NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Die groot vraag voor die wit troon sal wees: “Wat het jy met jou lewe gedoen?”    Ons sal eerlik moet antwoord want ons staan voor Een wat dwarsdeur ons sien. “Here, U deurgrond en ken my” (Ps.139:1).  Ons kan God nie ‘n rat voor die oë draai nie!  Alles sal openbaar gemaak word.

JOSEF (4)

Deur God gebruik om sy volk van ondergang te red

Dr JP Botha

Lees reeks by  JOSEF

EK REGEER EGIPTE

Toe het my lewe vir goed van sleg na goed omgekeer. Farao sê: "Ek stel jou aan oor die hele Egipte." Hy het sy seëlring afgehaal en dit aan my vinger gesteek. Hy het vir my klere van fyn linne laat aantrek en die koninklike goue ketting om my nek gehang. Hy het die tweede beste wa vir my gegee. Oral waar ek gegaan het, moes hulle voor my uitroep: "Eer hom! Eer hom!" Farao het verder vir my gesê: "Ek is die koning, maar niemand sal in die ganse Egipte 'n vinger verroer of 'n voet versit sonder jou goedkeuring nie."

Farao het my ook nog 'n nuwe naam gegee: Sáfenat-Panéag. Toe ek later probeer vasstel wat hierdie nuwe naam van my nou eintlik beteken, het ek uitgekom by "Behouer van die lewe" en ook by: "God sê: Laat hy lewe." Miskien wou die farao my heeltemal ver-Egipties want hy het my ook 'n mooi jong meisie as vrou gegee. Sy was Asenat, die dogter van Poti-fera, die priester van On.

Toe ek na al hierdie dinge wat feitlik meteens met my plaasgevind het, weer tot verhaal kom, besef ek dat ek skielik nie meer ou Josef die tronkvoël was nie, maar Sáfenat-Panéag, die Eerste-Minister of onderkoning van Egipte. Ek was toe 30 jaar oud en gereed om in my nuwe amp die hele Egipte te deurreis.

Die land het in die volgende sewe jaar 'n oorvloed van rekord oeste opgelewer. Ek het gedurende hierdie geseënde sewe jaar al die oeste van Egipte in die stede opgegaar. Ons het die opbrengste van die landerye in die naaste stad van daardie omgewing in groot graanskure wat ek laat bou het, gebêre. Na die sewe jaar was die graanskure propvol. Die Here het gesorg dat daar mettertyd soveel graan soos die sand aan die see was en dat ek naderhand nie meer daarvan rekord kon hou nie.

Ek self het ook gedurende hierdie sewe jaar die persoonlike seën van die Here ervaar met die geboorte van twee seuns wat Asenat aan my geskenk het. Die oudste was Manasse, want die Here het my al my kwellings laat vergeet. Die tweede een het ek Efraim genoem, want God het my vrugbaar gemaak in die land van my swaarkry.

Nadat die heerlike sewe jaar van oorvloed verstryk het, het ons te staan gekom teen die eerste tekens van hongersnood, want oeste het oral in omliggende lande misluk, maar in Egipte was daar genoeg graan in die skure. Die mense in die land het egter begin hongerly. Hulle het hul toevlug na die farao geneem en by hom gaan pleit vir kos. Hy stuur hulle toe na my en sê hulle moet doen net wat ek vir hulle sê.

Die tyd van die sewe maer jare het aangebreek. Ek het die graanskure oopgemaak en graan aan die Egiptenare verkoop. Mense uit die omringende lande het ook by my kom graan koop toe hulle hoor dat dit in Egipte beskikbaar was, want die hongersnood het die hele wêreld getref.

MY BROERS KOM KORING KOOP

In my liewe land Kanaän, waar ek jare vantevore deur my broers met geweld weggevoer is, het my vader Jakob gehoor dat daar in Egipte graan te koop was. Die honger het ook my pa se nakomelinge ingehaal. Hy sê toe vir my broers om in Egipte vir hulle graan te gaan koop. Hy het my tien broers gestuur sonder Benjamin, omdat hy bang was Ben-jamin kom iets oor.

Ek was op 'n dag hard besig om self die graanverkope by die koninklike skuur te behartig, toe ek opkyk en my broers gewaar. Ek het voorgegee dat ek die tien manne wat met hulle gesigte na die grond toe buig, nie ken nie en kortaf gevra: "Vanwaar is julle?"

"Van die land Kanaän," antwoord hulle. "Ons het gekom om graan te koop."

Hulle het my nie herken nie. Ek het aan my drome van destyds gedink en sê toe: "Julle is spioene! Julle het net kom kyk waar ons land kwesbaar is."

"Nee, Meneer, ons is u dienaars. Ons het maar net gekom om kos te koop. Ons is almal broers en eerlike mense, Meneer! Ons is nie spioene nie!"

"Ja, julle is!" hou ek vol. "Julle het kom kyk of die hongersnood ons nie swak gemaak het nie, sodat julle ons kan kom aanval!"

Toe hoor ek een van hulle se pleitende woorde: "Meneer, ons was twaalf broers. Ons pa woon in die land Kanaän. Ons jongste broer is daar by hom, maar een van ons broers is nie meer by ons nie."

Hy wou nog verder praat, maar ek het hom in die rede geval: "O nee, julle is spioene. Maar ek sal julle mooi storie toets. Ek sal julle nie toelaat om Egipte weer te verlaat tensy julle jongste broer hierheen kom nie. Een van julle moet hom gaan haal. Julle ander sal ek hier in die tronk hou. Dan sal ek weet of julle die waarheid praat. Maar as julle nie 'n jonger broer het wat julle hiernatoe kan bring nie, sal ek weet julle is spioene."

Ek het hulle toe vir drie dae lank in die tronk gehou. Daarna het ek soontoe gegaan en hulle amper jammer gekry toe ek die vreeslike moedverlorenheid op hulle gesigte lees.

Op die derde dag het ek hulle weer besoek. "Ek het besluit om net een van julle hier in die tronk te hou. Die ander kan huis toe gaan met die kos vir julle gesinne. Maar julle moet julle jongste broer volgende keer saambring. So sal ek weet of julle die waarheid praat. As julle dit doen sal ek julle lewe spaar."

Toe begin hulle onder mekaar praat en mekaar verwyt: "Ja, ek sê vir julle, dis oor wat ons aan Josef gedoen het." "Ja, ons het sy benoudheid en angs gesien, maar ons doof gehou daarvoor."  "Ja, ek hoor nog sy ge-smeek."  "Nou straf die Here ons."

Ek het met 'n knop in die keel geluister hoe hulle praat. Hulle het nie geweet ek verstaan alles nie, want ek het met hulle deur 'n tolk gepraat. Ek hoor Ruben vir hulle sê: "Het ek nie vir julle gesê om dit nie te doen nie? Maar julle wou nie luister nie. Nou gaan ons almal sterf omdat ons hom vermoor het!"

Toe draai ek weg van hulle af, want ek kon my trane nie meer bedwing nie. Daarna het ek hulle vrygelaat maar Simeon voor hulle oë laat boei en weer tronk toe gestuur.

Ek het gesorg dat hulle sakke vol graan gemaak word en hulle geld weer bo in hul sakke teruggesit word. Ek het vir hulle voorrade vir die pad saamgegee. Daarop het hulle die graan op die donkies gelaai en die tog huis toe aangepak.

Hulle het daardie dag blykbaar probeer om tog so ver as moontlik van Egipte en sy nare onderkoning af weg te kom. Teen die aand het hulle vir die nag stilgehou en een van hulle het sy sak oopgemaak om kos vir die donkies uit te haal. "Haai, kom kyk hier!" skreeu hy vir sy broers. "My geld is hier bo-op in my sak!" Toe hulle dit sien, was hulle letterlik vreesbevange en só het hulle in die land Kanaän aangekom.

Hulle het vir ou vader Jakob alles vertel wat met hulle plaasgevind het. "Die man wat in beheer is oor die land, het baie kwaai met ons gepraat. Hy glo ons is spioene. Ons het vir hom gesê ons is eerlike mense. Ons is twaalf broers, die seuns van een pa. Een broer is dood en die jongste een is by ons pa in Kanaän. Toe hy dit hoor, het hy gesê, as ons ons jongste broer vir hom kom wys, sal hy glo dat ons nie spioene is nie. Hy het vir Simeon in die tronk agtergehou, tot ons weer soontoe gaan en vir Benjamin saamneem.

 

Hulle het die sakke graan oopgemaak en bo-in elkeen se sak die geld wat hulle daarvoor betaal het, gekry. Hulle bekommernis daaroor was groot. Wat sou dit beteken?

Ruben het my later vertel dat toe my ou vader Jakob dit sien, het hy ook vreesbevange geword. Ek het so jammer gevoel dat my liewe ou pa ook saam met my broers gestraf is vir dinge wat hulle gedoen het. Hy het vir hulle gesê: "Hoekom het julle hierdie moeilikheid oor my gebring? Hoekom het julle die man vertel dat julle nog 'n ander broer het?"

"Die man het spesifiek uitgevra oor ons familie. Hy het gevra: 'Leef julle pa nog? Het julle nog 'n broer?' Hoe moes ons geweet het hy sou sê: 'Bring julle broer hiernatoe?' Ons het maar net sy vrae beantwoord."

My ou vader het toe uitgeroep: "Julle beroof my van my kinders! Josef is nie meer nie en Simeon is weg. En nou wil julle Benjamin ook van my wegneem. Alles is teen my!"

Ruben sê toe: "Pa kan gerus my twee seuns doodmaak as ek Benjamin nie na Pa toe terugbring nie. Laat hom in my hande. Ek sal hom aan Pa terug besorg." Maar ou vader Jakob wou nog nie kopgee nie: "Ek sal hom beslis nie met julle laat saamgaan nie, want sy broer Josef is dood en hy is al een wat oor is van sy ma se kinders. As hy op die pad iets oorkom, sal julle my in my ouderdom met smart in my graf neerlê."

Hulle kom weer koring koop ... vervolg

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 10103 gaste aanlyn