NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Jy is gedurig in jou Skepper se lewe; Hy vergeet nooit van jou nie al besef jy dit nie altyd nie. Hy is nooit te besig met al die ander mense se probleme om aan jóu aandag te skenk nie. Nou is die vraag: is Hy gedurig in jóu gedagtes? Of is jý te besig met ander mense om Hom die tyd te gee wat Hom toekom?

MAAK VREDE MET GOD

Ds AE van den Berg

“Toe roep Simson die Here aan sê: Here, HERE, dink tog aan my en versterk my tog net hierdie keer, o God!” (Rigt.16:28).                                

Die Bybel is vol aangrypende verhale.   Een van die merkwaardigste is dié van Simson. Dis ’n verhaal van 'n skitterende hoogte, maar ook van vernederende diepte. Simson beteken sonskyn; ’n man wat hom, ironies genoeg, op ’n ouderdom van 40 jaar in stikduisternis bevind en ook so gesterf het!

Geen rigter het meer berekende houe vir sy volk as hy geslaan nie. Desondanks het geen rigter so onverantwoordelik met sy hoë roeping omgegaan en sodoende God se eer so op die spel geplaas soos hy nie. Simson het roekeloos met die gawes wat God hom gegee het gedobbel.

In Rigt.16 vind ons hom nie op die stoel van 'n rigter soos God dit wou hê nie, maar in ’n tronk, voel-voel in die stikdonker wêreld van ’n blinde.   Die lig wat op 'n tyd in hierdie krag-reus se oë te sien was, was vir ewig uitgedoof nadat die Filistyne sy oë in die tronk uitgesteek het.

Simson was bestem om as Nasireër na aan God te leef sodat God sy wil deur hom aan sy volk bekend kon maak.   Daarbenewens was hy met bonatuurlike liggaamskrag bedeel sodat die vyand, wanneer sy naam genoem is, gesidder het.   En kyk waar tref ons hom aan – ’n hanswors op ’n heidense fees, ja soos ’n magtelose dier in kettings, die voorwerp van heidense spot.  

Kan daar vir so ’n man enige hoop en kans wees om reg te maak wat hy verbrou het?   Die wêreld sê: “Nee, daar is geen hoop nie; hy ontvang sy verdiende loon!” Wat sê God? “Ja, daar is hoop, My genade is nooit finaal verby nie”.  

Hoor wat sê God vir Israel: “Kom nou en laat ons die saak uitmaak, sê die HERE: Al was julle sondes soos skarlaken, dit sal wit word soos sneeu; al was dit rooi soos purper, dit sal word soos wol” (Jes.1:18).

In die tronk waar Simson soos ’n donkie die meule draai, het sy hare gegroei. Hy het besef dat hy verkeerd gedoen het en het tot God gebid om hom net die een kans te gee om reg te maak wat hy verbrou het. En God het!   “Toe roep Simson die Here aan sê: Here, HERE, dink tog aan my en versterk my tog net hierdie keer, o God!” Alles het van hierdie een kans afgehang – die beslissende oomblik van sy lewe - of hy as swakkeling wat sy volk in die steek gelaat het, sou sterf of as rigter wat sy volk met sy dood van die vyand sou bevry.

Simson het die gewig van die oomblik met soveel geloof aangegryp dat hy nie eens vir die onafwendbare dood bang was nie. Hy was gewillig om sy lewe as losprys vir sy siel te gee.   Hoe baie het daar nie al van een oomblik afgehang nie! Een oomblik was vir Petrus genoeg om Jesus te verraai. Een oomblik was vir Demas genoeg om die geloofslewe te verlaat en in die wêreld te verdwyn.

Esau is ’n sprekende voorbeeld van nog ’n man wat in een onbesonne oomblik sy eersgeboortereg verkwansel het.   Moses het met een driftige hou na ’n rots sy toegang tot Kanaän gekanselleer. Dawid het in een oomblik van wilde hartstog sy gesin in ellende gedompel.   Dan is daar ook die geval van Felix die goewerneur wat die oomblik toe God se genade verskyn, dit nie aangegryp het nie:”Gaan maar terug en as ek tyd het, sal ek jou weer laat roep” (Hand.24:25). Felix het nooit weer tyd ingeruim nie en die ewige verderf beërwe.

Hoe baie mense het nie al in ’n krisis beland weens een onbedagsame oomblik en verkeerde besluit nie! Maar een oomblik is ook genoeg om God se genade te verkry. “….net hierdie een keer, o God!” bid Simson; woorde wat sondaars uit die dieptes van die hel verlos en die poorte van die Paradys laat betree.  

Wanneer die laaste trompet blaas, sal miljoene mense die hel binnegaan omdat hulle een maal voor die Bose geswig en nie hul sonde bely het nie. Daar sal ook ander mense wees wat wel ’n laaste geleentheid aangegryp het soos Saggéüs. Jesus het net een maal deur Jerigo gegaan, maar hierdie een maal was genoeg vir Saggéüs se redding.  

Jesus het net een maal verby die blinde Bartimeus van Nasaret geloop.   Die mense wou hom stilmaak toe hy al hoe harder na Jesus roep. Hulle het hom nie afgesit nie. Dit was sy eerste en laaste kans. Jesus het gaan stilstaan, hom genees en sy siel gered.   Moenie na stemme rondom jou luister wat jou wil stilmaak as jy God se genade benodig nie; jy kry miskien net die een kans!

In die Evangelies lees ons van die tuinier wat by die eienaar vir een jaar se genade vir die onvrugbare vyeboom gepleit het . Hoeveel jaar pleit Jesus nie by die Vader vir ons nie?   “Wie is dit wat veroordeel? Christus is dit wat gesterf het ja, meer nog, wat ook opgewek is, wat ook aan die regterhand van God is, wat ook vir ons intree” (Rom.8:34). “Daarom kan Hy ook volkome red die wat deur Hom tot God gaan, omdat Hy altyd leef om vir hulle in te tree” (Heb.7:25).

Laat ons elke geleentheid om met God te versoen aangryp want waar is daar ’n beter voorbeeld as op Golgota waar twee misdadigers weerskante van Jesus hang?   Een spot; die ander een gryp die geleentheid aan: “Jesus, dink aan my…”     Hulle is in eenderse omstandighede; een is verlore en een gered.   Die geredde een eggo Simson se laaste versoek: “Here, dink aan my…”  

Simson het saam met die heidene onder die puin van die heidense tempel gesterf.   Enersyds ’n tragiese verhaal van ’n jongman met soveel moontlikhede maar wat deur sy eie toedoen vroeg in ’n graf beland het. Andersyds is dit ook ’n bemoedigende verhaal van ’n man wat ten spyte van sy verkeerde optrede sy sonde bely en die ewige heerlikheid betree het toe sy wêreld op hom omgekeer het.   Simson het besef dat hy sy verhouding met God moes regmaak en hy het.   Sy laaste versoek het nie oor wraak op die vyand gegaan nie maar oor die saligmakende vrede met God.

Simson se dood het na twee kante gesny: “En Simson sê Laat my sterwe saam met die Filistyne! En hy buig hom met krag, sodat die huis inval op die vorste en op al die mense wat daarin was. So was dan die dooies wat hy by sy sterwe gedood het, meer as die wat hy in sy lewe gedood het” (vers 30).   Die man wat vroeër alles in die lewe gewen, maar sy God verloor het, het daarna alles verloor, maar weer sy God gevind.

Die Evangelies vertel van ’n Man wat by geleentheid van God verlaat was, maar nie weens ’n fout wat hy begaan het nie, maar om sy lewe as ’n skuldoffer te gee sodat mense gered kon word.   Hierdie Man staan by die deur van jou hart en Hy klop.   Moenie versuim om oop te maak en dit wat verkeerd is reg te maak nie.   Jy weet nie of jy weer die geleentheid sal kry nie!

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 2132 gaste aanlyn