NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Verstaan u die verskil tussen vertroue en vergifnis? Vergifnis is om die verlede los te laat. Vertroue het met die toekomstige gedrag te doen. Vergifnis moet onmiddellik plaasvind, terwyl vertroue mettertyd gebou word. Maar so is beide ewe belangrik en noodsaaklik in ons lewens.

DIE DERDE TEMPEL (5)

Ds Andrè van den Berg

Lees reeks by DIE DERDE TEMPEL

DIE VERBONDSARK

1.    Die allerheiligste voorwerp

Die verbondsark het bykans 500 jaar in die Tabernakel gestaan alvorens dit in die tempel geplaas is.   Dit het egter na die verwoesting van die eerste tempel spoorloos verdwyn.   Dit was vir Israel die allerheiligste voorwerp omdat dit God in hulle midde versinnebeeld het.   Daarom het hulle dit selfs in tye van oorlog na die gevegsfront saamgeneem.

Tydens Israel se besitname van Kanaän was die verbondsark ʼn verskrikking vir die vyand.  Argeoloë wat in 1930-36 opgrawings by Jerigo gedoen het, het die oorspronklike stadsmure gevind wat tydens Israel se optog met die verbondsark ineengestort het (Jos.6).

Benewens die vervaardiging van die verbondsark het God ook aan Moses duidelike voorskrifte gegee oor hoe dit hanteer moes word (Num.4:15).  ʼn Oneerbiedige hantering daarvan is selfs met die dood gestraf.   Toe die inwoners van Bethsemesh dit by geleentheid nie reg hanteer het nie, het meer as 50,000 van hulle gesterf (1 Sam.6:19).

Wat ná die koningskap van Salomo van die verbondsark geword het, is onseker.    Dit het beslis nie in die Tweede Tempel gestaan nie.  Sommige mense glo op grond van Openb.11:19 dat God dit as straf vir Israel se afvalligheid in die hemel opgeneem het: “En die tempel van God het in die hemel oopgegaan, en sy verbondsark is in sy tempel gesien…” Die meeste glo egter dat dit nog steeds bestaan en iewers weggesteek is om ʼn groot rol in die toekoms te speel.

2.   ʼn Uitsonderlike kunswerk

Die verbondsark was van akasiahout gemaak - 115cm. lank, 68 cm. breed en 68 cm. Diep.   Dis aan die binnekant met bladgoud uitgevoer.   Die deksel met twee engelwesens daarop was van suiwer goud.   Aanvanklik was die twee kliptafels met die Tien Gebooie daarop, Aäron se staf asook ʼn houer met manna binne in diè kis.   Met die inwyding van die Eerste Tempel was slegs die Tien Gebooie daarin oor (1 Kon.8:9).

Die verbondsark het vier ringe aan die kante gehad waardeur twee goudbedekte houtstawe gesteek om deur Leviete skouerhoog gedra te kon word.   Dit was enig in sy soort en onvervangbaar.

En as julle vermenigvuldig en vrugbaar word in die land in diè dae, spreek die HERE, dan sal hulle nie meer sê: Die verbondsark van die HERE nie.  Ook sal dit in die hart nie opkom nie, en hulle sal daaraan nie dink en dit nie soek nie, en dit sal nie weer gemaak word nie” (Jer.3:16).

3.     In Jerusalem of Ethiopië?

3.1   Jerusalem

Baie geleerdes glo dat die verbondsark Jerusalem nooit verlaat het nie, maar iewers onder die Tempelberg weggesteek is om dit uit die hande van invallers te hou.   Koning Salomo het glo ʼn voorgevoel gehad dat die tempel verwoes gaan word en ʼn plek van veilige bewaring daarvoor ingeruim.

Die laaste aangetekende keer dat die oorspronklike verbondsark wel in die hande van Israel was, was toe koning Salomo een van sy vroue gelas het om die gebied waar dit gestaan het te verlaat  ( 2 Kron.8:11).  Volgens Joodse oorlewering het koning Josia 35 jaar voor die verwoesting van die tempel ʼn profetiese gesig van diè ramp gehad en die verbondsark en ander tempelvoorwerpe onder die Tempelberg laat wegsteek.

Die befaamde Amerikaanse argeoloog dr.Vendyl Jones soek al jare lank na diè wegsteekplek.   Sy navorsingswerk was die aansporing vir die baie gewilde Indiana Jones rolprentreeks.   Hy het jare gelede ʼn ondergrondse tonnel ontdek wat vir 28 km. vanaf die Jaffahek in die rigting van die Dooiesee strek.   Jones meen dat dit die pad is waarlangs die verbondsark na die geheime wegsteekplek geneem is.

Daar was egter nie net een verbondsark nie.   Die Talmoed maak van ʼn tweede melding wat so goed nagemaak is, dat dit nie van die oorspronklike een onderskei kon word nie.  Toe koning Josia in 2 Kron.35:3 vir die Leviete sê: “Sit die heilige ark in die huis wat Salomo…gebou het; julle hoef niks meer op die skouers te dra nie…” was dit heelwaarskynlik die namaaksel omdat die oorspronklike toe alreeds verdwyn het.   Daarom kon dit sonder vrees vir straf verskuif word.  Josia sou uiteraard nie die verskil geken het nie. 

Op 15 Mei 1992 het CBS TV-netwerk berig dat ʼn sekere rabbi Getz die verbondsark in ʼn kamer onder die Tempelberg gewaar het.  Voordat hy verdere ondersoek kon instel, het Palestyne van bo af deurgebreek en die tonnel na diè kamer met beton verseël om verdere ondersoek te verhoed.  Wat het die rabbi gesien?   Die oorspronklike of die namaaksel?

3.2   Ethiopië

3.2.1   Omgeruil

Sommige geleerdes glo dat die verbondsark tot onlangs in Ethiopië was.   Dit was glo een van die redes waarom Italië Ethiopië in 1935 binnegeval het.  Hulle wou die verbondsark buit.   The Toronto Star van 19 Julie 1981 berig dat ʼn Joodse sindikaat ʼn Franse versekeringsmaatskappy in Julie 1936 genader het om die verbondsark in Ethiopië teen moontlike oorlogskade te verseker.  Hulle was bang dat die Ethiopiërs dit teen die vyand sou gebruik en die verbondsark beskadig word.

Die Ethiopiese tradisie lui dat koning Salomo tydens die koninging van Skeba se besoek (2 Kron.9) ʼn seun, Menelik, by haar verwek het.   Hy  was sy vader se ewebeeld.   Nadat hy gespeen is, het sy hom na Salomo teruggestuur om in die paleis groot te maak en in die Judaïsme onderrig te word.   Toe Menelik 19 jaar oud was, is sy moeder oorlede waarna hy met die verbondsark en ʼn aantal vrywillige Jode na Ethiopië vertrek het.

Die verbondsark is glo eeue lank ondergronds in die kerk van Maria van Sion in Aksum bewaar, ʼn Ethiopies Ortodokse Kerk met muurskilderye wat ʼn merkwaardige verhaal vertel van hoe die verbondsark daar beland het.  Die verhaal kom uit die Boek van die Verheerliking van die Konings (Kebra Negast).

Omdat Jerusalem 4000 km van Ethiopië is en Menelik dit heelwaarskynlik nooit weer sou sien nie, het Salomo vir hom ‘n namaaksel van die verbondsark laat maak om saam te neem.   Salomo se afvalligheid het Menelik egter baie bekommer, veral nadat hy afgode in die tempel toegelaat het net om sy volksvreemde vroue te paai.   Tydens die afskeidsgeselligheid wat Salomo vir Menelik gehou het, het die bewakers van die verbondsark besope geraak waarna die prins die namaaksel met die oorspronklike een omgeruil en na Ethiopië vertrek het.

Menelik wou dit in bewaring hou totdat Israel haar van haar afgodery bekeer het en dan terugstuur.   Dit het egter nooit gebeur nie.   Israel het tot en met die ballingskap (722vC) hoofsaaklik goddelose konings op die troon gehad.  Daarom is die verbondsark nooi teruggestuur nie.

Die nasate van Menelik het hulself die Huis van Israel genoem en staan vandag as die Falasha Jode bekend.   Hierdie vorstehuis het tot in die 20 ste eeu in Ethiopië regeer.   Die Ethiopiese vorstegeskiedenis maak van ʼn koninging Judith melding wat teen 950 nC in Ethiopië regeer het.   Die Islamiete het die land twee eeue later verower.

Die Joodse vorstehuis het in 1558 weer aan bewind gekom, ʼn bewind wat tot en met 1974 geduur het toe die vorstehuis van keiser Haile Selassi tydens ʼn Kommunistiese staatsgreep omver gewerp is.   Selassi wat homself die Leeu van Juda genoem het, is in 1975 oorlede.

3.2.2    Die Maria van Sion kerk

Die verbondsark is na bewering lank in die Maria van Sion kerk bewaar.  ʼn Geheime gang het na ʼn verborge plek gelei waar priesterlike wagte van die Ethiopies-Joodse vorstehuis dit eeue lank bewaak het.   Die heiligdom bestaan uit sewe ondergrondse sirkelmure.  Priesters van die Ethiopies-Ortodokse kerk word slegs binne die eerste vier mure toegelaat en hoëpriesters in die vyfde en sesde.   Die verbondsark was binne die sewende sirkelmuur wat slegs deur die arkbewaarder betree is.

Die arkbewaarder is op sewe jarige ouderdom uit die hoëpriesterlike familie gekies om die verbondsark lewenslank te bewaak.   Hy het 225 dae per jaar gevas en sy tyd met gebed, bepeinsing en die bewaking van die verbondsark deurgebring.   Hy het die plek slegs met sy dood verlaat waarna ʼn volgende seuntjie gekies is.

Israel het altyd goeie betrekkinge met wyle keiser Haile Selassi gehad en Ethiopië dikwels van tegnici voorsien.   Nadat die hele Jerusalem in 1967 in Joodse besit gekom het, is Selassi gereeld oor die verbondsark gepols en versoek om dit na Jerusalem terug te stuur.   Hy het egter geglo dat die tyd daarvoor nie ryp was nie en dat God hom ʼn duidelike teken sou gee.

Na die Marxistiese oorname van Ethiopië het baie van die koningshuis in die gevangenis beland.  Kroonprins Zera Yacob het egter ontvlug en in Engeland asiel verkry.  ʼn Agterkleinseun, prins Stephen Mengesha, het in Kanada gaan woon.   Sy pa, prins Mengesha Seyoum, was ʼn goewerneur-generaal van die Noordelike provinsie waar Aksum is.

Prins Stephen het tydens in ʼn onderhoud met ʼn Amerikaanse TV span in 1990 bevestig dat die verbondsark in die Maria van Sion-kerk was en dat hy die Britse koninklike egpaar tydens ʼn staatsbesoek daarheen geneem het.  Die oorspronklike kerk het egter in die 16de eeu afgebrand waarna ʼn nuwe een op dieselfde fondament gebou is.   Die ondergrondse heiligdom is egter nie deur die brand beskadig nie.

Duisende Falasha Jode het na 1948 na Israel teruggekeer soos Sefanja voorspel het: “Oorkant die riviere van Kus vandaan sal my aanbidders, my verstrooide gemeente, my offerande bring” (Sef.3:10).  Israel het hulle eers in 1989 kragtens die Terugkeerwet as wettige Jode aanvaar.

3.3   Die geheime sending

Gedurende die middel 1990’s het ʼn geheime Israeli sending aan die einde van die Ethiopiese burgeroorlog na Ethiopië vertrek om die verbondsark te gaan haal.   Dis gedoen nadat Israeli veiligheidspolisie met die Marxistiese bevelvoerders gaan praat het.  ʼn Paar welgestelde Jode het die geld wat vir die prysgawe van die verbondsark geeïs is, betaal.

Kort hierna het ʼn ongemerkte Israeli vragvliegtuig een nag met ʼn taakspan asook afstammelinge van Levi na Ethiopië vertrek om die verbondsark te gaan haal.   Die Leviete moes die verbondsark volgens voorskrif dra (Num.4:15).   Dis na die wagtende vliegtuig gedra nadat ʼn namaaksel daarvan in die Ethiopiese kerk agtergelaat is.

Dit maak eintlik nie saak waar die verbondsark tans is nie.   Dat dit binnekort ʼn beduidende rol gaan vervul, is seker.   Die onthulling daarvan sal die Jode aanspoor om die Derde Tempel te bou.   Dit was immers die doel van die tabernakel sowel as die Eerste Tempel - om ʼn tuiste vir die verbondsark te wees.

Daar is net een probleem - watter verbondsark is destyds na Jerusalem gebring?   Is dit werklik die oorspronklike een?   Kan dit nie dalk die namaaksel nie?   Daar is net een manier om dit vas te stel - iemand sal daaraan moet raak.   Ussa het met sy lewe daarvoor geboet (2 Sam.6:6,7)!

Die antichris... vervolg


Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 11474 gaste aanlyn