Gedagtes vir elke dag
Of lees almal by Gedagtes vir elke dag
Die fout wat baie lidmate maak is om nie te besef dat die kerk 'n loopgraaf in die voorste linie is nie – hulle gebruik dit vir 'n slaapsaal en ruskamp.
SA INEENSTORTING OP ONS DRUMPEL
1. Geen ontwikkelende land nie
Regeringslui reken dat Suid-Afrika 'n ontwikkelende land is. Daar is ongelukkig geen noemenswaardige ontwikkeling te bespeur nie. Al wat duidelik waarneembaar is, is 'n ontstellende agteruitgang op elke lewensgebied. Die vernietiging van ons paaie, skole, ekonomie, lewenstandaarde, sedes, wet en orde is elke dag in die nuus.
Dit was nie nodig dat Suid-Afrika in die dryfsand van onbevoegdheid en wanadministrasie moes versink nie. Die ANC-regering het genoeg bevoegdes geêrf om die land doeltreffend te kon administreer as hulle wou. Rassehaat en onbeskaamde diskriminasie het dit egter gekelder. Toe die Bybelse meriete-benadering vir 'n skaamtelose velkleur-benadering moes plek maak, was die spreekwoordelike hond in die pot.
2. ‘n Sosio-ekonomiese moeras
As ‘n mens vandag na al die foute van die ANC-regime kyk, is dit moeilik is om te sê watter een die grootste is. Werkloosheid staan redelik bo aan die lys. Ons arbeidsterrein is besig om in 'n sosio-ekonomiese moeras te verander, want oral waar onbevoegdes aan die stuur van sake geplaas word, ly die ekonomie skade.
Werkloosheid het 'n negatiewe rimpeleffek op enige beskaafde samelewing en lei tot ‘n menigte van sosiale probleme. Dis natuurlik ook die weiveld van opstokers en ondermyners. Suid-Afrika het na raming ongeveer drie miljoen werkloses! Die ANC steur hom blykbaar nie veel aan sakelui en ekonome se waarskuwings dat Suid-Afrika op 'n ongekende werkloosheidskrisis afstuur nie.
Die ANC se oggend- en aandpraatjies kom nie ooreen nie. Hulle het hul bv. ten doel gestel om 500,000 werkgeleenthede per jaar te skep. Daarvan het niks gekom het nie. Werkgeleenthede word eerder ingeperk. Al mense wat nog wel werk kry, is 'n handjievol swartes wat in poste wat van goedopgeleide blankes geroof is, aangestel word.
3. Skadelike praktyke
In plaas van die ekonomie te bevorder, hou die regering hul eerder met ekonomies-skadelike praktyke besig. ‘n Goeie voorbeeld hiervan is die duur berade, simposiums, vergaderings, indaba's en samesprekings wat nie net baie geld kos nie, maar die ekonomie ook niks baat nie. Dis eerder staatspartytjies!
Elke stap wat die swart regime met betrekking tot die ekonomie geneem het, het tot groter staatsinmenging en ‘n doelbewuste verarming van blankes gelei. Twee jaar voor die magprysgawe het 'n wetenskaplike ondersoek getoon dat 32% van die blankes (3,88 miljoen) toe alreeds onder die broodlyn geleef het. Hierdie syfer is vandag baie hoër.
Teoreties gesproke is blankes vandag baie slegter daaraan toe as tydens die depressiejare van die vorige eeu. Die Carnegie-kommissie wat die armblankevraagstuk ondersoek het, het bevind dat 15,6% van die blanke bevolking van 1,8 miljoen destyds onder die broodlyn geleef het. Al hoe meer blankes verloor vandag hul werk terwyl relatief min nuwe werkgeleenthede geskep word.
Sommige werkgewers stel dit baie duidelik dat alleenlik swartes vir betrekkings oorweeg sal word. En dit in 'n land wat kwansuis kleurloos geword het! Werkloosheid is nie net vir swak gekwalifiseerdes en onbevoegdes ‘n probleem nie. Selfs hoogsopgeleide en gegradueerde blankes sukkel in die huidige onregbedeling om geskikte werk te bekom en moet dikwels ter wille van oorlewing minderwaardige betrekkings aanvaar.
Suid-Afrika benodig baie dringend buitelandse kapitaal vir werkskepping. Die dilemma is dat beleggers nie in ons misdaadgeteisterde land wil belê nie. Ons het self nie geld vir werkskepping nie. Daarvoor het die swart soustreinryers die staat se geldkoffers tot op die bodem geplunder.
4. Luiheid
Mensekapitaal bly egter altyd belangriker as geldkapitaal. 'n Land se ekonomie kan nie sonder die nodige menslike kundigheid vlot nie. Suid-Afrika se mineralerykdom sal byvoorbeeld waardeloos onder die grond bly lê indien daar nie kundiges is om dit ekonomies te ontgin nie.
Luiheid is 'n ernstige probleem aan die suidpunt van Afrika. Die swak voorbeeld wat die ANC-regime stel, stel mense aan 'n etiek van prestasievermyding bloot. Daar word baie gou na mense wat tradisioneel nie bereid is om positiewe produseerders te wees, as agtergeblewenes of minderbevoorregtes verwys. Watter waarde het mense wat gedurig vir almoese bakhand staan vir ‘n land?
Hierdie iets-vir-niks mentaliteit doen ‘n land onmeetbare skade aan. Die verskil tussen voorspoed en armoede hang ten nouste van mense se benadering tot arbeid af. Daar is bv. in Duitsland ‘n geheel ander vennootskap tussen werker en werkgewer as by ons. Met sy inspraak in besluitneming, probeer die Duitse werker nie soveel geld vir so min werk as moontlik kry nie. Hy sal eerder die onderneming waarvoor hy werk in samewerking met die werkgewer tot voordeel van albei uitbou.
5. Leer by Japan!
Wat is Japan se suksesresep vir die ekonomiese reus wat hy vandag is? Sy werkers het eerstens dissipline en tweedens respek vir gesag. Die Japanese werker se prioriteite is reg. Hy stel groepsbelange bo individuele belange. Daarbenewens beskik die land oor ‘n burokrasie wat die landsekonomie met 'n ferm hand regeer. By Suid-Afrika ontbreek elkeen van hierdie kernaspekte.
Die Suid-Afrikaanse arbeidsmark word toenemend geknou deur werkers waarvan die produktiwiteitsvlakke uiters onbevredigend is. Dis gewoonlik mense by wie arbeidstrots feitlik geheel ontbreek. Voeg daarby die massas swart werkloses wat totaal werk-onbevoeg is, en jy kry ‘n droewige prentjie. Werkgewers kan ongelukkig nie veel doen om swak werkers te ontslaan nie. Hulle word met vakbonde, hofsake en selfs die dood gedreig!