Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die dood is die kleedkamer waar gelowiges vir die ewigheid aantrek; dis nie ʼn punt nie, maar eerder ʼn komma in die verhaal van ons lewe. Dank God daarvoor!
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (29)
083 444 7672)
It is not in our power to anticipate our destiny.
-Winston Churchill
*
“Het jy werklik die kolonel geskiet”
Maya is effens uit die veld geslaan met Arno se vraag. Sy is die afgelope tyd ietwat onseker oor wat met haar emosies gebeur. Vantevore was dit anders. Sy het immers haar lewe en toekoms gebou op ’n loopbaan in die weermag en dit was genoeg. Sy het in ‘n oortreffende trap haarself toegewy aan die uitnemendheid van haar grootste talent en gawe, naamlik om die beste skut en veldkunstenaar te wees wat die SANW – en selfs die SAW – kon oplewer. Sy het baie gelees oor die besondere soldate en sluipskutters die afgelope honderd jaar.
KORT TWEEGESPREK
“Werkers kon vanoggend weer nie by die werk opdaag nie omdat lokasiebewoners die paaie na die dorp met klippe en brandende bande afgesper het. Die rede daarvoor is omdat hulle vir die munisipaliteit kwaad is aangesien hulle reeds ‘n maand sonder krag is. Nou vra mens waarom dié goed hulle eie toegang tot hulle werk versper sodat niemand van hulle by die werk kan kom nie – dus geen betaling nie – net omdat hulle die munisipaliteit verkwalik?”
“Ja, dis nou lekker dom, heeltemal onnosel!”
“Ja, en toe word hulle die sleutels gegee en gesê om die land te regeer sodat die ‘ander’ rugby kan kyk. Wie is NOU dom en onnosel!”
HY IS!
Hannes Ollewagen
2 Kon. 4:1-44
“Toe sê Elísa vir haar: Wat kan ek vir jou doen? Gee my te kenne wat jy in die huis het. En sy antwoord: U dienares het glad niks in die huis nie, behalwe ’n flessie met olie. En hy sê: Gaan leen vir jou van buite af kanne, leë kanne van al jou bure; leen nie te min nie. Gaan dan in en sluit die deur agter jou en jou seuns toe, en giet in al daardie kanne en sit weg wat vol is. Sy het toe van hom af weggegaan en die deur agter haar en haar seuns toegesluit; en terwyl hulle vir haar aanbring, giet sy in. Sodra die kanne vol was, sê sy aan haar seun: Bring vir my nog ’n kan aan; maar hy antwoord haar: Daar is geen kan meer nie. Toe gaan die olie staan. Daarop kom sy om dit die man van God te kenne te gee; en hy sê: Gaan verkoop die olie en betaal jou skulde; van die orige kan jy en jou seuns dan lewe.” (:2-7).
ROER JOU LITTE!
Ds A.E. van den Berg
“En ek het ’n ander stem uit die hemel hoor sê: Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie” (Open.18:4).
In Gen.19 word een van die aangrypendste gebeure in die OT opgeteken – die verhaal van God wat Lot en sy gesin beveel het om uit Sodom pad te gee. In Open 18 kry gelowiges 'n gelykluidende opdrag nl. om uit Babilon pad te gee voordat God se finale oordeel oor haar voltrek word. God waarsku sy kinders altyd vooraf!
Babilon is 'n stad van opstand teen God. Dit het met die bou van die toring van Babel (Gen.11) begin toe die Babiloniërs geglo het dat hulle God kon onttroon. Hulle wou hul eie god wees. Dit het eeue later later ook in die Babiloniese wêreldryk gebeur en daarna weer in die tyd van die Romeinse ryk toe die boek Openbaring geskryf is.
DIE MEES GEDUGTE KRYGSMAG IN AFRIKA (4)
DIE SUID-AFRIKAANSE WEERMAG IN 1988: HOOGTEPUNTE EN MYLPALE
Inleiding
Vir die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW) was 1988 weer eens 'n jaar wat talle hoogtepunte opgelewer het. In hierdie verband kan enkeles, soos die SAW se operasionele suksesse in Angola, die beëindiging van vyandelikhede in SWA en die ondertekening van die drieparty-ooreenkoms in New York, die bekendstelling van nuwe wapentuig, die Vloot se geslaagde Oefening Magersfontein en sy deelname aan die Dias-gedenkfees genoem word. En dan was daar ook die instelling van die Nasionale Vaandel.
In 1988 het die SAW ook heelwat gehad om te gedenk, soos onder meer die 75ste bestaansjaar van die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens (SAGD), die Staande Mag en die Burgermag.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (28)
083 444 7672)
Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse bronne
A handful of South African soldiers recently had to help their allies in Mozambique when Islamic insurgents launched their boldest attack of the war yet, targeting Macomia, a town in Cabo Delgado.
The renewed attacks in Mozambique’s northernmost province come after the departure of troops from the Southern African regional force (called Samim). It’s a clear indication that the insurgency, which Samim had meant to suppress, has not been quelled. The insurgents were biding their time, knowing that the regional force could not be deployed indefinitely...
*
Chaka het ‘n rewolusionêre manier van oorlogvoering na sy mense gebring. Dit het bestaan uit die kop van ‘n bul, naamlik met die kopgedeelte van die skedel as die hoofmag van die krygers en die horings as die omsirkelende flanke wat aanval, die vyand op ‘n hoop jaag en dan sodoende vernietig, terwyl hulle keer dat niemand ontsnap nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (27)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse bronne
Zuma burning down the house.
With its resolve to ditch the constitution and little if any economic nous, Zuma’s MK Party is as much a vehicle to feed his spite and hubris as it is a political party.
Jacob Zuma is a noxious force in South African politics. Nowhere was that on clearer display than his comments at the weekend threatening violence if the Electoral Commission of South Africa (IEC) went ahead with its results announcement on Sunday.
After his MK Party claimed vote-rigging without providing a shred of evidence, Zuma said the IEC would “be provoking us” if it announced the result of last week’s poll. “When we stand up and do something, somebody is going to say: ‘These people are violent. They must be shot. They must be arrested’.”
-Shirley de Villiers
GODSDIENS MET YWER
Hannes Ollewagen
2 Kor. 5:1-10
“Daarom lê ons ons ook ywerig daarop toe, of ons inwoon of uitwoon, om Hom welbehaaglik te wees.(:9).
Hoeveel mense kan vandag soos Paulus sê dat hulle ywerig probeer om te doen wat vir God welbehaaglik is? Dit lyk eerder asof die mensdom ywerig besig is om die welbehae van die satan te doen. Dink byvoorbeeld aan die ywer waarmee gruwels soos homoseksualisme, geslagsveranderinge, materialisme, individualisme en dergelike dinge aangemoedig en bevorder word. Wat is dit anders as ’n ywerige diens aan die satan wat in God se skepping wil steel, slag en verwoes?
Die goddelose mens dink dat daar geen God is nie. Hy leef daarom ’n dwase lewe en handel eenvoudig na eie wil omdat hy nie glo dat daar van hom rekenskap van sy dade geëis sal word nie. “...Die dwaas sê in sy hart: Daar is geen God nie. Sleg, afskuwelik maak hulle hul dade; daar is niemand wat goed doen nie.” (Ps. 14:1).
RKK SONDER GETUIENISKRAG
Die Rooms-Katolieke Kerk het, soos talle ander organisasies en state, ook voor Joodse druk geswig. In wat volg sal u sien waarom daar geen twyfel oor kan wees nie. Een van die sogenaamde Goeie Vrydag rituele was ‘n gebed wat sy oorsprong het in die 4e eeu n.C. Dit sluit die woorde in:
Oramus et pro perfidis Judaeis.
Vertaald beteken dit:
Laat ons ook bid vir die bekering van die ongelowige Jode.
Pous Pous XII het, in sy laaste dae as pous ‘n besoek ontvang van Jules Marx Isaac, ‘n prominente Franse Jood wat ook ‘n Marxis en Vrymesselaar was. Hy het gevra dat die woord “perfidis” (ongelowige) uit die gebed gehaal word. Die pous het geweier omdat dit ‘n feitestelling was.
Pous Johannes XXIII wat Pous XII opgevolg het, het egter die woord “perfidus” uitgehaal. Hy het ook in ‘n ander voorlesing, waarin gestel word dat Jesus (God) vlees geword het onder mense wat Hom sou kruisig, geskraap. Ook by die doop van volwassenes is die verwysing na “ongelowige Jode” weggelaat.
EENWÊRELD- GODSDIENS VOOR ONS DEUR
As u ‘n konserwatiewe christen is behoort u hierdie artikel te lees. As christene glo ons dat die antichris ‘n eenwêreldgodsdiens sal vestig, gebaseer op satanisme en die okkulte, wat met ‘n eenwêreldregering geassosieer word. Die Geldmag hou ons besig met dingetjies wat ons aandag aflei van sulke ernstige sake wat vir ons bittere gevolge gaan meebring en ons kan dalk nie die dinge wat op ons pad kom keer nie maar ons behoort met oop oë, volwaardige kennis en geestelik paraat daarin te stap.
Hoeveel van ons weet dat Pous Franciscus van die Katolieke Kerk reeds in 2019 die aankondiging gemaak het dat daar ‘n Katoliek-Moslem Tussentydse Raad geskep is wat die totstandkoming van die Chrislam-Hoofkantoor in 2022 beoog het. Volgens die getekende ooreenkoms, die Document On Human Fraternity For World Peace, behels dit ‘n kombinasie van Moskee en Kerk wat moet lei na ‘n Eenwêreldgodsdiens – die Chrislam, dus ‘n samesmelting van bestaande godsdienste. Ja, dis dieselfde Pous wat mense leer dat bekering nie die mens se missie is nie maar wel broederskap tussen verskillende godsdienste – direk die teenoorgestelde wat die Bybel ons leer.
BEWAAR JOU KLERE
Ds A.E. van den Berg
“Kyk, Ek kom ... Salig is hy wat waak en sy klere bewaar.... (Open. 16:15).
Satan se misleiding van mense het in die Tuin van Eden begin toe hy Eva verseker het dat hulle nie van die verbode vrug sou sterf soos God vir hulle gesê het nie. Hulle sou eerder net so slim soos God wees deur goed en kwaad te onderskei. Toe hulle te laat besef dat Satan hul mislei het, het God se straf gevolg. Hy het egter die mens nie afgeskryf nie, maar in genade opnuut laat besef dat hy volkome op Hom aangewese is. Sonder God is daar geen hoop op redding nie. In 'n saligspreking sê Jesus: “Gelukkig is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is...” (Mat 5:3).
In Open.16 wys Jesus hoe sleg dit met mense gaan wat hul afhanklikheid van God nie erken nie. As hulle nie wil hoor nie, moet hulle maar voel. In hierdie hoofstuk stuur Jesus sy engele met die laaste plae oor die mensdom uit. Jesus het miljoene engele tot sy beskikking. Met sy menswording het 'n engeleskaar die tyding aangekondig.
DIE MEES GEDUGTE KRYGSMAG IN AFRIKA (3)
BEDREIGING EN REAKSIE
“Sedert Januarie 1980 is nege aanvalle deur klein taakgroepe van die SAW op ANC-basisse in buurstate geloods. Die feit dat 1 076 dade van terreur in dieselfde tydperk in die RSA gepleeg is, is ‘n duidelike bewys dat die RSA se aanvalle op terroristebasisse in buurstate ten volle geregverdig was.”
In 1962 was die bedreiging vir die nuutgestigte Republiek (1961) nog uiters gering. Suid-Afrika se uittrede uit die Statebond het egter 'n groter mate van selfstandigheid ten opsigte van sy verdedigingsbehoeftes geïmpliseer. Terselfdertyd moes hy sy sekerheidsituasie heroorweeg teen die agtergrond van die chaos, verwoesting en onstabiliteit wat in sommige van die nuwe onafhanklike Afrikastate gewoed het.
In die Verenigde Nasies het 'n aantal lidlande deelgeneem aan 'n veldtog wat die isolasie en omverwerping van die Suid-Afrikaanse regering ten doel gestel het. Vanaf 1960 het verskeie lande boikotte teen Suid-Afrika ingestel terwyl internasionale sanksies verder aangehelp is deur die aksies van anti-Suid-Afrikaanse organisasies.
DIE MEES GEDUGTE KRYGSMAG IN AFRIKA (2)
Om volle waardering vir ons destydse weermag te hê is dit goed om 'n kort stukkie geskiedenis sover terug soos die vyftiende eeu, oor die rede vir hulle ontstaan na te gaan.
Ontdekkingsreisigers en handelsvaarders het reeds sedert die laat vyftiende eeu om die Kaap die Goeie Hoop gevaar, maar niemand het dit belangrik genoeg geag om 'n permanente teenwoordigheid aan die suidpunt van Afrika te vestig nie. Die eerste permanente nedersetting het in 1652 tot stand gekom nadat toenemende handelsverkeer om die Kaap die Hollands-Oos Indiese Kompanjie laat besluit het om 'n verversingspos hier te stig. 'n Klein garnisoen — wat in sterkte tussen 70 en 170 man gewissel het — is vir plaaslike beskerming daargestel. Hierdie mag was nie sterk genoeg nie en is in 1658 deur 'n Burgerwag aangevul.
Die Burgerwag het algaande in 'n kommandostelsel ontwikkel wat bestaan het uit sowel burgers as beroepsoldate wat teen 1670 ter verdediging van die Kaapse Nedersetting opgetree het. Die eerste werklike burgerkommando onder aanvoering van burgeroffisiere is in 1715 goedgekeur en hierdie stelsel het in swang gebly totdat Brittanje die Kaap permanent beset het.
DIE MEES GEDUGTE KRYGSMAG IN AFRIKA (1)
HOE LYK 'N WARE WEERMAG?
Die Suid-Afrikaanse publiek kry so nou en dan 'n naby blik op die patetiese weermag van hierdie land soos daardie jaar toe hulle tydens die eerste fases van Covid-19 ontplooi is. En wat 'n gesig is dit nie telkens nie! Die ongedissiplineerdheid, korrupsie, onvermoë en magsbeheptheid van onopgeleides is 'n skande en wil mens dit werklik nie eers die Suid-Afrikaanse Weermag noem nie!
Kom ons kyk weer na hoe 'n ware weermag lyk, en dan onthou ons wat 'n voorreg ons gehad het toe ons 'n waardige, gedissiplineerde en trotse weermag in die apartheidsjare gehad het.
Die Suid-Afrikaanse Weermag (SAW), wat allerweë as die mees gedugte krygsmag op die vasteland van Afrika beskou was, dieselfde instrument waarmee miljarde rande aan die jarelange grensoorlog vir die landsbeveiliging teen terrorisme spandeer is voordat Suid-Afrika uiteindelik aan dieselfde terroriste persent gegee is (nie omdat die weermag te swak was nie maar omdat Afrikanerleiers die volk en hulle land verraai en die publiek mislei het), het uit vier vertakkinge bestaan. Die Leër, die Lugmag, die Vloot en die Suid-Afrikaanse Geneeskundige Diens (SAGD) se hoofkwartiere was almal in die Pretoriagebied geleë. Hulle is deur nog een ondersteuningsdiens aangevul, naamlik die afdeling van die Kapelaan-generaal.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (26)
083 444 7672)
Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse bronne
South Africa rejected the party that ended apartheid.
The African National Congress lost its political monopoly in South Africa for the first time since vanquishing the country’s last white-led regime 30 years ago.
When votes were counted on Saturday, the A.N.C. received only about 40 percent of the vote, a steep drop from the nearly 58 percent that the party won in the 2019 election and far short of winning an absolute majority.
The party, which rose to international acclaim on the shoulders of Nelson Mandela, will now have two weeks to cobble together a government with one or more rival parties. Without an absolute majority, the A.N.C. can no longer handpick the country’s president, and President Cyril Ramaphosa may not have a second term.
One major question is whether the A.N.C. will embrace or shun Jacob Zuma, its former leader, who resigned as president in 2018 because of corruption charges. A party he formed just six months ago won 15 percent of the vote.
*
Met die president se aankondiging dat die ANC ‘n regering van nasionale eenheid gaan vorm, is ons net oor die eerste lae hekkie. Met die dat die ANC diep verdeeld is oor koalisievennote: die DA of die EFF en MK, is ‘n skeuring in daardie geledere vermy en Ramaphosa is nog, vir eers, veilig in sy pos.
AS GOD INGRYP
Ds A.E. van den Berg
“En ek het ’n groot stem uit die tempel aan die sewe engele hoor sê: Gaan gooi die skale van die grimmigheid van God op die aarde uit. Toe gaan die eerste een weg en gooi sy skaal op die aarde uit, en kwaai en bose swere het aan die mense gekom wat die merk van die dier gehad het en sy beeld aanbid het” (Open.16:1,2)
“En as hierdie dinge begin gebeur, kyk dan na bo en hef julle hoofde op, omdat julle verlossing naby is” (Luk.21:28).
Die mensdom wat al hoe boser word, dui op 'n Bybelse waarskuwing dat Satan net voor die wederkoms van Jesus losgelaat gaan word en die einde van die wêreld in sig is. Die Bybel bemoedig gelowiges dat daar 'n dag sal aanbreek dat elke knie voor Jesus sal buig. Paulus sê: “Daarom het God Hom ook uitermate verhoog en Hom 'n naam gegee wat bo elke naam is, sodat in die Naam van Jesus sou buig elke knie van die wat in die hemel en die wat op die aarde en die wat onder die aarde is, en elke tong sou bely dat Jesus Christus die Here is tot heerlikheid van God...” (Fil 2:9-11).
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (25)
083 444 7672)
Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse bronne
"Those who can win a war well can rarely make a good peace, and those who could make a good peace would never have won the war."
-Winston Churchill
*
Is this an implosion or a deployment?
Two clear points of view emerging in the analysis of Floyd Shivambu and others leaving the EFF for MK. Either it's the beginning of the end for Julius Malema's party or it's a long term plan for progressive forces to align ahead of 2029.
Niemand staan in die oggend op met die wete dat hy of sy gaan sterf nie, behalwe met uitsondering soos terminaal siekes, mense met selfmoordneigings of diegene wat tereggestel gaan word en van laasgenoemdes leef steeds met ‘n stukkie hoop dat iemand op die laaste oomblik tussen beide sal tree.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (24)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse bronne
Mkhwanazi’s assertion that all "illegal guns were once licensed" is also patently false. The extensive degree of cross-border smuggling of firearms is well-documented. As are the losses from SAPS stores and stocks via corruption and criminal capture of the organisation. Fully automatic weapons are frequently used in major crime, notably cash in transit robberies. These automatic weapons are not permitted to be owned, licenced or held by citizens, they arguably, illegally stream across our porous borders or are obtained from the SANDF or SAPS themselves.
*
Dozens of children were among the fighters who attacked. A 13-year-old who had been missing since a January 10 attack in Mucojo was carrying a big gun & ammunition belt, acting like a confident big man.
“I kept wondering how he became a fighter like that in just 4 months.”
KRITIEKE VELDBRANDE TANS IN WATERBERGE ... (2)
As u nog nie weet van die verskillende metodes wat die ANC-regime gebruik om blanke boere van hulle plase af te forseer nie, beloof hierdie artikel om vir u baie interessant te wees. Het u geweet dat daar nie-regeringsorganisasies (NGO’s) bestaan om die sogenaamde ‘African Wild Dogs’ te ‘beskerm’? WWDI (Waterberg Wild Dog Initiative) en EWT (Endangered Wildlife Trust) is twee sulke selfaangestelde nie-regeringsorganisasies wat uit Amerika befonds word en hulle openlik daarvoor beywer om al die plase in die Waterberg Biosfeer in een reservaat saam te snoer deur alle wilds- en beesheinings te laat sak. Dié NGO’s verkondig wyd en syd dat die honde al meer as 100 jaar in die omgewing voorkom, terwyl daar families is wat al vir meer as drie geslagte inwoners van die area is wat onder eed kan getuig dat die honde nie daar was nie en eers ongeveer tien tot 15 jaar gelede daarheen gebring is, let op, ‘gebring’ is in die tyd wat die ANC ons land onwettig op ‘n skinkbord gekry het. Hierdie leuen word deursigtig wanneer daar met van die ouer swart werkers daar gesels word. Hulle weet goed watter lede van die gemeenskap daarvoor verantwoordelik was.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (23)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die storie volg in Afrikaanse onder die Engelse bronne
“If you cannot read all your books...fondle them---peer into them, let them fall open where they will, read from the first sentence that arrests the eye, set them back on the shelves with your own hands, arrange them on your own plan so that you at least know where they are. Let them be your friends; let them, at any rate, be your acquaintances.”
― Winston Churchill
*
A new report revealed that the South African Police are concerned about unrest, violence, and boycotts in some parts of the country as the general elections loom. City Press reported that an SA Police Service crime intelligence unit warns of numerous direct and indirect risks. A direct risk is truckers blocking key routes. They demand that foreign drivers not be allowed to work in South Africa. The report also highlighted specific areas which may be targeted, including parts of KwaZulu-Natal, Gauteng, and North West. It warned that many communities threaten to use the upcoming elections to protest poor service delivery.
Another concern is that police station armouries in KwaZulu-Natal, Gauteng, and the Western Cape could be targeted by protestors who want to steal guns. The South African police’s crime intelligence report aligns with warnings from the business and finance community.