Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Elke mens se kruik word by tye so leeg dat jy niks meer het om mee te werk nie. Daar is net een plek om dit weer vol te maak: aan die voete van ons Here Jesus. Gaan sit nou jou leë kruik daar neer en vertel aan Hom hoe jy jou daaroor bekommer, en jy sal verstom staan hoe Hy dit met al jou daaglikse benodigdhede opvul !
MOENIE TERUGVAL NIE!
Ds A.E van den Berg
“...julle is egter nie in die vlees nie, maar in die Gees... (Rom 8:9).
Ons land wemel van dwaallering. Messiaanse Jode is een van hulle wat baie veld onder ons regse volksgenote wen. Hulle glo dat die geloof in Jesus nie genoegsaam vir die ewige heerlikheid is nie, maar dat die Wet van Moses ook onderhou moet word. Hulle sê dat hierdie Wet nie met die kruisdood van Jesus opgeskort is nie maar eerder vernuwe is. Gevolglik moet die NT slegs vanuit 'n OT oog verstaan word. Hulle beskou die Tien Gebooie as die fondament om die Bybel te verstaan en sê dat Jesus met die Christendom nie 'n nuwe godsdiens gevestig het nie.
Die Bybel leer anders. Net soos wat die dood 'n huwelik beëindig, het Jesus die wet opgeskort. Paulus skryf in hierdie verband van Jesus: “...en die skuldbrief teen ons, wat met sy insettinge ons vyandig was, uitgedelg en weggeruim het deur dit aan die kruis vas te nael”(Kol.2:14).
“NAASTE" EN LIBERALISME
Ons volk word al vir baie jare as’t ware onder die mite van: Jy moet alle mense liefhê, toegeploeg. Waar kom mense daaraan? Baie mense glo dat die Woord van God gelowiges oproep om alle mense deur die bank, lief te hê. God se vyande durf ek, uit eerbied vir Hom, nie liefhê nie.
Wie is my naaste? “Naaste” is nie ‘n statiese begrip nie, dit verskil van geval tot geval. Jy kan selfs in ‘n situasie kom dat ‘n wildvreemde jou naaste word soos in die gelykenis van die Barmhartige Samaritaan. Dis egter nie die reël nie.
Die vraag na wie jou naaste is, is ook nie ‘n moeilike vraag nie. Volg maar net die trappe van vergelyking: Naby, nader, naaste. Alle mense is nie ewe naby aan ons nie. Daar is mense wat nader aan jou as ander is. Niemand verwag bv. van my om ‘n ander man se vrou en kinders liewer te hê as my eie nie. God staan bo-aan my lys van verskuldigde liefde. Maar wat die aardse betref, staan my gesin bo aan. Daarna volg my geloofsgenote d.w.s my geestelike broers en susters. Dan volg my volksgenote en daarna die ander. Gesin, kerk, volk.
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (5)
083 444 7672)
Daar is min dinge wat vir so ‘n groot anti-klimaks sorg as wanneer jy fisies en geestelik reggemaak het vir ‘n geveg en dit vind nie plaas nie. En net so maak dit nie saak hoe gehard of gesout jy is nie, maak nie saak hoeveel maal jy al voorheen in kontak met die vyand was nie, daar is altyd iets soos ‘n dwaalkoeël, ‘n skerp of stomp voorwerp wat jy nie voor begroot het nie, wanneer die geveg wel losbreek.
Diek het die rook van ver af gesien en daarheen afgedraai. Elkeen het hulle wapens weereens nagegaan en hulleself gestaal vir die geskietery wat onafwendbaar sou volg. Die riemtelegramme het hulle egter vooruitgeloop en as die Jeep naby genoeg is dat hulle dit kan eien en die voertuie wat agterna kom, spat die mense wat die padblokkade beman alle kante toe. Hulle los alles net so – die brandende buitebande, die klippe, stompe, maar ook hulle sakke met klere en ander karige besittings. As Diek-hulle naby genoeg kom, is elkeen van die makkers buite skootafstand.
DERDEWÊRELDMENSE
"Hierdie tipe van selfvernietigende verwoesting is so eie aan die derdewêreldmens se psige. Hulle dra die gene van hul eie ondergang in hul om. Die beskawing is ‘n bitter dun vernislagie oor die meeste van hulle en kraak baie gou onder druk waarna die rou barbaar te voorskyn kom."
1.1 Botsende beskawings
Die befaamde Amerikaanse politieke wetenskaplike Samuel Huntington het ‘n paar jaar gelede gewaarsku dat konflikte in die toekoms nie soseer tussen lande nie, maar eerder tussen botsende beskawings gaan plaasvind. Beskawing is daardie bepaalde wyse waarvolgens mense en volke kragtens ‘n eie ingeburgerde waardesisteem dink en dinge doen. Huntington was doodreg. Neem Suid-Afrika as voorbeeld waar eerste- en derdewêreldbeskawings daagliks bots.
1.2 Geen onvermydelike toestand nie
Miljoene mense glo dat om 'derdewêrelds' te wees ‘n soort noodlotsvonnis is waaronder sommiges lewenslank gebuk moet gaan. Nee, dis geen onvermydelike toestand nie, maar eerder 'n sieklike mentaliteit wat mense laat glo dat hulle onder geen verpligting is om werk van dieselfde gehalte as die res van die wêreld te lewer nie. Dis vir baie ‘n gerieflike bos waaragter hulle hul traagheid en luiheid verskuil.
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (4)
083 444 7672
“Ons kan nie vir altyd swerf nie. Een of ander tyd sal ons uit kos en brandstof raak, of onsself in ‘n massa vasloop wat groter is as wat ons kan hanteer.”
“Dit is so. Die probleem is waar sal ons so ‘n plek kry? By jou pa-hulle is dit relatief veilig, maar ek is nie so seker iemand gaan nie een of ander tyd daardie bamboese aan die brand gesteek kry nie. Wat dan?”
“Jong, my pa is ‘n uitgeslape ou kalant. Hy gaan hom nie so maklik laat vang nie. Jy is reg, die bamboesbos, al is dit groen en vol sap, is nie ondeurdringbaar nie en kan sekerlik uiteindelik aan die brand gesteek word, maar dit gaan nie so eenvoudig wees nie.”
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (3)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Daar voor brand iets,” kraak die walkie-talkie.
“Ek sien dit. Wakker wees manne, ons ry nou in moontlike gevaar in.”
Die brug oor die N4 by Tambotielaan is aan al vier kante versper. Onder die brug is ‘n vragmotor skuins oor die pad na die Ooste toe getrek en aan die brand gesteek. Die ander kant is met motors toegemaak wat omgegooi is. Tussen-in, op die middelmannetjie, brand konkas en bande. Die dik, olierige rook trek in dik kolomme die lug in, waar dit deur die wind geskep word en oor die woonbuurt waai. In die gloed van die vure beweeg honderde figure. Daar is ‘n vreemde magsbewustheid in die afbrand van goed wat jy nie self kan maak nie. Sommige dans nog rond en swaai wapens in die lug, maar ander is al uitgeput van die dag se getoyi-toyi en sit-lê maar net rond. Stukke plastiek, papier, karton en leë plastiekbottels lê verstrooi tussen hulle.
SEERS – DV?
SEERS - dit is die naam van die nuwe virus wat die Bill Gates-bende gekies het, SEVERE, EPIDEMIC, ENTEROVIRUS, RESPIRATORY SYNDROME 2025. So het hulle ook die datum van die nuwe pandemie gekies terwyl hulle pas daar in België, Duitsland weer 'n voorspel gaan hou het soos wat hulle in 2019 gedoen het net voordat die Koronavirus vrygestel is. Ons kan dus die SEERS-virus-kabaal binnekort verwag.
Toe ons nog kinders was het die ‘oumense’ dikwels gepraat van "as die Here wil". Sommige van ons wat nie meer so jonk is nie, doen dit steeds omdat ons die begrip daarvoor by ons ouers geleer het. Ons ouers het dikwels gesê "as dit die Here se wil is sal ons dit of dat doen" – in Latyn Deo Volente (DV). Dus, niks is vanselfsprekend nie, maar elke dag is 'n geskenk, ‘n gawe van God. Hierdie goeie ou tradisie het uit die volksmondverdwyn. Vandag hoor mens dit skaars. Is dit omdat die Grondwet nou “oppermagtig” is?
Alles dui daarop dat ons, ons land en ons wêreld, ‘n ekonomiese ramp tegemoet gaan. En by sulke gebeure moet mens vra: Cui Bono? Wie trek voordeel hieruit? As jy dít kan bepaal, dan weet jy wie die vuur aangesteek het wat nou nie geblus kan word nie. Die media, as die Judasbokke, ingespan deur die magte van onheil, verkoop steeds die storie dat dit ‘n Sjinees was wat ‘n vlermuis geëet het. Dis glo pasiënt Zero, daar waar alles begin het. Nou ja, waar nasionaal-gesinde mense dikwels deur links-liberales van samesweringsteorieë beskuldig word, klink hierdie vlermuis-storie eerder na ‘n wolhaarstorie.
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (2)
083 444 7672)
“Het jy ‘n baadjie?”
“Ek het nie gedink ek sal een nodig kry nie.”
“Komberse? Slaapsak, stewels, Kos, drinkgoed, bekers, ‘n bord?”
“Nee, ek was op pad na my ma toe, met ‘n Mercedes. Ek sou by ‘n hotel, motel of gastehuis slaap en Wimpy-kos eet, of Steers of so iets.”
“Kom ons kyk waarmee kan ons help.”
Op die ou einde is die Land Cruiser gepak met sy reissak, ‘n ou koelboks met water en aanmaakkoeldrank, ‘n paar blikkieskos, ‘n sakkie mieliemeel, een sakkie koekmeel, bakpoeier, kookolie en ‘n klompie kruie. In ‘n 25 kilogram skoon voersak is ‘n hele arm vol droë wors. Hans het ‘n ou weermag slaapsak opgeoffer en ‘n kort baadjie wat hy as soldaat gedra het, ‘n sogenaamde “bunny jacket”, ‘n paar ongebruikte stewels en ‘n groen beret met ‘n bokkoppie voorop.
Hulle loop weer voorkamer toe, waar die hele familie bymekaar is.
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (1)
083 444 7672)
Die wors was inderdaad die lekkerste wat Paul nog ooit geëet het. Hy voel maar half vreemd, want dis nie net die boer en sy vrou aan tafel nie, maar daar is nog agt ander mense ook, aan wie hy voorgestel word. Dis drie seuns met hulle vroue en kinders, wat eenkant by hulle eie tafel sit en eet. Na ete gaan sit almal in die ruim voorkamer en elkeen is nuuskierig om te hoor waar hierdie vreemdeling vandaan kom. Paul let op dat elkeen van die grootmense ‘n handwapen aan die sy het en die een seun loop selfs met ‘n lang geweer.
“Van Bloemfontein af. Ek was op pad na my ma toe om by haar te wees vir ‘n week, toe hierdie vreemde situasie homself voordoen. Ek is nog steeds nie seker wat gebeur het, of aan die gebeur is nie, maar dit lyk nie asof ek by Ma gaan uitkom nie. Ek hoop maar my boetie het haar gaan haal. Hy bly in Kaapstad.”
“Jy weet nie wat aan die gebeur is nie? Is jy dan die enigste vreemdeling in Jerusalem?”
HOE IS MENSE IN OU TESTAMENTIESE TYD GERED?
Ds. A.E van den Berg
“Maar voordat die geloof gekom het, is ons onder die wet in bewaring gehou, ingesluit met die oog op die geloof wat geopenbaar sou word” (Gal.3:23).
Wat beteken Paulus se woorde “voor die geloof gekom het”? Geloof was immers al van Genesis af daar want daarsonder sou niemand gered word nie. Paulus skryf oor geloof wat nadat die kruis-evangelie verkondig is en met Jesus se offer aan die kruis te doen het.
God het geweet dat Jesus vir die sondes van die mensdom sou betaal en dit met talle simbole in die OT laat deurskadu. Die Pasga in Egipte is so 'n voorbeeld: die bloed teen die deurkosyn wat die Israeliete van die dood gered het. So sou Jesus, die ware Paaslam, se bloed aan die kruis siele van die ewige dood red.
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (13)
083 444 7672)
Wanneer Basjan voor dagbreek terugkeer van sy verkenning af, is hy meer as net effens onrustig. Hy is seker dat die aanval binnekort gaan plaasvind en hy oorweeg dit om die kinders te vat, in die Touareg te laai en pad te gee. Maar daar is ‘n iets binne hom wat nog nooit van ‘n lekker geveg af weggeskram het nie, en hy gaan ook nie nou nie.
Hy voel ook ‘n mate van lojaliteit teenoor die mense wat hulle so goed ontvang het, aanvaar het sonder verwyt en gevoer het. Hy praat met ‘n paar manne oor sy vrese en onrustigheid en, om nie vir Johan die harnas in te jaag nie, belowe hulle om dit vir hulleself te hou, maar nogtans soveel mense as moontlik te kry om meer paraat te wees. Hy sorg dat sy wapens altyd beskikbaar is en selfs die kinders hou hulle s’n naby,
HOU HOM IN ERKENTENIS!
Hannes Ollewagen
Rom. 1:18-32
“En omdat hulle dit nie die moeite werd geag het om God in erkentenis te hou nie, het God hulle oorgegee aan ’n slegte gesindheid, om te doen wat nie betaam nie: hulle is vervul met allerhande ongeregtigheid, hoerery, boosheid, hebsug, ondeug; vol nydigheid, moord, twis, bedrog, kwaadaardigheid; nuusdraers, kwaadsprekers, haters van God, geweldenaars, trotsaards, grootpraters, uitvinders van slegte dinge, ongehoorsaam aan die ouers; onverstandig, ontrou, sonder natuurlike liefde, onversoenlik, onbarmhartig,...” (:28-31).
Wanneer ons deur die lys van ongeregtighede lees wat hier by die naam genoem word, is dit hartseer om tot die besef te kom dat geeneen van hierdie dinge in ons samelewing raar is nie. Ons kan nie eers meer die verskoning aanvoor dat ons besef dat ons as ’n volk sondig is, maar darem doen ons nog nie hierdie of daardie of die een of die ander nie. Daar is niks, maar niks wat op hierdie lys ontbreek nie. U sou dalk sê: “Nee, wag ’n bietjie. Ons is nog nie haters van God nie – dit is darem één ongeregtigheid waarvan ons nie aangekla kan word nie.” Ek sou selfs hierin met u verskil.
SOOS IN DIE DAE VAN NOAG
Ds. A. E. van den Berg
“Net soos die dae van Noag was, so sal ook die koms van die Seun van die mens wees” (Mat.24;37).
Die Bybel vertel ons van die grootste natuurramp wat die aarde ooit getref het nl. die Sondvloed. Al die natuurrampe wat daarna gevolg het, was plaaslik. Die Sondvloed was wêreldwyd en het die hele aarde met water oordek en was God se straf op sonde. Hy het besluit om die uitwis-knoppie te druk en alle mense op die aarde uit te wis. Net Noag en sy gesin (agt mense in totaal) is gespaar.
Watter sonde het God dit laat doen? Die antwoord lê in Jesus se woorde in Mat 24 as Hy die einde van die wêreld met die dae van Noag vergelyk. Hy vertel sy dissipels dat die verlede die sleutel vir die toekoms is.
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (12)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Hulle ry stadig met die Kaftan-heining langs. Miskien is daar mense in Messina wat vir hulle ‘n veilige hawe bied. Maar onverwags, naby die Madimbo-hek, is daar skielik ‘n Land Cruiser agter hulle. Die bakkie het uit die bosse anderkant ‘n koppie verskyn en dis duidelik op kwaad uit.
Die drywer breek so vinnig die pad binne, dat die voertuig neig om buite beheer te raak, dit slinger ‘n paar keer dronkerig oor die pad en dan kry die agterwiele vastrap en die voertuig beur vorentoe.
Voor in sit twee manne met uniforms en agter-op is daar vier met gewere. Die lope van die AK’s steek onbeskaamd bokant die kajuit uit. Die Touareg is baie kragtiger, met permanente vierwieldryf, dis baie meer padvas as die Toyota, en baie vinniger en Basjan trek met gemak onder die Land Cruiser uit.
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (11)
083 444 7672)
“Middag. My naam is Chris Visagie. Welkom by ons.”
Basjan se hande is vol bagasie. Hy het die lang geweer in ‘n duvet toegedraai en die ander twee wapens is in sy rugsak. Hy knyp die geweer onder sy armholte vas, sukkel om sy hand tussen die ander bagasie uit te steek en skud Chris Visagie se hand.
“Basjan Jones. Hierdie is my kinders, Jona en Bella en ons brak, Oubaas.”
Bella kyk vraend op na Basjan wanneer hy praat van “my kinders”.
“Gaan julle net iets eet en dan terug skip toe, of wil julle ‘n chalet hê?”
“‘n Chalet, asseblief.”
“Een of twee kamers?”
“Twee, as jy het.”
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (10)
083 444 7672)
“Ja-nee. Ek het ook genoeg van die skip gehad. Dit lyk vir my dis net een moeilikheid op die ander. Op die land is daar ook probleme, maar daar weet ek darem wat om te doen.”
“Wat gaan met my en Bella gebeur as ons weer op land is, Oom?”
“Julle gaan saam met my. Ek weet nog nie waarheen nie, maar ons gaan vir eers die pad saam loop.”
“Oom weet my pa en ma is dood, nê?”
“Ja, seun. Ek het so gedink. Dit kan nie maklik vir julle wees nie. Hoe lank sorg jy nou alleen vir jou sussie?”
“Voor Oom kom help het? Ek weet nie, ‘n paar maande, miskien langer. My patrone vir my geweer was amper klaar.”
“Watse geweer was dit?”
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (9)
083 444 7672)
Vanaf die middel tagtigerjare het seerowery weer begin kop uitsteek.
Hierdie praktyk, wat vir meer as ‘n honderd jaar beperk was tot enkele gevalle in die Verre-Ooste, het momentum gekry met die burgeroorlog in Somalië. Natuurlik was daar hongersnood in die land, waar die oorlog nou reeds vanaf 1988 woed. Dit het meegebring dat die kuswag verslap het en dat skepe die geleentheid gebruik het om toksiese afval naby die kus te stort.
Dit het op sy beurt meegebring dat die vislewe uitgesterf het en die vissermanne het begin honger ly. Uit wraak het die vissermanne van hierdie skepe aangeval, wat dit te naby die kuslyn gewaag het. Natuurlik was daar buit op die skepe; dit het mettertyd ‘n groot en georganiseerde skeepsrowery tot gevolg gehad, waar hele skepe soms selfs gekaap is en die skip met vrag en bemannig as losprys aangehou is. Die aanvanklike vissersbootjies en ou, uitgediende gewere het plek gemaak vir die alombeskikbare AK 47’s en mettertyd selfs swaarkaliber masjiengewere, voor op die boeg van die boor gemonteer.
MISLEIDING VAN DIE VOLKERE (1)
Klaus Dieter Vaqué
"Vandag is die wêreldverhoog in gereedheid gebring vir die derde bedryf (die Derde Wêreldoorlog; - skrywer) wat die doel het om die proses te voltooi. Die geldmag en die rewolusionêre mag is klaar formeel gevestig en wel in duidelik afgebakende simboliese vorm; ('Kapitalisme of Kommunisme') en in presies gedefinieerde vesting ('Amerika' of 'Rusland'). Die prentjie wat vir die massas gewys word om genoeg onrus by hulle te verwek, is dié van 'n vyandige en wanhopige konfrontasie ... Dit is die spektakel wat openlik vir die mense as wêreldtoneel voorgehou word. Maar wat daarvan as manne van dieselfde gesindheid, met dieselfde geheime doel voor oë in albei kampe baas is en hulle doelwitte probeer bereik deur die botsing van die massas?"
Douglas Reed in Behind the Scene.
In hierdie boek is daar nou al baie oor die agtergrond van die huidig onverklaarde oorlog teen Suid-Afrika geskryf. Die leser word versoek om, op grond van die beskrewe werklikhede, die gebeurtenisse en veral die toekomstige verwikkelinge, self vas te stel of die insigte in hierdie boek strook met die waarheid. Vir miljoene mense lê hierdie waarheid nog altyd verborge in die donker van vyandelike propaganda, wat Pete Simple van die Londense "Daily Telegraph" as ‘n wêreld vol leuens beskryf het.
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (8)
083 444 7672)
Orkaan Heather het begin as ‘n warm kol in die Indiese Oseaan. Hierdie warmgebakte oppervlak het veroorsaak dat vogtige lug amper vertikaal die lug ingestyg het. Toe dit die koue bolug getref het, het dit aan die buitekante begin afsak in die vorm van reën. Swaar reën. Hierdie stelsel genereer geweldige energie en, solank die warm see-oppervlak en die koue bo-lug teenwoordig is, bou dit op.
Dan begin die hele ding stadig draai as gevolg van die draai van die aarde. Met hierdie stelsel gevestig, begin dit oor die oppervlak beweeg, altyd van Oos na Wes, in die Suidelike Halfrond. Hoe groter die deursnit van die sikloon, hoe groter die winde wat dit genereer. Hoe groter die verskil tussen die see-oppervlak en die koue bo-lug, hoe meer energie wek dit op. Alhoewel die hele stelsel relatief stadig as geheel beweeg van een punt na ‘n ander, is die winde geweldig sterk.
VREES NIE DIE REUSE IN JOU LEWE
Ds A.E. van den Berg
“Verder sê Dawid: Die Here wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en mag die Here met jou wees!” (1 Sam 17:37).
God was baie lief vir Dawid en het hom dikwels in moeilike situasies laat beland om sy geloof te toets. Dawid moes leer om nie op mense staat te maak nie, maar op sy hemelse Vader. In die gelese gedeelte het Dawid letterlik en figuurlik voor 'n reuse probleem te staan gekom wat maklik tot sy dood kon lei. Hy het egter op God vertrou en 'n opsienbarende oorwinning in die dal van die terpentynbome behaal.
Die dag van hierdie oorwinning het vir die jong man soos enige ander dag in sy lewe begin. Hy het skape opgepas. Die dag sou egter baie anders eindig as wat hy ooit kon droom. Sy pa het hom vroeg die oggend met kos vir sy broers op die gevegsfront gestuur waar hulle met Saul teen die Filistyne vir 'n oorlog gereed gemaak het.