Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Alle mense moet sterf. Maar natuurlike oorsake klink meer aanvaarbaar as onnatuurlike oorsake. Die Afrikanervolk kan net so onnatuurlik uitsterf as waarvan Jesus in Luk 13 waarsku dat die res van die volk net so sal sterf soos dié wat reeds vermoor is as die volk hulle nie wil bekeer nie – dit is die voorwaarde. Die oproep tot bekering wat op dowe ore val maak 'n mens bang. Bid dat ons volk vandag sal terugkeer na ons God sodat ons nie almal onnatuurlik hoef te sterf nie!
GOD OF MAMMON?
Hannes Ollewagen
Matt. 6:19-34
“Die lamp van die liggaam is die oog. As jou oog dan reg is, sal jou hele liggaam verlig wees. Maar as jou oog verkeerd is, sal jou hele liggaam donker wees. As dan die lig in jou donkerheid is, hoe groot is die donkerheid nie! Niemand kan twee here dien nie; want òf hy sal die een haat en die ander liefhê, òf hy sal die een aanhang en die ander verag. Julle kan nie God én Mammon dien nie!” (:22-24).
Hier het ons te make met een van daardie baie reguit stellings wat God maak. Hy praat nie hier deur gelykenisse of beeldspraak nie, maar onomwonde stel Hy dit – “Julle kan nie God én Mammon dien nie!”. En hoe nodig is dit nie dat hierdie boodskap hard en duidelik in ’n sekulêre en materialistiese wêreld verkondig word nie. Ja, ook onder ons volk waar hierdie materialisme aan ons kom kleef het, is dit nodig om hierdie boodskap duidelik aan te hoor.
ROOFSUG
Medewerker
Struggle is ‘n woord eie aan die Afrika-politiek en vir jare kwistig gebruik om plaaslike sowel as internasionale steun vir die vernietiging van blanke staatsgesag in Afrika te verkry. Swartes het geglo dat die beëindiging van blanke owerheid hemel op aarde vir hulle sou bring. Net die teenoorgestelde het gebeur toe die hel aan die voete van wetsgehoorsames losgebars en mense se dagdrome in nagmerries en lugkastele in puinhope verander het!
Sedertdien haal Suid-Afrika gereeld die wêreldnuus; hoofsaaklik vir die verkeerde redes. Op 18 Februarie 2007 het John Simpson van die BBC Nuus geen doekies omgedraai toe hy gesê het dat Suid-Afrika een van die allergevaarlikste plekke ter wêreld is nie. Die ANC het hom onmiddellik van rassehaat beskuldig; ‘n ou, geykte verdedigingsmeganisme wanneer swartes ‘n waarheid nie kan betwis nie. En so gaan dit vandag nog, net baie erger.
Die einde van die plaaslike swartes se stryd was die begin van myne. My stryd is egter nie etnies of rassisties van aard nie, maar teen ‘n verbreking van die agtste gebod: “Jy mag nie steel nie” (Ex.20:15). Ek het ‘n stryd met rowers wat toegelaat word om my land in die naam van demokrasie van ‘n gehaltebestaan te beroof en die lewe uit die ekonomie te suig.
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (13)
083 444 7672)
Twee manne wat ontkom het uit die burgeroorlog in Kroasië, Jadranko en Matté, skryf dat hulle glad nie vir die geweld en hartseer voorberei was nie. Eintlik was niemand nie, behalwe die regering wat dit gestook het, maar as hulle terugkyk, kan hulle die mylpale wat daartoe gelei het, raaksien.
Eerstens was daar ‘n kunsmatige skeiding wat die owerhede teweeg gebring het tussen die twee groot groepe, naamlik Moslems en Christene. Die tweede ding wat oor hulle pad gebring is, is deur die een groep bo die ander voor te trek, deur kontrakte en en gereserveerde werksgeleenthede.
Daarna het die sogenaamde “no-go” areas in werking getree. Belastings is op een groep afgedwing en die ander daarmee oorgesien. Die jurisdiksie en die polisie was openlik gekant teen die een groep. Wapens is geregistreer en lisensies het haas onbekombaar geword. Die dag nadat wettige wapens gekonfiskeer is, het die oorlog begin.
DIE KROON VAN GOD SE SKEPPING
Hannes Ollewagen
Génesis 1:1-31
“En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, en laat hulle heers oor die visse van die see en die voëls van die hemel en die vee en oor die hele aarde en oor al die diere wat op die aarde kruip. En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape.” (:26&27).
In die gelese gedeelte bevoorreg God ons om ’n klein stukkie van die wonderlike gebeure tydens die Skepping aan ons te openbaar. Hy leer ons hierin hoe die heelal ontstaan het, maar ook wat die oorsprong van die mens is. Die oorsprong van die mens is eenvoudig – hy het ontstaan op die oomblik toe God dit so besluit het. “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis, ...”
1957: DURBANSE ONDERWYS- KOLLEGE GESTIG
KULTUURDAGBOEK 29 JANUARIE
Lees volledig by Kultuurdagboek
In die agterplaas van die Durban Girls' High School, in 'n opslaangebou, word 'n Engelse tak van die Natal Training College op 29 Januarie 1957 gestig. Uit die agterplaasverlede van die Durbanse Onderwyskollege, wat 'n sprokiesverlede vir die Dokkies was, het die Aspoestertjie van die Natalse Onderwys sommer onmiddellik en onbeskeie haar voet vir 'n glaspantoffeltjie uitgehou en nie gerus voordat albei voete stewig en onbeweeglik 'n vastrapplek op die Natalse bodem verkry het nie.
WEF GEBRUIK SA AS TOETSGROND - ROOI WAARSKUWING
DIE WÊRELD EKONOMIESE FORUM SE PLAN VIR SUID-AFRIKA AS TOETSGROND VIR HUL BOSE PLANNE: AGENDA 2030
Om dit ‘n volkome samesweringsrealiteit te maak, moet daar op alle vlakke gebou en elke element met mekaar verbind word op 'n manier wat in lyn is met 'n oorkoepelende globale agenda. Hier is hoe dit opgestel kan word:
1. DIE GRONDWETSONTWERP EN EIENDOMSBESLAGLEGGING
• Kernsameswering:
Die Wetsontwerp op Grondonteiening is nie bloot 'n beleid om historiese grondwanbalanse aan te spreek nie, maar 'n berekende stap om private grondeienaars van hul eiendom te stroop onder die dekmantel van "openbare belang."
• Agenda 2030-verbinding:
Deur die vae taal van “openbare belang” aan te roep, kry die regering die mag om grond te hertoewys om die globale “30x30”-biodiversiteitbewaringsdoelwitte te bereik. Die uiteindelike doel is om beheer van grond te sentraliseer, private eienaarskap te verwyder, en Suid-Afrika se beleide in lyn te bring met WEF-voorskrifte vir 'n groen globale ekonomie.
GEEN GOUE EEU SONDER VREDE
Volgens Children's Health Defense (CHD) of The Defender, die organisasie wat gestig is deur Robert F. Kennedy Jr. wat genomineer is om Sekretaris van Gesondheid te word onder die nuwe Trump-administrasie, het die Biden-administrasie op Biden se laaste dag in die amp – 19 Januarie 2025 – US$ 590 miljoen aan die farmaseutiese korporasie, Moderna, toegeken vir die ontwikkeling van mRNS-griep-entstowwe met “pandemiepotensiaal”.
Die Biden-administrasie weet, sowel as die WGO, dat mRNS-inspuitings doodskote is. Dit veroorsaak ernstige beserings en maak mense dood. Dit is die afgelope vier jaar aanhoudend bewys.
Die Biden-administrasie het tot op sy laaste dag die Wêreld Ekonomiese Forum (WEF) en die VN se Agenda 2030-sleuteldoelwit nagestreef nl: globale ontvolking van die wêreld. Natuurlik is die WEF en die VN net uitvoeringsagentskappe vir 'n sinistere ‘Deep State’.
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (12)
083 444 7672)
Minder as vyf persent van die totale Suid-Afrikaanse bevolking is nié aan die beweeg nie. Feitlik elke man, vrou, kind, bejaarde, sieke, gestremde, het die moontlike prooi van geweld geword. Die maklikste opsie vir enige spesie wat gejag word, is om te vlug.
Een van die hoofredes waarom ‘n jagtende spesie (predatore) se oë aan die voorkant van sy kop sit, is om die prooi goed te kan sien, om daarop te kan fokus en om die afstand goed te kan skat, vir die laaste aanval. Net so is die oë van die gejagdes aan die kante van hulle koppe, sodat hulle die jagters betyds kan raaksien en sodoende op vlug kan slaan. Daarby is die dier geseënd met beter gehoor en reuksintuie as die mens, en met min uitsonderings, groter spoed en ingeboude wapens, soos slagtande of horings.
Alhoewel die mens as spesie eintlik relatief hulpeloos is teen die natuur, het hy twee kenmerke wat vir hom enorme voordeel bied. Die een is dat hy ‘n duim het (soos sommige ander primate) wat teenoor sy ander vingers kan toevou om behoorlik vas te hou en in meeste gevalle ‘n gebruiksvoorwerp, soos byvoorbeeld gereedskap – of bamboes. Maar dit werk ook goed om wapens te vervaardig en gebruik, hetsy dit ‘n klip, stok, kierie, spies, boog of vuurwapen is.
GOD HAAT ONREG
Ds A.E. van den Berg
“Daarna weer het ek gesien al die verdrukkinge wat onder die son plaasvind, en kyk, daar was trane van verdruktes, en vir hulle was daar geen trooster nie; en aan die kant van hulle verdrukkers was mag.....” (Prediker4:1).
God haat onreg. Dis 'n pessiekte wat 'n volk besmet en later uit mekaar laat val. Dit tas regspleging onder die voorwendsel van geregtigheid vir almal aan en verdof die lig van almal wat opreg leef. Daarom moet gelowiges dit bewustelik teenstaan. Om dit te doen, is 'n deeglike kennis van die Bybel nodig. Die Bybel is 'n gids deur die mynveld van onreg en sê vir ons wat reg of verkeerd is.
Onreg besoedel regspleging. Regsgesag kom van God. Wie daarmee gemoeid is, is vir hul optrede eerstens aan Hom verantwoordelik. “En hy het aan die regters gesê: Kyk wat julle doen, want julle spreek nie reg vir die mens nie, maar vir die HERE; en Hy is by julle in die regspraak” (2 Kron.19:6).
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (11)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Diek en sy manne is ook aan die beweeg, maar anders as die grootste deel van die gemeenskap nie weg van gevaar nie, maar juis op soek daarna. Soms beweeg hulle stadig en afgemete, met sorg en versigtigheid, maar ander kere met spoed en verwoestende ongenadigheid. Tot dusver het hulle elke keer sukses behaal. Die wet van gemiddeldes bepaal egter dat hulle die een of ander tyd hulle gaan vasloop, hetsy teen ‘n groter mag of ‘n beter gewapende een.
In elke burgerlike opstand, sonder uitsondering, groei die roofbendes. ‘n Sterk leier, en in die oorgrote meerderheid gevalle een wat meer ongenadig, brutaal of onverskrokke is, manne (of vroue) met ‘n geweldsagtergrond, wat in die gewone burgerlike samelewing op die ekstreme periferie sal beweeg, kry in hierdie situasies ‘n groot gevolg.
OORLOG OOR DIE WAARHEID DUUR VOORT...
Die oorweldigend positiewe reaksie op Donald Trump se uitvoerende bevel om die Verenigde State aan die Wêreldgesondheidsorganisasie te onttrek blyk ‘n welkome stap vir die meeste te wees want die WGO is 'n uiters gevaarlike organisasie. Dit dien as 'n vyeblaar, 'n skulpmaatskappy, wat die onheilspellende dade van private korporasies verberg, en pseudo-stigtings soos die Gates Foundation, of pseudo internasionale agentskappe soos GAVI, The Vaccine Alliance, wat entstowwe op die bevolking afdwing, en hulle hanteer propaganda en advertensies soos wetenskap.
Maar ons moet baie versigtig wees in ons entoesiasme, want geen fundamentele hervorming word voorgestel om die dodelike invloed van miljardêrs, multinasionale banke en multinasionale korporasies op die Kongres (nou ontbind) en die Hoofbestuur aan te spreek nie. Niks het struktureel verander nie.
DOEN WAT REG IS TOT HEERLIKHEID VAN GOD
Hannes Ollewagen
Dan. 6:1-29
“Toe het koning Daríus aan al die volke, nasies en tale wat op die hele aarde woon, geskrywe: Mag julle vrede groot wees! Deur my word bevel gegee dat hulle in die hele magsgebied van my koninkryk moet bewe en sidder voor die God van Daniël, want Hy is die lewende God en Hy bestaan in ewigheid en sy koninkryk is een wat nie vernietig kan word nie en sy heerskappy duur tot die einde toe. Hy verlos en red en doen tekens en wonders in die hemel en op aarde, Hy wat Daniël uit die mag van die leeus verlos het.” (:26-28).
Mense dink maklik dat ’n situasie net deur ’n groot menigte verander kan word. En hierdie verkeerde persepsie maak dat mense in slegte omstandighede dan eerder die meerderheid volg as om te doen wat reg is. Dink maar aan die drie vriende van Daniël.
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (10)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Ek hoor die geskietery het opgehou.”
“Ja. Dit beteken òf die een kant is uitgeroei, òf hulle het maatjies gemaak. Ek hoop vir die eerste, maar ek veronderstel die tweede geval.”
“Nou wat nou?”
“Hoe voel julle vir ‘n bietjie ordentlike bakleiery?”
“Jy bedoel met die oorblyfsel van die magte?”
“Netso. Dis nou die beste tyd, want ek wed jou hulle is feitlik almal gesuip teen hierdie tyd en niemand gaan aanbied om wag te staan nie.”
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (9)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Net soos goed en sleg afhanklik is van ‘n perspektief, is berug en beroemd bloot twee kante van dieselfde muntstuk. Diek en sy manne het meer as net ‘n blaas op die voet van die vernietigers geword en as hulle hom en sy mense sou beskryf, sou hulle berug wees. Hulle is amper soos Dawid en sy bende misplaastes vir die bietjie wat oorgebly het van die regering en diegene wat elke blanke uit die land wil uitkry, deur geweld, marteling, brand, verkragting en moord.
Vir dié aan die ander kant van die spektrum, die gematigdes, wetsgetroues van weleer, intelligente bekwames, wat vrede en voorspoed nagejaag het, totdat hulle deur eersgenoemde groep uitgerook en verbrand sou word, is dit ‘n beroemde bende, mense wat jy graag naby jou sou wou hê.
TRUMP SE TERUGKEER
Soos die Weste se globale oorheersing verkrummel, wil die elite desperaat vir Trump die skuld gee. Hulle is verkeerd.
Die unipolêre wêreldorde word nie afgetakel deur wat in die middel daarvan gebeur nie.
Om baie ander mense te vra oor wat hulle dink, kan interessant wees. Maar die ware pret begin wanneer jy alles oor jou eie opinie maak. Dit is natuurlik die geheime magie van verpolitiseerde meningspeilings. En soms wonder jy of daar enige ander tipe is. In elk geval, 'n groot onlangse poging deur die Europese Raad vir Buitelandse Betrekkinge (ECFR), 'n golwende Westerse establishment-denktenk, is geen uitsondering nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (8)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Minder as twee honderd meter weg van die koppie se kant, is daar ‘n plek wat minder steil is en met ‘n paar grawe grond en ‘n paar skoppe na groterige klippe wat uitsteek, nog groteres wat met ‘n grouyster of koevoet, uitgelig en afgerol word, kan hulle afry.
Met die Toyota bakkie agter die Land Cruiser gehaak, ry hulle tot in die bodem van die spruit. Jasper rem net betyds, sodat hy nie in die spaarwiel agter-aan die Land Cruiser vasry nie. Die riverbedding is ongelyk, met net sandkolle hier en daar. Boomwortels, stompe, groot klippe, jong rotse en vernouings maak die gang stadig. Die walle is gelukkig hoog genoeg dat hulle nie bang is hulle word gesien nie, selfs nie die hoë Volkswagen Syncro nie. Nadat hulle net meer as veertig minute lank gery het, wys Hannie vir Paul om stil te hou.
“Wat gaan aan?”
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (7)
083 444 7672)
Noudat hulle naby is, kan Paul die malende klompies mense sien wat naby die dorp kom. Hulle hou op ‘n afstand, wat Paul maar net kan dink buite skootafstand is. Iemand onder in die plekkie hou die spul weg van hulle af.
Terwyl Paul en Hannie sit en kyk na die klein dorpie voor hulle, gee die Land Cruiser ‘n sluk, loop weer, luier onegalig en vrek dan. Al die paneelliggies kom aan en Paul draai die sleutel. Die enjin wil vat, maar uiteindelik hou hy op, bang om die battery dood te karring. Hy klim uit en loop na die ander voertuie, wat naby hom tot stilstand kom.
“Wat nou, Paul?”
TRUMP HET OORLEEF!
(Hierdie artikel is nie noodwendig die mening van die webtuiste nie maar bring mee pas gebeure inligting wat wereldwyd opspraak sal maak binne die volgende ure)
President Donald Trump se inhuldigingstoespraak was een van die bestes wat in baie jare gehoor is en Trump het homself vandag in alle opsigte oortref!
Dit was 'n oratoriese meesterstuk en die retoriek het mens aan president Abraham Lincoln herinner.
So 'n toespraak verg voorbereiding en dit was beslis die geval. So uit die vuis uit!
Soos die Amerikaners hoop die Afrikaner ook dat Amerika 'n pad van vrede en stabiliteit sal loop en ook die regering in hierdie land van ons tot orde sal roep.
Na alles die afgelope jare, veral die artikels van Mike King, is daar hoop dat die wêreld ten goede sal verander.
"God save America?" Mag die Here se wil en seën ook elke dag deur Trump vir Amerika en die ganse mensdom afgevra word in hulle werk en hulle wandel. Die hoop beskaam nie. Tyd sal leer...
DIE NUWE ERFSONDE
Anton Barnard
Een van die sentrale leerstellings van die Christelike geloof is dat die mensdom inherent boos is, en nie tot enige goed in staat is sonder eksterne hulp nie. Dit is maklik om hiermee saam te stem, veral as jy in ‘n gewelddadige land soos Suid-Afrika woon, waar 20000 mense jaarliks vermoor word en 60000 verkragtings aangemeld word, met die ware verkragtingsyfer waarskynlik vier of vyf keer groter as slegs 60000. Mens hoef ook net na kleintjies op die kleuterskool se speelgrond te kyk, en te sien hoe gemeen hulle met mekaar kan wees, om te begin vermoed dat die konsep van die erfsonde nie so ver van die kol is nie. Niemand hoef daardie kleintjies te leer om gemeen te wees nie. Dit kom van binne. Dis deel van die mensdom se aard.
BROKKIES UIT DIE BOEK: POENA (6)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
‘n Onnatuurlike gevoel van rus, vrede en veiligheid het die afgelope tyd oor hulle gekom. Natuurlik het hulle konflik sover moontlik vermy en die paar mense wat hulle in die verte gesien het, het vinniger weggehardloop as wat Paul en sy mense nader gekom het. Dis hartseer as elke beweging potensiële gevaar inhou en Hannie ervaar dit so.
Nie een van hulle groep beweeg verder as tien meter van die voertuie af nie en geen kind ‘n treë as ‘n grootmens nie saamloop nie. Hulle het ook geleer dat hulle nie langer as twee dae op dieselfde plek moet bly nie en as dit nie was dat doodsgevaar om elke hoek en draai geneig het nie, sou die hele rit ‘n groot avontuur kon wees, met natuurskoon en wildlewe wat lyk asof dit uit die bosse gekruip het, waar dit die afgelope jare geskuil het. Die mak vee, soos beeste, skape en selfs perde bly op ‘n afstand en veral die Afrikaner- en Brahmaanbeeste word wild.