Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Nog in die gees van Kersfees so op die 2e Kersdag, onthou ons dat die koms van die Seun van God die waterskeiding is tussen verterende droefheid en onomkeerbare vernuwing – ongeag wat mense jou aandoen, jy kán 'n vrolike hart hê.
VEGKOP 16 OKTOBER 1836
TOTIUS
Bleek blink die seile vèr teen die hang,
swart kom die k.....s met driftige drang,
bewend omhoog rys gebed en gesang —
o so bang!
Donkre gevaartes dondrend temet,
blitsende flitse van pyle gewet,
borend na bowe die skietgebed:
Here red!
Hoor die gebruis teen die wawiel aan!
Hoor die geklots oor die seile slaan!
Sug van vertwyfling die boesem ontgaan:
Heer, dis gedaan!
* * *
Vas lê die roer in die trekker se hand,
fluks hou sy vrou aan sy syde stand,
weg vlug Kalipi weer na sy land —
vêr oor die rand!
Swart lê die k.....s: blom van die heir;
“Samel by hope die vyand se speer!
God het geseën man en geweer!
Sink dan terneer!
Hom sy die eer!”
VEGKOP - 16 OKTOBER 1836
Op 16 Oktober 1836 het 6 000 Matabeles onder aanvoering van Kalipi die laer by Vegkop (naby die huidige Heilbron) met sy 33 weerbare manne aangeval. Dit is afgeslaan met die verlies van twee Voortrekkers, terwyl 430 Matabeles in die stof gebyt het. Die Matabeles het egter die aftog met al die Voortrekkervee geblaas en hulle sodoende gestrand gelaat. Daarna het die Voortrekkers onder aanvoering van Potgieter in 1837 twee strafekspedisies teen Mzilikazi onderneem.
Nadat hulle verslaan is, het hulle uiteindelik landuit gevlug. Hendrik Potgieter het hierdie gebied waaroor die "lem" van Mzilikazi regeer het, die Verowerde Gebied genoem en dit tesame met die Geruilde Grond, die gebied tussen die Vet- en Vaalriviere in 1844 tot Voortrekkergebied verklaar en die Republiek Potchefstroom-Winburg daarop tot stand gebring.
Ook hierdie grondgebied is derhalwe nie gesteel nie, maar in ooreenstemming met internasionaal-aanvaarde standaarde bekom.
VERGIFNIS
Hannes Ollewagen
Ps. 32:1-11
“…Welgeluksalig is hy wie se oortreding vergewe, wie se sonde bedek is.” (:1).
Dit is ’n salige toestand om in vrede met God, ons Skepper, te leef. En ons moet na hierdie vredesverhouding met God streef terwyl ons gedurig waak teen Satan wat voortdurend sal probeer om hierdie vredesverhouding te vernietig en vyandskap tussen ons en God te bewerk. Dink maar aan die listige wyse waarop Satan alreeds by die eerste mense, Adam en Eva, vyandskap tussen hulself en God bewerk het. Maar hieruit leer ons ook van God se barmhartigheid – Hy vernietig nie doodeenvoudig die mense wat teen Hom opgestaan het en aan Hom ongehoorsaam was nie. Hy soek die mens op ten einde weer hul verhouding met Hom te herstel en met Hom versoen te word. Die belangrikheid van hierdie saak van versoening en ’n vredesverhouding tussen ons en God word vir ons so duidelik gestel daarin dat Hy aan ons sy geliefde Seun gestuur het om hierdie versoening tussen ons en Hom te bewerk. “...maar God bewys sy liefde tot ons daarin dat Christus vir ons gesterf het toe ons nog sondaars was. Veel meer dan sal ons, nou dat ons geregverdig is in sy bloed, deur Hom gered word van die toorn. Want as ons, terwyl ons nog vyande was, met God versoen is deur die dood van sy Seun, veel meer sal ons deur sy lewe gered word nou dat ons versoen is.” (Rom. 5:8-10).
REGSE VERRAAD - DEEL 7
Inleiding
In 1994 het die “regse” leiers van die Afrikaner Volksfront in samewerking met hul (nog minder) regse generaals die gladde oordrag van ons politieke mag aan ‘n Swart meerderheidsregering bewerkstellig. Deur skielik handomkeer om te swaai en hulle te verbind tot presies die teenoorgestelde waarvoor hulle hul ondersteuners opgeroep het, het die generaals en die Mulder-broers verseker dat ‘n vreedsame oordrag van mag na die Swart massas kon plaasvind. Hulle bedrogvolle optrede het dit moontlik gemaak dat die oorgawe-proses van die Nasionale Party enduit gevoer kon word sonder dat dit ontwrig is deur ontstoke Blankes wat hierdeur uit hul eiendom en politieke mag verkul is.
NI agente het ons uitverkoop
Dit is reeds in die vorige aflewerings onomwonde bewys dat die omgekoopte leiers van die Volksfront hul kiesers mislei en verraai het. Hulle is agente wat keurig met die hand uitgesoek is. Hulle verbintenis met die duistere magte wat die ondergang van die Afrikanervolk ten doel gestel het sal met verloop van tyd deur die volle ontplooiing van die geskiedenis al duideliker aan die lig gebring word. Die rol van IDASA deur sy Conservative Dialogue Program is reeds onomstootlik bewys. Daardeur is duidelik aan die lig gebring dat leiers wat deur hul volgelinge vertrou is besig was om onheil teen hul eie mense te bedink en te bewerkstellig. Vir ‘n pot lensiesop het hulle hul eie mense verraai – soms bloot net ter wille vir die eer van hul meerderes. Die rol van die Intelligensiedienste hierin sal ook meer en meer ontbloot word. Die befameinligtingsman, generaal Tienie Groenewald, se alomteenwoordigheid in die uitspeel van hierdie grootste verraad teen die Afrikanervolk spreek reeds boekdele oor die betrokkenheid van NI en selfs ook van ander internasionale intelligensiedienste.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (14)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
The total collapse of ESKOM (electricity supply).
-Genl Roland de Vries
*
You have enemies? Good. That means you’ve stood up for something, sometime in your life.
-Winston Churchill
*
“Dis vreemd hoe die weg van minste weerstand, ruggraatloosheid en kortsigtigheid jou kan inhaal en van agter byt.”
“Ek kan aan ‘n paar gevalle dink waar dit sekerlik die waarheid sou wees, die bekendste een waar Julius Caesar sy senaat vertrou het en veral sy vriend, Brutus, en hulle hom uiteindelik letterlik in die rug gesteek het.”
“Netso. Maar die een waaraan ek dink is baie meer onlangs.”
“Vertel!”
WAAR KOM DIE BYBEL VANDAAN?
Ds A.E. van den Berg
“En ons het die profetiese woord wat baie vas is....terwyl julle veral dít moet weet, dat geen profesie van die Skrif 'n saak van eie uitlegging is nie; want geen profesie is ooit deur die wil van 'n mens voortgebring nie, maar, deur die Heilige Gees gedrywe ...” (2 Pet.1: 19-21).
Is die Bybel soos ons dit ken werklik soos God dit wou hê? Is daar nie miskien boeke weggelaat wat daain opgeneem moes wees of boeke ingelaat wat uit moes wees? Hoe seker kan ons wees dat die Bybel wat ons lees wel reg is?
Daar was nooit ’n kerklike liggaam wat besluit het watter boeke moet in, en watter uit die Bybel gelaat moes word nie. Bybelse geskrifte is deur die eeue deur gelowiges ontvang en as begeesterde boeke herken. In die tyd van Jesus was al 39 OT boeke reeds bekend. Israel het nie daaroor besluit nie. God het dit so gewil.
Minstens 90% van die NT is onmiddellik as die Woord van God erken. Oor boeke soos Jakobus en Hebreërs was daar aanvanklik twyfel aangesien die naam van die skrywer by Hebreërs ontbreek en Jakobus met sy klem op goeie werke oënskynlik Paulus se klem op genade weerspreek. Desondanks was daar by die grootste deel van die vroeë kerk ooreenstemming dat dit wel in die Bybel hoort.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (13)
083 444 7672)
“Today is Trinity Sunday. Centuries ago words were written to be a call and a spur to the faithful servants of Truth and Justice: ‘Arm yourselves, and be ye men of valour, and be in readiness for the conflict; for it is better for us to perish in battle than to look upon the outrage of our nation and our altar. As the will of God is in Heaven, even so let it be.'”
-Winston Churchill
*
Sonder om verder tyd te mors, het Dons by die groep ingeval. Die CJ 7 waarmee hy ry, is ook ‘n oop voertuig soos die Land Cruiser en die Land-Rover van Skeer en Arno. Hy verkeer nie meer in skok nie, al het sy lewe handomkeer verander die afgelope tyd. Wanneer die groep stilhou om kos te maak, soms ‘n vuur om die koue uit hulle lywe te jaag en paar ure te rus, sal hy sy slaapsak half eenkant neer oopgooi. Nie een van die ander uit die groep dink dit is vreemd of onvriendelik nie, aangesien elkeen van hulle die trauma van die afgelope tyd op verskillende manier verwerk. Die enigste een wat skynbaar onaangeraak is, is Ezra, of te wel Kleinskeer. Die outjie het dan ook vir Dons as een van die groep aanvaar en sal soms met hom ‘n kort geselsie aanknoop, of sommer net by die oom gaan sit.
ISRAEL DIE VOLKS- MOORDENAAR
Dr Willem Jordaan
Israel is tans besig met ‘n volksmoord teen die Palestyne in Gasa, maar ook in die Wes-Oewer. Ja, in die gebied wat eintlik bekendstaan as Palestina. Klaarblyklik het die aanvalle van 7 Oktober 2023 aan hulle die reg gegee om volgens die Ou Testamentiese leerstuk van “n oog vir ‘n oog” nou reeds sowat 40 000 Palestyne te dood en meer as 2 miljoen haweloos te laat. Skole, kerke en hospitale is platgevee. Gasa is in puin. En Christene knip nie ‘n oog nie…
Vir enige persoon wat die saak behoorlik bestudeer (sedert die onregmatige besetting van die "Jode" daar in 1947) is dit duidelik dat Israel deurgaans die aggressor was. Die Verenigde Nasies het Israel keer op keer veroordeel. Israel het elke besluit van die VN geïgnoreer.
Nou het Israel ook die besluit van die Internasionale Hof geïgnoreer en gaan die duiwelse staat voort met die slagting van Palestyne. Christene soos Steve Hofmeyr keur dit klaarblyklik goed; hy huil nou nog oor 7 Oktober 2023 – gebeure waarin Israel self aandadig aan was.
‘N DAG IN DIE HOF
"AS EK OMDRAAI, SKIET MY!"
Die HERE straf tans ons Afrikanervolk deur heidene oor ons te laat "regeer", daarom is ook almal in die hofgeboue en polisiekantoor swart – aanklaer, landdros, wagte, almal, net soos hulle regime; en waar die lyf nie heeltemal pikswart is nie, is die hart pik-pikswart. ‘n Mens kan nie verantwoordelikheid of redelikheid van hulle verwag nie, dus kan daar nie verandering in die stelsel plaasvind voordat die Here SELF hierdie land kom skoonmaak en SELF dmv 'n teokratiese regering kom regeer nie – dit is waar die betekenis van die woord politiek saak maak.
Ons GOD is ‘n God van orde. Daarom verwag Hy dat daar orde in ‘n land moet wees. Om dít te bereik moet daar ‘n ordelike regering wees. Om dáár te kom, het ‘n land ‘n Christenregering nodig. En solank die ‘volk’ hulle soos die heidene gedra – vloek, steel, dobbel, lieg, huweliksontrou pleeg, saamwoon (want niemand weet meer dis verkeerd nie, maw hulle lees nie meer die Bybel nie, net soos die homoseksualiste), kan daar nie orde wees nie en wil die Here nie hierdie land aan sy kinders toevertrou nie.
Maar daar gaan ‘n dag kom wat Hy sy heilige Naam voor die hele wêreld sal groot maak sodat almal kan sien wie Hy is, en dit sal Hy doen deur weer ‘n minderwaardige getal van sy volkie te neem soos in die tyd van Gideon; dit beteken Hy kan die “34,000” in ‘n oogwink uitroei en die “300” neem om te veg sodat daar nie gesê kan word die oorwinning was as gevolg van ‘n oormag nie – Hy gaan dit baie duidelik aan die hele wêreld maak dat Hy alleen almagtig is. Dit gaan Hy deur Suid-Afrika doen, die laaste land in die wêreld wat hulle Christenskap prysgegee het vir ander gode waarvan sport die grootste afgod geword het.
Die woorde van Robey Leibrandt het menigte harte verander, dalk kan u hiermee vereenselwig wanneer u tot die besef van die oomblik kom:
As ek storm, volg my.
As ek val, wreek my.
As ek omdraai, skiet my!
Mag ons God en Onderhouer, ons die moed, krag en geleentheid hiertoe gee!
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (12)
083 444 7672)
The drastic increase in fuel / prices (shortages).
-Genl Roland de Vries
*
David (Des) van Rooyen is op 10 Desember 2015 as Suid-Afrika se minister van finansies beëdig. Hy volg die vorige minister van finansies, Nhlanhla Nene op, nadat Nene summier van sy pos onthef is. Hy was minder as vier dae in sy pos, voordat besigheids- en buitelandse druk die president, Jacob Zuma, genoop het om hom van sy pos te onthef.
*
In 1906, Alfred Henry Lewis stated, “There are only nine meals between mankind and anarchy.” Since then, his observation has been echoed by people as disparate as Robert Heinlein and Leon Trotsky. The key here is that, unlike all other commodities, food is the one essential that cannot be postponed.
DIE KERK IS 'N DIENAAR
Ds A.E. van den Berg
“En elkeen wat onder julle die eerste wil word, moet julle dienskneg wees; net soos die Seun van die mens nie gekom het om gedien te word nie, maar om te dien en sy lewe te gee as ’n losprys vir baie” (Mt.20:27,28).
In Openb.2:6 het Jesus groot lof vir die gemeente in Efese: “Maar dit het jy, dat jy die werke van die Nikolaïete haat, wat Ek ook haat” maar in Openb.2:15 wys Hy die gemeente van Pergamus op 'n dwaalleer in hul midde: “So het jy ook mense wat vashou aan die leer van die Nikolaïete, wat Ek haat” Dan waarsku Jesus: “Bekeer jou; anders kom Ek gou na jou toe en sal teen hulle (Nikolaïete) oorlog voer met die swaard van my mond” (:16).
Die Nikolaïete was die voorlopers van Roomse Katolisisme. Hierdie dwaling het later in die Roomse Kerk (RK) teelaarde gevind en die geloofslewe groot skade berokken. Die woord Nikolaïete kom van twee Griekse woorde: nikao “om te verower” en lao “lekedom”. Nikolaïete beteken dus die “veroweraars van die lekedom” – geestelike heersers oor geestelike minderes.
WAAROM SLIM MENSE VIR DIE COVID-LEUENS GEVAL HET
"As jy nie vir iets staan nie, val jy vir enigiets."
As daar een vraag is wat na 2020 die meeste gevra word, is dit waarom talle van ons slimste familie en vriende nie vroegtydig dwarsdeur die Covid-korrupsie kon sien nie. Die meeste families is hierdeur in twee geskeur en daardeur is nie net bande finaal gebreek nie maar ly talle van die ingespuites tans aan swak immuniteit, long-, hart- en breinsiektes, terwyl deur die wêreld miljoene geliefdes aan die dood afgestaan is as gevolg van die gifinspuitings. Dit noop mens vir ‘n verduideliking want hoogs intelligente mense is veronderstel om dwarsdeur ‘n verneukplan te sien en dit te probeer keer, maar dit het nie gebeur nie!
Deur die geskiedenis heen is erkenning gegee aan die bestaan van verskillende tipes intelligensie, bv. fisiese intelligensie en koördinasie of emosionele intelligensie – daarteenoor aanbid ons samelewing 'n baie spesifieke tipe intellektuele intelligensie...
Daar is opgemerk dat sommige baie slim mense net nie in staat is om korrekte interpretasies te maak nie, of dinge afgehandel te kry of bloot ‘n gelukkige lewe te lei nie. Dus is daar hoogs intelligente mense wat gereeld deur iets redelik en eenvoudig mislei word bloot omdat hulle dit net nie verstaan nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (11)
083 444 7672)
Unemployment, poverty, hunger, living conditions and poor service delivery come to a point where the masses cannot tolerate it anymore.
- Genl Roland de Vries
“If you are going through hell, keep going.”
- Winston S. Churchill
*
Die Kruger-miljoene of Kruger-ponde verwys na 'n skat wat na bewering teen die einde van die Tweede Vryheidsoorlog deur of in opdrag van pres. Paul Kruger versteek is. Besonderhede oor die grootte van die skat verskil aansienlik. Baie soektogte na die skat is onderneem maar sonder welslae. Die oorsprong van die storie is die feit dat die Boereregering goudontginning op 'n beperkte skaal voortgesit het voordat hulle die Rand verlaat het. Hierdie goudstawe is na die Pretoriase Munt geneem waarvandaan dit, sommige in halfgemunte vorm, later verwyder is. Die meeste daarvan is vir oorlogsuitgawes gebruik en sommige daarvan is moontlik in die veld begrawe. Die hoeveelheid goud betrokke is egter baie oordrewe.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (10)
083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse inligtingstuk)
Heightened corruption in government circles and increased theft of state moneys, such as state pension funds.
-Genl Roland de Vries
*
“Success is not final, failure is not fatal: it is the courage to continue that counts.”
― Winston S. Churchill
*
The most terrifying force of death, comes from the hands of men who wanted to be left alone. They try, so very hard, to mind their own business and provide for themselves and those they love. They resist every impulse to fight back, knowing the forced and permanent change of life that will come from it. They know, that the moment they fight back, their lives as they have lived them, are over.
The moment the men who wanted to be left alone are forced to fight back, it is a form of suicide. They are literally killing off who they used to be. Which is why, when forced to take up violence, these men who wanted to be left alone, fight with unholy vengeance against those who murdered their former lives.
MIDDE-OOSTE OP DRUMPEL VAN VOLSKAALSE OORLOG
Een jaar na Hamas se berugte aanval op Israel, lyk dit of die Midde-Ooste na sy ou toestand teruggekeer het: 'n broeiplek van akute konflik, met golwe van spanning. Waarnemers van buite kan net met afgryse toekyk, terwyl kenners hul skouers optrek. Dit is hoe dit was, dit is hoe dit sal wees. Hoe verskil die huidige krisis van voriges in die streek, vra jy dalk? Wel, sonder om voor te gee dat ons 'n diep begrip het, laat ons let op wat van buite opvallend is.
Beskermheer-kliënt-verhoudings is besig om te verander, beide tussen streeksmoondhede en groot eksterne rolspelers. Die mees voor die hand liggende is die status van die Verenigde State. Die huidige Withuis-administrasie het nie 'n duidelike en konsekwente lyn nie; dis net gate toestop en nuwe vure blus. Die VSA het nie op die oomblik hoëprofielgeleenthede in die Midde-Ooste nodig nie, sy prioriteite is anders. Kontakte met sleutelspelers is teenstrydig, en verhoudings met die Golf-monargieë, en nog meer met Iran, is wisselvallig. Maar Washington se optrede is gebaseer op 'n fundamentele teenstrydigheid wat nie opgelos kan word nie, en dit het met Israel te doen.
BROKKIES UIT DIE BOEK “MAX”
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Cornelle Maritz ervaar ‘n mengelmoes van gedagtes in haar normaalweg presiesgeordene gedagtegang. Soos enige ingenieur ‘n proses stap vir stap uitredeneer en verwerk, in werking stel en in die verloop daarvan die probleme wat opduik, die hoof te bied, so is sy uiters prosesmatig in haar denke. Maar nie vandag nie.
Sy drink stadig aan haar melkskommel, haar mooi mond getuit, soos sy aan die strooitjie suig. Die melkskommel is lekker dik, romerig, soet en net reg gegeur. Gewoonlik sou sy eerder ‘n cappucino of laté verkies, maar na soveel laat aande, soms deurnagte, waarin sy ‘n oormaat swart, sterk koffie gedrink het, rebelleer haar liggaam tans daarteen. Sy hoop sy het nog genoeg geld in haar bankrekening om vir die geroosterde kaas en hambroodjie, nou nog net half-geëet, en die lemmetjiegeur melkskommel te betaal en ‘n bekommerde frons verskyn op haar gesig.
SAAI VOLGENS DIE EIS VAN GEREGTIGHEID
Hannes Ollewagen
Hos. 10:1-15
“Saai vir julle volgens die eis van geregtigheid, maai in ooreenstemming met die liefde; braak vir julle ’n braakland, want dit is tyd om die HERE te soek, totdat Hy kom en geregtigheid oor julle laat reën. Julle het goddeloosheid ingeploeë, julle het slegtigheid gemaai, die vrug van leuens geëet, omdat jy op jou weg vertrou het, op die menigte van jou helde.” (:12&13).
Dit is weer daardie tyd van die jaar wanneer die landbouers in ons omgewing alles in gereedheid bring vir die nuwe seisoen. Deeglike beplanning is gedoen om die implemente en werktuie na te gaan en te verseker dat die werk so effektief en moeiteloos as moontlik gedoen kan word. En dan is daar beplan watter gewasse verbou gaan word. Sodra daar genoegsame reën geval het, word daar met inspanning en ywer begin werk en daar word opnuut na die nuwe seisoen en die verwagte opbrengs daarvan uitgesien. En so word daar ook gedurig ná die aanplanting van gewasse gewerskaf om onkruid te bestry en bemesting toe te dien om die grootste moontlike oes te verseker.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (9)
083 444 7672)
The financial collapse of the state and its inability to pay out social grants to impoverished citizens.
-Genl Roland de Vries
Courage is the ladder on which all other virtues mount. He who is not courageous enough to take risks will accomplish nothing in life. Only those who will risk going too far can possibly find out how far one can go.
-Winston Churchill
*
Daar is ‘n ervaring van erge frustrasie wanneer ‘n mens nugter en eerlik na ‘n situasie kyk, kan sien dat dit gevaar en verval inhou en jy kan niks daaraan doen nie. Dit voel amper asof jy staan en ‘n stormwind met uitgestrekte arms probeer keer, wetende dat die wind groot verwoesting gaan saai.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (8)
083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse inligtingstuk)
The jailing of prominent political leaders, as it happened with Zuma, which initiated the outbreak of the July-August 2021 insurrection.
-Genl Roland de Vries
*
Mozambique: #ISIS released several photos of militants in Mozambique on the first day of #Ramadan.
Militants are armed with RPG-7 / Type 69 RPG Launchers with PG-7V/T69-1 HEAT rockets, Zastava M84 / Type 80 machine guns, Chinese Type 56-1/-2 rifles and a Type 2 AK-47 rifle.
*
WASHINGTON — Today, the U.S. Department of the Treasury’s Office of Foreign Assets Control (OFAC) designated four members of an Islamic State of Iraq and Syria (ISIS) cell operating in South Africa who have provided technical, financial, or material support to the terrorist group. Treasury also designated eight companies owned, controlled, or directed by the individuals in this ISIS cell. ISIS continues to expand its terrorist network across the continent, as evidenced by the July 2022 United Nations Security Council report that highlighted the emerging importance of the country for funds transfers from ISIS leadership to ISIS affiliates across Africa. Treasury remains committed to exposing and disrupting terrorist financing on the African continent.
WAAROM KERKTOE GAAN?
Ds A.E. van den Berg
“En soos Hy gewoond was, gaan Hy op die Sabbatdag in die sinagoge (Luk.4:16).
“En laat ons ons onderlinge byeenkoms nie versuim nie” (Hebr.10:25).
In die Twaalf Artikels bely gelowiges dat hulle in die gemeenskap van die gelowiges glo. God wil dat gelowiges Hom nie net as enkelinge dien nie maar ook gesamentlik. Dis hoe kerke ontstaan het - plekke waar mense op bepaalde tye bymekaar gekom het om God te aanbid en as 'n geestelike familie te geniet.
Exodus vertel van die oprigting van so ʼn vergaderplek; die tabernakel (tent van samekoms genoem) waar mense byeen gekom het en God op ʼn besondere manier daar teenwoordig was. God het behae in plekke vir geloofsamekomste: “En Ek sal my tabernakel onder julle oprig, en my siel sal van julle geen afsku hê nie” (Lev.26:11). Daar is ook ʼn goddelike belofte aan kerkgang: “Want waar twee of drie in my Naam vergader, daar is ek in hulle midde” (Mt.18:20).