Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die uitdeel van geskenke tydens 25 Desember word geregverdig deur te sê dat die wyse manne mos ook geskenke gegee het. Maar, hulle het nie vir mekaar geskenke gegee nie, net vir die Here Jesus. Dalk moet ons begin dink wat ons vir Hom kan gee...
GOD GEBRUIK GEWONE MENSE! (6)
Terry Virgo
Lees reeks by God gebruik gewone mense!
VERGIFNIS!
Die verhaal is nog nie klaar nie. Dawid laat Batseba kom en het met haar gemeenskap. Dan gaan sy terug na haar huis toe, en keer hy weer terug na sy daaglikse lewe en roetine. Dit is presies wat gebeur, nie waar nie? Een of ander tyd moet die lewe weer aangaan. Maar daar is Iets anders wat 'n mens nie buite rekening mag Iaat nie, en dit is dat die lewe nooit weer kan wees soos dit voor daardie sonde was nie. As 'n mens eers toegegee het aan wellus, sit jy met gevolge wat nooit weer ongedaan gemaak kan word nie.
Dawid was die magtigste man in die land en het natuurlik gedink dat geen haan ooit weer na die voorval sou kraai nadat hy Batseba huis toe gestuur het nie. Ons sien vandag nog hoeveel mense hierdie houding inneem en ek het onlangs die volgende woorde in 'n brief van 'n jong vrou in een of ander publikasie gelees: "Dis of almal net jou liggaam wil hê, maar niemand stel in jou belang nie ... hulle wil jou net gebruik en dan weer eenkant neergooi ..."
Bedrog
Dawid sou nie so maklik daarvan afkom nie. Batseba was swanger. Sy het vir die koning gaan vertel, en hy het dadelik aan die werk gespring om te probeer red wat te redde was. Hy het haar man, Uria, van die slagveld af ontbied en hom aangemoedig om by sy vrou te slaap. Uria was egter 'n ware soldaat en het geweier, want dit was nie vir hom reg dat hy by sy huis en vrou kon gaan slaap terwyl sy vriende op die slagveld moes swaarkry nie. Nee, hy wou sy koning se voorbeeld volg en die goeie stryd vir die Here gaan voortsit! Hoe verskriklik is die kontras tussen die soldaat en die koning nie in hierdie situasie nie!
Dawid was nou 'n desperate man en sou enigiets doen om die probleem op te los. Daarom het hy Uria dronk gemaak in die hoop dat hy huis toe sou gaan en by Batseba sou gaan slaap — maar dit het nie gehelp nie. Uiteindelik het daar vir hom net een uitweg oorgebly; hy moes Uria laat doodmaak. Daarom het hy vir Joab, sy aanvoerder, ‘n boodskap gestuur en beveel dat Uria in die heel voorste linie geplaas moes word en in 'n kritieke stadium van die geveg alleen gelaat moes word.
Ek wonder wat deur Joab se gemoed gegaan het toe hy die boodskap gelees het. Uria was immers een van die mees uitgelese en dapperstes onder die soldate — en nou moes hy, Joab, sorg dat hy doodgemaak word! En ek wonder hoe hy gevoel het toe hy uiteindelik die doodstyding gestuur het. Ek dink nie Dawid kon homooit weer in die oë kyk nie, want Joab het sy verskriklike geheim geken. Dis immers vir geen mens maklik om te weet dat jy iets verkeerds gedoen het nie.
Aan die ander kant was Dawid seker verlig omdat hy, of so het hy altans gereken, nou "buite gevaar" was.
Daar het 'n jaar verbygegaan. Dawid het met Batseb getrou en die baba is gebore. Hy het waarskynlik nog steeds gedink dat niemand geweet het wat presies gebeur het nie
Maar Dawid het 'n fout gemaak. Die Here het geweet wat hy gedoen het en hy het sy hemelse Vader bedroef (vgl. 2 Sam 11:27)
As ons Dawid die eerste keer ontmoet, is hy 'n jong man wat homself nie vir homself of vir ander mense lewe nie, maar net vir die Here Geod. Maar nou het sy lewe so vol en besig geraak, dat hy vergeet het dat God die Een is wat die standaard stel. Hy het vergeet dat die Here alles sien en van alles weet: "Klim ek op na die hemel, U is daar; en maak ek die doderyk my bed, kyk, U is daar ... En as ek sê: Mag tog net die duisternis my oorval en die lig nag wees tot my beskutting, dan is selfs die duisternis vir U nie donker nie, en die nag gee lig soos die dag, die duisternis is soos die lig" (Ps. 139:8, 11, 12).
Ons lees in die Ou Testament dat die vrou van Jereróbeam haar vermom en na die profeet Ahía toe gegaan het. Dan sien ons dat hy, die blinde Ahia,, haar groet met die woorde: "Kom in, vrou van Jerobeam!" (1 Kon. 14:6). Hy was wel blind, maar omdat hy 'n profeet van God was, het hy presies geweet wie sy was.
'n Mens kan ander mense miskien nog mislei en hulle laat glo dat jy na aan die Here lewe — maar vir God kan geen mens iets wegsteek nie. Hy sien alles en Hy haat die sonde met sy hele hart. Daarom het Hy Dawid se sonde gehaat, hoewel Hy sy kind steeds liefgehad het. Was dit nie vir sy groot liefde nie, sou Dawid heeltemal vernietig gewees het. God het hom egter uitverkies en het steeds sy hand oor hom gehou. Dit is enersyds die wonder van dié verhaal, maar aan die ander kant maak dit die gebeure wat volg, des te pynliker. Die Here wou hê dat daar genesing in Dawid se lewe moes kom — maar eers moes sy sonde openbaar gemaak word.
Hy het die geheim 'n hele jaar lank bewaar en alhoewel sy lewe op die oog af sy normale gang gegaan het, het hy in daardie tyd 'n verskriklike worsteling deurgemaak en lees ons in Psalm 51 hoe vuriglik hy begeer het om weer sy saak met die Here reg te maak.
Geen mens kan met die sonde flankeer en steeds in die regte verhouding met God leef nie. Al kan niemand anders dit sien nie, jy en die Here God sal weet van die pyn en die leegheid in jou binneste. Daar is geen blydskap in die hart van 'n mens wat skuldig voel nie.
Konfrontasie
Die Here het die profeet Natan gebruik om Dawid met sy sonde te konfronteer (2 Sam. 12:1 — 4). Hy het vir die koning vertel van twee mans in die stad. Die een was arm en die ander ryk, het hy vertel. Die ryk man het baie skape gehad, maar die arm man net 'n enkele ooitjie. Op ‘n dag het die ryk man besoekers gekry — en in plaas daarvan dat hy een van sy eie skape vir die geleentheid slag, het hy bevel gegee dat die arm man se ooitjie geslag en vir sy vriende voorgesit moes word.
Dawid was woedend oor die onreg. Ons moenie verbaas wees oor sy reaksie nie, want mense wat hulle aan sekere vergrype skuldig maak, is dikwels baie ongenaakbaar as ánder dieselfde foute begaan, terwyl iemand wat na aan die Here leef, gewoonlik nie so gou veroordeel nie omdat hy diep bewus is van sy eie nood en afhanklikheid van God. Dawid was woedend en wou weet wie die man was, want hy moes sommer die doodstraf kry!
Toe antwoord Natan: "U is die man" en voeg by dat die Here hom liefhet en hom as koning oor Juda en Israel aangestel het. Hoekom moes hy dan nog iets neern wat nie aan hombehoort nie? Dié loefdevolle teregwysing het Dawid se hart gebreek!
Dit is hoe die Here oor jou en my ook voel as ons sondig. Hy wil ons nie net slaan en straf nie, maar bevestig sy liefde vir ons. Ons is sy kinders en Hy het ons uit die kloue van die sonde en dood gered. Hy gee ons in sy groot genade méér as wat ons nodig het — waarom neem ons dan nog dinge wat nie aan ons behoort nie?
Vergifnis
Dawid se reaksie is nog 'n bewys dat hy waarlik 'n man van God was. Hy het naamlik geweet hoe om sy sonde met opregte berou voor sy Vader te bely. Hy het homself nie probeer verdedig of verontskuldig nie en ook nie die skuld op Batseba probeer pak nie. Nee, hy was gebroke en het besef hoe groot en ontsettend die sonde was wat hy gedoen het — en hy was des te meer gebroke omdat hy besef het wat di t aan die heilige Vader gedoen het.
As jy in alle opsigte binne die wil van God wil lewe, moet jy weet hoe om te reageer as jy van sonde in jou lewe bewus raak. Dit help nie 'n mens wil net van die ongennaklike skuidgevoelens ontslae raak nie, want dan is daar nog nie ware berou in jou hart nie.
Nee, se vir die Here: "O God, U weet dat ek gesondig het. Ek het geen verweer nie en ek weet dat wat ek gedoen het, 'n gruwel is. Vergewe my asseblief. Ek haat hierdie sonde en wil graag daarvan vry wees."
As jy opreg berou het oor jou sonde en met jou hele hart begeer dat jou verhouding met God herstel moet word, dan sál Hy jou vergewe en jou vrymaak.
‘n Huis vir die Here... vervolg