Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe bly ons staande te midde van soveel dwaalleringe in ons tyd wat niks anders is as 'n oorlog van Satan om ons siele nie? God gee vir ons die wapenrusting vir hierdie oorlog waarvan een van die ses in Efés 6 is: die swaard van die Gees – dit is die Woord van God, 'n swaard waarmee mens jouself kan verdedig deur kennis van die Bybel. Dit is al hoe ons die dwalings kan weerlê.
REAKSIE OP RAMAPOKKER SE TOESPRAAK
ONS SKAT IN ERDEKRUIKE
Ds AE van den Berg
“Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God moet wees en nie uit ons nie” (2 Kor.4:7).
Naas Jesus was Paulus die grootste evangelis. Sy prediking het eerstens uit oproepe tot sondevergifnis bestaan. Mense moes tot bekering kom. Tweedens was sy prediking op geloofsversterking gerig. Gelowiges moet volwasse in die geloof word. Hy het soos ʼn goeie verkoopsman geesdriftig in sy produk geglo omdat hy self die nuutword in Jesus ervaar het.
Paulus se lewe was ʼn oop boek sonder verskuilde agendas. Hy het nooit sy amp om selfsugtige redes misbruik nie en slegs die waarheid gepreek. Ongelukkig het dit wat met baie predikante gebeur ook met Paulus gebeur; Satan het etlike teenstanders verwek om hom te probeer ontsenu.
Sy tweede brief aan die Korintiërs is ʼn verdedigingskrif. Hy was genoodsaak om hom teen kwaadwillige stories wat oor hom versprei is te verdedig. Wat dit was, weet ons nie. Uit sy tweede brief aan die Korintiërs kan ons aflei dat daar vertel is dat hy sy eie beuel blaas en sy bediening oëverblindery was.
LEUEN EN KLUG VAN "MENSEREGTEDAG"
SHARPEVILLE - SLAGOFFER OF MISDADIGER? VERWOERD VRYHEIDSOFFENSIEF
21 MAART 1960
So het Menseregtedag gekom en gegaan. Behalwe vir diegene binne die ANC en sy swart elite wat dié dag so graag wil verhef deur dit te koppel aan die gebeure by Sharpeville, was dit vir die swart identiteitlose, werklose en misdaadmassas maar net nog 'n vakansiedag!
Menseregte en vryheid van spraak is gebore uit die humanistiese slagkreet van die Franse Rewolusie van Vryheid, Gelykheid en Broederskap, en gaan hand aan hand met die moderne slagspreuk van Vrede, Veiligheid en Voorspoed.
Dit het neerslag in SA gevind vanuit die moderne Westerse Liberalisme en word gerugsteun deur die Internasionale Geldmag wat slegs op selfverryking ten koste van die miljoene identiteitlose swart massas ingestel is en wat daarvan niks verstaan nie.
Die ANC/SAKP-vakansiedag, Menseregtedag/Human Rights Day, soos enige ander vakansiedag wat op die almanak verskyn, het nie sommer uit die lug geval nie en is ook nie sommer só as vakansiedag aangekondig nie. Soos alle ander vakansiedae van die "nuwe SA" het dit 'n geskiedenis.
WAAR KOM ‘MENSEREGTEDAG’ VANDAAN?
Daar word deesdae weer oormatig en deursigtig klem gelê op die "verskriklike" onrus en geweld van die vroeë sestigerjare en dat FW De Klerk "geen ander keuse gehad het" as om ons land op 'n skinkbord aan 'n godlose regime te oorhandig nie "anders sou ons 'n bloedbad beleef het".
Suid-Afrika was in die sestigerjare in 'n magtige posisie met hoogsontwikkelde wapentuig, baie minder geweld as vandag waar nou meer as 60 mense per dag vermoor word, en met 'n puik polisiemag soos Sharpeville ook bewys het. Die Sharpeville-skietery op 21 Maart 1960 sou egter verreikende gevolge vir Suid-Afrika inhou, binnelands sowel as buitelands omdat dit deur, veral die Engelse media, opgeblaas is terwyl die hele Cato Manor-slagting, slegs twee maande vóór Sharpville, waartydens hordes besete swartes op 24 Januarie 1960, nege blanke polisiemanne in stukke opgekap het, doodgeswyg is.
DIE STORIE VAN BOEGOEBERG DAM
In Desember 1938 het die herboude Voortrekkerwa, die Johanna van d er Merwe, naby die teenswoordige Groblershoop oorgestaan op pad na die groot Geloftefees in Pretoria.
Saam met hulle Gelofteprogram het die omgewing se mense van 'n klomp klippe 'n monumentjie opgerig, wat vandag verlate langs die pad Upington toe staan. Hierdie klippe is vier jaar vantevore daarheen gedra vir die amptelike opening van Boegoebergdam en sy kanaal waaruit 4 000 hektaar besproei word.
Die monumentjie gedenk die armblankes wat met pik en graaf kom dam bou het vir 'n karige loon en die kans om dalk een van die besproeiingserwe van sowat ses hektaar te kon koop.
Dis nie van luiheid, slegtigheid of gebrek aan prestasie wat die mense arm was nie. 'n Lang rits vernietigende terugslae het hulle ellende veroorsaak: Die runderpes van 1896, die Engelse se vernietigingstog van die Tweede Vryheidsoorlog, die bek-en-klouseeruitbraak, die wêrelddepressie van 1929 en die groot droogte van die vroeë negentien-dertigs.
BROKKIES UIT DIE BOEK PANIEKLAND (7)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Niks beweeg nie, behalwe die wind wat opgesteek het. Eers net ‘n skraal, mislike luggie wat trek, maar later het die wolke na die suide opgesteek en ‘n ligte, maar koue misreën sak uit. Uiteindelik trek dit ‘n gordyn oor alles en dit het natuurlik voor en nadele. Die voordeel is dat Demas nie maklik gesien kan word nie, maar die nadeel is dat hy ook nie die ander kan sien nie. Die vogtigheid maak ook die blare en takkies nat, sodat dit meer buigbaar en minder hoorbaar is, as iemand daarop sal loop.
Hier waar hy driekwartpad onder ‘n struik ingekruip het, met die seiltjie onder en half oor hom, is hy redelik beskut, nie net teen die reën nie, maar ook teen aanvallers.
ERNST ROETS SE “PIONEER INITIATIVE”
Leon Schoeman
Lanklaas is soveel gewag gemaak van ‘n “uiters belangrike” aankondiging wat gemaak sou word as oor dié van Ernst Roets. Die aankondiging het toe eindelik vroeg in Maartmaand die lig gesien.
Nadat Roets in Februarie-maand bedank het uit die Solidariteit-groep is hy direk na Amerika (een van sy vele besoeke aan die VSA oor die afgelope klompie jare, maar hierdie slag nié deur Afriforum se lede betaal nie). Hierdie besoek het ook ‘n onderhoud met die Amerikaanse meningsvormer Tucker Carlson ingesluit.
Nadat hy in die VSA inspirasie (opdragte?) ontvang het word die groot aankondiging toe uiteindelik gemaak. Ter wille van deursigtigheid sou dit goed wees as die heer Roets kan bekendmaak:
- wie vir dié Amerikaanse kuiertjie betaal het
- wie almal hy besoek het in die VSA, waar en by wie hy hoeveel tyd spandeer het
OPREGTE GODSDIENS
Hannes Ollewagen
Jes. 29:1-24
“En die Here het gesê: Omdat hierdie volk nader kom met hulle mond en My eer met hulle lippe, terwyl hulle hul hart ver van My hou, sodat hulle vrees vir My 'n aangeleerde mensegebod is, daarom sal Ek voortgaan om wonderlik te handel met hierdie volk, wonderlik en wonderbaar; en die wysheid van hulle wyse manne sal vergaan, en die verstand van hulle verstandige mense sal wegskuil.” (:13&14).
Ons het die afgelope paar dekades baie dinge in die wêreld en ook in ons eie land sien verander. Een van hierdie dinge wat ingrypend verander het, is die rol van die kerk in ons volkslewe. Kerke loop leeg. In klein gemeenskappe en dorpies sien jy die een na die ander kerkgebou wat in onbruik verval het. ’n Dekade of wat gelede het weinig van hierdie geboue al voltooid gestaan, hierna het ’n tyd aangebreek waarin die een na die ander kerk begin verrys het en mense het met ywer gewerk aan die fisiese bou asook die uitbouing van hierdie gemeentes. Maar waar het die fout dan in gekom? Vandag sal die restaurant in die omgewing seker meer besoekers as die kerk op die Sabbat kry. Waar het die bal geval?
MAAK VREDE MET GOD
Ds AE van den Berg
“Toe roep Simson die Here aan sê: Here, HERE, dink tog aan my en versterk my tog net hierdie keer, o God!” (Rigt.16:28).
Die Bybel is vol aangrypende verhale. Een van die merkwaardigste is dié van Simson. Dis ’n verhaal van 'n skitterende hoogte, maar ook van vernederende diepte. Simson beteken sonskyn; ’n man wat hom, ironies genoeg, op ’n ouderdom van 40 jaar in stikduisternis bevind en ook so gesterf het!
Geen rigter het meer berekende houe vir sy volk as hy geslaan nie. Desondanks het geen rigter so onverantwoordelik met sy hoë roeping omgegaan en sodoende God se eer so op die spel geplaas soos hy nie. Simson het roekeloos met die gawes wat God hom gegee het gedobbel.
1961: SA KLAAR MET STATEBOND
KULTUURDAGBOEK 15 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
DR VERWOERD EN DIE STATEBOND
15 Maart 1961: By monde van sy Eerste Minister, dr HF Verwoerd, word Suid-Afrika se aansoek om lid van die Britse Statebond te bly, op hierdie dag teruggetrek. Daarmee is die intensiewe pogings om die Statebond in sy ou vorm te laat voortbestaan, finaal verydel. Die aansoek om lidmaatskap te behou, is gedoen vanweë 'n belofte deur dr Verwoerd aan die Volksraad dat hy sou trag om Suid-Afrika lid van die Statebond te hou met die oog op die instandhouding van Blanke solidariteit in die land. Groot-Brittanje het onder aanvoering van sy Eerste Minister, mnr Harold MacMillan, alles in sy vermoë gedoen om Suid-Afrika se lidmaatskap te verseker. Die Afro-Asiatiese blok, bygestaan deur Kanada en Nieu-Seeland, het egter onwrikbaar op hul eie bly aandring dat Suid-Afrika sy binnelandse beleid geheel moet verander as hy lid wil bly. "Ek was geskok en oorweldig deur die vyandige gees wat hier teenoor Suid-Afrika geheers het," het dr Verwoerd in sy afskeidstoespraak gesê."
BROKKIES UIT DIE BOEK PANIEKLAND (6)
083 444 7672)
Die voertuie is uitgepak en binne die erf getrek. Die spasie is amper te min, maar met ‘n gemeet en pas, kom hulle almal darem agter die heining. Die spens is tot teen die dak gepak met sakke rys, meel, mieliemeel en blikkieskos. Pakke gebottelde water staan opgestapel in die gang en sitkamer. Al die toerusting van die tuisgimnasium is op die klein spasie langs die voertuie gesit en dit word deel van die daaglikse roetine sodat al die mans en die jonger vroue ‘n uur per dag daarmee gaan oefen. ‘n Stuk skadunet hou darem die son weg.
Met die aanvanklike opwinding van die ryery, die aanval, die afwagting en die inrig van slaapplek, begin die skok stadig afwerk en hier en daar vlam humeure op, totdat die ou man almal bymekaar roep en die reëls van saambly uiteensit. Dis immers die ou mense se huis en al is die kinders en kleinkinders streng gesproke nie gaste nie, moet iemand beheer neem. Uiteindelik is almal meer gerus en rustig.
BROKKIES UIT DIE BOEK: PANIEKLAND (6)
083 444 7672)
Hy weet nie wat hom die bangste maak nie, die gejil, geskreeu, die diep basstemme van die manne, slaan van kieries op leë dromme, die krygsliedere of die gelag van die vroue en kinders. Hy weet dat hierdie dag, hierdie uur en oomblik die beslissende een sal wees waar hy die Rubicon, nie net van sy eie gemoed sal oorsteek nie, maar hom laat uitstaan as ‘n vyand van die gepeupel en natuurlik die owerhede.
Dit het standaard geword in die Nuwe Suid-Afrika dat die skares die reg aan hulle kant het. Dis nie meer soos lankal in onluste, toe hy ‘n jong diensplig-offisier was nie. Toe is geweld met hamerhoue van die Polisie en weermag stopgesit, maar dit was natuurlik voor die politici ingetree en hulle tande getrek het. Nou is daar geen uniformlid in sig nie en hy verwag nie dat enige sal opdaag om hulle te beskerm nie – indien daar nog enigeen is wat nie gedros het nie.
KULTUUR- DAGBOEK 12 MAART
Lees volledig by Kultuurdagboek
1. Bartholomeu Dias de Novaes, adellike Portugese seevader, bereik 'n punt van sy ontdekkingsreis wanneer hy anker gooi by Kwaaihoek aan die Boesmansriviermond in die Kaap in 1488 waar hy die Kruis van St Gregorius plant.
2. Pres MT Steyn en die Vrystaatse regering vertrek in 1900 tydens die Tweede Vryheidsoorlog van Bloemfontein na Kroonstad, wat tot nuwe hoofstad die Republiek van die Oranje Vrijstaat verklaar is.
3. Francois Stephanus Malan, koerantredakteur (Ons Land 1895-1908) politikus, leier van die Afrikanerbond, minister (1908-1924) en Hoof van die Senaat van die Unie van Suid-Afrika (1940-1941), is in 1871 gebore.
DEELGENOTE VAN DIE GODDELIKE NATUUR
Hannes Ollewagen
2 Pet. 1:3-21
“IMMERS, sy goddelike krag het ons alles geskenk wat tot die lewe en godsvrug dien, deur die kennis van Hom wat ons geroep het deur sy heerlikheid en deug, waardeur Hy ons die grootste en kosbare beloftes geskenk het, sodat julle daardeur deelgenote kan word van die goddelike natuur, nadat julle die verdorwenheid ontvlug het wat deur begeerlikheid in die wêreld is.”(:3&4).
Geroepe as deelgenote van die goddelike natuur. ’n Saak wat myns insiens deesdae in ons godsdiensoefening heeltemal verwaarloos word. Daar is soveel fokus op die een of die ander wat die mens moet doen om ’n vreugdevolle en voorspoedige lewe te kan lei en die seën van God te geniet. Die fokus op hoe om hierdie en daardie probleme as gelowiges te hanteer. Hoe hanteer ek die beproewing van ’n siekbed of die verlies van ’n geliefde? Hoe hanteer ek die uitdaging van opstandige en rebelse kinders? Hoe hanteer ek die hartseer en ellende van ’n egskeiding? Hoe hanteer ek eensaamheid? Hoe hanteer ek die beproewing wat deur droogte of swaar eknomiese toestande teweeggebring word? Hoe gemaak met die alledaagse uitdagings wat teweeggebring word deur roekelose en kinderagtige politici wat in die meeste lande ter wêreld aan stuur van sake staan?
BROKKIES UIT DIE BOEK PANIEKLAND (5)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Diep in die nag word Demas wakker. Iets het beweeg, iets groot en dis nie ver van hom af nie. Die nag is baie donker, met die maan wat nog nie opgekom het nie en die vlieswolke wat die sterrelig weghou.
Daar is dit weer, na sy linkerkant en hoër op teen die berg. In die donker is dit sinneloos om sy geweer te probeer gebruik, maar as die gevaar naby genoeg kom, kan hy dit eerder met die rewolwer en mes bykom. Hy wens hy het ‘n flits, al is dit net ‘n kleintjie, met ‘n effense liggie.
Die blare ritsel weer en skielik is daar die mees onaardse ding wat hy nog gesien het. Die ogies is klein en hy kan sweer dit is effens rooierig, met lang, digte, swart hare en ‘n dik, stewige lyf. Die geluid wat die ding maak is ‘n kruis tussen ‘n snork en die geluid wat ‘n perd sou maak as hy seerkry.
OPSTANDE IN DUITS-WES-AFRIKA (4)
EJG Norval
In die begin van Januarie 1904, het ene Bulact op Hereo-beesdiewe gevuur en op 9 Januarie het die handelaar Jacobs by Okahanja aangekom met die nuus dat ‘n groot groep Herero’s oppad was om die gehuggie aan te val. Lt. Zurn van die Duitse garnisoen in die fort, het die plaasboere gemaan om na die fort te kom vir beskerming. Op 10 Januarie het die handelaar Niel ingekom met die nuus dat sowat 300 gewapende Herero’s naby die dorp was. ‘n Duitse patrollie het na die groep gery en het by hulle gehoor dat hulle net gekom het om met die Duitse offisiere te onderhandel oor grondregte. Zurn het sy manne op gereedheidsgrondslag geplaas en Windhoek se garnisoen laat weet dat die Herero’s uit is op oorlog. Op 11 Januarie het ‘n trein met nog 35 soldate vanaf Windhoek na Okahanja gestoom. Die trein was tot stilstand gedwing nadat die vyand die brug en spoor by Osana verwoes het. Die masjinis is gedood en die Herero’s het die passasiers met assegaaie bestorm. Die soldate het op die vyand geskiet en toe alles verlore lyk, het die swart kolejong die trein in trurat gegooi en volstoom teruggejaag.
BROKKIES UIT DIE BOEK PANIEKLAND (4)
083 444 7672)
Nadat hy van die plaasmense af weg is, het hy minder angstig, maar met meer doelgerigtheid begin soek na die groep wreedaardige kaders. Wat is iets wat Afrikane nooit wegsteek nie? Wat is daar wat hulle spoor duideliker maak as spore self? Ontlasting!
Om die een of ander rede onthou hy iets wat hy toevallig in die Bybel gelees het, lank gelede. Deuternomium 23 vers 13, as hy reg onthou: “By jou toerusting (as jy oorlog gaan maak) moet ‘n stok wees waarmee jy jou ontlasting begrawe… want die Here kom nie in ‘n onrein kamp nie,” of so iets. Van die nuwer vertalings praat van ‘n graaf en nie ‘n stok nie. In die oop, helder lug van die berg is ontlasting se reuk baie skerp en Demas begin met die onaangename taak om langs die pad te loop en ruik.
MOEILIKE VERLEDE?
Ds AE van den Berg
“En God het laat kom wat hy begeer het”. (1 Kron.4:.10)
Wie 'n rivier of waterstroom terugwaarts volg, kom op een of ander tyd by die bron daarvan uit. Dis gewoonlik ’n fontein, oog of iets soortgelyk. Wat is die bron van jou lewe? Wat laat jou lewe vloei?
Die Bybel sê dat God die Bron van alle lewe is. Ongelukkig wil die meeste mense geen bande met Hom hê nie; selfs leiers: “Die konings van die aarde staan gereed en die vorste hou saam raad teen die Here en teen sy Gesalfde en sê: Laat ons hulle bande stukkend ruk en hulle toue van ons afwerp!” (Ps.2:2,3).
Die diepte van ons lewe hang van die diepte van ons lewensbron af. Hoe dieper hierdie bron, hoe dieper is ons lewe. Mense sonder God het geen diepte nie. “So is die goddelose mense…. soos kaf wat die wind verstrooi” (Ps.1:4).
SAAMBOU GESTIG - UITGEBREIDE ARTIKEL
Aangesien Gelofteland nie op 3 Maart toegang tot die internet gehad het nie, plaas ons nou hierdie interessante uitbreiding van die artikel oor Saambou se stigting.
1943: SAAMBOU (PERMANENTE) BOUVERENIGING GESTIG
KULTUURDAGBOEK 3 MAART
Uit Afrikanernood tot stand gebring
Die Tweede Wêreldoorlog was in volle gang toe in 1942 die eerste eie Afrikaanse bouvereniging, die Unie-Bouvereniging, gestig is om in die geweldige woningnood wat in die oorlogsjare ontstaan het, te voorsien. Die naam van hierdie bouvereniging is agt maande later op 3 Maart 1943 verander in Saambou (Permanente) Bouvereniging.
As rede vir die naamsverander is aangevoer die moontike verwarring wat kon ontstaan tussen dié nuwe Afrikaanse bouvereniging en dié van 'n ander bouvereniging wat toe reeds etlike jare bestaan het.
Met die stigting van Saambou Bouvereniging het die Afrikaner se strewe na ekonomiese selfstandigheid en onafhanklikheid, ook op finansiële gebied, positiewe gestalte begin aanneem en is sodoende nog 'n belangrike mylpaal in die ekonomiese geskiedenis van die Afrikaner bereik.
ONS VOLK LY AAN STOCKHOLM-SINDROOM
Die Stockholm-sindroom is ʼn sielkundige verskynsel wat ontstaan wanneer mense hulle so met hul vyand vereenselwig, dat hulle dié selfs verdedig. Hierdie benaming is aan ʼn gyselaardrama in 1973 ontleen toe gyselaars tydens ʼn rooftog in Stockholm met die rowers eenstemmig geraak en hulle selfs gehelp het. Dieselfde ding gebeur ook in Suid-Afrika met volksgenote wat soos tjankende honde die hande van hulle kastyders lek.
Die Stockholm-sindroom is logiese verraad.
Iemand wat deur booswigte gevang of op een of ander wyse mishandel word en niks aan die situasie kan doen nie, werk dan saam met die booswigte om die situasie draagliker en optredes menslik te maak. Om die regte ding vir die verkeerde redes te doen, bly egter verraad.