Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
HERE, waarom laat U ons wegdwaal van u weë? Waarom verhard U ons hart, sodat ons U nie vrees nie? Keer terug, ter wille van u knegte, die stamme van u erfdeel!- Jesaja 63:17
WAARAAN GLO JY WERKLIK?
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
" Wat ’n nood het die Boerevolk nie aan mense met geestelike nagsig nie! Mense wat baie verder en dieper as die hier en die nou kyk en God raaksien. Ons het ʼn nood aan gelowiges wat aanhou met gelowig leef. "
“...en die einddoel van julle geloof, die saligheid van julle siele verkry” - 1Pet.1:9
Ek verplaas u in die geestesoog na 1943. Die toneel is ’n Joodse konsentrasiekamp in Duitsland tydens die Tweede Wêreldoorlog. Voor die onheilspellende staaldeure wat na die Nazi gaskamers lei, staan ’n lang ry mense hulle beurt en afwag om te sterf. Agter in die ry staan ’n ou Joodse rabbi, ’n waardige figuur en leraar van sy mense. Hy bid hardop: “Here, hoor ons in ons nood en help ons!” Die Duitse soldate lag hom uit.
Die ry beweeg vorentoe. Mense bid al hoe dringender; ’n jammerlike geroep om ’n hemelse ingryping: “Here, stuur tog U engel om ons te verlos. Laat die vlamme van u oordeel op die aarde val en hierdie bose mense verdelg!” bid die ou rabbi. Die soldate lag al harder.
Geen engel daal neer en geen vlam van oordeel val op die aarde nie. Al wat op die aarde val, is die trane van mense rondom die biddende rabbi; mense vir wie die laaste dag op aarde aangebreek het!
MANDELA EN SY TERRORISTE- BENDE (5)
Lees reeks by Mandela en sy terroriste-bende
OPERASIE MAYIBUYE:
Die terreurplan wat destyds uitgestel is met klein wysigings – in 2013 'n groter realiteit as ooit...
Die dokumente verdoem
" 'Val die swakke skaamteloos aan en vlug van die sterke!' - Operasie Mayibuye (spreek uit: maji boeje) is die omvattende, fyn uitgewerkte
plan deur Mandela en sy meelopers vir die oorname van landsbewind langs die weg van sabotasie en verwoesting, gepaardgaande met guerrilla-oorlogvoering met genoeg wapens om dwarsdeur die land dood en terreur te saai . . . Besonderhede vir die stigting en vereistes van ’n basisgebied kom treffend ooreen met die gegewens opgeteken in ’n dokument van die samesweerder Mandela na samesprekings wat hy in Kommunistiese China met ’n amptenaar gehad het... 'Die vereistes is soos volg vasgestel', is die beginwoorde van hierdie stuk, en in ’n lys wat volg word amper 150 ton ammonium-nitraat genoem, meer as twintig ton aluminiumpoeier, amper dieselfde hoeveelheid swartpoeier, 48,000 land- of anti-personeelmyne, 210,000 handgranate en 1,500 vertragingstoestelle vir bomme... Die Staat het in samewerking met deskundiges van die Suid-Afrikaanse Weermag die wapens ontleed en getoets wat die saboteurs al byna twee jaar lank in hul gepoogde skrikbewind gebruik. Hieronder is onder meer die petrolbom, vlambottel, termietbom, spuitbom en pypbom."
Vir die gemiddelde Suid-Afrikaner is die openbarings wat die Rivoniaverhoor amper elke dag gebring het, skokkend. En skokkend is die feite wat in die hof voorgelê word in die vorm van dokumentêre bewys.
VOLKSHOOP (12)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
Politieke bestel
Met die felste aanslag nog teen die Boere-Afrikanerdom het ons vyande ons ons politieke mag in Suid-Afrika op 28 April 1994 revolusionêr ontneem en het hulle as voorspel georganiseerde pogings geloods om ons wys te maak dat afsonderlike nasieskap iets onchristelik is en dat ons met anderskleuriges moet vermeng. Ons het en sal steeds sulke valse stellings verwerp. Ons glo dat ons volk deur God in die Suidhoek van Afrika in aansyn geroep is met ’n eie Christelike roeping tot eer van sy Naam en daarom kan verwag word dat ons ons as volk die reg sal toeëien om ’n nuwe Republiek daar te stel.
Dit is nie die doel van Volkshoop om in te gaan op die wyse hoe ons Boerevolk sy staatsgreep gaan laat plaasvind nie. Ons neem aan dat die staatsgreep wel gaan plaasvind en plaas nou die kollig op die politieke bestel wat ons Boerevolk daarna sal instel. Oom Klasie (Siener van Rensburg) waarsku ons dat as die nuwe regering sy verskyning maak, sal dit nog steeds ernstige gebreke hê, want die een skoen se punt is nog nie klaar nie.
Ons kan verwag dat die Boerevolk ’n politieke bestel gaan instel wat heel anders daar sal uitsien as wat tot op hede in Suid-Afrika bekend was.
VOLKSHOOP (11)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
Ons wys op 'n visioen wat Rick Joyner op 16 Mei 1993 en Koos van der Westhuizen gedurende Oktober-November 1964 gesien het, met betrekking tot Suid-Afrika in die tyd waarin ons nou leef:
Rick Joyner se visioen
Ek glo dat die situasie in Suid-Afrika nie op kalm politiese wyse opgelos gaan word nie maar afstuur op ‘n bloedbad van onvergeetlike historiese formaat en daardeur die wêreld se onverdeelde aandag op etniese konflik sal plaas.
Die gedeelte in die Woord van God aan my geopenbaar tydens hierdie gebeure was Matthéüs 24:7-8: “Want die een nasie sal teen die ander opstaan en die een koninkryk teen die ander; en daar sal hongersnode wees en pessiektes en aardbewings op verskillende plekke. Maar al hierdie dinge is net ‘n begin van die smarte.” - in Grieks die woord ‘ethnos’ is wat in Engels gebruik word as ‘ethnic’. Dit het my teruggevoer na die vraag wat die dissipels in Matthéüs 24:3 vir die Here Jesus by die Olyfberg gevra het oor wat die tekens van die tye sal wees in die voleinding van die wêreld. Ek weet nou dat een van die mees prominente tekens van die einde van hierdie era oppad na die koms van die Here die etniese konflik sal wees wat voor ons oë aan die opbou is.
Op die 16e Mei 1993 het ek ‘n visioen gehad waarin etniese geweld ‘n onbeskryflike impak op die voortbestaan van Suid-Afrika en die hele wêreld gehad het. Swartes het Blankes, en op hul beurt Blankes weer Swartes by die duisende doodgemaak. Die regering het totale beheer oor die situasie verloor en daar het onkeerbare anargie dwarsdeur die land losgebars.
STEMME UIT DIE VROUEKAMPE (7)
1899-1902
Lees reeks by Stemme uit die vrouekampe
deur Bienedell Uitgewers
Verklaring van Mev. Dorothea Jones te Klerksdorpkamp
" Sommige ook weer wat op sterwe lê vra vir kos, en dan kry hulle vir 'n antwoord ‘Vrek maar, dan is dit een minder om voor te sorg.’"
Ons is by ons huise deur die Engelse op waens sonder tente gelaai, en ons moes toe heel dag in die son bly sit tot die aand sonder kos of ’n druppel water. Toe eindelik gee hulle ons ‘Bully Beef' en klinkers. Ons sê toe vir hulle ons het nie perdetande nie. Ons kry toe meel om pap van te maak; dit kon ons ook nie eet nie, want dit smaak soos pure stysel.
Toe ons by die kamp kom, moes ons vier huisgesinne in een tent gaan. Die swaar het toe begin. Na ons vyftien dae daar was, breek die masels en kinkhoes onder die mense uit. My suster het in een maand se tyd al haar kinders verloor. Daar is tot twintig mense op een dag dood. ’n Hospitaal is toe later opgerig waar die mense kon heengaan; maar toe sterf die mense eers, want die Khakies kon hulle toe gif ingee netsoos hulle wou. Die naarste was as die mense beter word, vra hulle vir kos, en dan kry hulle net ‘Beaf Tea’ en kondensmelk. Sommige ook weer wat op sterwe lê vra vir kos, en dan kry hulle vir 'n antwoord ‘Vrek maar, dan is dit een minder om voor te sorg.’
Daar was ook ’n paar goeie nursies onder hulle wat vir die siekes kos gesteel het, maar hulle word weer siek so gou as hulle die kos geëet het, want hulle mage was te swak om kos te staan. Die nursies se geld is toe afgeneem en hulle is toe weggeja. Dr. Russel was ’n goeie dokter en het baie mense gesond gemaak. Hy is toe weggestuur omdat hy die mense te goed behandel het, en Dr. K. is toe in sy plek gekom, maar toe het daar byna nie een uit die hospitaal gekom nie. Elke mens wat hy gedokter het, se maag het so baie gewerk dat hulle daarvan dood is.
BY DIE MONUMENT
Lees meer by Gedigte
'n Gediggie deur A.G. VISSER ter nagedagtenis aan die talle kinders wat in die konsentrasiekampe tydens die Tweede Vryheidsoorlog gesterf het.
Rus in vrede, tere bloeisels,
Offers van die storm
Want uit weke moedertrane
Is die steen gevorm
Blomme van ’n later lente
Laat die boodskap weet:
Sê in liefde aan ons dode
Ons het nie vergeet.
Kleine Afrikaner-stemme,
— In ons eie taal —
Bring hier toegewyde hulde
Aan 'n ideaal.
VERGEWE EN VERGEET
Lees meer by Gedigte
Hierdie gediggie is geskryf deur TOTIUS, met verwysing na die lyding tydens die Tweede Vryheidsoorlog
Daar het ’n doringboompie
Vlak by die pad gestaan,
Waar lange ossespanne
Met sware vragte gaan.
En eendag kom daarlangs
’n ossewa verby
Wat met sy sware wiel
Dwars-oor die boompie ry.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Tolla se storie
Toe ek een aand so lekker gesuip is kom ek van die “bar” af.
Ek kom by die huis, “park” my karretjie, en nou stap ek saggies op my tone van die waenhuis af.
By die deur “suffer” ek om die sleutel in die gaatjie te kry, die deur het mos een gaatjie wat nou drie word en die drie gaatjies “move” ook nog.
Intussen staan my vrou vir my en kyk van die binnekant af.
Sy skreeu: “Jou vark, daai is die Cortina se sleutel waarmee jy die huis wil oopsluit”.
Ek kyk die sleutel so en sê: “O bloed, amper 'start' ek die huis!” Sy maak die deur oop en sê: “Kom in, kyk hoe lyk jou twee oë, hulle is bloedrooi van die “gesuipgeit!”
Ek sê: “Daai’s niks, jy moet hulle van die kant af sien!”
MANDELA EN SY TERRORISTE- BENDE (4)
Lees reeks by Mandela en sy terroriste-bende
DIE HOFSAAK BEGIN
"Op 9 Oktober verskyn die elf beskuldigdes die eerste keer. Hulle is Nelson Mandela, Walter Sisulu, Dennis Goldberg, Govan Mbeki, Ahmed Mohammed Kathrada, Lionel Bernstein, Raymond Mhlaba, James Kantor, Elias Motsoaledi, Andrew Mlangeni en adv. Bob Hepple. Aanklagte van sabotasie, dat hulle die doelstellings van die Kommunisme bevorder het en geld ingevorder of ontvang en bestee het om sabotasie te pleeg, word teen hulle gelê. Hulle sou 48,000 landmyne, 210,000 handgranate, pypbomme, spuitbomme, petrolbomme, termietbomme en bottelbomme vervaardig om verwoesting in die Republiek te saai... Om die hof te laat sien hoe elke bom presies volgens die beskuldigdes se formules saamgestel kan word is ’n klankfilm spesiaal voorberei. Met die lopende kommentaar van die Weermag se plofstofdeskundiges voorsien, toon die rolprent hoe geslaag die formules is en presies watter vernietigende effek dit kan behaal".
Dit is 3 Desember 1963. Hoewel dit nog vroeg is, skyn die somerson al warm oor Kerkplein in Pretoria. Die standbeeld van Paul Kruger gooi ’n lang skaduwee in die rigting van die Ou Raadsaal aan die suidekant. Oorkant, in die vaalgrys gebou links voor die Krugerbeeld, setel die Transvaalse afdeling van die Hooggeregshof in die Paleis van Justisie.
Dit is nog vroeg, maar die verkeer in die sirkelpad om die groen plein begin al kwaaier woel en nou verskyn ook ’n klompie polisiemanne op die Paleis van Justisie se hoe trap. Hulle is gewapen.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (13)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
Die wondergat
Die weg voer my nou eendag tot hier in die Noord-Vrystaat by ’n ou oom Hennerik en tan’ Fredericka van Wyk. En onse praat het wye draaie geloop, want as oom Hennerik eers anie gang gekom het, is hy soos ’n Duwisib-perd wat die stang vasgebyt het. En alliepad bly tan’ Fredericka in die bonnel, want dit lyk my sy verbeel haar as sy nie by is nie, kan oom Hennerik nie vertel nie; en hy, lyk my, dink weer ’n mens glo hom nie as hy haar gesag nie kan inroep nie.
En so beland ons drie-stuks later in Noord-Afrika.
En oom Hennerik se vir my: “Man, ek was mos innie laaste Wêreldoorlog die heel Noord-Afrika deur. Waar daar geveg is, was ek innie voorbonnel (as ek nie die aanvoerder was nie) - vra virrie vrou, daar sit sy.”
Maar op die oomblik moes tan’ Fredericka se gedagtes elders ’n draai gemaak het, want sy sê: “Dissie heilige waarheid. Daar’t my ou man die terroriste geskiet lat hulle dingese gons.”
VOLKS- VERGADERING
Die Geloftevolk is daardie volk wat gekenmerk word en gebonde is aan ons hemelse Vader by wyse van die Skrifte en die daaropvolgende geskiedenis, maar veral weens die geloftes wat sedert volksplanting tot stand gekom het, te wete:– Die Geloftes van: Van Riebeeck [1654]; Bloedrivier [1838] en Paardekraal [1880]. Ons is vanaf die begin die Geloftevolk!
Tema: As die HERE [JHWH] God is, volg Hom na!
Datum: D.V. 27-29 September 2013
Plek: Dankbaar CVO Skool, Bloemfontein
Volksvergadering Web Tuiste --> www.volksvergadering.co.za
Navrae: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
TOETS VAN MY GELOOF
Hannes Ollewagen
I Johannes 2:1-17
Ons sien in hierdie gedeelte hoedat Johannes vir ons ‘n riglyn gee om te weet of ons wel die REGTE God aanbid in ‘n wêreld wat wil voorgee dat elkeen God kan aanbid soos wat dit hom of haar pas. Johannes sê vir ons in verse 3 – 5 dat as ons sê dat ons God ken en Hom liefhet, maar geen begeerte het om aan Hom gehoorsaam te wees nie, is ons leuenaars en is daar rede vir dringende selfondersoek in ons lewens.
Let mooi daarop dat Johannes nêrens sê dat ons wetties moet lewe, of wanneer ons sondig dat ons God nie liefhet nie!! Inteendeel, in 1 Johannes 1:8-10 herrinner Johannes ons daaraan dat God se liefde vir ons so groot is dat Hy ons elke maal vergewe wanneer ons ware berou oor ons sondes het en dit voor Hom bely en omvergifnis vra. Juis om laasgenoemde rede is dit waarom Johannes aanvoer dat die besef van God se groot liefde vir ons, ons nader aan Hom sal trek om ook te probeer om Hom bo alles in ons lewens lief te hê. Dit omdat ons weet dat Christus se sterwe aan die kruis ons nie volmaak gelaat het nie, maar juis die losprys was vir al ons onvolmaaktheid.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
GEVAARLIKE VRY!
Die huisbediende werk al vir twee geslagte by 'n familie in Melkbosstrand. Sy staan een oggend in die kombuis en skottelgoed was, sing die een hallelujalied na die ander.
Die nuwe tuinjong met die kruiwa vol vullis stap by die venster verby. Sy skreeu vir hom deur die venster: “Haai jy! vir wie fluit jy, vir wie fluit jy so?”
Tuinjong: “Nay auntie, dis nie ek nie!”
Bediende: “Nou toe, jy moet waag vir my fluit hoor!”
VOLKSHOOP (10)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
"Die staatsgreep wat ons hier in ons land sal beleef, sal voorafgegaan word deur 'n staatsgreep in Duitsland. Die neo-Nazi-politiek in Duitsland het sedert die afbreek van die Berlynse muur in 1988 'n Duitse werklikheid geword wat geo-politieke analiste periodiek as belangrik uitlig. Hierdie politieke groep het veral sterk steun in die Duitse weermag en in die Duitse sakewêreld. Daar is beslis groot geld agter hierdie politieke groep."
Swartes en Engelse vlug weg na Engeland en Europa
Op 29 September 1919 sien oom Niklaas hoedat derduisende swartes en Engelse na afloop van die stryd waarin die Afrikaner sy vryheid terugkry, holderstebolder uit Suid-Afrika wegvlug om in Engeland en Europa vir hulle 'n nuwe heenkom te probeer vind. Eers wanneer hierdie swart vloedgolf Engeland tref, sal sy ekonomie begin in duie stort en sal hy finaal ondergaan. Siener sien die Britse vloot dryf op die see soos leë kissies. Hulle is doelloos en magteloos want hul het burgeroorlog en hongersnood in hul land. Hy sien die Engelse soldaat sit op 'n swart perd. Hy ry in 'n rivier in. Die water slaan oor die perd en ruiter. Die nag sal oor Brittanje toesak. Ek sien die slang rol hom op – die swartes en gekleurdes gaan vestig hulle in Engeland. Dan begin al Engeland se probleme.
VERSE VAN VERSET EN OOTMOED (11)
'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes.
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
SENSUS
Die derde demokratiese sensus word opgeneem
Dis belangrik vir die goeie werking van die sisteem.
Hierdie syfers sal noodsaaklike inligting verleen
En so regeringsbeleid en -beplanning ondersteun.
Vyf en sewentig vrae word aan jou gerig
Om so jou algemene welstand te belig
Die aantal vrae alleen, wys hul is begerig
Om te identifiseer wie is ryk, en wie treurig.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (12)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
’n Besetting
Ek ry eendag innie Noord-Kaap by ’n oompie an. En ek vra vir hom: “Ai, Oom, kan ek tog nie seblief my mense hiervindan bel nie? Want ek het teuspoed gehad en sal seker môre eers daar by hulle kan uitslaan. Ennis nou so warm” , sê ek, “ ’n mens kannie nou ry nie. Ons sal netnou doer voorkant onner ’n boom gat middag maak.”
Hy sê: “Nou waarom onner ’n boom? Hier sit die huis dan. Bring jou mense, en kom gesels. En dan eet julle ok sommer hier.”
Na ’n ruk is die vroumense toe die huis in en ek ennie oompie bly sit en gesels oppie stoep. Mar die oompie sê orie oproep niks. En ek het al ’n slag-of-wat doer na die gangdeur se kant toe gekyk, want ek het met die aankom na die stoep toe reeds gesien die tellefounkassietjie sit net binnekant die deur teenie gangmuur.
VOLKSHOOP (9)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
"Die Afrikanervolk gaan weer gesuiwer word, maar niks kan ons nou meer stuit nie. En hoewel die verraad en broedertwis verskriklik onder ons mense is, sien ek dat ons nogtans voortworstel op die pad wat God vir ons bepaal het... ... dat die swartes hulleself gereed sal maak vir ’n oorlog teen die Boere-Afrikanervolk (spanne swart osse word ingespan). Daar word planne in die geheim gemaak om die Boerevolk te vernietig. Intussen bewapen hulle hulself met die hulp van die Kommuniste... ... Op die vraag waarom hierdie mense op die vlug slaan, gee oom Nicolaas die volgende interessante, maar vreemde antwoord: Dit sal wees oor die Gees van Verskrikking wat God in hul harte skep."
Siener van Rensburg se visioene oor die wedergeboorte van die Boerevolk
Oom Klasie van Rensburg se voorspellings betreffende die verwesenliking van ’n nuwe Boererepubliek met Duitse militêre hulp kom in die kollig net voor of gedurende ’n groot wêreldoorlog.
Siener van Rensburg se voorliefde vir die Boerevolk het hom in hierdie land se geskiedenis sedert die Tweede Vrydheidsoorlog een van die groot geeste van tyd gemaak. Ons het reeds gesien dat die Siener se voorspellings van die totstandkoming van ’n nuwe Boere republiek met Duitse hulp, sy naam sedert 1914 in die Suid-Afrikaanse geskiedenis lewendig gehou het. Ons verwys hier na drie belangrike gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat saamval met groot wêreldoorloë, naamlik gedurende die Eerste Wêreldoorlog was dit die Rebellie van 1914, gedurende die Tweede Wêreldoorlog was dit die Ossewatrek van 1938 en gedurende die komende Derde Wêreldoorlog sal dit die verset teen die politieke oorgangsproses (veral vanaf 2 Februarie 1990) wees.
GEBRUIK JOU EEN KANS!
Ds AE van den Berg
“Toe roep Simson die Here aan sê: Here, HERE, dink tog aan my en versterk my tog net hierdie keer, o God!” - Rigt.16:28
Die Bybel is vol aangrypende verhale. Een van die merkwaardigste is die verhaal van Simson; ’n verhaal van skitterende hoogte, maar ook vernederende diepte. Simson beteken sonskyn; ’n man wat hom, ironies genoeg, op ’n ouderdom van 40 jaar in stik duisternis bevind en so gesterf het!
Geen rigter het meer berekende houe vir sy volk as Simson geslaan nie; geeneen het so onverantwoordelik met sy hoë roeping omgegaan en God se eer so op die spel geplaas soos Simson nie. Hy het roekeloos met die uitsonderlike gawes wat God hom gegee het gedobbel!
In die gelese gedeelte vind ons hom nie op die stoel van die rigters soos God dit in sy lewe bestem het nie, maar in ’n tronk, tastende in die stikdonker wêreld van ’n blinde. Die lig wat in hierdie krag-reus se oë te sien was, is vir ewig en altyd uitgedoof omdat die Filistyne sy oë uitgesteek het nadat hy gevang is.
VREES GOD, NIE DIE OWERHEID
BURGERLIKE ONGEHOORSAAMHEID
Ds AE van den Berg
Mense met baie name hou gewoonlik nie daarvan om vorms in te vul nie. Keiser Nero sou beslis nie daarvan gehou het nie - Nero Claudius Caesar Augustus Germanicus! Hy was 12 jaar lank keiser van Rome (54-68nC) en ’n booswig wat gruwels in die oë van God bedryf het, soos ’n homoseksuele huwelik! Toe ’n vernietigende brand ’n deel van Rome in 64nC verwoes het, het Nero die Christene die skuld daarvoor gegee terwyl hyself die brand laat stig het sodat hy nuwe geboue kon laat oprig!
Paulus se brief aan die Romeine is tydens Nero se regering geskryf. ’n Mens sou kon verwag dat Paulus die Christene tot opstand teen hierdie booswig sou aanvuur, maar hy doen dit nie. Selfs onder ’n genadelose, goddelose keiser skryf Paulus o.l.v. die Heilige Gees om die regering van die dag nie teen te staan nie omdat alle regeermag van God af kom. Regeerders dien God in hul politieke hoedanigheid.
MANDELA EN SY TERRORISTE- BENDE (3)
Lees reeks by Mandela en sy terroriste-bende 
DIE VLUG
"Dr. Blaxall het geld vanuit Londen ontvang en daar word bewys dat hy ’n bedrag van altesaam R6,282 in Suid-Afrika uitbetaal het aan etlike ondermyners. Onder diegene wat die eerwaarde so bevoordeel het, is ook die A.N.C.-leier Walter Sisulu."
Die aand ná die klopjag op Rivonia word al die inwoners van Lilliesleaf in Johannesburg aangehou ingevolge die 90-dae-aanhoudingsbepaling. Dit is een van die spesiale magte wat die Suid-Afrikaanse Parlement aan sy Minister van Justisie gegee het om die veelkoppige Kommunistiese draak mee te kan beveg.
In die polisiesentrum Marshallplein bevind Arthur Goldreich en sy vrou hulle.
Ook in die selle by Marshallplein — ’n grys, verouderde rooibaksteengebou — is twee Indiër-aangehoudenes: Moosa Moolla en Abdullah Jasset.
Later ontvang Marshallplein ook ’n vierde hooffiguur: Harold Wolpe, prokureur en vennoot van die latere aangeklaagde James Kantor, word naby die grens aangekeer. Wolpe het geskrik toe die nuus van die Rivonia-klopjag uitlek. Hy het onmiddellik gepoog om die land te verlaat . . .
Toe Wolpe ook na Marshallplein gebring word en daar wetsgedwonge huisvesting ontvang, is die vier mense byeen wat Suid-Afrika en die wêreld presies ’n maand na die klopjag op Lilliesleaf met ’n dramatiese ontsnapping kom verras.
Dramaties is die ontsnapping, en dramaties ook die lotgevalle van twee van hierdie vier . . .