Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe ouer ‘n mens word, hoe meer moet jy jou waarde vir ander besef. Jy het uiteraard meer ervaring en derhalwe ook meer wysheid om met ander te deel.
SALOMO SE SONDE
“Die eertydse verbod op rassevermenging is nog net so van krag soos die wet teen afgodery, diefstal en moord. Christus het dit nooit herroep nie.”
Ds. A.E van den Berg
“En koning Salomo het baie uitlandse vroue liefgehad; en wel behalwe die dogter van Farao, Moabitiese, Ammonitiese, Edomitiese, Sidoniese, Hetitiese — uit die nasies waarvan die HERE aan die kinders van Israel gesê het: Julle mag nie met hulle meng nie, en hulle mag nie met julle meng nie; hulle sal voorwaar julle hart verlei agter hulle gode aan — Salomo het hulle met liefde aangehang. En hy het sewehonderd vroue, vorstinne, gehad, en driehonderd byvroue, sodat sy vroue sy hart verlei het. En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan, sodat sy hart nie volkome met die HERE sy God was soos die hart van sy vader Dawid nie” (1 Kon.11:1-4)
God het van Israel se leier vereis om vir die volk in alle opsigte ʼn voorbeeld te wees; ook in die liefdeslewe. Sy opdrag in Deutr.17:17 laat geen ruimte vir twyfel nie: “Ook mag hy nie baie vroue aanskaf nie, dat sy hart nie afwyk nie; hy mag ook vir hom nie uitermate baie silwer en goud aanskaf nie”.
Salomo het hierdie opdrag telkens oortree. Dit het met een ekstra vrou begin en daarna ʼn tweede, ʼn derde en nog meer tot by 1000! Elke nuwe vrou het sy besluit om God se opdrag te veronagsaam bevestig. God se verbod op koninklike bigamie was ter beskerming van die koning sodat hy nie van God afvallig sou raak nie. Salomo het hom nie aan hierdie beskermingsmaatreël gesteur nie sodat die probleem van godsdiensafvalligheid met elke nuwe vrou vererger het.
Moses het die ernstige gevolge van huwelike met vreemde vroue uitgespel:
“Jy mag jou ook nie met hulle verswaer nie — jy mag jou dogter nie gee aan sy seun, en sy dogter nie neem vir jou seun nie; want hy sal jou seun van My afvallig maak, sodat hulle ander gode dien en die toorn van die HERE teen julle ontvlam en Hy jou gou verdelg” (Deutr.7:3,4).
Salomo het in die slagyster getrap:
“En in die tyd van Salomo se ouderdom het sy vroue sy hart verlei agter ander gode aan...”
Salomo se klein “oortreding” om perde uit Egipte in te voer, het later tot die invoer van vreemde vroue en die gevolglike verval in afgodery gelei wat hy aan die begin van sy koningskap nooit sou geduld het nie.
“En Salomo het agter Astárte, die godin van die Sidoniërs, en agter Milkom, die verfoeisel van die Ammoniete, aan geloop. So het Salomo dan gedoen wat verkeerd was in die oë van die HERE en nie volgehou om die HERE te volg soos sy vader Dawid nie. Toe het Salomo ’n hoogte gebou op die berg wat oostelik van Jerusalem lê, vir Kamos, die verfoeisel van die Moabiete, en vir Molog, die verfoeisel van die kinders van Ammon. En so het hy gedoen vir al sy uitlandse vroue wat rook laat opgaan het en geoffer het aan hulle gode (1 Kon.11:5-8).
Die Molog-dienste was berug vir weersinswekkende kinderoffers:
“En van jou kinders mag jy nie gee om vir Molog deur die vuur te laat deurgaan nie, dat jy die Naam van jou God nie ontheilig nie. Ek is die HERE” (Lev.18:21).
“...en hulle het die hoogtes van Baäl gebou wat in die dal van die seun van Hinnom is, om hulle seuns en hulle dogters vir Molog deur die vuur te laat gaan — iets wat Ek hulle nie beveel het nie en wat in my hart nie opgekom het nie, dat hulle hierdie gruwel sou bedrywe om Juda te laat sondig” (Jer.32:35).
Argeoloë het tydens opgrawings oorblyfsels van kindertjies gevind wat destyds tydens hierdie rituele geoffer is. Om ʼn eie kind as ʼn brandoffer vir Satan te gee, is die toppunt van geestelike verval. Salomo se afgodshoogtes is egter eers na 300 jaar deur koning Josia tydens ʼn hervorming vernietig.
Toe die Israeliete die beloofde land in besit geneem het, is hulle gewaarsku om nie met die Kanaäniete te vermeng nie omdat dit hulle van God sou vervreem. Israel moes hard teen hulle optree:
“…hulle altare moet julle omgooi en hulle klippilare verbrysel en hulle heilige boomstamme omkap en hulle gesnede beelde met vuur verbrand. Want jy is ’n volk heilig aan die Here jou God; jou het die Here jou God uitverkies om uit al die volke wat op die aarde is, sy eiendomsvolk te wees” (Deut.7:5,6).
Eeue later het God die terugkerende Joodse ballinge gewaarsku om nie met die plaaslike basterbevolking te vermeng nie (Esra 9). By geleentheid praat Nehemia hard met die Jode wat vermeng en basterkinders verwek het en verwys na die oortreding van Salomo:
“Daarom het ek met hulle getwis en hulle gevloek en sommige van hulle geslaan en die hare uitgepluk en hulle by God besweer: Julle mag julle dogters nie aan hulle seuns gee en julle mag nie van hulle dogters vir julle seuns of julleself neem nie! Het Salomo, die koning van Israel, nie deur hulle gesondig nie?” (Neh.13:25,26).
Voorstanders van rasgemengde huwelike verwys graag na Num.12:1:
“ En Mirjam en Aäron het teen Moses gespreek vanweë die Kusitiese vrou wat hy geneem het; want hy het ʼn Kusitiese vrou geneem (Num 12:1).
Dit lyk op die oog af asof Moses na die dood van Sippóra met ’n Ethiopiese vrou (swarte) getrou het. Dit was nie die geval nie. In die tyd van Moses het die land Kus uit die suidelike deel van Egipte, die Soedan en noordelike deel van Ethiopië bestaan en was ’n deel van Arabië. Volgens Ex.34:11,16 was die Kusiete nie deel van die volkere met wie die Israeliete nié mag vermeng het nie. Hier is dus nie van ʼn gemengde huwelik in die Bybel sprake nie.
Die eertydse verbod op rassevermenging is nog net so van krag soos die wet teen afgodery, diefstal en moord. Christus het dit nooit herroep nie. Nog minder het die vroeë Christelike kerk dit afgeskaf. Gemengde huwelike bevorder nie die saak van die Here nie. Salomo se ongeoorloofde optredes het Israel selfs in twee laat skeur.
Gemengde huwelike pas al te duidelik in die kraam van Satan. Soos wat vreemde vroue Salomo van God vervreem het, vervreem rasgemengde huwelike mense van Hom. Dis in stryd met die Skrif en bedreig die Christendom. Die aandrang op die gelykheid van alle rasse asook rasgemengde huwelike is alles deel van Satan se strategie om ’n mense-eenheid onder die Antichris te vestig.