Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Eerbare volksleiers maak die regte keuses en loop nie onnodige risiko’s nie. Hulle pluk die rose en los die dorings. En waar daar geen pad is nie, wyk so ‘n persoon selfs van die gebaande weë af om ‘n nuwe weg vir sy volk te baan. Hy laat die sonlig van God se beloftes altyd oor al sy probleme skyn sonder om eerbare drome te laat vaar.
BESTEM OM TE STERWE
- en daarna die oordeel...
Johannes de Koning
Lees meer by skattegemynuitgodsewoordintsumeb
Die tragiese gebeure wat rondom die bekende Paralimpiese atleet Oscar Pistorius en sy model vriendin Reeva Steenkamp ontvou, kan seker deur niemand geïgnoreer word nie. Oscar is nie net ‘n huishoudelike naam in Suid-Afrika nie, maar die prominensie wat die ramp van 14 Februarie in die wêreld media geniet, is ‘n bewys van sy internasionale aansien. Weens sy dapper uithouvermoë om ‘n ernstige gebrek te oorkom, verdien die lemnaeler dit sekerlik...
Ek beskou die aardse regsvraag van skuldig en onskuldig as iets waaroor mens jou liefs nie nou moet uitspreek nie. Dis waarvoor daar howe en regters is. Tog kan al die nuusberigte en kommentare oor Oscar en Reeva nie anders as om my weer oor ‘n paar sake Bybels te laat nadink nie:
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (50)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 10
NABOD WORD VERMOOR
1 Kon 21;22:1-40
1. Aanleiding tot moord
Agab het in Samaria gebly. Omdat dit in die somer baie warm in Samaria geword het, het Agab ook ʼn paleis op ʼn stuk erfgrond in Jisreël, noord van Samaria, gehad. Hierdie plaas was aan die voet van Gilboa waar Saul selfmoord gepleeg het. Dit was ʼn vrugbare gebied wat tydens die verdeling van Kanaän aan Isaskar toegewys is.
Agab se buurman Nabot was ʼn wingerdboer; ook op erfgrond. Agab het sy druiweplaas begeer en kon maklik sy buurman laat onteien het. Hy het dit egter nie gedoen nie en hom eerder ʼn aanbod daarvoor gemaak. Nabot het sy aanbod egter van die hand gewys omdat dit erfgrond was.
KULTUUR- DAGBOEK 8 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
Dr Theophilus Ebenhaezer (Eben) Dönges, koerantman, advokaat, politikus en minister (1948 – 1967) is in 1898 gebore. Hy was ook verkose as staatspresident van die Republiek van Suid-Afrika maar is aan 'n beroerte oorlede voordat hy in die amp bevestig is.
Goew Joachim Ammena van Plettenberg, goereneur van die Kaap de Goede Hoop (1774 – 1785) is in 1739 in Friesland gebore.
VOLKSVERRAAD (38)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
In die beplanningsfase van hierdie ondermynende komplot teen die regses mog die plan die implikasie inhou dat die Nasionale Intelligensiediens se invloed aangewend sou word en moes dit as 'n doel tot die middel gesien word. Dit blyk duidelik uit 'n onderhoud van dr. Neil Barnard met Alf Ries van Die Burger van 19 Februarie dat hy nie genoeë was dat die Nasionale Intelligensiediens misbruik word wanneer sy regering hom opdrag gee om gebruik te word by uitvoerende aksies wat eenvoudig nie gedoen behoort te word nie. By die Nasionale IntelIigensiediens se jaareindfunksie was dit reeds duidelik dat daar 'n effense konflik bestaan tussen dr. Barnard en pres. De Klerk.
HUGO CHAVEZ WAS 'N KOLOS!
Gawie
Ons Afrikaners is baie geneig om, wanneer die ANC ‘n buitelandse leier aangeprys het, feitlik instinkmatig ons van daardie leier te distansieer. En dikwels het ons goeie rede gehad. So was dit met Jasser Arafat. En nou dalk ook met Hugo Chavez. Ons persepsies oor Arafat was verkeerd soos wat Arafat se persepsies oor ons volk verkeerd was. Met Chavez is dit nie anders gesteld nie.
Ons het Chavez nie werklik geken nie en hy het min van die Afrikaner geweet.
Hugo Chavez het
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (17)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Soos 'n Moses van ouds
Boy Mussman vertel verder:
Die voorwaardes was: 'Julle Iê die wapen neer'. Die offisiere sal aangehou word. Die burgers sal huis toe gestuur word met hulle perde. As die regering die perde nodig het, sal hulle gewaardeer word en aan ons uitbetaal word. Op die plaas Koegoeskop is baie soetdoringbome. Oom Nieklas sê hy sien elke burger pluk 'n geelperske van die soetdoringboom, maar hy (Siener) kry eers die geelperske in Pretoria.
Toe die Duitse owerheid hoor dat ons gaan oorgee, stuur hulle vir elke burger 'n goue pond vir padgeld. Oom Klasie se naam het nie voorgekom op die korporaals se naamlys nie. Dus kry hy toe nie 'n pond nie.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (18)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
GENERAAL HERTZOG-MUSEUM: BLOEMFONTEIN
Ligging: Op die hoek van Pres. Brand- en Charlesstraat, oorkant die De Wet-standbeeld.
Toegang: Die monument is nie omhein nie en permanent toeganklik. Geen toegangsfooi.
Geriewe: Toilette en winkels in die nabyheid.
Beeldhouer: Danie de Jager.
Argitek: Albrecht Holm.
Onthulling: 1968, deur B.J. Vorster, Eerste Ministe rvan Suid-Afrika.
James Barry Munnik Hertzog is op 3 April 1866 in Wellington in die Kaapkolonie gebore. Hy was nog maar 'n seuntjie van ses toe sy ouers na Kimberley verhuis het. Enkele jare later het hulle in die Oranje-Vrystaat gaan woon en wel op Jagersfontein.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
KAN NET NIE WEN NIE
'n Aanhaling van Mark Twain: "Veronderstel jy is 'n idioot. En veronderstel jy is 'n kabinetslid van ons regering. Maar dan het ek myself al weer herhaal."
Dieselfde Mark Twain: "As jy vandag nie die nuusblaaie gereeld lees nie is jy oningelig. Maar dan weer, indien jy dit wel lees is jy mislei"...
VOLKSVERRAAD (37)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
NG-KERK EN SY SKULDBELYDENIS VAN APARTHElD
As deel van Kom. Ops. se offensief om die klimaat vir politieke verandering te bevorder, het prof. Willie Jonker van die NG Kerk se kweekskool op Stellenbosch, in November 1990 tydens 'n beraad van byna alle Christelike kerke in Suid-Afrika (wat op die inisiatief van FW de Klerk naby Rustenburg gehou is) in 'n heftige linkse toespraak afgesluit met die vermetele stap om namens die Afrikanervolk aan die versamelde Swart kerkleiers vergifnis te vra vir die onreg wat die Afrikaner die Nie-Blankes glo sou aangedoen het. Die toespraak wat Jonker voorgelees het, was inderwaarheid deur Tienie Groenewald geskryf. Sy belydenis wat hy aan die Nie-Blankes gerig het, was soos volg:"Ek bely voor u en voor God nie net my eie sonde en skuld nie, en my persoonlike verantwoordelikheid vir die politieke, sosiale, ekonomiese en strukturele onregte waaronder u en ons hele land nog ly nie, maar plaasvervangend waag ek dit om dit ook namens die Nederduits Gefermeerde Kerk te doen, waarvan ek lidmaat is, en vir die Afrikanervolk in sy geheel.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (49)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 9
DIE OORLOG TUSSEN AGAB EN BENHADAD
1 Kon 20
1. Benhahad soek moeilikheid
Verskeie Oosterse konings het die naam Benhadad gehad. Die een van Aram was egter die verwaandste. Die Arameërs was ’n talryke volk. Sommige van die stamme het tot teenaan die Eufraat gewoon. Die Grieke het hulle Siriërs genoem. Benhahad van Aram se gebied was noord-oos van Israel met Damaskus as hoofstad. Tydens Dawid se regering was die Arameërs ʼn onderworpe volk (2 Sam.8:5,6; 10:18). Hulle het eers in die tyd van Salomo vir Israel ʼn redelike bedreiging begin word.
Toe Agab koning van Israel geword het, het Benhadad ʼn leër teen hom op die been gebring en 32 bondskonings saam met hom slagveld toe geneem. Laasgenoemdes was eintlik stamhoofde wat soos konings oor elke Aramese stam regeer het. Desondanks was hulle aan een sentrale regering in Damaskus onderworpe.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
NIEMAND LUISTER NIE!
'n Predikant, 'n prokureur en 'n dokter gaan jag saam. In die veld kom hulle op 'n pragtige koedoe af en al drie brand tegelyk op die bok los. Die koedoe slaan morsdood neer en die drie hardloop nader. Die enigste koeëlwond wat hulle kry is deur die bok se kop maar niemand kan sê wie hom raakgeskiet het nie.
Hulle laai die bok op die bakkie en ry na die kamp waar die plaaseienaar, 'n ervare jagter, na die bok kyk. Hy sê: "Dis die predikant se bok dié." Half verontwaardig wil die ander twee weet hoe hy dit weet. "Maklik", sê, die eienaar, "die koeël is by die een oor in en by die ander oor uit."
GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK (10)
Ds.Andrè van den Berg
Lees reeks by GEBEDEBOEK VIR DIE BOEREVOLK
GEBED
Vader, namate ek in heiligmaking toeneem, beween ek my onheiligheid. Kon ek maar vlekkeloos geleef het! Desnieteenstaande pleit ek dat U my sal help om te midde van my volk wat die duiwel ‘n vatkans gegee, ontspoor en die heidendom omhels het, afgesonderd vir U te leef. Sit my elke dag so opsy dat mense my toewyding aan U sal bejeen en hulleself ook sal afsonder.
Gebruik die tien ploegosse van U wet om die braakland van my lewe om te ploeg. Help my om elke sonde daarin te ontwortel sodat ek die vrug wat by die bekering pas,
WAAK ÉN BID
Hannes Ollewagen
Lees reeks by Hannes Ollewagen
Matt. 26:36-46
Vers 37: “En Hy neem Petrus en die twee seuns van Sebedèüs saam en begin bedroef en benoud word. “ Jesus sonder drie van sy “beste” dissipels van die ander om saam met Hom verder te gaan en te bid. Hy verduidelik aan hulle hoe bedroef en benoud Hy is en Hy vra hulle dan ook om saam met Hom te waak. Tydens Jesus se lewe op aarde, as ‘n mens, is hierdie een van die kere in die Woord dat dit onomwonde gestel word dat Hy in sy binneste pleit vir bystand en ondersteuning van sy dissipels – Hy was doodsbenoud.
Hy vra dan ook reguit hulle ondersteuning om saam met Hom te waak, net om terug te keer en hulle aan die slaap te vind – nie in staat om EEN uur saam met Hom te waak nie. . . Jesus kom in die gedaante van ‘n mens aarde toe, wy sy hele lewe aan sy volgelinge (dissipels) en dan is een uur se toewyding/ondersteuning van hul kant af te veel gevra.
LIEWE LULU...
- WAT WEET JY VAN CALVINISME?
Johannes de Koning
(Lees meer van hierdie skrywer by skattegemynuitgodsewoordintsumeb.blogspot.com
Dit lyk my as jy iemand wil slegsê en jy het nie feite nie, dan beskuldig jy hom van rassisme of Calvinisme. So het minister Lulu Xingwana*. van Suid-Afrika onlangs in ‘n onderhoud gesê: "Jong Afrikanermans word grootgemaak in die Calvinistiese geloof en glo hulle besit 'n vrou, hulle besit 'n kind, hulle besit alles, en daarom kan hulle daardie lewe neem, want hulle besit dit." ‘n Groter vertoon van sotlikheid en dwaasheid is moeilik denkbaar. Miskien moet mens Lulu tog nie te hard oordeel nie, want geestelike insig kan seker nie verwag word uit die geledere van die goddelose ANC met sy heidense sekulêre agenda nie.
VOLKSVERRAAD (36)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
REAKSIES OP SUID-AFRIKA SE BELEID VAN TOTALE OORGAWE
Die sogenaamde Rooi Toespraak is deur die regse groepe met weersin ontvang. Die Konserwatiewe Party het byvoorbeeld hulle ongelukkigheid gedemonstreer deur uit die ParIement te stap. Pieter Groenewald het ook aan F.W. de Klerk by 'n geleentheid sewe munte oorhandig as 'n simbool van die uitverkoping van die Blankes in Suid-Afrika.
Die Britse ekonomiese navorsingseenheid, The Economist Intelligence Unit, het in Februarie 1990 die standpunt gehuldig dat ekonomiese sanksies weinige uitwerking op die Suid-Afrikaanse ekonomie gehad het. Daar word gewys dat dit slegs op 5 persent van alle uitvoerverdienste impak gehad het. Hulle was van mening dat ekonomiese sanksies 'n meer sielkundige uitwerking op die Suid-Afrikaanse beleidmakers gehad het.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (16)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Terug Transvaal toe
Boy Mussmann vertel verder:
Ons is weer terug op Jeruzalem. Oom Klasie het nog in Transvaal gesê: "Ons begin ons terugtog waar ek kaal staan."
Toe oom Klasie kaal in die badkamer staan, kom van die burgers en sê aan hom: "Generaal Kemp het gesê ons moet klaarmaak, ons moet terugtrek Transvaal toe."
Toe Manie Maritz hoor Kemp trek terug, toe gaan genl. Maritz na Kemp en vra: "Wat gaan aan?" Kemp sê: "Ek trek terug." Maritz sê: "Dit sal jou laaste trek wees." Kemp sê: "Siener het gesê my pad is oop." Maritz sê: "Jou pad is oop, maar ek sien dit nie."
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (48)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 8
ELIA EN ELISA
1 Kon 19
"God sou die lewe van die 7 000 wat die knie nie voor Baäl gebuig het nie spaar. Elia was dus nie al gelowige oor soos wat hy op ʼn stadium gedink het nie. Kragtens die wonder van die uitverkiesing bly daar altyd ʼn oorblyfsel oor waarmee God verder werk (Rom.11:5). Dis vandag nog waar!"
1. Elia by die berg Horeb
Nadat Agab tuisgekom en Isebel van die slagting van haar profete by die Kisonspruit verwittig het, was sy woedend. Alhoewel Agab dit self aanskou het, het hy nie ingegryp en die booswigte probeer red nie. Daarvoor was die volk net te oortuig van God se kragtige werking. ʼn Verkeerde opdrag kon ʼn hewige stryd in der midde ontketen het. Daarbenewens was Agab se hart nie werklik by afgodery nie. Hy het die heidene slegs ter wille van sy vrou geduld. Hy was uiteraard die een wat Elia se uitdaging aanvaar en die volk byeen laat kom het. Gevolglik het hy die uitslag aanvaar.
NOG 'N KLAG TEEN ANC SE LULU
HNP lê ’n klag van haatspraak teen ANC se minister
Die voorsitter van die HNP, mnr Peet Joubert, het vandag ’n klag van Crimen Injuria en haatspraak teen Lulu Xingwana, ANC-minister, gelê oor haar uitspraak dat jong Afrikaner-mans in die Calvinistiese geloof opgevoed is en daarom glo dat hulle vrouens en kinders besit en daarom hulle lewens kan neem omdat dit hulle besit is.
Die HNP het met afsku kennis geneem van dié uitlating van die ANC-minister. Hierdie is 'n direkte aanval op die lewensbeskouing en wese van die Afrikanervolk. Dit is bewys daarvan dat sy geen kennis of begrip van die Calvinisme as lewenswyse of van die Calvinistiese geloof het nie.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (15)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Boy Mussmann vertel verder:Ek vra toe: "Oom Klasie hoe lyk dit vorentoe?" Hy sê: "Môre is ons tussen die blouklippe. Maar wat ek nie verstaan nie, is dat ek sien hulle jaag so uitmekaar weg van ons en dan kom hulle terug met twee blou perde, twee bruin perde en een skimmelperd. Dan kom hulle tussen ons in."
Ons trek die nag van Rooidam weg. Die volgende more net toe die son uitkom, kom ons by 'n plaas (Geluk) aan. Ons sien daar 'n aantal perderuiters. Ons steek hul onder die koeëls want water en kos moet ons kry. Hulle het eers in die kraal skuiling gesoek. Toe hul sien ons kom nader en nader toe slaan hul op die vlug en jaag uitmekaar sodat ons nie altwee in een skoot kan raakskiet nie.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (17)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
CHRISTIAAN DE WET: RUITERBEELD, BLOEMFONTEIN
Ligging: In die noordwestelike hoek van die Vierde Raadsaal-terrein op die hoek van Pres. Brand- en Charlesstraat.
Toegang: Die standbeeld is nie omhein nie en permanent toe-ganklik. Geen toegangsfooi.
Geriewe: Toilette en winkels in die nabyheid.
Beeldhouer: Coert Steynberg.
Onthulling: 1954 deur Izak de Wet, enigste oorlewende seun van Christiaan de Wet.
Christiaan de Wet was op sy dag een van die mees bekende en gerespekteerde lede van die Afrikanergemeenskap - 'n man wie se roem tot buite die Afrika-kontinent gestrek het.