NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Wie is die mense wat die tekens van die tye, ook van dié tye waarin ons nou leef, duidelik raaksien en akkuraat verstaan? In Mt 16 sê Jesus sommer reguit dat 'n slegte en owerspelige geslag tevergeefs sal soek na tekens maar dat dit nie aan hom gegee sal word nie. Dus gee die HERE self aan mense hierdie insig – aan wie dan? Net aan diegene wie hulle harte op Hom rig, met Hom 'n oop verhouding het – aan hulle sal Hy die wysheid gee om betyds te weet wat om te doen in elke situasie.

WIE IS DIE AFRIKANER- BROEDERBOND? (3)

Lees reeks by  Wie is die Afrikaner-Broederbond?

B Schoeman 

DIE SPORTBELEID

"Slegs twee maande ná hierdie debat kom Vorster in die Volksraad met sy eerste sportverklaring waarvan die belangrikste kenmerk sy gebrek aan 'duidelike standpuntstelling' is. Met hierdie metode van baie praat sonder om iets duidelik te sê, sou vir taamlik lank voortgegaan word....    teenoor  die  vroeëre  'duidelike  standpuntstelling' het nou 'n nuwe norm gegeld: moenie die volk inlig oor die implikasies nie!  Hou hulle in die duister. Vertraag terugvoering van sekere dele daarvan, sodat die volk nie agterkom waarheen dit lei nie!  Verberg die onheil agter die deure van vertroulikheid totdat die proses sover gevorder het  dat die afsonderlike voortbestaan van ons Afrikanervolk vernietig is."

 Deur die jare het die Broederbond die standpunt van geen vermenging van watter aard ook al op sportgebied gehandhaaf. Dit was ook die beleid van die NP-regering. In talle en talle geskrifte het die Uitvoerende  Raad van die Broederbond hierdie standpunt van geen vermenging altyd gekoppel aan "die afsonderlike voortbestaan van ons Afrikanervolk."

Reeds in 'n buitengewone omsendbrief van 1 Augustus 1952 verklaar die UR onder meer: "Ons organisasie wat op kulturele, maatskaplike, ekonomiese en opvoedkundige terreine optree en arbei, verwag van al sy lede, soos by hulle instelling belowe, om hulle in die huidige tyds- en wêreld-omstandighede van gelykskakeling en uitwissing van alle verskille soos nooit voorheen nie te beywer vir die afsonderli­ke voortbestaan van ons Afrikanervolk, nie as 'n doel op sigself nie, maar as doelbewuste draer van die Christelike leefwyse en beskawing in Afrika. Die vernietiging of selfvernietiging van ons volk as afsonderlike nasionale gemeenskap in Suidelike Afrika kan in hierdie sin net lei tot bevordering en uitbreiding van die anti-christelike Kommunisme in Afrika."

In aansluiting hierby word dan in 'n volgende paragraaf verklaar: "In die jongste tyd het ook ons sportlewe in die gedrang gekom as gebied om integrasie tussen Blank en Nie-blank tot vernietiging van ons aparte Christelik-Westerse nasieskap te bevorder. Ook in die geval van hierdie aanslag, gesteun deur die uitbreiding van beroepsport in ons land waar dit primêr gaan om geld wat maklik oor enige beginsellyn rol, handel dit nie om blote slim ontduik- of omseilmaatreëls nie, maar om duidelike standpuntstelling en blywende afweer."

In 1952 staan die Uitvoerende Raad dus op die standpunt dat integrasie op sportgebied, selfs in die beperkte sin wat dit op daardie tydstip ter sprake was, deel is van die aanslag om die afsonderlike voortbestaan van die Afrika­nervolk te vernietig; dat dit meehelp tot die bevordering en uitbreiding van die Kommunisme; dat ontduik- of omseilmaat­reëls niks sal help nie; dat die antwoord lê in duidelike standpuntstelling en blywende afweer, en dat hierdie blywen­de afweer van elke lid van die AB verwag word, soos by sy instelling belowe.

Dat dit ook die standpunt was wat die Regering ingeneem het, blyk uit verskeie verklarings van politieke leiers in daardie tyd en daarna oor die sportkwessie. In Die Transvaler van 1 Oktober 1959 word byvoorbeeld soos volg verslag gedoen oor 'n toespraak van Vorster die vorige dag op 'n byeenkoms van die Nasionale Jeugbond aan die Universiteit van Pretoria: "Adv. Vorster het gesê dat steeds groter druk op  Suid-Afrika uitgeoefen word om nie alleen toe te laat dat Nieblanke sportspanne hierdie land moet besoek nie, maar dat Suid-Afrika ook Nieblankes na internasionale byeenkomste moet stuur om die Unie daar te verteenwoordig. Hy het gewaarsku dat die druk met verloop van tyd groter sal word. Indien hierdie land hom stel op die standpunt van integrasie en die standpunt dat die beleid van aparte Bantoetuistes verkeerd is, sal daar uiteindelik onder die druk geswig word. Daar sal dan toegegee moet word aan die eise van absolute gelykheid ook op sportgebied."

Vorster praat hier nie net as 'n lid van die Broederbond nie, maar ook as 'n lid van die Regering, want op daardie tydstip was hy reeds Adjunk-minister. Hy het dus inderwaarheid regeringsbeleid by die NJB-byeenkoms in Pre­toria gestel.

Dit was dan ook die standpunt soos herbevestig in 'n kabinetsverklaring oor sport in 1963 deur die destydse Minister, sen. Jan de Klerk, en weer in 1965 na Verwoerd se Loskopdam-toespraak waarin hy juis oor hierdie aangeleentheid gepraat het.

Die verklaring van 1965 lui onder meer: "Die Kabinet het vroeër en nou weer eenparig teen die ontvangs van gemengde spanne besluit ... Ook het ek onlangs weer met dr. Craven en ander oor die probleem onomwonde gepraat, hom ondubbelsinnig meegedeel dat Maori's nie as lede van 'n toerspan aanvaarbaar sou wees nie."

Dit is belangrik om daarop te let dat dit in hierdie kabinetsverklaring nog net om die ontvangs van gemengde spanne gaan en nie by benadering om veelrassige sportbeoefening plaaslik nie.

Aan die begin van Februarie 1967 word 'n debat in die Volksraad gevoer en pleit die Verenigde Party vir die ontvangs van gemengde spanne. Dit was nadat die All Blacktoer deur Suid-Afrika na dr. Verwoerd se Loskopdamtoespraak en die kabinetsverklaring daarna in die slag gebly het. Dit is veelseggend dat in daardie debat van Februarie 1967 die NP eenparig was in sy afkeuring van die ontvangs van gemengde spanne. Spreker na spreker het aan die Opposisielede gevra waarheen die proses moet lei nadat die eerste toegewing gemaak is en wat die uitwerking daarvan op sosiale gebied sou wees.

Slegs twee maande ná hierdie debat kom Vorster in die Volksraad met sy eerste sportverklaring waarvan die belangrikste kenmerk sy gebrek aan "duidelike standpuntstelling" is. Met hierdie metode van baie praat sonder om iets duidelik te sê, sou vir taamlik lank voortgegaan word. Hoe onduidelik die hele gedoente was, blyk uit Vorster se oordrewe poging om die duidelikheid daarvan te beklemtoon as hy op die Bondsraad van 1968 se: "Nou laat ek duidelik vir u sê, ek weet van niks, op hierdie moment weet ek van niks wat vorentoe kan gebeur wat daardie toer in die wiele behoort te ry nie. Ek wil dit nou baie duidelik stel, want ek het daarmee gehandel in die duidelikste taal en terme. Ek het baie duidelik gestel wat ons standpunt is ..."

Op 1 Oktober 1968 beveel die UR se sportkomitee aan dat "die beleid van afsonderlike ontwikkeling ook op sportgebied toegepas moet word en dat geen mededinging tussen Blank en Nieblank binnelands moet plaasvind nie." Op die oog af lyk dit na 'n bevestiging van die ou AB-standpunt, maar net soos by Vorster is die misleidende dubbelsprakigheid reeds hier aanwesig. Dit lê opgesluit in die gebruik van die woord "binnelandse", want later sou dit blyk dat in die spraakgebruik van die nuwe politiek die woord "binnelands" 'n heel besondere betekenis gekry het. Dit sou al meer betrekking hê op slegs mededinging op plaaslike, klub- en provinsiale vlak, terwyl byeenkomste waarin besoekende buitelandse spelers betrokke is, nie geraak sou word nie.

Selfs Trernicht het, voordat hy oor baie beleidsake "beter standpunte" gekry het, in Hoofstad teen hierdie gebruik van die woord beswaar gemaak met die opmerking dat as buitelandse spelers in Suid-Afrika speel, hulle dan binnelands speel en aan die binnelandse beleid onderworpe moet wees. Die bres vir die magte wat ook op sportgebied veg vir die "vernietiging van ons aparte Christelik-Westerse nasieskap" (AB-omsendbrief, 1 Augustus 1952), was egter geslaan in sowel die Regering as die UR en vorentoe sou slegs al meer toegewings volg.

Ná die konfrontasie op die Transvaalse kongres van die NP aan die begin van September 1969 volg dan ook die aksie om diegene wat by die tradisionele NP-en AB-standpunt bly staan het, uit die Party te dryf. Dit sou van kwaad tot erger gaan en die verwarring binne die regeringsgeledere het al groter geword. As getroue stutorganisasie het die UR, onder leiding van Meyer, slegs agterna gedraf en telkens aan die AB-afdelings die versekering gegee dat die nuwe sportbeleid nie sou lei tot die aftakeling van die tradisionele apartheidsbeleid nie.

Nieteenstaande al Vorster se duidelik-onduidelike verklarings kon niemand naderhand met enige mate van sekerheid meer sê wat die sportbeleid nou werklik behels nie. Vorster was, volgens sy eie woorde, nie 'n man vir bloudrukke nie, maar vir die praktiese politiek. Maar die praktiese politiek kry daagliks met nuwe situasies en probleme te doen en sonder 'n bloudruk wat op beginselstandpunte berus, beland jy in 'n oneindige doolhof. Iemand moes die knoop vir Vorster deurhaak; iemand moes hom aan 'n bloudruk help wat aan sy pragmatisme 'n skyn van beginselgebondenheid en doelgerigtheid kon gee. Hiervoor was die UR van die AB dan die aangewese en gewillige stutorganisasie.

In April 1971 berig die UR in 'n omsendbrief en studiestuk oor sport dat "'n vrugbare tweedaagse samespreking tussen 'n groot aantal vriende uit verskillende sportbeheerliggame vanoor die hele land" gehou is. Dan rapporteer die UR verder: '"n Komitee uit hulle midde het 'n aantal fundamentele formuleringe vir oorweging aan die UR voorgelê." Voorts word berig: "Hierdie beleidsformuleringe is deur die UR oorweeg en aan vriende in verantwoordelike kringe voorgelê, en dit word verwag dat die formuleringe in die volgende dae en weke neerslag sal vind in amptelike regeringsverklarings."

Die UR nooi dan die verskillende afdelings om kommentaar daarop te lewer. Daardeur moes natuurlik die indruk geskep word dat in die binnekringe nie vooraf kant en klaar oor die nuwe beleid besluit is nie. Connie Mulder en Andries Treurnicht, albei UR-lede op daardie tydstip, het nog probeer beduie dat die UR hier maar net besig was "om vertoë te rig." Die UR se eie bewoording en wat daarna gebeur het, bevestig egter dat 'n mens nie hier met "vertoë" te doen het nie, maar met 'n klaargemaakte sportbeleid. Die keuse van die woorde "volgende dae en weke" bewys ook dat die UR met Vorster oor beleid ooreengekom het voordat dit aan AB-afdelings bekend gemaak is. Vorster was so dankbaar om nog 'n meesterplan vir sy praktiese politiek te kry, dat hy dit in die Parlement aangekondig het voordat die afdelings dit behoorlik onder oë gekry en kon bespreek het — laat staan nog kommentaar daarop lewer.

Benewens die feit dat die UR die bepalings van die AB se grondwet en reglement minag deur 'n beleid vir 'n politieke party op te stel, is dit 'n beleid wat nie net totaal in stryd is met die ou NP-beleid nie, maar ook totaal in stryd met die vroeëre standpunt van die UR, soos blyk uit die aangehaalde omsendbrief van 1 Augustus 1952. Wat van die "blywende afweer" in daardie omsendbrief van 1952 geword het, blyk as die UR in die stuk oor sy sportbeleid verskonend verklaar: "Sosiale vermenging moet sover moontlik uitgeskakel word." Let op die woorde "sover moontlik".

Maar die morele verval blyk op sy ergste uit die UR se uitgesproke bereidheid om die volk oor die implikasie van hierdie beleid in die duister te hou. Die UR skryf in verband met sy sportbeleid: "Dit hoef nie onmiddellik al sy implikasies bekend gemaak of geïmplementeer te word nie. In baie gevalle sou die maksimum remming en vertraging, wat versoenbaar is met die uiteindelike doelstellings wat ons wil bereik, wenslik wees."

Dus,   teenoor  die  vroeëre   "duidelike  standpuntstelling het nou 'n nuwe norm gegeld: moenie die volk inlig oor die implikasies nie!  Hou hulle in die duister. Vertraag terugvoering van sekere dele daarvan, sodat die volk nie agterkom waarheen dit lei nie!  Verberg die onheil agter die deure van vertroulikheid totdat die proses sover gevorder het  dat "die afsonderlike voortbestaan van ons Afrikanervolk vernietig is.

So is dan Vorster se "veelvolkige sportbeleid" vai 1971 gebore uit die "fundamentele formuleringe” van die UR. Dit is egter interessant dat saam met hierdie stuk getiteld "Sportbeleid", 'n begeleidende stuk gesirkuleer is met die titel "Sport en die huidige aanslae teen Suid-.Afrika” In hierdie stuk word sterk klem gelê op die rol sport in die internasionale politiek sou speel en veral op die waarde van sport. Daar word wel gesê dat sport nie belangiker as beginsels — ook die beginsels van afsonderlike ontwikkeling geag moet word nie, maar die stuk in sy geheel is sonder twyfel daarop ingestel om die leser onder die indruk te bring dat sport so belangrik is dat veel daarvoor opgeoffer moet word.

Dit is nie nodig om hier baie breedvoerig stil te staan by die UR se bloudruk vir mnr. Vorster se "veelvolkige sportbeleid nie. Die volgende hoofpunte is voldoende om te illustreer hoe die UR onder leiding van Meyer van sy oorspronklike standpuntstelling" wat nog op 1 Oktober 1968 het, afgewyk het:

1. Die volkebenadering ... vorm ook die uitgangspunt ten  opsigte van sportbeleid ... Daar moet egter onderskei word tussen persoonlike en intervolkere of interstaatlike sportverhoudinge. Anders as op die persoonlike vlak moet enigiets wat binne die huidige Suidelike Afrika op die intervolkere vlak geskied, in dieselfde lig as  dinge op interstaatlike vlak gesien word. Derhalwe moet  aan die amptelike verteenwoordigers van 'n bepaalde volk  op sportgebied in beginsel erkenning gegee word deur mededinging met verteenwoordigers en spanne van ander volkere ...

2.  Lede   van   verteenwoordigende  spanne van  ander  lande moet   as   verteenwoordigers   van   daardie   lande,   gekies volgens   hulle   beleid   en  maatstawwe,   behandel   word. Hier kan Suid-Afrika nie eise stel ten opsigte van Blank en Nieblank nie ...

3.  Wanneer  'n  nasionale  verteenwoordigende  span  uit  die buiteland  'n  toer  in  Suid-Afrika  onderneem,  kan  daar in die toerprogram vir die span ook voorsiening gemaak word vir 'n wedstryd(e) teen 'n span wat 'n ander volk verteenwoordig as wat die toer reël ...

4.  Mededinging tussen  verteenwoordigende spanne van die
onderskeie  volke  in  Suid-Afrika mag met die goedkeuring van die betrokke owerheid plaasvind.

  1. Terwyl   internasionale   affiliasie   dit   nog   noodsaak   dat daar slegs een span uit Suid-Afrika ... kan deelneem, kan 'n gesamentlike span vir daardie doel uit die verskillende volkere gekies word om op toer te gaan.

'n Stuk wat in Oktober 1971 deur die UR uitgestuur is onder die titel "Kommentaar insake studiestuk oor sportbeleid", is interessant. Nadat die verskillende afdelings wat gereageer het, hartlik bedank word vir hulle kommentaar en gedagtes, word gemeld dat 'n "besondere komitee" aandag skenk aan die verskillende punte wat deur afdelings geopper is.

In paragraaf 3 van die stuk word dan verder soos volg gerapporteer: "Enkele afdelings het dit oorbodig beskou om kommentaar te lewer omdat, soos hulle dit gestel het, die beleid reeds in die openbaar gestel was toe hulle die studiestuk ter insae gekry het en hulle dus nie vooraf in die saak geken is nie. Dit is jammer, want soos verwag kan word, gaan die meeste probleme wat afdelings raakgesien het, oor die praktiese toepassing van die beleid en sal daar ook steeds in die toekoms praktiese probleme ontstaan waaroor daar telkens besin moet word. Die openhartige kommentaar en aanbevelings van afdelings word dus selfs nog in hierdie stadium deur die UR verwelkom."

Uit  die  dokument is dit duidelik dat die  UR se nuwe sportbeleid met wydverspreide kommer in afdelings ontvang is. Die omsendbrief noem self die volgende:

4.1. Kommer oor die korrekte toepassing van die volksgrondslag van die beleid.

4.2. Die vrees dat ons beleid van afsonderlike ontwikkeling afgetakel mag word deurdat daar op sportgebied toegewings gemaak word.

4.3. Daar moet ernstig gewaak word teen gemengde sosiale verkeer na sportwedstryde, gemengde toeskouers, integrasie, die kondisionering van die Blankes ten gunste van integrasie, gemengde deelname aan plaaslike sport, ens.

4.4. Die vrees dat die sportbeleid die deur op 'n skrefie oopmaak en dat dit die dun end van die wig mag wees.

In die daaropvolgende paragraaf maak die UR geen geheim meer daarvan wie se sportbeleid dit is nie. Dit is nou nie meer "vertoë" wat die UR tot die Regering gerig het, soos Treurnicht en Mulder die saak in die openbaar wou plooi nie. Die UR eien vir hom die outeursreg op die beleid toe en skryf: "Die UR wil dit baie duidelik stel dat daar by die opstel van die beleid nie aan druk van buite oorweging verleen is nie en dat die beleid nie as 'n toegewing in die verband gesien moet word nie. Die UR het tewens by die opstel van die be­leid van die standpunt uitgegaan dat daar geen toegewings gemaak moet word nie. Die UR beskou die bepaling van die sportbeleid, soos in ons studiestuk omskryf, as die logiese deurvoering van ons beleid van afsonderlike ontwikkeling op die sportterrein."

As gelet word op hoe die UR se nuwe sportbeleid van hierdie punt af ontwikkel het tot waar die UR in 1981 ook die riglyne vir gemengde sport op skoolvlak neergelê het, is dit ongetwyfeld die wrangste stuk ironie dat in Oktober 1971 se omsendbrief gepraat word van "geen toegewings" en "geen oorweging wat aan buitelandse druk" verleen is nie. Om dit as 'n uitvloeisel van die beleid van afsonderlike ontwikkeling te stel, is om 'n totale bespotting van die beleid van Verwoerd en sy voorgangers te maak.

Die Oktoberstuk gaan dan voort en verduidelik dat die opstel van die sportbeleid aandag gekry het omdat geoordeel is dat ad hoc-reëlings dikwels probleme skep. "Aangesien die administrasie van die meeste sportsoorte in die hande van persone is wat nie die Afrikanersaak of regeringsbeleid goedgesind is nie, kon hulle telkens probleemsituasies skep en verleentheid veroorsaak. Daar is geoordeel dat dit tyd geword het dat die inisiatief in verband met tussenvolkige sportsitua­sies in die hande van die Regering moet kom deur die vaslegging van 'n goedgefundeerde beleid," lui die stuk voorts.

Na tien jaar was die regeringspolitici wat baie gesteld daarop dat die reëling van sportsituasies in die hande van sportadministrateurs gelaat word en dat die Regering nie daarby betrokke wil wees nie. En later was dit juis daardie

sportadministrateurs, die meeste van wie in die Broederbond sit en wat in die Broederbond se sportkomitee van 1971 gedien het, wat die hardste geskel het op regeringsleiers en regeringsbeleid van die verlede wat dan vir die huidige sportisolasie verantwoordelik sou wees.

Dit is egter paragraaf 7 van die UR-stuk wat die leser later byna die hande in ongeloof laat saamslaan het. Dit lui:

7. By die nagaan of ondersoek van die beleid het die volgende as uitgangspunt gegeld:

7.1. Die sportbeleid moet binne die raamwerk van ons beleid van afsonderlike ontwikkeling gesien en gevestig word.

7.2. Geen oorweging durf aan toegewings geskenk te word nie.

7.3. Die beleid moet op suiwer beginsels gebaseer word — prinsipiële denke is dus noodsaaklik (asof 'n mens iets anders as prinsipiële denke in 'n organisa-sie soos die AB sou verwag het).

7.4. Absolute eerlikheid moet aan die dag gelê word ... 7.5. Die beleid moet daarmee rekening hou dat elke

volk sy eie identiteit moet behou.

Om die yslikheid van hierdie woorde ten volle te begryp, moet gelet word op waar sport in Suid-Afrika tien jaar later gestaan het nadat die UR vir Suid-Afrika 'n nuwe sportbeleid "binne die raamwerk van afsonderlike ontwikkeling" geformuleer het. Binne hierdie tien jaar het die UR se sportbe­leid gevorder van gemengde byeenkomste op sogenaamde "interstaatlike" vlak tot gemengde sportbeoefening op nasionale, provinsiale en klub-vlak. En later ook in die skole. Tien jaar nadat die UR vir senior sport 'n nuwe beleid uitgewerk het om Swart en Wit op Suid-Afrikaanse sportvelde bymekaar te bring, het hy ook in 1981 op dieselfde basis vir die Blanke skole "sportriglyne" neergelê. En net soos in daardie tien jaar tevore woorde soos "veelvolkig", "intervolkere" en "interstaatlik" uitgevind is om mense wys te maak dat wat hulle sien nie is wat hulle sien nie, net so is weer woorde uitgevind om gemengde sport in skoolkinders en ouers se kele af te druk. Toe is dit "junior sport" en "sport binne skoolverband" waarmee die misleiding voortgesit is.

En dan verklaar die UR nog in 1971 vroom: "Uit kommentaar van afdelings blyk dit verder dat dit noodsaaklik is om nie deur die gebruik van sekere terme verwarring te skep nie. So moet die term 'veelrassige' liefs vermy word en moet daar eerder van 'veelvolkige' byeenkomste gepraat word." En dan is "absolute eerlikheid" as een van die uitgangspunte by die opstel van die nuwe beleid gestel!

As dit verwerplik was dat 'n organisasie soos die AB hom laat gebruik het om die deur vir totale veelrassige sport in Suid-Afrika oop te maak, dan is die optrede van die UR daar­na ewe verwerplik. In paragraaf 10 van die aangehaalde dokument word verklaar: "Waar afdelings nog twyfel mag hê oor die prinsipiële grondslag waarop die sportbeleid gefundeer is, of sake wat daaruit voortspruit, sal die UR probeer reël dat geskikte vriende saamtrekke oor die aangeleentheid toespreek. Laat ons voortgaan om die hele aangeleentheid openhartig te bespreek en die saak of sake waaroor ons verskil, vertroulik in eie geledere uit te pluis, sodat ons na buite eendragtig kan optree."

Eendragtig om die volk wys te maak dat geen afwyking van beleid ingetree het nie en dat alles maar die "logiese konsekwensie" van die beleid van afsonderlike ontwikkeling is.

Onder die "geskikte vriende" wat 'n kruisvaart deur die land namens die UR onderneem het, was Treurnicht, wat nog in 1968 as redakteur geskryf het "ons beoefen ons sport apart", maar in 1981 op Randfontein amper die hoed wat hy net-net wou lig vir daardie onderwysers wat gekant is teen 'n veelrassige Craven-week, ingesluk het toe 'n paar koerante hom daaroor gevat het.

Koornhof was nog een van daardie "geskikte vriende" wat agter die geslote deure van Broederbondafdelings allerlei versekerings en beloftes gemaak het. Dit is egter dieselfde Koornhof wat nie lank daarna nie in 'n onderhoud met 'n buitelandse joernalis verklaar het: "Die gebruik van die woord veelvolkig is om die Blankes te paai en veelrassig om die buiteland tevrede te stel." En dan spog Koornhof, as Minister van Sport, 'n jaar of twee hierna dat, met enkele uitsonderings, alle sportsoorte in Suid-Afrika volledig geïntegreer is.

In 1971 was een van die baie klagtes van AB-afdelings dat "daar ernstig gewaak moet word teen gemengde sosiale verkeer na sportwedstryde, gemengde toeskouers, integrasie, gemengde deelname aan plaaslike sport." In 1981 stuur die Eerste Minister van Suid-Afrika en self 'n leidende AB-lid 'n brief saam met 'n afvaardiging na die Internasionale Krieketkonferensie in Londen waarin hy plegtig onderneem dat die laaste oorblywende wetgewende maatreëls teen tota­le rassevermenging op sportgebied deur hom afgeskaf gaan word. Dit was nadat Botha op die Transvaalse kongres van

die Nasionale Party uitgevaar het teen daardie mense wat geen beswaar het dat Blankes en Kleurlinge saam op die grens veg nie, maar weier dat hulle saam op die sportveld mag speel.

In die parlementsitting van 1981 is die daad by die woord gevoeg om die laaste oorblywende wetgewende beletsels teen rassevermenging op sportgebied te verwyder. Bepalings in die Drankwet en die Groepsgebiedewet wat dit verbied het, word geskrap, sodat Wit en Swart vryelik op die sportveld en daarna in Blanke klubs en in Blanke kroeë en hotelle kan verkeer. Natuurlik is dit vorentoe deur die integrasioniste gebruik as hefboom om rassevermenging ook op ander terreine te bevorder. Die argument is dikwels gehoor: As dit op sportgebied gedoen mag word, waarom nie ook op ander ter­reine nie?

Wat het van die UR se "prinsipiële" denke van Oktober 1971 geword? In 1981 verklaar die UR, onder voorsitterskap van Carel Boshoff, in 'n studiestuk getiteld 'Sportkontak op skolevlak tussen Blank en Nie-Blank': "Natuurlik sal sportkontak oor kulturele en etniese grense heen groter verantwoordelikhede meebring ten opsigte van die opvoedingsbemoeienis van elke volksgroep met sy kinders. Daar sal ook sonder twyfel sosiale en ander probleme opduik, maar die kinders moet onder kontrole daartoe opgevoed word om die situasie te hanteer ... In hierdie verband moet die optrede van die skool, wat die belewing van intermenslike verhoudinge betref, berus op die oordeelkundige beoordeling van 'n verskeidenheid omstandighede, asook moontlike implikasies wat hulle optrede vir die onderwys en vir ons land mag inhou. Dit geld ook vir die deelname van 'n skool aan veelvolkige sportbedrywighede en veral ook aan kompetisies teen private Blanke skole wat enkele Nie-Blanke leerlinge wat met goedkeuring van die owerheid tot die skole toegelaat is, insluit."

 

So groot was die verraad, en nog groter die breinspoelingsproses teen en met die Afrikanervolk, wat meegebring dat ons vandag in 2012 'n verknegte, verminkte en amper uitgemoorde klein oorblyfsel is van die eens vooruitstrewende volk onder leiding van 'n ware leier, dr HF Verwoerd.

Slegs twee maande ná hierdie debat kom Vorster in die Volksraad met sy eerste sportverklaring waarvan die belangrikste kenmerk sy gebrek aan 'duidelike standpuntstelling' is. Met hierdie metode van baie praat sonder om iets duidelik te sê, sou vir taamlik lank voortgegaan word....    teenoor  die  vroeëre  "duidelike  standpuntstelling het nou 'n nuwe norm gegeld: moenie die volk inlig oor die implikasies nie!  Hou hulle in die duister. Vertraag terugvoering van sekere dele daarvan, sodat die volk nie agterkom waarheen dit lei nie!  Verberg die onheil agter die deure van vertroulikheid totdat die proses sover gevorder het  dat "die afsonderlike voortbestaan van ons Afrikanervolk vernietig is."

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2098 gaste aanlyn