Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As jy in 'n donker vertrek sit gee jy tog nie die duisternis van die nag die skuld nie. Nee, jy sorg dat daar 'n lamp is. Steek 'n lamp op oral in jou lewe waar dit donker is.
VOLKSHOOP (3)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
Siener van Rensburg en die gesiglose Boereherlewingsaksie
"Siener van Rensburg voorspel voorts dat daar twee aanvalle gaan plaasvind en dat die eerste (Bophuthatswana-voorval in Maart 1994) sou misluk. Dan sal daar ’n tyd van stilte wees (die donker tyd wat ons tans ondervind) voor die tweede aanval (die finale aanval) kom. Dan sal die Boere hulle nuwe republiek kry."
"Dit is werklik te danke aan hierdie pioniers en persone wat insette tot hulle navorsings gegee het dat publikasies van Siener van Rensburg opnuut gesien is. Dit het ook weer ’n informele Boereherlewingsaksie laat ontplof in die hoop vir ’n nuwe Boererepubliek. Nie net die land se veiligheidsmagte is bekommerd oor ’n informele Boereherlewingsaksie nie, maar ook die veiligheidsdienste in die Suidelike Afrikastreek."
Die voorspellings van Siener van Rensburg het sy naam sedert die einde van die Tweede Vryheidsoorlog (1899- 1902) in Suid-Afrika lewendig gehou. Ons verwys hier na drie belangrike gebeurtenisse in die Suid-Afrikaanse geskiedenis wat saamval met ’n groot wêreldoorlog.
STEMME UIT DIE VROUEKAMPE (6)
1899-1902
Lees reeks by Stemme uit die vrouekampe
deur Bienedell Uitgewers
Verklaring van Johanna le Roux, gebore Grove
My vader was op kommando en my moeder was op die plaas met agt kinders. Ons het gehoor hoe die Engelse huise afbrand, die vee uitroei en die vroue vang om na kampe toe te stuur. Om te voorkom dat ons nie ontvoer word nie het ons aangesluit by ’n aantal ander vroue, wat om dieselfde rede hulle huise verlaat het.
Dit was in Junie 1901 dat ons begin rondvlug het. Nadat die Engelse volgens ons beskouing met hulle rooftog in ons distrik klaar was, het ons weer teruggegaan plase toe en die laer van twintig waens opgebreek. Skaars was ons tuis of veldkornet Theunissen laat ons weet om dadelik te vlug omdat die Engelse reg op ons aftrek. Die manne het teenstand gebied om ons en die ander vrouens ’n kans te gee om te ontvlug. Deur moeilikheid met die inspan het veel tyd verlore gegaan en by die tyd dat ons ’n halfuur op pad was, moes ons burgers ook vlug. Die Engelse het ons in die gesig gekry en toe hulle kanonne op ons laat skiet. Na van ons osse gedood is, het ons tot staan gekom en toe het hulle ons met geweld gevange gemaak. Intussen het die Engelse op ons werf gekampeer en toe hulle ons daar terugbring was ons huis in volle vlam. Dit was ’n vreeslike gesig om te sien hoe die sogenaamde beskaafde Engelse volk die onskuldige diere by hope doodsteek en alles wat voorkom, verniel. Varke is sommer lewendig oopgesny.
VERSE VAN VERSET EN OOTMOED (5)
'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes.
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
PLAAS
Met sy koring hou hy ons magies rond
Deur sy produksie eet en drink ons gesond
Die boer, sy gesin en ook hul hond
Húlle is die wesens van die grond
Hoe kan dit dan waar wees wat ek lees
In die plaaslike koerant was dit gewees
Laas nag het daar weer ’n gees
Van haatdraendheid op ’n plaas geheers
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
GEVAARLIKE PLEK!
Een Sondag net voor die erediens begin, merk die dominee ' n klein seuntjie in die voorportaal van die kerk op wat aandagtig na ' n groot gedenkplaat teen die muur staan en kyk. Op die plaat is 'n lang lys name met twee klein landsvlaggies weerskante daarvan.
Die dominee loop nader, kom staan langs die seuntjie, en sê saggies:
"Goeiemore, my seun."
"Môre, dominee," sê hy, maar met sy oë nog vasgenael op die plaat vra hy: "Dominee, wat is dit hierdie?".
Die dominee antwoord:
"Hierdie my seun, is 'n gedenkplaat vir al die jongmanne wat in diens gesterf het."
In doodse stilte en met groot eerbied staan die twee voor die plaat en staar na die name.
Na 'n hele ruk van stilte, in 'n skaars hoorbare stemmetjie en bewend van vrees vra die seuntjie: "Watter diens, dominee? Die oggend- of die aanddiens?"
WAAGHALSIGE AVONTURE (4)
Lees reeks by Kordaatstukke uit die 2eVryheidsoorlog
Warm ete vir ontbyt!
Daar was kos genoeg in die laertjie van die Verkennerkorps van Jack Hindon. Oor klere kon hulle ook nie kla nie, maar nogtans kon hulle nou nie maar gaan stil sit totdat die nood hulle weer daartoe sou dwing om 'n trein te gaan buit nie. Hulle was mos geen rowerbende nie. Hulle werk was om die kommunikasies van die Engelse afbreuk aan te doen, sodat die groot Boerekommando's wat in Oos-Transvaal saamgedruk was, ‘n bietjie kon asem skep; en kos of geen kos nie, hulle moes maar gedurig rantjie se kant toe staan om te sien of daar geen vernielingswerk op die lyn te doen was nie. Natuurlik het hulle ook na daardie vet slag met die drie treine dadelik weer begin dink aan ander treine. Inderdaad was daardie welgeslaagde poging 'n baie skerp prikkel om hulle aan te wakker.
Maar teen hierdie tyd het die Engelse ook al 'n bietjie ouer geword.
VOLKSHOOP (2)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
"Ná 1966 het die Illuminati stelselmatig beheer oorgeneem oor die konstitusionele ontwikkeling van Suid-Afrika en is die weg gebaan vir ’n veelrassige Suid-Afrika. ’n Veelrassige Suid-Afrika het inderdaad ook in April 1994 ’n werklikheid geword."
Milner van Engeland:"...Stel uself voor ’n vuil, onnosel kêrel, wat oor sy skouer die onvermydelike bandolier dra, vol ammunisie, in sy hande ’n mauser, en u sien die Boer soos ons hom sien: ’n lafhartige skobbejak, behorende aan ’n beskawing van drie honderd jaar gelede, ’n kanker op die aarde. Die Boer, die uitvaagsel van die wêreld, die doring in die vlees van Engeland ... mag hy vir ewig stilgemaak word.”
Daar was verskeie mense wat die leer en die tug van die Kaapse Kerk as te liberaal beskou het, en het die gesangevraagstuk regstreeks gelei tot die stigting van die Gereformeerde Kerk van Suid-Afrika in 1859.
VERSE VAN VERSET EN OOTMOED (4)
'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
VERRAAIER
Negentien lange jare het nou reeds verloop
En al ontken jy dit, jy’t jou volk uitverkoop
Met die skyn van geloof en die heilige doop
Het jy in ons tyd van nood, eenvoudig uitgeloop
Ware leiers is deur ons volk opgelewer
Manne aan ons gestuur deur God ons Gewer
VOLKSHOOP (1)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volkshoop - die boek
Ons plaas weer die eerste paar hoofstukke van Volkshoop as aanloop tot voltooiing daarvan op hierdie webblad, as laaste boek van die drie boeke deur adv Pretorius: Volksverraad, Volksverraad...Waarom, en nou Volkshoop.
VOLKSTRYD
Probleemstelling: Is die chaos van die Nuwe Suid- Afrika die voorspel vir Volkshoop?
Die welbekende Siener van Rensburg (1864-1926) het gesê dat oris (Suid-Afrika) gaan heel laaste in die ding.
Hy was ook bekend as Oom Siener, Oom Klasie, Oom Nicolaas en Oom Niklaas. Met goedkeuring van Adriaan Snyman haal ons graag aan uit dele van sy werke oor Siener van Rensburg. Gedurende die laaste kwart van die vorige eeu en die eerste kwart van hierdie eeu was die Siener feitlik die bekendste persoon in Wes-Transvaal. Nicolaas Pieter Johannes Janse van Rensburg is op 30 Augustus 1864 naby Wolmaranstad op die familieplaas Rietkuil gebore. Tot en met sy dood in 1926, was die Bybel al boek wat hy ooit gelees het. Hy het geglo sy visies kom direk van God en hy het hom glad nie met die okkultisme bemoei nie. Hy het ook geglo dat ’n mens moet lewe tot eer van God; daar kom dikwels Bybeltekste in sy gesigte voor. Sover vasgestel kon word is geeneen van sy visioene nog verkeerd bewys nie.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (10)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
Broers in die verdrukking
Ek ry eenkeer gedurende ’n vakansie daar in my wêreld dorp toe. En die pad loop nie ver nie van ’n ou oom na wie ek baie gek was, se huis verby. En ek het die dag tyd en ek dink: lat ek ’n slag hier aanry; ons sien mekaar juis so min, en as ek nou eers weer weg is om ’n broodjie te gaan verdien, neem dit dalk jare voor ons paaie weer kruis - as ons mekaar weer te sien kry.
En ek ry daar aan.
Maar sommer met die praat se wegspring sien ek lat die oom met wie ek altyd so goed stryk, die môre glad nie lekker is nie.
En na ’n ruk sê ek: “Maar, oom Daan, wat is dit dan lat Oom vandag al so stomp is?”
Hy sit toe eers of hy nie lus is om te antwoord nie voor hy toe tog die aap se neus by die mou laat uitsteek. Hy sê:
STEMME UIT DIE VROUEKAMPE (5)
1899-1902
Lees reeks by Stemme uit die vrouekampe
deur Bienedell Uitgewers
Verklaring van Mevr. M.M.C. Grove (Vlakfontein)
Toe die Engelse deur Pretoria gekom het, het ek met vyf kinders na Middelburg gevlug. Die dag ná ons daar aangekom het, het die Engelse ook daar aangekom. Na ons drie maande daar was, het die Engelse ons met ’n kaal wa na die naaste Boerekommando gestuur. Dit was te Brakfontein — en ons op die kaal vlakte afgelaai.
Van daar is ons deur my vriende na die naaste woning geneem. Daar het my eggenoot my gekry en my na die plaas Witbank in die distrik Bethal geneem. Ons moes met die kommando vlug.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
SOU GOU AS MOONTLIK!
Die verkeerskonstabel klim stadig uit sy patrolliemotor en stap selfvoldaan na die motortjie van 'n student wat hy vir 'n spoedoortreding van die pad afgetrek het. Hy haal met groot vertoon sy boekie uit sy sak, swaai die pen onder die seun se neus en sê met 'n dreigende stemtoon:
"Ek wag al heeldag net vir jou, mannetjie".
Die seun antwoord baie vinnig sonder om 'n oog te knip:
"Dis waarom ek so vinnig as wat ek kon gekom het, konstabel".
VERSE VAN VERSET EN OOTMOED (3)
'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes.
Daar is Verse van Verset, en Verse van Verootmoediging, wat ook die titel van die bundel is.
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
KONINGS EN NARRE
Met groot oë loer die wêreld vir die reënboognasie
Niks vind hier sonder hul medewete plaas nie
Net een probleem word deur hulle voorsien
Hier’s ‘n groepie wat weier om die nuwe koning te dien
MY LEWENS- WANDEL...
...Vleeslik of Geestelik?
Hannes Ollewagen
Gal. 5: 16-26
Geen mens op aarde is volmaak nie, tog is dit vir elkeen van ons uiters moeilik om te erken dat ons foute het of soms verkeerd handel. Om hierdie rede is ons sommer onmiddellik op die aanval wanneer mense ons op ons foute probeer wys. Ons moet egter oppas dat ons nie mense wat ons uit liefde probeer vermaan as vyande beskou wat ons oordeel of lewenswyse kritiseer nie. Wanneer ons nie wil erken dat ons foute het nie, kan ons nie daardie foute regstel nie. Wanneer ‘n kind bv. te skaam is om te erken dat hy nie die Wiskunde in sy ouderdomsgroep verstaan nie, sal dit nie die nodige aandag ontvang om die probleem reg te stel nie. Dan sal hy vir die res van sy lewe oor daardie onvermoë beskik en mag dit hom dalk baie geleenthede in die toekoms ontneem.
WAT HET JY MET JOU LEWE GEDOEN?
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
“En as dit bevind is dat iemand se naam nie opgeskryf was in die boek van die lewe nie, is hy in die poel van vuur gewerp” Openb.20:15
Daar is min dinge so onaangenaam as ‘n nare lewensondervinding wat jou die dood in die oë laat staar het; ‘n motorongeluk, roof of frats-ongeluk. Jy kon gesterf het, maar God was jou genadig en het jou die lewe laat behou. Wat is die heel slegste ding wat ‘n mens kan oorkom? Wanneer jou naam nie in die boek van die lewe opgeskryf staan nie!
Jy kan van alle ander nare ondervindings herstel al vat dit ook al jare. Dit lê binne die gebied van die lewe. As jy lewe, kan jy herstel. Jy het die lewe nodig om te kan herstel. Daarsonder kan jy nie foute regmaak nie.
Die Bybel sê dat daar ‘n einde aan die wêreld kom. Dis byna ondenkbaar om te dink dat die aarde gaan ophou bestaan, maar dit gaan! En dis nie baie ver nie.
VERSE VAN VERSET EN VEROOT- MOEDIGING (2)
'n Bundel verse geskryf deur E van Nantes.
Daar is Verse van Verset, en Verse van Verootmoediging, wat ook die titel van die bundel is.
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
PLANNE
Jare gelede, het ek alles by die base gekry
Maar dit alles was nie genoeg vir my
Al het ons almal huis en werk gehad
Was wit en swart, volgens wet, apart
Maar die meul het gemaal en die wiel het gedraai
Die kommuniste het bomme gegee en ons AK’s gelaai
Hulle het ons in buurstate opgelei en huistoe gestuur
Met die opdrag om daar te wag vir die regte uur
VOLKSLEIERS MOET VAN HOOGVERRAAD AANGEKLA WORD
Elke nasionalis behoort hierdie kort video (6:35) te kyk. Paul Weston waarsku Tony Blair dat hy, soos 'n hele paar ander 'leiers', eendag vir hoogverraad aangekla sal word.
Paul Weston : I am a racist: http://youtu.be/RWcVguB0GaY
Definisie van rassisme: Om trots te wees op jou raseie erfenis. Klaarblyklik is dit net blankes wat die emosie 'trots' kan ervaar...
VERSE VAN VERSET EN VEROOT- MOEDIGING (1)
Ons begin vandag met 'n bundel verse geskryf deur E van Nantes.
Daar is Verse van Verset, en Verse van Verootmoediging, wat ook die titel van die bundel is.
Die inhoud spreek met 'n ritmiese logika en diep begrip die kern van ons volk se oorlewingskrisis aan.
Lees die hele reeks by Verse van Verset en Verootmoediging
PERSEPSIE
So tydjie gelede, in die nuus op die televisie
Word dit afgemaak as ‘n leuen, ‘n blote persepsie
“Misdaad in hierdie land is geensins buite beheer”
Kom dit uit die mond van ‘n minister, ‘n groot meneer
Persepsies het hul ontstaan te danke
Aan waargenome beelde en klanke
Dit wat ons met sintuie waar kan neem
Vorm ons bepaalde realiteitsisteem
VREEDSAME NAASBESTAAN = AFSONDERLIKE ONTWIKKELING
DIE EKONOMIESE ONDERGROND VAN
AFSONDERLIKE ONTWIKKELING
Dr P E VAN DER DUSSEN
Professor en Departementshoof:
Ekonomie en Ekonomiese Geskiedenis
Dekaan Fakulteit Ekonomiese Wetenskappe
Universiteit van Fort Hare, ALICE, Kaapprovinsie
Die Suid-Afrikaanse Buro vir Rasse-Aangeleenthede
(Hierdie referaat is ook regs op hierdie webblad onder 'Nuutste gratis e-boeke om af te laai' beskikbaar)
VOORWOORD
Let daarop dat hierdie artikel oorspronklik in 1976 tydens die laaste dae van die beleid van afsonderlike ontwikkeling geskryf is. As gevolg van die aktiewe teenstand van veral die Engelse media terwille van die belange van die grootgeldmag, het Vorster se sogenaamde entente of spanningsverligting reeds oorgeneem. Dié beleid was niks anders as die snelste moontlike afbraak van afsonderlike ontwikkeling nie terwille van die ekonomiese liberalisme wat op die grondslag van die hoogste moontlike wins teen die laagste moontlike koste gebou is.
TOETS VAN DIE TYD
SAL ONS DIE TOETS VAN TYD DEURSTAAN?
Hannes Ollewagen
2 Petrus 3:1-18
In verse 3 & 4 van die gelese gedeelte sien ons dat God ons duisende jare vooraf waarsku oor dinge wat nou in vervulling gaan. Dit is weereens ‘n bewys dat God se Raadsplan vas staan en dat geen mens dit sal verander nie, selfs nie die magtigste man op aarde sal voor God kan standhou en Hom ook nie voorskryf nie. God voorspel en waarsku ons dat daar ‘n tyd sal kom dat mense ons sal spot en sal beweer dat dit waarin ons glo “onsinnig” is, aangesien niks daarvan dan gebeur nie. Maar dit is omdat hulle wie se oë gesluit is, nie kan sien hoe die dinge wat voorspel is, wel in vervulling gaan nie.
Ons sien dan ook dat God sê dat hulle moedswillig sal vergeet dat daar ‘n Almagtige, lewende God is, aangesien die mens in sy eie oë, homself so belangrik sal begin ag dat sal hy reken dat hy God nie meer nodig het vir sy bestaan op aarde nie.
WAAGHALSIGE AVONTURE (3)
Lees reeks by Kordaatstukke uit die 2eVryheidsoorlog
PIET POTLOOD EN GENERAAL DE WET
Hierdie pragtige verhaal kom uit die boek Piet Potlood, deur Oswald Pirow
Oswald Pirow, die skrywer van die boek “Piet Potlood", het voor die tweede Vryheidsoorlog as tiener op Potchefstroom gewoon, so ook Piet Potlood wie se regte naam Piet Beukes was.
Oswald Pirow skryf: "Ek onthou hom van voor die Engelse Oorlog: 'n Jammerlike voelverskrikker van 'n kêreltjie, so krom en maer soos 'n windhond op 'n koue wintersdag. Hy was vyf of ses jaar ouer as ek. Met die uitbreek van die oorlog in Oktober 1899 was hy omtrent 15 jaar, maar sy armpies en bene was nie dikker as myne nie. Al die kinders het met hom die spot gedryf, want as jy hom vra of hy wil baklei, hardloop hy altyd weg. Selfs seuntjies van sewe en agt jaar oud het hom met die verbygaan ongestraf 'n skop gegee. Sy vernaamste kenmerke van daardie tyd was 'n ferweelbroek wat met bokvel gelap was, oë wat altyd rooi was en 'n neus wat altyd gedrup het. Trouens, ons het geglo dat hy aan permanente verkoue gely het. Later het dit geblyk dat sy gesnuif maar net 'n aanwendsel weens senuweeagtigheid was. Skoene of hoed het hy nooit gehad nie, en 'n stukkende voetbaltrui het tegelyk as hemp en baadjie gedien. Niemand van ons het geweet wie sy ouers was, en selfs nie of Piet Beukes sy werklike naam was nie.”
Maar Piet Potlood was nie 'n man wat op sy baadjie getakseer moes word nie.