Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
As iemand jou 'n onreg aangedoen het en jy probeer hom terugkry – iets sleg aan hom terug wil doen – dan is jy besig om in te meng met God se genade en vergifnis. As jy die saak nie in liefde kan skik nie, gee dit in gebed vir die Here en laat Hy dit op sy tyd hanteer sonder om Hom voor te skryf hoe, want jy het nie van beter geweet nie – Hy sal.
KAMPE VAN DIE HEL (1)
Uit: Onskuldige Bloed, geskryf deur dr Gustav Norval – u kan die boek bekom deur hom te kontak by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.
Volgens die oorlewendes se getuienis soos vervat in verskeie boeke oor die Britse konsentrasiekampe, asook die simptome wat beskryf was en volgens die chemiese stowwe en voorwerpe wat in die meel, suiker en boeliebief deur die vroue gevind was, kan daar met redelike sekerheid verklaar word dat daar ‘n agenda was om vrouens en kinders in die kampe te verhonger en te vergiftig met verskeie gifstowwe. Dit dui dus op ‘n chemiese oorlog en massa-volksmoord. Afgesien daarvan, het die kamprantsoene (“resjins”) uit “vrekvleis” van siek diere, swart suiker, akkerkoffie, meel met larwes, kalanders, vishoeke en glassstukke bestaan. Die volgende chemiese middels was in die rantsoen in verskeie verklarings geïdentifiseer:
*Blouvitrioel (kopersulfaat): Kroniese inname veroorsaak spierspasma, blou urien, spierselle wat afsterf, naarheid, braking, anemie, diarree, nierskade, geelsug a.g.v. lewerskade (gelerige vel en oë), bloedarmoede, brandmond-sindroom, miskrame en neurologiese afwykings te wyte aan die koper in die formule (www. Copper sulphate poisoning). Sommige meelmonsters het tot sowat 20% kopersulfaat-kristalle bevat, genoeg om groot metaboliese skade te veroorsaak.
*Anilien-kristalle: Lee skryf in “To the bitter end” dat dit in suiker gegooi was om dit meer aantreklik te maak. Asof dit die vrouens en kinders meer gretig sou maak om die swartblou suiker te gebruik! Dit is kleurstof-kristalle wat in die tekstielbedryf gebruik word en die ontvanger blootstel aan die ontwikkeling van blaaskanker soos die volgende mediese publikasie daarop wys:
Increased bladder cancer risk among workers exposed to toluidine and aniline: a reanalysis: Tania Carreón, et al: Occupational & Environmental Medicine, Vol. 67(5), 2010.
*Volgens Pretorius in sy “Verskroeide aarde” was daar ook groot hoeveelhede “ultramarine blue powder” in die suiker. Dit is ‘n blou kleurstof wat bestaan uit aluminiumsulfosilikaat wat die maagslymvlies brand en die aluminium kan ook neurologiese skade veroorsaak.
*Rooi karbolkristalle of vloeistof in vleis, koffie en suiker: Simptome is dosis-afhanklik en blootstelling daaraan kan slymvlies- en velbrandwonde van mond tot derms veroorsaak, asook hemolise (bloedselle bars), bloeding van die slukderm en derms, bloederige diarree, geelsug, bruin urine, hartprobleme, versuring van bloed met nierskade en koma-dood tydens akute vergifting. Volgens Maria Fisher (uit “Die vrou in die AB Oorlog”) was karbol soms net so onverdund aan kinders in hospitale ingegee!
*Rooi fenol-kristalle wat as ontsmettingsmiddels aangewend was en waarskynlik in die meel gevind en wat rooivlekke veroorsaak het as brood daarna gebak was. Fenol-vergifting veroorsaak anoreksie, diarree, salivasie, donker urine, bloedarmoede en lewer-versteurings.
*Lysol-ontsmettings-middel het ook in kos voorgekom en volgens die medisyne beskrywings-inligting bestaan Lysol uit etanol, besielfenol en fenielfenol en is giftig indien ingeneem:
Toxic if swallowed. Harmful in contact with skin. Causes severe skin burns and eye damage. Very toxic to aquatic life. Do not breathe dust / fume/ gas / mist / vapors / sprayWash exposed skin thoroughly after handling. Avoid release to the environment. Wear protective gloves / protective clothing / eye protection / face protection. Immediately call a POISON CENTER or doctor/physician.
Lysol en Ultramarine blue
Coopers Skaapdip, fenolkristalle, blou-vitrioel, karbol, anilienkristalle
*Coopers dip: is ‘n geel-oranje poeier bestaande uit arseen en swawel wat in water opgelos en gebruik was om skape te dip. Volgens PH Walker in google: “Poisoning by Coopers Dip” is twee lepels (0,9 gram) genoeg om ‘n volwassene binne twee ure te dood weens akute arseen-vergifting. In teenwoordigheid van 15 grein blouvitrioel is slegs 15 grein Coopers Dip nodig om 30 skape uit ‘n trop van 280 te dood. (I grein = 0,65 gram). Dit blyk dus dat die twee saam in kleiner dosisse groter skade doen as wat dit in groter dosisse apart ingegee word. Hierdie gifstowwe was beskryf in kos in sommige kampe waaronder Balmoral-kamp (JC Otto, Raath). Anna Botha van Smithfield skryf dat die vleis oneetbaar was weens maaiers of a.g.v. Coopers dipstof daarin. Haar kind wat op 6 jaar gesterf het van honger, was so maer dat jy sy ruggraat deur sy maag kon voel en sy tandjies deur die wangvelletjie kon tel.
Dieselfde British Army het ook Napoleon op St.Helena eiland met arseen vergiftig, en waarom sou hulle dan die smerige Boere oorsien?
*Die gesondheidsprobleme word net vererger wanneer al die bogenoemde chemiese stowwe tesame oor ‘n lang tydperk op ’n daaglikse basis ingeneem word.
*Laudanum, ‘n 50% opiumvloeistof in alkohol; Algemeen in hospitale gegee as ‘n sg ”slaapdrankie” : Net twee teelepls kan die slagoffer se aemhalingstelsel permanent stop. Hierdie middel word algemeen in verklarings gevind. Belladonna was ook in gebruik en is ook ‘n middel wat asemhaling staak.
Vervolg... (2)