Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
SO HET ANC BLANKES GETEIKEN...
...En hulle doen dit steeds, net op ander wyses as destyds toe hulle as terroriste-organisasie verban was.
DIE KERKSTRAATBOM 20 MEI 1983
Hier volg die ervaring van 'n afgetrede kolonel wat presies onthou wat op Vrydag, 20 Mei 1983, gister 42 jaar gelede, gebeur het toe ‘n terroristebende met Mandela as leier besluit het hy wil soveel as moontlik Blankes in nog ‘n terreuraanval na hulle dood stuur - ja, dieselfde Mandela wat deur die geldmagte en media as 'n engel uit die hemel voorgehou is; hy was 'n terroristeleier en moordenaar - lees gerus elders op Gelofteland meer oor die ANC se dade en verbanning.
DIE KOLONEL SE VERKLARING:
Ek werk op daardie stadium in die Finansies-afdeling van Lugmaghoofkwartier, in die Nedbankgebou, op die hoek van Kerk- en Schubartstrate in Pretoria. Dis die jare voor oopplan-geboue; daar is ‘n ry kantore aan die straat se kant, ‘n breë gang, en nog ‘n ry kantore aan die agterkant van die gebou. Lugmag Finansies beset op daardie stadium sowat die helfte van die kantore op die 7de vloer. My kantoor is aan die agterkant van die gebou, en my goeie vriend, Buks Schnepel, is in die kantoor oorkant my (aan die straat se kant, dus).
±16h20 – Zirk Jansen kom vra my of hy ‘n paar minute vroeg kan loop, hy wil weggaan vir die naweek. Ek sê “ja”.
±16h24 – Buks kom uit sy kantoor, trek die deur toe en sluit dit.
±16h25 – Buks het nie meer as ‘n enkele tree in die gang af gegee nie, toe kom sy kantoordeur, deur die kosyn, oor die gang, by my kantoor ingevlieg, en kom tot rus teen die verste muur. Bykans onmiddellik daarna is daar ‘n geweldige slag, onmiskenbaar dié van ‘n ontploffing.
ROTHSCHILD SE GASA-GRONDGRYP
Dit was teleurstellend genoeg dat president Trump se eerste ontmoeting met 'n buitelandse leier dié met die Israeliese oorlogsmisdadiger Bibi Netanyahu was. Maar nog erger: Tydens hul gesamentlike perskonferensie het Trump die wêreld geskok deur aan te kondig dat die VSA Gasa wil oorneem om dit in 'n "riviera" te verander vir Trump se miljardêr-vriende, vir wie hy baie geld skuld...
Dit was Rothschild Inc.-effektehandelaar Wilbur Ross wat Donald Trump se bankrotskap hanteer het. In ruil daarvoor dat die Rothschilds vir Trump borg gereël het, het Trump ingestem om sy naam 'n winsgewende handelsmerk vir sy bankkrediteure te laat word. Ross is deur Trump beloon deur sy Eerste Minister van Handel te word.
En die Rothschilds het die Taj Mahal-casino en ander Atlantic City-eiendomme goedkoop bekom...
BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (5)
Op Twitter het Anele nie teruggehou nie en ouers wat dit in hul huise moontlik gemaak het, gekap. Die mediapersoonlikheid het gesê ouers wie se kinders agter die voorval sit, moet oppak en Mzansi verlaat.
"Dit is maklik Hoërskool Jan Viljoen, as jou kinders nie met swart kinders skool toe wil gaan nie, pak jou k*k en verlaat SA. Ons gaan nie meer met rassiste onderhandel nie. P**s off".
*
Bheki Cele, minister van onderdrukking, sê Julius Malema, EFF-leier, het 'n komplot met Khehla Sitole, nasionale polisiekommissaris, probeer beraam om hom uit sy pos te laat verwyder.
Cele het dié bom laat val aan die begin van sy bydrae tot die debat oor president Cyril Ramaphosa se staatsrede (SONA) Maandag. Dit was nie deel van sy voorbereide toespraak nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (4)
In 'n staatsrede wat swaar op die ekonomie was, was president Cyril Ramaphosa meer presies oor hervorming van reguleerders as oor veiligheids- en teenkorrupsiemaatreëls wat flou beloftes gebly het. Dit dui op 'n ver van die verenigde front regoor die regering.
*
"Uiteindelik sou die winste van die demokratiese era verlore gaan. Die wye hek gaan oop na 'n pad van bankrotskap. 'n Soewereine skuldkrisis is wanneer 'n land nie meer die rente of hoofsom op sy lenings kan terugbetaal nie. Ons is nog 'n entjie daarvan af. Maar as ons nie nou optree nie, sal ons binnekort daar uitkom."
*
“Daar is nie geld nie, maar die president is die staatshoof en sy plig is om die rigting te skets wat ons vanjaar gaan inslaan. Daarom sal ons hulpbronne in ooreenstemming met daardie rigting moet vind,” het hy gesê.
NA GOD SE BEELD
Ds A.E. van den Berg
“En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis..... En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape” (Gen1:26,27).
Die Bybel leer ons dat God Adam en Eva na sy Beeld geskep het. Wat beteken dit? Voordat God hulle op die sesde skeppingsdag gemaak het, het Hy eers die aarde vir hul woonplek voorberei. Al sy skeppings het direk deur sy bevel geskied. So ook die mens. “En God het gesê: Laat Ons mense maak na ons beeld, na ons gelykenis.... En God het die mens geskape na sy beeld; na die beeld van God het Hy hom geskape; man en vrou het Hy hulle geskape” (Gen1:26,27).
Let op die woord ‘Ons’ wat klink asof God met iemand by Hom praat. Was dit miskien met 'n hemelse raad? Nee, God het geen raad nodig om sy besluite deur te voer nie. Hierdie ‘Ons’ was 'n gesprek binne die Drie-eenheid: Vader, Seun en Heilige Gees.
SOUT VAN DIE AARDE
Hannes Ollewagen
Matt. 5:13-48
“JULLE is die sout van die aarde, maar as die sout laf geword het, waarmee sal dit gesout word? Dit deug nêrens meer voor as om buite gegooi en deur die mense vertrap te word nie. Julle is die lig van die wêreld. ’n Stad wat bo-op ’n berg lê, kan nie weggesteek word nie; en ’n mens steek ook nie ’n lamp op en sit dit onder die maatemmer nie, maar op die staander, en dit skyn vir almal wat in die huis is. Laat julle lig só skyn voor die mense, dat hulle julle goeie werke kan sien en julle Vader wat in die hemele is, verheerlik.” (:13-16).
Daar is seker nie ’n beskaafde mens wat nie weet wat sout is nie. ’n Mens maak van kindsbeen af kennis met hierdie kosbare bestanddeel. ’n Kommoditeit wat dalk vryelik beskikbaar is, maar waarsonder ons nie sal kan klaarkom nie – die waarde daarvan heeltemal onderskat. Hierdie kosbare bestanddeel wat ons gebruik om te preserveer en geur aan die geregte te gee wat ons voorsit. Hierdie kosbare bestanddeel wat onse Here Jesus Christus gebruik om ’n vergelyking te tref met sy kinders. Hierin stel Hy tog duidelik wat sy verwagting teenoor ons as sy kinders is.
BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (3)
Volgens alle aanduidings, is daar ongeveer 400 generaals in die weermag. Van hulle is 97 aan die skerpkant, en die res in ‘n nie-gevegsrol. In die lugmag met sy 11 eskaders is 27 generaals en in die vloot 17 admiraals vir 24 skepe. Die verhouding militêre generaals teenoor ander range in Suid-Afrika is 1:185. In Amerika is dit 1:1600 en in Brittanje 1:1300.
In die polisie is dit nog meer skeefgestrek – as ons die brigadiers as sogenaamde generalestaf daarby tel is dit 1:230.
Dit is waarom ons in Suid-Afrika met ‘n wanfunksionele weermag en polisie sit – omdat baie MK-Kaders in hoë poste aangestel moes word.
*
Robyn onthou dat sy iewers ‘n resep gehad het vir tuisgebroude napalm, of iets soortgelyks. Dit was eenvoudig, maar sy het destyds nie opgelet toe haar man daarvan gepraat het nie. Pleks dat sy geluister het na al sy raad en voorspellings! Met wie sou hy ook daaroor gepraat het? Het hy dit miskien iewers neergeskryf?
BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (2)
)
Niemand begroot dat hulle appelkar omgegooi gaan word nie. Tensy ‘n man baie oud is en op genadetyd leef, gediagnoseer is met ‘n terminale siekte, bloot moeg is vir die lewe, of iets dergliks, dink baie min mense aan die dood. Mense begroot vir ongelukskade, medies fondse of versekering, en selfs spaargeld vir die maer jare, maar dis selde dat mense hulleself sien as die slagoffer van moord, aanranding, huisbraak of gewapende roof. Dis goed wat met ander mense gebeur. Jy hoor daarvan, maar dit sal nie met jou gebeur nie.
AVF MISLEI ALWEER DIE VOLK
MEDIAVERKLARING
Die heropgerigte Afrikaner Volksfront het pas bekendgemaak dat ‘n kongres gereël word vir “Boere Afrikaner organisasies wat in Selfbeskikking glo”.
AFRIKANER VOLKSFRONT WAS INSTRUMENTEEL IN DIE OORDRAG VAN MAG
Hierdie organisasie, die Afrikaner Volksfront (AVF) was in die jare 1993 en 1994 verantwoordelik vir die groteske misleiding van ons volk. Daardie misleiding het uitgeloop op die oordrag van mag aan ‘n Swart kommunistiese ANC-bende. Groot getalle regse kiesers is destyds versamel onder die AVF-vaandel met die belofte dat magsoordrag na ‘n Swart meerderheidsregering – wat sou plaasvind deur die verraad van die Nasionale Party-regering – ten alle koste verhoed sou word, selfs indien wapengeweld daarvoor nodig sou wees. Intussen het die AFV-topleiding agter die rug van hul ondersteuners en sonder hulle toestemming, geheime samesprekings gevoer met die NP-regering en die ANC! Daardie geheime gekonkel het verseker dat die weggee van ons politieke mag geskied het sonder dat daar enige verset deur die Blankes gevoer is.
BROKKIES UIT DIE BOEK – ROBYN (1)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Freud het beweer dat ‘n vrou grootliks gedryf word deur vrees. Sy kom weerloos die wêreld in, word heeltyd gewaarsku teen mans wat haar liggaam wil misbruik, word ‘n bang kind, ‘n vreesagtige tiener en ‘n versigtige volwassene. Hy het ook gesê ‘n vrou sal onwillekeurig ‘n man soek wat haar kan beskerm. Miskien was hy reg.
Robyn de Jongh moes na haar man, Reiner, se dood leer om òf met vrees saam te lewe, òf om dit af te gooi. Sy het op laasgenoemde besluit. Reiner het haar altyd beskerm. Hy was heelwat ouer as sy en toe sy hom ontmoet het, in haar matriekjaar, was haar ouers glad nie geneë met die feit dat hy soveel ouer as sy was nie, reeds ‘n onderwyser – al was dit nie aan dieselfde skool as waar sy is nie, en reeds met sy eie huis, gevestig en met ‘n vaste roetine.
TYD IS KOSBAAR
Ds A.E. van den Berg
“Wandel in wysheid teenoor die wat buite is en koop die tyd uit” (Kol.4:5).
Paulus het hierdie brief aan die gelowiges in Kolosse geskryf, 'n Griekse stad op Turkse bodem, ongeveer 160km noordwes van Efese. Paulus het nie die gemeente gestig nie. God het Epafras, ʼn plaaslike gelowige, daarvoor gebruik. Paulus het in die drie jaar wat hy in Efese was, die gemeente gereeld besoek.
Waarom was dit dan vir Paulus nodig om aan hulle te skryf? Omdat dwaalleer en kettery die gemeente bedreig het. Die verskil tussen dwaalleer en kettery is dat dwaalleer maak dat mense die kerk verlaat terwyl ketters dit nie verlaat nie maar dinge verkondig wat van die kerk se leer afwyk en dus mense verwar.
VREDE!
Hannes Ollewagen
2 Kor. 13:1-13
“Verder, broeders, wees bly; word volmaak; laat julle vermaan; wees eensgesind; hou vrede, en die God van liefde en vrede sal met julle wees.” (11).
Vrede, iets só kosbaar waarvan ons minder en minder in die wêreld sien. En die rede hiervoor? Dit is tog sekerlik omdat daar minder en minder van God in die mens van ons tyd te bespeur is – die mens wat meer en meer van God afvallig raak. Vrede is immers een van die karakter-eienskappe van God – Hy is ’n God van vrede. “En die God van vrede sy met julle almal. Amen.” (Rom. 15:33). “want God is nie ’n God van wanorde nie, maar van vrede, soos in al die gemeentes van die heiliges.” (1 Kor. 14:33). Daarenteen is Satan voortdurend besig om daar waar vrede is, onmin, verdeeldheid en twis te probeer bewerk want hierdeur word sy vernietigingswerk met welslae uitgevoer.
FW EN SMUTS – OP DIESELFDE KLIP...
Willem Etsebeth se verhaal van arrestasie, vernedering en marteling
(Willem Etsebeth was in 1990 deel van die AWB se generale staf. In daardie tyd het die FW de Klerk-bewind genadeloos toegeslaan op regse versetstryders, en die veiligheidspolisie opdrag gegee om hulle lewens hel te maak en te vernietig. Dit is presies wat Jan Smuts tydens die 1914 Rebellie gedoen het – ons volk verniel en vermoor, u ken die geskiedenis. Mag FW, Pik, Jan Smuts, Louis Botha en al hulle meedoeners vandag heerlik braai op dieselfde klip in die hel! - RED)
Hier is Willem se verhaal van sy arrestasie en wat daarmee gepaard gegaan het.
Die Boerevolk hier aan die suidpunt van Afrika het al baie aanslae verduur. Aanslae teen ons vryheid en teen ons voortbestaan. ‘n Fisiese oorlog is twee maal gevoer teen die wêreldmag van die tyd: Groot Brittanje. ‘n Politieke oorlog is gevoer deur die heersende regering. Alles, om hierdie volkie van sy herkoms en sy fondament te vervreem. Maar met sy roer oor sy skouer en sy Bybel in die wakis, wapper die Vierkleur en word “Die Stem” versie vir versie uit die volksmond gehoor, en word die God van Bloedrivier steeds as enigste Verlosser erken.
ARRESTASIE
HELP ONS, O GOD!
Die Psalmdigter pleit by God toe sy volksvyande wat ook haters van God was, hulle wou oorweldig – ons volk durf vandag presies dieselfde woorde gebruik: "Teen ons, u volk, smee hulle listig 'n plan, u vyande maak rumoer, u haters steek die hoof op; hulle sê 'Kom laat ons hulle vernietig dat hulle geen volk meer is nie'. O God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God! Help ons, o God, om die eer van u Naam en red ons en doen versoening oor ons sondes ter wille van u Naam; vergeld ons bure sewevoudig, laat voor ons oë onder die heidene bekend word die wraak oor die vergote bloed van u knegte, en ons, u volk, sal U vir ewig loof!"
Jaap Marais het in sy heel eerste toespraak ná 27 April 1994 hierdie belangrike woorde gesê: "Die enigste werkbare resep vir enige regering om suksesvol te wees rus op twee belangrike pilare. Eerstens, respek vir wet en orde in die samelewing; en tweedens 'n gesonde, groeiende ekonomie. Hierdie terroristebende wat nou ons nuwe regering geword het is gebore nie in staat om enige van dié twee voorwaardes te laat realiseer nie. Daarom sal hulle misluk en uiteindelik sal die nuwe bestel in duie stort. Wanneer dit gebeur, sal dit gepaard gaan met geweld, anargie en sosiale chaos..."
BROKKIES UIT DIE BOEK - GEBROKE LAND (19)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Wat maak jy, Percy?”
Die seun hou ‘n kombuismes met sy linkerhand so stewig as moontlik op die stoep se lae muurtjie vas, terwyl hy met ‘n ou vyl die ding probeer skerp maak. Dis ‘n besonder moeilike taak, want al is die mes nie baie hard nie, is dit nie veel sagter as die vyl nie. Dis ook moeilik omdat die mes ‘n ronde punt het en nie ‘n spits een nie. Dit gly ook rond op die ongelyke baksteen-oppervlak. Jack, sy pa, kan sien dat hy al lank daarmee besig is, en daar is hier en daar ‘n stukkende plek op die kind se hande. Hy antwoord nie vir Jack nie. Hy kyk net vir ‘n oomblik op en dan gaan hy aan met die werk.
“Jy wil revenge vat, nê, Boetie?”
Percy se oë word vol trane. Hulle het baie gesukkel om sy ouma se liggaam terug te kry en uiteindelik, na baie mooipraat, is hulle uiteindelik toegelaat om haar te begrawe. Daar was eintlik nie veel tyd om aan Percy se trauma aandag te gee nie. En al sou hy dit kon probeer, weet Jack hopeloos te min van berading af.
TUSSEN JESUS SE HEMELVAART EN SY WEDERKOMS
Wat doen jy vir Jesus totdat Hy weer kom?
Ds A.E. van den Berg
“Sy heer sê: Mooi so, goeie en getroue dienskneg, oor weinig was jy getrou, oor veel sal ek jou aanstel. Gaan in in die vreugde van jou heer” (Mt. 25:23).
Jare gelede het ek ʼn meriete-prysuitdeling bygewoon toe ʼn swart leraar die opening waargeneem en die Gelykenis van die Talente gelees het. Hy het God vir die talente wat Hy aan die wenners gegee het, gedank. Die man het die bal misgeslaan, want dis nie waaroor die gelykenis gaan nie. Ek wil waag om te sê dat 99% van alle mense hierdie gelykenis heeltemal verkeerd verstaan. Dit het niks met verstandelike vermoëns en gawes te doen nie. Die gelykenis handel uitsluitlik oor diensbaarheid in belang van die koninkryk van God.
BROKKIES UIT DIE BOEK - GEBROKE LAND (18)
)
Johan wonder waarvoor wag die man wat skynbaar die bevelvoerder moet wees. Dan dring dit tot hom deur: hulle moet die geveg open met skote na die kampers by die waterval. Hy haal diep asem en lê aan, maar die tweepoot maak dat hy die geweer nie ver genoeg kan sak nie. Hy vou dit op, vat dooie-rus oor ‘n groot, plat klip en dan mik hy na die Nissan se kantspieël, wat nou effens blink in die vroeë son. Met die knal van die skoot spat die spieël aan flarde.
“Sorrie, Korff!”
Patric is woedend. Het hy nie vir Bobby mooi verduidelik dat, as ‘n mens teen ‘n afdraand skiet, jou skote hoog sal wees nie? Nou het hy miskien die belangrikste skoot van die hele geveg verbrou. Nogtans is daar geen keer aan sy manne nie, hulle weet ook dat die skoot van bo af die teken is dat die aanval moet begin en dat daar geen omdraai is nie.
DIE DAKAR VERRAAD
Ds AE van den Berg
AS GIF VIR MEDISYNE AANGESIEN WORD
Politieke katastrofes het gewoonlik 'n sekere aanloop waarna die gevolge chaos en ellende veroorsaak. Die Dakar-beraad van Julie 1987 in Senegal is 'n sprekende voorbeeld hiervan. Hierdie beraad was 'n kommunisties georkestreerde gekonkel wat die lont aangesteek en Suid-Afrika kort daarna staatkundig laat ontplof het.
'n Groep liberale Afrikaanse skrywers, joernaliste, sakelui, politici en kerklui het in Dakar met leiers van die ANC in ballingskap vergader. Die liberale nuusmedia het dit as 'n sleutelgebeurtenis in samesprekings met die ANC beskou en voorsien dat dit tot 'n vreedsame verkryging van demokrasie in Suid-Afrika sou lei.
AMERIKAANSE REGERING SE GEHEIME WAPEN
Gelofteland plaas hierdie artikel met groot omsigtigheid en stem nie noodwendig met die inhoud saam nie. Maar indien dit die waarheid bevat, is die wêreld op die punt om in geweldige chaos te verval. Indien Amerika wel oor so ‘n sataniese instrument beskik, sal Satan sorg dat die eindtye waar ons nou begin ingaan, binnekort die verdrukking bring soos in die boek Openbaring opgeteken staan. Lees dit noukeurig en indien u van mening is dat daar so ‘n moontlikheid bestaan, bid dan die gebed aan die einde van hierdie artikel saam met ons want in opregte gebed is daar krag, hulp en verlossing en kan dit nét goed vir die wêreld beteken – RED.
Wie is Vicki Goforth Parnell?
Vicki het sedert 2022 profetiese boodskappe en drome van die Here ontvang rakende die eindtyd waarin ons reeds is, die Nuwe Wêreldorde en die geweldige misleiding wat daagliks toeneem. Sy is ʼn Amerikaanse burger en het ʼn baie suiwer geloofsgetuienis in die Drie-enige God van die Bybel. Sy beskou die Bybel as die onfeilbare Woord van God en het ʼn buitengewone goeie kennis daarvan. Daar is tientalle video’s op die internet beskikbaar waarin sy hierdie profesieë, drome en visioene deel onder haar bediening met die naam My lovely Jesus Ministries.
Talle mense wat na haar video’s reg van die begin af geluister het, is oortuig daarvan dat sy waarlik haar boodskappe en drome van God en die Here Jesus ontvang en dat daar op haar waarskuwings ag geslaan moet word.
DIE NIE-MEER-SO-GEHEIME WAPEN VAN PRESIDENT TRUMP
GEBREKKIGE KENNIS
Ds AE van den Berg
“My volk gaan te gronde weens gebrek aan kennis…” (Hos.4:6)
Hosea was ’n oujongkêrel toe hy tot profeet geroep is, waarna God vir hom ’n vrou gekies het. Sy was nie ’n vroom pastorie-moeder wat in harte ingekruip het nie, maar ’n prostituut – Gomer. Hierdie bizarre huwelik was die beeld van Juda se ontroue verhouding met God.
God se aanklag teen Juda was ’n formele hof-aanklag: “Hoor die woord van die Here….die Here het ’n regsaak” (:1). Juda het geestelik so verval dat sy geen trou, liefde of kennis van God getoon het nie. Met trou word bedoel dat Juda nie eerlik was nie. Niemand kon vertrou word nie, nie die regering of die kerk nie. Almal was korrup.