Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Soos ons ouer word verwyt ons onsself dikwels vir tyd wat nie reg gebruik was nie, verlore gegaan het omdat ons onbelangrike dinge gedoen het – baie mense sal eendag by God hoor dat hulle baie dinge goed gedoen het waarvan hulle nooit eers bewus was nie.
D A N I Ë L (7 - SLOT)
Die Profeet van die Here wat die heidense konings onderrig het
Dr JP Botha
Lees reeks by D A N I Ë L
DANIËL SE VISIOENE
In die derde jaar van die Galdese koning Bélsasar, seun van die rondvlugtende koning Nabonedus, wat toe nog nie deur die Meders agterhaal is nie, het Daniël vir Bélsasar die skrif aan die muur verklaar. In daardie selfde jaar het Daniël in ‘n droomgesig van vier snaakse diere ‘n visioen beleef van wat in die toekoms sou plaasvind. Die leeu met vlerke is die Babiloniese ryk, die vraatsugtige beer is die Medo-Persiese ryk, die vinnige luiperd is die Macedonies-Griekse ryk wat in vier verdeel is. Die vierde dier is die Romeinse ryk. Daarna volg die einde, die koningskap van God se volk. Die tien horings van die vierde dier wys op die verbrokkeling van die Romeinse ryk en die elfde horing is die ryk van die antichris.
OP JUL MERKE, GEREED, MOOR!
UIT DIE PERD SE BEK
Kriewelkop
Nou ja, as die swartes binne die kantore van die ANC reeds die ekonomiese ineenstorting sien kom, wie is óns om dit nie te wil glo nie! Gaan lees maar die berig as u dit nie wil glo nie by Businessday se webwerf.
Die kantoor van die ouditeur-generaal van die ANC, by monde van ene Nombembe, waarsku aanhoudend oor die vervalle en korruptiewe en meestal bankrot toestand waarin die staatsdepartemente verkeer, veral met betrekking tot finansies en munisipale vlak, nou reeds vir 'n hele paar jaar. Daarom is daar rede om te glo dat 'n totale ekonomiese ineenstorting baie naby is, glo hy. Die waarskuwing van die OD vertel van 'n regering wat so besig met sy eie plekkie in die son is dat geen aandag aan belangrike regeringsake gegee word nie.
D A N I Ë L (6)
Die Profeet van die Here wat die heidense konings onderrig het
Dr JP Botha
Lees reeks by D A N I Ë L
IN DIE LEEUHOK
Die magtige wêreldryk van die Galdeërs in die noord-ooste van oud-Israel, wat verantwoordelik was vir die laaste wegvoering van ons volk, waaronder ook ekself en my jong vriende, het aan die einde van sy wêreldmag gekom toe die Meders Babel verower het en koning Darius ons as gevangenes van die Galdeërs geërf het.
Die 62-jarige koning Darius het geweet van my en my vriende se goeie diens aan die land en die kroon. Hy het 120 amptenare oor sy koninkryk aangestel en drie hoofde as toesighouers oor die belange van die koning. Ek was een van die drie. Toe het die Here my weer genadiglik in staat gestel om my werk met soveel onderskeiding te verrig dat koning Darius my oor sy hele ryk wou aanstel.
Die amptenare en hoofde het toe uit jaloesie begin fout soek om iets te vind wat hulle teen my werk kon inbring.
SO KAN SANRAL VERDER GEKELDER WORD
Volgens Cliff Johnston van die SA Nasionale Verbruikersunie, word motoriste reeds wyd aangeraai om by SANRAL terugbetaling te eis vir hulle e-kaartjie. Dit sal SANRAL glo R25 miljoen laat opdok indien almal wat reeds geregistreer is terugbetaal moet word. Die logiese rede vir die terugeis is klaarblyklik die feit dat daar nie binnekort oplossings vir die huidige dispuut oor die tolstel sal kom nie en geregistreerders het daarom die reg om hulle geld terug te vra.
SANKSIES TEEN SA VIR OLIE UIT IRAN
Hoor nou die redes wat Obama aanvoer waarom daar sanksies teen Iran en sy olie-uitvoere ingestel word: Iran sowel as sy Sentrale Bank, finansier terrorisme - asof Amerika dit nie self doen nie! En deur geldwassery is Iran glo 'n bedreiging vir die internasionale monitêre sisteem, sê Obama. Maar dat Israel by Amerika gaan tjank het vir hulp omdat hulle bang is Iran gooi 'n kernbom in Israel, veral op Tel Aviv – nou nie dat Amerika aanmoediging nodig het om Iran te probeer kelder nie – word verswyg. Intussen lag Iran se leier, Ayatollah Ali Khamenei, al die pad oor sy twee volstoomwerkende uraanverrykkings-aanlegte.
U sal onthou ons het onlangs berig oor Iran wat so intelligensiedig is dat nie veel van sy kerninligting uitlek nie maar ook dat Iran tans minstens twee uraanverrykkingsaanlegte in volle werking het.
SO WORD VERBRUIKERS NOU VERNEUK
Verbruikers betaal meer vir minder
Anita Morkel
Bepaalde handelsname se sneespapierverpakkingshet gekrimp van 200 snesies na 160 of 180 en die prys is presies dieselfde as voorheen. In sommige gevalle kos dit selfs meer as vroeër en dit is veral dan wat ‘n verbruiker snuf in die neus kry. Wel, dit is wanneer verbruikersweerstand teen die bepaalde produk begin opbou.
Sogenaamde grysprodukte wat deur kettingwinkels onder hul eie handelsnaam verkoop word se sneesdoekies het minder snesies in, maar die prys het gestyg.
Sneespapier - soos die meeste Suid-Afrikaanse produkte - se pryse het die afgelope jare (en veral sedert verlede jaar) met rande gestyg. ‘n Kartonhouer met 200 snesies het sowat R9,99 gekos en kan nou tot soveel as R19,99 vir 180 snesies kos, afhangende van watter handelsnaam aangekoop word.
YSLIKE VERSKIL TUSSEN AFRIKAANSES EN AFRIKANERS!
Sal ons hulle nooit afskud nie?
Die Afrikaner
Kykers op die staatsuitsaaier se nuus kon die week sien hoedat plaasbesetters ’n plaas by Komatipoort gaan beset het, en hoe arrogant en aggressief hulle was.
In dieselfde week het ’n klomp Afrikaanses agter geslote deure met die ANC gaan gesels, omdat die ANC wil weet waarom Afrikaners nie vir hulle wil stem in verkiesings nie.
Laat ons net begin deur die onderskeid baie duidelik te maak: die klomp wat hulle laat vang het om agter geslote deure te gaan konkel met die ANC om dié klomp voormalige terroriste aanvaarbaar vir die Afrikaner te maak, verteenwoordig nie die Afrikaner- of Boerevolk nie. Hulle verwys baie graag na hulleself as AfrikaanSES, en dis ’n baie sinvolle en duidelike onderskeid tussen ons.
REKENAAR IN DIE KIES (5)
Louis Nel
Lees reeks by Rekenaar in die kies...
Met hierdie reeks is dit nie die doel om 'n volledige Afrikaanse woordeboek vir rekenaarterme saam te stel nie, eerder om 'n assosiasie te skep om só te onthou wat die term beteken
CLOCK SPEED = KLOKSPOED
Nie die spoed van jou blitsige vuurwa op die snelweg nie, maar die snelheid waarmee jou rekenaar se sentrale verwerker (CPU) berekeninge doen. Die klok verwys na die rekenaar se ingeboude horlosie wat die pas aangee. Hoe vinnger die klok, hoe vinniger kan die sentrale verwerker sy opdragte uitvoer. Die klokspoed word aangedui in megahertz.
CMOS = CMOS
Uitspraak soos die mees jong mense deesdae tale meng: You 'see mos'. 'Complementary Metal Oxide Semiconductor' – waar die wesenlike inligting oor jou rekenaar gestoor word . Daar is 'n batterytjie wat die CMOS aan die gang hou wat, as dit pap word, jou rekenaar aangeheueverlies laat ly en dan see jy mos niks verder nie!
CONFIG.SIS = KONFIGURASIESTELSEL
Dit bevat 'n leêr met spesifieke opdragte wat uitgevoer word elke keer as 'n rekenaar aangeskakel word. Programme wat nodig is om sekere toestelle soos 'n klankkaart en videokaart reg te laat werk, word so gelaai.
CONFIGURATION = KONFIGURASIE
Dit is jou rekenaar se situasie van bv hoeveel hardeware hy het, hoeveel geheue daar is, ens. 'n Minimum konfigurasie is die vereistes waaraan jou selsel moet voldoen ten einde sekere programme te kan gebruik soos Windows.
CONFIGURE = KONFIGUREER OF INSTEL
As mens nuwe harde- of sagteware kry moet jy dit instel om met die rekenaar se bepaalde konfigurasie te laat saamwerk. As dit hardeware is, is daar soms kontakbene (jumpers) om te stel. Met sagteware word sekere inligting oor bv die klankkaart en videokaart benodig. Deesdae gebeur baie van hierdie instellings outomaties.
Vervolg...
D A N I Ë L (5)
Die Profeet van die Here wat die heidense konings onderrig het
Dr JP Botha
Lees reeks by D A N I Ë L
DIE SKRIF TEEN DIE MUUR
Die Here het die ou Galdese koning nog ‘n geruime tyd toegelaat om oor Babel te regeer voordat hy uiteindelik opgevolg is deur die laaste Galdese koning, Bélsasar. Hierdie koning het egter kortstondig onder spannende omstandighede regeer, want die Meders uit die noorde het die een na die ander verwoede aanval op Babel en sy inwoners geloods. Onder hierdie gevaarlik-wisselende omstandighede het koning Bélsasar besluit om die beste daaruit te haal. Hy het saam met 1 000 van sy amptenare ‘n groot fees by sy paleis in Babel gehou.
Toe almal reeds lekker en vrolik aan die drink was, beveel die koning dat al die goue voorwerpe wat sy voorganger, Nebukadnesar, uit die tempel van die Here in Jerusalem verwyder het, gehaal moes word sodat hy saam met sy vooraanstaande amptenare, sy vroue en sy byvroue daaruit kon drink.
PLAASBESETTING BY KOMATIPOORT
TLU SA MEDIAVERKLARING
TLU SA het homself na die beste van sy wete probeer op hoogte stel van die geval in Komatipoort waar ‘n aantal swartes op ‘n plaas opgedaag het om die boer te beveel om die grond te verlaat.
Die boer is geen lid van TLU SA nie.
Die betrokke plaas is skynbaar reeds as deel van die grondhervormingsproses aan ’n nuwe eienaar oorgedra nadat daar ’n eis op die plaas was. Die nuwe eienaar het blykbaar met die boer ’n kontrak aangegaan dat dié nog vir ’n sekere tyd die plaas sou huur en voortgaan met sy boerderybedrywighede.
’n Geskil het skynbaar ontstaan nadat die nuwe eienaar nie ten volle vertroud was met die inhoud van die huurkontrak nie, en wou die huurder summier van die plaas verwyder.
D A N I Ë L (4)
Die Profeet van die Here wat die heidense konings onderrig het
Dr JP Botha
Lees reeks by D A N I Ë L
DIE DROOM OOR DIE BOOM
Dit was vir my duidelik dat koning Nebukadnesar baie diep beïndruk was met die onoortreflike mag wat die almagtige God getoon het met die redding van my drie vriende uit die helse vlamme van die vuuroond. Maar ek het ook met jammerte opgemerk dat hy nog nie in volkome geloof hom oorgegee het in aanbidding van ons ware God die Here nie. Daarvoor was hy nog te eiegeregtig en trots op sy eie grootheid en mag. Maar ons liewe Heer se plan om hom tot algehele oorgawe te dwing, sou kort daarna plaasvind. Die Here het weer by wyse van ‘n droom met hom gepraat.
Oudergewoonte het hy weer al wat ‘n waarsêer in die land was, bymekaar geroep en vir hulle die droom vertel, maar hulle kon dit nie uitlê nie.
REKENAAR IN DIE KIES (4)
Louis Nel
Lees reeks by Rekenaar in die kies...
Met hierdie reeks is dit nie die doel om 'n Afrikaanse woordeboek vir rekenaarterme saam te stel nie; eerder om 'n assosiasie te skep om só te onthou wat die term beteken.
CHIP = GEHEUEVLOKKIE
Van slaptjips en Coke hou jou rekenaar niks – moet nie by hom eet of drink nie. Van geheuevlokkies (memory chips) kan hy egter nie genoeg kry nie. 'n Chip kan ook na jou sentrale verwerker (SVE) Engels = CPU, verwys want 'n chip is eintlik 'n vlokkie met 'n geïntegreerde stroombaan op.
CLIENT/SERVER = KLIËNT/BEDIENER
In 'n bepaalde netwerkopset staan die rekenaar wat in beheer van sake is, as die bediener bekend, en die ander wat aan hom gekoppel is, as die kliënte.
CLIP ART = KNIPKUNS
Dit is illustrasie wat saam met rekenaardokumente gebruik kan word.
CLIPBOARD = KNYPBORD
Dit is 'n spesifieke deel van die rekenaar se gebheue wat as tydelike bêreplek dien. Data word daar gebêre totdat dit elders heen gestuur word. As 'n mens teks knip, kopieer en plak met 'n woordverwerker, is die knypbord die plek waar teks tydelik gebêre word.
Vervolg...
TLU SA PRAAT NÍÉ MET ANC
In ‘n verklaring sê die TLU SA hy het kennis geneem van die ANC-leierskap se poging om met Afrikaanse groepe in gesprek te tree oor maniere om Afrikaanses nader aan die ANC te kry, terwyl TLU SA homself meer verbind voel tot die Afrikaner-groepering en die waardes wat hul voorstaan.
“Vir ’n geruime tyd probeer die TLU SA met regeringsleiers in gesprek tree oor sake wat die landbou in Suid-Afrika raak.
TLU PRAAT MET ESKOM
MEDIAVERKLARING
TLU SA tevrede met Eskom-gesprek
TLU SA het onlangs indringende gesprekke gehad met senior bestuurslui van Eskom by hulle kantoor in Megawatt Park.
Van die sake wat TLU SA met Eskom bespreek het, sluit onder andere in:
- Probleme wat boere ondervind met onderbrekings in elektrisiteitsvoorsiening. Daar is aangedring op tydige waarskuwings ten opsigte van geskeduleerde onderbrekings, en Eskom is gewys op die implikasies van onderbrekings op produksie en toerusting.
TWYFEL JY DAT GOD SELF VIR JOU GEKIES HET?
ONTHOU DAN, GOD HET JOU GEKIES TEN SPYTE VAN...!
Het jy jouself 'afgeskryf'? 'n Mens raak soms so moedeloos oor jou swakhede en sondes dat jy sommer self besluit dat jy niks beteken nie. As jy mooi daaroor nadink sal jy besef dat jy met so 'n houding in der waarheid vir die Here wil voorskryf dat Hy jou nie meer mag gebruik nie omdat jy (volgens jouself) kwansuis nie meer bruikbaar is vir Hom nie. Nee!
Die Here het vir Dawid gesê : "Jou seun Salomo, hy sal my huis en my voorhowe bou want Ek het hom vir My as 'n seun verkies, en Ek sal vir hom 'n Vader wees" 1 Kron 28. Weer eens het Dawid sy seun bemoedig deur hom daaraan met dié woorde te herinner: "Kyk nou, die Here het jou verkies om 'n huis vir 'n heiligdom te bou; wees sterk en voer dit uit"...."Wees sterk en vol moed, en voer dit uit; vrees nie en wees nie verskrik nie, want die Here God, my God, sal met jou wees; Hy sal jou nie begewe en jou nie verlaat nie, dat jy al die dienswerk aan die huis van die Here voltooi."
Wie is dit wat deur die Here gekies is om sy huis te bou? Was dit dan nie die seun van Batseba, die vrou wat as gevolg van Dawid se sonde deel van sy huishouding geword het nie? Hoe is dit dan moontlik dat haar seun die koning van Israel kon word en nog die tempel van die Here kon bou, iets wat Dawid so graag self wou doen? Wat het Salomo gedoen om soveel roem en eer te verdien?
Nee, hy het niks gedoen om dit te verdien nie, maar het soveel genade van God ontvang! Ons lees immers: "...en waar die sonde meer geword het, het die genade nog meer oorvloedig geword" Rom 5. Die Here het Dawid nie net vergewe toe hy sy sonde bely het nie, maar ook sy verhouding met die Here volkome herstel. Hy is dus nie net begenadig en nié van sy amp as uitverkore leier van God se volk onthef nie, maar het voortgegaan om die Here te dien en 'n geweldige rol in die geskiedenis van die wêreld en uiteindelik ook die kerk van Christus gespeel.
As God Salomo kon kies om Hom te dien en sy tempel te bou, kan Hy jou ook kies! En as jy glo, dan het Hy jou reeds gekies. En Hy het jou nie net gekies om êrens byna onsigbaar deel van die agtergrond te wees nie, maar om aktief aan sy huis te help bou. Dit maak nie saak hoe jou verlede lyk nie. As jy na Hom teruggekeer en jou sonde met 'n opregte hart bely het, sal Hy jou vergewe en jou verhouding met Hom volkome herstel – uit liefde en blydskap teenoor jou. Glo en weet dat Hy jou eerste liefgehad het en jou deur elke dag dra – ten spyte van jou onvolkomendheid en sonde!
DOPPERS EN FILISTYNE (2)
SY WEN (1)
Lees reeks by Doppers en Filistyne - Langenhoven
('n Kostelik skets met 'n groot lewenswaarheid deur Langenhoven in die naam van sy sogenaamde neef Stoffel)
'n Man moet liewer ongetroud bly; dis beter vir hom, en nou en dan is dit selfs beter vir die vroumens ook. Maar as jy dan op die dood wil trou – moenie 'n vrou neem wat honderd jaar jonger as jy is nie. Snaakse ding wat ek tot vandag toe nog nie kan verstaan nie: 'n mens sou nou verwag hoe ouer jy is hoe verder vooruit is jy en dat die jonger mense agterna kom. Maar moenie glo nie: dis net andersom – dis altyd húlle wat voor is, hoe jonger hoe voorder.
So is dit met my en Soetlief. Ons skeel maar vêr uitmekaar uit –ek durf nie presies sê hoe vêr nie dan word sy kwaad want sy wil altyd voorgee dat dit nog baie meer is. (As jy die huwelikskontrak wil gaan nakyk op die transportkantoor in die Kaap kan jy aan die bedrag van die bemaking omtrent oordeel hoe vêr dit moet wees.)
GRILLERIG BLY GRILLERIG!
Kriewelkop
Kriewelkop
Dit is nooit lekker om oor iets grillerigs te skryf nie, in elkgeval nie vir my nie. En dan wonder ek waarom ek dit tog maar elke keer doen. Al verklaring wat ek vir myself het is dat die grillerigheid so aanhoudend in my gedagte refrein dat ek 'n mate van verligting kry wanneer ek klaar daaroor geskryf het. So asof dit so bietjie van my gemoed afskuif. Eers dan kry ek dit weer reg om my gesig minder skuins te trek en met ander dinge besig te raak. Daarom skryf ek nou maar oor die grillerigheid wat ek gisteraand op die TV-kanaal KykNet ervaar het.
Die TV-program RIAN wat om Donderdae-aande uitgesaai word het maar normaalweg 'n grillerige ondertoon, soos met Rian wat nou die dag gedagvaar is oor sy omstrede en afbrekende uitlatings teenoor die Afrikanervolk – 'n grillerigheid wat nie juis beter word deur die gerugte dat hy 'n agtermekaar-mannetjie is nie; ek meen nou, hy het dit nie juis ontken in 'n vorige TV-onderhoud toe hy 'n ander selferkende agtermekaar-mannetjie op die stel oor dié se agtermekaargeite uitgevra het nie;
D A N I Ë L (3)
Die Profeet van die Here wat die heidense konings onderrig het
Dr JP Botha
Lees reeks by D A N I Ë L
DIE DRIE MANS IN DIE BRANDENDE OOND
Die volgende snaakse ding wat in Babel plaasgevind het, was toe koning Nebukadnesar besluit het om ‘n reuse beeld van dertig meter hoog en drie meter breed van goud te laat maak. Hy het mos genoeg goud uit die tempel in Jerusalem laat wegdra om so iets aan te vang. Toe hierdie struktuur met skrikwekkende voorkoms voltooi is, het hy hom in die Duravlakte van die provinsie laat oprig. Daarna het hy opdrag gegee aan al sy amptenare, hoofgoewerneurs, goewerneurs, raadgewers, skatmeesters, regters, magistrate en al die amptenare van die provinsies om bymekaar te kom vir die ingebruikneming van die beeld.
VOLSTRUISBOERE STEEDS IN MOEILIKHEID
Volstruisboere het vir meer as 'n jaar lank nie meer inkomstes nie. Sowat 40 000 volstruise is sedert die uitbreek van die siekte H5N2-voëlgriepvirus, verlede jaar van kant gemaak. Die Klein-Karoo-vallei het jaarliks sowat 90% van sy volstruisvleis aan die EU verskaf, met sowat 250 000 diere wat jaarliks vir vleis, vere en leer geslag is.
Volgens Nuus24 het die ledetal van die Volstruisbesigheidskamer (VBK) die laaste paar maande aansienlik gedaal, met die Europese Unie (EU) se verbod op uitvoer as die hoofrede, aangesien die bedryf nie meer winsgewend is nie. Die VBK het begin verlede jaar 741 lede gehad, maar dit het drasties gedaal sedert die H5N2-voëlgriepvirus in April verlede jaar in die Klein-Karoo uitgebreek het.
REKENAAR IN DIE KIES (3)
Louis Nel
Lees reeks by Rekenaar in die kies...
Onthou dat die idee nie is dat ons 'n juiste woordeboek skep om rekenaarterme in Afrikaans te vertaal nie, eerder om so bietjie met tong in die kies te leer en onthou wat die term beteken.
BUFFER = BUFFER
Maar hierdie buffer versag nie botsings nie, inteendeel, dis net 'n outomatiese tydelike bêre plek vir jou werk gedoen op rekenaar, maar as jy dit nie self op 'n spesifieke gaan bêre nie, gaan jy baie botsende emosies ervaar.
BUS = BUS
Of tewel 'n stroombaan, wat jou rekenaardata van een plek in die rekenaar na 'n ander vervoer. Mens behoort dit eintlik eerder 'n pad as 'n voertuig te noem. In netwerke is busse 'n kabel wat al die goeters in 'n LAN saamsnoer, ook bekend as die ruggraat (backbone) bekend.
BYTE = GREEP
'n Greep bestaan uit agt bisse (bits), en daar is 1 024 grepe in 'n kilogreep; 1 048 576 kilogrepe in 'n megagreep, en 1 073 741 824 megagrepe in 'n gigagreep.