Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
‘n Goeie volksleier hou van eerbare uitdagings omdat dit aan hom geesteskrag verleen en tot groot hoogtes aanspoor. Hy is soos ‘n hoenderhaan wat die dagbreek nooit kop onderstebo aankondig nie omdat hy weet Wie die son laat opkom.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (66)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 15
HISKIA KONING VAN JUDA
II KON 18-20
1. Sy lewenshouding
Ná die dood van Agas het sy seun Hiskia koning van Juda geword. Hy was ʼn gelowige en een van die beste konings wat Juda ooit gehad het. Hy het nie van God se weë afgewyk nie en die Wet onderhou. Hiskia was werklik ʼn teokratiese koning en het as hervormer opgetree toe hy die tempel wat sy vader toegesluit het weer oopgesluit en die erediens herstel het. Daarbenewens het hy ook die verbond met God hernuwe, die pasga gevier en die afgodshoogtes afgeskaf (Deut.12:2). Hiskia se hele optrede het van godsdienssuiwering getuig. Die profeet Miga het hom die nodige leiding gegee (Miga 1:5, Jer.26:18).
ONDERMYNING, VERRAAD, VAG
Die gevaar in ons midde is dat die Afrikaner weer te doen het met die moedswillige onderbeklemtoning van die ondergrawende Afrikaner-bedrywighede van die voormalige Oosbloklande en hul inligtingsdienste. Die ondergrawing deur die Anglo-Amerikaanse magswêreld was egter 'n bekende feit by Afrikaners in die ou Suid-Afrikaanse inligtingsdienste. Die bewys daarvan is byvoorbeeld in die boeke van adv. Piet Pretorius wat Gelofteland die afgelope tyd besig is om te plaas, Volksverraad, (Volksverraad... Waarom?) en Volkshoop, waarin hy die Central Intelligence Agency (CIA) beskuldig vir meeste van die dinge. Die toename in moorde op Afrikaners en ander Blankes sedert die Mangaung-konferensie in Desember verlede jaar waar die ANC-leier Jacob Zuma soos dikwels opruiende uitsprake geuiter het en ook in 'n opvolgende uitspraak in Durban, raak nou meer as kommerwekkend.
KOMMUNISME, DIE GODSDIENS VAN HAAT (4)
Wêreldwye ervaringe van die kommunisme-monster
deur Richard Wurmbrand
Lees reeks by Kommunisme, die godsdiens van haat
Heilige skynheiligheid
My teenstanders het feite verlang. Hier is hulle.
Die voorvalle in die lewe van die Ondergrondse Kerk mag pragtig en indrukwekkend wees, maar ons sal moet onderskei tussen mooi legendes en ’n indrukwekkende werklikheid. Ek laat vir eers al my emosies tersyde en wil slegs feite, bevestig uit onbetwisbare bronne, gee. Ek kan nie daaroor swyg nie, nie vanweë my eie lotsgevalle, wat my in botsing met die Kommunisme gebring het nie, maar omdat ek Jesus liefhet.
GELOFTEDAG IS BINDEND
Mediaverklaring
Herstigte Nasionale Party
Daarby beveel dié kommissie aan dat ook Tweede Kersdag en Paasmaandag as vakansiedae geskrap moet word. Alhoewel dié twee dae nie in wese Christelike dae is nie, is dit tog nog altyd aan die twee belangrikste christendae, Christus se opstanding en Christus se geboorte gekoppel.
Geloftedag is geskiedkundig die belangrikste dag vir die Afrikanervolk, maar dit is ook ’n dag wat soos ’n Sabbat aan God gewy moet word omdat op dié dag in 1838 die Afrikanervolk ’n bindende gelofte gemaak het aan die “heilige God van hemel en aarde... dat, as Hy ons sal beskerm en ons vyand in ons hand sal gee... ons die dag en datum elke jaar dag as 'n dankdag, soos ’n Sabbat, sal deurbring...”
WAT IS DAN DIE GROOT GEBOD?
Hannes Ollewagen
Matt. 19:16 – 30:
Vers 16: “En daar kom een na Hom en sê vir Hom: Goeie meester, watter goeie ding moet ek doen, dat ek die ewige lewe kan hê?"
Jesus se onmiddellike antwoord op bogenoemde vraag is dat die jongman die gebooie van God moet gehoorsaam (Verse 17 – 20). Maar interressant genoeg laat Jesus met beantwoording van hierdie vraag doelbewus die eerste gebod uit. Die jongman antwoord dadelik met selfvertroue dat hy al hierdie gebooie wel getrou onderhou van sy jeug af, maar voel steeds dat iets skort met die onderhouding daarvan, daarom dat hy vir Jesus in vers 19 vra: “…Wat kom ek nog kort?”
GLO DIT AS JY WIL!
"Ons hoop die dag gaan nog kom dat almal in die land, swart mense inkluis, gaan dink Hendrik Verwoerd was nie so ’n slegte leier nie. Die land se hospitale was beter in Verwoerd se tyd. In die skole was meer dissipline, en almal het handboeke gehad."
Dana Snyman – Beeld 4 April 2013
NIE NET JOU GROND GAAN GEVAT WORD NIE
Die Grondwet beskerm ons nie
Andries Breytenbach
Toe F.W. de Klerk met sy "hervorming" van Suid-Afrika besig was, het hy hoog opgegee oor die wigte en teenwigte wat magsmisbruik deur die owerheid sou voorkom en almal se belange sou beskerm. Die sterkste daarvan was die sogenaamde "beste grondwet in die wêreld" met sy ingeboude Handves van Regte wat kwansuis landsburgers se regte sou beskerm.
Teen dié tyd weet ons almal wat van De Klerk se wigte en teenwigte geword het. Die "regering van nasionale eenheid" was gou tot niet (wie onthou dit nog?) en De Klerk het hom uit die voete gemaak. Nie dat enigiemand daaroor spyt is nie, maar ons volk sit vasgevang in die gemors wat De Klerk op ons afgelaai het, en om daaruit te kom, sal 'n harde en langdurige stryd verg.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (27)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Die era ná Verwoerd
Louis Dohne van P.K. Bernhondina, Reitz, O.V.S. was ná die mislukte Rebellie van 1914 saam met oom Nieklas in die Fort op Boksburg. 'n Gesig wat die ou Boereprofeet een nag daar gehad het, het mnr. Dohne op die laaste drie bladsye van oom Nieklas se Bybel neergeskryf. Voor in die Bybel staan in 'n fyn handskrif: "Aan oom Siener van Rensburg, van Kate Kock, Germiston". Die datum daarby is 1916.
Mev. Ria James, ('n kleindogter van Siener) het hierdie visioen aangestuur en het ook sekere van die inligting oor die stryd in Angola verskaf.
Visioen: Ek droom naby my huis is daar 'n kerk, maar die predikant is nie daar nie. (Die kerk is nog teenwoordig, maar is geestelik reeds dood). Die waens staan in twee rye, ek sit tussen die vroumense, en 'n klein meisie van so 8 jaar staan op en sê: "Kyk na die Westekant. (Daar kom 'n oorlog waarin die vroue en kinders letterlik agtergelaat sal word. Hier word direk heengewys na die stryd op ons grens).
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (65)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 14
DIE EINDE VAN DIE TIENSTAMMERYK
II KON 17
1. Hosea die laaste koning van Israel
Hosea was die laaste koning van Israel alvorens die volk na Assirië in ballingskap weggevoer is. Hy was net so goddeloos soos die meeste van sy voorgangers. Hy het die troon as moordenaar bestyg nadat hy Peka vermoor het. Wat die rede vir hierdie opstand was, word nie vermeld nie. Dit het heelwaarskynlik iets met die internasionale politiek van daardie tyd te doen gehad. Mense was òf teen òf vír die Assiriese magsuitbreiding.
Peka was teen enige onderdanigheid aan Assirië gekant en Hosea daarvoor. Tiglat-Pileser III skryf in sy annale dat hy Hosea as koning oor Israel aangestel het. Dis miskien ʼn bietjie aangedik! Desondanks bevestig dit die feit dat hy met Hosea gediend was. Dit het Hosea egter baie duur te staan gekom!
KOMMUNISME, DIE GODSDIENS VAN HAAT (3)
Wêreldwye ervaringe van die kommunisme-monster
deur Richard Wurmbrand
Lees reeks by Kommunisme, die godsdiens van haat
Bestaan die Ondergrondse Kerk?
Toe ek deur die publikasie van Vir Christus Gemartel, Die Russiese Heiliges, Ondergronds vir God en ander boeke en artikels hierdie wonderlike wêreld van Christenmartelare en -helde bekend gemaak het, en toe ek hierdie Kerk se verhaal wat, hoewel waar, na groter verdigsel as enige roman klink, vertel het, was die reaksie oorweldigend. Ek het opgehou om die briewe van geesdriftige ondersteuners te tel nadat dit die 300 000-kerf oorskry het.
Christene het eenvoudig geweet dat daar nou aan hulle ’n verborge waarheid vertel is. Die menslike hart is van baie dinge bewus waarvoor daar geen bewys nodig is nie. Hulle het geweet dat Kommunisme ateïsties is. Hulle het geweet dat dit ’n diktatorskap is.
En ook in die vrye wêreld word Christene deur ateïste omring, of mense wat vir alle praktiese doeleindes sonder God is, al mag hulle op een of ander vorm van godsdiens aanspraak maak. Christene weet uit eie ervaring hoe wreed ’n baas, man, of ’n ouer kan wees as hy die Skepper nie vrees nie.
EIENDOMSREG: DE KLERK SE WAARBORG IN DIE DREIN!
Pieter van der Spuy
Regsverteenwoordiger: Afrikaner Volksparty
Verlede week het die konstitusionele hof by monde van hoofregter Mogoeng in ’n meerderheidsuitspraak beslis dat die ontneming van bestaande mineraalregte deur die MPRDA glo nie neerkom op onteiening nie, alhoewel die houer van die mineraalreg sy reg verloor en die estaat alleen mag besluit wie die mynregte sal kry. Nogtans is die ontneemde nie geregtig op enige vergoeding nie, want volgens Mogoeng is dit nie onteiening nie!
Die Mineral and Petroleum Resources Development Act (MPRDA) het in 2004 in werking getree. Die effek daarvan was dat die bestaande houers van mineraalregte van hulle regte ontneem is.
Volgens die Grondwet hoef vergoeding nie vir ‘n ontneming van eiendom betaal te word as dit nie juridies as ‘n onteiening (wat nie in die Grondwet omskryf word nie) kwalifiseer nie.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (26)
NOG VISIOENE VAN SIENER
"Nou wat dan van Japan, oom Klasie?" Sy antwoord was: "Vir Japan hoef ons nie bang te wees nie, want God gaan Japan nog met aardbewings beveg." (En in die afgelope paar jaar het hierdie gesig ook waar geword!)
20 April 1920 - In Europa trek klein witrugosse voor waens. Dit raak alles weg. Later kom die osse weer uit. Toe is dit groot en vet osse. Die wêreld word swart voor hulle. Toe is die Engelse vroue in rou. Die Duitse vroue is netjies aangetrek in blauw en roze op hul hoede.26 April 1920 - In Europa is vrouwmense wat zwart aangetrek is en skraal van figuur en zo verwild in hul gezichte. Toe kom die Duitse vrouw mense weer uit en netjes aangetrek met blauw klere en wit roze op hulle hoede.
Konsentrasiekampe van die Duitsers. Die gevangenes is in swart aangetrek, rouklere, en hulle lyk verwilderd en ontsteld.
DIERESTORIES VAN LANKGELEDE (4)
Lees reeks by Dierestories van lankgelede
LUIPERD GAAN JAG
Gedurende die daaropvolgende dae lê die luiperd in die grot, waar die kleintjies soos katjies speel, terwyl sy maat op die jag uitgaan, om later terug te keer met ’n tarentaal, ’n bokkie, of ’n bobbejaan. Die wond het maar stadig geheel.
In die begin het die luiperd geen poging gemaak om te roer nie, behalwe wanneer hy die poot lek, of rusteloos van die een sy op die ander rol, of sy ergernis uitgrom wanneer een van die kleintjies alte naby kom. Maar binne ’n week was hy weer op die been en staan hy daarbo op die kranse en afkyk, die oë gevestig op troppe antelope en gaselle; dat hy nog nie instaat is om hulle te gaan bekruip nie, weet hy egter goed genoeg.
’n Rukkie later volg die kleintjies, reeds mooi opgeskote al, hom en die wyfie tot op die rantjie van die krans en werp hulle eerste blik oor die wêreld daarbuite.
JY 'N SLAAF VAN MENSE?
DIE NIKOLAÏETE
Ds AE van den Berg
"Naas die sondeval (Gen.3) is die godsdienstige samesmelting van Rome en Babel die grootste ramp wat die mensdom ooit getref het. Daaruit het die RK ontstaan. Die kerk is mislei om heidense gebruike te huisves en so gou ingebed geraak, dat mense die waarheid nie meer van leuens kon onderskei nie."
Mt.20:25-28; 23:1-12
In Openb.2:6 het Christus lof vir die gemeente in Efese: “Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat” en in Openb.2:15 wys Hy die gemeente van Pergamus op dwaalleer in hulle midde: “So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat”. Dan waarsku Hy: “Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle (Nikolaïete) oorlog voer met die swaard van my mond” (:16).
Die Nikolaïete was die voorlopers van Roomse Katolisisme. Nie die kerk as sodanig nie, maar die dwaling waarmee dit die kerk al eeue lank skaad. Die woord Nikolaïete kom van twee Griekse woorde: nikao “om te verower” en lao “lekedom” vanwaar die Engelse woord laymen afgelei is. Nikolaïete beteken dus die “veroweraars van die lekedom”.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (25)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
NOG VISOENE VAN SIENER REEDS IN VERVULLING
Die Depressiejare
Kort voor sy dood het die Siener 'n gesig gehad wat nogal sterk herinner aan die droom van die Farao van Egipte in verband met die sewe vet koeie en die sewe maer koeie:
Ek sien twee wit perde in die more in die vlei kom wei. Hul wei met hul koppe na mekaar toe, en in die middag draai hulle van mekaar weg. Hulle is maer en uitgeteer. Toe kom nog een by wat net soos die ander twee lyk en hulle was drie.
In Oktober 1929 stort die aandelemark van New York in duie. Bankrotskappe en selfmoorde het gevolg. Skielik was daar nie meer geld in om loop nie. Die Depressie het begin. En vir die daaropvolgende drie jaar beleef Suid-Afrika die kwaaiste droogte in sy geskiedenis.
Die Tweede WêreldoorlogKEUSE IS JOUNE
VERMANING TOT GEHOORSAAMHEID
Lees reeks by Hannes Ollewagen
Deut 8:1 – 20
Vers 1: “Al die gebooie wat ek jou vandag beveel, moet julle sorgvuldig hou, dat julle mag lewe en vermenigvuldig, en dat julle mag inkom en die land in besit neem wat die Here aan julle vaders met ‘n eed beloof het.”
ÁL die gebooie wat ek jou vandag beveel, moet julle onderhou. (Verwysing na Die Tien Gebooie). Dit word beklemtoon dat ons ÁL die gebooie sorgvuldig moet onderhou. Ons moet dus weet dat ons nie sekere gebooie mag uitsonder of probeer aanpas om in te pas by die manier wat ons graag wil lewe nie. Indien jy die Wet probeer wysig om by jou besluite, keuses en lewenstyl in te pas, eerder as om die rigtingaanwyser daarvan te wees, dan het die Wet vir jou totaal en al nutteloos geword. Dit is soos om ‘n geneesheer te raadpleeg wanneer jy siek is, maar jou voorwaarde aan hom is dit hy nie vir jou slegte nuus met betrekking tot jou gesondheid mag gee nie, want jy sal nie daarvan hou nie. Indien jy dus aan een of ander ernstige kwaal ly, kan hy jou nie help nie, want hy mag jou nie te kenne gee wat fout met jou is nie.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (24)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Stakings
Ek (Anna) en Nieklas staan met dubbelloop haal geweers en mik op Johannesburg. (Die Boere berei hulle voor vir 'n oorlog). Toe kom banja mofskape af van Johannesburg ze kant. Toe staan aan die Weste kant 'n kliphuis en die voorste stuk ze zink is af en die deur is uit.
Hier het die Siener 'n baie duidelike gesig gehad van die mynstakings en opstande van 1922 in Johannesburg. Die verloopte Smutsregering het militêr ingegryp en altesaam 287 blanke stakers gewond en 140 doodgeskiet. Hierdie ongenaakbare optrede van Smuts het tot gevolg gehad dat hy alle steun onder die arbeiders verloor het, en toe hy skaars twee jaar later (op aanbeveling van Siener van Rensburg) 'n algemene verkiesing uitskryf, is hy teen alle verwagting in deur genl. Hertzog se Nasionale Party verslaan.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
KOSTELIKE NUWE SUID-AFRIKA
Is dit nou nie pragtig nie? Die (Tshwane) Pretoria-munisipaliteit het die elektrisiteitstoevoer na sy eie Roodeplaat-gemeenskapsaal afgesny nadat hy nie sy eie agterstallige rekening van net meer as R16 000 betaal het nie. Amptenare in die gebou, noordoos van Pretoria, het onlangs kopgekrap toe 'n aanmaning van hul werkgewer om dié munisipale skuld te betaal daar aangekom het. Die gebou, waar inwoners onder meer hul rybewyse kan hernu, is 'Tshwane' se eiendom en word deur die munisipaliteit bestuur. Die munisipaliteit het die kragtoevoer verlede week afgesny toe die rekening nie vereffen is nie. Die enkele amptenare in die kantoor sit sedertdien in die donker.
VOED JUL KINDERS IN DIE HERE OP
'N HELE VERLORE GESLAG OMDAT ONS OPVOEDING VERSUIM
Ds AE van den Berg
“Jy moet dan weet dat die Here jou God God is, die getroue God wat die verbond en die goedertierenheid hou vir die wat Hom liefhet en sy gebooie onderhou, in duisend geslagte” - Deut. 7:9 (6:4-7)
Die meeste van u het al ’n kettingbrief ontvang waarin enersyds geluk belowe, maar andersyds ook gedreig word dat die ketting nie gebreek mag word nie. Almal begin met ’n belofte en eindig met ’n bedreiging. Die tweede gebod begin met ’n bedreiging en eindig met ’n belofte. Die bedreiging is dat God geen afgode duld nie en oortreders tot in die vierde geslag straf. Hy beloof egter om aan diegene wat die gebooie hou, besondere guns te bewys.
Daar is niks wat met God se besondere guns vergelyk nie. Hy verleen dit graag aan ouers wat kinders opvoed.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (24)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
Karel Landman-monument
Ligging: Op die plaas De Kol-rant langs 'n grondpad wat noordwaarts uitdraai uit die R72 tussen Alexandria en Port Elizabeth.
Toegang: Die monument is nie omhein nie en permanent toeganklik. Geen toegangsfooi.
Geriewe: Die naaste geriewe is in dorpe/stede in die omgewing.
Argitek: Gerard Moerdyk.
Onthul: 1939, deur ds W.A. Landman, 'n seun van Alexandria en bloedverwant van Karel Landman.
Hierdie monument bring hulde aan Karel Pieter Landman, 'n Voortrekkerleier en Andries Pretorius se tweede-in-bevel tydens die Slag van Bloedrivier op 16 Desember 1838.