Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Hoe meer kindervingerafdrukke daar op kerkbanke is, hoe minder vingerafdrukke sal daar op polisie-rekords wees!
KRITIEKE VELDBRANDE TANS IN WATERBERGE ... (1)
...Tussen Alma, Ellisras en Marken
Brandstigting en natuurlike vure in bg omgewings het handuit geruk. Die vure is so ontsaglik dat vuurslaners dit nie meer naby kan aanpak nie, dis bloot net te warm en uitputtend! Na raming het daar reeds 40 000 – 50 000ha afgebrand, net vanaf middel September hierdie jaar. Die skade is onberekenbaar. En almal wat betrokke is daarby weet voor hulle siele dat die meeste daarvan brandstigting was. Ons land is dus reeds aan die brand – een van Siener se voorspellings vir hierdie tyd net voordat die 3e Wêreldoorlog begin, en net voordat ons land geheel en al op alle gebiede ineenstort.
Hierdie brande sluit nie eers die groot brande in die Alma-area, by Nylstroom en tussen Nylstroom en Warmbad in nie. Die brandstigters teiken ook hoofsaaklik wild- en beesplase, en ons hoef nie te raai waarom nie!
Intussen is die droogte besig om sy tol te eis; boere in hierdie omgewings het reeds vanaf verlede jaar watertekorte omdat dit minder as te vore gereën het en gaan nou gebuk onder werklik ernstige droogte. Terwyl verlede somer se reënvalsyfer aansienlik laer as gewoonlik was en dit nog nie hierdie somer begin reën het nie, word daar gevrees dat die wild (vir wie daar nou ten duurste voer aangekoop moet word) dit nie sal oorleef indien boere dit nie finansieel kan bekostig nie.
Hierdie reënstreek moes onder normale omstandighede reeds nou aan die einde van Oktober ‘n goeie drag reën ontvang het. Foto’s van verlede jaar hierdie tyd (al was daar reeds ‘n merkbare droogte) toon groen weivelde teenoor nou waar dit net vaal en dood lyk.
Ons plaas hiermee saam ‘n lys van onlangse groot brande:
| DATUM | OMGEWING | |
| 1 | 17-18 Sept | Vaalwateromgewing |
| 2 | 19-20 Sept | Vaalwateromgewing |
| 3 | 29-30 Sept | Ellisraspad |
| 4 | 30 Sept-1 Okt | Vaalwater/Markenpad |
| 5 | 7-8 Okt | Vier-en-twintigrivierepad (tussen Vaalwater en Marken) |
| 6 | 17 Okt | Ellisraspad |
| 7 | 18-19 Okt | Vaalwater/Melkrivierpad |
| 8 | 27 Okt | Nylstroom/Vaalwaterpad |
| 9 | 29-30 Okt | Horison, Melkrivier/Sondagslooppad |
| 10 | 1-5 Nov | Slangfontein, Doornkom, Melkrivier/Markenpad |
| 11 | 1-2 Nov | Lindani, Melkrivierpad |
Ons sal binnekort in die volgende berig ‘n video plaas wat vanuit ‘n helikopter geneem is om hierdie ontsaglike brande waar te neem.
DIE VSA-VERKIESING EN WÊRELDGEBEURE
Trump of Harris?
Ten tye van die skrywe hiervan is dit net ‘n kwessie van enkele dae voordat die Amerikaanse verkiesing plaasvind. Onwillekeurig wonder ‘n mens of die twee kandidate werklik die beste is wat deur die Amerikaanse bevolking van 335 miljoen mense opgelewer kan word.
Die Demokrate is natuurlik tradisioneel die meer liberale party terwyl die Republikeine weer meer konserwatiewe waardes voorstaan. Maar nou ja, gemeet aan ons waardes is die “konserwatiewe” Republikeine ongeveer DA-links!
Amerika en Engeland het Blank Suid-Afrika afgetakel
Die Amerikaanse regering het getrou aan die land waaruit hy ontspring het haastig Engeland se rol oorgeneem om Blank Suid-Afrika te vernietig. Die Britte het kort na die Tweede Vryheidsoorlog hier in Suid-Afrika daardie rol aan die Amerikaners oorgedra, terwyl hulleself steeds overpoosd die oorlog teen die Boer voortgesit het. (“a War without bullets, but a war still”) Die Amerikaners het groot sukses bereik in aftakeling van die Suid-Afrikaanse Blanke regering deur allerlei insypel-aksies asook ondermyningstaktiek deur hulle uitgevoer.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (22)
083 444 7672)
Nothing in life is so exhilarating as to be shot at without result.
-Winston Churchill
*
We know you are gatvol of negativity and outright loathsome behaviour by your political leaders. You’ve told us so for several years running. And while the DA’s flag-burning ad generates a buzz, it also beats a dull hammer against that wall of pessimism hanging over much of SA. Combine this with Helen Zille’s "Rescue SA or die" video, and we begin to enter the realm of the bizarre.
*
“Amoured Nyala Police Vehicle attacked today on the R1 near Okavango Drive,
transporting a Load of R5 Rifles which have all been taken.”
I think it was an accident???
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (21)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“This is the lesson: never give in, never give in, never, never, never, never—in nothing, great or small, large or petty — never give in except to convictions of honour and good sense. Never yield to force; never yield to the apparently overwhelming might of the enemy.”
–Winston Churchill
*
Die ANC is nie meer in beheer nie. Selfs al wen hulle die verkiesing, of sluit ‘n meerderheidskoalisie met ander (linkse) partye, is hulle nie in beheer nie. Die situasie het buite hulle beheer geraak.
DIE LAASTE UITTOG
Ds A.E. van den Berg
“En hulle het die lied gesing van Moses, die dienskneg van God, en die lied van die Lam, en gesê: Groot en wonderlik is u werke, Here God, Almagtige; regverdig en waaragtig is u weë, o Koning van die heiliges! (Open.15:3).
Meer as 2000 jaar gelede het God in Jesus mens geword en vir 33 jaar op die aarde gewees. Daarna het Hy ná 'n kruisiging uit die dood opgestaan en ten hemel gevaar. By die geleentheid het die dissipels en alle gelowiges 'n wonderlike belofte ontvang:
“En toe hulle nog stip na die hemel kyk terwyl Hy weggaan, staan daar twee manne in wit klere by hulle wat sê: Galilese manne, waarom staan julle en kyk na die hemel? Hierdie Jesus wat van julle opgeneem is in die hemel,sal net so kom soos julle Hom na die hemel sien wegvaar het” (Hand.1:9-11).
Gelowiges hou al eeue lank aan hierdie belofte vas – Jesus kom weer. Die Bybel gee enkele besonderhede van die dag. Dit sal onverwags en die mensdom onvoorbereid daarop wees. Voordat dit gebeur, gaan God die gelowiges vir sy koms gereed kry. Openbaring vertel vir ons wat gaan gebeur.
KAN ONS DIE HERE DIEN?
Hannes Ollewagen
Jos. 24:1-33
“Maar Josua het vir die volk gesê: Julle kan die Here nie dien nie, want Hy is 'n heilige God, Hy is 'n jaloerse God; Hy sal julle oortreding en julle sondes nie vergewe nie. As julle die Here verlaat en vreemde gode dien, sal Hy julle weer kwaad aandoen en julle vernietig, nadat Hy aan julle goed gedoen het.” (:19&20).
Ek glo dat Josua se antwoord aan die volk vir hulle redelik onverwags gekom het. Hierdie antwoord wat hy aan hulle gee nadat hy vir hul die opdrag en keuse gee om God te dien. “Vrees dan nou die Here en dien Hom in opregtheid en waarheid, en verwyder die gode wat julle vaders gedien het oorkant die Eufraat en in Egipte, en dien die Here. Maar as dit verkeerd is in julle oë om die Here te dien, kies dan vir julle vandag wie julle wil dien: òf die gode wat julle vaders daar oorkant die Eufraat gedien het, òf die gode van die Amoriete in wie se land julle woon; maar ek en my huis, ons sal die Here dien.” (:14&15). En hierop antwoord die volk dat hulle die HERE sal dien. “...Ook ons sal die HERE dien, want Hy is onse God.” (:18). Dit net om van Josua te hoor dat hulle die HERE nie kan dien nie.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (20)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Today is Trinity Sunday. Centuries ago words were written to be a call and a spur to the faithful servants of Truth and Justice: ‘Arm yourselves, and be ye men of valour, and be in readiness for the conflict; for it is better for us to perish in battle than to look upon the outrage of our nation and our altar. As the will of God is in Heaven, even so let it be.'” - Winston Churchill
*
Sonder om verder tyd te mors, het Dons by die groep ingeval. Die CJ 7 waarmee hy ry, is ook ‘n oop voertuig soos die Land Cruiser en die Land-Rover van Skeer en Arno. Hy verkeer nie meer in skok nie, al het sy lewe handomkeer verander die afgelope tyd. Wanneer die groep stilhou om kos te maak, soms ‘n vuur maak om die koue uit hulle lywe te jaag en ‘n paar ure te rus, sal hy sy slaapsak half eenkant neer oopgooi.
ROEM IN DIE HERE
Hannes Ollewagen
Núm. 20:1-29
“En die HERE het met Moses gespreek en gesê: Neem die staf en laat die vergadering byeenkom, jy en jou broer Aäron, en spreek julle die rots aan voor hulle oë, dan sal hy sy water gee. So moet jy dan vir hulle water uit die rots laat vloei en die vergadering en hulle vee laat drink. Toe neem Moses die staf voor die aangesig van die HERE weg soos Hy hom beveel het. En Moses en Aäron het die vergadering voor die rots laat byeenkom, en hy het vir hulle gesê: Hoor tog, julle wederstrewiges, moet ons vir julle water uit hierdie rots laat vloei? Daarop tel Moses sy hand op en hy slaan die rots twee maal met sy staf; en daar het baie water uitgekom, sodat die vergadering gedrink het en hulle vee. Toe sê die HERE vir Moses en Aäron: Omdat julle in My nie geglo het om My voor die oë van die kinders van Israel te heilig nie, daarom sal julle hierdie vergadering nie in die land inbring wat Ek aan hulle gegee het nie.” (:7-12).
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (19)
083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse inligting)
The conduct of certain political leaders and their resulting political outcries and calls for insurrection due to court cases, leading to their consequent arrest and detainment.
-Roland de Vries
*
“I am fond of pigs. Dogs look up to us. Cats look down on us. Pigs treat us as equals.”
― Winston S. Churchill
*
Abraham Lincoln once asked General Winfield Scott this question: "Why is it that you were once able to take Mexico City in three months with five thousand men, and we have been unable to take Richmond with one hundred thousand men?"
"I will tell you," said General Scott. "The men who took us into Mexico City are the same men who are keeping us out of Richmond."
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (18)
083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse inligting)
“The best argument against democracy is a five-minute conversation with the average voter.”
― Winston S. Churchill
*
The ANC suffered another setback in its case against the DA after a court found the governing party was in contempt of court for failing to hand over all documents related to its cadre deployment committee.
The ANC was ordered to release unredacted records including draft minutes, notes, attendance registers, communications and decisions of the deployment committee within 15 working days.
The party and its secretary-general, Fikile Mbalula, were found to be in contempt of court by the Johannesburg high court on Wednesday for failure to hand over all the documents relating to the period Cyril Ramaphosa chaired the deployment committee.
“The ruling confirms beyond all doubt that the ANC is a lawless criminal syndicate that is prepared to trigger a constitutional crisis to hide the fact that its corrupt cadre deployment committee is the root cause of state capture, corruption and service delivery failure,”
-Leon Schreiber.
SATAN BOOTS DIE KERK NA!
Ds A.E. vd Berg
“En hy het my in die gees weggevoer na ’n woestyn, en ek het ’n vrou sien sit op ’n skarlakenrooi dier, vol godslasterlike name.... En die vrou was bekleed met purper en skarlaken .... en op haar voorhoof was ’n naam geskrywe: Verborgenheid, die groot Babilon .... En ek het die vrou gesien, dronk van die bloed van ...... die getuies van Jesus....” (Openb.17:3-6).
Tydens die Babiloniese ballingskap is duisende inwoners van Juda weens hul volhardende sonde en minagting van waarskuwings na Babilon weggevoer. Dit was in die OT 'n geografies bekende stad. In die NT het dit 'n ander betekenis nl. die simbool van 'n bose geestelike ryk. Die naam kom vir die eerste keer in die OT met die bou van 'n toring ter sprake waarmee die inwoners die hemel wou bestorm om vir hulle 'n naam te maak en God hulle met ʼn spraakverwarring uitmekaar laat spat het (Gen.11). Daarna kom Babilon weer met hul verwoesting van Jerusalem en die Judese ballingskap ter sprake.
‘N WêRELD SONDER GRENSE
Hannes Ollewagen
Hand. 17:15-34
“En Hy het uit een bloed al die nasies van die mensdom gemaak om oor die hele aarde te woon, terwyl Hy vooraf bepaalde tye en die grense van hulle woonplek vasgestel het, sodat hulle die Here kon soek, of hulle Hom miskien kon aanraak en vind, al is Hy nie ver van elkeen van ons nie; want in Hom lewe ons, beweeg ons en is ons, ...”(:26 – 28).
Kom ons begin by die begin. “IN die begin het God die hemel en die aarde geskape.” (Gén. 1:1).
God is die Skepper van die aarde. Hý het die aarde wat ons as mensekinders bewoon, geskape. Hy is die Eienaar daarvan. En Hy kan daarom besluit hoe dinge daarop behoort te geskied. Hy openbaar dan ook hierdie besluite en dit wat Hom welgeval aan ons deur sy Woord. So openbaar God deur sy Woord aan ons dat die erkenning van volkeverskeidenheid nie ’n sonde is nie, maar dat dit deur Hom so verorden is. Indien Handelinge 17:26 nie vir ons duidelik genoeg is in hierdie verband nie kan ons ook na Deut. 32:8 luister. “Toe die Allerhoogste aan die nasies ’n erfdeel gegee het, toe Hy die mensekinders van mekaar geskei het, het Hy die grense van die volke vasgestel volgens die getal van die kinders van Israel.”
REGSE VERRAAD – 8 (SLOT)
Afrikanervolk het nie oorgegee nie
In die lig van wat in die voorafgaande artikels toegelig is behoort dit nou duidelik te wees dat die Afrikaner nie gekapituleer het en sy land op ‘n skinkbord weggegee het in 1994 nie. Daardie oorgawe van sy politieke mag is op slinkse wyse deur misleiding en geheime gekonkel namens hom gedoen. Die oorgrote meerderheid Afrikaners was nie daartoe bereid om hul politieke mag met daardie selfmoord-skuif te verloor nie – dis namens hulle gedoen en wel deur leiers wat welbewus daarvan was dat hulle besig was met verraad teen hul eie volk.
Vier groepe ná 1994
In die nuwe bedeling wat ná 1994 ontstaan het neem mens interessante verskynsels waar. Daar is vier hoofstrominge. Sommige mense gee boedel oor, verklaar dat hier nie meer vir hulle en hul kinders ‘n toekoms is nie, en emigreer dan na “groener weivelde”. Die grootste deel van hierdie groep (let wel – nie almal nie) bevind hulself aan die buiterand van die volkswese, met ‘n swak ontwikkelde patriotisme en vind daarom gemaklik aansluiting by ‘n vreemde kultuur waarin hulle baie gou assimileer. Hulle kinders wat in die nuwe land gebore word kan nie Afrikaans praat nie, en binne twee geslagte is hulle volledig in die nuwe nasie opgeneem. Hierdie groep (en veral hul nageslag) sê vir alle praktiese doeleindes hul Afrikanerskap op; hulle hou op om as Afrikaners te bestaan.
Tweede groep: berus en aanvaar
‘n Volgende groep van ons volksgenote gaan van die veronderstelling uit dat, gegewe die nuwe realiteit, ons nou “die beste van ‘n slegte saak” moet maak. Hierdie is die ewige optimiste wat onbewustelik volstruispolitiek beoefen. Hul skeefgetrekte geloof is dat die ontelbaar baie probleme en onhoudbaarhede van die nuwe bedeling dalk vanself sal verdwyn deur uitsluitlik net op die positiewe te fokus. Selfs al beleef hulle self daagliks die verval, agteruitgang en wetteloosheid daarvan. Afriforum vind die grootste gros van sy ondersteuning onder volksgenote met dié denkrigting. Hul oplossing is dus – ons moet net harder werk om die Swart gemors effe om te keer – “ons sal self” sê hulle. Ja, en so herbou hul ywerig dit wat deur die nuwe base afgebreek is en betaal self weer daarvoor nadat hulle ook reeds daarvoor belastings betaal het. Maar dis darem so positief en hulle “doen darem iets”. Ja, julle help die kaders meer steel, want nou hoef hy niks van daardiebelastinggeld vir projekte aan te wend nie – jy en Afriforum befonds self (weer) daardie projekte. En inderdaad verleng dié optrede die lewe van die onwettige bestel.
GROOTSTE MISDAADORGANISASIE IN SA...
...DIE S.A. POLISIE
“Want die owerhede is geen voorwerp van vrees by die goeie dade nie, maar by die slegte...” (Rom.13:3)
Omdat God reg en geregtigheid liefhet, het Hy wette gegee en regspraak ingestel:
“Geregtigheid, geregtigheid moet jy najaag, dat jy kan lewe en die land in besit kan neem wat die Here jou God jou sal gee” (Deutr.16:20).
“Die Rots — volkome is sy werk; want al sy weë is strafgerigte; 'n God van trou en sonder onreg; regverdig en reg is Hy” (Deutr:32:4).
“Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg. Red die swakke en behoeftige, bevry hulle uit die hand van die goddelose mense” (Ps.82:3,4).
God het by geleentheid vir Moses Tien Gebooie vir ʼn ordelike saambestaan gegee. Hierdie gebooie het nie net sonde baie duidelik omskryf nie, maar ook die gepaste straf vir oortreders voorgeskryf.
In die Bybelse tyd was daar geen polisiediens soos wat ons dit vandag ken nie. Daar was wel wagte wat op die stadsmure diens gedoen het en alarm moes maak as die vyand gewaar is:
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (17)
083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die Engelse inligting)
Increased acts of terrorism, such as gang warfare, town, farm and homestead attacks, hard intimidation, armed robberies, cash-in-transit heists (CIT) and the theft of arms and ammunition.
-Roland de Vries
*
“Politics is the ability to foretell what is going to happen tomorrow, next week, next month and next year. And to have the ability afterwards to explain why it didn’t happen.”
-Winston Churchill
*
The real damage is done by those millions who want to ‘survive.’ The honest men who just want to be left in peace. Those who don’t want their little lives disturbed by anything bigger than themselves. Those with no sides and no causes. Those who won’t take measure of their own strength, for fear of antagonizing their own weakness. Those who don’t like to make waves—or enemies. Those for whom freedom, honour, truth, and principles are only literature. Those who live small, mate small, die small. It’s the reductionist approach to life: if you keep it small, you’ll keep it under control. If you don’t make any noise, the bogeyman won’t find you. But it’s all an illusion, because they die too, those people who roll up their spirits into tiny little balls so as to be safe. Safe?! From what? Life is always on the edge of death; narrow streets lead to the same place as wide avenues, and a little candle burns itself out just like a flaming torch does. I choose my own way to burn.
-Sophie Scholl
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (16)
083 444 7672)
The dramatic rise in ethnic conflict.
-Roland de Vries
*
5. Vengeance is the most costly and dissipating of luxuries.
-Winston Churchill
*
In Vuilbaardsvlei het alles na ‘n nuwe normaal teruggekeer. Elke mens het ‘n dagtaak, die kinders gaan weer skool, kerkdienste is hervat, besighede gaan aan met hulle werk, al is dit nie meer soos in die verlede nie.
Uiteraard het sommige besighede geen doel meer nie, soos die plekkie wat selfone verkoop het, maar hulle maak rekenaars heel en spits hulle toe op meer bruikbare elektronika soos die maak en herstel van alarms, flitse, waarskuwingstelsels en het al, met planne wat die eienaar lankal van die internet gekry het, ‘n hommeltuig gebou. Die eerste drie pogings was onsuksesvol, maar die laaste een werk op ‘n manier.
EK IS TE GERING
Gén. 32:1-32
“En Jakob het gesê: o God van my vader Abraham en God van my vader Isak, o Here, wat my beveel het: Gaan terug na jou land en na jou familie, en Ek sal aan jou goed doen — ek is te gering vir al die gunste en al die trou wat U aan u kneg bewys het; want ek het met my staf oor hierdie Jordaan getrek en nou twee laers geword.” (:9&10).
Jakob word gebore en word groot in ’n welgestelde familie. Sy oupa, Abraham, was ’n welgestelde man. “En die HERE het my heer baie geseën, sodat hy groot geword het, en aan hom kleinvee en beeste, silwer en goud, slawe en slavinne en kamele en esels gegee.” (Gén. 24:35). En Abraham het hierdie welvaart van hom aan sy seun, Isak – die vader van Jakob, gegee. “En Sara, die vrou van my heer, het vir my heer ’n seun gebaar nadat sy al oud was; en hy het aan hom alles oorgegee wat hy besit.” (Gén. 24:36). En benewens hierdie welvaart wat Isak van sy vader ontvang het, was hyself boonop ook baie suksesvol en baie welvarend. “Isak het toe in dié land gesaai en daardie jaar honderdvoudig gewen, want die HERE het hom geseën. En die man het groot geword en altyddeur groter geword totdat hy baie groot was: hy het troppe kleinvee en beeste gehad en baie bediendes, sodat die Fillistyne hom beny het.” (Gén. 26:12-14).
GENADEDOOD
Ds A.E. van den Berg
“Daar is geen mens wat heerskappy het oor die wind om die wind teë te hou nie, en niemand het mag oor die dag van die dood nie ...” (Pred.8:8).
Genadedood is 'n misleidende benaming vir eiewillige lewe beëindiging en verskil in beginsel niks van moord nie want 'n lewe word wederregtelik geneem. Ongelukkig is mense al so gewoond aan lelike dinge wat in glanspapier toegedraai is, dat dit maar aanvaar word. Dink aan onreg soos regstellende aksie en swart bemagtiging wat niks anders as gewettigde onreg pleging is nie.
Genadedood is die bewustelike optrede om 'n persoon so pynloos as moontlik te laat sterf – dus 'n verkorting van die sterwensproses. Dit word hoofsaaklik in gevalle uitgevoer waar iemand aan 'n ongeneeslike siekte ly en erge pyn verduur. Die behoefte om so 'n mens se pyn te verlig, is dan by medici so sterk dat dit die natuurlike drang om die lewe te behou, geheel oorskadu en verskil dus niks van veeartse nie.
Genadedood kom ter sprake as daar menslik gesproke 'n duidelike aanduiding van 'n spoedige dood is. Maar kan 'n mens dit werklik bepaal? Onthou: Sekerheid is relatief. Die dood het sy eie tyd al is die liggaam dikwels die aambeeld van pyn en beproewing.
BROKKIES UIT DIE BOEK “DIE VERONTREGTES” (15)
Geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
The collapse of municipalities and its subsequent further reduction in basic service delivery (health, water, and sewerage).
-Roland de Vries
*
OPSOMMENDE RIGLYNE UIT ONS VEILIGHEID VIR GEMEENSKAPPE – WERKSESSIES DIE AFGELOPE SES JAAR TOT DUSVER
Hiermee ‘n opsomming van die noodsaaklikste riglyne uit ons reeks ‘gemeenskapsveiligheids-werkswinkels’, wat ons oor die afgelope vier jaar geformuleer het:
• Kom ons neem beheer as vredenliewende gemeenskappe oor ons eie veiligheid, raak betrokke en raak georganiseerd.
• Lees die Bybelse boek Nehemia en begin by die beveiliging van ons gesinne (huis-en-haard beveiliging) en die volgehoue bou van hoop en vertroue in Geloof.
• Trek die beveiligingsnetwerk stelselmatig wyer (veiligheidsteunkringe) en sluit geledere met jou bure – onderlinge steun, rondom beskerming met veiligheid stelsels in diepte opgestel.
• Sorg dat jou veiligheidsplan en gebeurlikheidsbeplanning in plek is en moniteer die
gevaartekens sodat daar proaktief opgetree kan word – neem die inisiatief betyds.
• Bly weg van die areas waar dit brand (pockets of fire) en beveilig ons mense daar waar hulle is.
HOE DURF KERKE DIT GOEDPRAAT!!
Ons leef in 'n wêreld van toenemende versagting van booshede en gruwels soos ook homoseksualisme. Mense word wysgemaak dat die wetenskap klinkklaar bewys het dat sommige mense homoseksueel gebore word en hul optredes gevolglik as alternatiewe erotika aanvaar moet word – veral deur kerke wat gesorg het dat ons Afrikanervolk saam in hierdie verrottingsput beland het waarin ons nou in ons laaste ‘lewende’ fase verkeer voordat ons saam met die hele wêreld oppad heltoe is! En as u nie help bid en pleit tot ons Skepper en Redder nie, mag Hy dalk net besluit dat die hele volk uitgewis word soos Hy al in die verlede te midde van ontsaglike volksondes gedoen het.