Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ek mag nooit die lente van my jeug verkwis deur tyd te verspil nie; ek sal ryk saad saai om te blom wanneer ek 'n man is, en vrugte dra wanneer ek oud is – nog is my jeugjare die seisoen vir vreugde en liefde, maar my ryp jare dié van wysheid en insig.
VRYMESSELARY: ANTICHRISTELIKE STROMING (3)
Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming
Ds. FN van Niekerk
GEHEIME MISTERIEKULTUSSE EN DIE VRYMESSELARY
Nie alle Vrymesselaars glo dat die Kabbalisme verantwoordelik is vir uiters ou verwysinge in die Vrymesselaarsritueel nie. Sommige wil dit verklaar deur te wys op die invloed van die geheime misterieë van Egipte, Persië, Sirië, Griekeland, GalHe en Brittanje. Onder Vrymesselaars heers daar groot belangstelling in die ou misterieë.
So lees ons in Masonic Problems and Queries onder vraag 39: "Which are the ancient Mysteries from which some authorities claim that Freemasonry is descended? - The Mysteries of Osiris (Egypt), Mithras (Persia), Adonis (Syria), Dionysus, Bacchus and Eleusis (Greece), Druids (Gaul and Britain)."
Ons sal ons kortliks by sommige van bogenoemde misterieë bepaal met verbygang van ander (primitiewe) geheime bewegings soos die Almussiri, die Bishnoi, die Bairagi, die Bora en die Diwana, want hoewel ook hierdie geheime bewegings inisiasieseremonies het, en sommige geheime woorde, is daar nie die nodige kontak tussen hulle en die Vrymesselary om aan te neem dat daar ontlening of beïnvloeding kon gewees het nie.
DIE ANTICHRIS EN DIE SKRIF (2)
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by Die antichris en die Skrif
MODERNE TEGNOLOGIE
Met al die moderne tegnologie vandag in terme van rekenaars, aftasters, mikroskyfies ens, kan niemand regtig meer wegkruip nie behalwe as hy onregmatig doodverklaar is en daarmee weggekom het. Vir eeue lank is talle geleerdes dronkgeslaan oor hoe elke mens 'n merk op die hand of voorkop kan kry maar die uitvinding van 'n tipe mikroskyfie wat kleiner as 'n ryskorrel is met alle nodig inligting daarop vervat, en vlak onder die vel ingeplant kan word, het sake verander. Hierdie skyfies is lank reeds op troeteldiere getoets en daar is verfynde modelle wat 'n identiteitskaart vervang en 'n spesiale battery het wat gedurig deur 'n mens se liggaamshitte gelaai word.
'N MERK, 'N SYFER, 'N NAAM
As ons weer na Openbaring kyk sien ons daar is drie maniere waarop mense tydens die regering van die antichris sal kan handeldryf:
"❶die merk ❷of die naam van die dier ❸of die getal van sy naam" – Openbaring 13.
Die rede vir hierdie verskillende 'opsies' word effens duideliker as mens besef dat in van die oudste manuskripte van die nuwe Testament daar syfers is wat deur Griekse letters verteenwoordig word.
AANBID DIE BEELD WAT EK GEMAAK HET
Hendrik Pretorius
"Op die 18de Julie het daar weer vir die soveelste keer die ondenkbare gebeur. Nou meer as ooit was kinders deur selfs Christenonderwysers aangesê om lofsange by spesiale saalbyeenkomste tot eer van die “mens-god” Mandela te sing. Kinders is goed laat verstaan dat dit verpligtend is."
Koning Nebukadnésar het ‘n beeld van goud gemaak; sy hoogte was sestig el, sy breedte ses el; hy het dit opgerig in die dal Dura, in die provinsie Babel.- Dan 3:1
Wanneer 'n mens die verhaal van Daniël se drie vriende tydens hulle ballingskap lees (hieronder aangeheg) dan is dit iets waarmee meeste van ons as Afrikaners ons kan vereenselwig. Met voorouers wat uit ander lande afkomstig is en alles agtergelaat het sodat hulle hier die ware God, die skepper van hemel en aarde kon dien. Mense wat ten spyte van groot druk getrou gebly het aan hul geloof. Daar kom 'n warm gevoel in 'n mens se hart op met die aanhoor van die verhaal van Daniël se drie vriende en verseker glo die meerderheid van ons dat ons so is en sal optree indien dit van my verwag word om die goue beeld van koning Nebukadnésar te aanbid. Baie van ons sal selfs sweer dat ons nooit sal buig voor die goue beeld nie en sal staan tot die dood toe vir Jesus Christus!
GEBRUIK ANC- SKUIWERGATE!
Munisipale flater help ‘stakende’ belastingbetalers
Anita Morkel
Inwoners van die Oos-Kaap gaan vroeg aanstaande maand op Cradock vergader om te besin oor die pad vorentoe.
Dit het onlangs aan die lig gekom dat al 45 Oos-Kaapse munisipaliteite, met die uitsondering van Port Alfred, nie voldoen het aan die vereistes van artikel 14(2) van die Eiendomsbelastingwet van 2004 nie deurdat hulle sedert 2005 (toe die wet in werking getree het) versuim het om jaarliks die tariewe vir huishoudings en besighede in die provinsiale staatskoerant te publiseer.
Dit gee belastingbetalers die reg om te weier om die tariewe te betaal vir die jare waartydens dit nie ingevolge die wetlike voorskrifte uitgevaardig is nie en gee hulle die reg om die tariewe wat in dié tydperk betaal is, terug te eis.
DIE ANTICHRIS EN DIE SKRIF (1)
Jeanette Koekemoer
Lees reeks by Die antichris en die Skrif
WIE IS DIE ANTICHRIS?
Christene veral bespiegel dikwels oor die koms van die antichris waarvan die Bybel melding maak. Wie sal die antichris wees? Wat kom maak hy op aarde? Hoe sal die wêreld daar uitsien? Sal Christene dit kan oorleef en steeds aan God getrou bly?
Ons weet uit die Woord dat dit 'n persoon sal wees met groot mag, wat selfs die Christene sal verlei en dwing om hom te aanbid. Hierdie fanatiese 'leier' met sy tien-nasie-koalisie is bespreek deur die apostel Johannes. Hyself het die woord 'antichris' geskep. In die sendbriewe van Johannes dui dit dat die samevoeging van die twee woorde 'anti' en 'Christus' kan beteken: iemand wat voorgee dat hy Christus is of iemand wat Christus teenstaan.
Daar is ook deur eeue heen gewonder of die antichris net 'n ingesteldheid in verskeie persone ('n gees) sou wees, juis na aanleiding van wat Johannes gesê het: "...daar is nou reeds baie antichriste".
SO IS DIE BLANKE VERARM
APMTELIKE STATISTIEK
Moet nie weer glo dat die arme swartetjies die agtergeblewenes is nie –dit is nou die blankes wat in plakkerskampe en op straathoeke in die koue winter krepeer. Dit is tyd om op te hou om met simpatie te verwys na die swartes se sogenaamde verarmde toestand; en dit is tyd dat blankes besef hulle sal self moet opstaan uit hulle huidige verarmde staat waarin die kommunistiese swart regime hulle gedompel het.
Swart sogenaamde regstellende aksie het nie net die blanke man uit die arbeidsmark gehaal nie maar is vinnig besig om ook die blanke vrou heeltemal uit te skakel. Volgens die jongste syfers wat deur Adcorp bekend gestel is, ontvang swart vrouens salarisse wat 36,4% hoër as dié van blankes is. Asiatiese en swart vrouens ontvang 3,1% en 15,5% meer as hul manlike eweknieë.
RUGBY- WETENSKAP
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (58)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
Toe die Franse in 1968 deur Australië en Nieu-Seeland getoer het, het hulle die reputasie verwerf as 'n span wat vuilspel gespeel het en nie gehuiwer het om die voet in te lê as hulle die kans gekry het nie. Maar volgens die Australiërs was die All Blacks self nie engeltjies in hierdie opsig nie.
Een aand ná die All Blacks se eerste wedstryd in Australië teen Nieu-Suid-Wallis – waar dinge weer rof gegaan het – was die Waratahspelers nog besig om so te staan en gesels oor die gebeure toe een van die hulle voorspelers, Tony Abrahams, skielik gaan sit en laat hoor: "I'm sorry, I must sit down. I have never been kicked so often, so scientifically, as I was today!"
DIE GELOWIGE IN PYN EN LYDING (3)
LEER DEUR BEPROEWING
Ds AE vd Berg
Lees reeks by Die Gelowige: Pyn en lyding
Skrif: Matt.8:1-17
“…Hy het ons krankhede op Hom geneem en ons siektes gedra” (:17)
Inleiding
God leer sy kinders deur beproewing. Hy het een Kind sonder sonde gehad maar geen kinders sonder sorge nie. Daarom kom gelowiges nie sonder beproewing tot geestelike volwassenheid nie. Net soos wat die koringkorrel nie sonder ‘n deeglike uitskud die dop
Ons sal nooit die musiek van ‘n harp leer ken indien die snare nie gepluk of die sap van ‘n vrug smaak alvorens dit uitgedruk word nie. Nog minder sal ons die warmte van ‘n winterskaggel
VRYMESSELARY: ANTICHRISTELIKE STROMING (2)
Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming
WAAROM EK DIE VRYMESSELARY VERLAAT HET
GEORGE C. SCHMIDT, SNR.
MEER OOR GEORGE SCHMIDT
Mnr. George C. Schmidt was 'n vrome Christen, ‘n ouderling en Sondagskoolhoof van 'n Presbiteriaanse Kerk in die V.S.A., maar ook 'n gewese Vrymesselaarsmeester en -kapelaan! As gevolg van sy ervarings in die Vrymesselaarsbeweging, en as gevolg van deeglike ondersoek en studie, was hy as Christen egter genoop om die Vrymesselary te laat vaar. Sy weloorwoë redes sit hy in hierdie brief baie helder en deeglik uiteen.
Mnr. Schmidt se bedankingsbrief is in Afrikaans vertaal omdat hy gretig was om Christene wat nog aan die Vrymesselaarsbeweging behoort, te oortuig dat die Vrymesselary hoegenaamd nie met die Christelike geloof te versoen is nie.
Die vertaling is letterlik en woordeliks gedoen.
BOTTER EN KAAS
DIE WÊRELD VAN DIE KLEINSTES (17)
SKOOLPROJEK
Lees reeks by Mikrobes - Wêreld van die kleinstes
Jac Schoonens
Botter
Botter is ook 'n produk wat aan bederf onderhewig is. As die room met 'n mooi gelykmatige straal uit die roomafskeier loop, weet die bottermaker dat, hoe skoon die produk ook mag lyk, daar baktereë en ander mikrobes in kan wees. As hulle die kans kry, sal hulle later die botterstowwe aantas en die produk vir gebruik ongeskik maak. Daarom word die room gepasteuriseer. Maar dit alleen is nie voldoende nie, want oral, in die lug, in die bakke, aan die gereedskap, lê die mikrobes op die loer vir 'n kans om in die botter 'n tuiste te maak. Om dit te verhinder, is daar 'n oplossing: die room word suur gemaak.
MEER VAN HULLE ASSEBLIEF!
KORSIES OP DIE RUGBYVELD (57)
(Die hele pastei by: Korsies van Pastei)
In 1920 het oubaas Mark as Suid-Afrikaanse rugbykeurder na 'n wedstryd van Transvaal in Johannesburg gaan kyk op soek na moontlike kandidate vir die Springboktoer na Australië en Nieu-Seeland die volgende jaar.
Hy sien toe 'n voorspeler in die voorwedstryd wat hom baie beïndruk. "Wie is daai man?" vra hy vir die Transvaalse ondersteuners wat naby hom sit.
Hulle het net gelag en geantwoord: "Daai man is 'n skaap, vergeet maar van hom."
Hierop antwoord oubaas Mark: "As julle nog sulke skape het, stuur hulle Stellenbosch toe. Daar sal ons van hulle Springbokke maak!"
Die volgende jaar is die betrokke speler Tank van Rooyen saam met die Bokke oorsee. Tydens die kies van die toerspan het oubaas Mark aan die ander keurders gesê: "Tank van Rooyen is my eerste keuse as slot vir die Springbokspan. Hy is ook my tweede, derde en vierde keuse!"
ANC ENIGSTE MONSTER...
Herstigte Nasionale Party
ANC se onvermoë om misdaad uit te roei
Onder apartheid was daar vrede en harmonie onder al die bevolkingsgroepe in Suid-Afrika. Misdaad is met ’n ysterhand beheer. Die groeikoers in die land was 6% en inflasie 2% per jaar. Werkloosheid het bykans nie bestaan nie en 74% van nuwe arbeid kon in die formele sektor geakkommodeer word. Die vyandige Engelse pers het oor dr Verwoerd se regering se sukses geskryf as “a shining example of success on ’n troubled continent.”
REKENAAR IN DIE KIES (10)
Louis Nel
Lees reeks by Rekenaar in die kies...
Met hierdie reeks is dit nie die doel om 'n Afrikaanse woordeboek vir rekenaarterme saam te stel nie; eerder om 'n assosiasie te skep om só te onthou wat die term beteken.
DIGITAL CERTIFICATE = digitale sertifikaat. Nie om jou rekenaarkundigheid te sertifiseer nie, maar om te sertifiseer jy is wie jy voorgee om te wees. 'n Mens kan bv op internet aansoek doen om 'n digitale sertifikaat van 'n sertifiseringsinstansie. Die sertifikaat word dan aan 'n e-posboodskap geheg as bewys van jou identiteit. Ook gebruik om gekodeerde boodskappe te stuur en te ontvang.
DIGITAL SIGNATURE =digitale handtekening. Hokaai! Voordat jy jou naam op die rekenaar uitkerf: 'n digitale handtekening is soortgelyk aan 'n digitale sertifikaat. Dis 'n kode wat aan e-posboodskappe geheg word wat die sender op unieke wyse identifiseer.
DIGITAL VIDEO = digitale video. Video in digitale formaat; net soos 'n digitale kamera beelde sonder film vaslê, lê 'n digitale videokamera bewegende beelde digitaal vas.
DIGITIZE = digiteer. Om bv klank en beeld in digitale vorm vas te lê.
Vervolg...
VRYMESSELARY: ANTICHRISTELIKE STROMING (1)
Lees reeks by Vrymesselary: anti-christelike stroming
WAAROM HIERDIE REEKS
Die Vrymesselaarsleër van die "Vaderskap van God en die broederskap van alle mense", geïnterpreteer in die sin van 'n algemene verlossing deur 'n fatsoenlike lewe en humanistiese liefdadigheid, is en bly die Christenmens se kernbeswaar teen die Vrymesselary. Want daardeur word Jesus Christus onbewus deur Vrymesselaarsdenkers en -leiers van sy troon as Saligmaker gestoot en met die loop van die jare dring hierdie gedagte onbewus deur tot alle Vrymesselaarslede sodat baie opregte Vrymesselaars vandag glad nie bereid sou wees om te verklaar dat alle mense wat nie in Jesus Christus glo nie, verlore sal gaan nie. Ons het beswaar teen die Universalisme van die Vrymesselary in bogenoemde sin.
So word die een godsdiens so goed as die ander en een kerk so goed as die ander. God word 'n mensgemaakte godjie en die mens word (in sy eie oë) God.
DIE WONDER VAN DIE WEDERGEBOORTE
Lees reeks by Pitkos vir die siel
Ds AE van den Berg
"Hoe kan ek seker van redding wees? Dis die belangrikste vraag wat ‘n mens kan vra! Kan ‘n mens werklik 100% seker wees? Die meeste mense glo nie so nie. Jesus sê dat ons wel absoluut seker kan wees."
Springmielies is baie lekker. Dit groei soos ‘n gewone mielie, word geoes en dan gedroog. Daarna word die pitte gestroop en in olie of met lug verhit totdat dit ontdop ( pop). Die kern van die mielie sit uit waarna die druk te hoog word en dit omdop. Die stysel in die binnekant vorm jellieagtige borrels wat onmiddellik solied word. So ‘n springmielie is gemiddeld 50 keer groter as die oorspronklike pit en dadelik eetbaar. Dieselfde gebeur as brood gebak word; net teen ‘n laer temperatuur en heelwat langer.
Die wedergeboorte werk ook so. Sonder die Heilige Gees is ons soos ‘n mieliepit. Al die elemente is daar. Die pit het al die moontlikhede om ‘n springmielie te word en kort net hitte om dit om te dop en van nut te wees. Die Heilige Gees bewerk die nodige hitte.
JY KAN DIE KOMMUNISTE VERTROU (11)
Dr Fred Schwarz
Lees reeks by Jy kan die Kommuniste vertrou
DIE MILITÊRE GETUIENIS
Die oseane wat Amerika omring, tradisioneel die barrikade van beskerming teen die vyand, het die bron van oneindige gevaar geword. Die Kommuniste het in 1960 tot hulle beskikking sowat vyfhonderd duikbote gehad. Baie daarvan was langafstandbote en kon projektiele afvuur wat 'n trefafstand het van etlike honderd myl. Hulle kon 'n atoom- of kernkop in die neus dra. Op enige gegewe oomblik wat die Kommunistiese leier verkies, kon duikbote uit die waters van die Stille en die Atlantiese Oseaan asook die Golf van Meksiko opduik, hulle geleide projektiele afvuur en duik.
Gelykertyd kon Washington, Baltimore, Philadelphia, Boston, Miami, New Orleans, Houston, San Diego, Los Angeles, San Francisco, Portland en Seattle uitgewis word. Die vermoë om dit te doen het werklik bestaan met geen effektiewe verdediging daarteen nie.
JY KAN DIE KOMMUNISTE VERTROU (10)
Dr Fred Schwarz
Lees reeks by Jy kan die Kommuniste vertrou
BONDGENOTE VAN DIE KOMMUNISME
Die betekenis van Kommunisme kan nooit gemeet word aan die getal Kommuniste nie. Lenin se slagspreuk was: '....minder, maar beter". 'n Ou gevestigde gesegde lui: "Die Party word sterk deur homself te suiwer." Die teorie van die Kommunisme is dié van die klein klompie uitverkorenes wat georganiseer, gedissiplineer, toegewyd en toegerus is met groter intelligensie en begrip van die wette van die geskiedenis. Deur hierdie uitverkore klompie sal die verowering van die wêreld volvoer word. Die getal werklike Kommuniste was nooit groot nie.
Selfs noukeurige waarnemers wat gelet het op die swakheid in getal van die Kommuniste, het 'n vaste hoop op hierdie feit gebou. Sulke mense begryp nie dat die Kommuniste in staat is om menigtes in hulle diens saam te trek wat totaal onbewus is van die feit dat hulle die Kommunistiese saak dien nie. Die doel hier is om 'n studie te maak van daardie houdings wat welmenende, vaderlandsliewende Christenmense in bondgenote van die Kommuniste verander.
DIE WONDER VAN AFRIKAANS AS VAKTAAL
Lees reeks by Die Wonder van Afrikaans
PROF. S. P. E. BOSHOFF
(Voormalige Direkteur van die Vaktaalburo van die S.A. Akademie)
Sonder kennis van die ontstaan van Afrikaans sal sy gebruik as vaktaal vir ons net 'n wonder bly, en met sodanige kennis sal ons vaktaal vir ons moontlik nog as 'n groter wonder voorkom. Maar die wonder van die oorsprong van ons taal is elders behandel en kan hier alleen ter sprake kom vir sover dit verband hou met die gesigspunt wat hier aan die orde gestel is.
Dat Afrikaans uit Nederlands voortgekom en tot vandag toe die wesenstrekke daarvan behou het, word op die oomblik deur geen ernstige taalkundige meer betwyfel nie, hoewel niemand tot nog toe oortuigend bewys het hoe dit presies gebeur het nie. Maar weet ons dan miskien in die fynste besonderhede hoe tale soos Nederlands, Duits en Engels ontstaan het ?
LEEF DOELGERIG
Lees reeks by Pitkos vir die siel
Ds AE van den Berg
" Waarom is ons hier aan die suidpunt van Afrika en nie elders in die wêreld soos baie van ons volksgenote nie?..."
“In dié dae was daar geen koning in Israel nie; en in dié dae het die stam van die Daniete vir hom ‘n erfdeel gesoek om in te woon… En die kinders van Dan het uit al die dele van hulle geslag vyf man…gestuur om die land te verken…Toe hulle by die huis van Miga was en die stem van die jongman, die Leviet, herken, draai hulle daar af en sê vir hom: Wie het jou hierheen gebring, en wat maak jy hier? En wat soek jy hier?” (Rigt.18:1-3)
As ons iemand onverwags raakloop, vra ons gewoonlik: “Wat op aarde maak jy hier?”
NOG ANC ONVERMOË: PADKRISIS IN VRYSTAAT
20 Jaar nodig vir padkrisis in Vrystaat
Ditsemblits
Volgens inligting verstrek deur die LUR vir Polisie, Paaie en Vervoer, Butana Komphela, in die Wetgewer, kan dit teen ’n totale bedrag van R20 miljard 20 jaar duur om die agterstand in padinstandhouding in die Vrystaat in te haal. Altesaam 70% van die provinsie se teerpaaie is in ’n slegte toestand en 90% van die grondpaaie is sleg. Volgens ’n padopname wat in November voltooi is, is 40% van die 6 370 km teerpad baie sleg, 24% sleg en 6% onrybaar. Slegs 5% is in ’n baie goeie toestand, 8% is goed en 17% is gemiddeld. Altesaam 70% van die 22 197 km grondpad is baie sleg en 20% sleg. Slegs 2% is goed en die ander 8% gemiddeld. Tans is slegs vier padherstelprojekte in die Vrystaat aan die gang: Die toegangsroete tot Qwaqwa (R250 miljoen), die Monontshagrenspad (R200 miljoen), die pad tussen Warden en Standerton (R224 miljoen), en die pad tussen Heilbron en Petrus Steyn (R335 miljoen). Die 23 paaie wat in 2009 uitgewys is as paaie wat dringend herstel moet word teen ’n koste van R3,9 miljard, is tot stilstand geruk weens grootskeepse korrupsie met die toekenning van tenders.