Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons betaal so duur vir vragte vol bekommernis oor dinge wat meestal nooit gebeur nie. Bekommernis verander niks aan die situasie nie, met aan jou gemoed. Moenie môre so sorge met vandag se genade probeer dra nie. Dit kan geen positiewe bydrae lewer nie. Om te werk, te beplan, ja, dís positief. Wees te besig bedags en te moeg snags om jou onnodig te bekommer, en wat nog oorbly gee jy vir die Here om te dra. En vryf elke oggend dan blink met geloof, dankbaarheid en lewensblyheid.
JOHANNES VD WALT - DIE MENS (6)
Lees reeks by Johannes van der Walt - Nasionalis en Boer
Van hier af het Johannes sonder die masker opgetree en aan verskeie stoeigevegte deelgeneem voordat hy oorsee sou gaan. As 'n voorbeeld van hierdie gevegte kan dien 'n geveg wat hy op 29 November 1936 met Joe Campbell, 'n geweldige sterk Amerikaner, in Kaapstad gehad het.
Dit was die derde keer dat hierdie twee stoeiers saam deur die toue geklim het; in die eerste geveg het Campbell vir Johannes met een val teen nul geklop, in die tweede het Johannes die bordjies verhang met een val teen nul in sy guns; hierdie keer het hy vir Campbell in vyf rondtes uitgestof met 2 valle teen 0.
Die twee het mekaar uit die staanspoor toegetakel, nooit 'n woord met mekaar gewissel nie en nooit eens na die toue gegryp nie. Daar was in die hele geveg nooit 'n oomblik dat Johannes aan sy teenstander vrye teuels gegee het nie.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
Vergeet-my-nietjie
(Myosotis scorpioides)
Tuinroos tussen die tulpe,
Vergeet-my-nie so blou
Soos die skyn van die lug op 'n somerdag,
Of die kleur wat die see behou -
Ek pluk julle vir my ruiker,
Vergeet-my-nie en roos,
Om 'n blyk te gee van my liefdesplig
En my eie smart te troos...
(C Louis Leipoldt)
Deur die eeue heen is hierdie blou-blou blommetjie geliefd by die digters. 'n Ou Duitse verhaal vertel hoe die vergeet-my-nietjie die naam gekry het. 'n Ridder en sy meisie het langs die Donaurivier gestap. Hy wou vir sy geliefde van die blou blomme teen 'n steil wal langs die water pluk. Die boompie waaraan hy vashou, gee mee en die stroom voer hom weg. Magteloos in sy swaar harnas, verdrink hy voor haar oë. Toe hy die laaste keer uit die water opkom, gooi hy die bossie blomme na sy geliefde.
"Vergeet my nie..." was sy laaste woorde aan sy meisie.
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (67)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Giel was nou nie die slimste rugbyspeler wat daar in die Noord-Kaap was nie. Op 'n dag kom hy twee dae vroeër as wat sy vrou verwag, van 'n klubtoer terug by die huis, maar dit was 'n rowwe toer en dadelik val hy pootuit langs sy vrou in die bed.
Giel het net ingesluimer toe die telefoon langs die bed lui. Toe hy dit optel, vra 'n mansstem versigtig aan die anderkant: "Is the coast clear?"
"Dis nie die verdomde weerkantoor dié nie!", skel Giel. "Bel die Kaap as jy wil weet!"
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (66)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die rugbymalle het sy vrou maar baie afgeskeep en sy moes elke Saterdag alleen by die huis sit. Dit gebeur toe dat haar verjaarsdag op 'n Saterdag val en sy vriende raai hom aan om hierdie dag 'n bietjie aandag aan haar te gee.
Die groot dag breek aan en hy is baie tegemoetkomend. "My skat, dis jou verjaarsdag. Dis joú keuse. Sal ons vir die Blou Bulle op Loftus gaan kyk of vir die Leeus op Ellispark?"
JOHANNES VD WALT - DIE MENS (5)
Lees reeks by Johannes van der Walt - Nasionalis en Boer
LIEFDE VIR SY MEDEMENS
As Calvinis was Johannes ook deel van die samelewing, voel hy sy verantwoordelikheid teenoor met 'n hart vir sy medemens. Tipies was sy vrygewigheid in 'n dorpie in Griekeland, waarvan hy skryf dat dit daar baie armoedig is en "Ek skryf nie hierdie dinge met 'n verslae oog nie, maar om julle 'n voorbeeld te gee van hoe dit hier lyk. Ek het baie geld weggegee — tot ek naderhand sien ek sal nooit daarby uitkom nie, want ek alleen kan tog nie die hele dorp se armes onderhou nie; toe moes ek naderhand ook maar maak soos hul eie nasie — maak of ek hulle nie sien nie, maar dit gaan swaar."
Baie merkwaardig was ook die sienswyse van die kragtige, gesonde kampioenstoeier, oor gebreklikes; na aanleiding van 'n mededeling wat hy ontvang het dat 'n kindjie gebreklik gebore is, skryf hy uit Baltimore, Amerika:
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
VYGIE
(Mesembryanthemaceae)
In die wêreld van die vygie kan 'n mens maklik verdwaal, so ver en wyd vertak die plantsoort. Die botaniese naam is afgelei van die Griekse woorde mesembria wat middag en anthemon wat blom beteken omdat die blom op die middag in die volle sonlig oopgaan. Op betrokke dae en snags sluit die blomme dig en sonder lig en kleur - soos die talle blommekykers al ondervind het.
Maar in die helder sonskyn kan 'n lap vygies 'n mens byna verblind met hulle glinsterende kleur. In die koue lande soos die Britse Eilande en in die noordooste van die Verenigde State van Amerika waar dit in glashuise gekweek word, staan die vygie, eienaardig genoeg, as die ysplant bekend omdat dit glinster asof met ys oortrek!
TERREUR TEEN DIE AFRIKANER
Suid-Afrika se bloedigste revolusie op pad
Pieter Oosthuizen
Pieter Oosthuizen het aan die Randse Afrikaanse Universiteit opleiding in politieke strategie ontvang.
Sy boek Die Huidige Volksmoord van Afrikaners verduidelik in besonderhede die onderliggende ideologieë wat aanleiding gee tot die huidige volksmoord op Afrikaners in Suid-Afrika. Die boek is beskikbaar op die webblad www.neo-genocide.com of kan bestel word by: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Suid-Afrika se tweede en langverwagte meer bloedige revolusie is op pad. By my bestaan daar geen twyfel nie. Midde-in die mynstakings, is daar nou oproepe aan die swart plattelandse massas om blanke grond gewelddadig te beset en in besit te neem deur die hoof van die swartes se tradisionele leiers.
Hoofman Phathekile Holomisa, die leier van CONTRALESA, die tradisionele leiers van Suid-Afrika, het op SABC se televisie die swart massas aangemoedig om volgende jaar, grond van blankes te gryp en te beset omdat dit ‘gewelddadig vanaf swart mense gesteel is in die verlede’. Die woorde van Holomisa kan hier op SABC2 gelees word ().
VOLKSMOORD OP ALMAL SE LIPPE
Regses in Den Haag betoog teen Mandela-beeld
Die Afrikaner
‘n Protes teen moorde op blanke boere in Suid-Afrika is tereg deur die regse Nederlandse beweging, Voorpost, in Den Haag gehou tydens die onthulling van ‘n standbeeld van die “ANC-terroris Nelson Mandela.”
In ‘n nuusberig oor die gebeure sê Voorpost: “sedert die vrylating van Mandela en die magsoorname van die ANC is bykans 4 000 blanke boere vermoor in die sogenaamde plaasmoorde.
Dit is vir Voorpost onaanvaarbaar dat vir ‘n man wat verantwoordelik is vir vele sterfgevalle en die verteenwoordiger is van ‘n verwerplike politieke stroming (kommunisme) ‘n standbeeld opgerig word. Voorpost eis die verwydering van die standbeeld en wil die materiaal gebruik vir ‘n monument vir die slagoffers van die volksmoord wat tans plaasvind.
DIE WAARHEID MAAK VRY
HISTORIESE ERFENISPROJEK
VERSLAG OOR PRETORIA-BESOEK
Dit is vir ons aangenaam om aan al ons ondersteuners en ander belangstellendes in ons historiese erfenisprojek verslag te doen oor die bekendstellingsaksie wat Suidland Media aan die begin van September in Pretoria geloods het.
Die doel van ons besoek was om die projek, wat die oorsetting van historiese films en klankbande op DVD en CD behels, aan volksgenote in die Transvaal bekend te stel. Gedurende die besoek van drie dae aan Pretoria is gesprekke gevoer met ‘n groot aantal instansies en individue wat op verskeie terreine by die bewaring en uitbouing van ons volk se historiese erfenis betrokke is. Die doel van die besoek was om die projek aan hulle te verduidelik en die materiaal te vertoon.
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (65)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
BAIE LAAT!
'n Rugbyskrywer besoek 'n beseerde losskakel in die hospitaal die dag ná 'n groot wedstryd.
"Ek verneem jy was die slagoffer van 'n baie laat laatvat", simpatiseer hy met die speler.
"Jy kan dit seker 'n laatvat noem, veronderstel ek", antwoorde die speler gelate. "Hy het my in die kroeg platgeslaan ná die wedstryd".
JOHANNES VD WALT - DIE MENS (4)
Lees reeks by Johannes van der Walt - Nasionalis en Boer
'N VOLKSHELD
Ook in sy verhouding tot sy volk, leer ons die kampioenstoeier van Suid-Afrika en van die Britse Ryk ken as 'n Calvinis, wat nie glo dat 'n volk 'n mengelmoes van inwoners van die land of onderdane van die staat is nie maar 'n groot familie, 'n groep mense met 'n eie staatsideaal, saamgebind deur bande van taal en bloed, vaderlandsliefde en tradisie, organies gegroei uit die verlede, 'n skepping van God Almagtig, met 'n roeping om nasie te wees.
Vir so 'n volk, waaraan jy so organies verbind is, is jy geroepe om te stoei en te stry, en te ly.
Ons leer Johannes dan ook ken as Boer onder Boere, met 'n Boer se baard en klere, as aktiewe deel van die volksbeweging in Suid-Afrika, waar hy sy geweldige liggaamskrag spesiaal in diens van die Boerevolk stel waarvan hy deel is — teen enigeen wat dit durf waag om daardie volk onreg aan te doen of die sedes van die volk wil onteer.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
DIE KAPPERTJIE
(Tropaeolum majus)
My rykdom nou, 'n druppel reën wat in 'n kappertjie gekelk is,
met glans wat voortleef in die gees na kleur en fleur verwelk is.
Streel jy met die rugkant van 'n vinger oor 'n kappertjie, wil jy amper kyk of die rykdom van kleur nie aan die vel afgee soos dit 'n gemoedstemming kan aanraak nie. Want soveel kleur binne die ragfyn tekstuur van die kroonblare, lyk bykans onmoontlik. Geen wonder nie dat die rykste geel op die skilder se palet as kadmium-geel of kappertjie-geel bekend is.
Kappertjie is die volksnaam van Tropaeolum majus, 'n kruidgewas met skildvormige blare en langsteel blomme wat wissel van geel tot oranje tot dieprooi.
WIE IS WERKLIK DIE MISDADIGERS?
KORTNUUS:
Polisie steur hulle nie aan ander misdadigers nie...
Terence Nombembe, Ouditeur-generaal van die SAPD, het bevestig dat 60 persent van aangemelde kriminele klagtes nie aangeteken word en daarom ook nooit ondersoek word nie. Dit is nadat die saak bekend geraak het deur middel van die polisiejaarverslag en reeds die publiek se aandag getrek het.
Daar kan aanvaar word dat die 60 persent maar soos die meeste van die sogenaamde polisiestatistiek 'n onderbeklemtoning is van wat werklik daar gebeur. Waarom sal 'n organisasie wat self die hoogste misdaadsyfer in die land het ander misdadigers aankeer?
JOHANNES VD WALT - DIE MENS (3)
Lees reeks by Johannes van der Walt - Nasionalis en Boer
NOU VERBIND MET SY FAMILIE
Ook in sy verhouding tot sy familie en sy volk leer ons die kampioenstoeier ken as Calvinis in die ware sin van die woord.
Ten opsigte van sy familie is hy 'n gehoorsame seun en liefdevolle eggenoot, vader en broer. Waar hy horn ookal in die wye wêreld bevind het hy steeds aan hulle geskryf — briewe en poskaarte - sy verlange na en liefde vir hulle betuig en hulle deelgenote gemaak van sy wonderlike ondervindings. So skryf hy uit Stamboel, hoofstad van Turkye, aan sy moeder:
"Ek wil Ma baie bedank vir die briewe wat ek van dierbare Moeder ontvang het... Ek het baie ondervinding opgedoen vandat ek oorsee gegaan het, maar een van my grootste en beste ondervindings is wat jou ouers vir beteken;
SWART OP WIT GEWELD...
Die Afrikaner aan die slaap gevang?
Medewerker
As ‘n mens die media moet glo, is almal, ja selfs behoudende Afrikaners, nou verenig in die verwerping van Julius Malema. Die boodskap is klaarblyklik: as Malema net tot swye geroep
Julius Malema is ‘n maaksel van die ANC. Hy is gestuur om die Afrikanervolk te treiter, terwyl die ANC/SAKP in tandem met die geldmagte die land van sy minerale bronne stroop en die Afrikanervolk in die proses onteien, verarm en uiteindelik vernietig. In die VSA noem hulle sulke pionne “patsies”. In Afrikaans praat ons van sondebokke. Die taktiek is dus om iemand te offer, terwyl die groot agenda steeds gevolg word.
WAAR STAAN ONS NOU?
Kriewelkop
"En na verwagting sal dit volgende jaar wanneer die ANC se leierskapstryd op sy felste is nog veel slegter met ons gaan, maar as ons wil lewe moet ons bereid wees tot stryd; eers dáárna kom weer 'n tyd van vrede en orde, veiligheid en voorspoed. 'n Lewende volk is 'n vegtende volk."
Waar staan die Boerevolk van Suid-Afrika, die wese van die totstandkoming van beskawing aan die suidpunt van Afrika tans?
Ons volk is die enigste lig van hoop in 'n duister kontinent vol miljoene pikswart barbare tussen wie ons klein volkie nie nou, en ook nie tevore 'n oorlewingskans gehad het nie, was dit nie vir die unieke plan van ons Skepper met ons nie – maar nou, 'n volk wat in 2012 die grootste identiteitskrisis van sy bestaan beleef.
Al lyk ons toekoms nou donker, ons het nié die stryd verloor nie - die finale geveg lê nog voor, 'n oorlog ten bloede waartydens ons net een Anker sal hê om aan vas te hou, dieselfde God wat in die begin die hemel en die aarde geskape het, toe alles woes en leeg was en daar duisternis op die groot watermassa geheers het.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
SONNEBLOM
(Helianthus annuus)
Een van die sterkste en suiwerste indrukke wat 'n hoëveld-kind bybly, is die gesig van 'n land vol sonneblomme wat oop en eerlik die wêreld in die oë kyk en die dag vol skyn. Want een van die blom se kenmerke - en dis sekerlik waar sy naam vandaan kom - is dat hy nie alleen soos 'n son lyk nie, maar dat hy heeldag al agter die son aankyk.
En skreef jy die oë oor 'n lap sonneblom, raak die massa geel sirkels uit fokus. Kyk weer stip en die voorstes dring helder op die voorgrond wanneer jy aan die sonkant staan. En die gesig is een van die geelste geel op aarde. 'n Mens kan die kleur moeilik in waterverf op papier weergee.
JOHANNES VD WALT - DIE MENS (2)
Lees reeks by Johannes van der Walt - Nasionalis en Boer
DIE CALVINIS
Die kampioenstoeier van Suid-Afrika, en metter-tyd van die Britse Ryk, was 'n man van beginsel, en sy grondbeginsel was die Calvinistiese beginsel van geloof in die Almag van God, van Wie se wil ons lewe afhanklik is. Dit is die beginsel wat die grondslag van sy opvoeding was. Hy het voortgekom uit 'n eg-Calvinistiese huis. Daarom skryf hy in Junie 1937 uit Londen: "Pa en Ma moenie oor my bekommer wees nie; ek sal alles probeer om volgens die opvoeding wat ek ontvang het te lewe, dog nie in my eie krag nie."
In 'n ander brief, uit Oostenryk, wens hy sy vader geluk met sy verjaarsdag: "Ek wil Pa gelukwens op Pa se verjaarsdag, dat die Here Pa nog lank sal spaar vir Ma en Pa se gesin.
LIGTE MISTYKIE
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (64)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Die president, afrigter, stut asook die vleuel van die klub is in 'n klein vliegtuigie oppad na 'n wedstryd toe die enjins skielik begin uitsny.
Die loods sê toe vir hulle: "Kyk, dis slegte nuus. Ons gaan beslis val en ons het net vier valskerms. Ek's die loods; so, ek vat een." En daar spring hy.
Die afrigter sê toe: "Ek's die afrigter. Sonder my het die span nie 'n kans nie; so ek vat ook een." En hy spring ook.
Die vleuel sê gou: "Ek's die vinnigste en die slimste man op die veld. Sonder my kan die span nie wedstyde wen nie; so, ek vat ook een." En hy spring.
Die president kyk na die stut en sê: "Vat jy maar die laaste valskerm. Die klub het 'n vasskop meer nodig as vir my."
"Moenie worry nie," laat hoor die stut ewe rustig. "Ons kan elkeen 'n valskerm vat. Die slimste man op die veld het sopas met my toksak op sy rug uit die vliegtuig gespring."
JOHANNES VD WALT - DIE MENS (1)
Lees reeks by Johannes van der Walt - Nasionalis en Boer
JOHANNES DIE BOER
Vanaf omstreeks die helfte van 1934 het daar in die stoei-arenas van Suid-Afrika 'n forse gestalte opgetree omtrent wie se werklike naam en nasionaliteit die publiek in onwetendheid verkeer het, want hy het in 'n masker opgetree: hy is aan die publiek voorgestel as die "Masked Marvel" of "Gemaskerde Wonder." Hierdie geheimsinnige persoon — wat al hoe meer die publieke belangstelling gaande gemaak het — het in November 1935 die masker afgehaal, nadat hy dit sowat agttien maande gedra het, en sy verskyning gemaak as Johannes van der Walt — 'n Boer. Daar is toe pogings aangewend om die naam "Johannes" te verengels tot "John"; herhaaldelik sien 'n mens toe in die Engelse koerante dat "John van der Walt" weer gaan stoei met die of daardie beroemde stoeier. Terwyl Van der Walt — die voormalige "Masked Marvel" — self ook 'n beroemde figuur geword het, was dit vir die Engelse pers die natuurlikste ding van die wêreld om hom voor te stel as 'n Boer.