NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die Heilige Gees maak enigiets wat geestelik gebreek is reg:  “Kom na My toe almal wat vermoeid en belas is en Ek sal julle rus gee” (Mt.11:28).  Luister wat sê Jesus van Homself:  “Die Gees van die Here is op My… Hy het my gestuur om dié wat verbryseld van hart is, te genees” (Luk.4:18).   Jesus neem ’n lewe wat weens sonde gebroke is en maak dit heel.

GOD GEBRUIK GEWONE MENSE! (4)

Terry Virgo

Lees reeks by God gebruik gewone mense!

WAG OP DIE HERE

Allerhande versoekings steek in tye van druk en spanning kop uit. Pyn en frustrasie kan ook tot gevolg hê dat eienskappe wat nog nooit sigbaar was nie, skielik na vore kom.

Die versoeking om iemand in eie munt terug te betaal

Dit sou vir Dawid sekerlik maklik gewees het om te kla oor die onregverdigheid van sy situasie. Hy het immers niks gedoen om bedreig of kwaad te maak nie — en tog het hy nie een keer iets negatiefs oor die koning gesê nie. Hy het nooit eers so ver gegaan om te sê dat Saul verkeerd en hy reg was nie! Die koning en sy manskappe het selfs eenkeer in die grot waar Dawid en sy soldate geskuil het lê en slaap — en tog het Dawid nie van die gulde geleentheid gebruik gemaak om Saul dood te maak en 'n einde aan sy ellende te maak nie.

In plaas daarvan het hy 'n stukkie van die koning se k!eed afgesny en was later selfs daaroor jammer! Hoe dapper Dawid ook al op veld was, hy het steeds 'n baie sagte hart gehad.

Ek glo dat hy daar in die grot sekerlik in die versoeking was om verkeerd op te tree en Saul dood te maak. Sy volgelinge het immers nie dieselfde verhouding met die Here gehad as hy nie en het hom dan ook aangemoedig om daar en dan 'n einde aan die onreg te maak. Hulle het geredeneer dat die Here Saul immers daar in sy hand gegee het. Hulle woorde is natuurlik deur hulle lojaliteit teenoor Dawid geïnspireer — maar hy wou nie eers na hulle luister nie.

Hoe tree ek en jy op as ons in die versoeking kom om sake in eie hande te neem? Ons word ook soms deur vriende aangemoedig om dinge "reg te stel", veral as ons veronreg is. So kan 'n vrou haar man byvoorbeeld aanmoedig om iets te doen wat hy andersins nooit sou gedoen het nie.

Koning Agab wou Nabot se wingerd koop, maar Nabot wou dit nie verkoop nie. Hy was wel ontevrede oor die toedrag van sake, maar sou dit seker daar gelaat het as Isebel, sy vrou, nie tussenbeide getree het nie. Sy wou hê dat hy iets daadwerkliks moes doen om die wingerd in die hande te kry. Hy was immers die koning en kon enigiets opeis!

Daar is seker nie baie vroue wat hulle mans tot moord sou aanspoor niel Maar dit gebeur dikwels dat 'n vrou ontsteld raak as haar man nie die erkenning kry wat hom toekom nie, veral as sy weet dat hy regtig hard werk en al sy lojaliteit vir 'n betrokke saak of maatskappy gee. En dit is dan wat sy dinge sal sê soos: "Dis nie reg nie! Hulle maak nie reg met jou nie!"

Dan raak die druk kwaai om lelike dinge van ander mense te sê, veral as hulle in jou oë die skuldiges is wat erkenning weerhou — of dalk self erkenning kry wat hulle (volgens jou) nie toekom nie.

Die Here wil sien hoe ek en jy onder sulke omstandighede reageer. Hy wag om te kyk of ons geduldig bly in die snoeiproses. Dawid was in 'n baie moeilike posisie en die versoeking was sekerlik baie groot om die een wat horn so veronreg het, terug te betaal. Tog sien ons dat hy nie een keer daaraan toegegee het nie — en daarom kon die Here hom uiteindelik beskryf as 'n man na sy hart.

Ons weet weliswaar nie wat alles deur Dawid se gedagtes gegaan het nie, maar ons weet wel dat hy besef en aanvaar het dat God in beheer was, ook in daardie situasie. En ons weet dat hy nie toegegee het aan die versoeking om die Here "so 'n bietjie te help" om dinge vinniger te laat gebeur nie.

Dit mag wees dat jy ook nie verstaan waarom die Here op die oomblik sekere dinge in jou lewe laat gebeur nie. Dalk voel jy ook dat wat met jou gebeur, baie onregverdig is — maar moet asseblief nie toegee aan die versoeking om die reg in eie hande te probeer neem nie. Onthou en aanvaar dat God in beheer is en laat alles in sy hande. Sê vir Hom: "Here, ek verstaan nie u weë nie, maar ek vertrou ook in hierdie tyd op U." Dit is die woorde wat Hy uit jou mond wil hoor.

Die versoeking om moedeloos te raak

Dawid was meer as een keer in die versoeking om moedeloos te raak. Hy was ver van sy land en sy mense af en het meer as een keer gedink  dat Saul hom uiteindelik tog maar sou vang en doodmaak. Ek glo dat hy na aan tou opgooi was. En tog kon hy uiteindelik sê dat hy deur alles wat gebeur het, kon vashou aan die goedheid van die Here.

Ons weet ook van ander geloofshelde wat moedeloos geraak het. Elia het die Here gevra om hom te laat sterf en ander, onder wie Moses en Jeremia, was by geleentheid na aan selfmoord. Jy weet dalk hoe dit voel om vir die Here te sê: "Here, ek kan nie meer verder nie.” Maar daarmee saam weet jy ook wat dit beteken om dan weer deur Hom versterk te word en krag te kry om aan te gaan.

Dit is nie maklik om deur die Here God gesnoei te word nie. Jy sit dalk sonder werk, of het die een wat jy liefhet, verloor. Miskien onlangs gehoor dat iemand vir wie jy omgee, kanker het. Hoe dit ookal sy, ons weet almal wat dit is om deur 'n gevoel van absolute wanhoop oorweldig te word. Dawid het ook geweet hoe dit voel. Hy het selfs vir die Here gevra waarom Hy hom verwerp het. Maar steeds het hy aan sy God vasgehou en homself gemaan om te glo en sy Verlosser en Here onder alle omstandighede te loof en te prys.

Die versoeking om alles te laat staan

'n Mens sien soms hoe iemand met groot entoesiasme en ywer in die bediening ingaan — net om later so moedeloos te raak van al die teenstand en terugslae, dat hy dit uiteindelik maar laat staan.

Die dissipels het nie altyd gehou van die dinge wat Jesus gesê het nie en het onder mekaar daaroor gepraat. Sy leer was nie maklik om na te volg nie, en daarom ook nie altyd vir hulle maklik om te aanvaar nie. Jesus het dit natuurlik geweet. Hy het gesien dat baie van sy volgelinge Hom verlaat en het die twaalf reguit gevra of hulle ook wou omdraai.

Die versoeking moes seker sterk gewees het om om te draai en terug te gaan huis toe. Ek is seker dat hulle ook by meer as een geleentheid gewonder het of hulle ooit daarin sou slaag om 'n verskil in die wêreld omhulle te maak. Dalk het hulle hulleself afgevra of die koninkryk waarvan Hy vertel het, ooit sou kom, en of hulle nie maar moes gaan terwyl hulle die kans gehad het nie.

Maar ons lees in Johannes 6:68 en 69: "Here, na wie toe sal ons gaan? U het die woorde van die ewige lewe. En ons het geglo en erken dat U die Christus is, die Seun van die lewende God." Ja, hulle was waarskynlik onseker en verward, maar hulle het steeds aan Jesus en aan hulle geloof in Hom vasgehou. Hulle het geweet dat Hy die Seun van God was, en dit was vir hulle genoeg.

Dawid het ook die geleentheid gehad om by die Filistyne aan te sluit — maar hy het geweet dat hy een van God se uitverkore volk was. Hoewel hy dus vir 'n tyd lank van sy eie mense afgesny was, het hy hulle nooit afgesweer nie en deurgaans aan sy volk getrou gebly, selfs toe hulle hom verwerp en op hom jag gemaak het.

Die groepie uitgeworpenes wat hulle aanvanklik by hom geskaar het, het geleidelik verander in 'n toegewyde en getroue leer. Net soos hulle aan hom lojaal was, was hy ook aan hulle lojaal en het hy hulle geleer en opgelei. Hy het seker na sy eie mense verlang, maar was nooit ontrou aan sy volk nie en het deurentyd 'n goeie voorbeeld vir sy manskappe gestel. Ons weet dan ook dat die Here hom nie geroep het om die leier van daardie klein groepie soldate te bly nie, maar om die hele volk te lei. Net so wil ons God vandag nog nie net onder 'n klein groepie gelowiges werk nie, maar wil Hy die ganse kerk op aarde bou.

‘n Vriend

Ons weet natuurlik dat Dawid se volharding en gehoorsaamheid uiteindelik beloon is. En selfs in daardie tyd van afsondering en eensaamheid het hy nie net sy getroue volgelinge gehad nie, maar ook die vriendskap van Jonatan.

Omdat hy 'n soldaat in Saul se leër was, het hy bale met medesoldate te doen gekry en later, as vlugteling, ook met die groepie uitgeworpenes wat hom gevolg het. Maar daarmee saam het hy ook 'n baie besonderse verhouding met Saul se seun Jonatan gehad. Hulle was meer as vriende — hulle was broers, sielsgenote en die verhouding tussen Dawid en Jonatan word tot vandag nog as voorbeeld van volmaakte vriendskap voorgehou.

Elke mens het behoefte aan 'n goeie vriend. Die Here wil nie hê dat sy kerk bloot 'n bymekaarkomplek vir vreemdelinge of selfs kollegas moet wees nie. Nee, Paulus praat van sy "geliefde broeders" en sê herhaaldelik dat hy na hulle verlang. Hy maak geen geheim van sy gevoel vir hulle nie — selfs nie eers van die trane wat hy stort as hy ver van hulle af is nie.

Ek het bale broers en susters in die geloof. Ons het mekaar lief en respekteer mekaar en is lojaal teenoor mekaar. Ek weet regtig nie sonder hulle sou klaargekom het nie. Het jy ook sulke broers en susters? En besef jy hoe kosbaar hulle vir jou is?

Besonderse mense

Die Here het vir Dawid 'n baie besonderse leër gegee — en wat nog meer uitsonderlik was, is die feit dat hulle almal vrywilligers was. Vierhonderd man het hulle by hom aangesluit en hulle was ‘n handjievol in vergelyking met die leër van duisende waaraan hy vroeër gewoond was. Maar hy het elke dag met hulle gewerk, hulle geleer en opgelei en uiteindelik van hulle 'n puik gevegseenheid gemaak. Hulle het hulle Ieier Iiefgehad en gerespekteer en daarom ook sy voorbeeld nagevolg. Hierdie dinge het natuurlik nie 'n geheim gebly nie, en een na die ander opgeleide soldate het ook by hulle aangesluit en so onder Dawid se invloed gekom. En so het die Here dag na dag gewerk om iets groots en wonderliks in Israel te doen.

Amásai was een van die soldate wat na Dawid oorgeloop het. Hy was die aanvoerder van die bekende groep van dertig en het onder die leiding van die Heilige Gees gesê: "Vir u, Dawid, en met u, seun van Isai, is ons.  Vrede, vrede vir u, en vrede vir die wat u help, want u God help u!" (1 Kron. 12:18).

Ek weet daar is gelowiges wat bang is dat uitsprake soos hierdie mense van hulle persoonlike vryheid kan ontneem en hulle in blindelingse volgelinge kan verander. Die manne wat Dawid bygestaan het, was egter allesbehalwe swak en hulle het hom ook nie blindelings gevolg nie. Inteendeel — hulle was sterk en goedopgeleide soldate.  “Hulle was uit die seuns van Gad, hoofde oor die leër; een teen honderd, die kleinste; en die grootste, een teen duisend" (1 Kron. 12:14). Hulle is nie gedwing om by Dawid aan te sluit nie, maar het dit uit hulle eie gedoen. Hulle het besef dat die Here by hom was en was bereid om hulle vryheid prys te gee vir die voorreg om deur hom gelei te word.

Dawid het dieselfde gesindheid as Jesus geopenbaar, naamlik dat almal wat die Vader hom gegee het, na hom toe sou gaan. Hierdie gesindheid berus op 'n belangrike geestelike beginsel, naamlik dat ander gelowiges dit raaksien as die Here 'n leier salf en graag saam met so iemand wil werk en ook deel wil hê aan die seen wat hy ontvang.

Ek weet daar is mense wat 'n probleem hiermee het, want hulle is bang dat die klem te veel op die persoon rus en nie op God nie. Dit is so dat Dawid se volgelinge uitgesproke was oor die feit dat hulle hom as leier wou hê maar hulle was in die eerste plek God se kinders. Deur Dawid as leier te aanvaar en te volg, het hulle egter ook deel gehad aan die uitvoering van God se plan en wil.

Ons weet dat ons aan die Here God behoort. Ons weet dat elke gelowige 'n persoonlike verhouding met Horn moet hê, maar daarmee saam weet ons ook dat ons nie alleen staan nie maar deel is van God se gemeenskap van gelowiges op aarde en dat ons saam aan sy koninkryk moet werk. Die Bybel sê vir ons dat Arnásai onder die leiding van die Heilige Gees verklaar het dat hulle Dawid sou volg. Net so lei die Gees ons ook om saam met ander gelowiges tot eer van God te werk en te lewe.

Werk jy ook saam met iemand anders? Het jy al vir jou geestelike leiers gesêdat jy hulle respekteer en dat dit vir jou 'n voorreg is om saam met hulle te werk? Of is jy "jou eie mens" wat "jou eie ding doen"? Natuurlik seën die Here al sy kinders, maar Hy wil ook hê dat sy werk gedoen moet word deur gelowiges wat saamwerk en lojaal is teenoor mekaar.

Dawid se volgelinge het al hulle wapens saam met hulle gebring. Dit was seker vir hom 'n groot troos en bemoediging om te sien hoeveel man by hom verenig was. Maar hulle het nie net hulle wapens en kundigheid tot sy beskikking gestel nie — hulle het hom ook hulle onverdeelde trou gegee. Hulle het hom ook hulle harte gegee (vgl. 1 Kron. 12:33).

Dawid het hulle almal verwelkom en hulle as aanvoerders in sy leër aangestel. Hulle het dus nie net gevolg nie, maar was ook aktief betrokke. Dit is hoe elke gelowige in die kerk van God moet wees. Ons moenie net "daar wees" en volg nie, maar ook aktief betrokke raak. Bied jou hulp aan en doen jou deel met oorgawe en lojaliteit.

Ek glo dat Dawid na sy manskappe gekyk en vir homself gesê het: "En om te dink ek en my vierhonderd onervare manne moes in 'n grot wegkruip! Maar ek het elke dag met hulle gewerk en vandag is hulle 'n magtige leër. Nou voeg die Here selfs gesogte en ervare soldate by ons geledere. Hoe wonderlik! Ons is waarlik soos die leër van God!" (vgl. 1 Kron. 12:22).

Die Here hou sy hand oor die wat aan Hom gehoorsaam is. Dit is baie swaar as Hy aan jou snoei as jy sien hoe jou kollegas en vriende vorder. En dit is net so moeilik om jou aan sy dissipline te onderwerp as dit vir jou lyk of almal om jou vry is. Dan is die versoeking soms groot om maar tou op te gooi en, soos die vulletjie in die voorbeeld wat ek vroeër gebruik het, oor die draad te spring en koers te kies, die veld in.

Maar vra jouself net altyd die vraag af: Wil jy hê die Here moet jou gebruik? Dan moet jy Hom toelaat om jou lewe te rig en te stuur en daarmee te maak wat Hy wil. Wees net geduldig, dan sal jy self ervaar dat sy tydsberekening volmaak is. Vertrou op Hom, want dit is wonderlik om van Hom te hoor dat jy die toets geslaag het!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3444 gaste aanlyn