Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Kan jou buurman, jou vriende, jou vrou en kinders, raaksien dat jy nuutgemaak is deur die bloed van die Lam?
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
FUCHSIA
(Fuchsia - Fam. Onagraceae)
Vanwaar die klein ballerinas wat in elke tuin knik en hang en dans in al die skakerings van rooskleur, rooi, pers en wit? En hoewel M.E.R. skryf van "die blomblikke vol fuchsias en malvas...", is hulle beslis nie soos die malva van hierdie land nie.
Die plant waarvan daar sowat honderd spesies en tallose variëteite bestaan, is vernoem na Leonard Fuchs, die groot Duitse vader van die plantkunde. Hy het dertig jaar lank 'n leerstoel in die medisyne aan die Tubingen Universiteit beklee. Geneeskunde en plantkunde het toe hand aan hand geloop omdat omtrent alle medisyne toentertyd van kruie gemaak was. Sy werk wat in 1542 verskyn, is 'n baken in die wêreld van die plantkunde.
Dr HF Verwoerd-film
Kyk by hierdie twee verskillende skakels na die kosbare film oor dr HF Verwoerd vervaardig deur Riaan Bronkhorst. Laai gerus die 'fastDownload' op u rekenaar af wanneer u na hierdie skakel gaan - dit is veilig en help werklik om die film ononderbroke te speel. Dit kan ook direk bestel word by Riaan: +27823712682
http://www.modovideo.com/video.php?v=b4a5fwybttf8u1sr55a4qgjjhsn5x9r7
ALMAL STEM: DIE STEM MOET UIT!
Mediaverklaring
HERSTIGTE NASIONALE PARTY
Die Stem moet uit Nkosi uit
Die HNP neem geensins aanstoot met die voorstel van die polisievakbond Popcru by Cosatu se nasionale kongres dat die dele van Die Stem in die ANC-volkslied verwyder moet word nie.
Die Stem van Suid-Afrika, of dele daarvan, in die ANC-volkslied is soos ’n goue ring in ’n vark se snoet. Dit hoort nie daar nie, net soos die Witman nie in die ANC se gewaande reënboognasie hoort nie. ’n Volk met selfrespek werp nie sy pêrels voor die varke nie.
Die HNP het sedert die magsoorgawe aan die ANC nooit Nkosi as volkslied vir die Afrikaner aanvaar nie. Vir die HNP is Die Stem van Suid-Afrika steeds die Afrikanervolk se amptelike volkslied.
BEWAAR ‘N ERFENIS
...EN BOU 'N TOEKOMS
MEDIAVRYSTELLING
Suidland Media
DIE GESKIEDENIS SPEEL 'N DEURSLAGGEWENDE ROL IN DIE BEPALING VAN DIE LOTGEVALLE VAN VOLKERE. IN GEVALLE WAAR EEN VOLK DEUR 'N ANDER ONDERWERP WORD, WORD DIT AS WAPEN GEBRUIK OM DIE OORWONNE VOLK IN KNEGSKAP TE HOU. TERSELFDERTYD BIED DIT OOK 'N BASIS VANWAAR 'N VOLK VIR SY NAGESLAG 'N TOEKOMS
Dit is die kernboodskap wat oorgedra is tydens die bekendstelling van Suidland Media (SLM) se historiese erfenisprojek verlede Woensdag in
OM LEWE EN DOOD...
"Ons sal offer wat jy vra".
Daar is weinig Suid-Afrikaanse heldeverhale wat soveel deernis en empatie by 'n mens opwek soos die van die Westdene-busramp. Nie alleen omdat dit Suid-Afrika se grootste busramp tot op hede was nie, maar ook omdat al 42 slagoffers skoolkinders was. 'n Mens kan maar net verstom staan oor die feit dat die res van die ongeveer 80 leerlinge aan die dood kon ontkom. Maar die aangrypendste naas al die hartseer, was sekerlik die verhale wat oorlewendes agterna te vertelle gehad het oor die heldhaftige optredes van skoolmaats. Doodgewone skoolkinders wat oornag helde geword het.
Hulle is:
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
BLOULELIE
(Agapanthus)
So 'n blou blom kry maklik verskeie liefdesname uit die mond van die talle bewonderaars: bloulelie, sambreelblom, kandelaar, keiserskroon, klokkie-agapant en Lelie van die Nyl. Die een wat die meeste in tuine oor die hele land groei, is Agapanthus orientalis waarvan die blomstele maklik 'n meter hoog word en yslike blou-blou blomkoppe dra. Die een met die wit blomme is minder algemeen en elke tuinier kyk uit vir 'n plantjie van die wit agapant.
En die bloulelie is net so Suid-Afrikaans as die blou van onse hemel.
SAAMBLY: HUWELIK SONDER JESUS
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
"Saamblyery is Satan se nabootsing van die huwelik."
Saamblyery is ’n onrusbarende verskynsel en neem sterk toe. In 1990 is die getal saamblyers in ons land op 10% bereken. Dis tans 43%! Saamblyery is ’n verhouding wat nooit as ’n amptelike huwelik voltrek word nie, maar tog al die wesentlike kenmerke van ’n huwelik dra. In 1970 het die NG Kerk so sterk daarteen gevoel, dat sy die regering gevra het om alle saambly verhoudings buite die huwelik strafbaar te maak. Vrysinniges het haar gereeld gekritiseer, maar nie van stryk laat bring nie. Sonde was sonde!
In 2009 het dieselfde kerk opslae in die media gemaak toe sy besluit het om die moontlikheid van groter verdraagsaamheid jeens saamblyery te ondersoek.
NAVO, NIE VN NIE
Kriewelkop
"Nee, die VN is nie by magte om in enige konfliksituasie ferm op te tree en vrede te herstel nie want hy is vandag grootliks 'n Derde Wêreldorganisasie wat magsbehep, verwaand en net so onordelik en lafhartig en onbeholpe is soos die lande waarheen hy gestuur word... Wanneer Suid-Afrika in chaos verval stuur ons onmiddellik 'n NAVO-taakmag in om die situasie te stabiliseer en dan beheer van die land oor te neem met 'n interim-regering, en julle Blankes sal maar daarmee vrede moet maak, óf die gevolge dra..."
Daar word die afgelope tyd opgemerk dat die ANC homself voorberei vir ernstige oorlog deur onder andere uiters duur wapentuig aan te koop. Vir diegene wat wakker loop is dit nie vreemd nie want ons weet dat die ANC se strewe na 'n Swart Republiek reeds in 1902 'n aanvang geneem het en dat die witman in Suid-Afrika nie een oomblik langer geduld sal word as wat nodig is nie.
Nou kan gevra word wannéér is die witman in hierdie land nie meer nodig nie. Hier moet die swarte se denkwyse inspan word om te kan antwoord aangesien hulle werklik nie weet dat hulle eie voorbestaan van die blanke se welvaart afhang nie. Daarby is daar reeds ver gevorder op die pad van die sogenaamde Nasionale Demokratiese Rewolusie en bereik ons na verwagting volgende jaar die laaste fase wat sal bestaan uit grootskaalse anargie.
Wat is veronderstel om met Suid-Afrika te gebeur indien geweld onkeerbare afmetings aanneem? Sal dit die VN wees wat ingryp soos so dikwels gedreig word, of dalk NAVO wat gereed sit om sogenaamd orde te kom skep met 'n interim-regering waarin die Afrikaner geen sê sal hê nie?
ANC BEREI VOOR VIR WATTER OORLOG?
Geheime opleiding van swart jeugkrygsmag in plakkerskampe
Gelofteland het verlede jaar berig oor die opleiding van swart jeugdiges en hoe hulle gewerf word onder die vaandel dat dit niks met militêre opleiding te make het nie maar eerder 'n kulturele grondslag het. Dit was verlede jaar reeds bekend dat daar genoegsame vergoeding aan die rekrute betaal word wat die werwing 'n groot sukses gemaak het. Nou het PRAAG vandeesweek inligting bekom dat 'n geheime krygsmag van swart jeugdiges in plakkerskampe rondom Johannesburg gerekruteer en opgelei word waarna die lede van die krygsmag 'n maandelikse loon van R2200 in kontant uitbetaal word vanuit staatsvoertuie met regeringsregistrasienommers. Hierdie inligting moet nie ligtelik geneem word nie - daar is vandeesweek ook opgemerk dat 'n splinternuwe militêre t90 tenk uit Rusland in Suid-Afrika aangekom het. Hierdie is van die bes-toegeruste radar-wapentuig om oorlog mee te voer.
As ons in aanmerking neem dat hier volgens die ANC tans geen oorlog in ons land is nie, moet gevra word waarom hierdie uiters duur oorlogtuig(e) aangekoop is en wat die ANC daarmee beoog.
WONDERWERK IN ONS GELOFTELAND
ONS LAND SÁL HERSTEL
Jeanette Koekemoer
Daar is talle Christene in hierdie land wat besef dat net 'n wonderwerk weer orde ná die chaos van die kommunistiese rewolusie sal bring. Terwyl sommige nog dink hulle sal in eie krag oorleef en plannetjies maak weet ons dat dit alleen God se genade in die vorm van 'n wonderwerk sal wees wat ons Gelofteland weer sal herstel tot 'n veilige hawe waar ons in vrede ons Vader kan dien. Onwillekeurig ontstaan die vraag dan hoe gebeur 'n wonderwerk.
In die Bybel vind wonderwerke op verskeie manier plaas.
Eerstens kan 'n wonderwerk al die bekende natuurwette oortref. Die skeppingsdaad was sekerlik dié wonderwerk wat alle natuurwette oortref het.
Ook vervang 'n wonderwerk die natuurwette, soos toe Elia teen die beginsels van die swaartekragwet opgevaar het na die hemel.
Natuurwette word ook opgeskort soos toe Christus op die water geloop het.
Wonderwerke vind ook plaas wanneer die natuurwette versterk word om 'n wonderbaarlike gevolg te hê, soos toe Jesus water in wyn verander het.
Dan kan 'n wonderwerk die wette van die natuur in 'n ander rigting stuur, soos toe die waters van die Rooi See geskei is.
En laastens gebeur 'n wonderwerk wanneer die gevolge van die siekte van sonde geneutraliseer word, en dit is hier waar ons wat wag op God se wonderwerk in Suid-Afrika in die prentjie kom, want dit is óns volk se siekte wat eers geneutraliseer moet word alvorens Hy ons land sal herstel.
MALEMA STOOK REWOLUSIE
Mediaverklaring
Herstigte Nasionale Party
Dit is duidelik dat die ANC-owerheid nie die moed het om teen Julius Malema op te tree nie. Malema se uittartende optrede sweep die massa op. Die toestand grens aan rewolusie.
Malema is besig om die werkloses teen die leiers van die ANC op te sweep. Sodoende word ’n nuwe politieke groepering gevorm. Malema steur hom duidelik aan geen gesag nie. Nie aan die vakbonde nie, nie aan die ANC-owerhede nie, nie aan die minister van verdediging nie. Hy is besig om die massa op te vorder en soos ’n Idi Amin self die baasskap in die land op hom te vestig.
Deur intimidasie het Malema die toestand by die platinummyne in ’n posisie waar produksie so verlaag het dat dit tot gevolg het dat die prys van platinum reeds met 18% gestyg het. Deur Malema se invloed kan dieselfde ook by die goudmyne gebeur.
VYF VOORLAAIERS EN 'N PANGEWEERTJIE
— die ware verhaal van Franie Robbertse se liefde vir sy vadertjie
Lees reeks by Jeughelde
In die vorige eeu het die wêreld rondom Rustenburg nog gewemel van wilde diere. Leeus, jakkalse en rooikatte was toe nog 'n plaag op al die plase. Ja-nee, 'n mens kan maar sê dat die omgewing 'n ware jagtersparadys was. Dit kon ook egter selfs 'n vermaarde jagter se dood beteken. Dit was veral die leeus wat maar gedurigdeur kom pla het — en ook nie net by die boere se veekrale nie. Gevalle waar 'n leeu of twee helder oordag by 'n nagmaaldiens opgedaag het, was geen vreemde verskynsel nie. Verbeel jou, terwyl 'n mens nog so sit, kom daar 'n touleier al skreeuende aangehardloop, "Maduma Tau!" ('n Leeu!)
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
ALWYN
(Aloe)
"Kry vir jou aalwynblomme rooi gekleur
En dek daarmee die altare van voorheen
Wat onversier en sonder wierookgeur
Verlore staan, verweer deur wind en reen."
In die groot droogte van 1983 kyk jy opnuut na hulle wat die droogte kan verduur, wat kan groei en blom wanneer min ander blomme kans sien vir die lewe. En veral in die herfs en die winter steek die vuurblomme hulle lampe op en verlig in rooi, oranje en geel die mistroostigheid in die natuur en in die mense se harte. 'n Mens kan kwalik glo dat hierdie vetplante aan die eksotiese leliefamilie behoort!
BRUID VAN DIE ANTICHRIS
Ds AE van den Berg
Lees reeks by Artikels: Ds Andrè vd Berg
" Die ekumeniese kerk is misleiding in sy ergste vorm! Dis nie ’n dienskneg van God nie, maar die bruid van die Antichris! "
Daar word al jare lank op plaaslike en internasionale vlak gepoog om kerke in ’n eenheid saam te snoer. Mense is kwansuis nie so verdeeld as wat gemeen word nie. Al wat nodig is, is dat kerke hulle teologiese verskille opsy moet skuif en hul vir gemeenskaplike dinge beywer.
Kerke moenie so onverbiddelik met hul leer wees nie, maar toegee. Hierdie toegeeflikheid word ekumenisme genoem en as volg omskryf: Die georganiseerde poging om samewerking en eenheid onder alle Christene te verkry.
In die praktyk kom dit op kerklike Babilon-bouery neer, ’n ding wat jare gelede by die Wêreldraad van Kerke (WRK) begin het.
GIDEON SCHEEPERS, BAASTELEGRAFIS
— 'n verhaal uit die Tweede Vryheidsoorlog
Lees reeks by Jeughelde
'n Bedompige hitte laat die wolke in stapels teen die dreigblou lug saambondel. 'n Tipiese Hoëveld-donderstorm is besig om op te steek. Binne 'n paar minute gaan die eerste druppels begin val. En as dit hard genoeg reën, gaan die spruite kort voor lank in uitbundige rivierstrome verander.
Van waar sy in die opening van die kombuisdeur staan, is die plaasvrou vinnig besig om bevele aan 'n jong, opgeskote seun te gee. "Gideon, draf daar na September toe teen die spruit en sê hy moet die koeie dadelik op stal kry. Toe gou, voor die reën kom!" "Ja, Ma ..."
Die seun was egter skaars weg, of hy maak weer sy verskyning in die kombuis — ten aanskoue van sy verbaasde moeder. "En nou?"
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
MAANBLOM
(Datura cornigera)
'n Ergernisblom dié - eintlik 'n onkruid, wil jy eers sê. Jy roei hom uit in die nuwe tuin want hy is giftig vir kleingoed wat alles nog met die tong wil beproe(f)- Jy doen dus weg met al wat maanblom en selonsroos en ander gifgoeters is.
Maar op 'n dag loer hy vir jou van die bure af en kom stort baldadig oor die tuinmuur tussen julle erwe. En hoe kwaaier jy hom terugsnoei, des te weliger groei hy. Met gemengde gevoelens laat jy hom dan maar begaan. Die muur is hoog en die kleintjies kan nie daar bykom nie, maar nader aan die waarheid is dat 'n mens jou kan verlustig in sy periodieke nagtelike blomme-oordaad.
SO WIS ANC BLANKES UIT
Kriewelkop
Die uitwis van blankes in Suid-Afrika behels nie net fisiese moord nie. Die ANC het jare gelede reeds duidelik gemaak dat die witman nie in Suid-Afrika welkom is nie en hom sterk aanbeveel om die land te verlaat indien hy nie tevrede voel met die verloop van sake hier nie. En geen blanke kan tans eerlik sê dat hy tevrede of gemaklik is met die toestand in die land nie. Dit sluit in die enorme werkloosheidsyfer onder blankes as gevolg van die regime se sogenaamde regstellende beleid, hul vrotsige ekonomiese landsbestuur, asook die onbeheerbare misdaadsyfer waar deesdae gemiddeld 75 persone per dag in hierdie land vermoor word. Daarom is dit nie vreemd nie dat die jongste meningspeiling wat deur die markontleder, mnr Butch Rice van Pondering Panda gedoen is, daarop wys dat 40% van ons blanke jongmense nie meer kans sien om in Suid-Afrika te woon nie.
"SKIET MAAR!"
— die verhaal van Helena Lotrie
Lees reeks by Jeughelde
Winter, Julie 1888. Die Groot Trek is lankal iets van die verlede. 'n Nuwe geslag het nou na vore getree: kinders wat nie meer die wildernis moet intrek nie, maar moet tem. Min aandag word in ons geskiedenis aan hierdie eiesoortige setlaars gegee wat nog hul eie karakter op die wilde dier en woesteny moes afdruk. Setlaars soos Frans Lotrie en sy gesin wat 'n stukkie beskawing langs die Macloutsrivier, 'n noordelike tak van die Limpopo, kom vestig het. Gelukkig het 'n kosbare verhaal uit hierdie tydvak vir die nageslag gebly.
Die verhaal van Helena Lotrie spreek boekdele oor die hardnekkige, vasberade stryd wat hierdie handjievol oorlewendes van die Potgietertrek moes voer.
Geen wonder nie dat omstandighede soos net 'n ongerepte Verre Noord-Transvaalse bosveld kon bied, die laerskool was waarin die heldin van hierdie verhaal grootgeword het.
BLOMVROUE
Lees reeks by BLOMVROUE
Aletta Lübbe
KATJIEPIERING
(Gardenia jasminoides)
Alles aan die katjiepiering is in die oortreffende trap. Die blare is die blinkste groen-groen, die blomme is die witste waswit en die geur is oorweldigend soet - bykans te soet, sieksoet, doodsoet. Die geur op 'n maanligaand naby 'n tuinhek is enig en onmiskenbaar. Dis 'n geur wat die klein herinnering 'n leeftyd ver kan dra.
En 'n katjiepieringmens gee 'n ouwêreldse kleur aan die lewe. Haar tabberd is van sagte stof met kantjies en lintjies en valletjies; haar badkamer is vol geurige seepsoorte; haar bedkussings het geborduurde slope. Sy verras almal met die fynheid van 'n grasievolle lewenswyse. Sy lyk ewe tuis en gelukkig in die eenvoudigste woonplek en ook in die eksotiese herewoning.
AANBIDDING VAN VOORVADER- GEESTE
Ds Andrè van den Berg
Deut.18:9-14; 1 Sam.28:4-14
"Benewens Suid-Afrika is daar net een ander land wat ook aan voorvadergeeste gewy is – Haïti... Haïti is tydens die totstandkoming in 1803 aan die Satan toegewy."
Daar word baie dinge oor Afrika geskryf en gesê, veral negatiewe dinge. Toe die Christendom hier gevestig is, het twee sterk geesteswêrelde met mekaar gebots – die Christendom teen die heidendom. Afrika is feitlik sinoniem met verwarde denke en kom nie in ʼn beskaafde wêreld tuis nie.
Afrika huisves van meet af aan die agterlikste mense in die wêreld en het nog niks tot die ontwikkeling van die mensdom bygedra nie. En een van die hoofredes hiervoor, is Afrika se verknogtheid aan die heidendom; veral voorvadergeesaanbidding en die verwoestende onheilsgevolge daarvan.