Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
'n Vrolike mens is 'n gesonde mens, 'n neerslagtige mens raak uitgeput. So lees ons in Spreuke 17:22. En wie van ons ken nie daardie uitputting nie! Wees dan vrolik sodat jy ook jou medemens kan opbeur.
BROKKIES UIT DIE BOEK VRYBURGER (1)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
After the defeat at both Laing’s nek and lngogo, Colley urgently had to look at other tactics. None of his officers were consulted and the only hint of this was in the last paragraph of a letter, dated 4 February 1881, which he wrote to General Evelyn Wood: “I would gladly give you the Pretoria column, but I must push on there myself to assume the government. The force is hardly enough for two generals and the rest of the command would be left without one. You will also, I am sure, understand that I mean to take the Nek myself’.
In order to achieve that, Colley argued to himself, he had to secure a position from where he could have the Boer forces on Laing’s nek at his feet. Majuba was the key.
On the 23rd of February 1881 a new force of almost 2000 men arrived at Mount Prospect with a reserve force left in Newcastle under General Wood. The new force consisted of the 92nd Regiment Gordon Highlanders, a Naval Brigade under Francis Romilly [overall second in command] and a division of the 15th Hussars. Both sides knew that the next encounter was close.
In the mean time a letter from General Colley to President Kruger was handed to General Smit. A paragraph in it stated that General Colley had the authority to cease hostilities, should the letter be answered within 48 hours. This ultimatum was impossible to comply with since President Kruger was then in Heidelberg.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (35)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
The gap between rich black South Africans and poor black South Africans is the largest inequality gap in the world. After 20 years of spending huge amounts of taxpayers’ money on failures like BEE implementation, inequality in SA today is worse than it was in 2000.
*
Majoor Gert Jordaan het gedoen wat hy kon. Nie net het hy sy loopbaan vaarwel toegeroep gedurende die afgelope uur nie, maar ook sy lewe in gevaar gestel. Niemand kan meer as dit van hom verwag nie, ook nie die mense wat hy inderwaarheid nie van Adam se kant af ken nie. Met die spesmagte wat nou vinnig nader beweeg, het hy geen ander keuse nie as om te vertrek. Ten spyte van Kleinskeer se paniekerige uitroepe dat hy vir Arno en Maya moet wag, kan hy nie anders nie.
DIE ONSE VADER (V)
Ds A.E. van den Berg
“ Gee ons vandag ons daaglikse brood”(Mt.6:11)
Gelowiges dink anders oor stoflike dinge as ongelowige mense. Hulle vra dit wat hulle nodig het van hul hemelse Vader. Waarom? Omdat Jesus ons so in die Onse Vader geleer het om te bid: “Gee ons vandag ons daaglikse brood.”
Met hierdie brood word nie letterlik brood bedoel nie, maar die nodige fisiese behoeftes om te kan leef. Sommige mense glo dat ons God nie met ons fisiese behoeftes lastig moet val nie en dat die brood in die modelgebed geestelik bedoel word – Jesus is hierdie brood. Dan is daar ook mense wat hierdie bede oorbodig ag omdat hulle genoeg geld vir eie benodighede het.
‘n LEWE VAN GEREGTIGHEID
Hannes Ollewagen
Heb. 1:1-14
“U het geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat; daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle; en: U, o Here, het in die begin die aarde gegrondves en die hemele is werke van u hande.” (:9&10).
In hierdie gedeelte waar die voortreflikheid van Christus uitgelig word, word daar ook ’n spesifieke eienskap van Hom onderstreep wat geweldig kosbaar in God se oë is. Ons lees in vers 9 van hierdie hoofstuk dat Hy geregtigheid liefgehad en ongeregtigheid gehaat het en die welbehae van God hierin is duidelik. Ons vind hierdie getuienis ook in Ps. 45:8. “U het geregtigheid lief en haat goddeloosheid. Daarom het, o God, u God U gesalf met vreugde-olie bo u metgeselle.”
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (34)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Generaal Petros Mbejane is terug op kantoor. Selfs in sy half-benewelde woedetoestand, aangevuur deur die stewige doppe Glenfiddich wat hy op pad terug Phalaborwa toe geniet het, het hy ‘n besluit geneem. Hy sal self en persoonlik gaan toesien dat hierdie gemors opgeruim word. Die rapport wat hy van sy tweede in bevel gekry het, dui juis op die kritieke toestand waarin die manne op die grond, of te wel hoog in die berg, verkeer. Dis nie asof hy omgee vir die lewensverlies nie,
Afrika het nog nooit homself daarop geroem dat hy erg filantropies is nie. Lewens is bloot daar om vervaardig en geneem te word, wanneer die geleentheid homself voordoen. Nee, die manne se voortydige dood pla hom nie juis nie, dis eerder die skade wat dit aan sy leër en nog erger, sy reputasie doen, wat hom pla.
“Colonel Banda, get me a chopper.”
“We do not have one left to our disposal, Sir.”
“What do they have in Makhado?”
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (33)
KLEINSKEER
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Waarheen nou?”
Skeer kyk skuins op na die oorhangende rots aan sy linkerkant.
“Ons kyk of ons nie daar bo-op kan kom nie.”
Reg van voor af is daar geen manier om tot bo te kom nie. Dit lyk nogal na ‘n mini-weergawe van die bekende Hangklip ver na die Westekant. Langs die linkerkant van die rots is daar ‘n skuinste, besaai met gruis en klippe, wat die gang baie moeilik maak. Skeer is eerste en hy kan net-net nie tot bo kom nie. Vir die derde keer probeer hy, maar sak elke keer weer terug.
“Nee, ons sal dit nie maak nie.”
“Wat van ek, Oom?” vra Ezra.
“En as jy bo is, wat dan?”
“Dan maak ek iets vas aan ‘n ding, waarmee julle kan vashou en opkom.”
“Wat bedoel jy met ‘n ding?”
“Oom en oom Rob en Bert se belde, wat julle aanmekaar kan las, of so iets.”
“Weet jy, Skeer, dit kan dalk net werk.”
BID EN WERK ERNSTIGER AS OOIT!
In Romeine 13 lees ons dat elke mens hom moet onderwerp aan die magte wat oor hom gestel is omdat daardie magte deur God ingestel is. Daarby word gestel dat verset teen die owerheid onder die oordeel van God sal staan.
In hierdie tyd waarin ons leef is dit opnuut ‘n aktuele vraag tot welke mate hierdie Godsveragtende regime gehoorsaam moet word.
Die owerheid se taak is om losbandigheid hok te slaan sodat alles ordelik kan verloop. Die owerheid moet dus orde handhaaf, boosdoeners straf, deugsames en die heilige Woordbediening beskerm.
So lees ons ook in 1 Tim 2:2 dat dankseggings en gebede gedoen moet word:
“...vir konings en almal wat hooggeplaas is, sodat ons ‘n rustige en stil lewe kan lei in alle godsvrug en waardigheid”.
Die owerheid moet dus alle afgodery en vals godsdienste teëgaan en uitroei, die ryk van die antichris vernietig en die koninkryk van Jesus Christus bevorder deur steun te verleen dat die evangelie orals verkondig word.
Die onderdaan moet hom onderwerp, belasting betaal en gehoorsaam wees aan elke bevel wat nie in stryd met die Woord is nie.
Uit voormelde is dit reeds duidelik dat die wanorde, misdaad en algemene losbandigheid in hierdie land afmetings aangeneem het wat die afleiding regverdig dat hierdie owerheid nie sy pligte nakom nie. Daar is geen sprake daarvan dat hierdie owerheid afgodery en vals godsdienste wil uitroei nie, inteendeel, hy moedig dit aan en is deel van die korrupsie en onordelikheid.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (32)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Ek dink julle vriend Arno is in die moeilikheid!”
Skeer en die ander het die afgelope tyd onwillekeurig die leiding oorgedra aan Maya. Sy is immers die beste opgelei in oorlogvoering in die veld, wat natuurlik die berg en bos insluit. Hulle kyk almal na haar vir die regte besluit op hierdie oomblik.
“Kom julle saam?”
Maya beweeg so vinnig as wat veilig moontlik is, teen die skuinste af. Hulle is maklik ‘n paar honderd meter bokant en ver na die ooste vanwaar hulle Arno gelos het.
“Julle weet waarheen om te beweeg?”
Skeer knik met sy kop en spaar sy asem vir die inspannig wat gaan volg. Maya beweeg baie vinniger as wat hulle gedink het moontlik kan wees in hierdie terrein, sonder ooglopende inspanning en met minimum geraas.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (31)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
“Julle is heeltemal reg, hoor. Maar julle weet nie die helfte nie.”
Na Maya se skoot is dit doodstil in die berg. Die sonbesies en selfs die voëls is tjoepstil.
Sonder om haar kop weg te trek, of haar oë van die omgewing onder die berg, praat sy. Sag, maar hoorbaar, sonder enige emosie, hoogdrawendheid of drama.
“Die grootkoppe dink ons junior offisiere en onderoffisiere is dom, dat ons nie vir onsself kan dink nie, dat alles maar ongesiens verbygaan by ons, maar al is ons gehoorsaam, is ons nie heeltemal onnosel nie. Ja, ons het onsself verbind tot die beskerming van alle vyande, buitelands en plaaslik, maar soms is die vyand in ons geledere.”
Maya bly lank stil en laat haar gedagtes sweef oor die gebeure die afgelope jare. Sy het haarself uitgeleef om die beste te wees, nie net as soldaat en spesmagtelid nie, maar as skut, veldkundige en operateur. Sy besef dat sy al lankal geweet het dat alles nie kosher is by die eenheid en selfs dwarsoor die hele weermag nie, maar het dikwels haar oë toegemaak daarvoor. Niemand wil weet dat hulle hele wese en ‘n groot stuk van die lewe, deel van ‘n leuen is nie. Veral nie as jy uiteindelik ervaar dat jy ‘n baie spesifieke talent het nie.
BLANKE SELFMOORD
Weens die Blanke se hoofsaaklik Christelike inslag het die leuse "leef en laat leef" vastrapplek in sy denke gekry. Om aan andere te doen wat jy aan jouself gedoen wil hê, bestaan as amperse vanselfsprekende beginsel by feitlik alle Blankes. Die vraag vandag is egter of hierdie uitgangspunt nie juis die ondergang van die Blanke gaan beteken nie, en daarby, of dit enigsins nog met redelikheid toegepas word.
Wêreldwyd is Blankes besig om die aftog te blaas en word hulle mededeelsaamheid eenvoudig met minagting begroet. Terwyl immigrante uit veral Afrika instroom in Europa word Europeërs verkwalik dat hulle nie meer doen om hierdie onwettige immigrante in hulle lande te verwelkom nie! Donald Trump was seker die eerste westerse leier wat die regte geluide in hierdie verband gemaak het.
By talle Blankes het dit verbygegaan dat die immigrante juis verantwoordelik is vir grootskaalse eskalasie in misdaad en algemene onrus in elke staat waar hulle hul bevind. Hierdie barbare (meestal mans) wat Europa betree verkrag Blanke vrouens en word baie gou die bevoordeeldes van die maatskaplike toelaes wat dwarsdeur Europa betaal word — tot nadeel van die Blankes in Europa. Dit het, ook weens die feit dat dit meestal Swart mans is, die gedaante van 'n invalsmag aangeneem.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (30)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
Die mens is in inherent ‘n progressiewe wese. Dis nie net omdat hy werk voortdurend makliker wil maak nie, maar ook meer effektief. Tereg is daar al gesê jy moet altyd ‘n taak vir ‘n lui man gee, want hy sal iets ontwerp wat dit makliker en vinniger sal maak. Saam met nuwe uitvindings kom ook noodwendig vooruitgang, nie net in hulpmiddels nie, maar ook denke.
Die metode om klippe te gebruik om skuilings te bou in plaas van stokke en velle en water te lei, was een van die groot faktore wat daartoe gelei het dat mense in stede veilig kon bly, eerder as in die veld of in afgeleë huise.
Soos die inwoners van nedersettings en dorpe meer word, het dit geverg dat daar iemand sou wees om hulle te beheer en leiers is aangestel, aangewys en nog later verkies. Orde moes gehandhaaf word en daarvoor is die sterkste, mees bekwame of gevreesde man en manne aangestel. Mettertyd sou hierdie man(ne) begin wonder waarom hulle nie die leiding kan neem nie en intellek het plek gemaak vir spierkrag. Leierskap was nie meer ‘n diens aan die gemeenskap nie, maar ‘n posisie wat die leier en sy kaders bevoorreg het.
DIE ONSE VADER (IV)
Ds A.E. van den Berg
“LAAT U WIL GESKIED”(MT.6:10)
Ons kyk verder na die Onse Vader as 'n geloofsidentifikasiedokument. Dit leer gelowiges God eerstens as hul hemelse Vader ken en daarna om die heiligheid van sy Naam te beskerm. Verder is daar by hulle ʼn opregte begeerte dat al meer mense tot bekering sal kom en die koninkryk van God op aarde sodoende groter sal word.
ʼn Verdere kenmerk van gelowiges is hul begeerte dat God se wil in hul lewe sal geskied. Dis egter een van die moeilikste bedes omdat sondaars so geneig is om hul eie wil te laat geld. Dit het dikwels slegte gevolge soos frustrasies, ontevredenheid, ongelukkigheid en geloofsverval. Alleenlik die doen van God se wil bring ware vreugde in gelowiges se lewens.
Namate ons God se wil in ons lewens laat geskied, ervaar ons sy vrede en vreugde. Dis egter nie altyd maklik nie want hier binne-in stry ons dikwels teen die wil van God. Daarom bid ons dat sy wil sal geskied. Een van ons gesange lui: “Verbeek in my voortdurend Heer die neiging tot die sonde..”
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (29)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
More recently there has been no investigation of the impact of State Capture on the SANDF, notwithstanding the consistent rumours of the close political allegiance between the former chief of the SANDF, Solly Shoke, and the Zuma administration. As we reported in Part Two of the Russian Doll investigation, the military was the driving force behind draconian State of Emergency regulations drafted shortly before Zuma was pushed into leaving public office.
The Ramaphosa administration has not rocked the military boat, apparently for fear of it turning on him. Its support was, after all, crucial during the July 2021 rioting and looting instigated by a pro-Zuma faction.
However, this investigation exposes alleged criminality within the military which must be investigated and prosecuted by authorities outside of the military. For now, the targets of the alleged torture squad have been people, like Sphamandla, on the margins of society. However, if the Special Forces killed Mathipa, then it must be on account of a greater sense of power and protection.
Members of Parliament and aspirant MPs should know that if they do not push now for accountability there is no telling who will be next. This should give them all, including the President, sleepless nights until we have seen accountability.
- Hennie van Vuuren. 29 Nov 2023
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (28)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
“The ANC hates black people.”
- Adv. Ike Khumalo
*
“Zimbabweans follow the same white people to South Africa which they chased off their farms. We do not have enough white people in South Africa to support the whole of Africa.”
- Adv Ike Khumalo
*
Relentless blaze lays siege across Simon’s Town for third consecutive night, Scarborough evacuates.
The wildfire that was sparked on the mountain slopes of Castle Rock, south of Simon’s Town hurtled towards Scarborough via Plateau Road on Thursday evening, fuelled by a raging southeaster. Just before 8pm, another inferno erupted along the Glencairn Expressway.
- Victoria O’Reagan
*
In die moderne tyd is weervoorspellings baie akkuraat. Hierdie wetenskaplikes sal alle data in ag neem, vanaf isobars, windsnelheid en rigting, die invloed en uitwerking van beide El Niño en La Niña verskynsels, weerfronte, sowel koues as warm, laag en hoëdrukstelsels, barometerlesings en op grond hiervan en nog ander meer ingewikkelde data ‘n ingeligte voorspelling maak.
KNEGTE VAN GOD
Hannes Ollewagen
Esra 5:1-17
“En hulle het ons die volgende antwoord gegee en gesê: Ons is knegte van die God van hemel en aarde, en ons bou die huis wat baie jare gelede gebou is, ...” (:11).
Hierdie woorde uit Esra laat my opslag aan die pragtige woorde in die vierde strofe van Die Stem dink – “Knegte van die Allerhoogste teen die hele wêreld vry”. En dan dink ek met hartseer aan die realiteit dat laasgenoemde in die breë oor ons volk ongelukkig vandag nie meer waar is nie. ’n Volk wat hierdie voorreg prysgegee het om van sy Godvresende lewe “vry” te breek en knegte van die wêreld te word. En die gevolge hiervan oor die laaste vyf tot ses dekades is vir ons duidelik. ’n Volk wat as knegte van die Allerghoogste met ywer gebou en gewerk het in ons kosbare Vaderland het ’n mooi toekoms gehad om na uit te sien. Ons erfdeel was ’n toonbeeld van voorspoed, vooruitgang en sukses. En eerder as om die voorbeeld uit die lewe van Israel as ’n waarskuwing voor oë te hou het ons volk hierdie voorbeeld nagevolg. En die gevolge was vir ons volk natuurlik ook nie anders as vir Israel nie. “En hulle het versterkte stede en 'n vet land ingeneem, en huise in besit geneem vol allerhande goeie dinge, uitgekapte putte, wingerde en olyfbome en vrugtebome in menigte, en hulle het geëet en versadig en vet geword en weelderig gelewe deur u grote goedheid. Maar hulle het wederstrewig en opstandig geword teen U en u wet agter hulle rug gewerp; en u profete wat hulle gewaarsku het, om hulle na U terug te bring, het hulle gedood en groot, afskuwelike dinge gedoen.” (Neh. 9:25&26).
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (27)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
Our story today is rooted in a crime that took place some three years before the Lady R incident. On 23 December 2019, 18 R4 rifles and three pistols were reported as stolen from the strongroom safe at the SA Army Engineer Formation base south of Pretoria.
News of this was leaked to the media and it quickly made headlines across the country. This was not without reason: R4 rifles are the workhorse of the SANDF and can fire more than 600 rounds a minute. In the wrong hands these 18 rifles could cause mayhem.
Despite the Moorhouse Inquiry having wrapped up hearings almost six months ago, the final report, the same source says, appears to be gathering dust on the desk of the chief of the SANDF and possibly that of the minister of defence. It is imperative that the contents of the report, and the record and evidence presented, are made public immediately.
DIE LANGVERWAGTE EKONOMIESE INEENSTORTING
Die Geldmag is hard aan die werk, en u sal hierdie inligting nie in die hoofstroommedia bekom nie aangesien dit paniek sal skep, ook nie hier in Suid-Afrika nie wat net so geraak sal word as die meeste wêreldlande: Aandelemarkte regoor die wêreld het Maandag gedaal, met aandele wat getuimel het te midde van vrese dat die VSA op 'n resessie kan afstuur, wat beleggers in 'n paniekverkoopmodus geplaas het.
Japan se Nikkei l225-aandele-indeks het die ineenstorting gelei met die hoogste afname van 12,4% – sy ergste dag sedert die 1987 Swart Maandag-“ongeluk”. Die Tokio-aandeleprysindeks (Topix) het ook Maandag met 12,23% gedaal.
Die situasie het verlede week begin ontvou nadat die VSA 'n verslag vrygestel het wat swakker as verwagte indiensnemingsdata toon. Ekonome sê die insinking weerspieël toenemende kommer oor die algehele toestand van die Amerikaanse ekonomie. Wall Street het Vrydag skerp gesluit met die tegnologie-swaar Nasdaq Composite wat in 'n regstelling verval het.
EENMAAL GERED, ALTYD GERED
Johannes. 6:37 Al wat die Vader My gee, sal na My toe kom; en Ek sal hom wat na My toe kom, nooit uitwerp nie.
Johannes. 6:39 En dit is die wil van die Vader wat My gestuur het, dat al wat Hy My gegee het, Ek daarvan nie sal verloor nie, maar dit opwek in die laaste dag.
Dr. Gideon Grobler
Waarop is die volharding van die heiliges of dan die feit dat God se kinders nie verlore kan gaan nie, of nóg anders gesê: een maal ‘n kind van die Here, altyd ‘n kind van die Here, gegrond? Die Calvinistiese leer sê: Almal wat deur God die Vader gekies is, regverdig gemaak is deur die Seun, wedergeboorte gegee is deur die Heilige Gees, vir ewigheid salig bewaar word ook deur die werk van die Heilige Gees.
Die Arminiaanse leer, leer dat hulle wat glo en waarlik gered is, kan hulle redding verloor as hulle(sélf) nie die geloof behou nie! Kom ons gaan eers bietjie praktyk toe dan kom ons terug na die leerstellinge. Waarskynlik ken ons almal mense of minstens wéét ons almal van mense wat ‘n gelowige lewe gelei en hul geloof openbaar verklaar het, of dit nou in die kerk of op Facebook was, maak nie saak nie, hulle het dit teenoor mense buitentoe verklaar. Later in hul lewens sien of hoor jy weer van hulle en dan is dit duidelik dat hul die pad verlaat het. Hoe dan nou, dit lyk tog of hierdie mense tóg verlore gegaan het?
PERFEKTE BEGIN VAN WW3
Op die heel laaste dag van Julie het die Russiese weermag aangekondig dat hulle "die derde en 'laaste' fase van oefeninge begin het om die ontplooiing van taktiese kernwapens te oefen". Die Kremlin se Ministerie van Verdediging (MoD) het ook gesamentlike oefeninge met Belarus, sy naaste bondgenoot, begin. Vir sommige lyk dit dalk vreemd dat Minsk aan sulke aktiwiteite deelneem, maar daar moet kennis geneem word dat Wit-Rusland in Maart verlede jaar by Rusland se kernwapendeelprogram aangesluit het, wat gelei het tot die herontplooiing van Russiese termonukleêre wapens in reaksie op NAVO se voortdurend eskalerende oorlogvoering. Minsk het destyds 'n formele versoek aan Moskou gerig en gevra vir topsekuriteitswaarborge ingeval die wêreld se mees aggressiewe rampokkerkartel enige "snaakse idees" kry. Nou, beide lande kapitaliseer op hierdie noue vennootskap, met die Wit-Russiese weermag wat selfs die ongeëwenaarde "Iskander-M" grondgebaseerde hipersoniese missielstelsels bedryf.
BROKKIES UIT DIE BOEK KLEINSKEER (26)
geskryf deur Philip Venter (u kan die boek bekom deur hom te skakel by 083 444 7672)
(Die storie volg in Afrikaans onder die inligtingstuk)
A RUSSIAN DOLL
Open Secrets exposes a military squad allegedly responsible for acts of torture and murder. The evidence implicates at least four units of the SANDF in crimes dating back to 2019. They are the elite Special Forces Brigade, the Military Police, Defence Intelligence and Defence Legal Services. The lead Special Forces operative allegedly involved was also the subject of a criminal investigation by Hawks investigator, Frans Mathipa, shortly before Mathipa’s assassination by a sharpshooter. All this raises concerns of a large-scale criminal conspiracy within the SANDF.
The first two parts of our Russian Doll investigation revealed a SA National Defence Force Special Forces unit to be the owner of at least one luxury German car that accompanied cargo loaded off and possibly on to the sanctioned Russian ship Lady R in Simon’s Town in December last year. We, in turn, linked that vehicle to a Special Forces operation three weeks later at the Mall of Africa in Midrand, the day alleged Islamic State financier Abdella Abadiga and his bodyguard were abducted from the mall. Importantly, the person hot on the spoor of this group — Lieutenant-Colonel Frans Mathipa of the Hawks — was assassinated on 6 August this year.