Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die grootste wonder van lyding is NIE om juis daarvan verlos te raak nie maar om God daarin raak te sien en in Hom jou antwoord te vind.
STATEBYBEL MET AFRIKAANSE KANTTEKENINGE!
HIER IS IETS WAT DIE MOEITE WERD IS OM TE ONDERSOEK EN BYDRAES TE LEWER:
Liewe vriende,
Die dag waarvoor ons al só lank gewag het, is uiteindelik hier!
Die webblad met die Statebybel se kanttekeninge in Afrikaans is gereed en oop vir die publiek. U kan dit gebruik in die huisgodsdiens, Bybelstudie en ondersoek van die Woord van die Here.
Op die webblad deel ons ook meer van die geskiedenis van die kanttekeninge en vordering van ons projek. U kan gerus daar kommentaar lewer, sodat enige foute reggemaak kan word voordat dit in boekvorm gepubliseer word.
Groete,
Stigting Reformatoriese Getuienis
REGSE VERRAAD (Deel 1-4)
Lank lewe die Afrikaner-nasionalisme!
Die onlangse herontwaking van nasionalisme in ons volk laat tans koue rillings langs liberale ruggrate afvloei. Daarom begin hulle weer om met ywer die doodgebore Afrikaner Akkoord-dokument – wat na 30 jaar nog nie eers 30 vierkante sentimeter se “Volkstaat” kon beding nie – opnuut af te stof, asof hulle lewe in dié dooie ding kan blaas!
Hierdie artikel is ‘n oorsigtelike begrip van die verraad wat deur volksleiers gepleeg is om die oordrag van ons land se mag, die weggee van ons eiendom sonder ons toestemming, moontlik te kon maak. Die bedrogspul staan bekend as die IDASA-komplot – intriges waarvan nog vele hoofstukke oor geskryf moet en sal word. In geheel sal hierdie artikel uiteindelik een van die heel belangrikste openbaringsgeskrifte van die grootste verraad in ons geskiedenis word en sal elke konserwatiewe ware Afrikaner dit in besit en in begrip moet neem om uiteindelik die volle waarheid van die verraad van sy eie blanke leiers te verstaan. Mag God die nog ongeopende oë van talle Afrikaners hierdeur open!
In hierdie aflewering word die 1e vier dele geplaas om ‘n geheeloorsig oor die geraamte te verkry waarna meer vlees mettertyd ingevoeg sal word.
Regs en Links
Die Afrikanervolk is soos meeste ander volke in twee groepe verdeel – dié wat konserwatief van inbors is, en dié wat ‘n meer liberale uitkyk op die lewe het. Ons praat van die regses en die linkses. Beskou mens die geskiedenis van ons volk kan hierdie verdeling reeds van die vroegste tye gade geslaan word. So was die deel van die volk wat ‘n meer liberale siening huldig in die 1800’s dié wat hul heel gemaklik onder Engelse bewind aan die Kaap gevoel het. Hulle beweeg aan die buiterand van die harde kern waaruit ‘n volk saamgestel is. Daardie stel waardereëls wat die aard en wese van ‘n volk bepaal. Die konserwatiewe denker vind homself altyd nader aan hierdie kern, hy lééf hierdie waardes en koester dít wat sy volk uniek maak. Die liberale mens is pragmaties in sy denke , individualisties en meer gesteld op eiebelang. Die konserwatis daarteenoor is beginselgebonde, sien homself as deel van ‘n groep en stel gewoonlik eiebelang ondergeskik aan die groter geheel waarvan hy deel vorm – hetsy dit sy gesin, familie, gemeente/gemeenskap of volk is. Sy benadering is om altyd vanuit beginsel, eerder as vanuit omstandigheid te handel.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (18)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Generaal-majoor Sir George Pomeroy Colley was die opperbevelvoerder van die Britse magte in Suid-Afrika, asook die goewerneur van Natal en Hoë Kommissaris oor die Britse Kolonies in Suidelike Afrika, 'n briljante man met 'n uitstekende militêre rekord en voormalige professor aan die Sandhurst Militêre Akademie in Engeland. Hy het 'n opmars van Natal na Pretoria begin om die garnisoene te ontset. Hy het met 1200 troepe kamp opgeslaan op die plaas Mount Prospect, suid van Laïngsnek.
Laïngsnek was 'n strategiese plek waar die roete tussen Pietermaritzburg (in Natal) en Pretoria (in Transvaal) oor die Drakensberge gegaan het. 'n Boeremag van 1500 man onder Kommandant-generaal Piet Joubert het hulle op die lang rug van Laïngsnek, net Oos van Majubaberg, ingegrawe om Colley se opmars te stuit.
Op 28 Januarie 1881 met die Slag van Laïngsnek het Generaal Colley se magte probeer om Laïngsnek te verower, maar moes die aftog blaas nadat Kolonel Deane en baie van sy troepe gesneuwel het. Op 8 Februarie 1881 met die Slag van Ingogo, ook bekend as die Slag van Skuinshoogte, het Colley se troepe weer onsuksesvol met die Boere onder Generaal Nicolas Smit slaags geraak.
OORDEELSDAGKLOK AL NADER AAN MIDDERNAG
“Ek weet nie met watter wapens die Derde Wêreldoorlog geveg sal word nie, maar die vierde Wêreldoorlog sal met stokke en klippe geveg word.” – Albert Einstein (1879-1955), Duits-gebore teoretiese fisikus, (in 'n onderhoud in 'Liberal Judaism', April-Mei 1949)
Die wêreld word toenemend 'n meer chaotiese en gevaarliker plek as ooit. Dit het baie te doen met die huidige gebrek aan kernafskrikkingsooreenkomste tussen groot kernmoondhede. As een kernland 'n aanval met 'n kernwapen sou loods, kan dit 'n eksistensiële bedreiging vir honderde miljoene inwoners van die planeet skep. As leiers van nasies met kernwapens voortgaan om met 'n volskaalse kernoorlog te dreig en die idee te fantaseer dat hulle 'n kernoorlog kan 'wen', kan die wêreld reguit op pad wees na 'n uitgebreide katastrofe. ’n Verwoestende kernoorlog sou tragiese menslike gevolge en groot ekonomiese verval meebring. Dit sal 'n groot vermorsing van hulpbronne wees, maar dit kan ook 'n kernwinter skep met skadelike uitval op gewasse wat lei tot langdurige hongersnood, met erge lugbesoedeling.
‘n Bevestiging van die besef oor die gevare van kernoorlog, is die ‘Bulletin of the Atomic Scientists’ se simbool van die ‘Doomsday Clock’ wat in 1947 geskep is – dat dit in Januarie 2023 op 90 sekondes voor middernag gestel is. Dit is in Januarie 2024 op daardie hoogtepunt gehou omdat die mensdom 'n al hoër vlak van gevaar beleef in drie hoofgebiede:
- die grootste is die risiko van kernoorlogvoering,
- die voortdurende negatiewe gevolge van klimaatsverandering
- en die nuwe bedreiging van Kunsmatige Intelligensie.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (17)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die eerste paar myl gaan vinnig verby. Franci se aandag word afgetrek deur die omgewing, Oubaas se manewales voor die perd uit, waar hy so af en toe ‘n fisant uit die lang gras opjaag, agter ‘n trop tarentale aanhardloop en hy verras ‘n vlakhaas amper, voordat laasgenoemde in ‘n gat af verdwyn, waar hy probeer om agterna te gaan, besef die gat is te klein, dan met sy voorpote grawe en tjankies van frustrasie maak. As Franci hom roep, kom hy aangehardloop, die haas vergete.
Middagete is eenvoudig, met ‘n stukkie biltong, wat sy met Oubaas deel, ‘n beskuit wat sy sommer so hard en droog eet. ‘n Paar slukke uit haar watersak en sy ry verder.
Sy slaap die aand in ‘n smal klofie anderkant die Suikerbosrante. Dis koud, maar sy trek haar kombers styf en as Oubaas nadersluip en haar met ‘n growwe voorpoot krap, maak sy die kombers oop en hy klim styf teen haar rug in.
Die gedagte aan Emma maak ‘n dowwe kol op haar maag, amper soos ‘n stuk lood wat daar lê en met ‘n snik op haar lippe en ‘n diepe sug uit haar binneste, raak sy aan die slaap. ‘n Paar skelm trane loop uit haar oë.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (16)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Sy het self die klein, eenvoudige houtkissie gedra vanaf die kerk na die begraafplaas, of te wel die kerkhof. Francesca is uitgehuil, met die trane van rouverdriet wat spore oor haar wange gelos het, haar oë effens pofferig gelaat het en ‘n lewensmoegheid wat onbeskryflik is en wat onverstaanbaar is vir enige mens wat nog nooit ‘n kind aan die dood afgestaan het nie.
Later jare sal iemand die verskillende fases van rou beskryf, met skok, ontkenning, woede, onderhandeling (bargaining - met God) en uiteindelik aanvaarding. Daarvan weet Francesca natuurlik niks en het sy na die aanvanklike skok en ontkenning by woede vasgesteek. Dis die maklikste emosie om op te gaan rus en aan die gang te hou.
Sy is nie kwaad vir die Here nie, ook nie vir die siekte of noodlot nie. Sy verwyt nie haarself dat sy nie vroeër opgelet het Emmatjie is siek nie, of Oudokter Maarschalk nie. Natuurlik ook nie vir Tant Ralie nie en vir Jan omdat hy nie daar was in haar nood nie. Sy is kwaad vir die Engelse, omdat hulle die siekte aangedra het.
"GOD VERHOED DIT!"
Ná dr Verwoerd se dood het Suid-Afrika baie vinnig die vernietigingspad gestap onder verraderlike nuwe leiers in samewerking met die Geldmag. Vir 30 sikkels silwer het hierdie 'leiers' Suid-Afrika in 1994 sonder slag of stoot finaal aan 'n Swart kommunistiese owerheid oorhandig, 'n regime wat tans besig is om deur korrupsie die land in 'n ekonomiese krisis en groot revolusionêre ontwrigting te dompel. Pas nadat Mandela en sy terroristebende tronktoe gestuur is in 1964, het sogenaamde vryheidsvegters verklaar dat Mandela dalk nog met 'n swart kommunistiese regering Suid-Afrika eendag sou regeer. Dr Verwoerd se woorde hierop sal nog lank en hard in die aangesig van ons mense se huidige lyding onder hierdie bestel teen die kranse weergalm: "GOD VERHOED DIT!"
DIE ONSE VADER (VI)
Ds A.E. van den Berg
“En vergeef ons ons skulde soos ons ook ons skuldenaars vergewe” (:12)
Gelowiges streef na 'n heilige lewe. Ongelukkig heers daar by talle 'n misverstand oor wat heiligheid beteken. Die Bybel sê baie duidelik dat alle wedergeborenes heilig is. Let gerus op diegene aan wie die meeste van die NT-skrywers briewe rig – aan die heiliges.
Wanneer mense die woord heilig hoor, dink baie aan hul sondigheid en diskwalifiseer hulle as't ware hulself en sê: “Hoe kan die Here my as heilig beskou, terwyl ek so vol sonde is?” Was die gelowiges van die NT dalk 'n geestelike trappie hoër as hedendaagse gelowiges? Nee, let op die gelowiges in Korinthe. Al was hulle redelik onkundig oor die werking van die Heilige Gees, word hulle nogtans as heiliges aangespreek.
Die Grieks vir heilig is hagios. Dit beteken nie om volmaak te wees nie, maar om opsygesit of eenkant geplaas te wees. Dis waarom God self die Heilige is, omdat Hy van alle sonde, onreg en onreinheid afgesonder is. Die rede waarom alle gelowiges ook in beginsel heilig is en heiliges genoem word, is omdat God hulle as beklee met Jesus sien.
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (4)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Die ondersoek
Die eerste aanslag op dr. Verwoerd se lewe op 9 April 1960 in die Milnerpark-arena in Johannesburg was deur ’n man wat later as geestelik versteurd aangedui is. Die man wat dr. Verwoerd ses jaar en vyf maande later in die Volksraad vermoor het, is ook as ’n geestelik versteurde gesertifiseer.
David Beresford Pratt het kort voor sy daad op 9 April 1960 intieme verbintenisse met die verlinkse politiek in Brittanje gehad. Daar is berig dat hy enkele maande voordat hy dr. Verwoerd in Johannesburg geskiet het, geld vir die Liberale Party in Engeland ingesamel het.
Demitrios Tsafendas was ’n kommunis - van sy jeugjare af totdat hy sy afgryslike daad in Kaapstad gepleeg het. Die verhaal van sy lewe toon ’n volgehoue verbintenis met die linkses en die kommuniste. Hy was lid van die Kommunistiese Party.
Net soos David Beresford Pratt was Demitrios Tsafendas ook in Engeland waar hy steun onder die verlinkses gewerf het vir ’n opstand in Suid-Afrika en Mosambiek. Dit was kort voordat Pratt onder die ver-linkses van Engeland beweeg het.
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (3)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Die daad
Die sluipmoordenaar het veertien sekondes gehad om die raadsaal van die Volksraad binne te glip nadat die aanvangsklokkies opgehou lui het en tot by dr. Verwoerd se bank te beweeg. Met afgemete presiesheid het hy dit gedoen.
Enkele oomblikke tevore het verskeie Volksraadslede die man in die donkerblou bodepak in die wandelgang sien staan en wag - totdat dr. Verwoerd opgedaag het. Hy het nie dikwels daar gekom nie, want sy werk was om die persmanne in ’n ander deel van die gebou te bedien. Tog het hulle dit nie vreemd gevind dat hy op daardie oomblik daar was nie. Bodes in die Volksraad beweeg vryelik sonder om agterdog te wek.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (15)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Noem dit moedersinstink, ‘n onbewuste neiging om die ongewone te verwag, niemand weet nie, ook nie Francesca nie. Iewers na middernag skrik sy wakker en lê en luister. Wat het haar wakker gemaak? Is dit die moontlikheid dat iemand anders in die huis kan wees? Wat hoor sy? Onwillekeurig steek sy die lantern aan en kyk na waar Emma slaap, in haar bedjie, pas langsaan Franci se bed. Die kindjie hyg effens en as Franci oor haar buk, is die baba vuurwarm van die koors. Franci gooi die kombers van haar af en tel haar op, druk haar teen die bors en wieg haar, soos ‘n ma maar maak.
“Toemaar, my baba, toemaar. Alles is reg – wat is fout met jou lyfie?”
Sy spons die kindjie af, maar die koors wil nie breek nie. Radeloos en met net ‘n kamerjas oor haar nagklere aangetrek, hardloop sy met Emma in haar arms buitentoe, na Tant Ralie se huis, net die ent af in die straat. Sy klop hard, en slaan dan met haar handpalm op die deur.
“Tant, Ralie, asseblief, maak oop!”
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (2)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Die laaste oomblikke
Dr. Verwoerd sou op 8 September 1966, twee dae na die sluipmoord, verjaar het. Hy sou dan vyf-en-sestig jaar word, en het reeds agt jaar lank die pos van Eerste Minister beklee. Teen die einde van die week voordat hy vermoor is, het hy uit Kaapstad, waar die Parlement in sitting was, na Pretoria vertrek vir ’n ontmoeting met hoofman Leabua Jonathan van die latere Lesotho. Die ontmoeting was gereël vir Vrydagoggend, 2 September 1966. Die volgende Dinsdag het hy ’n belangrike afspraak in die Volksraad gehad. Dan sou die debat oor sy pos as Eerste Minister begin.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (14)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
2. Slag van Laiingsnek
28 Januarie 1881
Op die heuwelrug van Laiingsnek, Oos van Majuba, het sowat 1500 Boere hulle deeglik ingegrawe onder bevel van kommandant-generaal Piet Joubert. Op 28 Januarie 1881 het generaal Colley met meer as 1000 man en 6 veldkanonne hulle aangeval maar is verpletterend verslaan. 83 Britte en 14 Boere het gesneuwel en 111 Britte en 27 Boere is gewond.
*
Dis nie baie ver na Laingsnek nie, sowat een honderd en negentig myl en dit neem die burgers vyf dae om daarheen te ry. Naby die pas kom Boetie aangery.
“Het ek nie gesê jy moet by die waens bly nie!?”
“Ja, Oom, maar ek het gedink julle het my dalk net nodig.”
MPOX-PLANDEMIE VOOR ONS DEUR
Terwyl ons daagliks om ons mense sien sterf as gevolg van die Covid-19-gifinspuiting, is Bill Gates besig om 'n apepokke-pandemie op die wêreld los te laat deur middel van 'n laboratorium-geskepte weergawe van hierdie biowapen en dan 'n entstof vir die virus vry te stel wat selfs dodeliker as die siekte self is.
’n Fluitjieblaser van die Bill en Melinda Gates-stigting het reeds die wêreld gewaarsku dat Gates die apepokke-virus in groot stede in die VSA deur middel van “chemtrails” saai. Nou waarsku die fluitjieblaser dat die Mpox-plandemie slegs fase een van die meesterplan is. Fase twee behels die entstowwe wat tans in ontwikkeling is en MIV-antigene bevat, die proteïene wat deur die MIV geproduseer word wat 'n immuunrespons in die liggaam ontketen en tot volwaardige VIGS lei.
Verlede jaar het Bill Gates 'n bedreiging vir die wêreld uitgespreek oor hoe 'n "bio-terroris" pokke na 10 lughawens kan neem en die wêreld totaal kan inneem. Die globalistiese miljardêr moes op sy woord geneem gewees het want bewyse van die fluitjieblaser se aansprake speel reeds voor ons oë af.
Pokkevirus-entstowwe wat deur Gates gefinansier word en gereed is vir wêreldwye verspreiding, is deel van sy ontvolkingsagenda.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (13)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
1. Slag van Bronkhorstspruit 20 Desember 1880
Desember 1880 is Luitenant–kolonel PR Anstruther met sy 94ste regiment op mars vanaf Lydenburg. Sy opdrag is om aan te sluit by die Britse magte in Pretoria.
Die opdrag uit Heidelberg aan die Transvaalse Boere is om die Britse magte te verhoed om aan te sluit by magte in Pretoria. Hulle wag die aankomende Britte in naby Bronkhorstspruit onder bevel van Kommandant Frans Joubert.
SEPTEMBER - VERWOERDMAAND
Johan Dorfling
Waarom word September as Verwoerdmaand beskryf? Dit verg deeglike naleeswerk en naslaanwerk om by die geldigheid van die benaming uit te kom.
Word verder gekyk, het groot dinge rondom dr Verwoerd in September plaasgevind. Hy is op 8 September 1901 gebore.
Hy is vanaf 1 Oktober 1937 as redakteur van die nuutgestigde koerant, Die Transvaler, aangestel, maar het Septembermaand gebruik om by 'n ander partykoerant ondervinding op te doen sodat hy deeglik voorbereid kon wees. 'n Kenmerk van groot leiers.
Die Voortrekkerpers-gebou is in September 1941 nie-amptelik deur soldate-gepeupel aangeval. Dr Verwoerd was min opgewonde oor die aanval. Na alles tot ruste gekom en die aanval afgeslaan was, het hy kalm en rustig na sy motor toe uitgestap.
In 'n toespraak in die senaat op 3 September 1948 het hy die betekenis van apartheid duidelik en ondubbelsinnig uitgespel. Teenstanders van die beleid was stomgeslaan oor die helder gedagtegang en toekomsvisie.
SLUIPMOORD OP DR VERWOERD (1)
Beaumont Schoeman – geskryf in 1975
Lees reeks by SLUIPMOORD OP DR VERWOERD
Vooraf
Politieke sluipmoorde is vandag nie juis meer iets seldsaam nie. Baie nasies leef trouens feitlik elke dag saam met die moontlikheid dat ’n sluipmoordenaar hom teen hulle effektiewe regeringshoof sal rig. Maar tog word sluipmoorde gepleeg waarvan die betekenis en gevolge vir nasies groter is as soortgelyke dade vir lande waar dit feitlik al ’n algemene verskynsel geword het. Dit is dan ook vanselfsprekend dat in sulke gevalle die sluipmoorde baie groter weerklank dwarsdeur die wêreld sal vind.
In November 1963 is die Amerikaanse volk geruk deur die sluipmoord op pres. John F. Kennedy. Minder as drie jaar later, op 6 September 1966, het Suid-Afrika verdwaas gestaan toe ook sy regeringshoof deur ’n sluipmoordenaar neergevel is.
Hierdie twee sluipmoorde was ongetwyfeld die belangrikste van die afgelope twee dekades.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (12)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Vyf sjielings, miesta Verwey.”
“Vyf sjielings? Dis nogal baie vir elke patroon.”
“Nee, Miesta Jan, vyf sjielings per geweer. Die patrone – hoeveel is daar?”
“Omtrent vyf duisend.”
“Ek sal die patrone van jou hande afhaal vir vyf Engelse pond.”
“En vir die twee honderd en tagtig nuwe Martini-Henri’s vyf sjielings elk? Dit is, laat ek nou mooi dink – omtrent sewentig pond? Plus vyf pond vir die ammunisie?”
Ephraim Epstein trek ‘n stuk papier en ‘n potlood nader. Hy maak vinnig twee sommetjies. Die een wat Jan Verwey behels en die ander een vir wat hy vir die wapens en ammunisie kan kry as hy dit aan die Boere verkoop. Ja, hy kan ‘n mooi winsie maak!
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (11)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Op 17 Januarie 1852 is die Sandrivierkonvensie tussen die Transvaalse Republiek en Brittanje onderteken. Op 12 April 1877 verbreek Brittanje die konvensie eensydig en Theophilus Shepstone annekseer Transvaal as 'n Britse kolonie.
Dié oorlog sou uiteindelik oor vier veldslae strek: by Bronkhorstspruit, Laingsnek, Ingogo/Skuinshoogte en Majuba. Ná Majuba op 27 Februarie 1881 het die Engelse egter gou vredesonderhandelinge begin aanknoop.
Dit was egter die aanloop tot die Eerste Vryheidsoorlog op 11 NOVEMBER 1880 op Potchefstroom wat wys hoe die finale strooi die rug van 'n kameel kan laat breek:
Die burgers van Transvaal het beswaard gevoel oor die belasting wat hulle aan die "vreemde regering" van Brittanje moet betaal. Op 7 Oktober 1880 het genl PA Cronje en 130 burgers van Schoonspruit beswaar gemaak by die landdros van Potchefstroom teen die belasting. Een van die Boere, Piet Bezuidenhout, het volstrek geweier om belasting aan die Britse Owerheid te betaal, en die balju van Potchefstroom het beslag gelê op sy wa om dit op 'n veiling te verkoop.
TATOEËRING IS SONDE
Wat sê die Bybel oor tatoeëring?
“Julle mag ook ter wille van ʼn dooie geen snye in julle vlees maak nie en geen ingeprikte tekening in julle vel maak nie. Ek is die Here” (Lev.19:28).
Niks vernietig ʼn volk se gees soos bose, volksvreemde gebruike wat posvat nie. Baie mense, veral sportlui en verhoogkunstenaars, laat hulle tatoeëer; mense wat as rolmodelle beskou word.
Tatoeëring is ʼn bewustelike ontering van die mens se liggaam as tempel van God. Dis ʼn baie ou heidense gebruik. Daar is selfs mummies met tatoeëermerke gevind.
In die OT was sulke merke ʼn teken van afgodsdiens. Afgodedienaars het hulle graag laat tatoeëer en daarmee aangedui dat hulle aan ʼn sekere afgod behoort. Keiser Konstantyn het in die vierde eeu nC alle tatoeëermerke in die gesig verbied sodat die gesig die onbesoedelde beeld van God kon weerkaats. In 767 nC het pous Adrianus alle tatoeëermerke verban, ook op die lyf.