NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

As jou geheue swakker word, moet jy net twee dinge onthou: Eerstens dat jy ‘n groot sondaar is en tweedens dat jy deur jou bekering kind van ‘n liefdevolle hemelse Vader geword het.

ONS SKAT IN ERDEKRUIKE

Ds AE van den Berg

“Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God moet wees en nie uit ons nie” (2 Kor.4:7).                             

Naas Jesus was Paulus die grootste evangelis.  Sy prediking het eerstens uit oproepe tot sondevergifnis bestaan.  Mense moes tot bekering kom.  Tweedens was sy prediking op geloofsversterking gerig.  Gelowiges moet volwasse in die geloof word.  Hy het soos ʼn goeie verkoopsman geesdriftig in sy produk geglo omdat hy self die nuutword in Jesus ervaar het. 

Paulus se lewe was ʼn oop boek sonder verskuilde agendas.  Hy het nooit sy amp om selfsugtige redes misbruik nie en slegs die waarheid gepreek. Ongelukkig het dit wat met baie predikante gebeur ook met Paulus gebeur;  Satan het etlike teenstanders verwek om hom te probeer ontsenu.

Sy tweede brief aan die Korintiërs is ʼn verdedigingskrif.  Hy was genoodsaak om hom teen kwaadwillige stories wat oor hom versprei is te verdedig. Wat dit  was, weet ons nie.  Uit sy tweede brief aan die Korintiërs kan ons aflei dat daar vertel is dat hy sy eie beuel blaas en sy bediening oëverblindery was. 

  Omdat ʼn leraar se amp aan sy persoon verbind is, was Paulus genoodsaak om homself te verdedig.  Hy vergelyk sy amp in vers 7 met 'n beeldspraak: “Maar ons het hierdie skat in erdekruike, sodat die voortreflikheid van die krag van God moet wees en nie uit ons nie”.  Die Korintiërs het erdekruike baie goed geken.  Hulle was ʼn welvarende gemeenskap wat selfs skatte vir bewaring in kruike geplaas het.  

Paulus gebruik hierdie beeld om die grootste skat wat 'n mens kry te belig nl. geloofsekerheid: “ Want God wat gesê het dat daar uit die duisternis lig moet skyn – dit is Hy wat in ons harte geskyn het om ons die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van Jesus Christus” (vers 6).  Watter kennis is hier ter sprake?  Die sekerheid wat 'n mens het dat sy siel gered is. “Maar ek, ek weet my Verlosser leef....” (Job.19:25).  

Dis die kosbaarste skat van almal. Geld kan dit nie koop nie.  Jesus sê: “Want wat baat dit ʼn mens as hy die hele wêreld win, maar aan sy siel skade ly?  Of wat sal ʼn mens gee as losprys vir sy siel?” (Mt.16:26). 

Paulus sê dat gelowiges hierdie vaste wete soos ʼn skat in ʼn erdekruik het.  Sy   beeldspraak het die Korintiërs aan twee dinge laat dink – eerstens aan ʼn skat wat vervoer en daarna bewaar moes word.  So ʼn kruik was ʼn vervoer- en bewaarmiddel.  Paulus sê dat God die skat van die Evangelie van verlossing in gelowiges geplaas het om te bewaar maar ook om uit te dra.

Hy verwys eerstens na die apostels wat die boodskap van verlossing begin verkondig het.  Daarna het dit ook die taak van elke dienskneg van God geword; nie net leraars nie, maar ook doodgewone gelowiges.

Elke gelowige het die opdrag om hierdie skat te bewaar en uit te dra.  Jesus se laaste opdrag was om dissipels van alle mense te maak (Mt.28:19).  Elke gelowige is ʼn erdekruik waarin die boodskap van verlossing bewaar en oral bekend gemaak moet word. 

Wat moet gelowiges met hierdie skat doen?  Die verlossingsboodskap aan verlorenes te bring en die waarheid van God se Woord teen dwaalleer te gebruik. Dis ons bewaringstaak: “Die hele Skrif is deur God ingegee en is nuttig tot lering, tot weerlegging, tot teregwysing, tot onderwysing in die geregtig-heid” (2 Tim.3:16). 

Destyds is skatte in verskillende soorte kruike bewaar.  Soms was die kruik self van kosbare materiaal gemaak.  Ons lees in die Evangelie van die vrou met die albasterfles met kosbare salf waarmee sy Jesus se voete gesalf het.  Soms was die kruik byna net so waardevol soos die skat wat dit gehuisves het.

Met erdekruike was dit anders.  Dit was so ʼn algemene gebruiksartikel dat dit nooit deel van die skat kon wees nie.   Dit was goedkoop en het maklik gebreek.   Dis hoe Paulus ʼn dienskneg van die Here sien –  dit gaan nie oor die kruik wat selfs onaansienlik kan wees nie, maar oor wat binne in is.   Dis hoe Paulus sy eie bediening gesien het; ʼn erdekruik sonder uiterlike waarde.

En dit geld vir elke dienaar van Jesus.  Wie in sy diens staan, is nooit meer as net ʼn erdekruik nie.  Hoe meer 'n kruik op sy eie sou skitter, hoe minder aandag sou die skat binne in aandag kry.  Oral waar leraars net erdekruike is, skitter die skat daarin.  

Die skat moet van die erdekruik verskil – altyd kosbaarder as die kruik self.  Al is die kruik van klei gemaak, lelik, vol barste en krake, is die skat daarbinne altyd vlekloos en volmaak.

Gelowiges is almal erdekruike wat dieselfde skat huisves – die evangelie van verlossing.  Uiterlik beskou, niks om oor opgewonde te raak nie.  En so moet dit bly.  Die buitekant van die erdekruik moet mense nooit vir dit wat binne in is blind maak nie.

Wanneer 'n predikant preek, is daar soms kritiek.  Miskien is hy nie so ʼn goeie spreker of  het genoeg skop in sy preek nie.   Moet nooit die skat aan die kruik beoordeel nie.   Uit die eerste brief aan die Korintiërs blyk dit dat Paulus self nie  ʼn dinamiese prediker was nie.  Daarom skryf hy in sy tweede brief aan hulle dat hy nie belangriker as ʼn erdekruik is soos van sy teenstanders beweer het nie.

Kruike wat meer as die skat wil wees, is doodsake vir 'n kerk.  Dis moontlik een van die redes waarom al hoe meer kerke ontspoor.   Leraars preek nie meer die waarheid nie en trek met tierlantyntjies en leuens baie mense en maak geld. 

Tydens ʼn opname oor kerkgang in Amerika het dit aan die lig gekom dat 85% van alle kerkgangers rylopers is – mense wat van die een kerk na die ander reis op soek na beter ervarings of kanselvermaak.   Kansels het ʼn verhoog vir vermaaklikheidskunstenaars geword met eredienste wat na sirkusse lyk! 

Vir Paulus het dit nie om guns te wen gegaan nie, maar om in gehoorsaamheid aan Christus die Woord suiwer te bedien.  Die gelowiges in Korinte kon dit sien.  Daar was daar egter ook mense wat geestelik blind was en nie wou sien nie.   

In vers 6 maak Paulus melding van God se eerste opdrag aan die skepping; dat daar lig moes wees. “Want God wat gesê het dat daar uit die duisternis lig moet skyn – dit is Hy wat in ons harte geskyn het om ons die verligting te bring van die kennis van die heerlikheid van God in die aangesig van  Jesus Christus”.

Deur die prediking skyn die lig van God se vergifnis in donker harte in.   God wil nie hê dat mense verlore moet gaan nie. Daarom het Hy Jesus gestuur en daarna predikers om sy lig in mense se sonde-duister te bring.   Dis ook al wat vir Paulus belangrik was.  Hulle moes nie na die erdekruik kyk nie, maar na die inhoud.  

 

Gelowiges is die draers van die grootste skat.  Wees egter ook baie versigtig om jouself nie minder as ʼn erdekruik te beskou en vir God te sê om iemand beter te kry om vir Hom te werk nie.  Want dan begrawe jy jou talent soos die lui dienskneg in die bekende gelykenis.  Laat hierdie skat eerder tot op die dag van jou dood in jou lewe bly skitter.  

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 1861 gaste aanlyn