NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Aanvaar dat alle huwelike hier op aarde deur hulle seisoene van ernstige verskille tot gemeensaamheid wissel; want volmaakte huwelike word net in die hemel gemaak. En werk harder aan joune!

DERDEPOORT (4)

Dr JP Botha

Lees reeks by Derdepoort

Die moorde

" Die Bagatlas het die vroue en kinders soos diere aangejaag tot by ‘n klein statjie aan die oorkant van die rivier, waar nog twee gevangenes bygekom het, Lizzie de Villiers, Kleurlinghuishoudster van die winkelier Angers, en Marthinus, die seuntjie van Zacharias Pretorius...  Hulle het Lizzie de Villiers egter op ‘n wa laat ry en toe hulle bemerk dat mevrou Cornelia Potgieter hul gang vertraag weens die wond bokant haar linkerknie, het hulle haar ook toegelaat om op die wa te ry.  Die ander is egter nie toegelaat om te ry nie en moes vanaf sononder die Saterdagaand tot Sondagmôre bly loop, met uitsondering van kort tussenposes snags wat hulle toegelaat is om te slaap, sonder bedekking en op die kaal grond! "

Plumer se treine kruip nader

Die Boere wat te Derdepoort gelaer was, het niks vermoed van die nuwe vyandskap van die Bagatlakaptein nie. Die enigste vyandelike mag vir wie hulle op hul hoede was, was Nicholson se troepe. Vir onmiddellike aanvalle uit die noorde was hulle ook nie bang nie, aangesien die gepantserde treine voorlopig nie verder suid as tot by ‘n punt, twee en ‘n half uur te perd noord van Mochudi kon vorder nie. Riekert en sy patrollie het tydens sy besoek aan Linchwe op 4 November die treinbrug aldaar met dinamiet in die lug laat vlieg.  Drie dae later is egter berig ontvang dat die troepe al weer besig was om die vernielde brug te herstel, waarop kommandant Riekert met ‘n klein patrollie in  dié  rigting uitgery het. Hulle het op drie gepantserde treine met troepe afgekom wat onmiddellik ‘n swaar vuur op die Boerepatrollie geopen het, sodat hulle in alleryl die hasepad moes kies na die laer te Krokodilpoel.  Die droogte en waterskaarste het die laer alhier verhinder om onmiddellik met volle sterkte en grofgeskut op te ruk om die troepe te gaan verdryf of vas te keer, met die gevolg dat die Engelse daarin geslaag het om die vernielde spoor te herstel en om met hul pantserwaens deur te dring tot by die vernielde treinbrug naby Gaberones, waar generaal Snyman met sy kommando omgedraai het.

Die kommando’s neem nuwe stellings in

Generaal Snyman het reeds sedert die begin van November gevrees dat die Engelse die treinbrug sou herstel.  Hy het aan kommandant Du Plessis te Derdepoort op 4 November instruksies gegee om hom met die grootste deel van sy manskappe te Gaberones te vestig en te Derdepoort net sowat 100 burgers agter te laat om die grens te bewaak. Daarna het hy ook opdrag gegee aan kommandant PD Swart, wat met die kommando Marico-Bosveld hom nog te Ramoutsa bevind het, om dadelik sy laer na Krokodilpoel te versit sodat sy krygsmag binne bereik van Gaberones kon wees om kommandant Du Plessis aldaar by te staan.

Teen 23 November was hierdie afdelings van die kommando’s Marico en Rustenburg op die aangewese plekke, gereed om die troepe en die gepantserde treine te stuit: Die laer van kommandant Swart het stelling ingeneem by die vernielde brug by Krokodilpoel, met die kanon op 800 tree afstand van die spoor reggestel, terwyl die perdekommando van kommandant Du Plessis Gaberones bewaak het. Albei kommando’s het op reën gehoop, wat dit moontlik sou maak om die vyand in die dorre streek noord van Gaberones tegemoet te trek.

Holdsworth oorskat Derdepoort se belangrikheid

Die troepe daarenteen, het geen planne gekoester om die Boerekommando’s langs die treinspoor te lyf te gaan sonder die beskerming van hul pantserwaens nie.  Onderwyl hulle met herstelwerk aan die treinspoor besig was, het hulle inligting bekom aangaande die sterkte en toestand van die laer te Derdepoort. Die moontlike gevaar wat die teenwoordigheid van die klein getal burgers vir die Engelse kon inhou, is deur kolonel Holdsworth heeltemal oorskat.  Hy was onder die indruk dat die Boere Derdepoort as basis gebruik het om versterkings en voorrade na Krokodilpoel en Gaberones te stuur. Daarom het Holdsworth met kolonel Nicholson beraadslaag oor die moontlikheid om die laer met sy afdeling Rhodesiërs met wie hy suidwaarts gekom het, te gaan aanval en by dié geleentheid ook van die gewapende swart krygsmag van Linchwe gebruik te maak.  Nicholson het op 22 November telegrafies aan Holdsworth sy toestemming tot die voorgenome aanval verleen, sonder enige beperking te stel op die rol wat die inboorlinge tydens die aanval moes vervul.

Die aanval op Derdepoort word beplan

Vanaf Woensdag, 22 November, tot Vrydagoggend was Holdsworth, WH Surmon, kaptein Llewellyn, Linchwe, Segale en die assistent-magistraat van Betsjoeanaland, die heer J Ellenberger, druk besig om by Mochudistasie die aanval op Derdepoort te beplan. Surmon het Holdsworth gewaarsku teen die moontlikheid dat die Bagatlas tydens die onderneming kon hand uitruk en dat hy hul liewer om daardie rede nie moes gebruik nie, dog daar is nietemin besluit om die plan deur te voer. Alhoewel kolonel Holdsworth beloof het om toe te sien dat die Bagatlas nie Transvaalse gebied binnegaan nie, het hy tog op pad na Sekwani aan Segale, wat die impi sou aanvoer, opdrag gegee om met die Bagatlas se aankoms by Derdepoort die rivier regoor die laer deur te trek en ‘n rantjie tussen die laer en die rivier te beset.

Die Engelse en hul Swart aanvalsmag in aantog

Op Vrydagoggend, 24 November het Holdsworth vanaf Mochudi met 130 berede troepe, 10 fietsryers en ‘n maxim na Sekwani, die Bagatlastat wat regoor Derdepoort aan die westekant van die Marico geleë was, vertrek.  Die grootste deel van die afstand daarheen is egter gedurende die daaropvolgende nag afgelê, ten einde die tog deur die moeilik begaanbare, droë en sanderige streek te vergemaklik.

Ongeveer 3 kilometer van Sekwani het Segale se impi van ongeveer 500 man, wat deur die heer Ellenberger as tolk vergesel is, by Holdsworth en sy troepe aangesluit, waarna die tog gedurende die vroeë oggendure van Saterdag, 25 November, na Derdepoort voortgesit is.

Die onbewaakte, niksvermoedende laer

Hier het maar skaars 100 burgers van die kommando Rustenburg, wat nie saam met kommandant Du Plessis na Gaberones gegaan het nie, onder bevel van waarnemende kommandant JF Kirsten agtergebly.  Die walaer wat deur hulle opgepas moes word, was op Transvaalse bodem geleë, in ‘n nekkie tussen twee rantjies, ‘n paar honderd tree oos van die poort, waardeur die Maricorivier in noordelike rigting gevloei het. Ongeveer ‘n kilometer noord van die laer het verskeie geboue langs die rivier af verspreid gestaan. Dit was die woonhuise waarin die polisie van kommandant Riekert met hul gesinne gewoon het, die polisiekantoor, twee winkels en ‘n skooltjie.

Die inwoners van dié klein dorpie het die aand van die 24e die nag rustig en sonder onraad tegemoet gegaan en die selfde toestand het ook in die walaer geheers.  Sover Kirsten en sy burgers wis, was die vyand alleen langs die treinspoor in Betsjoeanaland doenig en almal was dus houtgerus. Daar is selfs nie eens moeite gedoen om snags wagte langs die rivier of op die rantjies aan die oorkant daarvan te stasioneer nie; slegs ‘n paar wagte is om die laer self geplaas.

Die Boere was onder die indruk dat Linchwe nog hulle vriend was

Daar het wel gerugte aangaande ‘n moontlike aanval van Linchwe se volk op die Boere ‘n winkelier, ene Angers, te Sekwani aan die oorkant van die rivier, bereik. Hiervolgens sou Surmon kort tevore alle onderdane van Linchwe te Sekwani na Mochudi ontbied het om daar gewapen te word vir ‘n aanval teen die Boere.  Angers, hierdeur verontrus, het onverwyld met Gert Rooseboom, sekretaris van kommandant Riekert se polisieafdeling te Derdepoort, in verbinding getree.  Riekert het hom hieraan egter nie gesteur nie en geen voorbereidsels getref om so 'n aanval te weerstaan nie.  Hy en sy paar ondergeskiktes het die Bagatlas as vriendskaplik beskou, net soos die burgers in die laer self.

Elke dag nog was daar immers hulpvaardige onderdane van Linchwe in en om die laer doenig om die Boere met allerlei takies behulpsaam te wees; en dié het selfs aan hulle gereeld inligting aangaande die bewegings van die Britse pantsertreine verskaf! Gevolglik het almal die Vrydagaand, 24 November, gerus gaan slaap, sonder enige vrees vir gevaar.

Ongeveer ‘n uur voor dagbreek het Holdsworth die rantjies langs die Marico bereik en daarna versigtig na die bosse langs die rivier beweeg. Segale se impi het, gehoorsaam aan die Britse Bevelvoerder se bevele, op die Engelse se regterflank deur die rivier getrek en die aangewese rantjie aan Transvaalse kant, naby die laer beset. Die Britte het Holdsworth op een punt regoor die laer, aan die oorkant van die rivier met die maxim laat stelling inneem. Die dag het gebreek en die Boerelaer het stadig tussen die bosse deur voor hulle in die skemer begin sigbaar word.

Die Engelse en die Bagatlas val aan

Meteens het die gebulder van die maxim almal in die omgewing wakker geruk. Die geknetter van die Engelse se leemetfords en die Bagatlas se martini-henry’s het die lawaai laat aangroei. Langs die rivier het daar ‘n demoniese krygsgeskreeu opgeklink wat alle rumoer oortref het, onderwyl die swart drom gedaantes besig was om met die transportpad langs en oor die veld in ‘n digte massa op die verbouereerde laer af te storm. ‘n Aantal het laeraf koers gekies na die alleenstaande huise van Riekert se polisie, die winkel van die heer Pieters en die woning van Early, die fotograaf.

Sommige van die burgers in die laer was in hul verbouereerde toestand deur die oorverdowende geskreeu van die inboorlinge onder die indruk dat die Swartes reeds tussen hulle was en het in alleryl blindelings uitgevlug.  ‘n Paar het in die hande van die barbare geval wat hulle op wreedaardige wyse afgemaak het, dog die meeste kon daarin slaag om te ontkom.  Die res van die laer het gou van hul skrik herstel en met vasberadenheid begin om die aanvallers onder vuur te neem. Op bevel van kommandant Kirsten het die Boere op twee rantjies weerskante van die laer posisie ingeneem, sodat die burgers wat op die westelike flank was, geleentheid gehad het om hul vuur op die rivier te konsentreer, waarvandaan die Engelse nog aanhoudend gekiet het.  Dit het die wêreld vir die Britte en hul maxim aldaar te warm laat word. Daarop het Holdsworth sy vuur laat staak en begin om te retireer, vas oortuig dat die swart horde wat hy tot die aanval aangevuur het, die taak verder sou volbring.

Elke stormloop van die Swartes is egter met goeie gevolg afgeslaan, sodat hulle om 10 uur die oggend finaal die wyk na die rivier geneem het, waar hulle tussen die ruie bosse en op die rantjies aan die oorkant uiteen is om goeie skuiling te soek.  Net af en toe het hulle nog ‘n geweerskoot in die rigting van die woonhuise gelos en die burgers in die laer verhinder om te gaan vasstel wat met die polisie en hul gesinne gebeur het.

Die aanval op die polisiewonings

Hier het intussen ‘n treurspel afgespeel.  Nadat die Engelse maxim en leemetfords die sein vir die aanval gegee het, het ‘n groot aantal Bagatlas op die woonhuise afgepyl. Hulle het die winkel en woonhuis van Pieters geplunder, mevrou Pieters doodgeskiet en haar man saamgevoer deur die rivier na ‘n inboorlingstatjie aan die oorkant, waar hy eers gevange gehou, later na Mochudi geneem en daarvandaan deur die Engelse na Bulawayo gestuur is.  ‘n Aantal van die skreeuende barbare het op die polisiestasie en woonhuis van kommandant Riekert toegesak, waarin egter niemand was nie, en dit geplunder en daarna aan die brand gesteek. ‘n Paar van die polisiebeamptes het probeer om na die laer te hardloop om hulp te gaan ontbied, maar is deur die barbare omsingel en oorrompel voordat hulle die waens kon bereik. Hulle is doodgemartel en hul liggame in ‘n gruwelik verminkte toestand agtergelaat.

Vyf van die polisiemanne, Christiaan en Paul Potgieter, Gert Coetzee, Dawid Smit en Antonie Kruger, het probeer om ‘n paar vroue en kinders by een van die woonhuise teen die aanval van die Swartes, wat in ‘n oormag op hulle toegesak het, te verdedig. Nadat die vyf mans al hul ammunisie weggeskiet het, het hulle besluit om ‘n stuk laken, aan ‘n riet gebind, as witvlag op te steek in ‘n poging om die vroue en kinders se lewens te red. Mevrou JJ Potgieter het die vlag viermaal opgesteek, dog elke keer is die riet in haar hand stukkend geskiet. Totaal omsingel en radeloos het die vroue toe maar besluit om met die kinders die vyand tegemoet te hardloop en om genade te gaan smeek, terwyl die mans elders heen sou uitwyk om die vroue se poging nie te bemoeilik nie. Die Swartes het hulle egter aan die vroue se gesmeek nie gesteur nie maar al skietende op die weerlose groepie afgestorm.  Tydens hierdie stormloop is mevrou Johanna Potgieter en ‘n seuntjie van Paul Potgieter gewond.

Wegvoering van die vroue en kinders

Op ‘n afstand van agt tree is die barbare deur die bevel van ‘n oorlamse aanvoerder tot stilstand gebring. Hy het sy trawante verbied om hul slagoffers om die lewe te bring. Hulle het die groepie vroue en kinders dadelik gevange geneem en na die rivier toe aangejaag.  Hulle het nie ver gevorder nie, toe hulle op ‘n tweede groepie gevange vroue en kinders afkom, waaronder Cornelia, die vrou van Christiaan Potgieter was, wat ‘n pynlike koeëlwond aan haar linkerbeen opgedoen net.

Aan die oorkant van die rivier het hulle ‘n blanke wag van 15 Engelse rapportgangers en fietsryers, met rewolwers gewapen, teengekom.  Dié het egter geen poging aangewend om hulle uit die hande van die barbare te verlos nie.  Een van die wagte, ‘n Engelse soldaat wat met sy ge-weer en sabel op ‘n perd gersit het, het hulle nog boonop bespot. “Ja,” het hy honend gesê, “julle was mos altyd baas. Sê my, wie is nou die baas?”

Die Bagatlas het die vroue en kinders soos diere aangejaag tot by ‘n klein statjie aan die oorkant van die rivier, waar nog twee gevangenes bygekom het, Lizzie de Villiers, Kleurlinghuishoudster van die winkelier Angers, en Marthinus, die seuntjie van Zacharias Pretorius.

Lizzie het vertel dat die Swartes Angers se winkel omsingel en die winkelier twee steke met ‘n assegaai toegedien het onderwyl hulle sy geld geëis het. Voordat sy egter die geld aan hulle kon oorhandig, het hulle op Angers aangelê en drie skote op hom afgevuur, waarna hulle die winkel geplunder het. Kort daarna het ‘n Engelse korporaal en luitenant Surmon, die seun van die assistent-Kommissaris, daar aangekom en haar beveel om daar te bly tot kolonel Holdsworth sou opdaag.  Na hul vertrek het ‘n aantal Swartes haar egter in weerwil van die Blankes se bevele, na die statjie gebring.

Onmenslike ontberings

Daar was nou altesaam 16 vroue en kinders as gevangenes in die hande van die Bagatlas in die bogenoemde swart statjie byeen.  Hulle is egter nie toegelaat om lank daar te vertoef nie maar is kort daarna nog verder gevoer tot by die statjie van Melouwe, een van Linchwe se onderkapteins. Hy wis blykbaar nie hoe om met die Blanke vroue en kinders te handel nie en het hulle gevolglik beveel om onder geleide van ‘n Swarte met ‘n witvlag na Derdepoort terug te keer. Hulle was net ‘n klein entjie op pad, toe die gids hom met vlag en al uit die voete maak, met die gevolg dat die paniekbevange vroue, bevrees dat hulle in ‘n hinderlaag gelei sou word, omdraai om ‘n ander uitkoms te soek. Hierop het Melouwe hulle onder gewapende swart geleide te voet na Mochudi laat aanjaag. Hulle het Lizzie de Villiers egter op ‘n wa laat ry en toe hulle bemerk dat mevrou Cornelia Potgieter hul gang vertraag weens die wond bokant haar linkerknie, het hulle haar ook toegelaat om op die wa te ry.  Die ander is egter nie toegelaat om te ry nie en moes vanaf sononder die Saterdagaand tot Sondagmôre bly loop, met uitsondering van kort tussenposes snags wat hulle toegelaat is om te slaap, sonder bedekking en op die kaal grond!

Toe die tog Sondagoggend met dagbreek hervat  is, het Lizzie de Villiers met haar smekinge en met ‘n bietjie geld wat sy by haar gehad het, die Swartes oorgehaal om almal op te laai. Maar toe die son opkom, is hulle weer eens gedwing om te loop.  Na mate die dag steeds warmer geword het, het die ontbering van die weerlose groepie toegeneem.  “Het lijden dier vrouwen”  - so vertel Lizzie de Villiers – “was verschrikkelijk, daar voetseer, honger en het dragen van kleine kinderen haar verhinderden te wandelen; zij werden gruwelijk mishandeld, aangezien water zowel als voedsel haar op hun smeken geweigerd werd.” Hulle het Vrydagaand, die 24e, laas iets te ete gehad en was tot Sondagaand, die 26e, sonder enige kos of water.

Omstreeks 2 uur die Sondagmiddag het hulle in ‘n uiters gehawende toestand die buitewyke van Mochudi bereik, nadat hulle ongeveer 50 kilometer te voet afgesukkel het.  Na nog ‘n nag van ontberings in die veld, is hulle uiteindelik die Maandagmôre die stat ingebring, waarna Linchwe se halfbroer, Segale, verder beheer oor hulle oorgeneem het. Hy het hulle na die gebou van die sendingskool geneem en teen die aand het hulle ‘n skottel ongesifte meel as voedsel ontvang en ‘n bokseil gekry om op te slaap.

Uiteindelike uitkoms

Hier moes hulle hul lot afwag tot Dinsdagmiddag, toe luitenant Surmon met ‘n wag van 30 swart polisie en ‘n muilwa opdaag om hulle na Mochudistasie te neem. By hul aankoms aldaar het kommissaris WH Surmon aan hulle die keuse gestel om per trein, óf na Bulawayo, óf na die Boere te Krokodilpoel vervoer te word.  Nadat die vroue die wens uitgespreek het om na Krokodilpoel te gaan, natuurlik omdat hulle verkies het om by hul eie mense te wees, het kaptein Llewellyn ‘n brief aan kommandant Swart te Krokodilpoel gerig en hom gevra om die gevangenes ‘n entjie noord van Gaberones by die trein in ontvangs te neem.  Swart het dit gedoen en hulle na Enzelsberg gestuur waar hulle versorg kon word en weer kon herstel na die week van ontberings wat hulle moes deurmaak.

Intussen was die toestand te Derdepoort nog steeds uiters  haglik. Kommandant Du Plessis het die berig van die aanval eers Maandagaand, 27 November, ontvang en onverwyld met 50 perderuiters en ‘n maxim daarheen vertrek. Hy het die afstand van 8 uur te perd in ‘n rekordtyd afgelê en by sy aankoms bevind dat die Swartes nog in groot getalle aan die oorkant van die rivier in die bosse geskuil het en besig was om teen die rantjies skanse te bou.  Hy het die maxim op ‘n nabygeleë koppie laat trek en met ‘n paar goedgemikte sarsies hulle op die vlug geja, waarna die burgers met veiligheid kon uittrek om die nog onbegraafde lyke op te spoor en te begrawe.

Die Boere se verliese

Die verlies aan Boerekant was groot. Van die burgers in die laer het Jan A Barnard  (lid van die Eerste Volksraad), Christiaan Schoonraad, Gabriël Smit, Gert Verburg en fietsryer-rapportganger Hendrik le Roux gesneuwel, en van die burgers wat tydens die  verwarring  uit  die laer gevlug het, is F Pieterse , H Eckard en fietsryer-rapportganger TJ van Biljon vermoor.  DA Swarts, wat die selfde oggend niksvermoedend vanaf Rustenburg by die laer aangekom het, is ook wreedaardig om die lewe gebring.  Vier van die  burgers is gewond, te wete Michiel Haarhoff, Daniël Lewis, G Francis en JF van Staden.  Uit die geledere van die polisie het die volgende gesneuwel:  Gert A Rooseboom (sekretaris van kommandant Riekert),  Zagarias L Pretorius, sr., Jacobus S Pretorius, Christiaan W Potgieter, Paul J Potgieter (15 jaar oud), Gert Coetzee, Stephanus P Coetzee en Antonie Burger.  Polisieman JL Croukamp was gewond.  Die name van ander burgerlike persone wat om die lewe gebring is, was ‘n sekere Early (fotograaf en Britse onderdaan wat sy lot by die Boere ingewerp het), Angers (winkelier te Sekwani), mev Pieters (eggenote van die ontvoerde winkelier te Derdepoort, in haar woning doodgeskiet), Anna M Fourie (vrou van polisieman WJ Fourie, in haar huis doodgeskiet) en J Helberg.  By die lyk van rapportganger Van Biljon is nog ‘n liggaam gevind van ‘n persoon in bruin ferweelklere, wie se gesig reeds so geskend was deur aasvoëls dat hy nie herken kon word nie.

Die vroue en kinders wat deur die Bagatlas na Mochudi weggevoer is, was mevrou Johanna J Potgieter, met haar kinders Carolina, Anna, Johannes, Petrus en Adriaan en haar kleinkind Zacharias Pretorius (‘n seuntjie van 4 jaar); me-vrou Cornelia J Potgieter (vrou van Christiaan Potgieter wat vermoor is), mevrou Johanna Smit (vrou van Dawid Smit en ook ‘n dogter van mevrou JJ Potgieter), mevrou Susanna Pretorius (vrou van Dawid Pretorius) en haar 15-jarige dogter, Anna JC Pretorius;  Adriaan en Christiaan Croukamp (10 jaar en 8 jaar oud, kinders van die weduwee Croukamp), Marthinus Pretorius (seuntjie van Z Pretorius wat vermoor is), Roelof Fourie (5-jarige seuntjie van Anna Fourie, wat deur die Bagatlas doodgeskiet is) en Lizzie de Villiers, Kleurling-huishoudster van die vermoorde winkelier Angers.

As die name van die vroue en kinders by die ander verliese aan vermoordes, gesneuweldes en gewondes getel word, kom die totale verlies van die Boere by Derdepoort te staan op 45. Hulle het ook nog ‘n verdere verlies gely van 81 osse wat gedurende die aanval deur die Swartes uit die krale geroof en weggevoer is.  Hierteenoor het die vyand ‘n verlies van 50 gesneuwelde barbare gehad.

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 10671 gaste aanlyn