Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
God loop nie soos ’n stootskraper oor mense wat nie in hul spoor trap nie. In sy liefde om sondaars van ’n ewige dood te red, staan Hy selfs terug soos eeue later weer gebeur het toe Hy weereens teruggestaan het sodat Jesus mens kon word, nie net om verwerp nie maar ook gekruisig te word.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (10)
VRYBURGER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
‘n Man is ‘n onafhanklike wese. Hy hou daarvan om vry te wees en elke mens het ‘n ander idee van wat “vryheid” werklik beteken. Vir die ou veeboere, later bekend as “Vryburgers”, aan die Kaap het dit beteken om weg van die Kasteel en die owerheid te beweeg, na waar daar genoeg weiding in die binneland sou wees. Die Voortrekkers het hulle Vryheid gesoek op ‘n plek waar daar nie Engelse oorheersing was nie. Daarna het hulle verder Noord gegaan, met sommige wat in die Transvaal gaan woon het, maar ander selfs ookant die Limpopo.
Jan Verwey het gemeen hy is ‘n vry man. Die gereg het geen belang in hom nie, nie in die Kaap, Natal, Vrystaat of Transvaal nie. Sy ouers is oorlede, sy broers op hulle eie en sy suster is by Ouboet Gert. Al wat Jan het, is ‘n paar pond, twee waens en vryheid om te kom en gaan soos hy wil. Hy hou van die langpad, die slaap in die veld, die reuk van die osse, Goliat se rug, die reuk van die veld as dit pas gereën het, koffie in die vroegmôre, vleis oor die kole en so af en dan om in die dorp te kom, wat maar min is en die plekke verveel hom gou. Hy kan dan nie wag om weer te begin met die transportry nie.
DIE GESAG VAN GOD SE WOORD
Hannes Ollewagen
Luk. 16:19-31
“Toe sê Abraham vir hom: Hulle het Moses en die Profete; laat hulle na dié luister. Maar hy antwoord: Nee, vader Abraham, maar as iemand uit die dode na hulle gaan, sal hulle hul bekeer. Maar hy sê vir hom: As hulle na Moses en die Profete nie luister nie, sal hulle nie oortuig word nie, al sou iemand ook uit die dode opstaan.” (:29-31).
Daar het onlangs nog ‘n “vertaling” van die Bybel die lig gesien. Nogeens kon mense nie die begeerte in hul onderdruk om aan die Woord van God te torring nie. En dan wonder ek ook telkens of hierdie mense nie op enige stadium met aandag na Open. 22:18&19 luister nie. “Want ek betuig aan elkeen wat die woorde van die profesie van hierdie boek hoor: As iemand by hierdie dinge byvoeg, dan sal God oor hom die plae byvoeg waarvan in hierdie boek geskrywe is. En as iemand iets van die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, dan sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge waarvan in hierdie boek geskrywe is.”
Ek kyk toe ook vir interessantheid na laasgenoemde gedeelte in die “2023 Kontemporêre Afrikaanse Vertaling”. Dit lui as volg – “En as iemand die woorde van die boek van hierdie profesie wegneem, sal God sy deel wegneem uit die boek van die lewe en uit die heilige stad en uit die dinge wat in hierdie boek geskrywe is.” Die weglating van die woord “iets” verleen aan hierdie vers ’n geheel ander betekenis.
GOD HET ONS NIE VERGEET NIE
Elkeen van ons het al op een of ander stadium iets belangriks vergeet. Miskien ʼn verjaarsdag, huweliksherdenking of wat ook. Ons het dit vergeet. Een ding durf ons nooit vergeet nie; ons afhanklikheid van God. Dit het met ernstige gevolge met Israel in die tyd van Jeremia gebeur. Afhanklikheid van God is soos die naelstring van ʼn ongebore baba aan sy moeder. Jesus sê in sy eerste saligspreking: “Geseënd is dié wat weet hoe afhanklik hulle van God is, want aan hulle behoort die koninkryk van die hemel” (Mt.5:3). Vergeet alles, maar net nie jou afhanklikheid van God nie.
God het vir Jeremia ʼn onaangename opdrag gegee – hy moes God se oordeel oor sy eie volk gaan aankondig. En dis nie so maklik nie! Dis makliker om oordeel oor vyande aan te kondig, maar om dit oor jou eie volk aan te kondig, is ʼn perd van ʼn ander kleur! Daarom was Jeremia aanvanklik onwillig en het ʼn verskoning uitgedink: hy was heeltemal te jonk vir so ʼn gewigtige taak. God het egter beloof om met hom te wees – geen verskoning nie!
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (9)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Jan word vroeg wakker en lê vir ‘n minuut en kyk na die seil bokant hom. Dit het deur die nag gestuifreën en hy het die karos styf om hom vasgevou teen die koue van die vroegoggend. Daar is ‘n tevrede gevoel wat hom beetkry en hy kan dit vir eers nie behoorlik vasvat nie, maar besef na ‘n wyle dis oor die meisie. Oor Francesca dat hy so anders voel. En tog… hy is soveel ouer as sy en sy sal sekerlik, as hulle terug in die dorp is, iemand van haar portuur soek, iemand so oud soos sy of nie meer as vyf jaar haar senior nie.
Dis die verloop van die natuur, dat selfs die taaiste ou leeus mettertyd plek moet maak vir die jonger mannetjies en hy verwese en vernederd die aftog moet blaas – dis nou as hy die geveg oorleef. Die ou olifantbul sal nie lank standhou voor ‘n jong bul nie, al is sy tande langer en swaarder as die jongeling s’n. Dit help nie dat hy wat Jan Verwey is, nou van homself ‘n gek maak oor ‘n meisiekind wat letterlik jonger is as wat sy eie sou wees as hy op sê maar twintig of selfs vyf en twintig getrou het.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (8)
VRYBURGER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die reën het die aarde nie net natgemaak nie, maar ook hier en daar sagte modder gelos, waardeur die swaargelaaide waens moeisaam beweeg as die dun wiele wegsak in die kleiagtige grond.
Jan kom agter dat Franci al meer saam met die wa loop en nie meer op die wakis saamry nie. Die afgelope tyd se sonlig, wind en skoon lug het ‘n gesonde blos op haar wange gebring. Sy het vir haar ‘n sonkappie geprakseer uit een van die rolle lapmateriaal wat Jan saamry, om uiteraard aan die boere se vroue te verkoop. Dis ook blou, soos haar rok, maar ‘n paar skakerings donkerder.
Met ietwat teësin het Jan haar toegelaat om Goliat te ry en sy geniet dit terdeë. Daar is min dinge so lekker as om op ‘n sterkgespierde, vinnige en kragtige perd te ry, om die magtige dier die rigting te laat inslaan waarheen jy wil hê dit moet gaan, bloot deur die teuels te genruik, of ‘n drukking van jou voet teen sy ribbes.
NAPOLEON EN GIDEON
Dr Gustav Norval
(Hier volg ‘n kosbare dog minder bekende uittreksel uit die lewens van bogenoemde helde - Red)
Napoleon het bekendheid verwerf met die oorlog teen die Oostenrykers gedurende 1796 en teen die Turke en Egipte tydens 1798. Gedurende November 1799 het hy die Franse revolusionêre regime omver gewerp en hoof van die land geword. 1800 Het hy Oostenryk aangeval en 1804 het hy homself as emperator van Frankryk gekroon. Gedurende 1806 het hy Europese lande ingeval en Europa aan hom onderwerp. Hy het die Britte, Duitsers en Russe verslaan en Spanje tydens 1808 ingeval. Die volgende jaar het hy Oostenryk weer aangeval en 1810 was Rusland ingeval, maar die Russiese winter het sy weermag uit die land verdryf.
Gedurende 1813 het gekombineerde magte van Pruise, Oostenrykers en Russe vir Napoleon aangeval en hy het hulle by Leipzig verslaan. Die volgende jaar het dieselfde alliansie hom opnuut aangeval. Hy het onder druk van die Europese koningshuise geswig en was toe na die eiland Elba verban. Februarie 1815 het hy van Elba ontsnap en daarna die Franse regering met geweld onttroon, maar die Britte, Oostenrykers en Duitsers het Napoleon opnuut rondom Junie 1815 aangeval en by Waterloo verslaan. Daarna was hy deur die Britte vir die res van sy lewe na die eiland St. Helena verban, waar hy onder toesig van Lt.genl. Hudson Lowe geplaas was.
Napoleon se medikus en ‘n paar van sy weermag-offisiere was ook saam met hom verban. Napoleon het gely aan erge periodieke maagkrampe en verlamming van sy bene, alles simptome wat eers baie later deur ‘n Sweedse tandarts as arseen-vergiftiging herken was. Napoleon het op 51 jarige leeftyd op 5 Mei 1821 ‘n baie pynlike dood gesterf.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (7)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Dis baie vroeg as Jan vir Goliat opsaal. Hy het lank oor die saak gedink, maar uiteindelik die Snider .577 verruil het vir een van die nuwer Martini-Henri’s. Hy is nie seker of die visiere ingestel is nie en moet maar daarop staatmaak dat die vervaardigers dit gedoen het. Die feit dat die Engelse so mis skiet, troos hom nie baie nie, en hy hoop maar vir die beste.
Sie en Sa is al besig om die waens in te span as die vrou uit die wa kom. Sy het lekker geslaap en is dankbaar vir die feit dat Jan sy slaapplek vir haar opgeoffer het.
Natuurlik het sy niks saamgebring nie, maar met Jan se ma se haarborsel en die water wat Sie vir haar wa toe aangedra het, kon sy weereens was en haar hare borsel. Daar is koffie en roosterkoek vir ontbyt en sy is baie dankbaar daarvoor.
“Môresê, Nonnie!” groet Sie en Sa feitlik tegelyk.
“Môre julle twee,” groet sy terug. “Waar is Jan?”
“Daar ry hy al, Nonnie. Hy gaan kyk of hy nie vars vleis vir ons gaan kry nie.”
Sy kyk op na waar Jan reeds meer as ‘n honderd tree van die laer af is. Al is hy nie so groot gebou nie, merk sy op dat hy breë skouers het en dat hy baie regop in die saal sit. Daar is iets sterk en indrukwekkend aan die man en sy kyk totdat hy oor die eerste bult verdwyn.
“Gaan hy lank wegbly?”
DENKBEELDIGE EN WARE MISDADE – TRUMP, RFK & JFK
MIKE KING
Die New York Times het bevestig dat vyf van die geheime diens se agente wat by die Trump-saamtrek waar daar ‘n mislukte moordaanslag op sy lewe plaasgevind het, weer in hulle poste aangestel is. Die agente sal op die agentskap se betaalstaat bly terwyl ondersoeke voortgaan.
Soos 'n mens sou verwag in hierdie era van uurlikse nuussiklusse, het alle simpatie wat verkry is deur die VERVALSTE "sluipmoordpoging" op bevelvoerder Trump, reeds verdwyn. Anders as die VALSE "sluipmoordpoging" op kandidaat Theodore Roosevelt in 1912 – wat net drie weke voor 'n verkiesing plaasgevind het waarin die voormalige president net genoeg Republikeinse stemme kon wegsteel om Demonrat Deep Stater Woodrow Wilson verkies te kry. Die 13 Julie "sluipmoordpoging" op Trump het te vroeg in die wedstryd gekom. Die tydsberekening laat dus die vraag ontstaan: Waarom het die White Hat Productions nie tot die herfs gewag en dit as 'n dramatiese "Oktober-verrassing" opgevoer nie?
Antwoord: Die motief agter die opvoering van die VALSE skietery was glad nie om Trump se verkiesingskanse te verhoog nie (sy "terugkeer is reeds onvermydelik"). Dit was iets anders; en die feit dat die "ondersoek" na die saak – soos bewys uit hierdie Sondagverhaal in die White Hat Times - voortgaan, bewys dit.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (6)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Jan het iewers gedurende die nag ingesluimer en as hy wakker word, dink hy vir ‘n kort oomblik dat hy alles gedroom het. Hy besef egter sy linkerarm is half lam en as hy nog meer wakker word, voel hy die gewig van die meisie daarin. Half geskok kyk hy na waar sy in sy arm lê. Selfs in die vroegoggend lig, wat nou net effentjies deur die watent se seil skyn, kan hy haar gelaatstrekke sien. Sy moet van iets droom, want sy maak ‘n enkele sagte kreungeluidjie, soos iets wat pyn ervaar.
Vir ‘n oomblik flikker haar oë oop en dan slaap sy verder. Die oë is daardie donker helderblou, wat hy gisteraand gesien het. Hy besef dat hy baie verlig is dat sy nie gedurende die aand gesterf het nie en terselfdertyd ervaar hy ‘n diep skuldgevoel. Hy het nog nooit langs ‘n vrou geslaap nie.
Versigtig, sonder enige vinnige bewegings, trek hy stadig sy arm onder haar kop uit. Vir ‘n oomblik lyk dit asof sy weer wakker gaan word, maar draai dan om op haar linkersy en slaap verder. Die spierwit van haar skouers en rug maak hom onrustig op ‘n vreemde manier. Ewe versigtig kruip hy na die voorkant van die wa, waar hy sy klam langbroek en hemp van die wakis af optel en aantrek. Sy skoene is nog agter die wa, en hy loop, versigtig vir dorings of skerp klippe, daarheen, trek hulle aan, tel sy hoed op en sit dit op sy kop. Die oggendlug het nog ‘n byt daarin en die klam klere help niks.
WAT IS DIE NUWE WÊRELDORDE?
Ten spyte wat alles met ons in die afgelope vier jaar gebeur het en die naam DIE NUWE WÊRELDORDE noodwendig aan die orde van die dag was, is daar steeds talle mense wat nie weet wie en wat Die Nuwe Wêreldorde is nie. ‘n Poging om ‘n samevattende verduideliking te gee, volg hier:
Die Nuwe Wêreldorde is ‘n eeue-oue sameswering om die Westerse beskawing te korrupteer, te verswak en finaal omver te werp; en vestig globale totalitarisme op die ekonomiese en kulturele ruïnes van die hele planeet. Die kern van hierdie poging is 'n enorme en ingewikkelde netwerk van bankiers, mediamagnate, politieke agente, akademici en intelligensie-agentskappe. Die Kabaalbase is lankal buitensporig maar nie uitsluitlik nie Jode. Dink daaraan as 'n Joodse Mafia met helpers. Om die uiteindelike agenda te bevorder, gebruik die Kabaal rassehaat hoofsaaklik teen Blankes, nasionale wedywering, godsdiensverskille, ewige skuld, oorlog, siektes, terrorisme, kommunisme, ateïsme, satanisme, sionisme, omgewingswese, feminisme en onsedelikheid in alle vorme as metodes vir die vernedering en aftakeling van die mensdom. Langs hul reis van ondergrondse plotters tot bo-die-wolke meesters, het die Kabaal baie geruïneer en vermoor wat dit gewaag het om hulle teë te staan, of net eenvoudig geweier het om hulle te gehoorsaam.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (5)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die waens is swaarder gelaai as wat Jan voor begroot het en die dun staalbande van die groot wiele maak diep spore in die grond. Dis so ‘n katspoegie onder drie honderd myl terug na Pretoria toe. Hy is nie heeltemal seker wat hy met die wapens en ammunisie gaan doen nie. Natuurlik het hy uit een van die kaste met nuwe gewere vir homself een geneem, en ‘n kas ammunisie daarby. Die meeste van die wapens is nog so te sê nuut en sommige van hulle het minder as ‘n honderd skote deur die loop.
Hy het geen idee wat die waarde daarvan sal wees nie – sekerlik meer as hy dit een vir een aan die burgers kan verkoop, wat meestal nog met Westley-Richards Monkey-tail agterlaaiers of self ou voorlaaiers bewapen is.
Hy is nie heeltemal seker wie tans die president van Transvaal is nie, miskien nog T.F. Burgers, en sy adjunk Paul Kruger? Of miskien is daar nou niemand nie, omdat Transvaal deur die Britte geannekseer is? So, wie gaan die magtiging hê om vir die wapens te teken as hy dit aan die Republiek wil verkoop? Bestaan die Republiek nog?
ELKE HOND KRY SY DAG
GUSTAV NORVAL
Teen die einde van Desember 1838 het Piet Retief en 10 trekkers vanaf Kerkenberg in die Oos Vrystaat na Dingaan se stat vertrek. Retief wou met die Zulu-koning onderhandel vir die verkryging van die landstreek tussen die Tugela- en Umzimvuburiviere. Oppad soontoe het die kommissie op inboorlinge te perd afgekom, wat soos Boere geklee en gewapen was. Hulle was besig om honderde Nkuni-Zulubeeste in ‘n noordwaartse rigting al langs die Drakensberge aan te jaag.
By Dingaan gekom, het Retief-hulle verneem dat hy die Boere verdink het van moord op sy beeswagters en roof van sy koninklike beeskudde. Retief het dadelik besef dat sekere mense besig was om hom en sy trekkers as moordenaars en rowers aan die Zulu’s voor te hou. Retief het daarom vir Dingaan gevra om van sy induna’s beskikbaar te stel om die burgers te vergesel na die eintlike rowers wat in die huidige Witsieshoek gebly het. Retief en sy burgers het met die induna’s in hoofman Sikonjella se stat aankom, waar hulle die geroofde vee gevind het. Retief se burgers het die Zulu-beeste, perde, westerse klere en gewere gekonfiskeer, asook addissionele beeste vir die moeite wat die Makatese die burgers aangedoen het.
ONS SAL SELF?
Hannes Ollewagen
Ps. 147:1-20
“Hy het geen welbehae in die krag van die perd, geen welgevalle in die bene van die man nie. Die HERE het ’n welgevalle in die wat Hom vrees, wat op sy goedertierenheid hoop.” (:10&11).
’n Mens hoor die afgelope tyd op politieke gebied gereeld die wekroep – “Ons sal self”. Dit weerklink omtrent oraloor soos ’n nuwe gonswoord. Dit is dus nodig dat ons oor hierdie wekroep of ingesteldheid sal besin om vas te stel of dit met die riglyn vir ons lewe vanuit God se Woord belyn kan word.
Wanneer ons sê – “ons sal self” – impliseer dit dat ons verantwoordelikheid vir ons eie toekoms en lot aanvaar. En hiermee kan ek heelhartig saamstem. Persoonlike verantwoordelikheid is ’n gesonde beginsel wat in die Woord van God duidelik uitgespel word. Dit word in Eségiël 18 in die hele hoofstuk onder die opskrif “Die persoonlike verantwoordelikheid” behandel. God het die mens se persoonlike aanspreeklikheid ook alreeds in die tyd van Moses duidelik neergelê. “Die vaders mag nie vir die kinders, en die kinders mag nie vir die vaders gedood word nie; elkeen moet vir sy eie sonde gedood word.” (Deut. 24.16).
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (4)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Skielik is die Engelse kamp nie ver onder hom nie, waar hulle, onbewus van enige gevaar, reg maak om menasie toe te loop vir aandete. Die twee wagte sien hom kom, rig hulle wapens, moderne Martini-Henri gewere, op hom en hy trek vir Goliat in.
“And where are you in such a hurry, mate?”
Jan druk die Snider terug in sy skede en hou sy hande waar die wagte dit kan sien.
“I want to see your commanding officer!”
“So you do eh? That would be Colonel Chelmsford.”
“Listen to me! There is a whole regiment coming. Maybe ten thousand or more!”
“So you say. Could you count that far, Boertjie?” Die twee lag lekker vir die grappie.
Jan is verstom. Hoe kan die manne so onnosel wees, of is dit bloot arrogansie?
“Listen!...”
OOM LANG PIET
NOG ‘N DAPPER HELD TYDENS DIE VRYHEIDSOORLOË 
Gustav Norval
Jare gelede, gedurende 1960, het skrywer as 12-jarige seun in standerd vier my oupagrootjie Lourens Erasmus se broer, oom Lang Piet, of te wel Kmdt. Pieter Lafras Erasmus se goue bruilof in Standerton se stadsaal bygewoon. Soos kinders maar is, het jy op daardie ouderdom meer belang gestel in maatjies, as wat jy belang gestel het wat ‘n ou oom te sê gehad het oor sy wedervarings in die Engelse Oorlog. Eers later het skrywer sy storie in meer besonderhede gehoor.
Oom Lang Piet (6.5.1875- 9.2.1966) was die seun van Daniël Poklenberg Erasmus wat op die plaas Uitkyk in die Standertondistrik geboer het. Hy was besig om ‘n dam te bou toe die weer hom op 25 Jauarie 1884 doodgeslaan het. Sy voetspore sit nou nog ingebrand in die sand, wat weens die hitte van die ontlading die sand in glasagtige materiaal verander het. Die spore is omhein en is bekend aan almal in die distrik. Daar was beweer dat Daniël vir God op die dag gevloek het, maar dit is pure spekulasie, aangesien hy alleen was toe dit gebeur het.
DIE LEIDING EN RAAD VAN GOD
Hannes Ollewagen
Ps. 32:1-11
“Ek wil jou onderrig en jou leer aangaande die weg wat jy moet gaan; Ek wil raad gee; my oog sal op jou wees.” (:8).
Hoe kosbaar is hierdie versekering uit God se Woord nie. Dit laat my ook dink aan God se woorde uit Deut. 8:5. “Erken dan in jou hart dat die Here jou God jou onderrig soos 'n man sy seun onderrig”. En uit hierdie gedeeltes openbaar God vir ons iets van sy Vaderhart – ’n hart van omgee en liefde teenoor ons. Hy wil ons leer, Hy wil ons onderrig omdat Hy ons goeie heil in die lewe begeer. Dit is ook uit Eségiël 18:23&32 duidelik. “Het Ek dan miskien 'n behae in die dood van die goddelose? spreek die Here Here. Nie liewer daarin dat hy hom bekeer van sy weë en lewe nie? Want Ek het geen behae in die dood van hom wat sterwe nie, spreek die Here Here. Bekeer julle dan en lewe.”
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (3)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Aan die buitewyke van die dorpie staan ‘n armoedige plank- en sinkplaathuisie. Dis duidelik dat niemand meer daar woon nie en Jan kan maar net raai wat van die mense geword het. Armoede het ‘n manier om mense gou dood te maak. Hy draai sy kop in onwillekeurige simpatie en hartseer. Vanwaar die agterdeur was – hy kan dwarsdeur die klein huisie sien, vanaf die oop, skeefhangende voordeur – sien hy ‘n beweging. Op die ingewing van die oomblik skreeu hy op die touleier, Sie (sy tweelingbroer, Sa, loop by die ander wa) om die span tot stilstand te bring.
“Hôôô daar!”
Jan spring rats af en loop vinnig na die huis toe.
“Iemand tuis?” roep hy, voordat hy binne loop. Ellende is oral te sien. Die meubels bestaan uit ‘n aanmekaargeflansde planktafel, twee kratte wat gedien het as stoele en ‘n deurgetrapte vel van een of ander boksoort, miskien ‘n blesbok as hy mooi kyk, lê op die grondvloer, ‘n paar leë blikke, ‘n ou swart pot en... dit is al. As daar klere of komberse was, het hulle dit saamgeneem, of dit is gesteel en dit is al. Dis asof swaarkry, desperaatheid en honger teen die mure hang. Hoe kan dit wees dat niemand na hulle omgesien het nie? Waar was die Hollandse dominee en sy mense?
KAN ENTSTOF SKADE VEROORSAAK? (15)
Dr Gustav Norval
Verskuilde agendas en die entstofindustrie
Mense soos Miller, Horowitz, Wakefield en organisasies soos Informed Parents Vaccination, Dissatisfied Parents Together, die National Vaccine Information Center (NVIC) en Vaccine Awareness maak mense bedag op die gevare van entstowwe en bied hulp aan mense wie se kinders deur inenting beskadig is. Daar is altyd ‘n intense geskarrel vanuit die mediese “establishment” om hulle verkeerd te bewys sodat die bedryf se geldsake nie in gevaar kom nie. Meer kindersterftes kom in die VSA voor as in Europa waar inenting nie verpligtend is nie. Indien kindersiektes werklik so ‘n gevaar vir die samelewing inhou, waarom is inenting in Europese lande dan nie verpligtend nie? Is entstowwe die rede waarom die VSA ‘n hoë kindersterfte het? Nou word dit ook duidelik hoekom dubbelstandaarde toegepas word: in arm lande word OPV-polio-entstof (bestaande uit verswakte poliovirusse, wat die potensiaal het om terug te muteer na aggressiewe virusse) gebruik, terwyl veiliger polio-entstowwe in ryk lande aangewend word. Miller is in die kol met sy opmerkings dat: “vaccinations are crude experiments conducted on innocent people” en: “mandating vaccines is also an unscrupulous means of extorting money from trusting parents.” Die reg van vrye keuse en die reg op liggaamlike privaatheid word deur owerhede en instansies vertrap, deurdat gierigaards toegelaat word om ampules vol vreemde gene in naïewe gebreinspoelde mense se kinders in te spuit onder die vaandel van nasionale gesondheid, terwyl dit eintlik om dollers en depopulasie draai.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (2)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Met sy saalsakke oor sy skouers gegooi, die een teen sy rug vol ponde en die een aan die voorkant met een wapen en ammunisie, die laaistel in ‘n ander sak en die tweede pistool in sy gordel gedruk, loop Jan deur se kant toe. Net voordat hy buitekant is, vang sy oog iets in die venster. Dis ‘n breë, plat houtkissie, uitgevoer in blou fluweel, met messe, vurke en lepels in die gleuwe gepak. Jan vat die kissie, maak dit toe en kyk na die naam wat in die deksel gegraveer maar uitgekrap is op ‘n baie kru manier. Tog, as hy dit kissie teen die lig hou, kan hy nog sy ma se voorletters daarop sien: “A.W. V.”
Jan was nog nooit geseën met ‘n lydsame humeur nie en hy is onmiddellik weer woedend. Ephraim het aan die manier waarop hy omdraai en naderloop gesien daar is groot moeilikheid. Hy klap die kort deurgangsflap van die toonbank oop en hardloop agtertoe, waar hy hoop hy veilig gaan wees. Voordat hy egter twee tree beweeg het, gryp Jan hom aan sy kraag en ruk hom vloer toe. Met sy linkerhand op die Jood se keel en sy linkerbeen oor sy maag en onderlyf, druk hy hom op die grond vas.
“Nee, nee, Miesta Jan Verwey!”
“VIRUS”-TYD - HIER GAAN ONS WEER!
Terwyl die publiek gedink het dit gaan nou goed, het die Kabaal hulle volgende duiwelsplannetjies agtermekaar gesit. Die Bill Gates-befondsde Afrika-sentrums vir siektebeheer en -voorkoming (Africa CDC) het die afgelope week ‘Monkey-Pox’ (MPox) –apepokkevirus, as 'n openbare gesondheidsnoodgeval verklaar nadat die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) MPox as 'n openbare gesondheidsnood van internasionale omvang verklaar het. Hierdie is glo 'n nuwe seksueel oordraagbare stam van die apepokkevirus.
Suid-Afrika sal weer skarrel om Mpox-entstowwe te koop te midde van “entstof-apartheid”, aangesien Cyril Ramaphosa die naweek die internasionale gemeenskap, vennote en organisasies versoek het om voorraad entstowwe en ander mediese teenmaatreëls te mobiliseer vir ontplooiing in Afrika “te midde van uitbreking” van die siekte.
Ramaphosa, wat in sy rol as die Afrika-unie (AU) se “kampioen in pandemievoorkoming, paraatheid en reaksie” gepraat het, het Saterdag in 'n verklaring gesê Afrika benodig sterk ondersteuning in befondsing, navorsing en die deel van tegnologie, met finansiële bydraes wat gerig is op die Afrika-epidemiefonds onder leiding van Africa CDC.
Die Wêreldgesondheidsorganisasie (WGO) het Vrydag versoek dat die vervaardiging van entstowwe verhoog word: