Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Ons is tog so besorg oor ons kinders, maar ons doen ook soms groot skade daarmee. Ons kinders is nie óns kinders nie; hulle behoort aan God – ons moet hulle ons liefde gee en hulle liggame huisves maar nie hulle siele nie, dit behoort aan God. Ons moet ook nie probeer om hulle te maak soos ons is nie want die lewe beweeg nie agteruit nie. Vertrou hulle net aan God toe terwyl julle hulle in liefde versorg.
AVF PROBEER WEER DIE AFRIKANERVOLK VERRAAI!
MEDIAVERKLARING VAN DIE AFRIKANER NASIONALISTIESE BEWEGING
HERAKTIVERING VAN DIE AFRIKANER VOLKSFRONT (AVF)
Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging het kennis geneem van die heraktivering van die Afrikaner Volksfront. Hierdie organisasie wat homself met sy stigting in 1993 voorgehou het as ‘n oorkoepelende of sambreel-organisasie vir alle regse groeperinge/partye was instrumenteel in die daarstelling van ‘n nuwe veelrassige bedeling in 1994.
Die ANB stel dit pertinent dat die leiers van die Afrikaner Volksfront teen die wil, en sonder die toestemming van hul lede en ondersteuners geheime samesprekings met die ANC en die NP-regering gevoer het van kort na hul stigting. Daardie samesprekings het gelei tot ‘n ooreenkoms tussen dié drie partye, die ANC, NP en AFV. Dit het neerslag gevind in die oorgawe-dokument, die Afrikaner Akkoord nadat hierdie leiers hulle reeds teen die einde van 1993 teenoor die ANC verbind het tot vreedsame oorgang na die nuwe bestel en hulle ook verbind het tot deelname aan die een-mens-een-stem-verkiesing van April 1994.
Die ANB wil dit duidelik maak dat daardie ooreenkoms ‘n akkoord tussen die verraaier-leiers van die AVF en die ANC was en dat die Afrikanervolk op geen wyse hul toestemming daarvoor of deelname daarmee betuig het nie. Dit is vernuftig deur die AFV-leiers van hul ondersteuners weggehou terwyl hulle onderduimse planne beraam het om daaraan uitvoering te gee. Dit het gekom in die vorm van die registrasie van die Vryheidsfront (VF) wat toe regse kiesers aangemoedig het om aan die verkiesing deel te neem.
Daarom kan die ANB stellig verklaar dat die bestel sedert 1994 onwettig deur ‘n politieke staatsgreep tot stand gekom het aangesien die wettige burgers en stemgeregtigdes NOOIT toestemming gegee het vir die oordrag van politieke mag na die Swart meerderheid nie. Daardie beloofde referendum (deur FW de Klerk) het nooit plaasgevind nie aangesien die politieke gety teen 1994 reeds sterk teen die NP-regering gedraai het en hulle wel deeglik bewus was daarvan dat hulle so ‘n stemming nie sou oorleef nie.
Die ANB verklaar daarom dat die huidige bestel geen legitimiteit het nie aangesien die onderhandelings daartoe en die daaropvolgende sluiting van die Afrikaner Akkoord nie deur ‘n mandaat van die Afrikanervolk ondersteun is nie.
Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging beroep hom daarop dat hierdie land ons land is, soos wat dit met Republiekwording in 1961 internasionaal erken en aanvaar is as ‘n onafhanklike republiek en vaderland van die Afrikanervolk.
Die Afrikanervolk sal nie sy reg op eienaarskap van hierdie land prysgee ter wille van die daarstelling van ‘n volkstaat soos wat nou opnuut weer deur die heropgerigte Afrikaner Volksfront bepleit word nie. Die verraad deur hulle voor 1993 begin, wil hulle nou voleindig deur die Afrikaner in ‘n impotente “volkstaat” aan die hand van die Afrikaner Akkoord te laat opsluit. Daardie voorskrifte bepaal dat so ‘n volkstaat deel bly van en onderhewig bly aan die onverdeelde eenheidstaat, die RSA. Van selfbeskikking vir die Afrikaner is in só ‘n “Volkstaat” geen sprake nie.
Die Afrikaner Nasionalistiese Beweging roep die volk op om hierdie heropgewarmde pogings om ons volk weer te mislei te verwerp en nie hierdie misleiers toe te laat om nogeens verraad teen die Afrikanervolk te pleeg deur hom finaal van sy geboortegrond te laat afstand doen nie.