Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Diegene wat deur God verwerp word verdien sy straf want Hy is nie partydig nie; en diegene wat gered word verdien NIE daardie genade nie maar is deur Hom uitverkies met 'n spesifieke rede.
VREES NIE DIE REUSE IN JOU LEWE
Ds A.E. van den Berg
“Verder sê Dawid: Die Here wat my gered het uit die klou van die leeu en uit die klou van die beer, Hy sal my red uit die hand van hierdie Filistyn. Toe sê Saul vir Dawid: Gaan, en mag die Here met jou wees!” (1 Sam 17:37).
God was baie lief vir Dawid en het hom dikwels in moeilike situasies laat beland om sy geloof te toets. Dawid moes leer om nie op mense staat te maak nie, maar op sy hemelse Vader. In die gelese gedeelte het Dawid letterlik en figuurlik voor 'n reuse probleem te staan gekom wat maklik tot sy dood kon lei. Hy het egter op God vertrou en 'n opsienbarende oorwinning in die dal van die terpentynbome behaal.
Die dag van hierdie oorwinning het vir die jong man soos enige ander dag in sy lewe begin. Hy het skape opgepas. Die dag sou egter baie anders eindig as wat hy ooit kon droom. Sy pa het hom vroeg die oggend met kos vir sy broers op die gevegsfront gestuur waar hulle met Saul teen die Filistyne vir 'n oorlog gereed gemaak het.
OM GOD LIEF TE HÊ
Hannes Ollewagen
1 Kor. 8:1-13
“Maar as iemand God liefhet, dié word deur Hom geken.” (:3).
‘n Treffende stelling. Watter mens wat in God glo wil nie beslis weet dat God hom ken nie? En tog is daar baie mense wat hulle met godsdienstige sake besig hou, maar sonder dat daar ’n ware verhouding tussen hulle en God bestaan. Die rede hiervoor is dat daar in hul godsdienstige aksies geen liefde is nie – dit bestaan uit gewoonte of gewoon aangeleerde kennis. Laasgenoemde is veral kenmerkend van soveel teoloë in ons tyd wat ’n groter aanhang vir hul sogenaamde akademiese kennis as vir God het. En dit verduidelik natuurlik vir ons waarom dit hulle min traak dat God se Woord en insettinge geminag, verdraai en vertrap word, want hulle voel nie iets vir Hom nie – daar is in hulle geen liefde vir God nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (7)
083 444 7672)
Niemand gee handelsware van miljoene rande sommer prys nie. Nogtans het hy hulle gevra om die kinders te laat gaan. ‘n Mens probeer mos immers die geweldlose opsie eerste.
“Los die kinders. Niemand hoef vanaand seer te kry nie.”
Ongelukkig is die woorde van Al Capone meermale as nie, waar:
“You can get much further with a kind word and a gun, than just a kind word”.
Die enigste reaksie was geweld. En vir elke aksie is daar ’n teenoorgestelde reaksie, maar nie altyd gelyke nie. Die leier van die groep het onmiddellik die Makarov, wat hy reeds in sy hand gedra het, gelig. Basjan het die lang geweer agter sy blad gehang en met die nege millimeter CZ in sy hand het hy egter tussen die groep en die kar ingeloop en die manne kan hom nie sien teen die helder ligte in nie.
VETOKSIDASIE - VERBORGE VERSNELLER VAN VEROUDERING
Dr Joseph Mercola
(Hierdie artikel is nie noodwendig die mening van Gelofteland nie, dit word geplaas om sodoende menings uit te lok - Red.)
'n Onlangse studie gepubliseer in Science Advances het ontbloot hoe die manier waarop ons selle vet verbrand veroudering direk beïnvloed. Kortom, daar is gevind dat 'n verskuiwing van glukose-oksidasie na vetsuuroksidasie, lei tot sellulêre veroudering deur mitochondriale energiemetabolisme te verander.
Het jy geweet dat die manier waarop jou liggaam vet verbrand, direk kan beïnvloed hoe vinnig jy verouder en ouderdomsverwante siektes ontwikkel? Soos dit blyk, is verhoogde vetoksidasie gekoppel aan sellulêre veroudering – 'n proses waar selle ophou verdeel, wat bydra tot veroudering en ouderdomverwante siektes – en die verskuiwing van glukose na vetmetabolisme versnel hierdie proses.
Dit is nie goeie nuus vir die lae-koolhidraat-keto-gemeenskap nie, wat meer as betower is met die oënskynlike gesondheidsvoordele van ketose. Terwyl kort sarsies van vas, soos 12 tot 16 uur, aanvaarbaar is, is dit 'n voorskrif vir langtermyn gesondheidsrampe om konsekwent op vette te vertrou as jou brandstofbron.
NUWEJAARSDAG
Soos ʼn boom by waterstrome
Ds A.E. van den Berg
“Welgeluksalig is die man wat nie wandel in die raad van die goddelose en nie staan op die weg van die sondaars en nie sit in die kring van die spotters nie; maar sy behae is in die wet van die Here, en hy oordink sy wet dag en nag. En hy sal wees soos 'n boom wat geplant is by waterstrome, wat sy vrugte gee op sy tyd en waarvan die blare nie verwelk nie; en alles wat hy doen, voer hy voorspoedig uit” (Ps.1:1-3).
As ʼn nuwe jaar aanbreek besef jy dat die tyd vlieg. Moses skryf: “Want al ons dae gaan verby deur u grimmigheid, ons bring ons jare deur soos 'n gedagte” (Ps.90:9).Dat tyd vlieg, is sleg. Die goeie is dat jy die loods is en moet soos Moses bid: “Leer ons om ons dae so te tel dat ons 'n wyse hart mag bekom!”
God is ons vlieginstrukteur en wil ons leer om hierdie jaar reg te vlieg want elke mens gaan een of ander tyd ʼn Nuwejaar beleef waarvan hy nooit die Oujaar sal sien nie. En dit kan jy wees! Paulus sê: “Pas dan op dat julle nougeset wandel, nie as onwyse nie, maar as wyse; en koop die tyd uit, omdat die dae boos is”" (Efes.5:15,16).
BELA-WET ONDERTEKEN
Futiliteit van openbare deelname-proses
Die omstrede BELA-wet is vandeesmaand in sy totaliteit aanvaar en in wetgewing vasgelê nadat Ramaphosa die wetsontwerp onderteken het.
Vir volksgenote wat hulle deur die DA, die VF+ en Solidariteit laat mislei het om te glo dat daar daadwerklike opposisie daarteen is tot so ‘n mate dat die wetsontwerp gestuit sou word, was dit ‘n geweldige ontnugtering.
“Kragtige” Solidariteit/ANC ooreenkoms beteken niks!
Dirk Herman van Solidariteit roem nog rondborstig aan die begin van Desember oor die bilaterale ooreenkoms tussen hulle en die kommunistiese regering – volgens Herman sou dit ‘n kragtige ooreenkoms wees wat hulle in ‘n posisie plaas “waar pres. Ramaphosa wel die laaste besluit het, maar nie net eenvoudig kan doen wat hy wil nie”. Hy reken toe dat hierdie ooreenkoms Solidariteit “in ‘n ongelooflike sterk posisie” geplaas het. Dié ooreenkoms sou dan kwansuis verseker dat die twee mees omstrede gedeeltes van die wetgewing, naamlik dié oor toelating- en taalbeleid nié in Desember geïmplementeer sou word nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (6)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Jona en Bella is angsbevange. Die mense het nog nie een van hulle fisiese leed aangedoen nie, maar die feit dat hulle vasgebind, soms geblinddoek en gemuilband word, is amper te veel vir die twee kleintjies. Jona bly so na as moontlik by Bella, en probeer haar met sy teenwoordigheid gerusstel. Wanneer die toue afgehaal word, hou hy haar vas. As hulle kan praat dan gesels hy saggies met haar en probeer haar gerusstel.
Selfs as hulle vasgebind word, draai hy so dat hy ten minste met sy een hand aan haar kan vat. Dit hou ook sy gedagtes besig om vir sy sussie te troos en dit maak dat Jona nie so baie aan sy eie veiligheid dink nie.
Wanneer een van die manne naby haar kom, maak sy kerm-geluidjies en probeer om haar lyfie so ver moontlik van hom af weg te trek. Hulle is albei te jonk om van seksuele uitbuiting te weet of van die huidige handel in mense, maar daar is ‘n instinktiewe wete dat hulle net veilig gaan wees solank die reis gaan aanhou.
VERTROU OP DIE HERE VIR EWIG
Hannes Ollewagen
Jes. 26:1-21
“Vertrou op die HERE vir ewig, want in die Here HERE is ’n ewige rots.” (:4).
Wanneer ons so aan die einde van ’n kalenderjaar kom en die afgelope jaar in terugskoue neem, besef ons weer dat daar baie dinge is wat dieselfde bly, maar tog ook baie is wat verander. En wanneer ons langer is ’n jaar terugkyk, is dit asof daar selfs meer dinge is wat verander het en minder is wat dieselfde gebly het. Hoe verder die terugblik, hoe meer of groter die verandering. Ek is ook van mening dat hierdie toenemende en gedurige veranderinge ’n groot oorsaak van mense se onsekerheid vandag is. Vastigheid en dissipline bied tog vir enige mens sekerheid. Die teendeel is dan natuurlik ook waar.
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (5)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die bevelvoeder van die manne was ‘n sersant Maritz, ‘n aangename, innemende man. ‘n Goeie soldaat. ‘n Halfuur nadat die Buffel by hom weg is, is dit gebombardeer. ‘n MIG het die damwal en die Buffel getref. Hy het dikwels gewonder wat sou gebeur as hy hulle nie opgehou het nie.
ONS SAL 'N 3e KEER OPSTAAN!
Waar ons volk te doen het met die derde maal wat ons ons vryheid verloor het, is dit sinvol om te kyk na die geskiedenis: wat sê die geskiedenis van die vorige twee gevalle waar ons ons vryheid verloor het? Die merkwaardige feit is dat ons tevore tweemaal ons vryheid verloor, maar dit ook reeds twee maal herwin het. Dit is waarskynlik die mees aktuele en betekenisvolle feit in hierdie saak. Ná die verlies van ons vryheid in 1877 het dit net vier jaar geduur tot 1881 toe die vryheid met die wapen herwin is by Amajoeba. Ná 1902 het dit 46 jaar geduur tot 1948, toe die Afrikaners die politieke mag oor Suid-Afrika verower het, en 60 jaar tot 1961, toe Suid-Afrika ‘n republiek geword en die Afrikaners se politieke beskikking oor die hele Suid-Afrika bevestig is.
Die geskiedenis hiervan is vir ons ter sake om meer as een rede. Die twee vrae is: waarom het Afrikaners die politieke vryheid herwin, en op watter wyse? Dit is die twee belangrikste sake wat ter sake is. Nou is die eenvoudige feit in verband hiermee dat die Afrikaners die politieke vryheid herwin het, omdat hulle van die begin af geweier het om die onderwerping te aanvaar. Hulle het nie berus in die onreg van die verowering nie. As daardie enkele besluit nie geneem was nie, sou daar in die rigting geen verdere gevolge uit voortgevloei het nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (4)
083 444 7672)
Jona skrik wakker. Hy ruik hulle nog voordat hulle by hom is, en hy kry genoeg tyd om die geweer oor te haal voordat die eerste een by hom is. Instinktief skiet hy in die man se rigting en die koeël tref die ou aan die linkerkant van sy bors. Die projektiel mis die man se hart, maar perforeer sy long. Die man is egter nog teen die impak bestand; adenalien en die liggaam se natuurlike weerstand daarteen maak dat hy net ‘n klap teen die bors voel. Die gevolge sal eers oor ‘n paar minute kom. Hy pluk die geweer uit Jona se hand en skop na hom.
Oubaas het opgevlieg en byt na ‘n ander paar bene. Hy kry egter ‘n skop wat sy wind uit hom uitslaan en hy bly vir die oomblik lê. Hy is nog ver van uitgegroei af en hy het seer. Hy tjank-tjank en gaan staan so ver as moontlik van die manne en sodra hy sy wind terugkry blaf hy sonder ophou.
HOE LYK JOU VREDE OP HIERDIE KERSDAG?
Ds Andrè van den Berg
“Eer aan God in die hoogste hemele en vrede op aarde, in die mense ʼn welbehae” - Luk.2:14
Op Kersdag ervaar talle gelowiges ʼn ambivalensie. Hierdie groot woord beteken om twee uiteenlopende ervarings gelyktydig te ervaar. Dis soos om te wil lag en ter selfde tyd ook te wil huil. Kersdag is enersyds ʼn vreugdevolle dag maar andersyds ook ʼn hartseer dag. Vir gelowiges is dit ʼn vreugdevolle dag omdat Jesus se koms na die aarde herdenk word, maar andersyds ook ʼn hartseer dag omdat die meeste mense dit vir die verkeerde rede vier.
Kyk maar net hoe gaan dit tydens die Kerstyd. Handelsomgewings is ʼn miernes van bedrywigheid; mense jaag van die bank na die winkels en soms selfs wéér terug bank toe! Kerstyd is die tyd van die jaar waar mense oorboord gaan met buitensporige aankope en vergrype. En dit maak gelowiges opreg hartseer. Kerstyd moet eerder daardie tyd van die jaar wees om voor God stil te raak en met die geestesoor die engelekoor van die grootsheid van Christus hoor sing, net soos wat die skaapwagters hulle daardie nag in Betlehem hoor sing het.
KERSFEES – JA OF NEE?
Ds Andrè vd Berg
“En terwyl hulle daar was, is die dae vervul dat sy moes baar” (Luk.2:6).
Is 25 Desember werklik die geboortedag van ons Here Jesus of was dit ʼn heidenfees wat van ʼn Christenbaadjie voorsien is soos wat sommige mense beweer? Die antwoord op beide vrae is nee; 25 Desember is nie die werklike geboortedag van Jesus nie en dis ook nie van die heidendom verkry nie.
Jesus se koms is nie ’n geboortedag-herdenking nie, maar ’n herdenking van sy geboorte.
Jesus se geboorte moes baie naby aan 25 Desember gewees het. Die vroeë kerk het aan die hand van ou Joodse geskrifte die tyd van Sagaria se diensbeurt in die tempel vasgestel. Sagaria was Johannes die Doper se pa en priesters moes jaarliks oorgeskrewe dienste in die tempel in Jerusalem nakom.
Sagaria se diensbeurt was in September van daardie jaar. En in daardie tyd het ’n engel aan hom verskyn en hom van sy seun se komende geboorte ingelig. Werk dit nou uit – Elizabeth was ses maande swanger toe ’n engel Maria oor Jesus se komende geboorte ingelig het en dus in Maart van daardie jaar. Die vroeë kerk het hierdie datum op 25 Maart bereken. Jesus se geboorte was nege maande later – 25 Desember.
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (3)
083 444 7672)
“Nou kom.”
Uiteindelik is die luukse kar in die middel van die rivier. Gasket, wat self bestuur, het die lugreëling aan en, alhoewel die verkoelingsisteem baie goed ontwerp en gebou is, selfs vir Suid-Afrikaanse hitte, loop die kar nou gevaar om te oorverhit. Die Jeep sou dit vir ‘n entjie trek, en dan grawe sy eie groot bande diep in die sand in. Onder die harde sandkors is daar nou nattigheid en die kar sak tot op sy onderstel. Daar word gestoot, die sand voor die wiele weggegrou en hy vorder ‘n paar meter. Die sweet tap in die hitte en die humiditeit. Humeure word korter.
“Basjan, reverse tot by die Benz en dan pluk jy hom. Dan hardloop jy tot anderkant.”
“Gasket, dit gaan nie werk nie. Iets gaan breek.”
“Kom, comrade. Ons sal moet try.”
“Ons kan, maar as iets breek is dit nie op my rekening nie.”
BLY IN HOM!
Hannes Ollewagen
Joh. 15:1-27
“Bly in My, soos Ek in julle. Net soos die loot geen vrug kan dra van homself as dit nie in die wysntok bly nie, so julle ook nie as julle in My nie bly nie. Ek is die wynstok, julle die lote. Wie in My bly, en Ek in hom, hy dra veel vrug; want sonder My kan julle niks doen nie.” (:4&5).
Wie in Christus bly en Christus in Hom – hy dra veel vrug, want sonder Hom kan ons niks doen nie. Honderd maal, duisend maal voel ek vandag om hierdie woorde te herhaal sodat hierdie woorde in ’n vrugtelose samelewingmag insink. Hierdie woorde moet ingang vind in ’n samelewing wat onvrugbaar geword het omdat die mens in sy waansinnige humanisme dink dat hyself tot goeie dinge in staat is! En kyk hoe onvrugbaar en toegegroei van onkruid lyk ons volksakker nie vandag nie. Die rede hiervoor is eenvoudig – ons het nie in Hom gebly nie.
17 FEBRUARIE 1838 - BLAAWKRANTZ
UIT DIE DAGBOEK VAN EERWAARDE ERASMUS SMIT
Die man sit en skryf in sy tent terwyl die vrou buite deur die laer stap. Sy is nog in die gloed van haar jare met hare en oë soos die nag, maar vir die man het dit reeds winter geword en skemer dit al witter in sy baard. Albei het uit die verre Europa hier na Afrika gekom: hy uit die koue Lae Lande by die see, sy uit die warm Italiaanse suide. Hulle is deur geen band aanmekaar gevind nie, en hul weë sal net eenmaal kruis. Die man se pad loop onder 'n ster, al is sy liggie ook maar flou, en sy aangenome volk sal hom nie vergeet nie; maar Therese, die vrou, verskyn soos 'n komeet en verdwyn.
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (2)
083 444 7672)
Net na sesuur die volgende oggend skuif Basjan die Jeep se passasiersitplek tot heel vorentoe en sluit ‘n waterdigte houer op die vloer oop. Hy haal ‘n satelietfoon uit, sleutel ‘n kodewoord in en daarna ‘n nommer. Hy wag ongeduldig vir ‘n halfminuut.
“Yebo, Baba.”
“Gasket, ek is terug in die Limpopo.”
“Jy soek biesagheid?”
“Positief.”
“Kan jy oor drie dae by nommer veertien wees?”
“Ek kan.”
BROKKIES UIT DIE BOEK HELDELAND (1)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die verdedigers by die voertuie hoor die ver-af knal van Basjan se geweer, oor en oor. Na ‘n paar skote word die mortiere stil. Hulle hoor egter hoe die skote steeds voortgaan, bo die geknetter van die kleiner wapens van die aanvallers.
Basjan sien ‘n groep aanvallers, tussen die mortiere en die verdedigers en verstel sy hoogte en verander van teikens. Hy kies eers diegene uit wat soos leiers lyk, dit wil sê diegene wie se uniforms nuwer is, meer handgebare vertoon en lyk of hulle op die ander skreeu.
Die trefkrag van die magtige .338 is fenomenaal, selfs op hierdie afstand. Dit skiet nie net raak nie, maar stukkend.
AANLOOP TOT EN DIE SLAG VAN BLOEDRIVIER
Deur Boeta Erasmus
Vyf groot Trekgeselskappe
Die Groot Trek het uit hoofsaaklik 5 groot trekgeselskappe bestaan:
- Trichardt uit die oosgrens waar die konflik tussen die Boere en die Xhosas veral groot was
- Potgieter uit die Tarka waar die familie van Paul Kruger by Colesberg by hom aangesluit uit.
- Piet Uys en sy mense uit Uitenhage.
- Gerrit Maritz met sy trekgeselskap uit Graaff-Reinet.
- Piet Retief
Alle trekke het deur Thaba Nchu gegaan. Vandaar het trekgeselskappe uit mekaar gegaan. Sommige het hulle gaan vestig in Wes-Transvaal (Potchefstroom). Trichardt se trek is noordwaarts oor die Limpopo tot in Mosambiek maar die meeste trekkers het Natal as hul bestemming gekies. ‘n Totaal van naastenby 5000 siele het permanent die Kaapkolonie verlaat.
SALOMO SE SONDE
“Die eertydse verbod op rassevermenging is nog net so van krag soos die wet teen afgodery, diefstal en moord. Christus het dit nooit herroep nie.”
Ds. A.E van den Berg
“En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese — uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan — Salomo het hulle met liefde aangehang. En hy het sewehonderd vroue, vorstinne, gehad, en driehonderd byvroue, sodat sy vroue sy hart verlei het. En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan, sodat sy hart nie volkome met die HERE sy God was soos die hart van sy vader Dawid nie” (1 Kon.11:1-4)
God het van Israel se leier vereis om vir die volk in alle opsigte ʼn voorbeeld te wees; ook in die liefdeslewe. Sy opdrag in Deutr.17:17 laat geen ruimte vir twyfel nie: “Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie; hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud aanskaf nie”.