Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Vooruitgeloopte bekommernis is 'n dwase ding: dit verdubbel jou probleme want as ons vrese nie realiseer nie, het ons ons twee maal bekommer in plaas van een keer.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (47)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 7
ELIA TREE TEEN DIE AFGODSDIENS OP
1 Kon 16:29-34; 17-18
1. Die regering van Agab
Israel se afgodery het gemaak dat Elia teen sy koning moes optree. Nadat Agab Isebel as vrou geneem het, het hy weer die Kanaänitiese kalwerdiens ingevoer. Sy was die dogter van Et-Bäal, die koning van Sidon, ʼn Fenisiese gebied. Et-Baäl het in Tirus gewoon nadat hy Hiram, ʼn bekende uit die dae van Dawid en Salomo, opgevolg het ( 1 Kon.5:1). Die Fenisiërs het die Baäls so vurig aanbid, dat Fenisië die land van die Baäls genoem is.
Agab se Fenisiese vrou het van meet af aan die septer in Israel geswaai. Sy het selfs ʼn Baältempel in Samaria laat bou en so God geterg.
1994: VOLK GESLAG OP MEINTJESKOP (16)
Die dag sal kom... soos by Vereeniging
Dr Harry Mocke
Lees reeks by 1994: Slag van Meintjeskop
Verkeersvloei van die lewe
Dit is vroegoggend. Duisende motoriste is op pad werk toe. Hier en daar sien jy die rustige soort wat vir genoeg tyd voorsiening gemaak het om rustig en versigtig te kan ry. Die meeste bestuurders sit egter met strak gesigte en soek na 'n opening in die linkerkantste of regterkantste baan, om moontlik tot by die volgende verkeerslig een motorlengte te wen. As daar net genoeg ruimte is om te waag, vlieg hy skielik uit en duik in daardie ruimtetjie in, al is dit teen die risiko van 'n botsing. Daaroor sal hy hom later bekommer.
HEILIGE HAAT
Ds AE van den Berg
Ps.139
"As jy sê dat jy God liefhet, durf jy nie sy vyande liefhê nie, want dan weerspreek jy jouself! ’n Lojale onderdaan sal nooit vriendelik met sy koning se vyand wees nie. Die koning sal dit as verraad beskou."
Leuens is nie noodwendig die grootste vyand van die waarheid nie. Mites rig soms groter skade aan, veral as dit in kerke aanvaar word. Een van die gewildste kerklike mites is die mite dat Christene verplig is om alle mense ongekwalifiseerd lief te hê. Dit staan nêrens in die Bybel nie! Hoor wat skryf Dawid, die man na God se hart: “HERE, sou ek nie dié haat wat vir U haat en ’n afsku hê van die wat teen U opstaan nie? Ek haat hulle met ’n volkome haat; vyande is hulle vir my!” (Ps.139:21,22).
Heilige haat is so Skriftuurlik soos Jesus se opdrag om die Evangelie te verkondig. Nogtans swyg die meeste kerke hieroor omdat dit geen gewilde onderwerp is nie. Daarbenewens het die liberale teologie mense al so gebreinspoel om almal lief te hê, dat dit as Evangelie aanvaar word!
ONS TYD VAN SIEK LERINGE
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
“...want daar sal ’n tyd wees wanneer hulle die gesonde leer nie sal verdra nie….en die oor sal afkeer van die waarheid….”- 2 Tim.4:3,4
Is godsdiens vir jou belangrik? Vir mense wat weet dat hulle eendag gaan sterf is godsdiens baie belangrik. Dis nie net een van ons diepste versugtinge nie, maar ook die steenwerk wat ’n gemeenskap aan mekaar hou. As die steenwerk van ’n gebou nie reg is nie, kan dit mense se dood veroorsaak. Ook godsdiens as dit nie reg (eg) is nie. ’n Siek godsdiens is skadelik.
In die tyd van Jeremia was Juda se godsdiens ook siek. Die priesters het koning Jerobeam gebuikspreek deur dit wat die koning behaag het te preek. Hulle het ’n nuwe soort godsdiens verkondig wat baie vreemd aan die oue was. Die gevolg was dat die waarheid gesneuwel en die godsdiens baie siek geword het. Geen godsdiens oorleef sonder die waarheid nie.
GIFTIGE 'ORGANIESE' KOSSE UIT SJINA
AKTUEEL: SJINA EN SY SOGENAAMDE ORGANIESE KOSSE
Kriewelkop
Sjina het die laaste jare ook Suid-Afrika se industrieë soos Siener voorspel het, soos 'n "geel
slang" ingesypel. Nie net besit die Sjinese reeds onrusbarende hoeveelhede nywerhede in ons land nie, maar word 'n groot verskeidenheid produkte vanaf Sjina ingevoer waaronder ook hulle sogenaamde organiese voedsel. Persone wat in alle erns verantwoordelikheid neem vir hulle gesondheid, konsentreer juis op die gebruik van organiese voedsel al is dit duurder, om sodoende spuit- en gifstowwe te vermy.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (16)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
NASIONALE VROUEMONUMENT - BLOEMFONTEIN
Ligging: Ingang uit Monumentstraat.
GPS-koördinate: S29°08.397, E26°12.569.
Toegang en geriewe: Daar is toegangsbeheer by die monument, maar dit is bedags oop. Geen toegangsfooi word gehef nie. Daar is geriewe soos toilette en 'n kafeteria.
Een van die mees ingrypende en terselfdertyd tragiese gebeure in die geskiedenis van die Afrikanergemeenskap was die dood van bykans 30 000 vroue en kinders tydens die Tweede Vryheidsoorlog, waarvan 90% in konsentrasiekampe gesterf net. Die Britse militêre owerhede het altesaam 50 sodanige kampe spesifiek vir blankes opgerig. Daar is by die meeste van hierdie kampe steeds begraafplase en/of gedenktekens.
Daarbenewens is daar in talle dorpe en stede in Suid-Afrika huldebetuigende strukture vir die slagoffers van die Britse konsentrasiekampstelsel opgerig. Die Nasionale Vrouemonument in Bloemfontein is die grootste asook die bekendste van daardie strukture.
VOLKSVERRAAD (35)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
IN DIE BUITELAND PROMOVEER PIK BOTHA SE DEPARTEMENT DIE REGERING SE VERSKUILDE AGENDA OOR POLITIEKE VERANDERINGE
In Oktober 1989 het die Departement van Buitelandse Sake 'n regeringsbeleid begin verkondig wat die Regering se geheime agenda verteenwoordig. In dié verband het die Departement aan die internasionale media gemeld dat die regering noodwendig met die Demokratiese Party sal moet saamwerk sodat hulle 'n verenigde front teen die regses kan vorm. Voorts het die Departement aangedui dat F.W. de Klerk in die nabye toekoms die vereiste dat die ANC geweld moet afsweer, sal laat vaar en slegs sal eis dat die ANC 'ernstig en vredeliewend' moet onderhandel. Ons sal sien dat dit inderdaad op 2 Februarie in F.W. de Klerk se 'Rooitoespraak' sou reflekteer.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (46)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 6
ASA EN SY TYDGENOTE
1 Kon 15:9-15;25-16:7; 2 Kron 14:9-15; 1 Kon 16:8-28;
2 Kron 16:12-14; 17:1; 18:1
1. Asa se hervorming
Abia het sy vader Rehabeam as koning in Juda opgevolg en deur God se mag ʼn groot oorwinning oor Jerobeam (Israel) behaal. Abia was egter nie ‘n gelowige nie. God het hom slegs ter wille van Dawid geseën. Jerobeam is twee jaar nadat Asa vir Abia as koning in Juda opgevolg het oorlede. Abia is egter jonk oorlede en deur sy jonger broer Asa opgevolg.
Asa was ‘n gelowige soos Dawid en gedoen wat reg was. Hy het vir 41 jaar regeer. Die eerste 10 jaar was rustig omdat Israel baie verswak was. In hierdie tyd het Asa hom met godsdienstige en militêre aangeleenthede besig gehou. Hy was ʼn hervormer en het al die vreemde altare en heidenhoogtes laat verwyder. Daarna het hy tempelprostitute belet en afgode vernietig.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (14)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Die rooi kombers
Boy Mussmann vertel verder:
Voor sononder staak die regering hulle skietery. Ons word uit die kringetjie waar ons verdedig, geroep. (Ek het van Witsand se osse voor die motor gespan, want my broer, Piet Mussmann, lê van Kuruman af gewond in die motor). Ons kon 'n blaaskans kry. Genl. Kemp het rapporte uitgestuur dat die burgers by sy motor moes bymekaarkom.
Toe ek by die motor kom, sit Siener op die treeplank. Genl. Kemp kom gelyktydig ook daar aan.
Genl. Kemp vra aan Siener: "Toe, ou Nieklas, hoe lyk dit nou met jou?"
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (45)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 5
VYANDSKAP TUSSEN ISRAEL EN JUDA
1 Kon 12:21-33; 13; 14:1-20
1. Rehabeam en Jerobeam versterk hul posisies
Israel en Juda het hul onderskeie ryke versterk en vestings gebou waarin voedsel- en wapenvoorrade geberg is. Die Leviete wat dwarsdeur die land stede en weivelde gehad het, het dit alles laat staan en na Juda getrek. Talle burgers van Israel wat in die ware godsdiens volhard het, het Israel verlaat en hulle in Jerusalem gaan vestig. Jerobeam het in Sigem gaan woon.
2 . Goue kalwers
Baie van Jerobeam se mense het na Jerusalem verhuis omdat die stad en die tempel hulle bekoor het. Jerobeam het nie daarvan gehou nie en ʼn plan gemaak om dit te probeer stop. Hulle moes nie langer vir godsdiensdoeleindes Jerusalem toe gaan nie. Daarom het hy vir hulle twee goue bulkalwers laat maak om te aanbid. Hy was nie verniet ʼn hele paar jaar in Egipte nie!
VOLKSVERRAAD (34)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
TOTALE OORGAWE
"Ons sal hier sien hoe die Verligte Aksie-bewegingsfaksie (van wie ons pas weer kennis geneem het met Deon Loots se verklaring oor die binnekringgebeure van die Boeremagsaak) binne die Afrlkaner Broederbond daarop uit was om regse weerstand jeens hulle beleid van Totale Oorgawe hok te slaan."
Voordat ons die TOTALE OORGAWE deur FW de Klerk behandel, 'n kort terugblik op die era van PW Botha:
Die Illuminati het in die P.W. Botha-era daarin geslaag om met die stigting van die Southern African Development Coordination Conference 'n streeksliggaam daar te stel wat later kon lei tot 'n super ekonomiese regering vir die Suidelike halfrond van Afrika. Tog slaag die Illuminati daarin om ná 1980 die era van liberalisme vir Suid-Afrika in te lyf, wat geskoei was op radikale politieke veranderinge. Geheime gesprekke is met die ANC gevoer en die Suidwes- en Angolakwessies is in 'n grootmate besweer om die weg te baan vir politieke oorgawe aan 'n ANC Swart meerderheidsregering.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (15)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
SAREL CILLIERS GELOFTEMONUMENT: KROONSTAD
Ligging: Voor die Nederduits Gereformeerde Kerk, Crossstraat.
GPS-koordinate: S27°40.033, E2714.061.
Toegang: Hierdie terrein is omhein, maar die monument is goed sigbaar van buite indien die terrein gesluit is. Daar is voldoende parkering.
Geriewe: Geen op die terrein, maar voldoende in die nabye omgewing.
Beeldhouer: Coert Steynberg.
Onthul: 16 Desember 1950, deur die Minister van Finansies, N.C. Havenga.
Die aflegging van die Gelofte van Bloedrivier is een van die mees deurslaggewende gebeurtenisse in die geskiedenis van die Afrikanergemeenskap.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (44)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 4
DIE RYK SKEUR
1 Kon 11:26-40; 12:1-25
1. Ontevredenheid met die koningshuis
Ná die dood van Salomo het sy enigste wettige seun, Rehabeam, koning geword. In Juda was dit vanselfsprekend dat hy koning sou word, maar nie in die res van die land nie. Israel het bv. nie aan sy kroningsfees in Sigem deelgeneem nie. Israel was nie onwillig om onder hom te dien nie. Hulle besware moes egter eers uit die weg geruim word.
Hulle was beswaard oor die swaar belastings wat Salomo hulle opgelê het. Hy was wel baie ryk, maar het sy volk nie daarin laat deel nie. Die onderhoud van sy vroue het die staatskas behoorlik gedreineer! Daarbenewens het hy hom nie aan die soberheid in geldbesteding gesteur wat deur die koningswet voorgeskryf was nie (Deut.17:16,17).
Die werk en uitgawes aan die bou van die tempel was astronomiese bedrae.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (13)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Die pad is oop ...
Boy Mussmann vertel verder:
Dit is opmerklik dat ons die heeldag hier in stilte deurbring om die regeringstroepe kans te gee om van Olifantshoekdorp by ons verby te kom. 'n Afstand van 14 myI (23 km). Teen sononder sê oom Klasie ons moet trek want die pad is oop. Toe ons die tweede bult oorgaan, vind ons die regeringstroepe besig om langs die Posmasburgpad posisie in te neem. Ons begin op hulle skiet. Terselfdertyd begin Petrus Ferreira op hulle skiet van die suidekant af. Ferreira is van ons weg by Kuruman. Ons kry opdrag om die nek (bergpas) in die Langberge in besit te gaan neem. Dit is 'n pad dwarsdeur die Langberge. Dus, as die regeringstroepe ons nou wil bykom, dan moet hul by Olifantshoek omgaan.
LIGGAAMS- DEURPRIEMING
Ds AE van den Berg
Ex.21:1-6; Rom.12:1-2; 1Kor.6:12-20
Die openbaring van die Antichris is voor die deur. Dit kan aan die wêreldwye oplewing in die heidendom gesien word; ook in Suid-Afrika. Ná die prysgawe van politieke mag in April 1994 het ons land ’n ongekende terugkeer na die heidendom beleef. Dink maar net aan die beeldmateriaal van die toordokter voordanser tydens die inhuldiging van Nelson Mandela.
Laasgenoemde is kort na sy vrylating terug na sy geboortegrond (Oos-Kaap) om sy voorvadergeeste vir sy vrylating te gaan dank. Net daarna het ’n NG Sinode hom as ’n held ontvang en “Laat Heer U seën op hom daal” toegesing. Daarna het die heidendom in ons geliefde vaderland oorhand toegeneem.
VOLKSVERRAAD (33)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
DIE COUP D'ETAT (STAATSGREEP): FINALE LINKSE OORNAME VAN DIE KABINET
Intussen het die Vrymesselaars (die Rockefeller CIA-konneksie) besef dat 'n persoon uit die Doppergeledere die leisels by P.W. Botha as Staatspresident moet oorneem. F.W. de Klerk (lid van die Afrikaner Broederbond en 'n Vrymesselaar) wat op die ou einde daardie Dopper was, het veral sedert1988 begin met sy aanslag om Staatspresident te word. In die Afrikaner Broederbond het sy aanhang toegeneem.
Die leierskapstryd in die NP het 'n aanvang geneem. P.W. Botha was nie meer gesond nie. Hy het ligte beroerte aanvalle gehad, wat vir die publiek weggesteek is. Hy kon nie meer die pas volhou nie, en is by een geleentheid inderhaas na 2 Militêre hospitaal in Wynberg geneem. Na wat onbevestig verneem is, is daar tydens sy hospitalisasie ook 'n aanslag op sy lewe gemaak. Die aankondiging dat P.W. Botha na 2 Militêre Hospitaal in Wynberg gehaas is, het die bespiegelinge oor opvolging laat opvlam.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (43)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 3
DIE TEMPEL
1 Kon 5-6; 8:1-11; 9:1-9; 10:1-13; 11:1-13,41-43
1. Op die berg Moria
Die tempel is op die berg Moria in Jerusalem gebou. Salomo wou vir God ʼn sierlike huis bou en het twee konings gevra om vir hom hout uit Libanon te lewer. Hy het ook ʼn bevoegde ambagsman gehuur om vir hom godsdienstige voorwerpe van goud, silwer, koper en ander materiale te maak . Selfs heidene het help voorsien (Jes.60:5,11; 66:12). Salomo het hulle met plaaslike produkte soos koring, gars, wyn en olyfolie betaal. Sederbome is gekap en met vlotte na Jafo gebring waarvandaan dit deur 70,000 uitlandse lasdraers oorland na Jerusalem vervoer is. Die klippe is plaaslik uit sandsteen gekap.
Die tempel was ʼn drieverdiepingstruktuur.
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (14)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
EMILY HOBHOUSE-MONUMENT: KOPPIES
Ligging: Voor die NG-kerk, in die middel van die dorp, hoek van Kerkstraat en 2e Straat.
GPS-koordinate: S27°14.500, E27°34.375.
Toegang: Daar is geen toegangsbeheer nie. Voldoende parkering. Geriewe: Geen geriewe by die monument self nie, maarwel in die onmiddellike omgewing.
Inwyding: 1965.
Emily Hobhouse (1860-1926) was 'n Britse vrou wie se landgenote in 1899-1902 'n verwoestende oorlog teen die Afrikaner-Boererepublieke van stapel gestuur het. Nogtans het sy haarself binne 'n kort tydjie onder die Afrikaners as 'n heldin gevestig. Dit was hoofsaaklik omdat sy tydens die Tweede Vryheidsoorlog as die voorste en mees sigbare kampvegter teen die Britse militêre owerhede se verskroeide aarde-beleid en vestiging van konsentrasiekampe na vore getree het;
SALWING
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
Jak.5:13-20; 1 Joh.2:18-29
"Die openbaring van die Antichris is voor die deur. Dit word baie duidelik aan die toename in dwaalleer bespeur. ’n Dwaalleraar is nie ‘n gesalfde van God nie. Daarom swig kerke die een na die ander onder dwaalleer."
Die salwing met olie was ’n simboliese gebruik in die OT en veral vir die toewyding van priesters (Lev.8:12,30) en konings (1 Sam.10:1) aan die diens van God gebruik. Olie is as ’n simbool van oorvloed, voorspoed en guns van God gesien: “U maak my hoof vet met olie; my beker loop oor” (Ps.23:5).
Die OT praat egter ook van ’n geestelike salwing - dié met die Heilige Gees wat deur begenadigde persone ontvang is om hulle vir die werk van God toe te rus. Jesaja is ’n goeie voorbeeld hiervan: “Die Gees van die Here HERE is op my, omdat Hy my gesalf het om ’n blye boodskap te bring….” (Jes.61:1).
VERANT- WOORDELIK- HEID VAN OWERHEID TEEN GEWELDENAARS
Ds Willem van Schalkwyk
Vanweë die sonde van die mens het God owerhede oor ons aangestel om sorg te dra dat die samelewing nie in totale chaos verval nie. God is immers 'n God van orde en vrede (1 Kor 14:33) en daarom het Hy owerhede met sy mag beklee om orde en vrede in die samelewing te handhaaf. Hy het nie sy mag aan hulle oorgedra nie, maar hulle in 'n ampsposisie geplaas om sy bevel uit te voer. Staatsgesag is dus slegs afgeleide gesag (Heyns, Teologiese Etiek 2/2:127/8)
Om regeermag van God te ontvang, bring 'n ontsaglike verantwoordelikheid mee. Wie God se gesag hier op aarde wil bedien, moet dit doen soos God dit sou doen. Dit lê op elke owerheid die verpligting om dié EEN te erken van Wie hy sy regeermag ontvang het én die wil en die wette toe te pas van Hom Wie hulle aangestel het.