Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Aanvaar dat alle huwelike hier op aarde deur hulle seisoene van ernstige verskille tot gemeensaamheid wissel; want volmaakte huwelike word net in die hemel gemaak. En werk harder aan joune!
DERDEPOORT (4)
Dr JP Botha
Lees reeks by Derdepoort
Die moorde
" Die Bagatlas het die vroue en kinders soos diere aangejaag tot by ‘n klein statjie aan die oorkant van die rivier, waar nog twee gevangenes bygekom het, Lizzie de Villiers, Kleurlinghuishoudster van die winkelier Angers, en Marthinus, die seuntjie van Zacharias Pretorius... Hulle het Lizzie de Villiers egter op ‘n wa laat ry en toe hulle bemerk dat mevrou Cornelia Potgieter hul gang vertraag weens die wond bokant haar linkerknie, het hulle haar ook toegelaat om op die wa te ry. Die ander is egter nie toegelaat om te ry nie en moes vanaf sononder die Saterdagaand tot Sondagmôre bly loop, met uitsondering van kort tussenposes snags wat hulle toegelaat is om te slaap, sonder bedekking en op die kaal grond! "
Plumer se treine kruip nader
Die Boere wat te Derdepoort gelaer was, het niks vermoed van die nuwe vyandskap van die Bagatlakaptein nie. Die enigste vyandelike mag vir wie hulle op hul hoede was, was Nicholson se troepe. Vir onmiddellike aanvalle uit die noorde was hulle ook nie bang nie, aangesien die gepantserde treine voorlopig nie verder suid as tot by ‘n punt, twee en ‘n half uur te perd noord van Mochudi kon vorder nie. Riekert en sy patrollie het tydens sy besoek aan Linchwe op 4 November die treinbrug aldaar met dinamiet in die lug laat vlieg. Drie dae later is egter berig ontvang dat die troepe al weer besig was om die vernielde brug te herstel, waarop kommandant Riekert met ‘n klein patrollie in dié rigting uitgery het. Hulle het op drie gepantserde treine met troepe afgekom wat onmiddellik ‘n swaar vuur op die Boerepatrollie geopen het, sodat hulle in alleryl die hasepad moes kies na die laer te Krokodilpoel. Die droogte en waterskaarste het die laer alhier verhinder om onmiddellik met volle sterkte en grofgeskut op te ruk om die troepe te gaan verdryf of vas te keer, met die gevolg dat die Engelse daarin geslaag het om die vernielde spoor te herstel en om met hul pantserwaens deur te dring tot by die vernielde treinbrug naby Gaberones, waar generaal Snyman met sy kommando omgedraai het.
Die kommando’s neem nuwe stellings in
Generaal Snyman het reeds sedert die begin van November gevrees dat die Engelse die treinbrug sou herstel. Hy het aan kommandant Du Plessis te Derdepoort op 4 November instruksies gegee om hom met die grootste deel van sy manskappe te Gaberones te vestig en te Derdepoort net sowat 100 burgers agter te laat om die grens te bewaak. Daarna het hy ook opdrag gegee aan kommandant PD Swart, wat met die kommando Marico-Bosveld hom nog te Ramoutsa bevind het, om dadelik sy laer na Krokodilpoel te versit sodat sy krygsmag binne bereik van Gaberones kon wees om kommandant Du Plessis aldaar by te staan.
Teen 23 November was hierdie afdelings van die kommando’s Marico en Rustenburg op die aangewese plekke, gereed om die troepe en die gepantserde treine te stuit: Die laer van kommandant Swart het stelling ingeneem by die vernielde brug by Krokodilpoel, met die kanon op 800 tree afstand van die spoor reggestel, terwyl die perdekommando van kommandant Du Plessis Gaberones bewaak het. Albei kommando’s het op reën gehoop, wat dit moontlik sou maak om die vyand in die dorre streek noord van Gaberones tegemoet te trek.
Holdsworth oorskat Derdepoort se belangrikheid
Die troepe daarenteen, het geen planne gekoester om die Boerekommando’s langs die treinspoor te lyf te gaan sonder die beskerming van hul pantserwaens nie. Onderwyl hulle met herstelwerk aan die treinspoor besig was, het hulle inligting bekom aangaande die sterkte en toestand van die laer te Derdepoort. Die moontlike gevaar wat die teenwoordigheid van die klein getal burgers vir die Engelse kon inhou, is deur kolonel Holdsworth heeltemal oorskat. Hy was onder die indruk dat die Boere Derdepoort as basis gebruik het om versterkings en voorrade na Krokodilpoel en Gaberones te stuur. Daarom het Holdsworth met kolonel Nicholson beraadslaag oor die moontlikheid om die laer met sy afdeling Rhodesiërs met wie hy suidwaarts gekom het, te gaan aanval en by dié geleentheid ook van die gewapende swart krygsmag van Linchwe gebruik te maak. Nicholson het op 22 November telegrafies aan Holdsworth sy toestemming tot die voorgenome aanval verleen, sonder enige beperking te stel op die rol wat die inboorlinge tydens die aanval moes vervul.
Die aanval op Derdepoort word beplan
Vanaf Woensdag, 22 November, tot Vrydagoggend was Holdsworth, WH Surmon, kaptein Llewellyn, Linchwe, Segale en die assistent-magistraat van Betsjoeanaland, die heer J Ellenberger, druk besig om by Mochudistasie die aanval op Derdepoort te beplan. Surmon het Holdsworth gewaarsku teen die moontlikheid dat die Bagatlas tydens die onderneming kon hand uitruk en dat hy hul liewer om daardie rede nie moes gebruik nie, dog daar is nietemin besluit om die plan deur te voer. Alhoewel kolonel Holdsworth beloof het om toe te sien dat die Bagatlas nie Transvaalse gebied binnegaan nie, het hy tog op pad na Sekwani aan Segale, wat die impi sou aanvoer, opdrag gegee om met die Bagatlas se aankoms by Derdepoort die rivier regoor die laer deur te trek en ‘n rantjie tussen die laer en die rivier te beset.
Die Engelse en hul Swart aanvalsmag in aantog
Op Vrydagoggend, 24 November het Holdsworth vanaf Mochudi met 130 berede troepe, 10 fietsryers en ‘n maxim na Sekwani, die Bagatlastat wat regoor Derdepoort aan die westekant van die Marico geleë was, vertrek. Die grootste deel van die afstand daarheen is egter gedurende die daaropvolgende nag afgelê, ten einde die tog deur die moeilik begaanbare, droë en sanderige streek te vergemaklik.
Ongeveer 3 kilometer van Sekwani het Segale se impi van ongeveer 500 man, wat deur die heer Ellenberger as tolk vergesel is, by Holdsworth en sy troepe aangesluit, waarna die tog gedurende die vroeë oggendure van Saterdag, 25 November, na Derdepoort voortgesit is.
Die onbewaakte, niksvermoedende laer
Hier het maar skaars 100 burgers van die kommando Rustenburg, wat nie saam met kommandant Du Plessis na Gaberones gegaan het nie, onder bevel van waarnemende kommandant JF Kirsten agtergebly. Die walaer wat deur hulle opgepas moes word, was op Transvaalse bodem geleë, in ‘n nekkie tussen twee rantjies, ‘n paar honderd tree oos van die poort, waardeur die Maricorivier in noordelike rigting gevloei het. Ongeveer ‘n kilometer noord van die laer het verskeie geboue langs die rivier af verspreid gestaan. Dit was die woonhuise waarin die polisie van kommandant Riekert met hul gesinne gewoon het, die polisiekantoor, twee winkels en ‘n skooltjie.
Die inwoners van dié klein dorpie het die aand van die 24e die nag rustig en sonder onraad tegemoet gegaan en die selfde toestand het ook in die walaer geheers. Sover Kirsten en sy burgers
Die Boere was onder die indruk dat Linchwe nog hulle vriend was
Daar het wel gerugte aangaande ‘n moontlike aanval van Linchwe se volk op die Boere ‘n winkelier, ene Angers, te Sekwani aan die oorkant van die rivier, bereik. Hiervolgens sou Surmon kort tevore alle onderdane van Linchwe te Sekwani na Mochudi ontbied het om daar gewapen te word vir ‘n aanval teen die Boere.
Elke dag nog was daar immers hulpvaardige onderdane van Linchwe in en om die laer doenig om die Boere met allerlei takies behulpsaam te wees; en dié het selfs aan hulle gereeld inligting aangaande die bewegings van die Britse pantsertreine verskaf! Gevolglik het almal die Vrydagaand, 24 November, gerus gaan slaap, sonder enige vrees vir gevaar.
Ongeveer ‘n uur voor dagbreek het Holdsworth die rantjies langs die Marico bereik en daarna versigtig na die bosse langs die rivier beweeg. Segale se impi het, gehoorsaam aan die Britse Bevelvoerder se bevele, op die Engelse se regterflank deur die rivier getrek en die aangewese rantjie aan Transvaalse kant, naby die laer beset. Die Britte het Holdsworth op een punt regoor die laer, aan die oorkant van die rivier met die maxim laat stelling inneem. Die dag het gebreek en die Boerelaer het stadig tussen die bosse deur voor hulle in die skemer begin sigbaar word.
Die Engelse en die Bagatlas val aan
Meteens het die gebulder van die maxim almal in die omgewing wakker geruk. Die geknetter van die Engelse se leemetfords en die Bagatlas se martini-henry’s het die lawaai laat aangroei. Langs die rivier het daar ‘n demoniese krygsgeskreeu opgeklink wat alle rumoer oortref het, onderwyl die swart drom gedaantes besig was om met die transportpad langs en oor die veld in ‘n digte massa op die verbouereerde laer af te storm. ‘n Aantal het laeraf koers gekies na die alleenstaande huise van Riekert se polisie, die winkel van die heer Pieters en die woning van Early, die fotograaf.
Sommige van die burgers in die laer was in hul verbouereerde toestand deur die oorverdowende geskreeu van die inboorlinge onder die indruk dat die Swartes reeds tussen hulle was en het in alleryl blindelings uitgevlug. ‘n Paar het in die hande van die barbare geval wat hulle op wreedaardige wyse afgemaak het, dog die meeste kon daarin slaag om te ontkom. Die res van die laer het gou van hul skrik herstel en met vasberadenheid begin om die aanvallers onder vuur te neem. Op bevel van kommandant Kirsten het die Boere op twee rantjies weerskante van die laer posisie ingeneem, sodat die burgers wat op die westelike flank was, geleentheid gehad het om hul vuur op die rivier te konsentreer, waarvandaan die Engelse nog aanhoudend gekiet het. Dit het die wêreld vir die Britte en hul maxim aldaar te warm laat word. Daarop het Holdsworth sy vuur laat staak en begin om te retireer, vas oortuig dat die swart horde wat hy tot die aanval aangevuur het, die taak verder sou volbring.
Elke stormloop van die Swartes is egter met goeie gevolg afgeslaan, sodat hulle om 10 uur die oggend finaal die wyk na die rivier geneem het, waar hulle tussen die ruie bosse en op die rantjies aan die oorkant uiteen is om goeie skuiling te soek. Net af en toe het hulle nog ‘n geweerskoot in die rigting van die woonhuise gelos en die burgers in die laer verhinder om te gaan vasstel wat met die polisie en hul gesinne gebeur het.
Die aanval op die polisiewonings
Hier het intussen ‘n treurspel afgespeel. Nadat die Engelse maxim en leemetfords die sein vir die aanval gegee het, het ‘n groot aantal Bagatlas op die woonhuise afgepyl. Hulle het die winkel en woonhuis van Pieters geplunder, mevrou Pieters doodgeskiet en haar man saamgevoer deur die rivier na ‘n inboorlingstatjie aan die oorkant, waar hy eers gevange gehou, later na Mochudi geneem en daarvandaan deur die Engelse na Bulawayo gestuur is. ‘n Aantal van die skreeuende barbare het op die polisiestasie en woonhuis van kommandant Riekert toegesak, waarin egter niemand was nie, en dit geplunder en daarna aan die brand gesteek. ‘n Paar van die polisiebeamptes het probeer om na die laer te hardloop om hulp te gaan ontbied, maar is deur die barbare omsingel en oorrompel voordat hulle die waens kon bereik. Hulle is doodgemartel en hul liggame in ‘n gruwelik verminkte toestand agtergelaat.
Vyf van die polisiemanne, Christiaan en Paul Potgieter, Gert Coetzee, Dawid Smit en Antonie Kruger, het probeer om ‘n paar vroue en kinders by een van die woonhuise teen die aanval van die Swartes, wat in ‘n oormag op hulle toegesak het, te verdedig. Nadat die vyf mans al hul ammunisie weggeskiet het, het hulle besluit om ‘n stuk laken, aan ‘n riet gebind, as witvlag op te steek in ‘n poging om die vroue en kinders se lewens te red. Mevrou JJ Potgieter het die vlag viermaal opgesteek, dog elke keer is die riet in haar hand stukkend geskiet. Totaal omsingel en radeloos het die vroue toe maar besluit om met die kinders die vyand tegemoet te hardloop en om genade te gaan smeek, terwyl die mans elders heen sou uitwyk om die vroue se poging nie te bemoeilik nie. Die Swartes het hulle egter aan die vroue se gesmeek nie gesteur nie maar al skietende op die weerlose groepie afgestorm. Tydens hierdie stormloop is mevrou Johanna Potgieter en ‘n seuntjie van Paul Potgieter gewond.
Wegvoering van die vroue en kinders
Op ‘n afstand van agt tree is die barbare deur die bevel van ‘n oorlamse aanvoerder tot stilstand gebring. Hy het sy trawante verbied om hul slagoffers om die lewe te bring. Hulle het die groepie vroue en kinders dadelik gevange geneem en na die rivier toe aangejaag. Hulle het nie ver gevorder nie, toe hulle op ‘n tweede groepie gevange vroue en kinders afkom, waaronder Cornelia, die vrou van Christiaan Potgieter was, wat ‘n pynlike koeëlwond aan haar linkerbeen opgedoen net.
Aan die oorkant van die rivier het hulle ‘n blanke wag van 15 Engelse rapportgangers en fietsryers, met rewolwers gewapen, teengekom. Dié het egter geen poging aangewend om hulle uit die hande van die barbare te verlos nie. Een van die wagte, ‘n Engelse soldaat wat met sy ge-weer en sabel op ‘n perd gersit het, het hulle nog boonop bespot. “Ja,” het hy honend gesê, “julle was mos altyd baas. Sê my, wie is nou die baas?”
Die Bagatlas het die vroue en kinders soos diere aangejaag tot by ‘n klein statjie aan die oorkant van die rivier, waar nog twee gevangenes bygekom het, Lizzie de Villiers, Kleurlinghuishoudster van die winkelier Angers, en Marthinus, die seuntjie van Zacharias Pretorius.
Lizzie het vertel dat die Swartes Angers se winkel omsingel en die winkelier twee steke met ‘n assegaai toegedien het onderwyl hulle sy geld geëis het. Voordat sy egter die geld aan hulle kon oorhandig, het hulle op
Onmenslike ontberings
Daar was nou altesaam 16 vroue en kinders as gevangenes in die hande van die Bagatlas in die bogenoemde swart statjie byeen. Hulle is egter nie toegelaat om lank daar te vertoef nie maar is kort daarna nog verder gevoer tot by die statjie van Melouwe, een van Linchwe se onderkapteins. Hy
Toe die tog Sondagoggend met dagbreek hervat is, het Lizzie de Villiers met haar smekinge en met ‘n bietjie geld wat sy by haar gehad het, die Swartes oorgehaal om almal op te laai. Maar toe die son opkom, is hulle weer eens gedwing om te loop. Na mate die dag steeds warmer geword het, het die ontbering van die weerlose groepie toegeneem. “Het lijden dier vrouwen” - so vertel Lizzie de Villiers – “was verschrikkelijk, daar voetseer, honger en het dragen van kleine kinderen haar verhinderden te wandelen; zij werden gruwelijk mishandeld, aangezien water zowel als voedsel haar op hun smeken geweigerd werd.” Hulle het Vrydagaand, die 24e, laas iets te ete gehad en was tot Sondagaand, die 26e, sonder enige kos of water.
Omstreeks 2 uur die Sondagmiddag het hulle in ‘n uiters gehawende toestand die buitewyke van Mochudi bereik, nadat hulle ongeveer 50 kilometer te voet afgesukkel het. Na nog ‘n nag van ontberings in die veld, is hulle uiteindelik die Maandagmôre die stat ingebring, waarna Linchwe se halfbroer, Segale, verder beheer oor hulle oorgeneem het. Hy het hulle na die gebou van die sendingskool geneem en teen die aand het hulle ‘n skottel ongesifte meel as voedsel ontvang en ‘n bokseil gekry om op te slaap.
Uiteindelike uitkoms
Hier moes hulle hul lot afwag tot Dinsdagmiddag, toe luitenant Surmon met ‘n wag van 30 swart polisie en ‘n muilwa opdaag om hulle na Mochudistasie te neem. By hul aankoms aldaar het kommissaris WH Surmon aan hulle die keuse gestel om per trein, óf na
Intussen was die toestand te Derdepoort nog steeds uiters haglik. Kommandant Du Plessis het die berig van die aanval eers Maandagaand, 27 November, ontvang en onverwyld met 50 perderuiters en ‘n maxim daarheen vertrek. Hy het die afstand van 8 uur te perd in ‘n rekordtyd afgelê en by sy aankoms bevind dat die Swartes nog in groot getalle aan die oorkant van die rivier in die bosse geskuil het en besig was om teen die rantjies skanse te bou. Hy het die maxim op ‘n nabygeleë koppie laat trek en met ‘n paar goedgemikte sarsies hulle op die vlug geja, waarna die burgers met veiligheid kon uittrek om die nog onbegraafde lyke op te spoor en te begrawe.
Die Boere se verliese
Die verlies aan Boerekant was groot. Van die burgers in die laer het Jan A Barnard (lid van die Eerste Volksraad), Christiaan Schoonraad, Gabriël Smit, Gert Verburg en fietsryer-rapportganger Hendrik le Roux gesneuwel, en van die burgers wat tydens die verwarring uit die laer gevlug het, is F Pieterse , H Eckard en fietsryer-rapportganger TJ van Biljon vermoor. DA Swarts, wat die selfde oggend niksvermoedend vanaf Rustenburg by die laer aangekom het, is ook wreedaardig om die lewe gebring. Vier van die burgers is gewond, te wete Michiel Haarhoff, Daniël Lewis, G Francis en JF van Staden. Uit die geledere van die polisie het die volgende gesneuwel: Gert A Rooseboom (sekretaris van kommandant Riekert), Zagarias L Pretorius, sr., Jacobus S Pretorius, Christiaan W Potgieter, Paul J Potgieter (15 jaar oud), Gert Coetzee, Stephanus P Coetzee en Antonie Burger. Polisieman JL Croukamp was gewond. Die name van ander burgerlike persone wat om die lewe gebring is, was ‘n sekere Early (fotograaf en Britse onderdaan wat sy lot by die Boere ingewerp het),
Die vroue en kinders wat deur die Bagatlas na Mochudi weggevoer is, was mevrou Johanna J Potgieter, met haar kinders Carolina, Anna, Johannes, Petrus en Adriaan en haar kleinkind Zacharias Pretorius (‘n seuntjie van 4 jaar); me-vrou Cornelia J Potgieter (vrou van Christiaan Potgieter wat vermoor is), mevrou Johanna Smit (vrou van Dawid Smit en ook ‘n dogter van mevrou JJ Potgieter), mevrou Susanna Pretorius (vrou van Dawid Pretorius) en haar 15-jarige dogter, Anna JC Pretorius; Adriaan en Christiaan Croukamp (10 jaar en 8 jaar oud, kinders van die weduwee Croukamp), Marthinus Pretorius (seuntjie van Z Pretorius wat vermoor is), Roelof Fourie (5-jarige seuntjie van Anna Fourie, wat deur die Bagatlas doodgeskiet is) en Lizzie de Villiers, Kleurling-huishoudster van die vermoorde winkelier Angers.
As die name van die vroue en kinders by die ander verliese aan vermoordes, gesneuweldes en gewondes getel word, kom die totale verlies van die Boere by Derdepoort te staan op 45. Hulle het ook nog ‘n verdere verlies gely van 81 osse wat gedurende die aanval deur die Swartes uit die krale geroof en weggevoer is. Hierteenoor het die vyand ‘n verlies van 50 gesneuwelde barbare gehad.