NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Laat ons liewers sterf omdat ons die waarheid praat, as om te leef en oor leuens te swyg!

DIE WONDER VAN AFRIKAANS AS VAKTAAL

Lees reeks by Die Wonder van Afrikaans
PROF. S. P. E. BOSHOFF

(Voormalige Direkteur van die Vaktaalburo van die S.A. Akademie)

Sonder kennis van die ontstaan van Afrikaans sal sy gebruik as vaktaal vir ons net 'n wonder bly, en met sodanige kennis sal ons vaktaal vir ons moontlik nog as 'n groter wonder voorkom. Maar die wonder van die oorsprong van ons taal is elders behandel en kan hier alleen ter sprake kom vir sover dit verband hou met die gesigspunt wat hier aan die orde gestel is.

Dat Afrikaans uit Nederlands voortgekom en tot vandag toe die wesenstrekke daarvan behou het, word op die oomblik deur geen ernstige taalkundige meer betwyfel nie, hoewel niemand tot nog toe oortuigend bewys het hoe dit presies  gebeur het nie. Maar weet ons dan miskien in die fynste besonderhede hoe tale soos Nederlands, Duits en Engels ontstaan het ? Van die sg. Romaanse tale het ons skriftelike dokumenterings wat min of meer onafgebroke deurloop tot op hulle gemeenskaplike voorganger in die klassieke oudheid, en tog weet ons selfs in hierdie gevalle nog lank nie in alle opsigte hoe Italiaans, Frans, Spaans en Portugees hulle met verloop van tyd teenoor Latyn en ook teenoor mekaar gaan onderskei het nie. Die oorsprong en geboorte van tale is, soos dié van baie ander verskynsels, moeilik stap vir stap en in alle besonderhede na te speur. So weet ons bv. omtrent ons eie taal dat dit 'n vorm of vorme van Nederlands was wat hierheen oorgeplant is en hier mettertyd tot Afrikaans ontwikkel het. Maar watter vorm(e) van Nederlands was dit presies ? Hoe, waar en wanneer het dit Afrikaans geword ? By die bespreking van die gesigspunte hieronder moet ons hierdie vrae in die oog hou en ook rekening hou met wat ons daaromtrent weet en nie weet nie.

By wyse van uitgangspunt kan ons die feit aanvaar dat ons taal van die begin af in 'n veelrassige nuwe land wortel moes skiet en opgroei en dat sy suiwer voortplanting uit die staanspoor deur dorings en distels bedreig is, al was die onkruid waarskynlik nie so erg as wat Kolbe ons 'n halwe eeu later wou laat glo nie. Ryklof van Goens het al in 'n dekreet van 1657 gewaarskn teen gevaar van die kant van Portugees en ook gesinspeel op die tale van slawe uit Afrika en die eilande om hom heen en uit die Ooste, terwyl kommissaris-generaal Van Rheede weer in 1685 die aandag op die onsuiwer Nederlands van die Hottentotte gevestig het. Ná 1688 was daar by die bewindhebbers blyke van vrees, eerder van 'n politieke as van 'n suiwer taalkundige aard, vir die invloed van Frans. Van die betekenis van Duits word in daardie dae amptelik nouliks gerep. Maar die veelrassige vroeë Kaapse bevolking se tale wat nie 'n vorm van Nederlands was nie, met name Frans, Duits, Hottentots, Maleis en Portugees, asook die mengproduk van laasgenoemde twee, te wete Maleis-Portugees, het almal gekwyn en mettertyd op enkeles na verdwyn.

Nadat 'n vorm (of vorme) van Nederlands die stryd teen die voorgenoemde tale seëvierend oorleef het, het dit met 'n ander taal in botsing gekom wat sy voortbestaan ernstiger as een van daardie tale bedreig het. Daardie taal was Engels en dit het al gou van staatsweë, by die onderwys en die regspleging, gedeeltelik selfs in die kerk, die bevoorregte posisie beklee wat Nederlands voorheen in die openbare lewe geniet het. Binne twee eeue na die aankoms van Van Riebeeck en binne 'n halwe eeu na die Britse besetting van die Kaap het Changnion al 'n boek die lig laat sien onder die betekenisvolle titel : De Neder-duitsche Taal in Zuid-Afrika hersteld (1844) in die ondertitel waarvan hy verduidelik het dat dit bedoel was as 'n Handleiding tot de kennis dier taal, naar de plaatselijke behoefte van het land gewijzigd.

'n Ernstige poging moes aangewend word om Nederlands in die openbare lewe van die Kaap te herstel  -  en dit veronderstel dat dit op sterwe na dood was — maar dit kon blykbaar alleen geskied deur Nederlands " naar de plaatselijke behoefte van het land" te wysig m.a.w. deur bloedoortapping   uit    'n   vorm   (of   vorme)   van Hottentotte gevestig het. Na 1688 was daar by die bewindhebbers blyke van vrees, eerder van 'n politieke as van 'n suiwer taalkundige aard, vir die invloed van Frans. Van die betekenis van Duits word in daardie dae amptelik nouliks gerep. Maar die veelrassige vroeë Kaapse bevolking se tale wat nie 'n vorm van Nederlands was nie, met name Frans, Duits, Hottentots, Maleis en Portugees, asook die mengproduk van laasgenoemde twee, te wete Maleis-Portugees, het almal gekwyn en mettertyd op enkeles na verdwyn.

Dit was die betreklik ongeletterde boerebevolking wat dit deur dergelike ontleninge vir Afrikaans moontlik gemaak het om "te spesialiseer in betekenis"; en dit is presies die eis wat die vaktaal aan die algemene taal stel. Let gerus maar op hoe uitmuntend ons boerebevolking van die 17e eeu af tot vandag toe daarin geslaag het om gepaste "gespesialiseerde" woorde te vind in verband met die bodemsgesteldheid van ons land, klimaat en reënval, die diere- en plantewêreld, die jag en kommandodiens, vervoer- en geneesmiddels, plaasgereedskap en huishoudelike artikels, kleredrag en geregte, kortweg, op elke gebied van boerdery wat die boer gereeld as sy beroep beoefen het en selfs op terreine van bedrywigheid soos delwery wat boere in groot getalle tydelik betree het.

Maar toe sak die masjien-eeu plotseling op die boer toe met sy industrie en tegniek en al die moeilike terminologiese eise wat dit aan sy taal gestel het ten opsigte van vervaardigingsprosesse, onderdele    en    werksaamhede    waarmee    hy    nie regstreeks te doen gekry het nie. By sy naamgewing moes hy horn in hierdie skielike taalkrisis dikwels noodgedwonge van die bestaande Engelse terminologie bedien. Maar toe tree die terminoloë op die toneel : hulle moes vir die boer en vir die Afrikaner in die algemeen die nodige vaktaal skep. Hulle het voor 'n uiters moeilike taak te staan gekom : aan die een kant het dit hulle meestal aan die nodige kennis van die betrokke dinge en prosesse ontbreek en aan die ander kant was hulle taalkundige kennis, van Engels sowel as van Afrikaans, dikwels ontoereikend. Daarby is van hulle verwag om sommer gou-gou vaktale vir die verskillende vakgebiede gereed te hê. In die haas het hulle na tweetalige en vakwoordeboeke gegryp en dikwels vergeet om te let op die gepaste benamings wat die boerebevolking reeds aan baie van die nuwe dinge gegee het. Dit lyk my bv. dat 'n vertaler-terminoloog verantwoordelik was vir die benaming 'verloregoederekantoor' wat maar net 'n letterlike vertaling van die Engelse 'lost goods office' is, maar dat die persoon wat daaraan gedink het om die betrokke kantoor 'n skutloods te noem, 'n boeretaalagtergrond gehad het of daaruit geput het.

Ons terminoloë, in baie gevalle self boereseuns, het heelwat geleer en veel verrig wat as 'n wonder van skerpsinnigheid en verbeelding beskou kan word en al meermale die bewondering van ons Nederlandse stam- en vakgenote afgedwing het.

Die krisistyd in ons taalstryd is verby . Met diegene wat Nederlands in Suid-Afrika wou herstel, het ons met die stigting van die Suid-Afrikaanse Akademie in 1909 'n wapenstilstand gesluit en met die amptelike erkenning van Afrikaans in 1925 tot 'n blywende vrede geraak — byna presies 300 jaar na Nederland se Twaalf-jarige Bestand (1609-1621) gedurende die Tagtig-jarige Oorlog waarvan die ontstaan van ons volk en ons taal 'n uitkoms was.

Elkeen van die volgende feite is 'n wonder van ons taalgeskiedenis :

  • Dat Afrikaans uit 'n verskeidenheid 17e-eeuse Nederlandse taalvorme as 'n betreklik eenvormige taal tevoorskyn gekom het;
  • Dat dit in weerwil van die inwerking daarop van allerlei tale en taalvorme sy Nederlandse karakter en patroon nie verloën het nie;
  • Dat dit na 'n dubbele tagtigjarige oorlog (1800-1960) teen 'n taal van wêreldformaat soos Engels met die littekens van 'n krygsveteraan uit die stryd gekom het sonder om sy vlag te stryk;
  • Dat dit ondanks Nederlandse kwaksalwer-middels en Engelse siekte en Anglofobie toe betreklik gesond gebly het, en
  • Dat ons dit alles te danke het aan Afrikaans se gesonde boeregeboorte en -opvoeding sonder 'n oormaat van teoretiese geleerdheid.

Wat die wonder van Afrikaans as vaktaal betref, kan ons volstaan met daarop te wys :

  • Dat ons vaktaal stap vir stap met ons vak-kennis en -ontwikkeling tred gehou het totdat dit plotseling voor 'n vaktaalkrisis te staan gekom het;
  • Dat dit die vraagstukke wat uit hierdie taalkrisis tevoorskyn gekom het, met mening aangepak het en besig was om die vroeër agterstand in te haal; en
  • Dat ons taalbeoefenaars, terminoloë en vertalers, ondanks die steurende vitterigheid van beoordelaars en raadgewers wat self gewoonlik weinig tot die prestige van Afrikaans bygedra het, rustig en met vertroue hulle taak uitgevoer het..

As kwaadwillige bestryding en welmenende bemoeisug ons taal tot nog toe nie doodgekry het nie, dan het ons genoeg rede om optimisties te wees; en dit sal 'n wonder wees as ons dit wil aanvaar "soos ons vadere vertrou het".

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 15835 gaste aanlyn