Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Kry jou kop reg as jou liggaam uitmekaar wil val. Al is ons aan uiterlike aftakeling onderworpe, kan ons innerlik sterk bly. Jy kan nie die veroudering van jou liggaam keer nie, slegs die veroudering van jou gees.
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (23)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Die Simboliese Ossewatrek
In 1920 het die Siener aan dr. Servaas Rossouw, 'n predikant van Senekal (vroeër van die Nuwe Kerk, Kaapstad en vader van oud-pres. P.W. Botha se eggenote, mev. Elize Botha) 'n breedvoerige en merkwaardige uitleg gegee van sy visioene van al die dinge wat nog in die komende dekades met die Boerevolk sou gebeur. Ek gaan hier slegs na een van daardie belangrike gebeurtenisse kyk omdat dit aansluit by wat oom Nieklas reeds aan mnr. Lategan en sy gesinslede vertel het.
Volgens dr. Rossouw het oom Nieklas gesê hy sien donkiewaens en ossewaens uit die suide optrek na die noorde.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (64)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 13
DIE OPVOLGERS VAN JEROBEAM II
II KON 15:8-26; 16; II KRON 28
1. Sagaria en Sallum konings oor Israel
Ná die dood van Jerobeam II het sy seun Sagaria koning van Israel geword. Hy was net so goddeloos soos sy vader. Die kalwerdiens was op daardie tydstip al so stewig in die Tienstammeryk gevestig, dat dit nie uitgeroei kon word nie. Sagaria het slegs ses maande regeer waarna hy deur Sallum vermoor is.
Hiermee het die koningshuis van Jehu tot ʼn einde gekom. Vyf konings het altesaam ʼn eeu lank op hierdie troon regeer. Daarmee het God sy belofte aan Jehu, dat sy seuns tot in die vierde geslag op die troon van Israel sou wees, nagekom. Hulle was egter almal goddeloos sodat God se lankmoedigheid tot ʼn einde gekom het. Israel sou nog verder verval en uiteindelik in ballingskap gaan (Hos.8:4)
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (63)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 12
JEROBEAM II: KONING VAN ISRAEL
II KON 14, 15
1. Sy lewenshouding
Tydens die regerings van Amasia en Ussia in Juda, was Jerobeam II koning in Israel. Hy was die seun van Joas en het 41 jaar lank regeer. Hy was net so goddeloos soos sy naamgenoot, die seun van Nebat, wat ná Salomo se dood koning van Israel geword het. Laasgenoemde het die kalwerdiens in Bet-El en Dan ingestel. Jerobeam II het daaraan meegedoen. God het sy afkeur deur die profeet Amos bekend gemaak (Amos 3:13; 4:4; 5:5). Toe hy na Bet-el is om God se straf aan te kondig, het die priester van Bet-el hom weggejaag en die koning van sy optrede verwittig.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (62)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 11
USSIA EN JOTAM KONINGS VAN ISRAEL
II KON 14:23-15:7
1. Ussia
Ussia was soos sy vader ʼn goeie koning. Dis ook van Joas gesê. Tog word gesê dat hulle nie soos Dawid was nie. Al drie het ten spyt van ʼn regte lewenskoers ernstig gesondig. Joas het byvoorbeeld ʼn profeet doodgemaak, Amasia het die afgode vereer en Ussia het inbreuk op die regte van die priesters gemaak en nie die hoogtes afgeskaf nie. Ussia se voorspoed was aan die leiding van ʼn sekere Sagaria wat godsdiensonderrig gegee het te danke. Solank as wat hy na Sagaria geluister het, het God hom geseën. Toe Ussia hom verlaat, het dinge onmiddellik skeef begin loop.
BEDROG EN VERRAAD (2)
DIE WARE INLIGTINGSKANDAAL
Eschel Rhoodie
Lees reeks by Bedrog en verraad - Inligtingskandaal
In 'n poging om my agter tralies te sit en sodoende my mond te snoer het iemand selfs die verloop van regspleging in die hof probeer verydel. 'n Kriminele oortreding. Iemand in magsposisie was so desperaat om my vir 12 jaar in die tronk te sien dat belangrike dokumentêre getuienis in die lêers van die Erasmus-kommissie opsetlik van die Prokureur-generaal weerhou is.
In die Appelhof in Bloemfontein en in antwoord op 'n sleutelvraag van die voorsittende Regter, is die Prokureur-generaal, 'n eerbare man, onwetend gedwing om 'n blatante onwaarheid te vertel. Indien al die beskikbare dokumentêre getuienis aan die Prokureur-generaal gestuur was, sou daar miskien nooit 'n hofsaak teen my gewees het nie.
ONS VERLANG NA APARTHEID SE VOORSPOED!
DIE ONDERGANG ONDER ANC
Die sogenaamde swaarkrydae in die Apartheidsjare was 'n partytjie in vergelyking met wat in ons land gebeur het sedert 1994 toe die verraderlike De Klerk ons land vir sowat 45 miljoen sikkels silwer in sy sak aan die ANC gegee het. Kyk na hierdie grafieke, die eerste een wat die petrolprysstyging sedert 1994 aandui, en die tweede grafiek wat aandui hoeveel meer geld die Reserwe Bank sedert 1994 in omloop geplaas het - 'n bitter vals beeld van die ware toestand in Suid-Afrika.

Die Reserwe Bank het sedert 1994 die hoeveelheid geld in omloop met meer as 1 000% vermeerder. Dis amper 'n wonderwerk dat die pryse nie nog meer gestyg het nie maar sodra die buitelandse beleggers ophou om in Suid-Afrika te belê, iets wat besig is om te gebeur, sal die inflasiesyfer die hoogte inskiet en sal ons 'n prysontploffing op alle produkte sien wat die hare sal laat rys.

SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (22)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Toe kom my ou Bybel voor my ...
Ek gaan naar die Noorde en oor die pad is draad gespan en een vrou ze hand maak die draad los, en ek gaan verder.Toe staan die brand pragtig groen en mense hardloop om 'n kop. Toe kom my ou Bybel voor my in gezicht .
Nieklas van Rensburg het hierdie visioen in November 1920 gehad en by verskeie geleenthede teenoor sy kinders en vriende daarvan gepraat en gesê hy sien dit as die "geboorte en bevryding van ons volk (die draad word deur 'n vrou losgemaak en die brand staan pragtig groen). Maar dit sou eers intree nadat die volk in die 'noorde' by 'n koppie fees gevier het (Voortrekkermonument 1948:.... mense hardloop om 'n kop - 'n teken van vreugde), en hierdie fees sal 'n sterk godsdienstige strekking hê.
DIE JESUÏETE
Ds AE van den Berg
" God sê: “Bekeer julle van julle sonde”. Die RK sê: “Dis nie nodig nie. Die kerk sal jou sonde vergeef en jou die hemel indra”. Kan daar iets gevaarliker as dit wees? Rome het al miljoene siele mislei en in die verderf laat beland!"
Die Jesuïete Orde staan sentraal in die doolhof van bose Roomse organisasies wat daarop ingestel is om Protestantisme te vernietig. Die Roomse Kerk (RK) pak nie al haar eiers in een mandjie nie omdat sy weet dat die geldmag nie alleen genoeg is om wêreldheerskappy te verkry nie. Daarom maak sy van 'n magdom van sub-organisasies gebruik om haar bose doel te bereik; organisasies wat gereed staan om al die pous se opdragte tot op die letter uit te voer. Alles moet aan die RK onderwerp word; regerings, kerke, kultuurverenigings, organisasies, en alles moontlik.
Op 13 Maart 2013 het Jorge Mario Bergoglio die nuwe pous geword. Hierdie 76 jarige Argentyn van Italiaanse ouers is die eerste Jesuïet wat pous geword het, iets waaroor die Jesuïete in die wolke is. Na jare van knoeiery, sameswering en insypeling in elke kantoor van die Vatikaan, het hulle uiteindelik die pousdom verower. Omdat hulle nou die Vatikaan beheer, kan hul bose invloed nie meer gestuit word nie. Die stert swaai nou die hond!
SIENER VAN RENSBURG, DIE MENS (21)
Lees reeks by Siener van Rensburg, die mens
Jan Smuts: Die kleur van verraad
Vir 'n pot lensiesop
Reeds met Uniewording in 1910 het oom Nieklas 'gesien' dat Smuts en Botha die Afrikaner nog eendag vir 'n pot lensiesop in Brittanje sou verkoop. Sy kleindogter, mev. Ria James, beskryf die visioen wat haar oupa gehad het as volg: "Oupa het gesien hoe Louis Botha, Jan Smuts en genl. Hertzog in 1910 in bruin klere (kleur van die Afrikaner) na Engeland toe gaan. Maar toe hulle terugkom, was Botha en Smuts in Kakie (kleur van verraad) geklee; net genl. Hertzog het nog sy bruin pak aangehad ..."
Oom Nieklas was een van die weiniges wat destyds gewaarsku het dat die Unie nog eendag die handperd van die Britse Empire sou word, maar niemand wou dit glo nie.
Dit het eintlik alles begin toe Botha die Cullinan-diamant aan die Britse koningshuis geskenk het, daarna het hy in Londen sy Boere-uniform vir die kniebroek en sykouse verruil. lets wat Smuts lankal reeds gedoen het. Van toe af was hulle by die Afrikaner nie meer te vertrou nie.
REGUIT HOUE MET KROM STOKKE
Lees reeks by Pitkos vir die siel
Ds AE van den Berg
"Die Boerevolk is in duisternis.Ja, daar is onweer in die lug. Doemprofete voorspel nare dinge vir ons toekoms. Ons is soos skape wat deur wrede wolwe op ‘n hoop gejaag is. Hulle bekke kwyl vir die groot slagting."
“En toe ook daardie hele geslag by hul vaders versamel is, staan daar ‘n ander geslag na hulle op wat die Here en ook die werk wat Hy vir Israel gedoen het, nie geken het nie. En die kinders van Israel het gedoen wat verkeerd was in die oë van die Here: hulle het die Baäls gedien en die Here, die God van hulle vaders, verlaat…Maar wanneer hulle dan in groot benoudheid raak, verwek die Here rigters wat hulle verlos uit die hand van hulle berowers” (Rigt.2:10, 11, 15, 16)
Die boek Rigters leer ons dat God reguit houe met krom stokke slaan. Onwaardige menselewens word kragtige instrumente in sy diens.
STUDIE VAN DIE OU TESTAMENT (61)
DIE AFRIKAANSE PROTESTANTSE BYBELSKOOL
Studieleier: ds. Andrè van den Berg (Sr)
Lees reeks by Studie van die Ou Testament
LES 10
AMASIA KONING VAN JUDA
II KON 14; II KRON 25
1. Sy lewenshouding
Amasia het aanvanklik gunstig van sy voorgangers verskil en gedoen wat reg was in die oë van God. Die res van sy lewe toon dat hy God nie met ʼn volkome hart gedien het nie. Hy het nie die hoogtes afgeskaf nie; nie dat dit hom as sulks anders sou gemaak het nie. Asa en Josafat wat wel soos Dawid gewandel het, het dit ook nie gedoen nie. Alhoewel die hoogtes in naam as ʼn diens aan God gehou is, was dit heidens van oorsprong. Dit was sinkretisties en ʼn vermenging met die Baälgodsdiens. Dat gelowiges dit geduld het, moet as ʼn gebrek aan Skrifinsig toegeskryf word. Hiskia was die eerste koning wat werklik daarmee weggedoen het.
BEDROG EN VERRAAD (1)
DIE WARE INLIGTINGSKANDAAL
Eschel Rhoodie
Lees reeks by Bedrog en verraad - Inligtingskandaal
"Rhoodie leef nie meer nie, en sy dood is 'n omstrede saak met verdagte omstandighede wat destyds vinnig onder die mat ingevee is - ná sy boek oor die Inligtingskandaal was sy lewe niks werd nie. Tydens die eerste poging om hierdie boek gedruk te kry, was werknemers by die drukkery besig om dit te proeflees toe Intelligensie-marionette ingestorm en die rekenaars en elke proefeksemplaar gekonfiskeer het – so bang was die NP-regering dat Rhoodie hierdie skandaal sou ontbloot. Soos in een van Murphy se wette gestel: 'As jy mense wil kwaad maak, lieg. As jy mense absoluut woedend wil maak, vertel die waarheid ' ".
Die Ware Inligtingskandaal gaan oor propaganda-oorlog, politieke bedrog, verraad, lafhartigheid, moed en liefde; oor onbedagte en kwaadwillige joernalistiek, die misbruik van regeringsmag en van administratiewe terrorisme. Dit is 'n storie van gewetenlose, selfsugtige individue, nie almal politici nie, van buitelandse beleidsrampe en van blinde vertroue en idealisme. Dit is ook 'n verhaal van politieke sluipmoorde en Suid-Afrika se eerste staatsgreep. Dit mag alles na fiksie klink, maar dit is nie so nie.
KORSIES VAN PASTEI
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
SO WERK DIT
'n Regering wat by Koos steel om dit aan Sipo te gee kan altyd op die steun van Sipo staat maak... - George Bernard Shaw
KORSIES VAN PASTEI
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (68)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
HARDE SEUN
Die tawwe Argentynse voorryman Federico Mendez was net 18 jaar oud toe hy sy eerste smakie van internasionale rugby gekry het, maar hy was nooit deur die groot oomblikke oorweldig nie.
In 'n toets teen Engeland in 1990 het hy geen respek vir ouer spelers getoon nie toe hy die 6 voet 6 lange slot Paul Ackford so uit soos 'n kers geslaan het. Mendez se beswaar was dat 'n Engelse speler hom eerste getrap het, maar dit was eintlik Geoff Probyn en nie Ackford nie.
Toe Ackford later deur die pers hieroor uitgevra is, het hy laat hoor: "I didn't see the punch until it was shown on TV!"
ALLE SLIM MENSE VERLANG NA APARTHEID
Mediaverklaring
Herstigte Nasionale Party
Wie se skuld? Apartheid: Nee! ANC: Ja
Die ANC-staatshoof se soveelste aanval op apartheid is net nog ‘n sadistiese haat teen die Witman van Suid-Afrika.
Zuma se uitspraak dat apartheid steeds te blameer is vir wat nou in Suid-Afrika gebeur, is om van naar te word.
Eerstens moet duidelik gedefinieer word dat apartheid reeds na die moord op dr Verwoerd in 1966 stelselmatig deur die Nasionale Party van mnr John Vorster afgebreek is. Die era van apartheid was dus tydens die roemryke bewindsjare van wyle dr HF Verwoerd.
Dit was gekenmerk met uitermate groot sukses. Suid-Afrika was onder die top tien Westerse lande op ekonomiese gebied. Daar was wet en orde vir al Suid-Afrika se mense. Suid-Afrika het die sterkste weermag op die Afrika-kontinent gehad. Die land was onaantasbaar. Die Rand Daily Mail het geskryf: Verwoerd can snap his fingers at the United Nations.
Almal kon in vrede leef. Plaasmoorde het nie plaasgevind nie. Werkloosheid het nie bestaan nie en 74% van nuwe arbeid kon in die formele sektor geakkommodeer word. Die woord korrupsie was nie in regeringskringe geken nie.
DIE LOON VAN VERRAAD
VOLKSVERRAAD (44) SLOT)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad- die boek
"Tog het oom Niklaas sy volksgenote aangespoor om nie mismoedig te raak nie, en aan te hou veg, al moet hulle ook met die rug teen die muur veg, want hy het gesê hy sien hulle kry daardie vrye en onafhanklike republiek, sonder 'n pennie skuld en sonder dat 'n druppel bloed gestort word. Toe daar aan hom gevra is of hy dan uit twee monde praat, want eers sê hy daar gaan 'n emmer bloed omval en baie gaan sterf, en nou sê hy weer daar sal nie 'n druppel bloed gestort word nie, het die Siener geantwoord: "Maar ek het mos gewaarsku dat dit sal wees soos 'n Tweede Bloedrivier... van almal wat binne die Laer is, sal nie een sterf nie, maar dis hulle wat buite is, wat gaan val."
Op die pad van verraad, is die Afrikanervolk herhaaldelik en skandalig met valse beloftes deur F.W. de Klerk en die NP op dwaalweë gelei; en juis wanneer daar 'n verkiesing of referendum op hande was, het hulle die vals noot aangehef: stem NP, stem vir eie skole, eie woongebiede, eie kultuur, eie taal! Maar dan het geen haan ooit weer daarna gekraai nie! En verder swyg hulle soos die graf oor sake wat vir die Afrikaner nog van belang is, waarskynlik omdat hulle nou 'n reënboognasie het om na om te sien.
VOLKSVERRAAD (43)
Adv PJ Pretorius
Lees volledig by Volksverraad - die boek
"Met die toetrede van F. W. de Klerk tot die politieke toneeI, is die pad finaal geopen vir die totale oorgawe van Suid-Afrika aan die barbaar en sy Kommunistiese broer. Die 94-verkiesing was nog skaars verby of die buitelandse pers het met groot fanfare aangekondig: 'Die Boerevolk is dood! Lank lewe Mandela se Democratic South Africa!' Dit was inderdaad vir hulle 'n dag om oor te juig, want meer as 'n honderd jaar lank het hulle tevergeefs kragte saamgespan om die Boerevolk uit te wis. En wie sou ooit kon raai dat Afrikanerleiers uiteindelik die knoop vir hulle sou deurhaak? "
DIE ONTBINDING VAN DIE AFRIKANER BROEDERBOND
Die Afrikaner Broederbond het hom in Maart 1991ten gunste van regstellende maatreëls, 'n handves van menseregte (in besonder die van die regstaat) en herverdeling van inkomste in die Nuwe Suid-Afrika uitgespreek. In Mei 1993 het die Broederbond tydens 'n vergadering in Oudtshoorn formeel besluit om die Broederbond in sy huidige vorm te ontbind.
OM DIE KRUIS OP TE NEEM
Lees reeks by Hannes Ollewagen
Markus 8:34 – 38
Vers 34: “…Wie agter My aan wil kom, moet homself verloën en sy kruis opneem en My volg.”
In hierdie gedeelte van vers 34 word daar vir ons 3 opdragte/voorwaardes gegee om Jesus te volg:
1. Jy moet jouself verloën
2. Jy moet jou kruis opneem
3. Jy moet Hom volg
1. Jouself verloën – dit beteken jy moet eers die eerste gebod in die Wet kan nakom, nl. om die Here jou God lief te hê met jou hele hart, jou hele siel en jou hele verstand asook al jou krag. M.a.w. jy moet die Here jou God liewer hê as wat jy jouself het. Jy moet bereid wees om jou behoeftes en begeertes ondergeskik te stel aan sy Wil vir jou.
KOMMUNISME, DIE GODSDIENS VAN HAAT (2)
Wêreldwye ervaringe van die kommunisme-monster
deur Richard Wurmbrand
Lees reeks by Kommunisme, die godsdiens van haat
DIE ONDERGRONDSE KERK - RUSLAND
Christene vergader in ’n woud. Die polisie omsingel hulle. Verskeie van hulle probeer vlug, maar hulle word deur honde gevang.
Baie kry kort gevangenisstrawwe: vyftien dae, maar hulle moet losies betaal in die gasvrye inrigtings waar hulle gevange gehou word, ’n swaar las vir ’n gesin van arm Sowjet-burgers.
’n Christendame veg met die polisie. Sy weier om van haar gesangboek afstand te doen. Sy het dit al vir veertig jaar en kan dit nie vervang nie. Sy bloei, want haar neusbeen is gebreek en sy het ook beserings aan haar arms. Stel hierdie toneel vir uself voor. Fisiese geweld word verduur om die besit van ’n boek met lofprysinge aan God, terwyl ons gesangboeke het en nooit sing nie, behalwe in die kerk (as ons wel gaan).
MONUMENTE VAN SUID-AFRIKA (23)
Lees reeks by Monumente van Suid-Afrika
Kaapstad: Bartolomeu Dias-standbeeld
Ligging: Op 'n verkeerseiland in die sirkel waar Adderley- en Coen Steytlerstraat kruis.
Toegang: Die standbeeld is nie omhein nie en permanent toeganklik. Geen toegangsfooi.
Geriewe: Geriewe in die nabyheid.
Beeldhouer: Salvador Carvao de Silva Barata Feyo. Onthulling: Hierdie standbeefd is in 1960 deur die Portugese regering aan Suid-Afrika geskenk en in die Kompanjiestuin in Kaapstad opgerig. Dit is later na sy huidige staanplek verskuif.