Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
‘n Wyse volksleier tree nie oorhaastig op nie, maar dink deeglik na alvorens hy reageer. Hy veronagsaam ook nie voor die handliggende feite nie. Wysheid is ‘n gawe van God. “En as iemand van julle wysheid kortkom, laat hom dit van God bid.... en dit sal aan hom gegee word” (Jak.1:5)
RASSEVERMENGING BAAR RASSEHAAT
Ds. A.E van den Berg
Rassevermenging is onnatuurlik en kunsmatig. Om dit op ʼn veelrassige landsbevolking af te dwing, het ernstige gevolge en maak rassehaat onafwendbaar. Dit veroorsaak dieselfde soort angs as wat tydens rassebotsings ervaar word en laat ʼn bloedspoor na. Die meer as 60 moorde per dag in Suid-Afrika getuig daarvan. Rassevermenging laat mense onveilig voel en solank as wat mense vir hul lewens vrees, sal hulle diegene wat hul bedreig, haat.
Dit gebeur as die verlede onophoudelik in ʼn vyandige rassepatroon vertolk word en politici se uitsprake met lagwekkende onkunde tot weersinswekkende dreigemente deurspek is. Dit jaag net rassespoke op!
Rassehaat is egter niks nuuts aan die suidpunt van Afrika nie. Dit het reeds met die volksplanting begin toe die vroeë Nederlandse koloniste met die plaaslike bevolking se roofsug kennis gemaaken skade begin ly het.Niks het intussen verander nie want wat is regstellende aksie, swart bemagtiging en onteiening sonder vergoeding anderste as gewettigde roof?
Die verwydering van geskiedkundige standbeelde en die verandering van straatname is nog ʼn voorbeeld van roof. Dis kultuurroofom onkundiges se wanadministrasie te probeer verdoesel. Om ʼn eie kultuur te behou, moet ʼn ander ras s’n nie noodwendig afgebreek word nie. En om dan voor te gee dat dit geregtigheid oor geskiedkundige onreg laat seëvier, is onsin en bly roof.Geen daad van vergelding is geregverdig nie. Wie vuur met vuur beveg, hou spoedig net as oor!
Omdat rassevermenging onnatuurlikis, stort dit spoedig onder sy eie gewig ineen. Om dit met die gom van onregwetgewing aan mekaar te probeer hou, is vet op die vuur van rassehaat. Desondanks skuil booswigtegraag agter die masker van gewaande onreg.
Rassevermenging verstop die pyplyn van voorspoed want om aan mense verantwoordelikhede te gee waarvoor hulle nie opgewasse is nie, versmoor wetsgehoorsame burgers in die modderpoel van vergelding. Kundiges kan nie in ʼn rioolpyp afgedruk en verwag dat leiers daaruit sal opkomnie. Dit jaag net rassehaat op.
Indien rassehaat nie spoedig beëindig word nie, sal dit ʼn einde aan Suid-Afrika maak. Daar is net een oplossing – rasseskeiding. Thomas Jefferson hetby geleentheid gesê dat rasse ter wille van onderlinge vrede uit mekaar gehou moet word. Dis ʼn groot maar ongelukkig ook ʼn ongewilde waarheid.
Rasseskeiding het nog nooit die wêreldvrede bedreig nie, maar slegs bevorder.Dis die wet van die natuur - elke soort skei hom ter wille van sy eie voortbestaan van ander af. Gevolglik behoort die reg tot afskeiding tot die wese van ʼn kultuur waarsonder dit sal verdwyn. Geen wet kan ongelyke mense gelyk dwing nie. Die natuur wen altyd.
Rasseverskille is nie bloot pigmentasieverskille nie, maar diepgewortelde mensverskille wat nie kunsmatiguitgeskakel kan word nie. Dit gaan oor ʼn anderse lewensingesteldheid. En om dit te erken en te eerbiediging, sal die begin van die helingsproses in Suid-Afrika wees.
Rassevermenging het ongetwyfeld klaaglik misluk. Die mislukking van die reënboognasie is ʼn aanskouingsles van hierdie noodlottige proefneming.Om ’n verkeerde ding te herhaal maar telkens ’n ander uitslag te verwag, is uiters dwaas want probleme word nie met die selfde gedagtegang opgelos as dit wat dit veroorsaak het nie. Rassevermenging los geen probleme op nie maar herrangskik dit eerder.
Reg is reg, al sê almal dis verkeerd. Verkeerd bly verkeerd, al sê almal dis reg. Mense kan net die regte dinge doen as hulle reg dink. Rasseskeidingsal gesonde verstand wees wat opgeklaar is. Elke ras moet nederig genoeg weesom te weet dat hy nie beter as ʼn ander ras is nie, maar ook slim genoeg om te weet dat alle rasse nie eenders is nie.
Dit gebeur as die verlede onophoudelik in ʼn vyandige rassepatroon vertolk word en politici se uitsprake met lagwekkende onkunde tot weersinswekkende dreigemente deurspek is. Dit jaag net rassespoke op!
Die verwydering van geskiedkundige standbeelde en die verandering van straatname is nog ʼn voorbeeld van roof. Dis kultuurroof om onkundiges se wanadministrasie te probeer verdoesel. Om ʼn eie kultuur te behou, moet ʼn ander ras s’n nie noodwendig afgebreek word nie. En om dan voor te gee dat dit geregtigheid oor geskiedkundige onreg laat seëvier, is onsin en bly roof. Geen daad van vergelding is geregverdig nie. Wie vuur met vuur beveg, hou spoedig net as oor!
Thomas Jefferson het by geleentheid gesê dat rasse ter wille van onderlinge vrede uit mekaar gehou moet word. Dis ʼn groot maar ongelukkig ook ʼn ongewilde waarheid.
Rasseverskille is nie bloot pigmentasieverskille nie, maar diepgewortelde mensverskille wat nie kunsmatig uitgeskakel kan word nie. Dit gaan oor ʼn anderse lewensingesteldheid.
Elke ras moet nederig genoeg wees om te weet dat hy nie beter as ʼn ander ras is nie, maar ook slim genoeg om te weet dat alle rasse nie eenders is nie.