Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
WAT MAAK JY MET JOU LEWE?
Ds Andrè van den Berg
“…..want die mens gaan na sy ewige huis en die rouklaers sal op die straat rondgaan”.
Koning Salomo was een van die mees bevoorregte mense op aarde, ’n man wat alles gehad wat sy hart begeer het; rykdom, kennis, aansien, weelde, selfs ’n 1000 vroue! Desondanks het hy besef dat die lewe nie oor stoflike dinge gaan nie, maar oor iets baie dieper. Hy wou dit vind ten einde reg te leef.
Die lewe is soos ‘n valskermsprong – jy moet dit die eerste keer regkry, jy kry nie ’n tweede kans nie! Om te sterf, is nie ’n kuns nie; selfs die slegste mense kry dit reg. Maar om reg te leef, is nie almal beskore nie. Salomo het besef dat hy niks aan die lengte van sy lewe kon doen nie, maar slegs aan die diepte. So ook ek en jy. Ons moet ’n lewe leef wat saak maak.
Die lewe gaan baie vinnig verby. Elkeen van ons kan daarvan getuig! Die lewe is soos ʼn toilet-rolletjie; hoe nader dit aan die einde kom, hoe vinniger rol dit!
VOLKSVERRAAD... WAAROM?(11)
Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
" Ons het nie geweet of NI beoog om ons te vermoor nie. In hierdie tyd het ek en my vrou, wat op daardie stadium steeds vir die diens gewerk het, ons kinders by vriende en familie gaan wegsteek."
Stem uit die Wildernis
In ’n onderhoud met die redakteur van Die Kerkbode, dr. Frits Gaum, het oudpres PW Botha ondubbelsinnig sy geloof in God en sy Verlosser, Jesus Christus bely, en daarna standpunt ingeneem teen die onrusbarende agteruitgang op kerklike, staatkundige en kulturele gebied in Suid-Afrika. Hy meen ook die Afrikanervolk was toe leierloos. "U vra my oor die kerk," het hy op 'n vraag van Gaum geantwoord: "Ek is nog lidmaat van die NG Kerk, ja. Maar dit lyk my die kerk het verskeie kere en oor verskillende sake van standpunt verander. Kerklike liggame neem soms standpunte in wat ’n mens vrae laat stel. Soos by Rustenburg. (Die Rustenburgse Kerkberaad, November 1990.) Ek het nie gehou van wat by Rustenburg gebeur nie en my daarteen uitgespreek...Die NG Kerk moes hom nie geleen het tot die belydenis oor apartheid by Rustenburg nie.
ONS STRYD TEEN DUISTERNIS
Diensknegte van die Allerhoogste
Hannes Ollewagen
2 Kronieke 20:1 – 30
Vers 20: “…Glo in die Here julle God, dan sal julle bevestig word; glo aan sy profete, dan sal julle voorspoedig wees.”
God het nie vir ons mense beskik om sy Raadsplan aan ons bekend te maak d.m.v. profesieë om ons bang te praat oor die toekoms nie, maar eerder om ons te onderrig in die tekens van die tye. Hierdie mense (profete) het hul lewens daaraan gewy om ingestel te wees op die roepstem van God. Wanneer profesieë wel in vervulling gaan (veral teen die tempo wat dit deesdae gebeur), moet ons nie verward en bevrees raak nie, want dit is JUIS vir ons as gelowige kinders van God ‘n bevestiging van God se bestaan, die waarheid van die profesieë, sy onveranderlike Raadsplan, en ook dat Hy, te midde van al die chaos in die wêreld, steeds in beheer van alle dinge is.
D.m.v. van profesieë kan ons die tekens van die tye “lees” om te weet wanneer tye van onheil naby is, soos God ons daarteen waarsku. Dit help egter nie ons weet, besef en praat oor dreigende onheile wat om die draai is, maar ons maak ons nie gereed daarvoor nie.
WATTER BYBELVERTALING MOET EK GEBRUIK?
TWEE TOTAAL VERSKILLENDE BYBELS
Hendrik Pretorius
Vandag kan mens waarlik verlore raak in die besluit, watter Bybel moet ek nou eintlik gebruik. Daar is behoorlik 'n vertaling vir elke gier. Winkelrakke is tot oorlopens toe vol met soorte Bybels wat voorgehou word as verskillende uitgawes en ware weergawes van die Woord van God. Advertensies intimideer 'n mens van alle kante om hierdie een Bybel wat net vir jou spesifieke situasie sal pas nou te koop. Elkeen wat nog 'n Bybel uitbring dring daarop aan dat sy weergawe nou eintlik die maklikste verstaanbare en die mees oorspronklike op die mark is.
Dit is egter kommerwekkend om te sien hoe min mense regtig verstaan wat die eintlike verskil tussen al die Bybels is. Nog veel erger is die twyfel wat dit wek by opreg soekende mense. As daar dan soveel verskillende vertalings is, watter een is dan nou eintlik reg? Is daar vandag werklik nog 'n Bybel wat mens kan vertrou as die ware Woord van God? Kan ons nog vandag na soveel eeue regtig weet wat God oorspronklik gesê en bedoel het?
BOERE HET HUL GROND EERLIK BEKOM
Mediaverklaring
Herstigte Nasionale Party
Boere bedreig oor DA en ANC saamstem oor 1913-Wet
Dalk moet die DA oorweeg om eerder saam te smelt met die ANC.
Dit word toenemend duideliker dat daar in wese geen verskil is in beleid en beginsels tussen die DA en die ANC nie.
Dit is weer eens bewys met die DA-leier, Helen Zille, se besoek aan die Sol Plaatjie Museum in Kimberly, waar sy uitgevaar het teen die Wet op Naturelle Grondbesit wat in 1913 aanvaar is.
Alhoewel hierdie wet inderwaarheid ten laste van die Britse koloniale bewind gelê moet word, was dit nietemin ’n eerlike poging om langtermyn konflik uit te skakel deur ordelike gebiedskeiding tussen volkere met verskillende kulture en benaderings. Dit was inderwaarheid net die feitelike vasstelling van ’n toestand wat toe al op die grond bestaan het.
ONVERDIENDE GENADE SO GROOT!
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
“en Hy het my uit die kuil van vernietiging, uit die modderige slyk opgetrek en my voete op ’n rots gestel; Hy het my gange vasgemaak”.
Was jy al ooit in ’n situasie wat vir jou soos ’n doodloopstraat gevoel het met geen hoop op uitkoms of iemand wat tot jou redding kon kom nie? Miskien iets waarin jy onskuldig beland het en buite jou beheer soos Josef wat as slaaf verkoop is. Miskien iets wat jou eie skuld is - jy het jou doodloopstraat gebou!
Koning Dawid was in ’n doodloopstraat toe hy Ps.40 geskryf het: “Want onheile sonder getal het my omring; my ongeregtighede, ek kan nie sien nie; hulle is meer as die hare van my hoof” (:13). Hy noem sy nare ervaring die kuil van vernietiging – ’n put van die dood. Dit was ’n bekende uitdrukking in die OT vir ’n plek van mens-en-God verlatenheid; ’n plek waaruit jy nie kan terugkeer nie - a point of no return. Jy spartel en spook, maar sink al dieper in die dryfsand van wanhoop weg. Het jy dit al ervaar?
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (3)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
Voëls van eenderse vere
Vroeër was dit vir studente heelwat moeiliker as vandag om met ’n middag- of ’n naweek- of ’n vakansiewerk ’n ekstra sakgeldjie los te slaan, want werkgeleentheid was min en die vergoeding maar effentjies.
En so was daar dan drie Pukke wat dit nie te breed gehad het nie: Bok Fourie, Klein-Frans de Bruin en nog een, sê maar Koos. Hulle het in wat genoem is ’n “buitehuis” redelik billike losies bekom. (Daar was glo destyds heelwat sulke buitehuise omdat nie naastenby al die studente in die een of twee universiteitskoshuise blyplek kon kry nie, en van die dorp se huiseienaars het hierdie “woningnood” toe omgesit in ’n byverdienste vir hulleself. Sommiges het selfs net hieruit ’n bestaan gemaak gekry.)
In elk geval, teen die middel van die jaar se kant, is die driestuks toe nie net meer arm nie; hulle is toe op boedel oorgee na, bankrot. En hulle begin beraam planne oor hoe om ’n ekstra sikspensie uit te woeker.
Gietoffers van my Siel
Wilhelm Pretorius, een van die Boeremaglede, het gedurende verhoorafwagting sy tyd in die gevangenis uiters sinvol aangewend deur die skryf van sy eerste digbundel, Gietoffers van my Siel, 'n uitstekende werk van hoë gehalte. Hy het ook 'n aantal gedigte in twee ander versamelde werke, In die Wieke van die Woordenaars, en Stemme in die Suidland, waarin ook ander uitstekende gedigte van verskeie digters verskyn. Ook verskyn sy volgende digbundel eersdaags.
’n Mens vind in Gietoffers van my Siel Afrikaanse digkuns op sy heel beste. Elke gedig laat jou diep dink en spreek jou siel aan. Verder is daar ʼn samevatting van die style van verskeie van ons klassieke en bekende digters.’n Mens sal beslis armer wees as Boerius se Gietoffers van my Siel, nie op jou rak staan nie.
BESONDERHEDE VAN BESTELLING:
HET U NOODPLANNE AS MANDELA STERF?
Kriewelkop
Dat Mandela sekerlik net 'n bepaalde aantal lewensjare soos alle ander lewende wesens het is tog 'n feit. Dat min mense 95 jaar oud word is ook 'n feit. Dat dit tans baie sleg met hom in die Harthospitaal gaan is nog 'n feit. Wat egter onseker is, is of die mense in hierdie land voorbereid is vir die omvang van gebeure indien hy te sterwe kom. Dat daar groot ontwrigting kan wees is 'n omvattende saak wat dringende aandag vra. Daar is talle aspekte waaroor u sal moet besin. In hierdie beriggie word egter net die finansiële sy van die saak aangeraak:
Daar doen gerugte die rondte dat daar weer 'n nooddireksievergadering in een van ons land se grootste banke gehou is in opdrag van sy swart direkteur, sodat planne bespreek kon word om die noodwendige noodsituasie wat landswyd sal ontvlam wanneer Mandela sterf, te probeer hanteer. Hy het sy mede-direkteure klaarblyklik in alle erns meegedeel dat hierdie waarskuwing van die ANC-regime self kom, en as daar nie betyds haalbare planne in plek kom nie, húlle bank – en sekerlik alle banke – hulle deure sal moet sluit gedurende die tyd wat die land onregeerbaar gemaak word deur Mandela se miljoene roubeklaers wat selfs van ander lande sal kom. Gedurende die slepende tyd van roubeklaag en begrafnis - die hemele alleen weet hoe lank dit mag duur - sal daar eerstens glo uit 'eerbetoon' geen banksake gedoen word nie, maar die waarheid is dat hulle besef geen swarte sal vir werk aanmeld gedurende daardie tyd nie.
Tydens die vergadering is daar toe eerstens voorgestel dat Indiërs as kernpersoneel gewerf moet word om noodsaaklike bankdienste te verrig. Of die Indiërdroom sal kan realiseer is oop vir debattering; soos ons die Indiërs ken is dit nou nie juis die dapperste volk nie, vergeet maar om húlle in die banke te sien tydens swart massas-oproere – onthou hoe hulle destyds in Natal gevlug het en by hordes afgemaai is toe die Zoeloes beserk geraak het?
Tweedens is dit ook uitgestip dat direksielede nie gedurende hierdie tyd beskikbaar sal wees nie aangesien hulle na plekke van veiligheid gaan 'verskuif' – kom ons noem dit sommer by die naam: ordentlike wegkruipplek soek uit vrees vir die groot oproer wat te wagte is.
Derdens het al die personeel wat hiervan kennis geneem het ook besluit om vir die duur van Mandela se rou- en begrafnistyd verlof te neem. So, die bankdeure bly toe.
Het u 'n rugsteunplan vir hierdie probleem?
VOLKSVERRAAD... WAAROM?(10)
Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
"Die oproep van genl. Viljoen aan BKA- manne om ongewapend na Bophuthatswana te gaan, was klaarblyklik om te verhoed dat hulle tot die aanval kon oorgaan en die invallers verdryf, anders maak dit geen sin dat genl. Viljoen ’n militêre operasie sonder wapens geloods het nie. Die futiele en roemlose eskapade het die BKA se strydvaardigheid feitlik uitgedoof. Daardeur het genl. Viljoen verseker dat hy ongehinderd drie dae later sy party kon registreer vir deelname aan die verkiesing en sodoende alle moontlikheid van 'n burgerlike opstand daarna uit die weg gekry."
"’n Totaal van 425 555 persone het glo vir die Vryheidsfront (parlementêr) gestem in die Algemene Verkiesing van April 1994. Maar na wat verneem is, het die Vryheidsfront tydens die Algemene Verkiesing van April 1994 slegs sowat 200 000 stemme op hom verenig. Die addisionele 225 000 stemme is weens politieke bedrog by-gelieg. Dit was die resultaat van ’n 'geheime ooreenkoms' tussen FW de Klerk en Mandela."
Intussen is daar in Oktober 1993 ’n konsepwet rakende die Uitvoerende Oorgangsraad ter tafel gelê, wat voorsiening gemaak het vir swart politieke deelname in die bestuur van die land reeds voor die 27 April 1994-verkiesing. Dr. Ferdi Hartzenberg het as leier van die Konserwatiewe Party (KP) gesê dat die KP die wet as ’n oorlogverklaring teen die regses sien. Die FINP en die AVF het saam in November 1993 ’n Blanke verkiesing geëis. Vir die HNP het dit gelyk asof die Blankes teen De Klerk gekonsolideer het. Dr Hartzenberg het egter ander agendas gehad. Die Patriot van 26 November 1993 wys daarop dat Hartzenberg hierdeur bloot die HNP by die AVF se Volksrepubliek wou intrek.
GOD HAAT VERBASTERING
Dr JP Botha
Ons volk was geroepe om hier aan die suidpunt van Afrika die lig van die beskawing en van die Evangelie van Jesus Christus in te dra onder die gekleurde inwoners van Afrika. Die Woord van die Here in Deuteronómium 23 geld ook vir ons om te gehoorsaam, maar ons het die poorte van ons volkslewe vir die wêreld oopgegooi sodat vreemdelinge en ‘n bastergeslag tans oor ons heers.
“Geen baster mag in die vergadering
van die Here kom nie; selfs sy tiende
geslag mag in die vergadering van
die Here nie kom nie”.
Deuteronómium 23:2
Die vergadering van die Here waarvan die Bybel hier praat, is sy gemeente. Dit is sy eie volk Israel wat Hy uitgekies het bo alle ander volke om vir hulle te sorg. Hy wil hulle identiteit suiwer hou en hulle nie met ander nasies laat vermeng nie want die bastergeslag wat dan ontstaan, is nie meer deel van sy geloftevolk nie.
OPEN JOU GEESTELIKE OOG
God Drie-enig as Leidsman van my lewe
Lees reeks by Hannes Ollewagen
Psalm 19
God openbaar Homself op twee maniere aan die mens: deur middel van die Skrif, en deur die natuur; daarom sal niemand eendag voor God se Regterstoel verontskuldig kan word deur te sê “ek het nie geweet nie”.
Vers 2: “Die hemele vertel die eer van God, en die uitspansel verkondig die werk van sy hande.” Wanneer ons bloot na die natuur kyk, moet dit vir ons duidelik wees dat alles nie sommer net vanself kon ontstaan en net vanself voortbestaan nie. Deur na die natuur te kyk en dit te bestudeer, besef ons opnuut die grootheid en heerlikheid van God. Soos wat ons na die werk van bv. ‘n skrynwerker sal kyk wat pragtige werke uit hout vervaardig en dit vir ons duidelik is dat die persoon skeppend met sy hande is; of wanneer ‘n persoon moeilike berekeninge kan uitwerk, dit vir ons duidelik is dat hy'n bo-gemiddelde aanleg vir syfers het, so moet dit mos vir ons menslike verstand duidelik wees dat daar wel ‘n lewende God is wat alles geskape het en ook in stand hou wanneer ons na God se volmaakte Skepping kyk en dit bestudeer.
WAAGHALSIGE AVONTURE
Lees reeks by Kordaatstukke uit die 2eVryheidsoorlog
Hierdie verhaal kom uit die boek Kommandant Danie Theron opgestel deur dr. J.H. Breytenbach.
"'n Paar van ons burgers skree dat die sinkgebou eintlik antwoord gee: 'The Boers rule! The Boers rule! The Boers ... rule ...!' Die kakies was skoon oorbluf. Die manne moes gedink het dit is 'n naderende Boeremag met bulderende kanonne."
Sowat twee weke het die korps gerus - 'n week by Mooiriviersoog op 'n beskutte, bosryke plek tussen 'n paar rante en, toe die wêreld daar te onveilig word, op 'n plaas agter die rante ten suid-ooste van die stasie Welverdiend. Daarna het die gees oor die rustelose Danie vaardig geword om nog eens skrik onder die kakies te gaan verwek. Eintlik het die korps - en veral die perde, wat baie afgewerk was - nog heelwat meer rus nodig gehad, maar die los praatjies van een van die Hollanderlede van die korps het 'n verdere verblyf in die rante onraadsaam gemaak. In 'n roes van windmakery het hy hul skuilplek in 'n nabygelee Jode-winkeltjie gaan verklap, en dit het Danie laat besluit om weer aktief te begin optree.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (2)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
’n Deeglike probleem
Jan Spies
Daar in die Boesmanlandse wêreld het Visser-mense gewoon. En hulle het - dit was nog in die oudae - ’n geweldige groot plaas gehad, met net een water op.
In die groen tyd as die veld volop is, het dit goed gegaan. Dan kon daar direk van die huis af geboer word. Maar in die droë tyd was dit lastig, want dan moes die wagter met die vee so ver van die huis af gaan wei dat hulle dikwels ’n aand moes uitslaap, of soos dit ook genoem word “buitekant oorstaan”. Gewoonlik is daar vir dié doel in die buiteveld veewerwe gemaak, met natuurlik by die tydelike kraal ook ’n soort van skerm waarin die wagter kon oornag.
En so kom dit dat die Vissers een jaar baie skrappies reën kry en dat die inkomstetjie maar effens was. Ou-oom Visser het toe op die pad gaan werk en hulle oudste seun, met die naam van Klasie (so ’n opgeskote knaap), moes die vee oppas omdat hulle nie anders kon nie, en hulle moes die wagter laat loop.
Een middag kom Klasie toe met die vee uit die veld terug.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
NIE VANDAG OP HOK...
Die seuntjie kom die middag na skool by die huis en vertel vir sy ma dat die skool ‘n besoek van die Burgemeester gehad het.
Die ma kan haar nuuskierigheid nie bedwing nie en vra: “Is hy wit of swart?”
Die seuntjie antwoord: “Hy is swart, ma.”
Die ma is nog nie tevrede nie: “Het hy sy ketting aangehad?”
Seuntjie ewe onskuldig: “Nee ma, hy het sommer so los rondgeloop.”
KYK, ONS LIG KOM!
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
"Ons land het baie donker geword. Daar is bykans geen terrein wat nie aangetas is nie. Die kerklike terrein is die hartseerste! Dis asof die hel se magte oor ons eens sonnige land ontketen is. Wat ’n behoefte het ons volk nie aan die lig van Jesus as die blink môrester nie!"
“…..Ek is die wortel en geslag van Dawid, die blink môrester” Openb.22:16
Die môrester is die helderste ster van almal. Dit flikker of verdof nie soos die ander sterre nie. Dis altyd ’n soliede lig. Daarom het die ou Grieke dit die koningin van die nag genoem. Hulle het dit bewonder omdat dit ’n lus vir die oog was. Die Grieks vir môrester is fosforo, die woord waarvan fosfor afgelei is. Fosfor is ’n stof wat in die donker glim. So skitter die môrester in die donkerte met ’n boodskap: Die son gaan binnekort sy verskyning maak.
Die teksvers sê dat Christus die blink môrester is. Hy het dieselfde uitwerking op die mens se siel as wat die môrester op die natuur het; dit verlig donkerte. Jesus Christus is ’n soliede Lig wat ook mense gebruik om in ander se lewens te skyn.
STEMME UIT DIE VROUEKAMPE (1)
1899-1902
Lees reeks by Stemme uit die vrouekampe
deur Bienedell Uitgewers
Stemme uit die Vrouekampe bestaan uit ’n aantal beëdigde verklarings wat die vergruisende geweld van die Britse Imperialisme in al sy wreedheid en sinneloosheid beskryf. Dit vertel die verhaal in hul eie woorde van die vroue se bomenslike heldhaftigheid en diepe gelowigheid, van die tere medemenslikheid van vriend en soms selfs vyand, asook die skandelike verraad vanuit eie geledere. Die getuienisse bewys onteenseglik dat die eenheid van ’n volk nie verydel kan word deur die verdelende aanslae van verraaiers nie. Trouens, dit bevestig dat daar slegs een maatstaf vir die identiteit van ’n volk is, en dis vervat in die eis dat elkeen hart en siel moet deel in die eeu-oue strewe wat die volk tot volk maak: die onkeerbare drang na vryheid. Wie die vlam van vryheid bewaar, verseker sowel sy Afrikanerskap as ’n vrye toekoms.
KORT VERTELLINGE - JAN SPIES (1)
Lees reeks by Kort vertellinge - Jan Spies
’n Berg is nie 'n molshoop nie
Jan Spies
Ek is eenkeer met vakansie daar in Albertinia se omgewing, toevallig in ’n tyd toe die streek wat daar die “Duinewêreld” genoem word, heel deur die molle ingeneem is. Dis so ver as jy kyk, die een molshoop op die ander.
En dit was pure molle. Ek het nie self van hulle gesien nie, want ’n mol is vir die oog mos ’n skaars ding. Maar volgens die mense my vertel het, moes party amper so groot soos dassies gewees het.
Nou ja, ’n sekere oubaas, ’n ene oom Toppie, met wie ek baie lekker gesels het, vertel my toe dat hy na ’n groot gesukkel darem sy grondjie skoon gehad het van die molle. En hy was nie danig trots daarop nie.
En een ding was wis en seker: oom Toppie se plasie sou sonder molle bly. Want hy het geweet hoe om ’n mol se sake te werk. As daar een inkom, lê hy hom voor, en as die mol skop, dan skiet oom Toppie met sy .22-geweer net onder die bokant van die hopie grond — so van tien, vyftien tree af. En dan is dit verby met die mol.
VOLKSVERRAAD... WAAROM?(9)
Adv PJ Pretorius
In die opvolg van die boek VOLKSVERRAAD, gee adv PJ Pretorius hier in VOLKSVERRAAD... WAAROM? perspektief oor waarom VOLKSVERRAAD geskryf is en verduidelik hy talle georkestreerde gebeure deur geheime magte, onder andere die dood van Diana. Lees ook waarom ons eie volk verraai moes word by Volksverraad... Waarom?
Die boek VOLKSVERRAAD kan gelees by Volksverraad - die boek.
" MI sit wel agter Chris Hani se dood. Die dood van Hani was ’n guns aan die ANC. Hani het groter gehore as Nelson Mandela getrek wanneer die swart volke toegespreek is, hierdie mededinging kon nie toegelaat word nie."
VISIOENE VAN SIENER VAN RENSBURG
Adriaan Snyman het reeds met sy eerste publikasie, Profeet vir sy volk, oor die visioene van die welbekende Oom Niklaas (Siener) van Rensburg my Boerehart warm laat klop. Hy het met sy publikasies as’t ware ’n “Siener van Rensburg bewonderaarsklub” in regse geledere laat ontstaan. Dit was duidelik dat sy publikasies linksgesindes bekommerd gemaak het.
Siener van Rensburg
Die politieke oorgawe van FW de Klerk aan die Swartes wat aan die gang was, is reeds vroeg in die 20e eeu deur Siener van Rensburg voorspel. Hy het verder voorspel dat die land eendag vir ’n kort rukkie deur die Swartes regeer sal word. In daardie tyd sal swart en wit deurmekaar lewe. Die Afrikaner sal erg verdeeld wees en dan sal daar ’n donker tyd vir die volk voorlê. Die volk sal leierloos wees. Hy sien dat die volk eers weer wanneer hy hom voor God verootmoedig, die regering met die hulp van Duitsland sal oorneem. Dan sal die volk homself regeer.
DIE DUISENDJARIGE VREDERYK...
...FEIT OF FABEL?
Ds AE van den Berg
"Net voor Jesus se wederkoms gaan die wêreldtoneel drasties verander. Satan gaan losgemaak word om vir ’n baie kort tydjie volke en nasies teen die kerk te laat saamspan. Dit gaan ’n pynlike dog noodsaaklike siftingsproses wees."
In Openbaring gaan dit oor twee basiese waarhede - God se oordeel oor die goddelose en sy bewaring en latere verhoging van sy getroue gelowiges. God straf, maar bewaar ook - ’n tema wat soos ’n hoogspanningsdraad dwarsdeur Openbaring loop. God se oordeel begin, soos Petrus skryf, by die kerk: “Want die tyd is daar dat die oordeel moet begin by die huis van God…” (1 Pet.4:7). Daarom loop Jesus in hoofstuk een tussen sewe kandelaars (:13) terwyl ’n skerp tweesnydende swaard uit sy mond gaan (:16).
Die sewe kandelare het die Christelike kerk van daardie tyd voorgestel. Hoofstukke 4-5 vertel van Christus wat koninklik in die hemel heers en hoofstukke 6-11 van sy eerste oordele wanneer die sewe seëls oopgemaak word. Hoofstukke 12-19 maak gewag van die stryd tussen Christus wat sy kerk bewaar en Satan wat dit wil vernietig en eindig met die oordeel oor Rome (Roomse Kerk) wanneer die dier en die valse profeet in die hel gewerp word. Hoofstuk 20 gee ’n panoramiese visie van die oordeel oor Satan self wat vir ’n simboliese 1000 jaar gebind was en toe vir ’n kort tydjie losgelaat is.