NUUTSTE BYDRAES

Gedagtes vir elke dag

Of lees almal by Gedagtes vir elke dag

Ons moet onsself aanvaar soos ons is want dit is hoe God ons geskep het. Aanvaarding beteken dat jy waardevol is net soos jy is. Dit laat jou toe om die ware jy te wees. Jy word nie ingedwing in iemand anders se idee van wie jy werklik is nie. Dit beteken jou idees word ernstig opgeneem omdat dit jouself weerspieël. Jy kan praat oor hoe jy binnekant voel – en iemand gee werklik om. Ware selfaanvaarding word nie in die krag van prositiewe denke, kopspeletjies of sielkunde gevind nie; dit is 'n geloofsdaad wat deur die genade van God plaasvind.

DIE ANTICHRIS (3/3)

Ds A.E. van den Berg

WÊRELDHEERSKAPPY

En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings...saam met die dier” (Open.17:12).

Die god-vyandige strewe na wêreld-eenheid wat met die bou van die toring van Babel begin is, bereik met die koms van die Antichris die hoogtepunt. “En die tien horings wat jy gesien het, is tien konings wat nog geen koningskap ontvang het nie, maar hulle ontvang mag soos konings...saam met die dier” (Open.17:12).

Tien nasies uit die gebied van die ou Romeinse ryk gaan die ganse mensdom aan hul gesag onderwerp en kom waarskynlik uit die geledere van die Europese Unie (EU).   In Maart 2010 het die EU Observer berig dat 10 van die lidlande besig is om reëls vir 'n versnelde samewerking op te stel.

 

Die RK gaan godsdiens met godsdiens vernietig en is reeds daarmee besig. Sy gebruik ekumene daarvoor - die strewe na strukturele kerke-eenheid. Dis 'n bose misleiding wat as 'n interkerklike broederskap verbloem word. Daarmee slaag die RK om kerke in die hok van 'n georkestreerde gesamentlike eenheid in te jaag.

Na die 16de eeuse Hervorming het die RK gesweer dat alle Protestantse kerke eendag na haar sal terugkruip. En dit gebeur vandag sienderoë!   Dis kommerwekkend dat Protestantse kerke met ’n instansie soos die RK, wie se bose doelstellings ’n ope boek is, toenemend gemene sake voer!  

Dit waarmee die RK vandag besig is, het Romeinse keisers eeue gelede al gebruik om mense met godsdiens te beheer. Die RK wil alle afsonderlike gemeenskap-strukture met gesamentlike strukture uit die weg ruim. Om die samewerking van Protestantse kerke te verkry, het sy die ideaal van strukturele kerk-eenheid by hulle aangewakker. Dit het chaos in sommige Protestantse kringe veroorsaak. Die teologiese verwarring is die tragiese gevolge van Protestantse kerke se gemene sake met RK.

Die laaste paar pouse het ekumeniese betrekkinge so hoog aangeslaan, dat hulle, in hul strewe na een wêreld-godsdiens, selfs Moslems en Jode ingetrek het. Niks is vir die Christendom so gevaarlik as heidense verbroedering nie! Om heidene te betrek, moes daar van die verlossingsleer van Jesus as die enigste Verlosser afgesien word.   Daar gaan tans al hoe meer stemme daarvoor op dat Jesus nie die enigste weg na die ewige heerlikheid is nie. Wat sê die Bybel? “Want daar is een God en een Middelaar tussen God en die mense, die mens Christus Jesus” (1 Tim.2:5).

Die RK doen haar met ekumeniese gesprekvoering as 'n Christenkerk voor wat graag met ander kerke wil saamwerk. Dis 'n leuen! Al wat sy wil doen, is om Protestantse kerke aan haar bose leiband vas te knoop; 'n leiband wat met die verskyning van die Antichris 'n wurg-ketting word!  

Die RK het net een doel voor oë – om die wêreld onder beheer van die Antichris te verenig. Daarvoor is godsdiens 'n onmisbare werktuig. Die RK se sg. universele liefdes-evangelie van versoening en vergifnis is 'n slenter wat baie Protestantse kerke in 'n horisontale versoeningsmanie laat tol.  

Protestante glo anders as die RK oor geloofsake soos die wedergeboorte, gesag van die Skrif, sakramente, ampsdraers en die versoening met Christus. Om verskille ter wille van interkerklike samewerking opsy te skuif, skreeu ten hemel. So word die RK se vingerafdrukke bv. al hoe duideliker op die NG Kerk se vreemde inkleding van eredienste gesien. Haar Rooms georkestreerde Bybelvertaling, kindernagmaal en die gebruik van kerse verraai die sleeptou waarmee sy gesleep word – Made in Rome.  

As kerke in die drukgang van die ekumene beland, is dogmatiese kastrasie en geestelike blindheid onvermydelik.   Ongelukkig sien Protestantse kerke die RK se planmatige vernietiging van hul Hervorming-erfenis nie raak nie! Hierdie gebrek aan profetiese visie laat die ekumeniese net al hoe stywer om Protestantse kerke trek.

Roomse Katolisisme is die grootste klug en pouse die grootste bedrieërs van alle tye.   Al lyk die RK vir leke na Christendom, is dit is in werklikheid niks anders as 'n vermenging van oud Babiloniese en Roomse afgodery nie. Rome het soveel heidense gebruike in haar midde dat dit inspanning kos om iets eg Christelik by haar te vind.   Sy is soos 'n lugspieëling in die woestyn; sonder enige lewegewende geestelike water.

Die RK erken dat baie van haar leer vreemd aan die Bybel is. Meer as 82% van haar leer stem bv. glad nie met die Bybel ooreen nie.   Sy ontken bv. die genoegsaamheid van die Bybel. Gevolglik sal geeneen van haar lidmate die ewige lewe beërwe nie.   In die gelykenis van die Saaier sê Jesus: “... maar sodra hulle dit gehoor het, kom die Satan dadelik en neem die woord weg wat in hulle harte gesaai is” (Mark.4:15).  

Die Bybel was vir die RK vir eeue lank 'n dooie boek wat slegs aan die hand van priesters gehoor is.   Dis in 1229 selfs op die lys van verbode boeke geplaas waarna daar gedreig is om huise te deursoek, Bybels te vernietig en die skuldiges te vervolg. In Desember 1866 het pous Pius IX Bybel-genootskappe as peste beskryf!

Die RK haat in werklikheid die Bybel omdat dit haar ontmasker. “Want die woord van God is lewend en kragtig en skerper as enige tweesnydende swaard, en dring deur tot skeiding van siel en gees en van gewrigte en murg, en is ʼn beoordelaar van die oorlegginge en gedagtes van die hart” (Hebr.4:12).

Die Heilige Gees open gelowiges se verstand om die Bybel te verstaan. Die valse profeet lok mense van die Bybelse waarhede en sodoende van 'n ewige heerlikheid af weg. “Want baie verleiers het in die wêreld ingekom: die wat nie bely dat Jesus Christus in die vlees gekom het nie. Dit is die verleier en die Antichris” (2 Joh.7).

Geheime Sataniese rituele word gereeld in die Vatikaan beoefen. In kardinaal Malachai Martin se roman A Windswept House (1996) skryf hy dat 95% van sy skok-verhaal op werklike gebeure in die Vatikaan gegrond is.

Talle Roomse gebruike stem selfs met dié van die Kerk van Satan ooreen.   Beide het priesters, 'n kerklike hiërargie en geheimsinnige sang-digting (Engels:chanting). Daarbenewens kom die gebroke kruis wat prominent in die Kerk van die Satan is, ook op elke pous se ampstaf voor.   Dis in oud-Egipte 'n ankh genoem en is op 'n Farao se ampstaf en priesterlike ampsgewaad aangebring. Die kruise simboliseer die Satan se gewaande oorwinning oor Jesus. Dis 'n spottery met Hom en 'n herhaling van die Romeine se spot op Golgotha as die “Koning van die Jode” (Mat.27:37).

Roomse Katolisisme is 'n herlewing van die ou Babiloniese godsdiens. In Open.17:5 skryf Johannes: “.... Verborgenheid, die groot Babilon, die moeder van die hoere en van die gruwels van die aarde”. Omdat baie land-hoofde gemene sake met haar het, word sy as 'n bordeelhoudster met kliënte uitgebeeld wat geestelike prostitusie beoefen. Vandaar God se oproep: “.... Gaan uit haar uit, my volk, sodat julle nie gemeenskap met haar sondes mag hê en van haar plae ontvang nie”   (Open.18:5).

Die wêreld spoed na sy einde en laat gelowiges met net een bede: “En die Gees en die bruid sê: Kom! En laat hom wat hoor, sê: Kom! En laat hom wat dors het, kom; en laat hom wat wil, die water van die lewe neem, verniet. Hy wat dit getuig, sê: Ja, Ek kom gou. Amen, ja kom, Here Jesus! “ (Open.22:17,20).

Opsoek na inligting?

  • BOEKE TE KOOP

     

    IN DOODSGEVAAR,

    outeur dr Gustav Norval. Om die boek te bekom, kontak dr Norval by 

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.  

    Die Boere was nog altyd lief om hul wa te pak en die vreemde in te trek. Hierdie boek vertel die verhale van die dorslandtrekkers na Angola, wie betrokke was, hoekom hulle getrek het, asook die doodsgevare van dors, malaria, wilde diere en moord-en roofbendes, wat hulle oppad teëgekom het. Lees meer by hierdie skakel.

    Lees ook 'n interessante uittreksel uit die boek hier

     

    MASSAMOORD - BILJOENE MOET STERF.  Hierdie nuwe boek oor die geheime agenda om die groot getal mense op aarde uit te dun, handel oor soveel verskeidenheid in fyn besonderhede dat enige besorgde Afrikaner dit behoort te lees.  Om die boek te bekom, kontak dr Gustav Norval by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.   Lees meer oor die boek by hierdie skakel.

     

    VUUR EN VLAM, geskryf deur dr Gustav Norval, handel oor die geskiedenis van die Transvaal 1881-1899: dit behels die Eerste Vryheidsoorlog, die Pretoria Konvensie, die ontstaan van die ander Transvaalse dorpe en die republieke van Vryheid...   Lees HIER meer daaroor.

     

    VINGER OP DIE SNELLER  -  Die geskiedenis van die Transvaal 1840-1880.   Outeur dr Gustav Norval, geskiedskrywer en patoloog.   
    Dit vertel die gebeure van die eerste 40 jaar in die Transvaal.  Dit sluit in die stigting van Potchefstroom, Orighstad, Soutpansbergdorp, Heidelberg, Lydenburg, Pretoria, die eerste inwoners van elke dorp... lees HIER meer daaroor.

     

    RAUTEM, is die verhaal deur dr Philip Venter waarvan u hier op Gelofteland in die reeks BROKKIES UIT DIE BOEK RAUTEM gelees het. Bestel die boek by hom deur te skakel 083 444 7672. Lees hier meer daaroor

     

    VERSETLAND is 'n spanningsverhaal wat elke leser sal boei. Die outeur is dr Philip Venter, bekende skrywer van vele romans, fiksie en meer.  U kan die boek by hom bestel by 083 444 7672.  Lees meer oor die inhoud by hierdie skakel.

     

    TAKHARE EN JOINERS, outeur dr Gustav Norval, is 'n versameling van 70 ware avontuurverhale uit die tyd van die Voortrekkers, die Anglo-Boere Oorlog en die Ossewa-Brandwag. Daar is tragedies, romantiese verhale, skattejag- en oorlogsverhale en meer. Lees hier meer daaroor. 

     

    Die Engelse oorlog was alles behalwe die sg. "gentleman's war" soos sommige Britse skrywers dit genoem het. Lees meer oor die boek VRYHEIDSVEGTERS, outeur Gustav Norval, by Vryheidsvegters .

     

    In ‘n nuwe boek deur die geskiedskrywer Gustav Norval, getiteld ONSKULDIGE BLOED, word skokkende feite oor beweerde Britse oorlogsmisdade tydens die ABO onthul. Lees meer hieroor by Onskuldige Bloed. 

     

    Hierdie geïllustreerde A4-groote 300-bladsy boek deur EJG Norval, IN DIE SMELTKROES, vertel die verhaal van die gevegte tussen Boer en Brit in die 1840’s die drie verwoestende ba-Soetoe oorloë in die Oos-Vrystaat tussen 1858 en 1867, en nog meer. Lees daaroor by In Die Smeltkroes .

     

    BLOED, SWEET EN TRANE, nog 'n uitstekende boek uit die pen van EJG Norval. Die boek handel oor die trek oor die Drakensberge na Nataldie Vrystaat en Transvaal, die oorloë tussen Voortrekkers, Zulus en Matabeles asook die rol van Britse regering in die saga, wat tot vandag toe weggesteek word.  Daar word getuienis aangebied dat die moorde op die Voortrekkers deur sekere Britse agente ea beplan is.  Lees meer hieroor by Bloed, Sweet en Trane.

     
  • BYBEL 1933/53-druk nou gratis

    Gelofteland is dankbaar om aan al ons lesers die 1933/53-uitgawe van die Bybel gratis te voorsien. Al wat u hoef te doen is om 'n e-pos na

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    te stuur met die versoek om die Bybel te ontvang, en ons sal dit aan u stuur.

     

    _____________________

     

     Laserskywe in stelle van 10 te koop

    VRYHEIDSBEDIENING

    Ds. Andre van den Berg werk sedert November 1990 weekliks met volksgenote in die gevangenis in Pretoria-Sentraal. Hy bied ʼn reeks laserskywe teen R200 (posgeld uitgesluit) per stel van 10 aan. Die opbrengs van hierdie verkope gaan vir Gevangenisbediening.

    Dit handel oor aktuele onderwerpe soos:

    1. Die lewe hiernamaals.
    2. Word verantwoordelik oud.
    3. Die pad na die ewigheid.
    4. Bied beproewing die hoof.
    5. Raad vir tieners.
    6. Gelowige kinderopvoeding.
    7. Oorwin depressie.
    8. Kikker jou huwelik op .
    9. Alle mense is nie gelyk nie.
    10. Homoseksualisme - ʼn gruwel vir God.

    Bestel by:

    E-pos: Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Sel: 074 967 5187

    Bankbesonderhede:

    ABSA

    VRYHEIDSBEDIENING

    9062088855

    _______________

     

    Skryf in vir die gratis e-blad OORSIG EN REPLIEK

    'n Blad wat dmv verduidelikende agtergrond by die kern van ons volk se
    stryd uitkom.

    Kontak die redakteur by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    Lees ons gereelde uittreksels daaruit hier op Gelofteland by OORSIG EN REPLIEK

    __________
     
    DIE HISTORIESE KOMPAS
    _________ 
     
    BOEKRESENSIE:

    Die Legkaart van ons Lewe – ‘n Boodskap van Hoop

    Lees meer oor dié getuienis by:

    DIE LEGKAART VAN ONS LEWE

    __________

    BOEKRESENSIE:

    DIE VOLMAAKTE REPUBLIEK – Christen-Teokratiese Separatisme

    Suid-Afrika verkeer tans in 'n kommerwekkende toestand omdat mense se kennis oor die Bybel en die Staat so verwater het dat land en volk as gevolg hiervan ten gronde gaan.

    Hierdie boek uit die pen van ds AE van den Berg, het in gedrukte vorm verskyn.  Dit bring helder perspektief oor rasseverskille en natuurlike skeiding wat sal lei tot die herstel van Suid-Afrika. Die land het 'n dringende behoefte wat landsburgers van geestelike denke sal laat verander en van onregte en gewaande vryheid sal bevry.

    Sinvolle besluite in die lig van God se Woord, en onophoudelik gebed dat bevryding spoedig verwesenlik word, is noodsaaklik. Politiek is erns en harde werk wat wet en orde handhaaf en durf nie in eerlose hande gelaat te word nie. God is 'n God van orde, en mense word aangemoedig om die koninkryk van God eerste te stel.

    U kan hierdie boek bestel by ds A E van den Berg

    Tel: 074 967 5187  of by

    vryheidsbediening

    @gmail.com

    Prys: R50-00

     
  •                                                                        ______________

     

    BOEKE TE KOOP

    ‘n Nuwe Trek: Terug na u God

    Die Oerteks van die lotsbepalende 1838-Gelofte

    J L du Toit & dr L du Toit

    'n Bundel oor die bronne vir die 1838-Gelofte is nou ook by Exclusive Books in Suid-Afrika beskikbaar: 

    Alhoewel die nuutste prys op Exclusive Books se netwerf tans R191 per boek is kan u dit vir so min as R60 per boek direk by Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.. bestel.

    Lees meer by: 'N NUWE TREK: TERUG NA GOD

    _______________

    ONDERSTEUN U VOLKSGENOTE IN DIE GEVANGENIS

    Wil u meer oor aktuele onderwerpe lees of vir iemand 'n besondere geskenk gee? Goeie voornemens;  Dink reg, leef reg; Moenie bekommer nie; Leuens; Woestyngedagtes, en Niks ontbreek nie, is van die aktuele onderwerpe wat in twee besondere preekbundels behandel word. Vir slegs R60 elk of R100 vir beide kan u 'n waardevolle bydrae maak vir u volksgenote in die gevangenis. Ondersteun hulle asseblief en bestel nou hierdie preekbundels by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

                                                                           ________________

     

    GOD PRAAT MET DIE BOEREVOLK – DEEL 2

    Hierdie bundel, net soos deel I, is saamgestel uit twintig van die beste boodskappe wat sterk op ons volkslewe gerig is. Die inhoud bestaan uit aktuele onderwerpe wat die daaglikse lewe van elke Christen raak. Die koste beloop slegs R60 (posgeld uitgesluit) en is 'n uitstekende geskenk vir die regte persoon. Die inkomste gaan in geheel aan gevangenisdiens vir ons volksgenote.
    Plaas u bestelling per e-pos by ds Andrè van den Berg by

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

    of skakel hom by 074 967 5187

    ________________

    Bestel 'n uitstekende digbundel deur BOERIUS
    Volledige besonderhede hier:

    Gietoffers van my Siel


    _________________

    Hierdie e-posadres word van Spambotte beskerm. Jy moet JavaScript ontsper om dit te lees.

     
  •  

    DIE CHARISMATIESE GEVAAR
    Mense word so maklik deur dwaalleringe mislei. In hierdie boek word talle kwelvrae beantwoord.

VERGADERING-

PROSEDURES

(GRATIS)

Daar is min mense wat nog die waarde van 'n ordelike byeenkoms bedink en kan uitvoer. Sonder hierdie kennis en orde en gedissiplineerde toepassing daarvan sal 'n byeenkoms in wanorde verval en die doel van die vergadering nie bereik word nie. Die boekie kom handig te pas in alle omstandighede waar 'n vergadering van persone plaasvind, ongeag die sakelys of doel van die byeenkoms.

Klik hier om die boekie wat u op hoogte kan bring van korrekte vergaderingprosedures, gratis af te laai. Indien u van Windows 10 gebruik maak sal die inhoud outomaties onder die lêer "Downloads" geberg word en kan dit daar gehaal en gebêre word waar ookal dit maklik gevind kan word.

 

GRATIS E-BOEKE EN VERSBUNDELS OM AF TE LAAI:

 

As God volke aan hul eie lot oorlaat

Die waarheid oor ons volk en die Nuwe SA

Volksverraad geskryf deur adv. P.J. Pretorius

'n Oorblyfsel... deur genade alleen

Christen-Teokratiese Separatisme

Verse van Verset

Vreedsame Naasbestaan = Afsonderlike Ontwikkeling

No Ships in the Harbour

Ons heilsverhaal in die Ou Testament

Daniel

Evolusie - kan ek dit glo?

Petrus, die rots

Romeo en Juliet

Ester

Apokriewe - By modderpoele of suiwer fonteine?

Midsomernagdroom - Shakespeare in Afrikaans

Die Openbaring van Henog

Die Derde Tempel

Macbeth - Shakespeare in Afrikaans

Met ryperd en mauser

Goue strate het nie stof nie

Derdepoort

Die Laaste Pous

Josef

Rut

Drie Eeue van Onreg

Ons Geskiedenis

Engelse skandvlekke

Voortrekker-Pioniers in Oos-Transvaal

_______________

 

 

1919: VRYHEIDSDEPUTASIE KEER TERUG

1800: GRAAFF- REINETSE REBELLE GEVONNIS

1917: OOM JAPIE HELPMEKAAR

SKERP SLAGSPREUKE

(Lees die reeks by SKERP SLAGSPREUKE)

                                                                         __________________

 

AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES

(Lees by AFRIKAANSE IDIOME EN GESEGDES - die hele reeks

                                                                         __________________                                                                  

In die sweet van sy aanskyn eet die Adamskind sy brood; in die sweet van 'n ander se aanskyn sy pastei.

Leer jou ambag so goed dat jy jou altyd kan verhuur aan 'n baas wat daar minder kennis van het as jy. Dan sal jy sy baas wees.

'n Presiese baas hou nie nalatige knegte lank nie. Dié wat hy nie wegja nie loop weg.

Maak in die somer hout bymekaar en sit in die winter by die vuur.

Besoekers aanlyn

Ons het 3455 gaste aanlyn