in haar analise oor die wetgewing: “Die Beleggingswetsontwerp is in wese ’n nuwe onteieningsmaatreël wat op alle eienaars van eiendom in Suid-Afrika, plaaslik sowel as buitelanders, van toepassing sal wees. Dit sal waarskynlik ook meebring dat baie mense geen vergoeding vir die verlies van hulle eiendom ontvang nie, mits die staat dit oorneem, nie as eienaar nie, maar eerder in ‘voogdyskap’ vir die benadeeldes. “Saam met die Wysigingswetsontwerp op die Herstel van Grondregte van 2013 kan dit daartoe lei dat eiendom van uiteenlopende aard deur die staat in ‘voogdyskap’ vir grondeisers geneem word, sonder enige vergoeding vir die vorige eienaars”, sê sy.

Doktor Jeffery skryf voorts: “Die Wetsontwerp op die Bevordering en Beskerming van Beleggings van 2013 is in November verlede jaar deur die Departement van Handel en Nywerheid in die Staatskoerant gepubliseer. Die toegelate drie maande vir kommentaar deur die publiek het aan die einde van Januarie 2014 verstryk.

“Die eintlike gevaar van die Wetsontwerp is egter nie dat plaaslike eienaars van eiendom tot ‘billike en regverdige’ vergoeding van minder as markwaarde beperk sal word nie, maar dat hulle hoegenaamd geen vergoeding sal ontvang nie”, sê sy.

“Hierdie gevaar spruit uit ’n sleutelklousule in die Beleggingswetsontwerp wat bepaal dat verskeie handelinge ‘nie op onteieningshandelinge neerkom nie’. Ingevolge die Wetsontwerp sal daar dus geen onteiening wees nie waar die regering se optrede lei tot ‘die ontneming van eiendom’ maar ‘die staat nie eienaarskap verkry nie’ en ‘daar geen permanente vernietiging van die ekonomiese waarde van die belegging is nie’.

“Die bewoording van hierdie bepaling kan teruggespoor word na ’n meerderheidsuitspraak van die Konstitusionele Hof in April 2013. Hierdie uitspraak, wat deur hoofregter Mogoeng Mogoeng gelewer is, het daaroor gegaan of onteiening plaasgevind het as ’n ongebruikte (en onomgeskakelde) private mynreg ‘opgehou het om te bestaan’ ingevolge die Wet op Mineraal- en Petroleumbronontwikkeling van 2002.

“ Regter Mogoeng het bevind dat Sebenza Pty Ltd, wat die onderhawige steenkoolmynreg besit het, onderhewig was aan ’n ‘verpligte ontneming’ van sy reg ingevolge die MPRDA.

Voorts berus ‘die voogdyskap’ van hierdie hulpbron nou ‘by die staat namens die mense van Suid-Afrika’. Die staat het egter nie eienaarskap van die mynreg verkry nie. Die staat is bloot ’n ‘voog’ of ‘geleibuis’ waardeur ‘breër en billike toegang  tot mineraalhulpbronne verwesenlik kan word’.

“Aangesien die ontneming van eienaarskap van Sebenza nie met die verkryging van eienaarskap deur die staat gepaardgegaan het nie, het daar geen onteiening plaasgevind nie, aldus die hoofregter se bevinding. Gevolglik is geen vergoeding betaalbaar nie”.

Dr. Jeffery het vervolgens daarop gewys: “Wanneer die Beleggingswetsontwerp eers op die wetboek is, kan die regering sy reëls gebruik om verdere maatreëls te tref om alle mynbougrond, mynboutoerusting en ander mynboubates op die staat as die voog van die nasie se minerale hulpbronne te laat oorgaan, en saam daarmee swart Suid-Afrikaners in die besonder nooi om by die Departement van Minerale Hulpbronne aansoek te doen vir ’n lisensie om ’n deel van hierdie bates vir ’n bepaalde tydperk te gebruik.

“Soortgelyke maatreëls, wat bedoel is om ’n soortgelyke uitkoms teweeg te bring, kan getref word met betrekking tot alle ander “beleggings” wat deur die Beleggingswetsontwerp gedek word. Dit word breed omskryf om maatskappye, aandele, grond, roerende eiendom en intellektuele eiendom in te sluit, saam met mynregte en soortgelyke ‘lisensies, magtigings of permitte... om ekonomiese en kommersiële handelinge te verrig’.

“Die Beleggingswetsontwerp moet ook gelees word in die konteks van die Wysigingswetsontwerp op die Herstel van Grondregte van 2013 wat die regering beoog om voor die algemene verkiesing van Mei 2014 deur die parlement te druk. Die Herstelwetsontwerp verskuif die spertyd vir die indiening van grondeise van Desember 1998 tot Desember 2018. In hierdie verlengde tydperk sal daar waarskynlik sowat 379 000 nuwe grondeise ingedien word, volgens die regering se eie reguleringsimpakontleding.

Die afhandeling van hierdie eise kan die staat sowat R179 miljard kos, volgens die ontleding.” “Maar in die 2013/14 finansiële jaar was die begroting vir restitusie ongeveer R3 miljard.

Hoe gaan die staat dan die geld kry om al hierdie nuwe eise te skik, veral aangesien sowat 8 000 bestaande eise nog afgehandel moet word?”

In haar slotopmerking gee sy die kommerwekkende antwoord: Die Beleggingswetsontwerp kan natuurlik ’n oplossing bied. Indien die staat betwiste grond as ‘voog’oorneem vir grondeisers, sal daar geen onteiening uit hierdie ontnemingvoortvloei nie – en gevolglik sal daar geen vergoeding wees om te betaal nie.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2117 gaste aanlyn