Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Aan die einde van jou lewe sal die vraag nie wees hoeveel jy hét nie, maar hoeveel jy gegee het; nie hoeveel jy gespaar het nie, maar hoeveel jy opgeoffer het; hoeveel jy liefgehad en gedien het, nie hoeveel jý geëer is nie.
AANLOOP TOT EN DIE SLAG VAN BLOEDRIVIER
Deur Boeta Erasmus
Vyf groot Trekgeselskappe
Die Groot Trek het uit hoofsaaklik 5 groot trekgeselskappe bestaan:
- Trichardt uit die oosgrens waar die konflik tussen die Boere en die Xhosas veral groot was
- Potgieter uit die Tarka waar die familie van Paul Kruger by Colesberg by hom aangesluit uit.
- Piet Uys en sy mense uit Uitenhage.
- Gerrit Maritz met sy trekgeselskap uit Graaff-Reinet.
- Piet Retief
Alle trekke het deur Thaba Nchu gegaan. Vandaar het trekgeselskappe uit mekaar gegaan. Sommige het hulle gaan vestig in Wes-Transvaal (Potchefstroom). Trichardt se trek is noordwaarts oor die Limpopo tot in Mosambiek maar die meeste trekkers het Natal as hul bestemming gekies. ‘n Totaal van naastenby 5000 siele het permanent die Kaapkolonie verlaat.
Natal:
Teen Februarie 1838 het verskeie Voortrekkers hulle voorlopig gevestig in die gebied tussen die huidige Colenso en Weenen, veral langs die Blaauwkrans- en Boesmansriviere. Hulle was verspreid in klein los trekke, nie in laers soos die leiers hulle beveel het nie. Hul baie vee het dit moeilik gemaak om naby aan mekaar te bly.
Retief, eerste maal na Dingaan
Pieter Retief besoek Dingaan van die Zoeloes met ‘n klein Trekker-afvaardiging op Umgungundlovu. Dingaan beskuldig die Trekkers dat hulle van sy vee gesteel het. Retief verklaar aan Dingaan dat dit Sikonyella se mense was, geklee in Blanke drag. Dingaan sê: as julle die vee terugbring sal ek aan julle grond gee. Hierop bring Retief ‘n groot aantal vee van Sikonyella af terug en stuur dit aan Dingaan.
Traktaat met Dingaan en moord op Retief.
OP 6 Februarie 1838 besoek Retief die Zoeloehoofstad vir ‘n 2de maal en word die traktaat onderteken waarin die grondgebied tussen die Umzimvubu en Tugela deur Dingaan aan die Voortrekkers oorgedra word. Op dieselfde dag het DingaanPiet Retief en 70 van sy mede-Trekkers asook 30 agterryers met die bevel “Slaan dood die towenaars” op verraderlike wyse vermoor. Die traktaat in Retief se bladsak sou 9 maande later, ná die Slag van Bloedrivier tussen hul beendere, ongeskonde gevind word op HlomoAmabuta. Die koppie waar Dingaan sy aasvoëls gevoer het.
Moorde by Blaauwkrans en Boesmansrivier
Die moord op Retief is opgevolg met aanvalle op Voortrekker-geselskappe in Noord-Natal. ‘n Poging om die Voortrekkers geheel en al uit te wis. Die eerste aanslae was op Voortrekkers by Blaauwkransen Boemansrivier asook by Moordspruit waar die dorp Weenen vandag geleë is. In een nag, 15 Februarie 1838, is 531 siele vermoor. Dit sluit in mans, vrouens en kinders asook bediendes. Dit het meer as 10% van die Voortrekkerpopulasie behels!
Vroeg die oggend van 16 Februarie het die Voortrekkers reeds begin terugveg en die verdere aanslae is afgeweer. Dit het gepaard gegaan met verskeie heldedade.
Buiten die 531 vermoorders het die Trekkers al hulle vee en besittings verloor. Oorlewendes het daarna in die grootste armoede gelewe, kinders selfs sonder klere. Talle weeskinders het ‘n heenkome in Gerrit Maritz se laer gevind.
Eerste strafekspedisie teen Dingaan
In April 1838 stuur die Voortrekkers ‘n strafekspedisie om Dingaan te straf en vee terug te kry o.l.v. Hendrik Potgieter en Piet Uys. Dit loop uit op die slag van Italeni, vir die Voortrekkers ‘n noodlottige neerlaag. By die Talana-heuwel is die Voortrekkers deur die Zoeloes in ‘n lokval gelei. Uys val aan maar Potgieter weier.Die terrein was nie geskik nie. Piet Uys en sy seun Dirkie en nog 7 Voortrekkers sneuwel. Verskeie Voortrekkers kom nouliks met hul lewe daarvan af.
Voortrekkers in armoede en ellende
Maande van armoede, ontberings, koue, nat weerstoestande, modderige laers sou vir die Trekkers in Natal voorlê. Gebrek aan kos en slagvee. Boonop gevegte met die Zoeloes waarvan die vernaamste die by Gatslaer of Veglaer langs die Boesmansrivier. Drie dae lank moes aanval op aanval deur slegs 150 weerbare man afgeweer word o.l.v. Hans (Dons) de Lange en Koos (Grootvoet) Potgieter. Tydens hierdie geveg het die mans geskiet terwyl die vrouens en kinders die voorlaaiers help laai het en is alle beskikbare ystervoorwerpe stukkend geslaan en gebruik as skroot vir hul kanon.
Leierloos
Piet Retief is vermoor. Piet Uys het gesneuwel. Hendrik Potgieter het besluit om ná die mislukte slag van Italeni oor die Vaalrivier te trek.
Die enigste oorblywende leier van die Trekgeselskappe in Natal, Gerrit Maritz, sterf in September 1838 aan koors.
Andries Pretorius
Vroeër die jaar het Andries Pretorius uit Graaff-Reinet by die Voortrekkers in Natal besoek afgelê, en die voorneme uitgespreek om self in Natal by hulle aan te sluit.
Ná Gerrit Maritz se dood stuur Sarel Cilliers ‘n boodskapper na Graaff-Reinet om Andries Pretorius te vra om dringend na Natal te kom om die leiding van die Trek op hom te neem.
Hy was ‘n gesiene en geleerde man en militêre strateeg wat reeds sedert 1836 as kommandant van die kommando verskeie gevegte/veldslae teen die Xhosas aangevoer het.
Hy arriveer op 22 November 1838 by Sooilaer (Maritz se laer) aan die Klein-Tugela met 68 waens en 138 mense.
Op 24 November word Andries Pretorius op ‘n Voortrekker-vergadering tot Hoofkommandant verkies.
Tweede Strafekspedisie
Op 26 November vertrek die 2de strafekspedisie teen Dingaan met 87 waens, nagenoeg ‘n 1000 osse en 300 perde. ‘n Kommando van 470 lede waarvan 6 offisiere - kommandante, was. By die kommando sou ook 2 Engelse uit Natal aansluit waaronder Alexander Biggar ( wat op 27 Desember in ‘n geveg teen die Zoeloes, na die slag van Bloedrivier, sou sneuwel)
Elke aand is dienste in die laer gehou. Normaalweg in 2 groepe waarvan Sarel Cilliers een gelei het. Die kommando is feitlik op gebede gedra en daar het ‘n ernstige geestes-ingesteldheid onder die mans geheers.
Sarel Cilliers
Sarel Cilliers het die Voortrekkers gereeld voorgegaan in dienste wat saans in die laer gehou is. Vir hom was die stryd van Israel teen die heidene sinoniem met die stryd van die Voortrekkers teen die Zoeloes, en Natal die Beloofde Land van die Voortrekkers. Op Sondag 2 Desember maan hy die Voortrekkers tot ‘n heilige lewe en waarsku hulle teen ontevredenheid, onvergewensgesindheid, dwarstrekkery en onenigheid. Hulle moes tog “alle zondigewegenverlaten ook alle gekyf”. Hy roep hulle ernstig op tot ‘n heilige lewe en volgehoue gebed.
Gedagte aan ‘n Gelofte
Die gedagte aan ‘n Gelofte het sy oorsprong nie by Sarel Cilliers nie maar wel by Andries Pretorius gehad. Andries Pretorius was besonder aangegryp deur die geskiedenis van Gideon en die gelofte van Jakob by Bet-El. Hy bespreek die gedagte van ‘n gelofte met Sarel Cilliers maar Cilliers huiwer. Hy vrees dat: Ons die dag sal vergeet, ook sal verwaarloos, en .....”dat de toorn des Heeren teen ons zalontbranden en dat wij groter oordeel kan wachten.”
Andries Pretorius dring egter daarop aan en na lange afsondering en gebed stem Sarel Cilliers daartoe in maar: eers moet almal daartoe instem en tweedens moet almal die gelofte aflê. Dus ook in eie persoon. Enige persoon wat homself nie ten volle met die gelofte vereenselwig nie kon nie verder deel vorm van die kommando nie.
Die 470 lede van die Bloedrivier-kommando het almal die Gelofte eendragtig verwelkom, goedgekeur en ook afgelê.
Die eerste aflê van die Gelofte
By Danskraal (4 en 5 Desember) is die gedagte van ‘n gelofte waarskynlik al met die kommando bespreek maar die Gelofte is vir die eerste keer afgelê by Wasbank op Sondagaand 9 Desember 1838. Cilliers se diens was uit Rigters, die geskiedenis van Gideon en sy oorwinning oor die Amalekiete. Cilliers beklemtoon weer by herhaling die erns van die Gelofte en verwys ook na die gelofte van Jefta waar Jefta met die grootste opoffering sy gelofte aan die Here gestand moes doen.
Na 9 Desember by Wasbank is die Gelofte elke aand in die laer afgelê tot en met Saterdagaand die 15de Desember, die vooraand van die Slag van Bloedrivier.
Saterdag 15 Desember, Na-middag
‘n Gedeelte van die trek het reeds die Ncome-rivier oorgesteek toe verkenners Andries Pretorius laat weet dat hulle die hoofmag van die Zoeloes in aantog, sowat 30km weg gewaar het.
Andries Pretorius as militêre taktikus sien dadelik dat die terrein ideaal is om laer te trek en hulself te verdedig. Hy het die waens laat omdraai weer deur die rivier en Karel Landman opdrag gegee om die laer aan die duskant van die rivier langs ‘n diep donga te trek.
Die voorafvervaardigde Veghekke word tussen die waens asook onder die waens vasgemaak. Die kanonne word opgestel. Grietjie en Weeskind het ‘n reikafstand van 400m en kon bykans enige voorwerp uitskiet. Asook Andries Pretorius se 3 ponder-kanon met ‘n maksimum reikafstand van nagenoeg 1.5km.
Die wonderwerk van Bloedrivier
Eintlik ‘n reeks wonderwerke.
‘n Wonderwerk is vir die Here ‘n doodgewone handeling, dit is die “roemryke dade van die Here” waarvan Ps 78:4 praat wat ons vir ons kinders nie sal verberg(wegsteek) nie.
- Andries Pretorius – die Here het ‘n man beskik om die Voortrekkers te lei. Bekwaam, ‘n militaris, gewillig om te dien.
- Dat daar ‘n ideale terrein was juis op dié tydstip wat die trekkers die Zoeloes sou ontmoet. Ons verwys na die rivier, die donga en die oop terrein.
- Die rivier – 1.5km lange seekoeigat sodat die Zoeloes slegs gemaklik weerskante hiervan - by die Noordelike en Suidelike driwwe onderskeidelik, met min moeite deur die rivier kon kom.
- ‘n Diep Donga vanaf die rivier in die rigting van die laer, gemiddeld 14voet diep met gladde, glibberige walle sou die Zoeloes kwalik vanuit die Donga kon aanval.
- Die terrein na die Noorde en Weste van die laer was oop en uitgestrek sonder skuilplek of beskutting vir die Zoeloes.
- Nag van 15 Desember beskik die Here ‘n besondere digte mis. As die Zoeloes sou aanval sou die kruit van die nat vogtigheid nie ontbrand het nie.
- Die digte mis met die lanterns op die sweepstokke het die Zoeloes laat glo dis geeste. Daar is ook getuienis van ‘n Zoeloekryger wat verklaar het dat groot wit Engele die laer opgepas het.
- ‘n Nagaanval sou vir die Trekkers in wanhoop geëindig het wanneer die kruit nie sou ontbrand nie.
- Die Pangeweer of “Sanna” waarmee die Voortrekkers moes skiet.
- Lang, dik loop
- Kruit in ‘n kruithoring.
- Laaiproses: - Kruit in die loop, vetlappie vasstamp met die laaistok, lopers (ronde loodkoeëls wat die trekkers op bevel van Andries Pretorius vooraf gegiet en in langwerpige linnesakkies toegewerk het) ingegooi en vasgestamp, kruit in die pannetjie sodat wanneer die haan op die vuurklip slaan die bietjie kruit in die pannetjie ontbrand en dan deur die klein gaatjie die kruit in die loop laat ontplof.
- Teen 2 tot 3 skote per minuut, die Zoeloekrygers wat in hul massas storm slegs 50 m van die laer af met werpassegaai, knopkierie, steekassegaai en skild. Dat die Trekkers die Zoeloes kon stuit was ‘n wonderwerk.
- Sondag 16 Desember toe dit lig word klaar die mis meteens op en dit is ‘n wolklose dag met die son wat skyn.
- Daar is 36 Zoeloeregimente met 900 tot ‘n duisend Zoeloekrygers per regiment waaruit die Zoeloemag bestaan. Daarteenoor 474 trekkers met voorlaaiers, 2 tuisgemaakte kanonnetjies en 1 drieponder-kanon.
- Indien die Zoeloes bly aanval het, sonder terugtrek, sou die Trekkers hulle nie kon keer nie. Die kruitdamp het die sig vir die Trekkers uiters moeilik gemaak, die gewere het so warm geword dat die kruit in die pan kon ontplof voor die skoot gevuur word en telkens wanneer die nood op sy hoogste was, trek die Zoeloemag terug.
- Beskrywing van die Geveg:
- Die linkerhoring sou eerste aanval en het in die nag reeds deur die rivier (deur die drif aan die Suidekant van die seekoeigat) en grootliks deur die Donga beweeg sodat hulle in die digte mis hulself te naby aan die laer gestasioneer het aan die westekant van die laer.
- Die regterhoring het in die nag nie deur die rivier kon kom nie en was dus nog grootliks oos van die rivier teen dagbreek.
- Die res van die mag (die kop), wat uit die meer ervare krygers bestaan het, sou wag - ook aan die oostekant van die rivier, totdat die horings verwoesting gesaai het voordat hulle tot die geveg sou toetree om die finale doodslag toe te dien.
- Die ringkoppe en hoofindoenas was op ‘n koppie daar naby. Pretorius se 3-ponder tref ‘n aantal van die indoenas op die koppie (onder andere die Zoeloe-prins) met sy enigste skoot tydens die geveg. Die koppie was ongeveer 1.5km weg. (Die kanon het met die afvuur van die skoot as gevolg van die dubbele lading agteroor geslaan en kon daarna nie weer gebruik word nie)
- Andries Pretorius stuur perde-ruiters uit wat op die Zoeloes wat deur die seekoeigat probeer swem skiet en so kom die regterhoring uiteindelik met die dieselfde roete as die linkerhoringvia die Suidelike drif deur die rivier en hulle nader nou die laer ook van die westekant.
- Tydens die 3de aanval het Andries Pretorius ‘n perdemag uitgestuur uit die laer om die Zoeloes wat begin huiwer het vanuit die saal aan te val en dit slaag daarin om die Zoeloemag te verdeel. ‘n Groot klomp Zoeloes het deur die rivier ontvlug en daar het ‘n geweldige slagting plaasgevind sodat die water van die Ncome-rivier soos bloed geword het.
- ‘n Duisend osse, 300 perde in die laer het nie uitgebreek nie te midde van die geraas, geskreeu en geraas van derduisende Zoeloes, knalle van geweerskote, kruitdamp en veral die reuk van bloed. Sarel Cilliers maak die aand met die dankdiens besonderlik daarvan melding en dank die Here dat Hy die diere in bedwang gehou het.
- In geen geveg was daar al so ‘n teenstelling tussen die gesneuweldes aan die een kant en dié aan die ander kant nie. Gesneuwelde Zoeloes is konserwatief gereken op 3000 (dit kan selfs baie meer wees) Slegs 3 Voortrekkers is lig gewond waarvan onder andere Andries Pretorius aan sy hand. Nie ‘n enkele Trekker is gedood nie!